Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2011
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n addendum van 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 136.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2011
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud, soos
in die riglyndokument vervat is, gebaseer is:
VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE KOUE OORLOG OP DIE
VORMING VAN DIE WÊRELD SOOS DIT IN DIE 1960's WAS?
• USSR/VSA – Skep van belangesfere: Fokus op Kuba
VRAAG 2: HOE IS UHURU IN DIE 1960's EN 1970's IN AFRIKA
VERWERKLIK?
• Gevallestudie: Tanzanië
VRAAG 3: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VAN DIE
1960's TOT EN MET 1990 TE VOORSKYN GEKOM?
• Fokus 1960's: Burgerregtebewegings in die VSA
VRAAG 4: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VAN DIE
1960's TOT EN MET 1990 TE VOORSKYN GEKOM?
• Fokus 1970's: Swartbewussynsbeweging in Suid-Afrika
2. Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en
30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag toegeken word.
3. Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord.
4. In die beantwoording van vrae behoort die kandidate hulle kennis,
vaardighede en insig toe te pas.
5. Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.
6. Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2011
NSS
VRAAG 1: HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS BYGEDRA TOT KOUE
OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE USSR EN DIE VSA IN DIE
1960's?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die vrae wat volg te beantwoord.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Watter land was volgens die bron 'n bedreiging vir Kuba? (1 x 1) (1)
1.1.2 Waarom het Khrushchev gekies om Kuba te help? Gee TWEE
redes. (2 x 1) (2)
1.1.3 Verduidelik die konsep Marxistiese-Leninisme in jou eie woorde.
(1 x 2) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar op tot watter mate die inligting in die bron as
bevooroordeeld beskou kan word. (2 x 2) (4)
1.1.5 Hoe het Khrushchev die ontplooiing van missiele in Kuba
geregverdig? (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Waarom, dink jy, het die VSA die Sowjetunie se aktwiteite in Kuba
noukeurig dopgehou? (2 x 2) (4)
1.2.2 Verduidelik waarom dit nodig geword het dat Kennedy 'n
kwarantyn/verbod op Sowjet-missiele na Kuba plaas. (2 x 2) (4)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Watter boodskap wou die spotprenttekenaar oordra deur die
Amerikaanse leiers as rawe voor te stel? (1 x 2) (2)
1.3.2 Verduidelik of die spotprenttekenaar 'n akkurate weergawe van
gebeure, soos wat dit in Kuba plaasgevind het, gee. (2 x 2) (4)
1.4 Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe hierdie bronne verskil met
betrekking tot die gebeure wat tot die Kubaanse Missielkrisis gelei het. (2 x 2) (4)
1.5 Lees Bron 1D.
1.5.1 Hoe het die Kubaanse Missielkrisis Khrushchev se aansien
geaffekteer? (1 x 2) (2)
1.5.2 Verduidelik of jy met Griffiths se beskrywing van Krushchev se
leierseienskappe saamstem. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2011
NSS
1.6 Gebruik AL die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van
ongeveer AGT reёls (ongeveer 80 woorde) om die rol wat Kennedy in die
Kubaanse Missielkrisis gespeel het, te verduidelik. (8)
1.7 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
bladsye lank te wees.)
Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.7.1 OF VRAAG 1.7.2.
1.7.1 Bespreek hoe die Kubaanse Missielkrisis bygedra het tot die Koue
Oorlog-spanning tussen die USSR en die VSA in die 1960's. (30)
OF
1.7.2 Khrushchev se staatkundige beleid het die uitbreek van 'n
kernoorlog voorkom.
Stem jy saam? Bespreek hierdie stelling krities deur AL die bronne
en jou eie kennis te gebruik. (30)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2011
NSS
VRAAG 2: HOE HET JULIUS NYERERE SE BELEID VAN UJAMAA TANZANIË
GEDURENDE DIE 1960's EN 1970's IN 'N SOSIALISTIESE STAAT
VERANDER?
Gebruik Bron 2A, 2B en 2C om die vrae wat volg te beantwoord.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende konsepte te
definieer:
(a) Afrika-sosialisme
(b) Nasionalisering (2 x 2) (4)
2.1.2 Wat was Nyerere se visie vir Tanzanië? (1 x 1) (1)
2.1.3 Verduidelik waarom Nyerere dit nodig gevind het om 'n Kode vir
Leiers op te stel. (2 x 2) (4)
2.1.4 Volgens Nyerere, verduidelik hoe Tanzanië by ujamaa sou gebaat
het. (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Wat was die rede vir die sogenaamde 'nasionale ramp' in
Tanzanië, volgens Standpunt 1? (1 x 2) (2)
2.2.2 Hoe, dink jy, sou gewone Tanzaniërs op die massaverskuiwing van
mense gereageer het? (Standpunt 1) (2 x 2) (4)
2.2.3 Gebruik Standpunt 2 en noem enige TWEE gevolge van Nyerere
se program van hervestiging van mense in nuwe dorpe
('villagisation' programme'). (2 x 1) (2)
2.2.4 Volgens Standpunt 2 het 'Nyerere se ujamaa-program dit afhanklik
van buitelandse aalmoese vir oorlewing gemaak'. Verduidelik, in
jou eie woorde, of hierdie stelling geldig is. (2 x 2) (4)
2.2.5 Gebruik die inligting in Standpunt 1 en 2 en beskryf die
tekortkominge van hierdie standpunte vir 'n historikus wat die
ujaama-beleid bestudeer. (2 x 2) (4)
2.3 Gebruik Bron 2C en verduidelik die doel van die plakkaat oor ujaama. (1 x 2) (2)
2.4 Vergelyk Bron 2A en 2C. Verduidelik die bruikbaarheid van beide hierdie
bronne vir 'n historikus wat die ujaama-beleid navors. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2011
NSS
2.5 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
AGT reёls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die uitwerking van ujamaa op
Tanzaniërs verduidelik. (8)
2.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
bladsye lank te wees.)
Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.6.1 OF VRAAG 2.6.2.
2.6.1 Bespreek hoe Julius Nyerere se beleid van ujamaa Tanzanië
gedurende die 1960's en 1970's in 'n sosialistiese staat verander
het. (30)
OF
2.6.2 Julius Nyerere het gesê: 'Ons het ons toegewy aan die bou van 'n
sosialistiese samelewing in Tanzanië.'
Evalueer hierdie stelling krities deur die inligting in AL die bronne
en jou eie kennis te gebruik. (30)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2011
NSS
VRAAG 3: WATTER ROL HET DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE 1960's
GESPEEL IN DIE TOTSTANDBRINGING VAN VERANDERING IN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)?
Gebruik Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die vrae wat volg te beantwoord.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en definieer die
volgende konsepte:
(a) Burgerregte
(b) Segregasie (2 x 2) (4)
3.1.2 Verduidelik of die protesteerders se eise vir vryheid en gelykheid
geregverdig was. (2 x 2) (4)
3.1.3 President Kennedy se voorstel aan die Kongres was soos volg:
'ras het geen plek in die Amerikaanse lewenswyse of wet nie'.
Hoe, dink jy, sou die volgende op sy voorstel gereageer het?
(a) Swart Amerikaners
(b) Die meerderheid wit Amerikaners in die Suide (2 x 2) (4)
3.1.4 Verwys na King se stelling: 'Ons het nog 'n lang, lang pad om met
hierdie nasie te loop voordat ons die ideale van menswaardigheid
en broederskap bereik'. Wat sê dit jou van King se reaksie op die
moord van Medgar Evers? (1 x 2) (2)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Waarom, dink jy, is mense uit die Suide geteister en gedreig?
(1 x 2) (2)
3.2.2 Die opmars na die Lincoln-gedenkteken het uitgedraai om 'sowel 'n
protesoptog as 'n gemeenskaplike feesviering' te wees. Verduidelik
of jy met hierdie stelling saamstem. (2 x 2) (4)
3.2.3 Verduidelik waarom die optog na die Lincoln-gedenkteken
uitgebreide mediadekking gekry het. (2 x 2) (4)
3.3 Gebruik Bron 3C en gee TWEE redes wat die protesteerders in die foto
gemotiveer het om na die Lincoln-gedenkteken te marsjeer. (2 x 1) (2)
3.4 Gebruik die bewyse uit Bron 3B en 3C asook jou eie kennis. Kies en
verduidelik watter EEN van die twee bronne jy as die bruikbaarste beskou om
te skryf oor die optog na die Lincoln-gedenkteken in 1963. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2011
NSS
3.5 Bestudeer Bron 3D.
3.5.1 Waarom, volgens hierdie bron, was Malcolm X krities teenoor die
VSA? (1 x 3) (3)
3.5.2 Hoe het die standpunte van Malcolm X oor die burgerregtestryd
van dié van Martin Luther King Jr. (Bron 3A) verskil? (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
AGT rëels (ongeveer 80 woorde) om die betekenis van die opmars na die
Lincoln-gedenkteken te verduidelik. (8)
3.7 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
bladsye lank te wees.)
Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.7.1 OF VRAAG 3.7.2.
3.7.1 Bespreek die rol en invloed van die Burgerregtebeweging om
verandering in die VSA in die 1960's te bewerkstellig. (30)
OF
3.7.2 Martin Luther King Jr. het 'n betekenisvolle rol gespeel om 'n
regverdige en gelyke samelewing vir alle Amerikaners te vestig.
Stem jy saam met hierdie stelling? Bespreek deur die inligting uit
AL die bronne en jou eie kennis te gebruik. (30)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2011
NSS
VRAAG 4: WATTER IMPAK HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN OP
SUID-AFRIKA IN DIE 1970's GEHAD?
Gebruik Bron 4A, 4B en 4C om die volgende vrae te beantwoord.
4.1 Verwys na Bron 4A.
4.1.1 Volgens die inligting in die bron, op wie was die filosofie van Swart
Bewussyn gemik? (1 x 1) (1)
4.1.2 Vergelyk die twee magte waarna in die bron verwys word.
Verduidelik watter EEN van hulle jy dink meer onderdrukkend was.
(2 x 2) (4)
4.1.3 Verduidelik of jy met Biko se filosofie van Swart Bewussyn
saamstem. (2 x 2) (4)
4.1.4 Hoe, dink jy, sou konserwatiewe wit Suid-Afrikaners op die filosofie
van Swart Bewussyn gereageer het? (1 x 2) (2)
4.2 Lees Bron 4B.
4.2.1 Volgens Gertrude Fester, watter TWEE faktore het haar
gemotiveer om haarself na waarde te skat? (2 x 1) (2)
4.2.2 Verduidelik die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
4.2.3 Waarom, dink jy, het Gertrude Fester die filosofie van Swart
Bewussyn ondersteun? Gee TWEE redes. (2 x 2) (4)
4.2.4 Verduidelik tot watter mate jy met Gertrude Fester se siening van
Swart Bewussyn sou saamstem. (1 x 2) (2)
4.3 Bestudeer Bron 4C.
4.3.1 Waarom, volgens die bron, was die Zanempilo
Gemeenskapgesondheidsentrum so suksesvol? (1 x 2) (2)
4.3.2 Biko word beskou as die stigter van die Zanempilo
Gemeenskapgesondheidsentrum. Wat sê dit vir jou van Biko se
toegewydheid aan die gemeenskap van Zinyoka? (1 x 2) (2)
4.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe die werk wat by die Zanempilo Gemeenskap-
gesondheidsentrum onderneem is, die filosofie van Swart
Bewussyn ondersteun. (2 x 2) (4)
4.3.4 Verduidelik of jy hierdie bron as bruikbaar sou beskou vir 'n
historikus wat die programme van die Swartbewussynbeweging
navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2011
NSS
4.4 Vergelyk Bron 4A en 4C. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun
met betrekking tot Biko se filosofie van Swart Bewussyn. (2 x 2) (4)
4.5 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
AGT rëels (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die filosofie van Swart
Bewussyn die lewens van swart Suid-Afrikaners beïnvloed het. (8)
4.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
bladsye lank te wees.)
Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.6.1 OF VRAAG 4.6.2.
4.6.1 Bespreek die rol en impak van die Swartbewussynsbeweging in
Suid-Afrika gedurende die 1970's. (30)
OF
4.6.2 Swart Bewussyn het gedien om die gevoelens van
minderwaardigheid te vernietig en om swart trots en selfvertroue te
vestig.
Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en assesseer die
geldigheid van hierdie stelling. (30)
[75]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2012 Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum