Skip to content

History Grade 12 P1 NSC November 2012 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201215 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2012 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2012 NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE VSA EN DIE USSR TOT DIE KOUE OORLOG- SPANNING IN KUBA BYGEDRA? BRON 1A Die bron hieronder bestaan uit twee uittreksels wat op die Kubaanse missielkrisis fokus. Uittreksel 1: Hierdie is Andrei Gromyko, die Sowjetunie se minister van buitelandse sake, se siening van die Kubaanse missielkrisis. Die Verenigde State het oor etlike jare militêre aanvalsbasisse rondom sosialistiese lande opgerig, hoofsaaklik naby die USSR se grense ... die plasing van middelafstand effektiewe Sowjetmissiele in Kuba is slegs gedoen nadat daar in regeringskringe in die Verenigde State aanhoudend geweier is om voorstelle te aanvaar om Amerikaanse militêre basisse, insluitend missielterreine, op buitelandse grond te verwyder. [Uit: Through Russian Eyes: President Kennedy's 1 036 Days deur A Gromyko] Uittreksel 2: In 1984 het 'n Amerikaanse joernalis, Tad Szulc, 'n onderhoud met Fidel Castro gevoer. Die joernalis het vir Castro gevra waarom hy toegelaat het dat Sowjetmissiele in Kuba geplaas word. Dit was nodig om dit vir die Verenigde State duidelik te maak dat 'n inval in Kuba 'n oorlog met die Sowjetunie sou impliseer. Dit was toe dat hulle die missiele voorgestel het ... Ons het die risiko's, wat dit ook al sou wees, van groot spanning, 'n groot krisis, verkies bo die risiko van magteloosheid (onvermoë) om te moes wag vir 'n inval van die Verenigde State in Kuba. [Uit: The Cuban Missile Crisis – To the Brink of War deur PJ Byrne] BRON 1B Hierdie was die hoofopskrif van The New York Times, 23 Oktober 1962. Dit plaas die kollig op die VSA se blokkade van Sowjetmissiele na Kuba. Vertaling: V.S. STEL WAPENBLOKKADE IN TEEN KUBA MET VIND VAN MISSIELAANVALSBASISSE; KENNEDY GEREED VIR SOWJETKONFRONTASIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 1C Die bron hieronder bestaan uit briewe geskryf deur president Khrushchev en president Kennedy oor hulle betrokkenheid by die Kubaanse missielkrisis. Standpunt 1: Hierdie is 'n gedeelte van 'n brief wat op 24 Oktober 1962 deur president Khrushchev aan president Kennedy geskryf is. U, meneer die president, het nie 'n kwarantyn (blokkade) ingestel nie, maar eerder 'n ultimatum gestel en gedreig dat as ons nie aan u eise voldoen nie, u geweld sal gebruik ... Nee, meneer die president, ek kan nie hiermee saamstem nie en ek dink dat u in u eie hart erken dat ek reg is. Ek is oortuig daarvan dat u dieselfde sou gereageer het as u in my skoene was. Die Sowjetregering kan dus nie die kapteins van Sowjetskepe wat op pad na Kuba is beveel om bevele van Amerikaanse vlootmagte wat die eiland blokkeer, uit te voer nie. Natuurlik sal ons nie net omstanders wees van plundertogte deur Amerikaanse skepe op die oop see nie. Ons sal dan van ons kant gedwing word om die nodige en gepaste maatreëls te tref om ons regte te beskerm. Ons het alles wat ons nodig het om dit te doen. Standpunt 2: Hierdie is 'n gedeelte van 'n brief, geskryf op 25 Oktober 1962, waarin president Kennedy president Khrushchev antwoord. In hierdie brief noem president Kennedy dat die krisis aan Sowjet-inmenging in Kuba te wyte is. Vroeg in September het ek baie duidelik aangedui dat die Verenigde State die vervoer van enige aanvalswapens as uiters ernstige sake beskou. Daarna het hierdie Regering duidelike versekering van u Regering en sy verteenwoordigers ontvang ... dat geen aanvalswapens na Kuba gestuur word nie. Ek vra u, meneer die voorsitter, om te erken dat dit nie ek was wat die eerste uitdaging in hierdie saak gerig het nie en dat in die lig van hierdie rekord die aktiwiteite in Kuba die reaksie vereis het wat ek aangekondig het. [Uit: Thirteen Days/Ninety Miles – The Cuban Missile Crisis deur NH Finkelstein] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2012 NSS – Addendum VRAAG 2: WAT WAS DIE MOONTLIKHEDE EN BEPERKINGS VAN JULIUS NYERERE SE BELEID VAN AFRIKA-SOSIALISME OP TANZANIË IN DIE 1960's? BRON 2A Die bron hieronder bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron oor Julius Nyerere se ujamaa-beleid. Geskrewe Bron: J Brennan fokus op die redes waarom Julius Nyerere landelike ontwikkeling verkies het. Dit was Nyerere se poging om 'n ekonomies selfonderhoudende Tanzanië te skep. Kort na onafhanklikwording het Julius Nyerere aangekondig dat ujamaa of Afrika- Sosialisme Tanzanië se doelwit was en dat daar 'geen plek was vir grondparasiete' (stedelinge wat voordeel getrek het uit die arbeid van die boere) nie. In 1962, in dieselfde jaar waarin Nyerere sy pamflet Ujamaa – The Basis of African Socialism, gepubliseer het, het die regering alle grond deur middel van die Wet op Vrypagtitels effektief genasionaliseer. Geleenthede vir openbare politieke meningsverskil is vinnig ingeperk na onafhanklikwording en is feitlik uitgeskakel na die mislukte weermagopstand (rebellie) in 1964 waarna Tanzanië se arbeidsunies genasionaliseer is en 'n eenpartystaat die jaar daarop grondwetlik tot stand gekom het ... Rofweg vertaal beteken ujaama 'familieskap'. 'Die grondslag en die doelwit van Afrika- sosialisme,' skryf Julius Nyerere, 'is die familiegroep.' In sy formulering vra ujamaa vir die terugkeer na 'n tradisionele Afrika-samelewing, tans beskadig of vernietig deur Europese kolonialisme, maar waar daar vroeër feitlik 'geen ruimte was vir parasitisme' nie. Ware sosialisme was 'n 'gemoedstoestand' waar mense geveg het teen die hebsugtige (inhalige) drang wat daartoe gelei het dat individue of groepe in 'n 'stam' mekaar uitgebuit het … Die belangrikste plig van die ujamaa-rewolusie was om uitbuiting uit die weg te ruim en regverdigheid in die plek daarvan te stel … [Uit: Journal of African History, No. 47 deur J Brennan] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2012 NSS – Addendum Visuele Bron: Hierdie foto, geneem deur 'n student, beeld Tanzaniërs uit wat in 1971 op 'n gemeenskapsplaas in die dorpie Segera gewerk het. [Uit: Tanzania: The Struggle for Ujamaa, Cape Town International Labour Research and Information Group deur llrig] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 2B Die bron hieronder bestaan uit twee standpunte oor Nyerere se visie vir Tanzanië. Standpunt 1: K Shillington redeneer dat Nyerere se ywer vir selfstandigheid tot mislukking gedoem was. Tanzanië se ujamaa het 'n ingeboude teenstrydigheid gehad. Dit was selfhelp wat van bo afgedwing is. In die praktyk was die kleinboere teësinnig om uit gebiede te trek waar hulle voorvaders begrawe was en waar hulle families geslagte lank gesaaides suksesvol verbou het. Hulle was ook teësinnig om die persoonlike sekuriteit van privaat grond ter wille van gemeenskaplike grond prys te gee. Toe oorreding nie wou werk nie, het die regering oorgegaan tot die program van die verpligte hervestiging van mense in nuwe dorpe ('villagisation') … Op 'n nasionale skaal het Tanzanië in die 1980's een van die armste lande in Afrika gebly. Hy het groot buitelandse skuld gehad en was steeds afhanklik van die uitvoer van landbougrondstowwe – koffie, katoen, sisal – teen pryse wat van buite Afrika beheer is, in ruil vir toenemend duur vervaardigde ingevoerde goedere. [Uit: History of Africa deur K Shillington] Standpunt 2: P Nugent beweer dat Nyerere se droom van selfstandigheid 'n sukses was. 'n Groter prestasie was die lewering van basiese onderwys- en gesondheidsdienste aan die voorheen verwaarloosde landelike meerderheid. Die regering het getrou gebly aan sy belofte om die mense se voorkeur om in stede te woon teen te werk deur baie min nuwe hospitale te bou, volgens die beginsel dat dit duur was en 'n stedelike minderheid bedien het, terwyl primêre gesondheid op landelike vlak uitgebrei is. In 1977 kon Nyerere rapporteer dat terwyl daar in 1967 slegs 42 landelike gesondheidsentrums was, daar in 1976 152 was en dat nog op pad was. Die getal landelike mediese werkers het ook meer as verdubbel en teen 1978 het ongeveer 8 000 dorpe hulle eie apteke gekry. 'n Belangrike bydrae tot die beheer van siektes wat deur drinkwater veroorsaak word, het gelê in die verskaffing van drinkbare water. Teen 1978 het ongeveer 7,7 miljoen landelike bewoners water deur middel van afvoerpype ontvang. Deels, as gevolg van hierdie verskillende ingrypings, het die gemiddelde lewensverwagting van 'n geraamde 40 jaar in 1967 tot 52 jaar in 1979 gestyg. [Uit: Africa Since Independence deur P Nugent] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2012 NSS – Addendum VRAAG 3: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET IN DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) NA VORE GEKOM? BRON 3A Die volgende bron bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron oor die aktiwiteite van die Burgerregtebeweging. Geskrewe Bron: Hierdie verslag deur Ruby Doris Smith, 'n sewentienjarige swart Amerikaanse student, beskryf haar ondervinding by die Spelman Kollege in Atlanta, 1960. Toe die studentekomitee gestig is, het ek vir my ouer suster gesê om my naam op die lys te plaas. En toe tweehonderd studente vir die eerste betoging gekies is, was ek onder hulle. Ek het saam met ses ander studente deur die tou van die restaurant in die Staatskongresgebou ('State Capitol') beweeg, maar toe ons by die kassier kom, wou sy nie ons geld vat nie. Die luitenant-goewerneur het gekom en ons gevra om te loop. Ons het nie, en ons is na die distriksgevangenis geneem. Visuele Bron: 'n Foto wat swart en wit aktiviste toon wat deur wit Amerikaners geteister word terwyl hulle 'n sitstaking hou by 'n restaurant vir afsonderlike rasse in Jackson, Mississippi, Junie 1963. [Uit: Moments in Time deur The Associated Press, New York] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 3B Die bron hieronder bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron. Dit fokus op burgerregte-aktiviste wat in 1961 'n nierassige reis van versoening, bekend as die Vryheidsritte ('Freedom Rides'), deur verskillende state in die VSA onderneem het. Geskrewe Bron: Die uittreksel hieronder fokus op die ondervindings van beide die Vryheidsryers ('Freedom Riders') en die owerhede tydens die Vryheidsritte van 1961. Die strategie was dat 'n nierassige groep op busse sou klim wat na die Suide op pad was. Die wittes sou agter sit en die swartes voor. By rusplekke sou wittes in die areas slegs vir swartes gereserveer ingaan en andersom. 'Dit was nie 'n burgerlike ongehoorsaamheidsveldtog nie,' verduidelik die CORE- (Kongres vir Rassegelykheid) direkteur, James Farmer, 'omdat ons net gedoen het wat die Hooggeregshof gesê het ons die reg het om te doen.' Maar die Vryheidsryers het verwag om teenkanting te kry. 'Ons het gevoel dat ons op die rassiste van die Suide kon reken om 'n krisis te veroorsaak sodat die federale regering verplig sou wees om die wet toe te pas,' het Farmer gesê. 'Ek dink toe ons met die ritte begin het, was ons almal voorbereid op die ergste geweld wat teen ons gepleeg kon word. Ons was voorbereid op die moontlikheid van die dood.' Die Vryheidsrit het Washington DC op 4 Mei 1961 verlaat. Dit was geskeduleer om op 17 Mei in New Orleans aan te kom. Op Moedersdag, 14 Mei, het die Vryheidsryers in twee groepe verdeel om deur Alabama te reis. Die eerste groep is deur 'n skare van ongeveer 200 woedende mense in Anniston ingewag. Die skare het die bus met klippe bestook en die bande stukkend gesny. Die bus het daarin geslaag om weg te kom, maar toe dit ongeveer ses myl buite die stad gestop het om bande om te ruil, is dit met brandbomme bestook. Die ander groep het nie veel beter gevaar nie. Hulle is in Birmingham deur 'n skare begroet, en die Ryers is ernstig aangerand. Birmingham se Openbare Veiligheidskommissaris, Bull Conner, het beweer dat hy geen amptenare by die busdepot geplaas het nie omdat dit 'n vakansiedag was. Later is daar egter vasgestel dat die FBI ('Federal Bureau of Investigation') geweet het van die beplande aanval en dat die stadspolisie opsetlik weggebly het. [Aangehaal uit http:www.watson.org/~lisa/blackhistory/civilrights-55-65/freeride.html. Toegang verkry op 10 Februarie 2012] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2012 NSS – Addendum Visuele Bron: Hierdie foto, geneem op 14 Mei 1961, toon 'n brandende bus. Die bus wat deur die Vryheidsryers gebruik is, is deur konserwatiewe Amerikaners aangeval. Die Vryheidsryers sit langs die brandende bus naby Anniston, Alabama. [Uit: GCSE Modern World History: The USA, 1945–75: Land of Freedom deur B Walsh] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 3C Hierdie foto, geneem op 17 Maart 1960, toon M Walker, P Alexander, D Nash en S Hemphill wat middagete eet by 'n toonbank wat voorheen vir afsonderlike rasse by die Post House Restaurant in die Greyhound Busterminus gereserveer was. Dit was die eerste keer sedert die begin van die sitbetogings dat swart Amerikaners in Nashville bedien is by toonbanke wat voorheen slegs vir wittes gereserveer was. [Uit Internet-webtuiste: http://www.crmvet.org/images/imgcoll.htm. Toegang verkry op 10 Februarie 2012] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2012 NSS – Addendum VRAAG 4: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN DIE SOWETO-OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED? BRON 4A Hierdie uittreksel fokus op die invloed wat die filosofie van Swart Bewussyn op die Soweto-opstande van 1976 gehad het. Dit is in 1978 deur John Kane-Berman geskryf wat 'n lid van die SR van die Universiteit van die Witwatersrand was. Een van die hooffaktore wat die nuwe stemming van selfversekerdheid, wat so ooglopend onder die swart jeug in baie dele van die land was, verduidelik, is die groei van die filosofie van Swart Bewussyn. Dit is een van die belangrikste ontwikkelings in Suid-Afrika die afgelope paar jaar … Terselfdertyd het swart studente, na baie diep selfondersoek, weggebreek van die veelrassige, maar wit-gedomineerde Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS) om die Suid-Afrikaanse Studente- organisasie (SASO) te stig. Daarna is daar baie organisasies gestig wat Swart Bewussyn voorgestaan het, insluitend die Suid-Afrikaanse Studentebeweging (SASM) onder skoolkinders en die Black People's Convention (BPC), 'n politieke organisasie waarvan Steve Biko ten tye van sy dood die erepresident was ... Die mate van lojaliteit aan die SASM en die mate waartoe skoolkinders oor die algemeen hulself met Swart Bewussyn geïdentifiseer het, kan nie maklik gemeet word nie. Weereens lyk dit asof die impak op beide swart en Kleurling-skoolkinders, en veral op hulle leiers, baie groot was. 'n Klein, maar belangrike voorbeeld van hoe swartes se selfbeeld verander het en hulle toenemende gereedheid om op te tree, is gegee deur leerlinge van 'n Kleurling-hoërskool in die Kaap. In November 1976 het meer as 'n 100 van die 180 leerlinge 'n eksamen oor die boek Swart Pelgrim deur FA Venter geboikot. In die verlede het hulle nie beswaar gemaak teen die boek nie, maar nou het hulle gesê dat dit bevooroordeeld was, want dit het swartes in 'n minderwaardige lig gestel, dit was frustrerend en vernederend. Die enigste goeie ding was dat dit getoon het hoe wittes swartes uitgebuit het. Die leerlinge het eksemplare van die boek opgeskeur en verbrand. [Uit: SOWETO Black Revolt, White Reaction deur J Kane-Berman] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 4B Hierdie spotprent deur Abe Berry, wat in The Star-koerant verskyn het, beeld die redes vir die Soweto-opstande van Junie 1976 uit. (Datum onbekend) [Uit: Act by Act 40 Years of Nationalist Rule in South Africa. A Cartoon History of Apartheid deur A Berry] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 4C Hierdie bron bestaan uit 'n getuienis deur kolonel Kleingeld en 'n vertelling deur Jon-Jon Mkhonza oor die skietery op studente gedurende die Soweto-opstande van 1976. Kolonel Kleingeld se Getuienis: 'n Polisieman wat by die Orlando polisiestasie gestasioneer was, het die volgende getuienis voor die Cillié-kommissie gelewer. Hierdie kommissie is na die 1976 Soweto-opstande in die lewe geroep en die verslag is in 1979 aan die parlement voorgelê. Toe ons reg oorkant die straat was waar hulle beweeg het, het hulle dadelik begin om ons met klippe te gooi en in ons rigting te beweeg. In daardie stadium was dit vir my duidelik dat hulle aggressief was … Ek het tot die slotsom gekom dat die doel van hierdie optog was om eiendom te vernietig en lewens te bedreig ... Hulle was nou so naby dat ek op my linkerbobeen getref is. Die voorruit van my voertuig is versplinter … Ek het drie gaskannetjies in die skare ingegooi in 'n poging om hulle aanval af te weer en hulle uitmekaar te dryf. Die traangas het geen beduidende effek op die skare gehad nie en hulle het ons weer met klippe gegooi ... Daar is toe besluit om tot 'n aanval met honde en knuppels oor te gaan om die skare uitmekaar te jaag. Die doel was om die skare terug te stoot totdat hulp sou opdaag … Ek het gesien dat een van die honde doodgeslaan is. Ek het ook gesien dat ons totaal omsingel was. Daar is van alle kante klippe gegooi. Die enigste oplossing om ons lewens en eiendom te beskerm, was om waarskuwingskote in die lug te vuur … Ek het nie die bevel gegee om te skiet nie. Party polisiemanne het egter uit desperaatheid geskiet. Ekself het nooit gesien dat 'n persoon dood of beseer is nie. Ek het later gehoor dat die leier of opstoker wel dood is en deur 'n voertuig verwyder is. [Uit: The Road to Democracy in South Africa, Volume 2 [1970–1980], geredigeer deur B Theron] Jon-Jon Mkhonza se Vertelling: Dit fokus op hoe 'n aantal polisievoertuie gestuur is om studente te intimideer terwyl hulle, 'Morena boloka sechaba Sa Heso' ('God Seën ons Nasie') gesing het. Hy het hierdie optog tydens die Soweto-opstande gelei. 'Die polisie het ons aangesê om uitmekaar te gaan. Maar ons het geweier en gesê: "Nee, ons gaan niemand intimideer nie, ons gaan nie plunder nie, ons gaan niks verkeerds doen nie. Ons gaan net marsjeer en betoog en sing en dan huis toe gaan." Hulle het weer gesê dat ons uitmekaar moet gaan. 'Polisiehonde is toe losgelaat. Hierdie wrede, goed opgeleide honde is gegryp en doodgemaak,' onthou 'n ooggetuie. 'Dit was toe dat die polisie stelling ingeneem het en traangas begin skiet het. Die hel was los … 'Studente het uitgesprei en het op en af gehardloop … teruggekom, gehardloop … Dit was een of ander speletjie, want hulle het weggehardloop; teruggekom, klippe opgetel en na die polisie gegooi … Daar was chaos. Elke keer as die polisie traangas geskiet het, het ons oor die muur gespring en toe teruggekom en weer begin. Dit was gedurende hierdie geveg dat joernaliste geskryf het dat hulle 'n polisieman gesien het wat 'n rewolwer uitgehaal en sonder waarskuwing direk in die skare in geskiet het. Sekondes later het verskeie ander polisiemanne begin skiet. Dit was toe dat Hector Pieterson geskiet is,' sê Mkhonza. [Uit: Soweto: A History deur P Bonner en L Segal] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 4D Die volgende is 'n uittreksel deur die leier van die Swart Bewussyn, Steve Biko. Dit fokus op die impak wat die filosofie van Swart Bewussyn op die jeug gehad het. Toe hierdie jongmense met hulle protes begin het, het hulle oor Afrikaans en oor Bantoe-onderwys gepraat, en dis wat hulle bedoel het. Maar die regering het aanmatigend gereageer en, soos gewoonlik, aangeneem dat hulle totale beheer van die situasie gehad het. Maar vir die eerste keer het hulle met 'n studentegroep te doen gekry wat nie bereid was om heeltyd rondgegooi te word nie. Hulle het besluit om hulle spiere te bult en natuurlik het die hele land daarop reageer. Daar is lesse wat ons uit hierdie hele onrussituasie van verlede jaar kan leer. Eerstens dink ek dat swartes hulle spiere 'n bietjie gebult het – en hulle weet nou wat die mate van toewyding onder hulle eie lede is wanneer hulle gevra word om op te tree. En hulle weet nou watter reaksie hulle van verskillende segmente van die bevolking sal kry – die jeug, die ouer mense en so aan. Die tweede les is natuurlik die reaksie van die regering en die wit bevolking oor die algemeen. Die regering het op een manier gereageer en die wit bevolking op 'n ander manier. 'n Mens wil nie te veel op die detail ingaan nie, maar deur hierdie koerante te lees, kry jy 'n idee van die omvang van die vrees wat op 'n bepaalde tydstip in die wit gemeenskap geheers het, veral net na die eerste aanval in Soweto waar daar werklike vrees in die gemeenskap regdeur die land was. Niemand het geweet waar iets volgende sou gebeur nie. [Uit: I write what I like deur S Biko] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2012 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele en ander historiese bewyse is uit die volgende bronne geneem: Berry, A. 1989. Act by Act 40 Years of Nationalist Rule in South Africa (Jonathan Ball) Biko, S. 1978. I Write What I Like (Heinemann) Bonner, P et al. 1998. Soweto: A History (Maskew Miller Longman) Brennan, J. 2006. Journal of African History, No 47 (Cambridge University, United Kingdom) Byrne, P. 2006. The Cuban Missile Crisis – To the Brink of War (White-Thomson Publishing) Finkelstein, NH. 2000. Thirteen Days/Ninety Miles (Universe.com, Inc.) Gromyko, A. 1973. Through Russian Eyes: President Kennedy's 1 036 Days (Washington International Library) http://www.crmvet.org/images/imgcoll.htm http://www.watson.org/~lisa/blackhistory/civilrights-55-65/freeride.html ILRIG. 1988. Tanzania: The Struggle for Ujamaa (Creda Press, Cape Town) Kane-Berman, J. 1978. SOWETO Black Revolt White Reaction (Ravan Press) Moments in Time (The Associated Press, New York) Nugent, P. 2004. Africa Since Independence (Palgrave) Shillington, K. 1989. History of Africa (Macmillan Publishers, London) The New York Times, 23 October 1962 Theron B. 2007. The Road to Democracy in South Africa, Volume 2 [1970–1980]. (Unisa Press, University of South Africa, Pretoria) Walsh, B. 2001. GCSE Modern World History: The USA, 1945–75: Land of Freedom (John Murray Publishers, London) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all