Skip to content

History Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Question Paper

Question paperHistoryGrade 1220148 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June 2014, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V1 HOЁR GRAAD 2014 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n 11 bladsy-addendum. 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/HG/V1 2 DBE/2014 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy besluit watter vrae jy gaan beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A bestaan uit SES opstelvrae. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. 4. Jy mag EEN opstelvraag en EEN brongebaseerde vraag oor dieselfde tema beantwoord. 5. MOENIE TWEE opstelvrae oor dieselfde tema beantwoord NIE. 6. Beantwoord VIER vrae: 6.1 Minstens EEN moet 'n opstelvraag wees en minstens EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees. 6.2 JY MOET MINSTENS EEN VRAAG OOR DIE VERPLIGTE TEMA, SUID-AFRIKA – DIE PERIODE 1948 TOT 1976, BEANTWOORD (ÓF 'N OPSTELVRAAG ÓF 'N BRONGEBASEERDE VRAAG). 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Tyd toegelaat vir hierdie vraestel moet oordeelkundig in die beantwoording van vrae benut word, verkieslik ongeveer 45 minute per vraag. 9. Die blote oorskryf van bronne in die beantwoording van vrae sal kandidate benadeel. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/HG/V1 3 DBE/2014 SSE AFDELING A: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag en nie meer nie as DRIE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 1: DIE PERIODE 1924 TOT 1948 Beantwoord óf VRAAG 1A óf VRAAG 1B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE. VRAAG 1A Bespreek hoe Generaal JBM Hertzog sy termyn as Eerste Minister gebruik het om Suid-Afrika se soewereine onafhanklikheid te behaal. [50] OF VRAAG 1B Die Verenigde Party was na sy oorwinning in die 1943-verkiesing oorweldig deur na-oorlogse uitdagings wat tot sy ondergang in die 1948-verkiesing gelei het. Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord deur na relevante gebeure tussen 1943 en 1948 te verwys. [50] VRAAG 2: DIE PERIODE 1948 TOT 1976 Beantwoord óf VRAAG 2A óf VRAAG 2B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE. VRAAG 2A Die stigting van die Republiek van Suid-Afrika in 1961 was die verwesenliking van die Nasionale Party se droom. Evalueer hierdie stelling deur te fokus op die rolle wat die Nasionale Party se leiers tussen 1948 en 1961 gespeel het om hul droom te verwesenlik. [50] OF VRAAG 2B Bespreek hoe die weerstand van buite-parlementêre organisasies teen die apartheids- regering van 1960 tot 1976 verskerp het. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/HG/V1 4 DBE/2014 SSE VRAAG 3: DIE PERIODE 1976 TOT 1994 Beantwoord óf VRAAG 3A óf VRAAG 3B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE. VRAAG 3A Bespreek die rol wat die verskillende werkersunies in die stryd om bevryding in Suid-Afrika in die 1980's gespeel het. [50] OF VRAAG 3B Nelson Mandela se vrylating uit die tronk in 1990 het die weg gebaan vir 'n nuwe era in Suid-Afrika se geskiedenis. Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die periode 1990 tot 1994. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/HG/V1 5 DBE/2014 SSE AFDELING B: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 4: DIE PERIODE 1924 TOT 1948 4.1 WATTER ROLLE HET GENERAAL JBM HERTZOG EN GENERAAL JC SMUTS IN DIE PROSES VAN KOALISIE, SAMESMELTING EN SKEURING IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLITIEK IN DIE 1930's GESPEEL? Gebruik Bron 4A, 4B, 4C en 4D om die volgende vrae te beantwoord. 4.1.1 Bestudeer Bron 4A. (a) Watter redes het generaal JBM Hertzog volgens die bron gegee vir die stigting van 'n koalisieregering met generaal JC Smuts? (3 x 1) (3) (b) Verduidelik die volgende in jou eie woorde: (i) Algemene verkiesing (1 x 2) (2) (ii) Koalisie (1 x 2) (2) (c) Wat vertel generaal JBM Hertzog se verduideliking in die bron ons oor die doel van die koalisie tussen die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party? Ondersteun jou antwoord met geldige redes. (2 x 2) (4) 4.1.2 Verwys na Bron 4B. (a) Hoe word die verwantskap tussen die Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale Party voorgestel in: (i) Raam 1 van die spotprent (1 x 1) (1) (ii) Raam 2 van die spotprent (1 x 1) (1) (iii) Raam 3 van die spotprent (1 x 1) (1) (b) Wat impliseer die spotprenttekenaar deur na die nuutgestigte Verenigde Party (raam 3) as die Suid-Afrikaanse Party en nie as die Suid-Afrikaanse Nasionale Party te verwys nie? (2 x 2) (4) 4.1.3 Gebruik Bron 4C. (a) Verduidelik die boodskappe wat deur hierdie spotprent oorgedra word. (2 x 2) (4) (b) Waarom dink jy het die spotprenttekenaar F Stallard met 'n Union Jack in sy hand geteken? (1 x 2) (2) (c) Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n geskiedkundige wat die politieke verwantskap tussen die Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale Party in 1934 bestudeer. