Skip to content

History Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)

Question paperHistoryGrade 1220179 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V1 2017 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/2017 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/2017 SSE AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE NA 1946 OP DIE EKONOMIESE SITUASIE IN EUROPA GEREAGEER? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Gebruik Bron 1A. 1.1.1 Verduidelik die term inperking (stuiting) in die konteks van die Koue Oorlog. (1 x 2) (2) 1.1.2 Noem DRIE maniere in die bron wat die Verenigde State van Amerika kon gebruik het om die inperkingsbeleid (stuitingsbeleid) te implementeer. (3 x 1) (3) 1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die ekonomiese heropbou van lande in Wes-Europa die Verenigde State van Amerika se ekonomie in die laat 1940's kon bevoordeel het. (1 x 2) (2) 1.2 Verwys na Bron 1B. 1.2.1 Noem TWEE maniere waarop George Marshall van plan was om mense in verskeie Europese lande by te staan. (2 x 1) (2) 1.2.2 Waarom, volgens die bron, was dit vir die Verenigde State van Amerika nodig om die 'ekonomiese welstand in die wêreld' te herstel? (1 x 2) (2) 1.2.3 Wat, dink jy, is met die volgende stelling bedoel: 'Regerings, politieke partye of groepe wat daarna streef om menslike ellende (lyding) te verleng om polities of andersins daaruit voordeel te trek, sal boonop teenstand van die Verenigde State ondervind'? (2 x 2) (4) Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie 1.2.4 bron vir 'n historikus wat navorsing doen oor hoe die Marshall-plan geïmplementeer is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/2017 SSE 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Waarom, volgens die bron, het Stalin die ekonomiese mag van die Verenigde State van Amerika gevrees? (2 x 1) (2) 1.3.2 Verduidelik, in jou eie woorde, Stalin se houding teenoor die Weste: (a) Voor die Marshall-plan geïmplementeer is (1 x 2) (2) (b) Na die Marshall-plan geïmplementeer is (1 x 2) (2) 1.3.3 Lewer kommentaar op waarom Stalin beweer het dat die Marshall- plan 'n 'aanvalsbedreiging' vir die Sowjetunie was. (2 x 2) (4) 1.3.4 Kies enige DRIE lande in die bron wat koalisieregerings voor die bekendstelling van die Marshall-plan gevorm het. (3 x 1) (3) 1.4 Bestudeer Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C verskil van die inligting in Bron 1B ten opsigte van die doel van die Marshall-plan. (2 x 2) (4) 1.5 Raadpleeg Bron 1D. 1.5.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprenttekenaar ten opsigte van die Marshall-plan oordra. (2 x 2) (4) 1.5.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink die spotprenttekenaar 'brood' gebruik het om die Marshall-plan te simboliseer. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie na 1946 op die ekonomiese situasie in Europa gereageer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/2017 SSE VRAAG 2: HOE BETEKENISVOL WAS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE VIR SUIDELIKE AFRIKA? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Volgens die bewyse in die bron, na watter buitelandse land het Nelson Mandela gereis nadat hy in 1990 uit die gevangenis vrygelaat is? (1 x 1) (1) 2.1.2 Verduidelik waarom Nelson Mandela beweer het dat die Slag van Cuito Cuanavale 'n 'mylpaal in die geskiedenis van die vryheidstryd' was. (2 x 2) (4) 2.1.3 Definieer die term beleëring in die konteks van die Slag van Cuito Cuanavale. (1 x 2) (2) 2.1.4 Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom 'die Slag van Cuito Cuanavale … die geskiedenis en politieke landskap van die Suider-Afrikaanse streek onherroeplik verander' het. (2 x 2) (4) 2.1.5 Maak 'n lys van die DRIE magte in die bron wat die apartheid militêre magte verhoed het om Cuito Cuanavale binne te dring. (3 x 1) (3) 2.1.6 Watter rol, volgens die inligting in die bron, het Umkhonto we Sizwe gedurende die Slag van Cuito Cuanavale gespeel? (1 x 2) (2) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Verduidelik die boodskappe wat die bron oordra ten opsigte van die verhouding tussen Nelson Mandela en Fidel Castro in 1991. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 2.2.2 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat die verhouding tussen die African National Congress en Kuba navors. (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1 Kies TWEE bewysstukke uit die bron wat aandui dat Cuito Cuanavale baie 'afgeleë' was, ver van Suid-Afrika en Kuba. (2 x 1) (2) 2.3.2 Verduidelik waarom jy dink Ronnie Kasrils 'baie dankbaar' was dat Kuba Suid-Afrika ondersteun het na die verkryging van demokrasie in 1994. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/2017 SSE 2.4 Lees Bron 2D. 2.4.1 Watter TWEE lande, volgens die ANC, het die apartheidsregime se weermag by Cuito Cuanavale verslaan? (2 x 1) (2) 2.4.2 Waarom, volgens die bron, het verskeie ANC-presidente die 'Kubane as helde' vereer? (1 x 2) (2) 2.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Afriforum teen die ANC se weergawe van die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale gekant was. (2 x 2) (4) 2.5 Bestudeer Bron 2A en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in hierdie bronne verskil ten opsigte van die Slag van Cuito Cuanavale. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die belang van die Slag van Cuito Cuanavale vir Suidelike Afrika verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/2017 SSE VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERS VAN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN DIE 1950's OP DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL GEREAGEER? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Verduidelik die term segregasie in die konteks van die krisis in die 1950's by Central High School. (1 x 2) (2) 3.1.2 Hoe, volgens die inligting in die bron, het die Hof gereageer op die rassesegregasie van kinders by skole? (1 x 2) (2) 3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die Hof se beslissing oor die uitwerking wat segregasie op swart Amerikaanse kinders gehad het. (2 x 2) (4) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Wie, volgens die bron, was verantwoordelik vir die opstel van 'n plan ten opsigte van die desegregasie van skole in Little Rock? (1 x 1) (1) 3.2.2 Waarom is die oorspronklike plan vir skooldesegregasie nie geïmplementeer nie? (1 x 2) (2) 3.2.3 Noem DRIE stappe wat distriksamptenare gedoen het om te verseker dat desegregasie in alle skole geïmplementeer word. (3 x 1) (3) 3.2.4 Verduidelik hoe die 'oorplasingsbepaling' teenstrydig was met die Federale Hooggeregshofbeslissing van 1954 ten opsigte van die integrasie van skole in die VSA. (2 x 2) (4) 3.3 Bestudeer Bron 3C. 3.3.1 Identifiseer die hoofsaak wat in die pamflet aangeroer is. (1 x 1) (1) 3.3.2 Haal DRIE bewyse uit die pamflet aan wat toon dat die Mothers' League die segregasie van skole ondersteun het. (3 x 1) (3) 3.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en sê wat jy dink met die woorde 'STEM ASSEBLIEF REG!!!' geïmpliseer is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/2017 SSE 3.4 Raadpleeg Bron 3D. 3.4.1 Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem? (2 x 2) (4) 3.4.2 Verduidelik waarom die Nasionale Garde in 1957 besluit het om te voorkom dat Elizabeth Eckford Central High School, binnegaan. (2 x 2) (4) 3.4.3 Lewer kommentaar op waarom 'n historikus wat navorsing doen oor die desegregasie van Central High School hierdie bron bruikbaar sou vind. (2 x 2) (4) 3.5 Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik op watter maniere die bewyse in Bron 3D die inligting in Bron 3C ondersteun ten opsigte van die integrasie van skole in die Verenigde State van Amerika. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die burgers van Little Rock, Arkansas, in die 1950's op die desegregasie van Central High School gereageer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/2017 SSE AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM Die hoofrede waarom die Verenigde State van Amerika tussen 1963 en 1975 nie daarin geslaag het om Viëtnam te verslaan nie, was hoofsaaklik weens die uitnemende militêre taktiek van die Viëtkong. Verduidelik tot watter mate jy met die stelling hierbo ten opsigte van die oorlog in Viëtnam saamstem. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË Beide die Kongo en Tanzanië het gesukkel om sterk ekonomieë te ontwikkel nadat hulle in die 1960's onafhanklikheid verkry het. Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die ekonomiese beleide wat in die Kongo en Tanzanië geïmplementeer is nadat hulle onafhanklikheid verkry het. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING Malcolm X was op sy eie in die 1960's vir die opkoms van die Swartmagbeweging in die Verenigde State van Amerika verantwoordelik. Stem jy met die stelling hierbo saam? Gebruike relevante voorbeelde om jou argument te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all