Skip to content

History Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)

Question paperHistoryGrade 1220179 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V2 2017 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 13 bladsy-addendum. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/2017 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/2017 SSE AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE IN 1976 DIE INSTELLING VAN AFRIKAANS AS 'N ONDERRIGMEDIUM UITGEDAAG? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Waarom, volgens die bron, het swart studente van NUSAS weggebreek? (3 x 1) (3) 1.1.2 Haal bewyse uit die bron aan wat toon hoe Biko wou hê dat swart Suid-Afrikaanse studente sake in hul eie hande moes neem. (1 x 1) (1) 1.1.3 Wat verstaan jy onder Steve Biko se definisie van 'swart'? (1 x 2) (2) 1.1.4 Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron vir 'n historikus wat die Swartbewussynsfilosofie bestudeer. (2 x 2) (4) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Watter rol, volgens Mkhabela, het die Suid-Afrikaanse Studentebeweging (SASM) gespeel? (1 x 2) (2) 1.2.2 Volgens die bewyse in die bron, ongeveer hoeveel leerders het op 13 Junie 1976 die vergadering in Orlando bygewoon? (1 x 1) (1) 1.2.3 Waarom, volgens die inligting in die bron, was Mashinini gewild by die vergadering wat in Orlando gehou is? (1 x 1) (1) 1.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die protesaksie van 16 Junie 1976 as suksesvol beskou is. (2 x 2) (4) 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Waarom, volgens die bron, het onderwysers beswaar gemaak teen die implementering van Afrikaans as onderrigmedium by skole in Soweto? (1 x 2) (2) 1.3.2 Noem TWEE maniere waarop die SASM studente-organisasies in Soweto beïnvloed het. (2 x 1) (2) 1.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die protesaksie gewelddadig geraak het. (2 x 2) (4) 1.3.4 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die bewering: 'geslaag waar hulle ouers gefaal het' in die konteks van die Soweto-opstand van Junie 1976. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/2017 SSE 1.4 Gebruik Bron 1D. 1.4.1 Gebruik die inligting in die bron en verduidelik hoe die leerders van Soweto op die verpligte instelling van Afrikaans as onderrigmedium gereageer het. (2 x 2) (4) 1.4.2 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto in die media gepubliseer moes wees in die lig van wat in Junie 1976 in Soweto plaasgevind het. (2 x 2) (4) 1.5 Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun ten opsigte van hoe die gebeure op 16 Junie 1976 in Soweto ontvou het. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Swartbewussynsfilosofie die instelling van Afrikaans as onderrigmedium in 1976 uitgedaag het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/2017 SSE VRAAG 2: WATTER ROL HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN DIE VERSOENING VAN SUID-AFRIKANERS MET HULLE VERDEELDE VERLEDE GESPEEL? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Gee DRIE redes in die bron vir die instelling van die WVK. (3 x 1) (3) 2.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op hoe die Menseregteskendingskomitee hulle werk verrig het. (1 x 2) (2) 2.1.3 Verduidelik die konsep herstellende geregtigheid in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die WVK gestig is om in alle Suid-Afrikaners se behoeftes te voorsien. (1 x 2) (2) 2.1.5 Lewer kommentaar op waarom jy dink dit vir vrouens nodig was om voor die WVK te getuig. (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Definieer die konsep amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.2.2 Verduidelik waarom Tutu beweer het dat 'die groot visse weggekom het' in die konteks van die WVK-verhore. (1 x 2) (2) 2.2.3 Noem DRIE bewyse waarna Tutu verwys ten opsigte van mense se kennis oor die gruweldade wat na 1960 gepleeg is. (3 x 1) (3) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Volgens die inligting in die bron, watter persentasie swart Suid-Afrikaners het die WVK ondersteun in: (a) 1996 (1 x 1) (1) (b) 1998 (1 x 1) (1) 2.3.2 Verduidelik in jou eie woorde waarom daar in 1998 'n afname was in swart Suid-Afrikaners se ondersteuning van die WVK. (2 x 2) (4) 2.3.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink meer swart Suid-Afrikaners as wit Suid-Afrikaners in 1998 die ondersoekvraag oor die WVK ondersteun het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/2017 SSE 2.4 Bestudeer Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskappe oor die amnestieproses wat deur die spotprent oorgedra word. (2 x 2) (4) 2.4.2 Lewer kommentaar op waarom 'n historikus die inligting in hierdie bron bruikbaar sou vind wanneer navorsing oor die amnestieproses van die WVK gedoen word. (2 x 2) (4) 2.5 Verwys na Bron 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in beide bronne mekaar ten opsigte van die werk van die WVK ondersteun. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol verduidelik wat die WVK in die versoening van Suid-Afrikaners met hulle verdeelde verlede gespeel het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/2017 SSE VRAAG 3: HET SUID-AFRIKA BY SY LIDMAATSKAP VAN BRICS BAAT GEVIND? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Volgens die bron, maak 'n lys van VIER lande wat van BRICS lid was. (4 x 1) (4) 3.1.2 Noem die leier wat seker gemaak het dat Suid-Afrika 'n lid van BRICS word. (1 x 1) (1) 3.1.3 Verduidelik waarom Suid-Afrika se insluiting by BRICS deur vooraanstaande politici en ekonome met 'verbasing' en 'ongeloof' begroet is. (2 x 2) (4) 3.1.4 Identifiseer EEN bewys in die bron waarom Suid-Afrika lidmaatskap van BRICS gekry het. (1 x 1) (1) 3.1.5 Definieer die term ontwikkelde nasies in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Verduidelik die boodskappe wat deur hierdie foto van die vyfde BRICS-beraad oorgedra word. (2 x 2) (4) 3.2.2 Noem die land wat in 2013 die gasheer van die vyfde BRICS- beraad was. (1 x 1) (1) 3.3 Raadpleeg Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse in Bron 3B ondersteun ten opsigte van Suid-Afrika se lidmaatskap van BRICS. (2 x 2) (4) 3.4 Gebruik Bron 3C. 3.4.1 Volgens die inligting in die bron, noem die produkte wat die volgende lande beplan het om aan Suid-Afrika te lewer: (a) Rusland (1 x 1) (1) (b) China (1 x 1) (1) 3.4.2 Verduidelik hoe Suid-Afrika se handelsbetrekkinge met die BRICS- lande tussen 1995 en 2011 verbeter het. (2 x 2) (4) 3.4.3 Gebruik die inligting in die bron en identifiseer die land wat Indië as Suid-Afrika se vernaamste handelsvennoot vervang het. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/2017 SSE 3.5 Raadpleeg Bron 3D. 3.5.1 Verduidelik die verskillende standpunte oor Suid-Afrika se insluiting as 'n lid van BRICS. (2 x 2) (4) 3.5.2 Lewer kommentaar op waarom Suid-Afrika se lidmaatskap van BRICS as gevaarlik vir binnelandse markte beskou is. (2 x 2) (4) 3.5.3 Wat, volgens Gumede, sal die gevolge wees indien Suid-Afrika se geldeenheid met die Chinese geldeenheid vervang sou word? (2 x 1) (2) 3.5.4 Verduidelik tot watter mate jy die inligting in hierdie bron bruikbaar sou vind ten opsigte van die uitdagings wat Suid-Afrika as lid van BRICS in die gesig kan staar. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik of Suid-Afrika by sy lidmaatskap van BRICS baat gevind het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/2017 SSE AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's Verskeie interne weerstandsbewegings in Suid-Afrika was in die 1980's suksesvol met die uitdaging van PW Botha se apartheidsregime. Stem jy saam met die bewering? Ondersteun jou argument met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Die politieke geweld waarmee Suid-Afrika in die vroeë 1990's geteister is, was daarop gemik om die onderhandelingsprosesse tussen verskeie politieke partye te ontspoor. Verduidelik tot watter mate jy met hierdie bewering saamstem. Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Verduidelik hoe die val van die Sowjetunie in 1989 bygedra het tot die politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Motiveer jou argument deur relevante historiese bewyse te gebruik. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all