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/HG/V1 6 DBE/2014 SSE 4.1.4 Bestudeer Bron 4D. (a) Waarom was generaal JBM Hertzog ten gunste van 'n beleid van neutraliteit ten opsigte van Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog? Ondersteun jou antwoord met redes. (2 x 2) (4) (b) Verduidelik waarom generaal JC Smuts wou hê dat Suid- Afrika aan Brittanje se kant aan die Tweede Wêreldoorlog moes deelneem. (2 x 2) (4) (c) Watter kritieke fout het generaal JBM Hertzog begaan in sy argument dat Suid-Afrika neutraal moes bly in die Tweede Wêreldoorlog? (1 x 2) (2) 4.1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer 12 reëls (ongeveer 120 woorde) oor die rolle wat generaal JBM Hertzog en generaal JC Smuts in die proses van koalisie, samesmelting en skeuring in Suid- Afrikaanse politiek in die 1930's gespeel het. (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/HG/V1 7 DBE/2014 SSE VRAAG 5: DIE PERIODE 1948 TOT 1976 5.1 HOE HET DIE VERSETVELDTOG VAN DIE 1950's DIE APARTHEIDS- REGERING UITGEDAAG? Gebruik Bron 5A, 5B en 5C om die volgende vrae te beantwoord. 5.1.1 Gebruik Bron 5A. (a) Waarom het Nelson Mandela besluit om 'n nasionale veldtog van verset te loods? (1 x 2) (2) (b) Verduidelik waarom die organiseerders van die versetveldtog besluit het om vreedsame strategieë eerder as 'n gewelddadige veldtog te volg. (3 x 2) (6) (c) Watter vorme van protes is tydens die versetveldtog teen die apartheidsregering gebruik? (4 x 1) (4) (d) Definieer die term versetveldtog in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 5.1.2 Verwys na Bron 5B. (a) Watter boodskap dra die foto oor? (1 x 2) (2) (b) Verduidelik die pasboekstelsel in jou eie woorde. (1 x 2) (2) (c) Verduidelik die akkuraatheid van die stellings op die plakkate as 'n aanduiding van hoe die vroue oor die dra van passe gevoel het. (2 x 2) (4) 5.1.3 Vergelyk Bron 5A en 5B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 5B die bewyse in Bron 5A ten opsigte van die versetveldtog versterk. (2 x 2) (4) 5.1.4 Raadpleeg na Bron 5C. (a) Waarom, dink jy, het die versetveldtog soveel ondersteuning gekry? (1 x 2) (2) (b) Hoe is mense beïnvloed nadat hulle aan die versetveldtog deelgeneem het? (2 x 2) (4) (c) Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik of die versetveldtog suksesvol was. (3 x 2) (6) 5.1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer 12 reëls (ongeveer 120 woorde) om te verduidelik hoe die versetveldtog in die 1950's die apartheidsregering uitgedaag het. (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/HG/V1 8 DBE/2014 SSE VRAAG 6: DIE PERIODE 1976 TOT 1994 6.1 WAAROM WAS DIE BEWIND VAN DIE NASIONALE PARTY IN SUID- AFRIKA VAN 1976 TOT 1994 GEKENMERK DEUR ONDERDRUKKING EN ONSUKSESVOLLE HERVORMINGS? Gebruik Bron 6A, 6B en 6C om die volgende vrae te beantwoord. 6.1.1 Gebruik Bron 6A. (a) Hoe, volgens die bron, het die Nasionale Party-regering teenoor sy teenstanders opgetree? (5 x 1) (5) (b) Waarom, dink jy, het die Minister van Justisie se houding oor Steve Biko se dood die wêreld geskok? (2 x 2) (4) (c) Verduidelik waarom Suid-Afrika as 'n 'polisiestaat' beskou is. (2 x 2) (4) 6.1.2 Verwys na Bron 6B. (a) Noem die DRIE kamers waaruit die driekamerparlement bestaan het. (3 x 1) (3) (b) Watter strukture het die apartheidsregering geskep om voorsiening te maak vir die belange van die groep wat nie in die driekamerparlement verteenwoordig is nie? (1 x 2) (2) (c) Waarom, dink jy, het PW Botha die swart meerderheid van die driekamerparlement uitgesluit? (2 x 2) (4) 6.1.3 Raadpleeg Bron 6C. (a) Waarom, dink jy, is die woord 'hervorming' in vetgedrukte letters in die spotprent geskryf? (1 x 2) (2) (b) Hoe, dink jy, sou die swart Suid-Afrikaner aan die linkerkant oor die 'hervorming' gevoel het? (2 x 2) (4) (c) Verduidelik tot watter mate hierdie spotprent 'n akkurate voor- stelling van gebeure aangaande PW Botha se driekamer- parlement verskaf. (3 x 2) (6) (d) Vergelyk Bron 6B en 6C. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun ten opsigte van PW Botha se hervormingsmaatreëls teenoor Afrikane. (2 x 2) (4) 6.1.4 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer 12 reëls (ongeveer 120 woorde) om te verduidelik waarom die bewind van die Nasionale Party in Suid-Afrika van 1976 tot 1994 deur onderdrukking en onsuksesvolle hervorming gekenmerk is. (12) [50] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all