Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2017
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)




View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 364.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe Gewigstoekenning
Historiese vaardighede
Vlakke van vrae
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante inligting 30%
VLAK 1
uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
te stel 30%
VLAK 3
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15)
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ().
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan
die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
___________ . __________________________ . _________________________
_____________________________________________ . _________________
√√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
die kantlyn regs onder, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Inhoudseleksie basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE IN 1976 DIE
INSTELLING VAN AFRIKAANS AS 'N ONDERRIGMEDIUM
UITGEDAAG?
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]
• Swart studente was gefrustreerd met hulle verslegtende situasie
• NUSAS het by die wette van die apartheidstaat gehou
• swart Suid-Afrikaanse studente het hulle eie verteenwoordiger nodig
gehad
• Hulle het steeds verwag dat swart en wit studente in aparte kamers by
hulle nasionale kongres moes woon (3 x 1) (3)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]
• Swart Suid-Afrikaanse studente het hulle eie verteenwoordigende
organisasies nodig gehad
• Swart Suid-Afrikaanse studente moet nie op wittes staatmaak nie
• Swart Suid-Afrikaanse studente kan leer om hulself te laat geld
• Swart Suid-Afrikaanse studente moet afstand doen van 'n
minderwaardigheidskompleks
• Swart Suid-Afrikaners moes hulself sielkundig oordoen (enige 1 x 1) (1)
1.1.3 [Verduideliking van bewyse in Bron 1A - V1]
• … mense van alle rassegroepe wat onder apartheid basiese regte ontsê
is, insluitend Swartes, Kleurlinge en Asiërs'
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.1.4 [Vasstelling van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 1A – V3]
Die bron is BRUIKBAAR want:
• Dit gee insig in die redes vir die wegbreek van NUSAS
• Dit gee voorbeelde van hoe Steve Biko die studente aangemoedig het om
sake in hul eie hande te neem
• Steve Biko voorsien 'n inklusiewe definisie van 'swart' as 'n riglyn vir
studente
• Dit lig die studente se stryd uit/ toe
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• …'daar ernstige mobilisasie in die skole was …
• … SASM-lede het gesê daar kan nie toegelaat word dat hierdie situasie
voortduur nie … (enige 1 x 2) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Ongeveer 400 studente het die vergadering bygewoon (1 x 1) (1)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Mashinini het 'n massabetoging teen Afrikaans voorgestel op die volgende
Woensdag
• Mashinini was 'n uiters dinamiese spreker/sy voorstel is begroet met
uitroepe van ondersteuning (enige 1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
1.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B - V2]
Die protesaksie was SUKSESVOL want:
• Leerders het regoor die township vergader
• Baie duisende leerders van regoor die township het by Orlando-Wes
bymekaargekom
• Oor die 5000 leerders het in Vilikazistraat bymekaargekom en nog meer
het elke minuut gearriveer
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Onderwysers het teenstand gebied want hulle was nie vlot in Afrikaans
nie (1 x 2) (2)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• SASM het gedurende 1974 en 1976 apolitiese organisasies binne gedring
• SASM het 'n taakgroep gevorm wat later hernoem is na SRRC
• Hulle is ook bewus gemaak en beïnvloed (enige 2 x 1) (2)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C - V2]
• Die protes het gewelddadig uitgedraai want die polisie het op
ongewapende kinders begin skiet
• Onskuldige lewensverlies en die leerders het terugbaklei/ weerwraak
geneem
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.3.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C - V2]
