Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 


%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)


View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 288.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
2. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
OOREENKOMS EN DIE RNE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Minstens EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en minstens
EEN moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is
in die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET STEPHEN BANTU BIKO EN SY SWART-
BEWUSSYNFILOSOFIE SWART STUDENTE IN DIE 1970’s
BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Waarom, volgens die bron, was swart Suid-Afrikaners so ontvanklik
vir die idees van Swart Bewussyn? (1 x 2) (2)
1.1.2 Definieer die volgende historiese begrippe in jou eie woorde:
(a) Apartheid
(b) Swart Bewussyn (2 x 2) (4)
1.1.3 Verduidelik hoe die Nasionale Party se apartheidsbeleid die groei
van die Swartbewussynbeweging (SBB) beïnvloed het. (2 x 2) (4)
1.1.4 Noem die organisasie wat Biko gevorm het nadat hy van NUSAS
weggebreek het. (1 x 1) (1)
1.1.5 Lewer kommentaar op die stelling dat ‘Biko geen probleem met
witmense per se gehad het nie.’ (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Identifiseer die plek waar Pikoli vir Biko die eerste keer ontmoet het.
(1 x 1) (1)
1.2.2 Wat, volgens die bron, het gebeur met diegene wat by die SBB
aktiwiteite betrokke was? (2 x 1) (2)
1.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
waarom Steve Biko en Barney Pityana deur die spesiale taakmag
by die SBB vergadering gearresteer was. (1 x 2) (2)
1.2.4 Wat, dink jy was die impak van die idees van die SBB op studente
soos Vusi Pikoli? (1 x 2) (2)
1.2.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron aan ʼn historikus wat
die reaksie van die apartheidstaat teenoor die idees van die SBB
bestudeer. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.3 Lees Bron 1C.
1.3.1 Volgens die bron, wat was die onderliggende rede wat
veroorsaak het dat die studente van Soweto op ʼn optog besluit
het? (1 x 2) (2)
1.3.2 Gee die aantal mense wat tydens die Soweto-opstand gesterf
het. (1 x 1) (1)
1.3.3 Lewer kommentaar op wat jy dink deur die stelling geïmpliseer
was: ‘As ons Afrikaans moet doen, dan moet Vorster Zoeloe
doen.’ (2 x 2) (4)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Waaroor, volgens die slagspreuk op die plakkaat, was die
studente ongelukkig oor? (1 x 1) (1)
1.4.2 Wat kan jy uit die foto wys raak aangaande die leerders se
houding teenoor die oplegging van Afrikaans as taal vir onderrig?
(2 x 2) (4)
1.5 Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
bewyse in Bron 1D met betrekking tot die Soweto-opstand van 1976
ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe Steve Bantu Biko en sy Swartbewussynfilosofie swart
studente in die 1970’s beïnvloed het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) DIE SLUIPMOORD VAN CHRIS HANI HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Wie, volgens die bron, was Chris Hani? (1 x 1) (1)
2.1.2 Definieer die begrip amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.1.3 Aan watter politieke party het Clive Derby-Lewis en Janusz Walus
behoort? (1 x 1) (1)
2.1.4 Waarom, volgens die bron, het die WVK geweier om amnestie
aan Clive Derby-Lewis en Janusz Walus toe te staan? (1 x 1) (1)
2.1.5. Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die komitee se bevindings verklaar het dat die applikante
se optrede nie in lyn met hul party was nie. (2 x 2) (4)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Wie, volgens die bron, was die leier van die Konserwatiewe Party
(KP)? (1 x 1) (1)
2.2.2 Wat, volgens die bron, was die amptelike beleid van die KP met
betrekking tot die moord op mense of die gebruik van geweld?
(1 x 2) (2)
2.2.3 Haal enige TWEE bewysstukke uit die bron aan om te wys dat
Clive Derby-Lewis nie namens die KP opgetree het nie. (2 x 1) (2)
2.2.4 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
KP by mobilisasie-planne betrokke was. (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Watter bewyse in die bron dui daarop aan dat Clive Derby-Lewis
vir begenadiging aansoek gedoen het? (1 x 2) (2)
2.3.2 Haal TWEE redes uit die bron aan wat Lewis en Walus gebruik as
redes vir die moord op Chris Hani. (2 x 1) (2)
2.3.3 Verduidelik waarom jy dink die KP die ‘regering van die land’
wou oorneem. (2 x 2) (4)
2.3.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat
die WVK se reaksie op die amnestie aansoek van Chris Hani se
moordenaars bestudeer. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.4 Gebruik Bron 2D.
2.4.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem was. (2 x 2) (4)
2.4.2 Lewer kommentaar oor die slagspreuk op die plakkate wat deur
die SAKP ondersteuners gedra word. (2 x 2) (4)
2.5 Vergelyk Bron 2C en 2D. Hoe ondersteun die inligting in Bron 2C die
bewyse in Bron 2D met betrekking tot die aansoek vir parool? (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
Waarheid-en-Versoeningskommissie se hantering van die sluipmoord op
Chris Hani verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN GLOBALISASIE OP SUID-
AFRIKA?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Wat, volgens die bron, was die hoofdoel van GEAR? (1 x 1) (1)
3.1.2 Identifiseer enige TWEE kapitalistiese kenmerke van GEAR uit
die bron. (2 x 1) (2)
3.1.3 Noem die TWEE organisasies uit die bron wat nie saam met die
ANC se GEAR-program gestem het nie. (2 x 1) (2)
3.1.4 Wat, volgens die inligting in die bron, was die hoofrede waarom
die SAKP en COSATU nie saam met die ANC se ideologie
gestem het nie? (1 x 1) (1)
3.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te
verduidelik waarom die alliansie-vennote gevoel het dat hulle
deur die ANC verraai was. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens Alec Erwin, het daartoe aanleiding gegee dat Suid-
Afrika se nywerhede ‘wakker skrik en dink’? (2 x 1) (2)
3.2.2 Verduidelik waarom mynbou belangrik vir die Suid-Afrikaanse
ekonomie is. (2 x 2) (4)
3.2.3 Lys enige TWEE produkte vanuit die bron wat die Suid-
Afrikaanse mynboubedryf aansienlik aandryf. (2 x 1) (2)
3.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te
verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse mynbou voordeel uit
globalisasie trek. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Wie, volgens die bron, word deur globalisasie verdrink? (1 x 1) (1)
3.3.2 Verduidelik die boodskap wat die spotprenttekenaar met
betrekking tot globalisasie probeer oordra. Gebruik die visuele
leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.4 Vergelyk Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
bewyse in Bron 3C met betrekking tot die gevolge van globalisasie
weerspreek. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.5 Gebruik Bron 3D.
3.5.1 Watter effek, volgens die bron, het die apartheidsbeleide op die
Suid-Afrikaanse ekonomie gehad? (1 x 1) (1)
3.5.2 Verduidelik hoe die apartheidsbeleide die nywerhede gedurende
die apartheidsjare geaffekteer het. (2 x 2) (4)
3.5.3 Wat, volgens die bron was die impak van die isolasie-beleide op
die onproduktiewe vervaardigingsektor? (1 x 2) (2)
3.5.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bron vir ʼn
historikus wat die positiewe impak van globalisasie in die post-
apartheidsera bestudeer. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
gevolge van globalisasie op die Suid-Afrikaanse ekonomie verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET IN SUID-AFRIKA: 1970’s TOT 1980’s
‘Dit was die bykomende druk van die internasionale gemeenskappe wat die
ineenstorting van apartheid in die laat 1980’s sou veroorsaak.’
Bespreek die bogenoemde stelling krities deur te verwys na die aktiwiteite van
die internasionale gemeenskappe teenoor die apartheidsregime in die 1980’s. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE IN SUID-AFRIKA EN
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
‘Die onderhandelingsproses was byna ontspoor deur geweld en meningsverskille
oor hoe die toekoms van SA bestuur moes word.’
Tot watter mate is hierdie stelling ʼn akkurate beoordeling van die gebeure soos
dit in die 1990’s ontvou het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: 1989 TOT DIE HEDE
‘Gorbachev se hervormings en die ondergang van kommunisme in die
Sowjetunie (USSR) het die weg gebaan vir onderhandelinge tussen die ANC en
die apartheidsregering na 1989.’
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante historiese
bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum