Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 12201210 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2012 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud, soos in die riglyndokument vervat is, gebaseer is: VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE USSR IN 1989? • Op die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE USSR IN 1989 OP AFRIKA? • Gevallestudie: Angola VRAAG 3: HOE HET SUID-AFRIKA AS 'N DEMOKRASIE UIT DIE KRISISSE VAN DIE 1990's NA VORE GETREE? VRAAG 4: HANTERING VAN DIE VERLEDE EN KYK NA DIE TOEKOMS: DIE WERK VAN DIE WAARHEIDS-EN- VERSOENINGSKOMMISSIE 2. Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en 30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag toegeken word. 3. Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord. 4. In die beantwoording van vrae behoort kandidate hulle kennis, vaardighede en insig toe te pas. 5. Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. Die bronne in die addedum is vertaal. 6. Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2012 NSS VRAAG 1: HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJETUNIE TOT DIE BEËINDIGING VAN APARTHEID IN SUID-AFRIKA IN 1989 BYGEDRA? Bestudeer Bron 1A, 1B en 1C en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Waarom het die USSR nie meer die ANC se gewapende stryd gesteun nie? (1 x 2) (2) 1.1.2 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om die begrip veelparty-demokrasie te omskryf. (1 x 2) (2) 1.1.3 Verduidelik die faktore wat die ANC gemotiveer het om met die Nasionale Party te begin onderhandel. (2 x 2) (4) 1.1.4 Waarom het die UDF die volgende boodskap aan township- inwoners oorgedra: 'onderhandelings 'n aanvaarbare alternatief was vir die opstande'? (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Waarom, volgens die bron, is Mandela vrygelaat? (Uittreksel 1) (2 x 1) (2) 1.2.2 Verduidelik tot watter mate jy sou saamstem met die stelling: 'Die ANC was voorheen 'n instrument van Russiese ekspansionisme in Suidelike Afrika.' (Uittreksel 1) (2 x 2) (4) 1.2.3 Lewer kommentaar daarop of die ontbanning van die ANC die politieke situasie in Suid-Afrika genormaliseer het. (Uittreksel 1) (2 x 2) (4) 1.2.4 Hoe het die val van kommunisme in Oos-Europa die Suid- Afrikaanse regering gedwing om 'n proses van onderhandelings met die ANC te begin? (Uittreksel 2) (1 x 3) (3) 1.3 Gebruik Bron 1C. 1.3.1 Hoe dink jy sou die volgende op De Klerk se parlementêre toespraak gereageer het: (Geskrewe bron) (a) Konserwatiewe wit Suid-Afrikaners (b) Die meeste swart Suid-Afrikaners (2 x 2) (4) 1.3.2 Gebruik die inligting uit die visuele bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op die betekenis van die koerantopskrif: ANC ontban 'Die tydperk van geweld is verby. Die tyd vir heropbou en versoening het aangebreek ...' (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2012 NSS 1.4 Verwys na Bron 1A, 1B en 1C. Verduidelik watter EEN van die drie bronne jy as die bruikbaarste sou beskou vir 'n historikus wat navorsing doen oor die tydperk van die val van die USSR en die invloed daarvan op Suid-Afrika. (2 x 2) (4) 1.5 Gebruik die inligting uit AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die gevolge van die ontbanning van die ANC op die Suid-Afrikaanse politiek verduidelik. (8) 1.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.6.1 OF VRAAG 1.6.2. 1.6.1 Verduidelik hoe die val van die Sowjetunie tot die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika in 1989 bygedra het. (30) OF 1.6.2 Dit was die val van die Berlynse Muur, gepaard met die staatsmanskap van FW de Klerk, wat die weg gebaan het vir politieke veranderings in Suid-Afrika. Stem jy met hierdie stelling saam? Staaf jou antwoord deur die inligting uit AL die bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2012 NSS VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS ANGOLA IN SY HERVOORSTELLING NA DIE VAL VAN KOMMUNISME IN 1989? Bestudeer Bron 2A, 2B en 2C en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Noem die DRIE lande wat tussen 1987 en 1988 by die Angolese burgeroorlog betrokke was. (3 x 1) (3) 2.1.2 Watter faktore het FAPLA se bondgenote gemotiveer om Angola in 1988 te verlaat? (2 x 2) (4) 2.1.3 Verduidelik die verwysing na die woorde 'Uitbreiding of onderhandeling' in die konteks van die konflik in Angola. (2 x 2) (4) 2.1.4 Waarom het Suid-Afrika by die konflik in Angola betrokke geraak? (1 x 2) (2) 2.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die begrip glasnost te definieer. (1 x 2) (2) 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Wat het die leiers van die MPLA en UNITA verhinder om konsensus te bereik? (1 x 2) (2) 2.2.2 Verduidelik in watter opsigte die Bicesse Vredesooreenkoms van 1991 vir Angola van belang was. (2 x 2) (4) 2.2.3 Lewer kommentaar daarop of president Dos Santos geregverdig was om met die burgeroorlog in Angola voort te gaan. (2 x 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Verduidelik die boodskap van die foto met betrekking tot die burgeroorlog in Angola. (2 x 2) (4) 2.3.2 Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n historikus wat navorsing doen oor die konflik in Angola in die 1990's. (2 x 2) (4) 2.4 Vergelyk Bron 2B en Bron 2C en verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun met betrekking tot UNITA se rol in die Angolese konflik. (2 x 2) (4) 2.5 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe Kuba by die konflik in Angola betrokke geraak het. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2012 NSS 2.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.6.1 OF VRAAG 2.6.2. 2.6.1 Bespreek tot watter mate hervoorstelling vir Angola moontlik was na die val van kommunisme in 1989. (30) OF 2.6.2 Die einde van die Koue Oorlog het 'n nuwe era vir die geskiedenis van Angola ingelui. Stem jy met hierdie stelling saam? Staaf jou antwoord deur die gebruik van AL die bronne en jou eie kennis. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2012 NSS VRAAG 3: WAT WAS DIE VERSKILLENDE STRUIKELBLOKKE WAARVOOR SUID-AFRIKA TE STAAN GEKOM HET OP DIE WEG NA DEMOKRASIE? Gebruik Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Waarom, volgens die bron, word 2 Februarie 1990 as 'n belangrike datum in die geskiedenis van Suid-Afrika beskou? (2 x 1) (2) 3.1.2 Verduidelik of jy saamstem met FW de Klerk se stelling 'dat hy 'n dwaas sou gewees het om nie voordeel te trek uit die gaping wat die val van kommunisme in Oos-Europa verleen het nie'. (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Wat dink jy het Treurnicht bedoel toe hy beweer het dat De Klerk 'die tier in die Afrikaner wakker gemaak het'? (1 x 2) (2) 3.2.2 Verduidelik of Treurnicht geregverdig was in sy kommentaar teen De Klerk. (2 x 2) (4) 3.2.3 Gee TWEE redes uit die bron wat te kenne gee dat Treurnicht gekant was teen De Klerk se visie vir 'n nuwe Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.3 Gebruik Bron 3C. 3.3.1 Verduidelik die boodskappe van die spotprent. (2 x 2) (4) 3.3.2 Lewer kommentaar daarop of die spotprenttekenaar 'n akkurate weergawe van gebeure gee. Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.4 Vergelyk Bron 3B en Bron 3C. Verduidelik tot watter mate hierdie bronne eenders is met betrekking tot die Konserwatiewe Party se reaksie op die politieke veranderings in Suid-Afrika. (2 x 2) (4) 3.5 Raadpleeg Bron 3D. 3.5.1 Volgens Uittreksel 1, waarom het die AWB die Wêreld- handelsentrum ingeval? (1 x 1) (1) 3.5.2 Verduidelik of jy saamstem met die manier waarop die polisiemanne teenoor die AWB-opstokers opgetree het. (Uittreksel 1) (2 x 2) (4) 3.5.3 Watter impak het die bestorming van die Wêreldhandelsentrum op die onderhandelingsproses gehad? (Uittreksel 2) (1 x 2) (2) 3.5.4 Lewer kommentaar op die belangrikheid van die oorgangsklousule ('sunset clause') soos voorgestel deur Joe Slovo. (Uittreksel 2) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2012 NSS 3.6 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe regsgesinde groepe gedurende die vroeë 1990's probeer het om die onderhandelingsproses in Suid-Afrika te ontwrig. (8) 3.7 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.7.1 OF VRAAG 3.7.2. 3.7.1 Verduidelik die verskillende struikelblokke waarvoor Suid-Afrika se hoofrolspelers op die weg na demokrasie vanaf 1990 tot 1994 te staan gekom het. (30) OF 3.7.2 FW de Klerk se mylpaaltoespraak van 2 Februarie 1990 het effektief 'n einde aan die wit minderheidsregering in Suid-Afrika gebring. Stem jy met hierdie stelling saam? Staaf jou argument deur die inligting uit AL die bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2012 NSS VRAAG 4: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUID-AFRIKA SE VERLEDE HANTEER? Gebruik Bron 4A, 4B en 4C en beantwoord die vrae wat volg. 4.1 Verwys na Bron 4A. 4.1.1 Volgens Desmond Tutu, wat was die doelwitte van die WVK? (Geskrewe bron) (2 x 1) (2) 4.1.2 Verduidelik die term versoening in jou eie woorde. (Geskrewe bron) (1 x 2) (2) 4.1.3 Hoe het Tutu seker gemaak dat beide slagoffers en oortreders die WVK-verhore bygewoon het? (1 x 2) (2) 4.1.4 Watter boodskap oor die WVK dra die spotprenttekenaar oor? (Visuele bron) (1 x 3) (3) 4.1.5 Verduidelik wat Dullah Omar aangespoor het om die volgende stelling te maak: 'As ons nie uitvind wat daarin is nie, gaan dit altyd by ons bly spook!' (Visuele bron) (2 x 2) (4) 4.1.6 Vergelyk die visuele en geskrewe bronne. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die redes vir die totstandkoming van die WVK. (2 x 2) (4) 4.2 Gebruik Bron 4B. 4.2.1 Waarom, dink jy, het mev. Calata besluit om haar getuienis voor die WVK te lewer? (1 x 2) (2) 4.2.2 Wat het mnr. Smith gemotiveer om te vra dat die verhoor moet verdaag? (1 x 2) (2) 4.2.3 Verduidelik waarom jy hierdie bron as waardevol sal beskou vir 'n historikus wat die werk van die WVK bestudeer. (2 x 2) (4) 4.3 Lees Bron 4C. 4.3.1 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om kommentaar te lewer daarop of jy sou saamstem met FW de Klerk se stelling dat 'baie gruweldade (wreedhede) van die verlede nie behoorlik ondersoek is nie'. (2 x 2) (4) 4.3.2 Hoe verskil die sienings van FW de Klerk en Cyril Ramaphosa met betrekking tot die werk van die WVK? Verwys spesifiek na die woord 'heksejag' in jou antwoord. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2012 NSS 4.4 Verwys na Bron 4A, 4B en 4C. Kies en verduidelik watter EEN van hierdie bronne jy as die bruikbaarste sou beskou vir 'n historikus wat die werk van die WVK bestudeer. (2 x 2) (4) 4.5 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die werk van die WVK assesseer. (8) 4.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.6.1 OF VRAAG 4.6.2. 4.6.1 Bespreek hoe die Waarheids-en-versoeningkommissie probeer het om Suid-Afrika van sy verdeelde verlede te genees. Gebruik relevante voorbeelde uit die WVK-verhore om jou antwoord te ondersteun. (30) OF 4.6.2 In 'n onderhoud met Tim Modise het Desmond Tutu beweer dat 'ons 'n redelike gedeelte van die waarheid gekry het'. Gebruik die inligting uit AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n opstel waarin jy die akkuraatheid van hierdie stelling assesseer. (30) [75] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all