• Die leerders (jeug) het die regering met hulle protesaksies uitgedaag
terwyl die ouers dit aanvaar het
• Die leerders (jeug) het die idee verander dat die werkers diegene was wat
die apartheidsregering moes uitdaag
• Die leerders (jeug) het die middestad beset/ skole gesluit/
alkoholverspreiders gesluit terwyl hulle ouers gefaal het
• Die Soweto-opstand was 'n keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis as
gevolg van die leerders se deurslaggewende optrede teen die regering
• Die ouers het probeer om met die skoolraad te onderhandel, maar het nie
daarin geslaag nie, terwyl die leerders die fondamente van die
apartheidsregering geskud het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Die leerders het hulle protes om die apartheidsregering uit te daag in die
strate gehou
• Hulle het geweier om vas te klou aan die ongelykheid en onregverdighede
van die Bantoe Onderwysbeleid
• Hulle het plakkate gebruik bv. 'Afrikaans moet afgeskaf word!' om hulle
ontevredenheid te toon
• Hulle het onafhanklik van die werkers opgetree maar het hulle
ondersteuning gehad
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Die foto het gehelp om leerders in die naburige areas en provinsies te
mobiliseer
• Die foto het die res van Suid-Afrikaners ingelig oor hulle stryd
• Die foto het plaaslike en internasionale aandag getrek na die manier
waarop die apartheidsregime die leerders hanteer het
• Die foto het die aksies van die apartheidsregering aan die lig gebring
• Weiering om in die taal van die onderdrukker onderrig te word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 1C en 1D - V3]
• In Bron 1C het die leerders die idee om in die taal van die onderdrukker
onderrig te word verwerp terwyl in Bron 1D die plakkaat lees:
'AFRIKAANS MOET AFGESKAF WORD!'
• In Bron 1C het die protes vreedsaam begin in Soweto terwyl in Bron 1D
die foto toon dat die leerders vreedsaam in Soweto vergader het
• Bron 1C beskryf hoe die 1976-klas dapper betogings gehou het om die
apartheidsregering uit te daag terwyl in Bron 1D die foto toon hoe leerders
vreesloos in groot getalle bymekaar kom om teen die implementering van
Bantu Onderwys te protesteer
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Steve Biko het geredeneer dat leerders sake in eie hande moes neem
(Bron 1A)
• Steve Biko het leerders aangespoor om hul eie organisasies te begin
(Bron 1A)
• Swart Suid-Afrikaanse studente het onafhanklik van wit Suid-Afrikaners
opgetree (Bron 1A)
• Verskeie studente organisasies is gestig om studente te mobiliseer om
teen die apartheidsregering op te tree (Bron 1B)
• Swart Suid-Afrikaanse studente het bewus geraak van die gevare van
Bantu Onderwys (eie kennis)
• Swart Suid-Afrikaanse studente van Soweto het 'n sin van selfgelding
gedemonstreer toe hulle die taalbeleid uitgedaag het op 16 Junie 1976
(Bron 1A en 1D)
• Swart Suid-Afrikaanse studente het eenheid en solidariteit gedurende die
Soweto-opstand weërspieël (eie kennis)
• Swart Suid-Afrikaanse studente was vreesloos teenoor die
apartheidsregering (Bron 1D en eie kennis)
• SASM, 'n Swartbewussyn-geïnspireerde studente organisasie was
instrumenteel in die organisering van studente om in die Soweto-opstand
deel te neem (Bron 1C en eie kennis)
• Invloedryke studente organisasies is gestig as gevolg van die
Swartbewussyns-idees (Bron 1C en eie kennis)
• Die Soweto-opstand moes die denke van swart Suid-Afrikaners bevry
omdat hulle geaffekteer is deur Bantu Onderwys (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor hoe die
Swartbewussynsfilosofie in 1976 die instelling van PUNTE
VLAK 1
Afrikaans as onderrigmedium uitgedaag het nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe
die Swartbewussynsfilosofie in 1976 die instelling PUNTE
VLAK 2
van Afrikaans as onderrigmedium uitgedaag het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n
deeglike begrip oor hoe die
Swartbewussynsfilosofie in 1976 die instelling van PUNTE
VLAK 3
Afrikaans as onderrigmedium uitgedaag het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
VRAAG 2: WATTER ROL HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) IN DIE VERSOENING VAN SUID-AFRIKANERS MET HULLE
VERDEELDE VERLEDE GESPEEL?
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]
• Om die rehabilitasie en herstel van slagoffers se menslike waardigheid te
fasiliteer
• Om die menslike en burgerlike waardigheid van slagoffers te herstel
• Om die nasie te genees van sy verdeelde verlede (openbare aanvaarding)
• Om die stem en waardigheid van diegene wat voorheen uitgesluit was te
herstel (3 x 1) (3)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Menseregteskendingskomitee (HRVC) het 'n platform voorsien vir
oorlewendes om hulle stories te vertel
• HRVC het 'n stem gegee aan diegene wat voorheen stilgemaak /uitgeskuif
is
• HRVC het oortreders toegelaat om vergifnis te kry
• HRVC het publieke erkenning aan die slagoffer en die oortreder gegee
• HRVC het slagoffers toegelaat om via die WVK-verhore afsluiting te kry vir
die politieke misdade wat gepleeg is
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2A – V1]
• Dit is 'n gebaar van versoening indien oortreders van ernstige
menseregteskendings bereid was om die waarheid te vertel en berou toon
vir hulle dade
• Dit is 'n proses van genesing indien die waarheid vertel is
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]
• Die WVK het gestreef daarna om die aangeleentheid van
gemarginaliseerde stemme oor die wye spektrum van slagoffers te
adresseer en was ook bewus van vooroordeel (1 x 2) (2)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Die meeste van hulle mans, seuns en vaders was aktiviste wat of
doodgemaak is of verdwyn het omdat hulle deelgeneem het in die
vryheidstryd
• Vrouens het getuig oor die man in hulle lewe wat verdwyn het as gevolg
van hulle politieke betrokkenheid
• Hulle het die stilte verbreek want vrouens was direk beïnvloed daardeur/
slagoffers
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2B – V1]
• Die verlening van amptelike kwytskelding vir mense wat polities-verwante
misdade gepleeg het
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
2.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Want die WVK het nie die mag gehad om dagvaardings uit te reik nie en
baie vooraanstaande politieke figure het geweier om voor die WVK te
verskyn bv. PW Botha
• Die WVK was nie 'n kriminele hof nie en was daarom magteloos om
politieke leiers te vervolg bv. PW Botha
• Diegene wat die bevele gegee het, het ontsnap
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Huurmoordenaars
• Doodsbendes
• Marteling (3 x 1) (3)
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
(a) 58,5% (1 x 1)
(b) 54,2% (1 x 1) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Verloor vertroue in die WVK-proses
• Het die proses as polities-gemotiveerd beskou
• Het die proses as 'n 'heksejag' beskou
• Die WVK het misluk in sy mandaat om Suid-Afrikaners te versoen
• Die waarheid oor politieke moorde van aktiviste het nie uitgekom nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Meer Swart Suid-Afrikaners was geaffekteer deur die gruweldade wat teen
hulle gepleeg is deur die apartheidsregering
• Swart Suid-Afrikaners wou die waarheid hoor oor hulle geliefdes wat
verdwyn het
• Want Swart Suid-Afrikaners was geaffekteer, hulle wou afsluiting hê
• Die WVK het aan hulle 'n weg gegee om hulle gevoelens te toon
• Wit Suid-Afrikaners was teen die WVK want hulle het die as 'n 'heksejag'
gesien
• Wit Suid-Afrikaners het gevoel dat die WVK geen doel dien nie
• Wit Suid-Afrikaners het nie die traumatiese verlies van geliefdes deur die
apartheidsregering ondervind nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
• Adriaan Vlok en ander apartheidsleiers het voor die amnestiekomitee van
die WVK verskyn
• Ander het weggekom van die WVK proses
• Tutu was verbaas/geskok dat baie prominente ministers nie voor die WVK
verskyn het nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
2.4.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 2D – V3]
Die bron is BRUIKBAAR want:
• Dit beeld die amnestieproses as 'n mislukking uit aangesien die oortreders
nie gestraf is vir die misdade wat hulle gepleeg het nie
• Dit toon dat net een kabinetsminister, Minister van Wet en Orde, Adriaan
Vlok, voor die amnestiekomitee verskyn het
• Dit het ander ministers wat weggekom het getoon, naamlik PW Botha
• Dit reflekteer 'n mate van Tutu se frustrasie (JY MOES DIEGENE GESIEN
HET WAT WEGGEKOM HET….)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en 2D - V3]
• Bron 2B is 'n weerspieëling van die amnestieproses van die WVK terwyl
Bron 2D die amnestieproses van die WVK uitbeeld
• Beide bronne beweer dat senior apartheidsministers (groot visse)
weggekom het
• Bron 2B noem dat diegene wat die bevele gegee het ontsnap het en
diegene wat die bevele uitgevoer het voor die WVK verskyn het, terwyl
Bron 2D toon dat diegene wat die bevele gegee het wegkom (swem) en
diegene wat die bevele uitgevoer het verskyn voor die WVK (WVK treiler)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Die WVK is gestig om die doelwitte, fasilitering van rehabilitasie en herstel
van mens- en burgerwaardigheid van slagoffers van ernstige
menseregteskendings te verseker (Bron 2A)
• Die Menseregteskendingskomitee wou die stemme en waardigheid van die
voorheen gemarginaliseerde Swart Suid-Afrikaners herstel (Bron 2A)
• Die WVK het daarna gestreef om herstellende geregtigheid eerder as
vergeldende geregtigheid te verkry (Bron 2A)
• Die WVK het gepoog om die saak van gemarginaliseerde stemme oor 'n
wye spektrum van slagoffers aan te spreek (Bron 2A)
• Die WVK het 'n platform geskep vir slagoffers en oortreders om hulle
stories te vertel (eie kennis)
• Gedurende die WVK-verhore het gedeeltelike waarheid uitgekom soos die
dood van Nokuthula Simelane (eie kennis)
• In sommige gevalle het die oortreder gepoog om vergifnis te verkry en
antwoorde aan families verskaf (eie kennis)
• In 1996 het die meerderheid Suid-Afrikaners ingestem dat die WVK
bygedra het tot versoening (Bron 2C)
• Vergoeding was minimaal maar is deur sommige slagoffers ontvang (eie
kennis)
• Vergoeding het gehelp dat slagoffers se waardigheid herstel is (eie kennis)
• Die WVK is daarom beskou as suksesvol omdat dit bygedra het tot
nasiebou en versoening (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip oor watter rol die Waarheids-en-
PUNTE
VLAK 1 Versoeningskommissie (WVK) in die versoening van Suid-
0–2
Afrikaners met hulle verdeelde verlede gespeel het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
die onderwerp, bv. toon begrip oor watter rol die Waarheids-
en-Versoeningskommissie (WVK) in die versoening van PUNTE
VLAK 2
Suid-Afrikaners met hulle verdeelde verlede gespeel het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
oor watter rol die Waarheids-en-Versoeningskommissie
(WVK) in die versoening van Suid-Afrikaners met hulle PUNTE
VLAK 3
verdeelde verlede gespeel het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
VRAAG 3: HET SUID-AFRIKA BY SY LIDMAATSKAP VAN BRICS BAATGEVIND?
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Brasilië
• Rusland
• Indië
• China
• Suid-Afrika (enige 4 x 1) (4)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• President Jacob Zuma (1 x 1) (1)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A - V2]
• Suid-Afrika se ekonomie is te klein in vergelyking met die ander vier
BRICS-nasies
• Suid-Afrika het 'n kleiner ekonomie in vergelyking met Mexiko, Suid-Korea
en Turkye (hierdie lande moes in aanmerking geneem wees vir die
insluiting as lede van BRICS)
• Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is een-sestiende van die van
China
• Suid-Afrika het 'n klein bevolking in vergelyking met die ander vier BRICS-
lande
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Suid-Afrika het die minerale hulpbronne wat die BRICS-lande nodig het
• Suid-Afrika is die wêreld se vierde grootste produseerder van goud en
diamante wat die BRICS-lande benodig
• Suid-Afrika besit driekwart van die wêreld se platinum reserwes wat die
BRICS lande benodig (enige 1 x 1) (1)
3.1.5 [Definiëring van 'n historiese konsep in Bron 3A - V1]
• Dit verwys na die geïndustrialiseerde lande/ tegnologies vooruitstrewende
of meer ekonomies-ontwikkelde lande wat in die noordelike
hemisfeer/halfrond geleë is
• Lande wat ekonomies hoogs-ontwikkeld is en 'n superieure/beter
infrastruktuur het teenoor ander minder geïndustrialiseerde nasies
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Die leiers van die vyf BRICS-lande wat die VYFDE BRICS BERAAD in
Suid-Afrika bywoon
• Die VYFDE BRICS BERAAD is in Durban, Suid-Afrika gehou
• Die leiers vertoon 'n hartlike gemoedstemming (glimlag, lag)
• Die leiers toon ʼn sin van eenheid (skud hande)
• Die leiers verteenwoordig Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 15 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Suid-Afrika (1 x 1) (1)
3.3 [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3B – V3]
• Bron 3A skets hoe hard President Zuma gewerk het sodat Suid-Afrika 'n lid
van BRICS kon word terwyl Bron 3B toon dat Suid-Afrika 'n lid van BRICS
geword het
• Bron 3A skets dat President Zuma die DERDE BRIC beraad in China
bygewoon het om die leiers te oortuig om Suid-Afrika uit te nooi om 'n lid te
word terwyl Bron 3B toon dat Suid-Afrika die VYFDE BRICS beraad
aangebied het
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C - V1]
(a) Kernkrag (1 x 1)
(b) Lokomotiewe (1 x 1) (2)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C - V2]
• Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Sake (SAIIA) het gewys dat
tussen 1995 en 2011 handel tussen Suid-Afrika en BRICS-lande
noemenswaardig gegroei het
• Uitvoere uit Suid-Afrika na BRICS-lande het van minder as $5 miljard in
1995 gegroei tot amper $25 miljard teen 2011
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• China (1 x 1) (1)
3.5.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D - V2]
• Die een groep het gevra vir verbeterde ekonomiese handelsbetrekkinge
met BRICS (om meer markte vir Suid-Afrikaanse produkte te verkry)
• Suid-Afrika moet BRICS gebruik om meer investering/belegging te
verseker
• Hulle het gevra vir meer ekonomiese investering/belegging van BRICS-
lande om sodoende Westerse beleggers te vervang
• Die ander groep was teen die investering/belegging van BRICS-lande
(China en Indië) in Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne
• Hulle was bevrees dat BRICS-lande volle beheer oor Suid-Afrika se
natuurlike hulpbronne sal neem wat skade kon doen aan die ekonomie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 16 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
3.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D - V2]
• Baie produkte van die BRICS-lande kon met mekaar kompeteer (dieselfde
produkte word deur BRICS-lande ondermekaar uitgevoer/ingevoer)
• Baie BRICS-lande het vervaardigde goedere na Afrika uitgevoer wat
tradisioneel die Suid-Afrikaanse mark was
• Suid-Afrikaanse produkte moet met diegene van BRICS-lande in Afrika
meeding
• Hulle voorsien Afrikalande wat tradisioneel 'n Suid-Afrikaanse mark was
met spoorweë
• Die tariefgrens-aangeleentheid
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• China sal in staat wees om die geldeenheidsrisiko wat tipies van baie
onstabiele Afrika-geldeenhede is, te verminder
• China sal in staat wees om tariefgrense in Afrika te vermy (2 x 1) (2)
3.5.4 [Vasstelling van die bruikbaarheid van inligting in Bron 3D – V3]
Die bron is BRUIKBAAR tot 'n groot mate omdat:
• Gumede is 'n kenner op die gebied van wêreld ekonomiese
aangeleenthede en sy mening word gerespekteer
• Suid-Afrikaners is verdeeld oor die ekonomiese impak van
handelsbetrekkinge tussen BRICS en Suid-Afrika
• Suid-Afrikaners is bevrees dat handel met BRICS-lande 'n gevaar kan
inhou vir die Suid-Afrikaanse binnelandse mark
• Suid-Afrikaners is ongelukkig met die hoë tariewe wat BRICS-lande
afdwing op Suid-Afrikaanse uitvoere
• Baie Suid-Afrikaners is bekommerd oor die manier waarop BRICS-
goedere die Suid-Afrikaanse mark betree (lae tariewe)
• Suid-Afrikaners vrees die groei van die Chinese ekonomiese betrekkinge
met die res van Afrika (Afrika was tradisioneel 'n Suid-Afrikaanse
ekonomiese invloedsfeer)
• Enige ander relevante antwoord
OF
Die bron is BRUIKBAAR tot 'n mindere mate omdat:
• Dit slegs die siening van Gumede is op die negatiewe effek van Suid-
Afrika se lidmaatskap aan BRICS
• Meer sieninge oor die impak van Suid-Afrika se handelsbetrekkinge met
BRICS is nodig voor 'n ingeligte gevolgtrekking gemaak kan word oor die
meriete van Suid-Afrikaanse lidmaatskap met BRICS.
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 17 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne - V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
Kandidate kan kies of hulle SAAMSTEM/ NIE SAAMSTEM NIE en
elemente van BEIDE bespreek
STEM SAAM
• Suid-Afrika het in 2010 'n lid van BRICS geword
• BRICS kan Suid-Afrika help met infrastruktuur programme soos
ontwikkelende vaardighede
• Rusland kan Suid-Afrika voorsien met kernenergie
• China sal Suid-Afrika met spoorweë voorsien
• BRICS-lande kan Suid-Afrika help om goedere na hulle en streke in Asië,
Suid-Amerika en Oos-Europa uit te voer
• Die SAIIA studie toon dat Suid-Afrika se handel toegeneem het tussen
2001 en 2011 vanaf $5 miljard tot ongeveer $25 miljard
• Uitvoere uit Suid-Afrika na BRICS-lande groei tot $25 miljard teen 2011
• Enige ander relevante antwoord
OF
STEM NIE SAAM NIE
• Suid-Afrikaners is verdeeld oor Suid-Afrika se lidmaatskap aan BRICS
(Bron 3D)
• Suid-Afrikaners voel dat Suid-Afrika se handelsbetrekkinge met BRICS-
lande die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief sal affekteer (Bron 3D)
• Suid-Afrikaners voel dat handelskakels met BRICS-lande tot gevolg sal hê
dat Suid-Afrika se minerale en infrastruktuur in die hande van BRICS-
lande sal val (Bron 3D)
• Suid-Afrikaners voel dat die binnelandse mark afgeneem het as gevolg
van Suid-Afrika se handelskakels met BRICS-lande (Bron 3D)
• BRICS-lande dryf handel met Afrikalande wat tradisioneel 'n Suid-
Afrikaanse mark was (Bron 3D)
• Die vervaardigingsektore is besig om stadig te versleg as gevolg van
BRICS-lande wat hulle produkte uitvoer na Afrika en Suid-Afrika (Bron 3D)
• Die Suid-Afrikaanse binnelandse mark is in 'n krisis as gevolg van die
onregverdige tariefsisteem tussen Suid-Afrika en BRICS-lande (BRICS-
lande dwing hoër tariewe af op Suid-Afrikaanse ingevoerde goedere)
(Bron 3D)
• Suid-Afrikaners is ook bevrees dat die Chinese jen die Suid-Afrikaanse
rand gaan vervang as die hoof handelsgeldeenheid (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 18 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip of Suid-Afrika
baatgevind het deur sy lidmaatskap in BRICS PUNTE
VLAK 1
nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip of
Suid-Afrika baatgevind het deur sy lidmaatskap PUNTE
VLAK 2
in BRICS. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n
deeglike begrip of Suid-Afrika baatgevind het
PUNTE
VLAK 3 deur sy lidmaatskap in BRICS.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 19 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met hierdie stelling nie.
Hulle moet 'n standpunt inneem en aandui hoe die verskeie interne
weerstandsbewegings in die 1980's in Suid-Afrika suksesvol was in die uitdaging
van PW Botha se apartheidsregime. Hulle moet die rol toelig wat verskeie
weerstandsbewegings soos die UDF, ECC ens. gespeel het in die uitdaging van die
apartheidsregime terwyl hulle hulle argument ontwikkel.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en fokus op hoe PW Botha se
hervormings uitgedaag is deur verskillende interne weerstandsbewegings
omdat dit nie die versoeke van die meerderheid Suid-Afrikaners aangespreek
het nie.
UITBREIDING
• PW Botha stel in 1983 sy beleid van Totale Strategie/Totale Aanslag bekend
• PW Botha stel hervormingsmaatreëls in (1983 Grondwet,
Driekamerparlement 1984)
• Die einde van Verpligte militêre diens (End Conscription Campaign) 1983 en
sy impak op die apartheidsregime
• Die stigting en die rol van die UDF ('Don't vote' campaign, (Moenie stem nie
veldtog) 'Million Signature' campaign (Miljoen handtekening veldtog) in 1984)
• Massa protes in Swart Suid-Afrikaanse townships in 1984 en 1985 (bv.
Wegbly-aksies georganiseer deur die Vaal Burgerlike assosiasie,
Verbruikersboikot georganiseer deur Pebco in die Oos-Kaap)
• Protesoptogte wat plaasgevind het in Langa township in die Oos-Kaap
• Skoolboikotte hoofsaaklik gelei deur COSAS in 1983 en 1985 (Atteridgeville,
Tembisa, Alexandra, Soweto, Wes-Kaap en Natal) (NECC)
• Gemeenskappe onderneem huurboikotte bv. Vaaldriehoek en Soweto in
1984 (burgerlikes)
• Stigting en impak van COSATU in werker stryd/ COSATU onderneem wegbly
aksies, boikotte, proteste en stakings
• Wegblyaksie op Mei Dag 1986 bv. NUM staking
• Verklaring van Noodtoestand in 1985 en 1986 deur PW Botha
• Opkoms van die Mass Democratic Movement in 1989 (Versetkampanje
optogte teen segregasionistiese wette in hoofstede bv. Kaapstad, Durban en
Johannesburg)
• Die rol van die Black Sash bv. in burgerprotes en bystand aan
apartheidslagoffers
• Die rol van godsdiensorganisasies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 20 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
• Teen die einde van die 1980's het baie Suid-Afrikaners hulle lewens verloor
in die vryheidstryd (bv. Dood in detensie, 'swart op swart' geweld en
vigilantes, grensoorlog)
• PW Botha se regering het geleidelik besef dat verandering nodig was
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 21 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate hulle met die stelling saamstem. Indien hulle
saamstem met die stelling moet hulle verduidelik hoe politieke geweld Suid-Afrika in die
vroeë 1990's geteister het en amper die onderhandelingsproses ontspoor het onder
verskeie politieke organisasies. Indien hulle nie saamstem nie moet hulle hul standpunt
ondersteun met relevante historiese bewyse.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui hoe politieke geweld wat in die vroeë 1990's
Suid-Afrika geteister het amper die onderhandelingsproses ontspoor het.
UITBREIDING
• De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond
• De Klerk se toespraak in die parlement – 2 Februarie 1990
• Die ontbanning van politieke- en burgerorganisasies soos die ANC en SAKP
• Die verwydering van beperkings op COSATU en AZAPO
• De Klerk se besluit om Mandela vry te laat uit die gevangenis op 11 Februarie
1990 wat die weg gebaan het vir onderhandelings
• Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP het ontmoet, ANC afvaardiging
gelei deur Nelson Mandela, NP afvaardiging gelei deur FW De Klerk).
• Apartheidswetgewing herroep die Wet op Aparte Geriewe
• Pretoria Minuut – 6 Augustus 1990 (ANC kom ooreen om die gewapende stryd
neer te lê)
• KODESA 1 (19 politieke partye uitsluitend AZAPO,KP en PAC/300
afgevaardigdes)
• Geweld breek uit in sommige dele van die land soos aan die Rand en Natal
• Slegs Blankes referendum (Maart 1992) en die impak daarvan
• KODESA 2 (2 Mei 1992) stort ineen. Partye slaag nie daarin om saam te stem oor
die nuwe grondwetliggaam en die tussentydse regering nie
• NP wou 'n minderheid veto hê, terwyl die ANC 'n tussentydse regering wou hê vir
nie langer as 18 maande nie en eenvoudig 'n meerderheidsregering wou hê
• Boipatong slagting en sy gevolge (17 Junie 1992)
• Bhisho slagting het die onderhandelingsproses ontspoor (7 September 1992)
• Record of Understanding (Rekord van Verstandhouding) is op 26 September 1992
tussen Roelf Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) onderteken
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en sy impak op Suid-Afrika
• Veelparty Onderhandelingsforum was gestig
• Regsgesinde (AWB) aanval op die Wêreldhandelsentrum en sy gevolge
• Sunset Clause ingestel deur Joe Slovo het die dooiepunt in onderhandelings
verbreek
• Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig
• ANC wen verkiesing en Mandela word die eerste swart Suid-Afrikaanse President
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 22 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui hoe die val van die Sowjetunie verantwoordelik was vir
politieke veranderinge wat na 1989 in Suid-Afrika voorgekom het. Hulle moet 'n
argument volg en dit ondersteun met relevante historiese bewyse.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui hoe die val van die Sowjetunie in 1989
bygedra het tot politieke transformasie wat in Suid-Afrika voorgekom het en
hulle argument ondersteun.
UITBREIDING
• Die impak van die disintegrasie (Glasnost en Perestroika) van die Sowjetunie
teen die einde van 1989
• Die val van die Berlynse Muur
• Veranderinge in die wêreld het bygedra tot die beëindiging van apartheid
• Die val van die USSR het die ANC van sy hoof ondersteuningsbron ontneem
• Die ANC kon nie meer staatmaak op die USSR om hulle ekonomies of met
wapens te ondersteun nie
• Gorbachev was ten gunste van 'n vreedsame oorgang van mag in Suid-Afrika
• Die Nasionale Party se bewering dat hulle Suid-Afrika teen 'n kommunistiese
aanval beskerm, het onrealisties begin lyk
• Die Nasionale Party se bewering dat hulle Suid-Afrika teen 'n kommunistiese
oorname beskerm het, was naïef
• Westerse wêreldmoondhede het die idee ondersteun dat Suid-Afrika sy
probleme vreedsaam en demokraties oplos
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party regering nie blanke heerskappy
onbepaald kon handhaaf nie
• Invloedryke Nasionale Party lede het begin besef dat apartheid nie die
antwoord vir vereistes van blanke kapitalistiese ontwikkeling was nie
• Daar was geen twyfel dat die volgehoue onderdrukking van swart Suid-
Afrikaners nie politieke stabiliteit sou verseker nie
• PW Botha kry 'n beroerte en word opgevolg deur FW de Klerk
• FW de Klerk het begin aanvaar dat swart Suid-Afrikaners se stryd teen
apartheid nie 'n sameswering was onder leiding van Moskou nie
• Vrylating van politieke gevangenes en ontmoeting met Mandela
• Dit het De Klerk in staat gestel om onderhandelinge met bevrydingsorganisasies
te begin
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk 'n 'nuwe en regverdige grondwetlike
bedeling' aangekondig
• Dit het die einde van apartheid aangedui
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (English)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum