Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V1
2017
MEMORANDUM
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 431.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
KOGNITIEWE GEWIGSTOEKENNING
HISTORIESE VAARDIGHEDE
VLAKKE VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante 30%
VLAK 1
inligting uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en
30%
VLAK 3 beperkings vas te stel
(15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ()
• Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
• Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________________________________________________________
_______________________________________________
Vlak 2
• Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt
in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte, slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot 47–50 43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevante tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of 30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
SOWJETUNIE NA 1946 OP DIE EKONOMIESE SITUASIE IN
EUROPA GEREAGEER?
1.1
1.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 1A – V1]
• 'n Beleid wat deur die Verenigde State van Amerika ingestel is om die
verspreiding van kommunisme in Europa te voorkom
• Die Truman-leer en die Marshall-plan het gepoog om die verspreiding van
totalitarisme te stuit
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Kon dit oral toegepas het
• Kon dit militêr toegepas het
• Kon op ekonomiese hulp wat aan nasies gegee is wat hulle ekonomieë wou
herbou gefokus het
• Kon prioriteit gegee het aan okkupasie beleide veral in Duitsland en Japan
(enige 3 x 1) (3)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Die VSA se ekonomie sou groei en sterker word
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Deur die verbreking van die bose kringloop
• Deur die herstel van selfvertroue van die mense in Europa
• Die vervaardiger en die boer moet hulle produkte vir geldeenhede kan en wil
verruil (enige 2 x 1) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Daar sal politieke stabiliteit in die wêreld wees
• Vir versekerde vrede
• Om honger, armoede en chaos te stop
• Om die opkoms van politieke en maatskaplike toestande waarin vrye instansies
kan bestaan, toe te laat (enige 1 x 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
• Die VSA was bereid om die verspreiding van kommunisme te stop
• Die VSA was bereid om hulp te verleen aan lande om kommunisme te
verbrysel
• Die VSA ou kapitalisme en demokrasie beveilig
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
1.2.4 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• Dit is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat deur George Marshall gegee is
• Die voorsien die werklike datum en plek waar die Marshall-plan aangekondig is
• Die inligting dui aan hoe die Marshall-plan geïmplementeer is
• Die bron verduidelik ook die rol wat die Verenigde State van Amerika sou speel
in die implementering van die Marshall-plan
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Dit kon die Sowjet invloedsfeer ondermyn het in Oos-Europa
• Dit kon Oos-Europa in 'n anti-Sowjet-koalisie mobiliseer (2 x 1) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
(a)
• Stalin het gehoop op samewerking met die Weste, selfs op 'n beperkte skaal
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
(b)
• Stalin het geen hoop gehad op enige kompromis of samewerking met die
Weste nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
• Die Marshall-plan het beoog om die Sowjetunie te omring deur buurlande te
ondersteun
• Die Marshall-plan sou die Sowjetunie oopgelaat het vir uitbuiting deur ander
buitelandse magte van die Weste
• Die Marshall-plan sou 'n anti-Sowjteblok skep
• Die Marshall-plan sou die Sowjetunie se invloed in Oos-Europa ondermyn
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Pole
• Tsjeggo-Slowakye
• Hongarye
• Bulgarye
• Roemenië (enige 3 x 1) (3)
1.4 [Vasstelling van die verskille in Bron 1C en 1B – V3]
• Bron 1C gee die Sowjetunie se reaksie op die Marshall-plan en Bron 1B gee
die Amerikaanse reaksie op die Marshall-plan weer
• Bron 1C gee te kenne dat die hoofdoel van die Marshall-plan was om die
Sowjetinvloedsfeer te ondermyn en Bron 1B dui aan dat die Marshall-plan se
hoofdoel was om Europese lande ekonomies by te staan
• Bron 1C gee te kenne dat die Marshall-plan 'n offensiewe bedreiging was vir
die Sowjetunie terwyl Bron 1B beweer dat die VSA bereid was om enige land te
help
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
1.5
1.5.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Die Marshall-plan word uitgebeeld asof hy ekonomiese en humanitêre hulp
verleen
• Dat indien lande nie die Marshall-plan aanvaar nie, hulle arm sou bly,
byvoorbeeld, met geen gebotterde brood en met verslonste klere van kinders
• Die mislukking om die Marshall-plan te aanvaar, kon lei tot ekonomiese onder
ontwikkeling in sekere lande
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Dit toon dat die Marshall-plan ekonomiese hulp sou voorsien in die vorm van
basiese benodigdhede
• Dit toon dat die Marshall-plan finansiële bystand om basiese benodigdhede te
koop sal voorsien
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Die VSA het met 'n Ekonomiese Plan vorendag gekom om met die
heropbouing van die Europese ekonomie na die Tweede Wêreldoorlog te help
(eie kennis)
• Die VSA het die Marshall-plan geïmplementeer as deel van hulle
stuitingstrategie (Bron 1A)
• Sommige Westerse lande en die VSA beskou die Marshall-plan as 'n poging
om Europa ekonomies te herstel (Bron 1A, 1B en 1D)
• Die Sowjetunie sien die Marshall-plan as 'n strategie wat gebruik kon word om
kommunistiese invloed in Wes-Europese lande te verswak (Bron 1A)
• Die VSA kon die Marshall-plan gebruik om politieke stabiliteit en vrede in
Europa te bewerkstellig (Bron 1B)
• Om die mense se vertroue in die toekoms van Europa te herstel (Bron 1B)
• Die Sowjetunie het gevoel dat die Marshall-plan Sowjetinvloed in Europa sou
ondermyn (Bron 1C)
• Die Sowjetunie het gevoel dat die Marshall-plan ten doel gehad het om 'n
vyandige omgewing vir kommunisties-beheerde lande te bewerkstellig (Bron
1C)
• Die Sowjetunie het die COMECON, die Molotov-plan en satellietstate gevorm
(eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip oor hoe die Verenigde State van Amerika en
PUNTE
VLAK 1 die Sowjetunie na 1946 reageer het op die ekonomiese
0–2
situasie in Europa.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Verenigde
PUNTE
VLAK 2 State van Amerika en die Sowjetunie na 1946 reageer het
3–5
op die ekonomiese situasie in Europa.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
begrip oor hoe die Verenigde State van Amerika en die
Sowjetunie na 1946 reageer het op die ekonomiese PUNTE
VLAK 3 situasie in Europa. 6–
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
VRAAG 2: HOE BETEKENISVOL WAS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE VIR
SUIDELIKE AFRIKA?
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Kuba (1 x 1) (1)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Die 'rassistiese weermag' is verslaan
• Lei tot 'vryheid in Suidelike Afrika'/ onafhanklikheid van Namibië/
ooreengekome skikking in Suid-Afrika
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 2A – V1]
• Voorrade (voedsel, medisyne) en kommunikasies (paaie, brûe) na en uit Cuito
Cuanavale is afgesny
• Omsingel en onder aanval
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Die slag het die militêre aggressie van die apartheidsmagte tot stilstand gebring
• Militêre nederlaag van die apartheidsmagte het Suid-Afrika meer gewillig
gemaak om vredesonderhandelinge te betree
• Die onderhandelings het die onttrekking van Suid-Afrikaanse troepe uit Angola
en Namibië tot gevolg gehad
• Lei tot die onafhanklikheid van Namibië (New York Accords)
• Lei tot samesprekings tussen die African National Congress en die Nasionale
Party
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Angolese
• Namibiese
• Kubaanse (3 x 1) (3)
2.1.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Het daarin geslaag om Angolese rebelle-soldate in Noordelike Angola te stuit
• Het rebelle-soldate verhoed om die apartheidsweermag in die Suide te versterk
(enige 1 x 2) (2)
2.2
2.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Nelson Mandela en Fidel Castro was kamerade/ bondgenote in die
vryheidstryd van suidelike Afrika
• Toon dat daar baie noue bande tussen die ANC en Kuba bestaan
• Gee te kenne dat Suid-Afrika noue bande met Kuba onder 'n ANC-regering
sou behou
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
2.2.2 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 2B – V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• Dit toon 'n gebalde vuis wat 'n simbool van die stryd sowel as 'n simbool van
oorwinning was
• Mandela is sopas vrygelaat na 27 jaar in die gevangenis en die ANC is ontban
– daarom was Mandela in Kuba
• Na die SAW se nederlaag by Cuito Cuanavale deur Kubaanse magte het die
apartheidsregering tot Namibië se onafhanklikheid ingestem en samesprekings
met die ANC begin
• Castro en Mandela het die nederlaag van die apartheidstaat gevier
• Die feit dat Mandela na Kuba as sy eerste besoek na sy vrylating gegaan het
lig die belangrikheid van Kubaanse verhouding met die ANC toe/ lig Mandela
en Castro se vriendskap toe
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Cuito Cuanavale was tweeduisend kilometer van Pretoria
• Cuito Cuanavale was oor die tienduisend kilometer van Havana (2 x 1) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Kuba het mediese praktisyns na Suid-Afrika gestuur om die tekorte aan
dokters en gesondheid professionele in die landelike gebiede te adresseer
• Kuba het professioneels gestuur om in breë areas soos gesondheid, onderwys,
wetenskap en tegnologie by te staan nadat die ANC-regering in 1994 aan
bewind gekom het
• Alhoewel Kuba sy troepe uit Angola onttrek het na die Slag van Cuito
Cuanavale, het hulle nog steeds die vryheidstryd deur humanitêre hulp en
personeel ondersteun
• Kuba het mediese opleidingsvakleerlingskap aan Suid-Afrikaanse studente
gebied
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Angola
• Kuba (2 x 1) (2)
2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Kubaanse troepe het die 'apartheidsweermag' verslaan
• Die Kubane het hulle lewens opgeoffer uit solidariteit met die vryheidstryd
(enige 1 x 2) (2)
2.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
• Hulle het geglo dat die ANC siening 'eensydig' en 'verkeerd' was
• Hulle het geredeneer dat die SAW die Slag van Cuito Cuanavale gewen het en
minder verliese van troepe en voorraad aangeteken het as die
Kubaans/Angolese magte
• Hulle glo dat die regering die verlede wanvoorstel en die militêre verslae van
die slag (soos Geldenhuys s'n) gebruik om hulle siening te ondersteun
• Die geloof in die oorwinning van die Slag van Cuito Cuanavale en die
Grensoorlog het aan baie veterane hulle identiteit gegee
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
2.5 [Vergelyking van Bron 2A en 2D – V3]
• In Bron 2A het die ANC (Suid-Afrikaanse regering) Cuito Cuanavale as 'n groot
oorwinning vir Kuba/Angola gesien terwyl in Bron 2D die SAW veterane
beweer dat die SAW die oorlog gewen het
• In Bron 2A die ANC (Suid-Afrikaanse regering) 'n amptelike boekie opgestel
om die Kubaans/Angolese oorwinning by Cuito Cuanavale te herdenk terwyl in
Bron 2D die SAW veterane en ondersteuners boeke en blogs geskryf het en
die sosiale media gebruik het om hulle siening dat die SAW die oorlog gewen
het te stel
• Bron 2A staaf dat vir die ANC (Suid-Afrikaanse regering), die oorwinning by
Cuito Cuanavale 'n belangrike deel van die geskiedenis van die vryheidstryd
was terwyl in Bron 2D, vir die SAW veterane en ondersteuners, oorwinning by
Cuito Cuanavale 'n belangrike gebeurtenis in Afrikaner geskiedenis was
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Dit het gelei tot vreedsame onderhandelings vir die onttrekking van Suid-
Afrikaanse troepe uit Angola en Namibië (Bron 2A)
• Dit lei tot Namibiese onafhanklikheid (Bron 2A)
• Dit het tot die ooreengekome skikking in Suid-Afika gelei (Bron 2A)
• Dit lei tot die ondertekening van die New York Accords (eie kennis)
• Dit lei tot Post-apartheid diplomatieke verhoudings tussen Suid-Afrika en Kuba
en lig die vriendskap tussen Mandela en Castro toe (Bron 2B en 2C)
• Dit lei daartoe dat Kuba ondersteuning gee aan Suid-Afrika (Bron 2B en 2C)
• Dit het gehelp om 'n eens magtige (apartheid) regime tot 'n val te bring (Bron
2C)
• Dit het gehelp om tienmiljoene Afrikane in Angola, Namibië en Suid-Afrika
insluitend politieke gevangenes te bevry (Bron 2C)
• Dit het die anti-imperialistiese magte in Afrika versterk (Bron 2C)
• Dit het onverbreekbare bande tussen Suid Afrika en Kuba tot stand gebring
(Bron 2C)
• Lank na die oorlog het kontroversie oor wie die oorlog gewen het voortgegaan
(Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip in die verduideliking van die betekenisvolheid PUNTE
VLAK 1
van die Slag van Cuito Cuanavale vir Suidelike Afrika. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
die onderwerp, bv. toon begrip in die verduideliking van die
PUNTE
VLAK 2 betekenisvolheid van die Slag van Cuito Cuanavale vir
3–5
Suidelike Afrika.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
in die verduideliking van die betekenisvolheid van die Slag
PUNTE
VLAK 3 van Cuito Cuanavale vir Suidelike Afrika.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERS VAN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN DIE
1950's OP DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL
GEREAGEER?
3.1
3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 3A – V1]
• 'n Proses wat skeiding van skole gebaseer op ras toegelaat het
• Toelating tot skole gebaseer op ras/ skole geskei volgens rasse
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2 ) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Rassesegregasie van kinders in openbare skole het die Gelyke
Beskermingsklousule geskend en is daarom onwettig (1 x 2) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
• Swart meisies in gesegregeerde skole het 'n lae rasse selfbeeld gehad
• Het gevaarlike minderwaardigheidskomplekse veroorsaak
• Het swart Amerikaanse studente se vermoë om te leer negatief beïnvloed
• Swart Amerikaners sou nie suksesvol wees in hulle lewe nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Superintendent Virgil Blossom. (1 x 1) (1)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Ouers van elementêre studente wou hê dat segregasie by skole moes
aanhou (1 x 2) (2)
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Begin met nominale desegregasie in die herfs van 1957 by Central High School
• Brei uit na Junior vlak in 1960
• Brei tentatief uit na die elementêre vlak teen 1963 (3 x 1) (3)
3.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
Die oorplasingsbepaling sou:
• Onderneem desegregasie by skole teen 'n stadige pas
• Om die integrasie van skole te vertraag
• Voorsiening te maak vir gesegregeerde skole/ Horace Mann sou grotendeels
swart Amerikaans bly
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2 ) (4)
3.3
3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Wil julle 'Negers' in julle skole hê?
• Stem teen integrasie
• Stem vir gesegregeerde skole (enige 1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 15 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Wil julle 'Negers' in julle skole hê?
• As julle nie wil nie, moet julle eerskomende Maandag stembusse toe gaan
• Stem vir verwydering Lamb, Matson, tucker; stem teen verwydering McKinley,
Rowland, Laster
• Indien nie moet julle eerskomende Maandag na die stembusse gaan
• Die skole sal hierdie herfs integreer
• Stem asseblief reg (enige 3 x 1) (3)
3.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
• Dit het mense ontmoedig om te stem vir integrasie by skole
• Dit sou 'n verkeerde besluit wees om vir integrasie van skole te stem
• Dit het nie integrasie by skole ondersteun nie
• Stem om Central High School segregeer te hou
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4
3.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V2]
• Om te toon hoe die Nasionale Garde nie ag geslaan het op 'n bevel van die
Federale hof oor integrasie
• Om te toon dat Elizabeth Eckford verhoed word om Central High School binne
te gaan
• Om te toon dat die Nasionale Garde Goewerneur Faubus se bevel nakom om
swart Amerikaanse studente te keer om Central High School binne te gaan
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V2]
• Die Nasionale Garde het opgetree op bevele van Goewerneur Faubus
• Die Nasionale Garde het 'n weerwraak van anti-integrasioniste gevrees
• Die Nasionale Garde het nie die integrasie van skole ondersteun nie/ hulle was
rassiste
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4.3 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 3D – V3]
Die bron is BRUIKBAAR want:
• Dit toon die Nasionale Garde wat Elizabeth Eckford verhoed om Central High
School binne te gaan
• Dit toon bewyse dat die Nasionale Garde ontplooi is by Central High School
• Dit toon dat Elizabeth Eckford nie op daardie dag skool kon bywoon nie (4th
September 1957)
• Dit toon dat die Nasionale Garde bereid was om geweld te gebruik om
integrasie te keer (hulle was bewapen)
• dit toon dat die Hooggeregshof se beslissing nie geïmplementeer is nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 16 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
3.5 [Vergelyking van Bron 3C en 3D - V3]
• Bron 3C is 'n pamflet van die Mothers' League wat konserwatiewe wit ouers
aanspoor om vir 'n gesegregeerde Skoolraad te stem terwyl Bron 3D die
Nasionale Garde toon wat keer dat Elizabeth Eckford Central High School
binnegaan
• Bron 3C spoor wit Amerikaanse ouers aan om Reg te Stem terwyl Bron 3D die
Nasionale Garde toon wat Elizabeth Eckford van Central High School weg wys
• Bron 3C noem dat wit Amerikaanse skole nie ‘Negers’ wou hê nie en Bron 3D
toon dat swart Amerikaners nie toegelaat is in wit Amerikaanse skole nie
• Beide Bron 3C en 3D is uit die oogpunt van anti-integrasioniste
• Beide Bron 3C en 3D toon dat daar teen swart Amerikaners gediskrimineer is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Die Hooggeregshof se beslissing was dat gesegregeerde skole
onkonstitusioneel is (Bron 3A)
• Die Little Rock Skoolraad het ingestem om te bly by die Hooggeregshof se
beslissing (Bron 3A)
• Virgil Blossom het die opdrag ontvang om 'n desegregasieplan vir skole te
formuleer (Bron 3A)
• Die Skoolraad het die Faseprogram-plan aanvaar (geleidelike desegregasie)
(Bron 3B)
• Die Skoolraad het in die geheim besluit om nie skole ten volle te integreer nie
(eie kennis)
• Die elementêre skool ouers het teen integrasie gepraat (Bron 3B)
• Die plan het oor fases versprei beginnende met Central High School (Bron 3B)
• Die Mothers League is gestig om integrasie tee te staan (Bron 3C en eie
kennis)
• Die Nasionale Garde het Elizabeth Eckford gekeer om Central High School
binne te gaan (Bron 3D)
• Die goewerneur van Arkansas, Goewerneur Faubus was teen die integrasie
van skole gekant (eie kennis)
• Die Burgerregtebeweging het integrasioniste ondersteun (eie kennis)
• Die menseregte van swart Amerikaners in Arkansas is geskend (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 17 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip oor hoe die burgers van Little Rock, Arkansas,
PUNTE
VLAK 1 in die 1950's reageer het op die desegregasie van Central
0–2
High School.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die burgers van
Little Rock, Arkansas, in die 1950's reageer het op die PUNTE
VLAK 2
desegregasie van Central High School. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
begrip oor hoe die burgers van Little Rock, Arkansas, in
die 1950's reageer het op die desegregasie van Central PUNTE
VLAK 3
High School. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 18 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate hulle met die bewering saamstem. Hulle moet
toelig of die militêre taktieke wat die Viëtkong gebruik het teen die VS weermag superieur
was. 'n Analise van hoe die Viëtkong die Amerikaanse inval in Viëtnam teëgewerk het
moet ook op uitgebrei word.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur aan te dui of die militêre taktieke
wat die Viëtkong teen die VS weermag gebruik het superieur was.
UITBREIDING
• Redes vir die VS betrokkenheid in Viëtnam: om die verspreiding van kommunisme te
keer/ domino teorie
• Villagisation was 'n strategiese Hamlet program (VSA en Suid Viëtnam regering het
nuwe dorpies gestig om dorpenaars van guerrillas te skei). Dit was 'n mislukking want
die dorpenaars self was die Viëtkong
• Die Golf van Tonkin insident het daartoe gelei dat die VS Kongres uiteindelik die Golf
van Tonkin Resolusie onderneem het wat President Johnson wye militêre magte
gegee het om die oorlogspoging in Viëtnam te eskaleer
• President Johnson gee die opdrag van die massa lugbombardement van die Viëtkong
'Operasie Rolling Thunder' het nie die verwagte effek gehad nie bv. Ho Chi Minh-
roete het die taktiek van die Viëtkong geword
• Die Ho Chi Minh Trail was een van die taktieke wat die Viëtkong gebruik het
• Die Viëtkong het voorrade uit die noorde ontvang
• Die Viëtkong het die terrain en die weer suksesvol gebruik om die Amerikaanse
weermag te fop
• 'Operasie Ranch Hand' waarin chemikalieë gebruik is bv. Agent Orange om woude te
vernietig, Agent Blue om oeste te vernietig en die algehele vernietigingseffek
daarvan. VSA se militêre taktieke is oneffektief teenoor die Viëtkong bewys
• Die Tet-offensief: die Viëtkong het beheer oor stede oorgeneem (met VSA basisse)
• Die VSA het soek-en-vernietig missies gebruik wat tot die Mai Lai-slagting gelei het
Maart 1968 en groot getalle sterftes onder burgers veroorsaak het. Beide die
Viëtnamese burgers en die Viëtkong het hierdie aksie gekritiseer en om weerwraak
gesoek. Dit het tot simpatie van die media vir die Viëtkong gelei en het die plaaslike
ondersteuning vir die Viëtkong vergroot
• Die VSA het jong onervare soldate gestuur, die gemiddelde ouderdom was 19 jaar,
teen die oorlog-geharde Viëtnamese soldate
• Die Viëtkong het uitstekende guerrillataktiek gebruik soos lokvalle
• Die VS troepe veg in 'n vreemde land teen 'n Nasionalistiese weermag wat vir die
bevryding van hulle eie land veg
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 19 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
• Die rol van die media, studente (Kent-Universiteits-opstande), musici en
ontwapeningsbewegings het die VS regering gedruk om uit Viëtnam te onttrek
• Die sukses van die Viëtkong het gelei tot die Viëtnamiseringsbeleid van Nixon
• Die VSA het hulle troepe onttrek teen 1973 en Saigon het in 1975 geval
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 20 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die ekonomiese beleide wat in die 1960's na die verkryging van onafhanklikheid in
die Kongo en Tanzanië geïmplementeer is krities bespreek in die skryf van hierdie opstel.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet krities bespreek of die Kongo en Tanzanië in staat was om sterk
ekonomiese beleide te ontwikkel en aandui hoe hulle die argument gaan ondersteun.
UITBREIDING
Ooreenkomste
• Die Kongo en Tanzanië het een-produk ekonomieë oorgeërf by hulle onderskeie kolonialiste
• Teen onafhanklikheid het die Kongo en Tanzanië 'n lewendige vervaardigings bedryf gekort
• Die Kongo en Tanzanië het 'n paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs gehad
• Mobutu en Nyerere het hulle lande en industrieë genasionaliseer om rykdom eweredig te
versprei
• Nog die Kongo nog Tanzanië het olie reserwes gehad en albei het ekonomiese krisisse gely
toe die olieprys in die 1970's gestyg het
• Beide Mobutu (1970s) en Nyerere (1980s) het besluit om sektore van die ekonomie te
privatiseer as gevolg van 'n ekonomiese krisis
• Beide die Kongo en Tanzanië het lenings uit die buiteland en organisasies aanvaar: Vanaf die
1960's het die Kongo finansiële hulp ontvang van die kapitalistiese weste; terwyl van die
1980's Tanzanië geforseer is om Wêreldbank lenings te aanvaar en onderhewig was aan
strukturele aanpassingsbeleide
• Nog die Kongo nog Tanzanië het daarin geslaag om 'n betekenisvolle vervaardigingsindustrie
te ontwikkel
• Beide Kongo en Tanzanië het afhanklik gebly van die uitvoer van landbouprodukte en
minerale
• Beide Kongo en Tanzanië het gesukkel om ekonomies te ontwikkel
• Enige ander relevante antwoord
Verskille
• Die Kongo het 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel gehad; terwyl Tanzanië 'n sosialistiese
ekonomiese stelsel aanvaar het
• Die Kongo het swaar gesteun op buitelandse hulp en kundiges vanaf die vroeë 1960's; terwyl
Tanzanië gepoog het om selfonderhoudend te wees en neokolonialisme verwerp het
• Die Kongo se doel was om sy ekonomie te industrialiseer en 'n vervaardigingsbasis te
ontwikkel terwyl Tanzanië op sy landboubasis, villagisation beleid en Ujaama voortgebou het
• Die Kongo se ekonomie is gekarakteriseer deur elitisme en nepotisme terwyl Tanzanië
pogings aangewend het om deur die 'Leierskap-kode' korrupsie van regeringsamptenare te
verminder
• Die ekonomie van die Kongo het groot verskille in rykdom tussen rykes en armes na vore
gebring; terwyl Tanzanië gepoog het om ekonomiese ongelykheid te verminder
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 21 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of Malcolm X alleen verantwoordelik was vir die ontstaan van die
Swartmagbeweging in die VSA. Daar word van hulle verwag om ook die rol wat gespeel
is deur Stokely Carmichael en die Black Panther Party uit te lig.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui dat Malcolm X maar net een van die rolspelers was
in die opkoms van Swartmag. Hulle moet aandui dat ander rolspelers Stokely
Carmichael en die Black Panther Party was.
UITBREIDING
• Opkoms van die Swartmag-filosofie in die VSA gedurende die 1960's
Malcolm X
• Malcolm X was 'n kragtige spreker en 'n toegewyde menseregte aktivis
• Malcolm X het geglo in swart skeiding, selfbeskikking (swart nasionalisme) en hy was
'n voorstander van selfrespek en selfdissipline
• Het geglo in die konsep van swart selftrots en selfwaarde/ selfrespek/selfhelp en
'Swarttrots' deur swart Amerikaners aan te moedig om op te staan vir hulle
menseregte
• Wou hê dat swart Amerikaners moet opstaan teen wit Amerikaanse owerhede om
sodoende vryheid, geregtigheid en gelykheid deur middel van geweld te verkry indien
nodig
• Bevorder die gebruik van geweld as 'n manier van selfverdediging teen diegene wat
swart Amerikaners aanval
• Enige ander relevante antwoord
Stokely Carmichael
• Het die voorsitter geword van die SNCC (Student Non-violent Coordinating
Committee) in
• 1966 en besluit om die leringe van die Swartmagbeweging te aanvaar
• Hy was 'n voorstander van die beginsels van Swartmag (doen dinge op jou eie;
beheer politiek in hulle gemeenskappe; wees trots op jou eie kultuur en verdedig
hulleself teen rasse onderdrukking en manipulasie)
• Hy glo in nie-geweld as 'n strategie wat nie gewerk het nie as gevolg van die
aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teenoor swart Amerikaners gebruik is
• Bevorder die uitsluiting van 'wit' liberaliste as 'n filosofie van swart Amerikaners
• Stokely Carmichael was ten gunste van Afrika drag en Afrika haarstyle as 'n simbool
van swart trots
• Carmichael sluit aan by die Black Panther Party (vir selfverdediging) wat Swartmag tot
aksie aangespoor het/'swart trots' filosofie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 22 DBE/2017
SCE – Nasienriglyne
Black Panther Party
• Die rol van Bobby Searle en Huey Newton in die totstandkoming van die Black
Panther Party
• Hulle was betrokke by die ondersteunende gemeenskapsprojekte en
voedingskemas asook anti-armoede sentrums; vir verdediging teen polisie
brutaliteit; het op sosio-ekonomiese omstandighede van swart Amerikaners
gefokus en het ook gemeenskap reddingsprogramme gelei
• Die Tien (10) punt-plan het gedien as die Black Panther Party manifes wat hulle
maatskaplike, politieke en ekonomiese doelwitte ingesluit het
• Die Black Panther Party het betrokke geraak in straatpatrollies; het polisie
aktiwiteite gemonitor en hulleself verdedig deur gewere (militante benadering) te
dra om die aanhoudende polisie brutaliteit en teistering van jong stedelike swart
mans te stop
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (English)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Addendum
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum