Skip to content

History Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12201524 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 24 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: KOGNITIEWE GEWIGSTOEKENNING HISTORIESE VAARDIGHEDE VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne VLAK 1 • Selektering en organisasie van relevante 30% inligting uit bronne (15) • Definieer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne VLAK 2 40% • Verduidelik inligting verkry uit bronne (20) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings VLAK 3 vas te stel 30% • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15) perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken ( ); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word () • Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui Paragraaf vraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geasseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ‘n antwoord op ‘n paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ‘n kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubric en gee ‘n kort kommentaar bv. ___________ . __________________________ . _________________________ _________________ . ____________________________ . _________________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun • Die leerder se interpretasie van die vraag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I A VLAK 4 VLAK 3 }26–27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2015 NSS – Memorandum NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevant tot 47–50 43–46 argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. * Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2015 NSS – Memorandum AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET OOS- EN WES-BERLYNERS IN 1961 OP DIE BOU VAN DIE BERLYNSE MUUR GEREAGEER? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • 2,7 miljoen Oos-Duitsers vlug na Wes-Duitsland deur Wes-Berlyn (1 x 2) (2) 1.1.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 1A – V1] • 'n Politieke teorie/ideologie gebaseer op die geskrifte van Karl Marx wat 'n klaslose gemeenskap ten doel gestel het • Kommunisme kan verwys na 'n ekonomiese stelsel waar die staat alle grond, nywerheid, eiendom en rykdom van die nasie besit • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V 2] • Oos-Duitsland was veronderstel om 'n rolmodel van kommunisme te wees • As die ideologie van kommunisme nie in Oos-Duitsland werk nie, dan sou dit in die praktyk as 'n mislukking gesien word • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Die massa migrasie van meer as 300 000 mense uit die DDR (Oos-Duitsland) • Die verlies van hoogs ervare en gekwalifiseerde mense na Wes-Duitsland • Die Oos-Duitse ekonomie sou ineenstort indien die uittog van gekwalifiseerde en skaars personeel nie gekeer word nie (enige 2 x 1) (2) 1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Kennedy het geïmpliseer dat as die muur nie gebou was nie daar 'n moontlikheid was dat oorlog sou uitbreek • Kennedy se stelling gee te kenne dat die VS gewillig was om die muur te verdra omdat dit die spanning in beide Berlyn en Duitsland verminder het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Positief • Kommervry / sorgeloos (2 x 1) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Die Oos-Duitsers was bewus daarvan dat indien hulle nie Oos-Berlyn dadelik verlaat nie, sou al die grense toegemaak wees en hulle sou onder kommunistiese regering vasgevang word • Oos-Duitsers moes onmiddellik vlug as hulle vryheid wou hê en nie onder kommunistiese regering wou wees nie • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Hulle spring oor die doringdraad/'heining'/'muur' • Hulle spring uit vensters van multiverdieping geboue wat geleë was op die grens van Wes-Berlyn • Hulle swem deur riviere en mere in die stad (3 x 1) (3) 1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Fechter het in 'niemandsland', die area aan die oostelike kant van die muur geval • Wes-Berlynse soldate wou nie hulle lewens waag deur hom te probeer help nie • Die wagte aan beide kante was bekommerd daaroor om 'n 'skietoorlog' te begin ('n openlike geweeroorlog) • Die Oos-Duitse wagte is beveel om te 'skiet om dood te maak' en was dalk onseker wat om met 'n gewonde persoon te doen • Die Oos-Duitse soldate kon dalk vir Fechter gesien het as 'n verraaier en hom daarom nie gehelp het nie • Dit kon ly tot die uitbreek van nog 'n oorlog • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Analise van inligting uit Bron 1C – V2] • Vir Khrushchev het Oos-Berlyners geen reg op vryheid van beweging gehad sedert die muur gebou is nie • Oos-Berlyners was teen hulle sin in Oos-Berlyn opgesluit soos geïllustreer deur die doringdraad • Hulle reg op lewe is geskend soos getoon deur die dooie liggame op die Berlynse Muur • Oos-Berlyn was soos ʼn konsentrasiekamp • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 1.3.2 [Vasstelling van partydigheid in Bron 1C – V3] PARTYDIG omdat: • Dit deur 'n Amerikaanse spotprenttekenaar geteken is in die konteks van die Koue Oorlog, dit was dus moontlik dat dit 'n negatiewe prentjie van die kommunistiese regering in Oos-Berlyn sou skets • Khrushchev uitgebeeld word as 'n dikvellige en onsensitiewe leier en lyk of hy nie omgee oor die mense wat doodgaan terwyl hulle probeer vlug uit Oos- Berlyn nie • Die muur uitgebeeld word in 'n negatiewe lig; daar word nie verwys na Kennedy se insinuasie dat die muur spanning tussen die Ooste en die Weste verminder het en moontlik 'n oorlog voorkom het nie • Kommunisme getoon word as genadeloos/dikvellig • Die spotprent te kenne gee dat kommuniste nie omgee oor menseregte nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • 'Weet die Weste nie wat om te doen nie' • 'Waar is die beskermingsmagte’ • 'Verraai deur die Weste' • Protesoptogte ('n skare van 250 000 was teenwoordig) • Die burgermeester het met bitterheid gepraat • Betogings (enige 3 x 1) (3) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Die mense wat in die Sowjetblok gebly het, is teen hulle sin opgesluit • Gewapende patrollies is beveel om te 'skiet om dood te maak' indien mense probeer vlug • Doringdraad en 'n muur is gebou om Oos-Berlyners te verhinder om te vlug • Die joernalis wou moontlik sy lesers skok en toon hoe sterk hy gekant was teen die Berlynse Muur • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.5 [Vergelyking van bewyse en die vasstelling van verskille tussen Bron 1A en 1D – V3] • Bron 1D dui aan dat die Westerse moondhede nie hulle gebrek aan besorgdheid oor die oprigting van die Berlynse Muur kon wegsteek nie, terwyl Bron 1A noem dat die 'doringdraad grens' gedurende die nag van 12 tot 13 Augustus 1961 opgerig is • In Bron 1D was Willy Brandt, die burgermeester van Wes-Berlyn, nie in staat om sy bitterheid oor die Weste se gebrek om te reageer op die oprigting van die Berlynse Muur, weg te steek nie, en het genoem dat 'Berlyn meer verwag as net woorde' terwyl President Kennedy in Bron 1A noem dat ''n muur baie beter is as 'n oorlog' • Bron 1D verwys na 13 Augustus 1961 as 'Swart Sondag' terwyl Bron 1A aandui dat die Muur in die nag van 12 tot 13 Augustus 1961 opgerig is • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: Die kandidaat moet verduidelik hoe BEIDE Oos- en Wes-Berlyners gereageer het op die oprigting van die Berlynse Muur wanneer die vraag beantwoord word. Oos-Berlyners se reaksies • Baie Oos-Berlyners het hulle lewe gewaag deur te probeer om na Wes-Berlyn te vlug (Bron 1B en 1C) • Hulle het probeer vlug deur oor mere te swem, oor doringdraad te spring en uit vensters uit te spring (Bron 1B) • Sommige Oos-Berlyners is dood terwyl hulle probeer vlug het uit Oos-Berlyn (Bron 1B en 1C) • Oos-Duitse polisie het gereeld Oos-Berlyners wat probeer vlug het, geskiet, gewond en doodgemaak (Bron 1B) • Oos-Duitsers het geweet dat hulle 'vinnig moes optree as hulle wou wegkom' (Bron 1B) • Sommige Oos-Berlyners was gelukkig om onder 'n Kommunistiese bewind te bly (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Wes-Berlyners se reaksie • Sommige Wes-Berlyners het net toegekyk en kon nie Oos-Berlyners help wat probeer het om oor die muur weg te kom nie, bv. Fechter (Bron 1B) • Sommige Wes-Berlyners het Oos-Berlyners gehelp om te vlug (eie kennis) • Wes-Berlyners was kwaad en het gevoel dat hulle verraai is deur die Weste wat nie opgetree het om die oprigting van die muur te voorkom nie (Bron 1D) • Wes-Berlyners het geprotesteer en betoog teen die bou van die muur (Bron 1D) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of VLAK 1 min begrip oor hoe Oos- en Wes-Berlyners op die bou van PUNTE die Berlynse Muur in 1961 gereageer het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband VLAK 2 met die onderwerp bv. toon begrip hoe Oos- en Wes- PUNTE Berlyners op die bou van die Berlynse Muur in 1961 3–5 gereageer het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor hoe Oos- en Wes-Berlyners op die bou van die VLAK 3 Berlynse Muur in 1961 gereageer het. PUNTE • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf 6–8 en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 2: WAAROM HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE TUSSEN 1987 EN 1988 DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG IN ANGOLA GEWORD? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Angola • Kuba (2 x 1) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Suid-Afrikaanse troepe het probeer om UNITA te help red • Om die Angolese opmars (FAPLA) na die Lombarivier te stop (enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • 'Angolese soldate het hulle ingegrawe en halsstarrig (hardkoppig) weerstand gebied' • 'Suid-Afrikaanse lugmag het begin om lugbeheer te verloor' • 'Die prys (lewensverlies) was te hoog en daar is besluit om Cuito Cuanavale in Angolese besit te laat' (enige 2 x 1) (2) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Dit lei tot die onttrekking van SAW magte uit Angola • Dit het die militêre swakheid van die SAW getoon • Die impak van die Slag van Cuito Cuanavale het tot Namibië se onafhanklikheid gelei • Die Suid-Afrikaanse regering en die ANC het met 'n proses van samesprekings begin • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Om te begin met die ontwikkeling van die land se beskadigde ekonomie • Om die oorlog beskadigde infrastruktuur te herbou (herstel) • Om te verseker dat beter menseverhoudings (versoening) ontwikkel (enige 2 x 1) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • Generaal Geldenhuys het genoem dat die SAW streng beperkte doelwitte gehad het • 'Dit was nie ons intensie (bedoeling) om 'n oorlog te begin wat dalk sou eindig in Luanda en vir ewig sou aangaan nie • 'Ons wou nie Angola ons Viëtnam maak nie' • 'Ons doelwit, nadat ons Angola binne gegaan het, … en dan weer weg te gaan' (enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.2.2 [Analiseer bewyse in Bron 2B – V2] Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM of NIE SAAMSTEM NIE met die bewering en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun. STEM SAAM • Geldenhuys het eintlik die Hoof van die Weermag verbied om Cuito Cuanavale te verower • Die SAW se doelwit was om te voorkom dat FAPLA Mavinga en Jamba verower en nie Cuito Cuanavale nie • Enige ander relevante antwoord OF STEM NIE SAAM NIE • Die SAW sou nie tenks en die lugmag in die Slag van Cuito Cuanavale gebruik het as hulle nie gedink het dat dit vir hulle van strategiese belang was nie • Die kommentaar kan beskou word as propaganda om die mislukking van die SAW in Cuito Cuanavale te regverdig • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2.3 [Vasstelling van die geldigheid van Bron 2B – V2] Kandidate moet kommentaar lewer op die GELDIGHEID van die bewering en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun. GELDIG • Die Kubaanse en FAPLA magte het nie in hulle doel geslaag om Mavinga en Jamba te verower nie • Kubane het onttrek uit Angola • Dit het gelei tot vredesamesprekinge • Enige ander relevante antwoord OF ONGELDIG • FAPLA (ondersteun deur die Kommuniste) het die Angolese regering oorgeneem • UNITA (ondersteun deur die SAW) het nie die Angolese regering oorgeneem nie • SAW het uit die Slag van Cuito Cuanavale onttrek • Dit kon 'n partydige bewering deur Generaal Geldenhuys wees vir propaganda doeleindes • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Analise van bewyse uit Bron 2C – V2] TWEE (2) punte moet toegeken word vir die antwoord met betrekking tot wie die oorlog gewen het en TWEE (2) punte vir die motivering • SAW • Die verlies van soldate en militêre toerusting word as minimaal aangedui teenoor die verliese wat deur Kuba/FAPLA gely is. (Statistieke kan gebruik word om hulle antwoord te ondersteun, bv. 4785 Kubaanse/FAPLA verliese teenoor 31 SAW verliese) • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.3.2 [Evaluering van die betroubaarheid van Bron 2C – V3] Kandidate moet aandui of die bron BETROUBAAR is of NIE BETROUBAAR NIE en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun. BETROUBAAR • Die statistieke is deur Geldenhuys, wie die hoof van die SAW was, aangebied • Dit toon die presiese statistieke van verliese gely deur beide partye • Dit gee die detail van die vegvliegtuig wat verloor is as gevolg van 'n ongeluk • Enige ander relevante antwoord OF NIE BETROUBAAR NIE • Die syfers vir UNITA is nie voorsien nie en daarom kan die werklike verliese van die SAW/UNITA nie vergelyk word met die verliese gely deur Kubaanse/FAPLA magte • Daar is geen aanduiding wie die syfers verskaf het nie • Die bron kan as partydig beskou word of kon as propaganda deur die SAW gebruik wees • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • Kubaanse ingenieurs het landingstroke gebou • Kubaanse loodse het Sowjet oorlogvliegtuie gevlieg • Kubaanse 'voet' soldate het ook in die Slag van Cuito Cuanavale geveg (enige 2 x 1) (2) 2.4.2 [Interpretasie en analise van bewyse in Bron 2D – V2] Kandidate moet aandui tot watter mate die bewering GEREGVERDIG is en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun. GEREGVERDIG tot 'n groot mate omdat: • SAW gebied beset het (Ruacana en Calueque installasies) wat opgeblaas en beskadig is deur oorlogsvliegtuie (Sowjet MIG-23s) • Water en kragvoorsiening na Ovamboland en SAW militêre basisse afgesny is • Elf Suid-Afrikaanse dienspligtiges dood is wat 'n groot verlies vir die SAW was • Die onttrekking van die SAW uit Angola hulle nederlaag aangedui het • Enige ander relevante antwoord GEREGVERDIG tot 'n mindere mate omdat: • Kubaanse magte uit Angola onttrek het • SAW steeds op die grens van Angola gebly het • SAW beweer het dat die oorname van Cuito Cuanavale nie hulle hoofdoelwit was nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • Die uitbreiding van gewapende operasies in Suid-Afrika deur Umkhonto we Sizwe, die gewapende vleuel van die ANC • 'n Groeiende weerstand onder wit Suid-Afrikaanse dienspligtiges teen militêre diens • Die 11 jong Suid-Afrikaanse dienspligtiges wat gedood is (2 x 1) (2) 2.5 [Vergelyking van bewyse en die vasstelling van verskille tussen Bron 2C en 2D – V3] • Volgens Bron 2C het die SAW minimale verliese gely en daarom die Slag van Cuito Cuanavale gewen terwyl Bron 2D noem dat die SAW magte groot verliese gely het, wat te kenne gee dat hulle die Slag van Cuito Cuanavale verloor het • Bron 2C toon die statistieke wat deur Generaal Geldenhuys voorgelê is en was 'n perspektief van 'n weermagoffisier van die apartheidsregering terwyl Bron 2D 'n perspektief was van Kasrils (NUK lid van die ANC) wat teen die Suid-Afrikaanse regering se betrokkenheid in Angola gekant was • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Die Slag van Cuito Cuanavale is tussen pro-kommunistiese en pro- demokratiese magte geveg (Bron 2A, 2C en 2D) • Dit was 'n oorlog tussen FAPLA/Kubaanse magte wat kommunisme ondersteun het en SAW/UNITA magte wat demokrasie ondersteun het (Bron 2C) • Die uitkomste het tot samesprekinge (bv. in New York 1988) tussen die Verenigde State (bondgenoot van Suid-Afrika, UNITA) en die Sowjetunie (bondgenoot van FAPLA, ANC, SWAPO) gelei (Bron 2D) • SAW, Kuba en FAPLA het gevoel dat die oorlog beëindig moes word as gevolg van die menseverliese en militêre verliese (Bron 2A en 2C) • Dit was bes moontlik 'n laaste groot oorlog tussen buitelandse lande in Angola (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2015 NSS – Memorandum Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen VLAK 1 of min begrip oor waarom die Slag van Cuito Cuanavale tussen 1987 en 1988 die fokuspunt van die Koue Oorlog PUNTE in Angola geword het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband VLAK 2 met die onderwerp bv. toon begrip waarom die Slag van Cuito Cuanavale tussen 1987 en 1988 die fokuspunt van PUNTE die Koue Oorlog in Angola geword het. 3–5 • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor waarom die Slag van Cuito Cuanavale tussen VLAK 3 1987 en 1988 die fokuspunt van die Koue Oorlog in PUNTE Angola geword het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 3: HOE HET KONSERWATIEWE WIT AMERIKANERS IN 1957 OP DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEREAGEER? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Minnijean Brown • Elizabeth Eckford • Ernest Green • Thelma Mothershed • Melba Patillo • Gloria Ray • Terrence Roberts • Jefferson Thomas • Carlotta Walls (enige 2 x 1) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Daisy Bates was die President van die Arkansas NAACP • Daisy Bates was mede-uitgewer van die Arkansas State Press, wat 'n invloedryke Afro-Amerikaanse koerant was (2 x 1) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] (a) • Om vas te stel of hulle almal die krag en vasberadenheid gehad het om met konfrontasies te deel • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) (b) • Om die studente voor te berei om geestelik en psigologies sterk genoeg te wees om vyandige situasies te hanteer • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 3B – V1] • 'n Proses wat toegelaat het dat swart Amerikaanse studente dieselfde skool as wit Amerikaanse studente kon bywoon • Om swart Amerikaanse en wit Amerikaanse studente by Central High School bymekaar te bring • Om segregasie by Central High School te beëindig deur seker te maak dat swart Amerikaners die skool bywoon • Rasse vermenging van studente (swart Amerikaners en wit Amerikaners) by Central High School • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Faubus het negatief reageer • Faubus was teen/het nie integrasie ondersteun nie • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • Wydverspreide wanorde • Sou ly tot geweld (2 x 1) (2) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Hy het die beslissing van die Federale Hof wat die grondwet van die land gehandhaaf het, verwerp • Konserwatiewe wit Amerikaners in Little Rock, Arkansas het teen integrasie van Central High School gestem en dit was vir Goewerneur Faubus 'n 'demokratiese' en regverdige weerspieëling van hoe mense gevoel het • Hy wou nie verstaan dat die integrasie van die Little Rock Nege by Central High School 'n demokratiese proses behels het nie • Faubus het te kampe gehad met die probleem dat die implementering van demokrasie twyfelagtig was omdat plaaslike demokrasie vir hom meer belangrik was as federale demokrasie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • Hy was te skaam om te erken dat wit Amerikaanse mans en vrouens so wreed kon wees (1 x 2) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Die Nasionale Burgermag het die rampokkers wat die geweld veroorsaak het, ondersteun • Hulle het 'n bevel van die staat uitgevoer om te keer dat swart Amerikaners na Central High School kom • Hulle het 'n hofbevel teengestaan wat probeer het om segregasie te beëindig • Hulle het gesimpatiseer met die pro-segregasionistiese wit Amerikaanse gemeenskap • Hulle het segregasie ondersteun • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] Elizabeth Eckford het die volgende gedoen: • Wegbeweeg (na die bushalte toe) • Het met haar kop onderstebo gesit • Gehuil (trane wat oor haar wange gerol het) • Het met waardigheid en selfbeheersing gereageer (enige 2 x 1) (2) 3.3.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3C – V3] Die bron is bruikbaar omdat: • Dit nuwe insig gee oor wat werklik op die eerste dag van integrasie by Central High School gebeur het • Dit die atmosfeer en die daaropvolgende geweld toe lig wat op die eerste dag van integrasie by Central High School plaasgevind het • Dr. Fine, was 'n voormalige onderwysredakteur/ verslaggewer by die geloofwaardige New York Times koerant gee eerste handse inligting • Daisy Bates die onderhoud met Dr Fine ingesluit het in haar boek: 'The Long Shadow of Little Rock' • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 3.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3C - V3] • Die NAACP het seker gemaak dat die Little Rock Nege (insluitend Elizabeth Eckford) geëvalueer word sodat hulle die nodige krag en vasberadenheid het om 'vyandige situasies' in die gesig te staar (Bron 3A) terwyl Bron 3C haar krag wys, Elizabeth Eckford het op 'n paar geleenthede probeer om deur die wagte wat haar gekeer het, te gaan, dit toon veerkragtigheid • Die Little Rock Nege (insluitend Elizabeth Eckford) het aan intensiewe beradingsessies deelgeneem wat hulle voorberei het op wat om te verwag sodra die klasse begin en hoe om op te tree teenoor 'vyandige situasies' (Bron 3A) en Bron 3C toon dat die vaardighede wat hulle geleer het, gebruik is toe sy haar waardigheid en selfbeheersing voor die spottende skare behou het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.5 3.5.1 [Analise van bewyse in Bron 3D – V2] • Dit gee te kenne dat Broederskap (integrasie) by Central High School bereik is deur die gebruik van gewere/bajonette en intimidasie • 'n Siening van 'n pro-segregasie organisasie (die Capital Citizen Council) het genoem dat integrasie nie vrywillig was nie, maar dat dit 'n geforseerde proses was • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Hulle teenkanting teen desegregasie/integrasie by Central High School toe • Om openlik 'n beroep te doen op plaaslike ondersteuning teen die integrasie by Central High School • Hulle afkeer in die ingryping deur die Nasionale/ Federale Burgermag (weermag) om die integrasie by Central High School te verseker, afkeur • Rasse vooroordel soos gereflekteer in Goewerneur Faubus se toespraak • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Gereed om die integrasie by Central High School teen te staan (Bron 3A) • Het geprotesteer teen geforseerde integrasie (Bron 3B) • Hulle het teen integrasie gestem (Bron 3B en eie kennis) • Goewerneur Faubus ('n konserwatiewe wit Amerikaner) het die Nasionale Burgermag beveel om die Little Rock Nege (insluitend Elizabeth Eckford) te keer om Central High School binne te gaan (Bron 3C) • Die rampokkers het met swart Amerikaanse studente wat Central High School wou binnegaan, gespot (Bron 3C) • Het 'n pamflet wat teen die desegregasie van Central High School was, ontwerp en versprei (Bron 3D) • Konserwatiewe wit Amerikaners het swart Amerikaners fisies aaangerand/ aangeval (eie kennis) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Die Moederbond van Central High School is gevorm en het petisies teen integrasie geloods (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord (eie kennis) Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe konserwatiewe wit Amerikaners op die PUNTE VLAK 1 integrasie van Central High School in 1957 gereageer het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp bv. toon begrip oor hoe konserwatiewe wit PUNTE VLAK 2 Amerikaners op die integrasie van Central High School in 3–5 1957 gereageer het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor hoe konserwatiewe wit Amerikaners op die integrasie VLAK 3 van Central High School in 1957 gereageer het. PUNTE • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en 6–8 toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2015 NSS – Memorandum AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] Kandidate moet 'n gebalanseerde antwoord verskaf wat die militêre strategieë van beide die VSA en die Viëtkong in Viëtnam tussen 1963 en 1973 krities bespreek. SINOPSIS Kandidate moet in staat wees om krities te bespreek waarom die VSA nie 'n klein nasie van Viëtnamese boere gedurende die Viëtnamese oorlog tussen 1963 en 1973 kon oorwin nie. Die taktieke en strategieë wat deur die VSA se weermag en die Viëtminh/Viëtkong (Nasionale Vryheidsfront) gedurende die oorlog gebruik is, moet ook toegelig word. 'n Analise van hoe die Viëtkong in staat was om die Amerikaanse weermag te uitoorlê moet volledig uitgebrei word. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet die bewering krities bespreek en ʼn relevante argument ontwikkel. UITBREIDING Amerikaanse strategieë: • Redes vir die VSA se ontplooiing van troepe in Viëtnam • Villagisation / strategiese dorpie program (Hervestiging van mense in nuwe dorpe) (Die VSA en Suid-Viëtnamese regering het nuwe dorpies gestig en probeer om boere van die guerrillas te skei) was 'n mislukking • Golf van Tonkin-resolusie (1964) het President Johnson wye militêre magte gegee wat 'n uitbreiding van oorlogstuig in Viëtnam tot gevolg gehad het • Amerika se massalugbombardering 'Operasie Rolling Thunder' (konvensionele oorlogvoering) • 'Operasie Ranch Hand' (het chemikalieë gebruik om woude (Agent Orange) en oeste/gewasse (Agent Blue) te vernietig • VS het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur • VS het soek- en vernietig sendings gebruik (My Lai bloedbad) om dorpe wat deur die Viëtkong ondersteun is te vernietig (dit het tot 'n groot dodetal onder burgers gelei) • Die rol van die media, studente en ontwapeningsbewegings wat groot druk op die Amerikaanse regering geplaas het om uit Viëtnam te onttrek • President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Winning the hearts and minds of the Vietnamese) was 'n poging deur die VSA om van die oorlog te onttrek en om hulle 'aansien te red' • VSA onttrek alle troepe teen 1973 en Noord-Viëtnam neem beheer oor Saigon in 1975 • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2015 NSS – Memorandum Viëtkong strategieë: • Noord-Viëtnam het militêre ondersteuning verkry van die USSR en China so die Viëtminh en Viëtkong het toegang gehad tot sommige moderne wapens • Guerrilla oorlogvoering is effektief gebruik deur die Viëtkong, ondersteun deur Viëtminh uit die noorde en het taktieke soos lokvalle, ondergrondse tonnels, tref-en- trap en sabotasie gebruik • Tet offensief (1968) is deur Viëtminh en die Viëtkong teen stedelike sentrums en Amerikaanse basisse reg deur Viëtnam geloods • Die plaaslike Viëtnamese bevolking het die Viëtkong ondersteun om hulle land te bevry • Ho Chi Minh-roete is deur Viëtminh (noorde) gebruik om die Viëtkong in die suide te ondersteun • Die Viëtkong het hulle ondersteuningsbasis vergroot vanweë die taktieke wat teen Amerikaanse soldate gebruik is • Viëtnamese was verenig in die beskerming van hulle land • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet die ooreenkomste en verskille evalueer tussen die leierskap van Mobutu Sese Seko (Kongo) en Nyerere (Tanzanië) in die verandering van die ekonomiese en politieke beleid van hulle onderskeie lande wanneer hulle hierdie vraag beantwoord. Hulle moet relevante ekonomiese en politieke voorbeelde gee om hulle gedagterigting te ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet hulle gedagterigting met betrekking tot die leierskap tussen Mobutu Sese Seko en Nyerere vasstel, en aandui hoe hulle dit gaan ondersteun. UITBREIDING Politieke Transformasie van die Kongo en Tanzanië Ooreenkomste: • Beide die Kongo en Tanzanië was onder Europese koloniale regering tot die vroeë 1960's • Nadat veelparty verkiesings met onafhanklikheid gehou is, het beide lande eenparty state geword binne die eerste vyf jaar na die verkryging van onafhanklikheid • Beide lande het aangehou om verkiesings te hou • Beide leiers het die belangrikheid van die Afrikanisasie van hulle politieke stelsels (hulle het demokrasie as 'on-Afrika' en 'n Westerse oplegging beskou) beklemtoon • Die leiers van beide lande (Mobutu Sese Seko en Nyerere) het 'lewenslange president' tussen die 1960's en 1970's gebly • In beide lande is opposisie leiers die stilswye opgelê, in die tronk gegooi en in sommige gevalle doodgemaak • Beide Sese Seko en Nyerere het hulle nasies met trots opgebou en kragtig die trots om 'n Kongolees of Tanzaniër te wees, bevorder Verskille: • Mobutu Sese Seko het 'n Kleptokrasie gestig waar 'n groep aangestelde staatsamptenare hulle posisie vir finansiële gewin uitgebuit het, terwyl Nyerere die 'Leierskapkode' in die Arusha Verklaring ingestel het en daarmee hoë vereistes van integriteit van staatsamptenare vereis het • Mobutu Seso Seko was uitspattig en het duur klere geniet en het uitspattige paleise vir homself gebou terwyl Nyerere se leierskapstyl een van persoonlike integriteit en nederigheid was • Mobutu Sese Seko het hom met die Weste vereenselwig terwyl Nyerere 'n beleid van onverbondenheid met óf kapitalistiese óf kommunistiese lande aangeneem het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2015 NSS – Memorandum Ekonomiese Transformasie van die Kongo en Tanzanië Ooreenkomste • Beide lande het grootliks op landbou en minerale ontginning gesteun en nie een van die twee lande het 'n geloofwaardige krediet ontwikkelingsektor ontwikkel nie • Nie een van die twee lande het 'n beduidende styging in die lewenstandaard van die meerderheid van sy mense getoon • Beide lande het ekonomiese krisisse ondervind en moes daarom steun op buitelandse hulp/bystand Verskille • Mobutu Sese Seko het aanvanklik sy nywerheid genasionaliseer met sy beleid van 'Zaïrenasie', maar toe dit misluk het, het hy 'n kapitalistiese model aangeneem; Nyerere het 'n Afrika sosialisme model (soos uiteengesit in die Arusha Verklaring) aangeneem wat tot die nasionalisering van besighede en grond gelei het • Mobutu het hulp, belegging en finansiële steun van die Weste (veral die VSA en Frankryk) aanvaar; Nyerere was aanvanklik gekant teen die aanvaarding van buitelandse hulp (het dit gesien as neokolonialisme) • Mobutu het 'n nuwe klas elite ondersteuners tot stand gebring; Nyerere het probeer om ontslae te raak van klasseverskille in Tanzanië • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 23 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui tot watter mate Malcolm X en Stokely Carmichael 'n rol gespeel het in die bevordering van die Swartmag filosofie en of hulle suksesvol was in die inboeseming van 'swart trots' onder swart Amerikaners in die 1960's. Kandidate moet relevante voorbeelde noem om hulle gedagterigting te ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate leiers soos Malcolm X en Stokely Carmichael suksesvol was in die inboeseming van 'swart trots' onder swart Amerikaners en aandui hoe hulle, hulle argument gaan ondersteun. UITBREIDING • Die opkoms van die Swartmagbeweging Die rol van Malcolm X: • Malcolm X was 'n kragtige spreker en 'n toegewyde menseregte aktivis • Malcolm X het geglo in swart skeiding, selfbeskikking (swart nasionalisme) en hy was 'n voorstander van selfrespek en selfdissipline • Het geglo in die konsep van swart trots en selfrespek/selfhelp - 'swart trots' • Hy het gepleit vir selfgelding (aggressiwiteit) in hulle revolusie bv. Rasseopstande in Watts, Detroit • Wou hê dat swart Amerikaners moes opstaan teen wit owerhede om sodoende vryheid, regverdigheid en gelykheid op enige moontlike manier te verkry • Bevorder die gebruik van geweld as 'n manier van selfverdediging teen diegene wat swart Amerikaners aanval • Enige ander relevante antwoord Die rol van Stokely Carmichael: • Het die voorsitter geword van die SNCC (Student Non-violent Coordinating Committee) in 1966 en besluit om die leringe van die Swartmagbeweging te aanvaar • In 1966 het hy die Swartmag leuse 'Black is beautiful' gewild gemaak • Hy was 'n voorstander van die beginsels van Swartmag (doen dinge op jou eie; beheer politiek in hulle gemeenskappe; wees trots op jou eie kultuur en verdedig hulleself teen rasse onderdrukking en manipulasie) • Hy glo in niegeweld as 'n strategie wat nie gewerk het nie as gevolg van die aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teenoor swart Amerikaners gebruik is • Bevorder die uitsluiting van 'wit' liberaliste as 'n filosofie van swart Amerikaners • Stokely Carmichael was ten gunste van Afrika drag en Afrika haarstyle as 'n simbool van swart trots • Carmichael sluit aan by die Black Panther Party (vir selfverdediging) wat Swartmag tot aksie aangespoor het/'swart trots' filosofie • Die Black Panther Party is gestig deur Bobby Searle en Huey Newton Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 24 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Hulle was betrokke by die ondersteunende gemeenskapsprojekte en voedingskemas asook antiarmoede sentrums; vir verdediging teen polisie brutaliteit; het op sosio- ekonomiese omstandighede van swart Amerikaners gefokus en het ook gemeenskap reddingsprogramme gelei • Die Tien (10) puntplan het gedien as die Black Panther Party manifes wat hulle maatskaplike, politieke en ekonomiese doelwitte ingesluit het • Die Black Panther Party het betrokke geraak in straatpatrollies; het polisie aktiwiteite gemonitor en hulleself verdedig deur gewere (militante benadering) te dra om die aanhoudende polisie brutaliteit en teistering van jong stedelike swart mans te stop • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all