Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2012 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201214 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2012 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2012 NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJETUNIE TOT DIE BEËINDIGING VAN APARTHEID IN SUID-AFRIKA IN 1989 BYGEDRA? BRON 1A Hierdie uittreksel handel oor die redes vir die verandering in die ANC se standpunt oor onderhandelings met die Suid-Afrikaanse regering. Die USSR wou nie langer die ANC in sy gewapende stryd ondersteun nie, maar het aangedring op onderhandelings met Pretoria. Die agteruitgang, gevolg deur die val, van kommunistiese regimes (regerings) in Oos-Europa en uiteindelik die USSR self, het die geloofwaardigheid van die eenpartystaat en die staatsgedrewe ekonomie ondermyn. Die 1985-partykonferensie in Kabwe, Zambië, was die hoogtepunt van entoesiasme (gretigheid) vir 'n rewolusionêre aanslag en van die oorheersing van geharde SAKP-lede in die ANC-bestuur. Maar die gemoedstemming het gou verander ten gunste van onderhandelings en die aanvaarding van 'n veelparty-demokrasie tesame met die behoud van 'n hoofsaaklik kapitalistiese ekonomiese orde. Uiteindelik het die oplossing van die Angolese situasie en die verlies van ANC-basisse daar geen werklike alternatief gelaat as om met die regering te onderhandel wanneer die geleentheid hom sou voordoen nie. Die ANC het dus konsep- grondwetlike voorstelle gepubliseer om sy gematigde houding teenoor onderhandelings te laat blyk. Die boodskap dat onderhandelings 'n aanvaarbare alternatief vir die opstande was, is deur die UDF aan die townships oorgedra. Mandela het aan De Klerk geskryf en voorgestel dat hulle moet ontmoet. [Uit: History of Southern Africa deur J D Omer-Cooper] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 1B Die bron hieronder bestaan uit twee uittreksels wat fokus op die redes vir die ontbanning van die ANC en die vrylating van politieke gevangenes. Uittreksel 1: Hierdie is 'n onderhoud wat Willem de Klerk met sy broer FW de Klerk gevoer het. Die onderhoud fokus op die ontbanning van die African National Congress (ANC) en die vrylating van Nelson Mandela in 1990. Dit was FW de Klerk se antwoord op die volgende vraag. Was daar druk van buite om hierdie sprong te waag? Nee. Ek sal eerder praat van druk van binne en van geleenthede. Ons moes Mandela vrylaat. Die vorige president en minister Kobie Coetzee en sekere amptenare het die weg voorberei. Mandela het hom verbind tot vrede en PW Botha het dit aanvaar nadat hy op 'n vorige geleentheid afstand gedoen het van sy aanspraak om geweld te verwerp. Die insig en geleentheid om organisasies te ontban, wat die African National Congress ingesluit het, het saamgeval met die logika dat so 'n stap die normalisering van die politieke bestel sou beteken. Baie organisasies was in elk geval besig om hul beeld en beleid te bevorder. In elk geval het die val en verbrokkeling van kommunisme in Oos-Europa en Rusland 'n nuwe situasie geskep. Die ANC was voorheen 'n instrument van Russiese ekspansionisme (uitbreiding) in Suidelike Afrika. Toe dit wegval, is die mat onder die ANC uitgeruk. Hul basis van finansiële, adviserende en morele ondersteuning het weggeval. Het dit beteken dat jy gedink het die ANC was nou op sy knieë? Glad nie. Ons het besef dat die ANC wye ondersteuning het en dat hulle in die onderhandelings ingesluit moes word. Die risiko dat hulle 'n Trojaanse perd (ANC word gebruik as 'n front om kommunisme in Suid-Afrika te bevorder) van 'n wêreldmag was, het drasties verklein. [Uit: Die Man en Sy Tyd deur W de Klerk] Uittreksel 2: Die uittreksel fokus op die redes wat De Klerk gemotiveer het om met die ANC te praat. Die val van kommunistiese beheer in Oos-Europa, wat gesimboliseer is deur die val van die Berlynse Muur in November 1989, het uiteindelik Afrikaner-opvattings oor hul teenstanders en hulself verander. Hulle kon nie meer daarop aanspraak maak dat hulle die vesting (beskermers) was van die Christelike beskawing teen die massas van die bose ryk nie – hierdie opvatting is in elk geval uit die weg geruim deur hul kontak met die ANC se hoofbestuur – en die regering het waarskynlik gereken dat die onttrekking van Sowjet finansiële ondersteuning die ANC sou verswak. Terselfdertyd het hierdie gebeure beteken dat die oorblywende Amerikaanse wantroue jeens die ANC as 'n kommunistiese front en die gevolglike steun vir die Suid-Afrikaanse status quo, nie meer enige geopolitiese (inagneming van die geografiese en politieke omstandighede) rasionaal (gronde) gehad het nie. Daar was in elk geval geen twyfel dat De Klerk en sy kamerade gereken het dat hulle die oorgangsproses op so 'n manier sou kon beheer dat hul eie belange gewaarborg sou word en hulle heel waarskynlik beheer sou kon behou. Dit het geblyk 'n foutiewe berekening te wees. [Uit: A Concise History of South Africa deur R Ross] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 1C Die bron hieronder bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron oor FW de Klerk se hervormingsbeleid. Geskrewe bron: Hierdie is 'n uittreksel uit die toespraak deur Staatspresident FW de Klerk, tydens die opening van die Tweede Sessie van die Negende Parlement van die Republiek van Suid-Afrika, Kaapstad, 2 Februarie 1990. Mnr. die Speaker, Lede van die Parlement Die algemene verkiesing van 6 September 1989 het ons land onherroeplik op die pad van drastiese verandering geplaas. Onderliggend hieraan is die groeiende besef by 'n toenemende aantal Suid-Afrikaners dat slegs 'n onderhandelde verstandhouding onder verteenwoordigende leiers van die hele bevolking, blywende vrede kan verseker ... Vir Suid-Afrika, inderdaad vir die hele wêreld, was die afgelope jaar een van verandering en groot omwenteling. In Oos-Europa en selfs die Sowjetunie het politieke en ekonomiese omwenteling in 'n onkeerbare golf vorentoe gebeur. Beijing het terselfdertyd die brandende begeerte van die mense van die Chinese vasteland vir groter vryheid tydelik met wrede geweld gesmoor. [Uit: Turning Points in History deur F du Toit] Visuele Bron: Die volgende hoofopskrif en subopskrif het in The Argus, 2 Februarie 1990 verskyn. Dit berig oor die ontbanning van die ANC. [Uit: Koerantargief in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika] Vertaling: ANC ontban 'Die tydperk van geweld is verby. Die tyd vir heropbou en versoening het aangebreek ...' Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2012 NSS – Addendum VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS ANGOLA IN SY HERVOORSTELLING NA DIE VAL VAN KOMMUNISME IN 1989? BRON 2A Hierdie bron fokus op die Sowjetunie se besluit om Angola aan die einde van die Koue Oorlog in 1989 te verlaat. Die sleutelfaktor was die militêre ramp wat FAPLA (People's Armed Forces for the Liberation of Angola) laat in 1987 en vroeg in 1988 getref het. Dit het Moskou en Havana oortuig van die nodigheid om hulle rol in die skouspel (Koue Oorlog in Angola) te hersien. Die gevegte het oortuigend bewys dat FAPLA nie alleen kon staan teen 'n Suid-Afrikaanse konvensionele mag nie. Die suksesse wat deur 'n baie klein Suid-Afrikaanse mag behaal is, het verder getoon dat selfs Kubaanse ingryping nie genoeg sou wees om dit teen te staan nie, tensy die Kubaanse magte in Angola versterk word nie. Dit sou nie net bykomende soldate en toerusting verg nie, maar ook die skep van 'n tegniese infrastruktuur wat nodig was om 'n groter mag in 'n land soos Angola te ondersteun. Moskou en Havana het dus voor 'n moeilike keuse te staan gekom: hulle kon bykomende Kubaanse troepe met addisionele Sowjetwapens en -toerusting ontplooi om op te weeg teen dié van Suid-Afrika; hulle kon die Kubaanse magte onttrek en Angola aan sy eie lot oorlaat; of hulle kon probeer om 'n skikkingsooreenkoms te bereik wat die Suid-Afrikaners sou uitkry en uithou. Hulle kon nie soos vantevore aangaan nie. Om hulle MPLA- (Popular Movement for the Liberation of Angola) kliënte te laat ondergaan, was 'n opsie wat nóg Moskou nóg Havana kon oorweeg. Dit het die keuse beperk: uitbreiding of onderhandeling. … Castro was nie gretig om die bykomende magte te ontplooi wat vir so 'n oorwinning nodig was nie, en was oortuig dat Gorbachev nie bereid sou wees om die finansiële of politieke koste daarvan te dra nie. Moskou se oordeel was hoofsaaklik dieselfde. Die Suid-Afrikaanse besluit om konvensionele magte te ontplooi om UNITA (National Union for the Total Independence of Angola) te help, het dus die strategiese prentjie onherkenbaar verander. Die Sowjets het nie daaraan getwyfel dat hulle die Suid- Afrikaanse magte, toerusting en mannekrag kon oortref en langer kon uithou nie. Wat hulle hul afgevra het, was of dit die finansiële en politieke koste werd was. In die era van glasnost, perestroika en Sowjet- finansiële moeilikheid was hulle slotsom dat dit nie was nie. [Uit: War in Angola – The Final South African Phase deur HR Heitman] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 2B Hierdie uittreksel handel oor die konflik tussen Eduardo Dos Santos, leier van die MPLA (Popular Movement for the Liberation of Angola) en Jonas Savimbi, leier van UNITA (National Union for the Total Independence of Angola). Buite die verdelende konteks van die Koue Oorlog het 'n diep gesetelde wantroue tussen die MPLA- en UNITA-leiers die twee vredesprosesse ondermyn, wat meer op ooreenkoms en skikking gebaseer was as op internasionale beperkings. Die hoop wat die Bicesse Vredesooreenkoms in 1991 gebring het, is verpletter toe Savimbi se UNITA besluit het om die oorlog te hervat nadat hy geweier het om sy verkiesingsnederlaag in 1992 deur president Dos Santos se MPLA te aanvaar en laasgenoemde, uit weerwraak, UNITA-ondersteuners voor die voet doodgemaak het. Die daaropvolgende twee jaar van oorlog het tot meer verwoesting gelei as wat in die drie dekades van die onafhanklikheidstryd en die Koue Oorlog-konflik voorgekom het. Toe president Dos Santos in 1998 besluit het om die oorlog te hervat, het Angola een van die ergste voorbeelde van die onvermoë om konflik op te los van die 1990's geword. Ongeveer twee derdes van die halfmiljoen oorlogslagoffers het gesterf na die hervatting van die konflik in 1992, die meeste as gevolg van die ineenstorting van voedselsekuriteit en gesondheidsdienste, en 'n geskatte 1,5 miljoen mense is in die land ontwortel, terwyl 330 000 uit die land gevlug het. [Uit: Angola's Political Economy of War: The Role of Oil and Diamond, 1975–2000 deur P le Billon] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 2C Hierdie foto deur Jan Copec wys Jonas Savimbi, leier van UNITA, besig om sy soldate toe te spreek na die 1992 demokratiese verkiesing. Hulle is beveel om die burgeroorlog in Angola te hervat. [Uit: Angola: Struggle for Peace and Reconstruction deur I Tvedten] Jonas Savimbi Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2012 NSS – Addendum VRAAG 3: WAT WAS DIE ONDERSKEIE STRUIKELBLOKKE WAARVOOR SUID- AFRIKA OP DIE WEG NA DEMOKRASIE TE STAAN GEKOM HET? BRON 3A Die uittreksel hieronder fokus op FW de Klerk se hervormingsmaatreëls na 1990. Op 2 Februarie 1990 het De Klerk grootskaalse hervormings aangekondig. Hy het die ontbanning van die ANC, SAKP en die PAC, die opheffing van die Wet op Afsonderlike Geriewe, die opheffing van die media-noodregulasies en 'n moratorium (tydelike staking) op die doodstraf aangekondig. Die mees sensasionele aankondiging was dat Nelson Mandela en ander politieke gevangenes binnekort onvoorwaardelik vrygelaat sou word. Frederick Van Zyl Slabbert het FW de Klerk gevra wat hom beweeg het om die aankondiging te doen. FW de Klerk het geantwoord dat hy 'n 'geestelike sprong weg van apartheid' beleef het en dat hy 'n dwaas sou gewees het om nie voordeel te trek uit die gaping wat die val van kommunisme in Oos-Europa verleen het nie. 'n Vraag waaroor daar baie geredeneer is sedert 1990, was of FW de Klerk enige ander opsie gehad het as om die stappe te doen wat hy gedoen het. Teoreties kon De Klerk op PW Botha se pad gebly het en voortgegaan het om stuk-stuk te hervorm. Dit sou egter feitlik vir seker die Suid-Afrikaanse ekonomie, en daarmee saam wit welvaart vernietig het. Dit sou waarskynlik ook verseker het dat die lae-intensiteit- burgeroorlog heelwat sou verskerp het. [Uit: Turning Points In History, Book 6 deur die Institute for Justice and Reconciliation] BRON 3B Hierdie artikel het in The Argus van 6 Februarie 1990 verskyn. Die hoofopskrif was: 'Afrikanertier word wakker, sê die Konserwatiewe Party' en is deur Tos Wentzel geskryf. Gister, op die eerste dag van 'n gesamentlike debat oor sy toespraak by die opening van die parlement, kon president De Klerk baai in die goedkeuring van byna al die politieke partye. Verset het voorspelbaar van die Konserwatiewe Party gekom. Die KP-leier, dr. AP Treurnicht het gesê dat mnr. De Klerk 'die tier in die Afrikaner wakker gemaak het' met sy 'uiters rewolusionêre toespraak Vrydag'. Daar was 'n geskater (groot gelag) toe hy geëis het dat mnr. De Klerk moet bedank. Daar is nog meer gelag toe dr. Treurnicht verwys het na berigte van 'Viva kameraad De Klerk'-uitroepe in die strate van Kaapstad. Dr. Treurnicht het volgehou dat mnr. De Klerk nie 'n mandaat gehad het vir 'n nuwe Suid-Afrika wat oop was vir die ANC en kommunistiese leiers nie, en dat hy die kiesers mislei het. Die KP gaan 'n veldtog loods vir 'n 'vry nasie in sy eie vaderland' met die doel om ten minste 'n miljoen ondersteuners op te roep … Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 3C Hierdie spotprent deur Fred Mouton het op 10 Februarie 1990 in Die Burger verskyn. Dit dui Andries Treurnicht se houding jeens veelparty-samesprekings aan. MÔRE, MÔRE! EN HOE WAKKER IS ONS TIER VANOGGEND? GEWELD Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 3D Hierdie bron bestaan uit twee uittreksels oor die onderhandelingsproses. Uittreksel 1: Hierdie bron fokus op die pogings van die Afrikaner- weerstandsbeweging (AWB) om onderhandelings by die Wêreldhandelsentrum in Johannesburg te ontwrig. Afgevaardigdes van onderhandelingspartye het vergader toe die AWB die gebou bestorm het. Op 25 Junie 1993 het die Afrikaner-volksfront (AVF) toestemming gekry vir 'n protesvergadering buite die Wêreldhandelsentrum in Kempton Park, waar veelparty- samesprekings gehou is. Die sorgvuldige reëlings wat deur die organiseerders van die protesaksie en die owerhede getref is, is geheel en al oortree toe etlike honderde AWB-ondersteuners, baie van hulle dronk, onder leiding van Eugene Terre'Blanche, die gebou binnegeval en beskadig het terwyl hulle rassistiese beledigings geskree en dokumente opgeskeur het. Dit was 'n potensieel gevaarlike situasie: Jan Heunis, 'n regsadviseur van die regering wat die inval gesien het, was oortuig dat geweld wat tot burgeroorlog kon gelei het, afgeweer is deur twee jong polisiemanne wat die horde met outomatiese wapens gedreig het en hulle gedwing het om die aftog te blaas. [Uit: The Rise and Fall of Apartheid deur D Welsh] Uittreksel 2: Hierdie bron beklemtoon die noodsaaklikheid van onderhandelings in Suid-Afrika na die bestorming van die Wêreldhandelsentrum deur die AWB en die St. James kerkslagting in Kaapstad in Julie 1993. Alhoewel dit skokkend en moeilik was, het hierdie twee gebeure die belangrikste politieke partye se toegewydheid tot onderhandelings verdiep. Namate die dringendheid van die situasie al hoe duideliker geword het, het die veelparty- onderhandelingsproses ('MPNP')-hoofsessie uiteindelik die verkiesingsdatum bekragtig. In Kempton Park, in fort-agtige omstandighede, was die verskillende partye betrokke in intensiewe onderhandelings oor verskillende konsep- tussentydse grondwette, die struktuur van die Uitvoerende Oorgangsraad wat die land sou regeer in die aanloop tot die verkiesing, die vestiging van 'n Konstitusionele Hof en die aard van die voorgestelde Handves van Menseregte. Joe Slovo het 'n dokument opgestel wat die scenario vir 'n onderhandelde skikking uiteengesit het ... Dit het toegewings bevat – later bekend as die Oorgangsklousule ('sunset clause') – wat stellig deurslaggewend was in die totstandkoming van 'n vreedsame oorgang. Die kern hiervan was die voorstel dat die ANC 'n Regering van Nasionale Eenheid (RNE) aanvaar vir 'n tydperk van vyf jaar na die eerste verkiesing. [Uit: One Law, One Nation: The Making of the South African Constitution deur L Segal en S Cort] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2012 NSS – Addendum VRAAG 4: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUID-AFRIKA SE VERLEDE HANTEER? BRON 4A Die bron hieronder bestaan uit twee bronne wat handel oor die doelwitte van die WVK. Geskrewe Bron: Hierdie is 'n gedeelte van 'n toespraak wat Desmond Tutu in April 1996 gelewer het by die eerste verhoor van die WVK, gehou in Oos-Londen. Ons het die taak om die waarheid oor ons donker verlede op te diep; om die spoke van daardie verlede tot rus te laat kom sodat hulle nie terugkeer en by ons spook nie. Sodat ons daardeur tot die heling van 'n getraumatiseerde en gewonde nasie kan bydra – want ons almal in Suid-Afrika is gewonde mense – en op hierdie manier nasionale eenheid en versoening bevorder. Ons wil dit duidelik maak dat diegene wat voor hierdie kommissie getuig, dieselfde vrywaring sal hê as in 'n geregshof vir die getuienis wat hulle lewer, solank dit wat hulle sê, die waarheid is soos hulle dit verstaan en solank dit wat hulle gedoen het, in goeder trou gedoen is. [Uit: No Future Without Forgiveness deur D Tutu] Visuele Bron: Hierdie spotprent oor die WVK deur Zapiro het op 23 Mei 1995 in die Sowetan verskyn. SA se verlede DULLAH OMAR Waarheids- kommissie Vertaling: As ons nie uitvind wat daarin is nie, gaan dit altyd by ons bly spook! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 4B Hierdie is 'n uittreksel uit die getuienis wat op 16 April 1996 deur Nomonde Calata voor die WVK in Oos-Londen gelewer is. Mev. Calata se man (Fort Calata), was een van die Cradock Vier wat deur die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie vermoor is. MEV CALATA: Teen elfuur was ek angstig en kon nie slaap nie, want my man was nog nie terug soos hy belowe het nie. Ek het geweet dat hy altyd agtervolg en geteister is, selfs al het hy net OK (winkel) toe gegaan, oral waar hy gegaan het, is hy geteister deur die polisiemag ... (haar man het nie huis toe gekom nie). Gewoonlik is die Herald by my huis afgelewer, want ek het dit versprei. Ek het na die hoofopskrif gekyk en een van die kinders sê toe dat hy sy pa se uitgebrande motor in die koerant sien. Op daardie oomblik het ek gebewe, want ek was bang vir wat met my man kon gebeur het, want ek het gewonder as sy kar so gebrand is, wat kon met hom gebeur het. Ek het die koerante soos gewoonlik versprei, maar ek was baie ongelukkig. 'n Paar uur later het 'n paar vriende na my toe gekom en my gevat en gesê dat ek na Nyami (Goniwe) moes gaan wat altyd baie ondersteunend was. Ek was maar twintig in daardie stadium en kon dit nie hanteer nie. Toe ek by Nyami se huis kom, het Nyami verskriklik gehuil en dit het my ook geaffekteer (snik). MNR SMITH: Mnr. die Voorsitter, kan ek die Kommissie vra om miskien vir 'n minuut te verdaag? Ek glo nie die getuie is op hierdie oomblik in 'n toestand om voort te gaan nie. VOORSITTER: Kan ons vir tien minute verdaag, asseblief? WAARNEMERS SING: Wat het ons gedoen? Wat het ons rêrig gedoen? Wat het ons gedoen? MEV. CALATA Hierdie foto wys 'n emosionele mev. Calata wat haar getuienis in Oos-Londen lewer. [Uit die Internet-webtuiste: http//www.justice.gov.za/trc/hrvtrans/hrvel1/calata.htm. Toegang verkry op 20 Februarie 2012] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2012 NSS – Addendum BRON 4C Hierdie is 'n uittreksel uit 'n onderhoud wat op 30 April 2006 deur Lerato Mbele met FW de Klerk, Roelf Meyer en Cyril Ramaphosa op Interface – SABC 3 gehou is. FW DE KLERK: Die WVK-proses het in baie opsigte gebreke getoon: baie gruweldade (wreedhede) van die verlede is nie behoorlik ondersoek nie; daar was 'n oorbeklemtoning van die rol van die gewese veiligheidsmagte; die sluipmoorde op ongeveer 400 top IVP- lede is nie deeglik ondersoek nie; daar was nie 'n deeglike ontleding van wat baie 'swart- op-swart'-geweld genoem het nie. Hierdie gebreke veroorsaak 'n wanbalans wat die geloofwaardigheid van die WVK skend. Verder dink ek die WVK het nie daarin geslaag om by die kern van 'n begrip van die verlede uit te kom nie, of om insig daaroor te bekom nie. Daar is onvoltooide sake, maar ons moet nou in die gees van die Grondwet aangaan. Ons moet ubuntu hê ... in plaas daarvan om wraak te soek. Ons moet vergoed, eerder as om vergelding te soek. Indien daar met vervolgings voortgegaan word, moet dit onpartydig wees: daar moet vervolging wees van ongeopenbaarde misdade aan alle kante, nie net van die een kant af nie. Ek was nog nooit ten gunste van algemene amnestie nie, maar dit sal 'n geweldig negatiewe invloed hê as ons nou met 'n situasie sit wat as 'n heksejag vertolk kan word. Ons moet 'n balans handhaaf. Vervolging in uitsonderlike gevalle is geregverdig as dit duidelik is dat mense die waarheid oor ernstige misdade, waarvoor hulle vir amnestie aansoek moes gedoen het, verswyg het. CYRIL RAMAPHOSA: FW de Klerk gebruik 'n emosionele woord as hy sê 'heksejag'. Die term 'heksejag' was nooit deel van die woordeskat van die nuwe Suid-Afrika nie. Nelson Mandela het, toe hy hierdie land na eenheid en versoening gelei het, seker gemaak dat daar geen algemene 'heksejag'-tipe proses sou wees nie. Ons is nie gewoond aan heksejagte nie; maar as 'n opkomende demokrasie is ons gewoond aan geregtigheid. Indien misdade in die verlede gepleeg is, deur wie ook al, en geen aansoek vir amnestie is gedoen toe die geleentheid daar was nie, dan moet geregtigheid geskied. [Uit: Truth and Reconciliation in South Africa 10 years on deur C Villa-Vicencio & F du Toit] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2012 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: De Klerk, W. 1991 The Man in his Time – FW De Klerk (Jonathan Ball) Die Burger (10 Februarie 1990) Du Toit, F. 2004. Turning Points In History, Book 6 (Institute for Justice and Reconciliation) Du Toit, F et al. 2006 Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On (David Philip) Heitman, HR. 1990. War in Angola – The Final South African Phase (Ashanti Publishing Limited, Gibraltar) http//www.justice.gov.za/trc/hrvtrans/hrvel1/calata.htm Le Billon, P. 2001. Angola's Political Economy of War: The Role of Oil and Diamond, 1975–2000 (African Affairs ) Omer-Cooper, JD. 1994. History of Southern Africa (Heinemann, Portsmouth) Ross, R. 1999. A Concise History of South Africa (Cambridge University Press) Segal, L. & Cort, S. 2011. One Law, One Nation – The Making of the South African Constitution (Jacana Media) Sowetan (23 May 1995 edition) The Argus (6 February 1990 edition) The Argus (2 February 1990 edition) Tutu, D. 2000. No Future without Forgiveness (Juta Gariep) Tvedten, I. 1997. Angola – Struggle for Peace and Reconstruction (Westview Press, Colorado) Welsh, D. 2009. The Rise and Fall of Apartheid (Jonathan Ball Publishers) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all