Skip to content

History Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12201523 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisasie van relevante 30% VLAK 1 inligting uit bronne (15) • Definieer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne (20) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas te stel 30% VLAK 3 • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15) perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (). • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geasseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ‘n antwoord op ‘n paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ‘n kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubric en gee ‘n kort kommentaar bv. ___________ . __________________________ . _________________________ _________________ . ____________________________ . _________________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun • Die leerder se interpretasie van die vraag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ 2.5. Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I A VLAK 4 VLAK 3 }26–27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2015 NSS – Memorandum NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevant tot 47–50 43–46 argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. * Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2015 NSS – Memorandum AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: WAAROM HET DIE VERPLIGTE INSTELLING VAN AFRIKAANS AS 'N ONDERRIGMEDIUM IN SWART SUID-AFRIKAANSE SKOLE TOT DIE SOWETO-OPSTANDE IN 1976 GELEI? 1.1 1.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 1A – V1] • Om swarttrots in te skerp • Beklemtoon selfvertroue en eiedunk • Beklemtoon eiewaarde • Bevorder swart identiteit • Verwyder die boeie van minderwaardigheid • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • SASO het ontstaan toe swart Suid-Afrikaanse leerders besluit het om van die veelrassige wit gedomineerde NUSAS weg te breek • SASO is gebruik om die idees van SB onder swart Suid-Afrikaanse studente te bevorder (1 x 2) (2) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • SASO het 'n rol gespeel in die bevordering van selfvertroue en eiedunk onder swart Suid-Afrikaners • SASO het 'n rol gespeel in die bewusmaking van swart Suid-Afrikaanse studente om wit heerskappy en oorheersing te verwerp (enige 1 x 2) (2) 1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Skoolleerlinge is aangewakker • Skoolleerlinge het selfvertroue gehad • Skoolleerlinge het onafhanklik geraak • Moedig skoolleerlinge aan om aan politieke aktiwiteite deel te neem • Moedig skoolleerlinge aan om die apartheidsbeleide b.v. Bantoe onderwys af te keur (enige 2 x 1) (2) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Afrikaans moet as onderrigmedium in swart junior sekondêre skole gebruik word • Afrikaans moet op 'n 50-50-basis met Engels onderrig word (2 x 1) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Die bewering: dat skole Afrikaans as 'n onderrigmedium moet gebruik • Die opdrag: die onderrigmedium word deur die skoolraad bepaal in oorlegpleging met van Zyl • Die bewering: Afrikaans moet op 'n 50-50 basis met Engels onderrig word • Die opdrag: Dit is nie in die beste belang van leerlinge om twee onderrigmediums te hê nie (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Sommige skoolrade het hulle skole beveel om die instruksie van die departement om slegs deur die medium van Engels te onderrig te ignoreer/ verwerp • Die skoolrade het komitees verkies om die stryd met die Departement van Bantoe-onderwys op te neem • Toe raadslede afgedank is, het die hele skoolraad bedank ( bv. die Meadowlands Tswana Skoolraad) • Sommige skoolrade het besluit om hulle eie taalbeleid te formuleer • Sommige skoolrade het besluit om in die beste belang van die leerlinge op te tree (enige 2 x 2) (4) 1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Hulle het die gebruik van Afrikaans as 'n onderrigmedium verwerp • Die leerlinge het geweier om klasse by te woon totdat aan hulle eise voldoen is • Die leerlinge sou slegs klasse bywoon indien die bevel om in Afrikaans te leer, teruggetrek sou word (enige 1 x 2) (2) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Die leerlinge betoog op ʼn geweldlose manier teen die instelling van Afrikaans as 'n onderrigmedium • Hulle het totale minagting teenoor die Afrikaanse taal getoon (na die Duiwel ...) • Hulle was gedetermineerd en verenig om teen Afrikaans as onderrigmedium te protesteer • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Afkeer/haat vir die taal • Dit het hulle afkeer/minagting vir die taal getoon • Hulle het dit aktief teengestaan (enige 1 x 2) (2) 1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Om te illustreer dat die jongmense die implementering van Afrikaans afkeur • Hierdie foto is wyd gepubliseer om die Suid-Afrikaanse regering se beleid van Bantoe-onderwys aan die kaak te stel/ bloot te stel • Toon die eenheid van leerders teen die Afrikaanse taal • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Dit was nodig om 'n einde aan die geweld te bring • Om kalmte by skole in Soweto te herstel • Om enige verdere uitbreek van geweld teen leerlinge te voorkom • Om beamptes te verseker dat swart Suid-Afrikaners nie teen die leer van die Afrikaanse taal was nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • 'met hulle hoed in die hand, gesmeek vir genade en goeie oordeel van die Minister' • 'geweldig geskok is deur die 'vandalisme' • 'hulle verseker die minister dat ... Afrikaans onderrig word as vak in die skole' • 'die kinders dit moeilik gevind het om sekere moeilike vakke in Afrikaans te doen' • 'onbevoegdheid van onderwysers' om moeilike vakke in Afrikaans te onderrig' (enige 2 x 1) (2) 1.4.3 [Vasstelling van die regverdiging van bewyse uit Bron 1D – V3] Kandidate moet aandui of MC Botha se verduideliking GEREGVERDIG was of NIE GEREGVERDIG was NIE NIE GEREGVERDIG NIE • MC Botha wou nie verantwoordelikheid aanvaar vir die geweld wat in skole in Soweto uitgebreek het nie • MC Botha het beweer dat leerlinge die taalbeleid nie ten volle verstaan nie • MC Botha het probeer om die blaam van die regering vir die uitbreek van geweld en lewensverlies gedurende die Soweto-opstand te verskuif • Enige ander relevante antwoord OF GEREGVERDIG • MC Botha het 'n helder verduideliking/instruksie gegee oor sy onderwysbeleid in swart Suid-Afrikaanse skole • MC Botha se verduideliking het gestaaf dat die regering nie verantwoordelik was vir die geweld in skole in die Soweto area nie • MC Botha het geïmpliseer dat die leerlinge verantwoordelik was vir die geweld en nie sy regering nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5 [Vergelyking van inligting in Bron 1B en 1D – V3] • Bron 1B: Die Departement van Bantoe-onderwys het beveel dat Afrikaans as 'n onderrigmedium in swart junior sekondêre skole gebruik moet word, terwyl in Bron 1D: Die departement nie skole gedwing/verplig het om Afrikaans as 'n onderrigmedium te gebruik nie • Bron 1B: Skole het 'n riglyn ontvang dat Afrikaans as 'n onderrigmedium in swart junior sekondêre skole gebruik moet word (50-50 met Engels), terwyl in Bron 1D: Skole kon aansoek doen vir vrystelling as dit moeilik was om Afrikaans as onderrigmedium in te implementeer • Bron 1B: Dit was nie in die belang van die leerlinge om twee onderrigmediums te hê nie, terwyl in Bron 1D: Engels gebruik kon word as onderrigmedium vir alle vakke op voorwaarde dat ekstra tyd aan Afrikaans toegeken word • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Die Swartbewussynsfilosofie het trots en selfvertroue aangemoedig (Bron 1A) • Leerlinge is bewus gemaak deur middel van die aktiwiteite van SASO (Bron 1A) • Swart Suid-Afrikaanse jeug het erg verpolitiseer en gemobiliseer (Bron 1A) • Afrikaans as 'n onderrigmedium is op swart Suid-Afrikaanse leerlinge afgedwing (Bron 1B) • Hulle sou nie verstaan as hulle in Afrikaans onderrig sou word nie (Bron 1D) • Baie jongmense het hulle eksamen gedruip en kon nie na die volgende graad oorgaan nie (eie kennis) • Die leerlinge wou die groef van onderdanigheid waarin hulle ouers was, verbreek (Bron 1A) • Swart Suid-Afrikaanse gemeenskappe is gemobiliseer om die kinders te ondersteun (eie kennis) • Stigting van die Black People's Convention het die apartheidsregering uitgedaag (Bron 1A) • Die leerlinge het saamgetrek en het baie van hulle portuurs aangemoedig om verenig te wees (eie kennis) • Op 16 Junie 1976 het die leerlinge 'n protesoptog in Soweto teen Afrikaans as 'n onderrigmedium gehou (Bron 1C) • Dit was 'n keerpunt in die geskiedenis van Suid-Afrika (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor waarom die verpligte instelling van Afrikaans as 'n onderrigmedium in swart Suid-Afrikaanse skole tot die Soweto- PUNTE VLAK 1 opstande in 1976 gelei het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip waarom die verpligte instelling van Afrikaans as 'n onderrigmedium in swart Suid-Afrikaanse skole tot PUNTE VLAK 2 die Soweto-opstande in 1976 gelei het. 3–5 • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor waarom die verpligte instelling van Afrikaans as 'n onderrigmedium in swart Suid- PUNTE VLAK 3 Afrikaanse skole tot die Soweto-opstande in 1976 6–8 gelei het. • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 2: HET DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN- VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUID-AFRIKA VAN SY VERDEELDE VERLEDE GENEES? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Hulle moet oopgemaak word • Hulle moet skoongemaak word (2 x 1) (2) 2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Om die verlede te hanteer ter wille van die toekoms • Om genesing te bring • Om nooit growwe menseregteskendings te laat plaasvind nie • Om 'n kultuur van respek vir menseregte te vestig • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron – V1] (a) Menseregte: • Regte wat alle mense verwag om op gelyke vlak te kan geniet • Regte wat die staat moet respekteer en bevorder vir al sy mense bv. Reg tot lewe, onderwys, gesondheid, waardigheid, geregtigheid, stemreg sowel as burgerlike vryhede • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) (b) Amnestie: • 'n Amptelike kwytskelding wat toegestaan is aan 'n oortreder vir misdade wat polities gemotiveerd was • Om 'n sin van vergifnis vir growwe menseregteskending te demonstreer en die waarheid te praat • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Applikante moes die volle waarheid onthul oor die gruweldaad wat gepleeg is (1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • 'U Edelagbare, dit was oor die vals bewerings wat ons saamgestel het' • 'Dit kon moontlik wees' • Bizos verwys na Snyman as ʼn vindingryke persoon (enige 1 x 2) (2) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Mnr. Snyman het nie die volle waarheid oor sy betrokkenheid in die dood van Biko onthul nie • Mnr. Snyman wou nie volle verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar nie • Mnr. Snyman het nie berou getoon vir sy rol in die doodmaak van politieke aktiviste soos Biko nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.2.3 [Vasstelling van die betroubaarheid van bewyse in Bron 2B – V3] Kandidate moet aandui of die bewyse BETROUBAAR is of NIE BETROUBAAR NIE en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun BETROUBAAR • Die inligting is die oorspronklike getuienis wat mnr. Snyman aan die Amnestiekomitee gegee het/mnr. Snyman se regte woorde • Die inligting kom uit die staatsargiewe en is nie mee gepeuter nie • Enige ander relevante antwoord NIE BETROUBAAR NIE Kandidate moet hulle antwoord ondersteun (2 x 2) (4) 2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Hy was vyandig/aggressief teenoor mnr. Snyman • Hy het geen genade betoon nie • Interrogatiewe vrae • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Harold Snyman word uitgebeeld as 'n onbetroubare/ongeloofwaardige/ oneerlike/ onwillige persoon • Harold Snyman word uitgebeeld as 'n bose persoon (tong word uitgebeeld as die tong/giftande van 'n slang) • Beeld Harold Snyman uit as iemand wat ouer geword het oor 'n tydperk (kleur van sy hare – grys) • Wou arrestasie voorkom • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Harold Snyman wou amnestie verkry • Hy wou die Amnestiekomitee om die bos lei oor hoe Biko doodgemaak is • Hy was vindingryk – verander sy verklaring oor hoe Biko doodgemaak is sonder om die waarheid te vertel • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en 2C – V3] • In Bron 2B erken Snyman dat hy vals inligting verskaf het tydens die geregtelike ondersoek (daar was geen ondervraging nie) terwyl in Raampie 2 van Bron 2C verander Snyman sy getuienis betreffende sy rol gedurende Biko se ondervraging • In Bron 2B verskaf Snyman onakkurate inligting oor die gebeure wat tot die dood van Biko gelei het, terwyl in Raampie 2 van Bron 2C word hy uitgebeeld as misleidend/probeer om die Amnestiekomitee te bedrieg (die muur het Biko aangeval) hieruit het beserings tot Biko se dood gelei • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • Hulle het nie die volle waarheid gepraat nie • Hulle het nie erken dat hulle 'n politieke misdaad teen die aktiviste gepleeg het nie • Kon nie slaag daarin om te bewys dat hulle dade polities gemotiveerd was nie (enige 1 x 2) (2) 2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] (a) Tevrede • Omdat hulle nie amnestie verkry het vir die rol wat hulle in die dood van politieke aktiviste gespeel het nie (1 x 2) (2) (b) Teleurgesteld • Die familie het nooit die volle verslag gekry oor hoe Biko dood is in polisie aanhouding nie, want die polisiemanne het nie noodsaaklike inligting verskaf nie • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V1] • Die staat het nie voldoende en geloofwaardige bewyse gehad om die polisiemanne te vonnis nie/ geen ooggetuies • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate moet aandui of die WVK Suid-Afrika GENEES het of NIE GENEES het nie Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: GENEES • Die amnestieproses het dit vir Suid-Afrika moontlik gemaak om 'n kultuur van respek vir mense, wie se menseregte geskend was, te ontwikkel (Bron 2A) • Die WVK het op herstellende geregtigheid gefokus (eie kennis) • Oortreders wat eerlik was en die volle waarheid vertel het, is amnestie toegestaan (Bron 2A) • Amnestieproses was 'n suiwering vir die families van slagoffers en slagoffers van menseregteskendings bv. Mtimkulu en Ndwandwe families (eie kennis) • Landswye verhore – meer as 20 000 mense het voor die WVK verskyn (eie kennis) • Dit het versoening gebring tussen die oortreders en slagoffers bv. Brian Mitchell en die Trust Feed gemeenskap (eie kennis) • Die WVK het 'n omvattende verslag gelewer aan die regering om programme te ontwerp en wette op te stel om eenheid te bring en 'n kultuur van menseregte in die land te ontwikkel (eie kennis) • Die verhore het verseker dat foute van die verlede nooit weer in die toekoms herhaal sou word nie (eie kennis) • Gedenknaalde en monumente het maatskaplike samehang/eenheid bevorder (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2015 NSS – Memorandum NIE GENEES NIE • Het die wonde van die verlede oopgemaak (Bron 2B) • Sommige families en slagoffers wou vergeldingsgeregtigheid hê (Bron 2D) • Sommige families het nooit berusting gevind nie bv. Biko, Mxenge, Mlangeni en Hani families (eie kennis) • WVK het regterlike uitdagings in die gesig gestaar van sommige families en organisasies bv. AZAPO se grondwetlike uitdaging aan die amnestieproses (eie kennis) • Politici, weermag en apartheid era polisiemanne en generaals is nie verantwoordelik gehou vir die politieke misdade wat gepleeg is nie (eie kennis) • Sekere organisasies en politici het gedink dat die proses bedoel was om hulle te verneder bv. Die NP en PW Botha (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip of die amnestieproses van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) Suid- PUNTE VLAK 1 Afrika van sy verdeelde verlede genees het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip of die amnestieproses van die Waarheids-en- PUNTE VLAK 2 Versoeningskommissie (WVK) Suid-Afrika van sy 3–5 verdeelde verlede genees het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip of die amnestieproses van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) Suid- PUNTE VLAK 3 Afrika van sy verdeelde verlede genees het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 3: WAAROM HET DIE BRICS-LEDE BESLUIT OM IN 2014 'N ONTWIKKELINGSBANK TE STIG? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Brasilië • Rusland • Indië • China • Suid-Afrika (5 x 1) (5) 3.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • BRICS leiers stem saam (skud hand) oor die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank • Die BRICS leiers lyk gelukkig met hulle besluit om 'n BRICS Ontwikkelingsbank te steg • Dit lyk of sekere aspekte (ligging van die bank, kapitale strukture, beheerstrukture) nog onderhandel moet word • Die pad vorentoe vir die BRICS Ontwikkelingsbank lyk onseker (manier waarop die pad uitgebeeld is) • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • Indië (1 x 1) (1) 3.2.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 3B – V1] (a) • Nasies se ekonomieë met 'n lae tot middel per capita inkomste • Nasies met besigheidsaktiwiteite wat in die proses is van vinnige groei en industrialisasie • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) (b) • Globalisering verwys na die tegnologiese, politieke en ekonomiese veranderings, wat tot gevolg het dat die wêreld op 'n ander manier funksioneer as twintig tot dertig jaar gelede • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • President Dilma Roussef wou die beheer wat die VS en Europa op die IMF het, verbreek • President Dilma Roussef wou hê dat ontwikkelende lande 'n groter sê moet hê in die sake van die IMF • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 15 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • Internasionale Monetêre Fonds (IMF) • Wêreldbank (2 x 1) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Stiglitz ondersteun die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank omdat dit die Westers-gedomineerde IMF en Wêreldbank kon teenstaan • Stiglitz ondersteun die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank want dit het 'n 'fundamentele verandering in wêreldekonomie en politieke mag' aangedui • Stiglitz beweer dat die BRICS Ontwikkelingsbank nuwe lewe kon inblaas op die manier waarop fondse aan ontwikkelende nasie versprei word • Stiglitz beweer dat die BRICS Ontwikkelingsbank fondse aan ontwikkelende nasies sal beskikbaar stel om hulle finansiële infrastruktuur te verbeter (enige 2 x 2) (4) 3.3.3 [Interpretasie en evaluering van inligting in Bron 3C – V3] Kandidate moet aandui of hulle Stiglitz se siening ONDERSTEUN of NIE ONDERSTEUN NIE: ONDERSTEUN • Stiglitz is 'n beroemde ekonomiese akademikus en het diep kennis van wêreld ekonomiese neigings wat sy siening geldig maak • Stiglitz is die voormalige hoof van die Wêreldbank wat hom 'n kenner maak van hoe internasionale finansiële instansies besigheid met ontwikkelende lande doen • Stiglitz ontvang die Nobelprys vir sy bydrae tot die ekonomiese welstand van die wêreld en daarom kan sy siening betroubaar en geldig wees • Enige ander relevante antwoord OF ONDERSTEUN NIE • Stiglitz se siening oor hoe die BRICS Bank kan voordeel trek uit ontwikkelende nasies kan nie vertrou word nie omdat dit op veronderstellings gebaseer is • Stiglitz het nie 'n diep kennis van die BRICS Ontwikkelingsbank se werkinge nie en sy siening kan dus nie vertrou word nie • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 16 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 3.4 [Vergelyking van inligting in Bron 3C en 3B – V3] • Bron 3B sê dat die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank die tradisionele Westers-gedomineerde internasionale finansiële instansies (IMF en Wêreldbank) sal uitdaag terwyl Bron 3C verwys na die BRICS Ontwikkelingsbank as 'n finansiële instansie wat die Westers-gedomineerde IMF en Wêreldbank kan teenstaan • Bron 3B sê dat die BRICS lande met hulle Ontwikkelingsbank druk wil uitoefen op 'n groter sê in die wêreld finansiële orde terwyl Bron 3C verwys na die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank as die begin van verandering in die wêreld en ekonomiese mag • Bron 3B sê dat die BRICS Ontwikkelingsbank die befondsing van infrastruktuur projekte in ontwikkelende lande ten doel het terwyl Bron 3C verwys na hoe die BRICS Ontwikkelingsbank fondse aan ontwikkelende nasies vir infrastruktuur en ontwikkeling kan versprei • Bron 3B verwys na die demokratiese beheer van die BRICS Ontwikkelingsbank terwyl Bron 3C verwys na die beheer van die IMF en Wêreldbank as ondemokraties • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.5 3.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Die IMF se uitleenkapasiteit was baie groter ($750 biljoen) teenoor die van die BRICS Bank ($150 miljoen) • Die Wêreldbank kan lenings tot en met $300 biljoen toestaan (daar is nog nie sekerheid oor die bedrae wat die BRICS Ontwikkelingsbank sal leen) • Die IMF het meer geloofwaardigheid en mag as die BRICS Ontwikkelingsbank omdat die nuwe monetêre instansie geen prestasie tot dusver het nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Die Verenigde State en Europa was nie bereid om die IMF te hervorm nie, want hulle stop hervormings wat hierdie internasionale finansiële instansies meer demokraties kan maak en sodoende sy invloed en statuur kan verloor • Die Verenigde State het vetoreg oor die besluite wat by die IMF geneem word, so hulle besluit wie vir lenings kwalifiseer, vervolgens is hierdie instansie nie demokraties gereken nie • Die feit dat Europa aandring op die reg om die Fonds se Besturende Direkteur aan te stel, dui die ondemokratiese wyse van hierdie instansies aan • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Dit sal die Wêreldbank se uitleenmag verswak • Die ekonomieë van ontwikkelde lande sal negatief beïnvloed word • Die Weste (ontwikkelde nasies) sal ekonomies verswak en kwesbaar wees • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 17 DBE/November 2015 NSS – Memorandum 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • BRICS het 'n ontwikkelingsbank ingestel as 'n meganisme om 'n einde vir die monopolie van die Wêreldbank en die IMF in wêreldwye aangeleenthede te vereis (Bron 3A) • Die BRICS nasies wou 'n groter sê in die wêreldwye finansiële orde hê deur hervormings van die IMF en die Wêreldbank te vereis (Bron 3B) • Die BRICS nasies met hulle Ontwikkelingsbank sal die Wêreldbank en die IMF teenstaan deur hulle benadering van hoe fondse versprei word aan ontwikkelende nasies (Bron 3C) • Die BRICS lande met hulle Ontwikkelingsbank het die wêreldwye ekonomiese en politieke landskap verander; Lande het nou meer as een opsie as hulle besluit om finansiële bystand te verkry (Bron 3C) • Die BRICS lande het 'n opponent geword van die Westers gedomineerde finansiële instansies (Bron 3D) • Die BRICS Ontwikkelingsbank sal 'n platform wees vir armer nasies deurdat hulle lidmaatskap aan ander lande as die vyf BRICS lede aanbied (Bron 3B) • Die BRICS Ontwikkelingsbank sal armer nasies 'n groter sê gee in die internasionale finansiële orde (eie kennis) • Armer nasies sal nie onderhewig wees aan die voorwaardes wat deur die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds vir lenings daargestel is nie (eie kennis) • BRICS Ontwikkelingsbank leen aan armer nasies en sal nie voorwaardes stel aan regerings om die spandering vir maatskaplike projekte in te kort nie (eie kennis) • Daar sal nie druk op armer nasies uitgeoefen word om hulle markte oop te stel vir produkte van BRICS lande om sodoende vir lenings te kwalifiseer nie (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip om die redes vir die stigting van die BRICS PUNTE VLAK 1 Ontwikkelingsbank in 2014 te verduidelik. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip om die redes vir die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank in 2014 te PUNTE VLAK 2 verduidelik. 3–5 • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip om die redes vir die stigting van die BRICS PUNTE VLAK 3 Ontwikkelingsbank in 2014 te verduidelik. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 18 DBE/November 2015 NSS – Memorandum AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet fokus op PW Botha se pogings om grondwetlike hervormings, wat nie die meerderheid van onderdrukte Suid-Afrikaners aangespreek het nie, te onderneem. Hierdie veranderings het 'n golf van volgehoue massaproteste, wat nog nie voorheen in die land aanskou is nie, aangehits. 'n Bespreking van die aard van die weerstand wat onderneem is deur verskillende anti-apartheidsorganisasies en hoe dit volgehou is regdeur die 1980's, moet beklemtoon word. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet fokus op waarom PW Botha se hervormings tot landswye protesaksies gelei het. UITBREIDING • Botha se pogings om apartheid te hervorm met sy beleid van 'Totale Strategie' • Die instelling van die Driekamer Parlementêre stelsel in 1983 • Die stigting van die UDF was in antwoord op die Driekamerparlement • Die UDF onderneem verskeie veldtogte soos die 'Don't Vote Campaign' (Moenie stem nie veldtog); 'Million Signature' (Miljoen handtekening) Veldtog • Die toename van interne weerstand bv. Gewelddadige proteste in die Vaaldriehoek • Die Vaal Burgervereniging het huurboikotte georganiseer (Polisie neem die burgerleiers in hegtenis; Geweld het in die Vaal townships uitgebreek met raadslede wat doodgemaak is; skole is geboikot) • Die regering verklaar herhaaldelike noodtoestande in 1985 en 1986 om die opposisie teen apartheid te stop, maar dit was onsuksesvol • Die rol van Handelsunies en die stigting van COSATU was 'n keerpunt in die stryd om vryheid en demokrasie; Die African Food Canning Workers Union het die eerste nasionale staking uitgeroep • Hierdie stakings was gerig op die verbetering van werksomstandighede van werkers wat ook politieke regte ingesluit het • Onderwys stryd – Onderwys krisiskomitee, COSAS en NUSAS het die 'Education Charter Campaign, (Onderwysooreenkoms veldtog) ens. vrygestel • Die rol van die End Conscription Campaign (Beëindig Verpligte Militêre Diens) (Wit Suid-Afrikaanse mans het verpligte militêre diens teengestaan; baie wit Suid- Afrikaanse soldate het gevoel dat dit verkeerd was om township opstande te onderdruk) • Die End Conscription Campaign het die 'Troops out of Townships' (Troepe kom uit die Townships) geloods; (Jong wit mans het geweier om by die weermag aan te sluit) • Die rol van die Black Sash (Hulle het Apartheid teengestaan, het humanitêre hulp aan slagoffers van Apartheid verleen) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 19 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Verbruikersboikotte het 'n belangrike rol gespeel in die geveg teen Apartheid (Dit het die ekonomie geaffekteer; Die afnemende ekonomie het 'n negatiewe effek op wit Suid-Afrikaners gehad) • Die rol van die Mass Democratic Movement (MDM was 'n wye weerstandsbeweging teen Apartheid) • Teen die einde van 1989 het die land onregeerbaar geraak en die apartheidsregering was gedwing om met bevrydingsorganisasies te onderhandel • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 20 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui tot watter mate FW de Klerk se aardskuddende besluit die weg gebaan het vir 'n onderhandelingsooreenkoms wat in 1994 tot 'n demokratiese Suid-Afrika gelei het . HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en aandui of FW de Klerk se grondslaggewende besluit 'n bevorderlike politieke omgewing vir 'n onderhandelingsooreenkoms in Suid-Afrika geskep het. UITBREIDING • De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond • De Klerk se toespraak in die parlement – 2 Februarie 1990 • Die ontbanning van politieke- en burgerorganisasies soos die ANC en SAKP • Die verwydering van beperkings op COSATU en AZAPO • De Klerk se besluit om Mandela vry te laat uit die gevangenis op 11 Februarie 1990 wat die weg gebaan het vir onderhandelings • Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP het ontmoet, ANC afvaardiging gelei deur Nelson Mandela, NP afvaardiging gelei deur FW De Klerk). • Apartheidswetgewing herroep die Wet op Aparte Geriewe • Pretoria Minuut – 6 Augustus 1990 (ANC kom ooreen om die gewapende stryd neer te lê) • KODESA 1 (19 politieke partye uitsluitend AZAPO,KP en PAC/300 afgevaardigdes) • Verklaring van Voorneme wat 'n verenigde SA verseker, word geteken • Geweld breek uit in sommige dele van die land soos aan die Rand en Natal • Slegs Blankes referendum (Maart 1992) • KODESA 2 (2 Mei 1992) stort ineen. Partye slaag nie daarin om saam te stem oor die nuwe grondwetliggaam en die tussentydse regering nie • NP wou 'n minderheid veto hê, terwyl die ANC 'n tussentydse regering wou hê vir nie langer as 18 maande nie en eenvoudig 'n meerderheidsregering wou hê • Boipatong slagting en sy gevolge (17 Junie 1992) • Bhisho slagting het die onderhandelingsproses ontspoor (7 September 1992) • Record of Understanding (Memorandum van Verstandhouding) is op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) onderteken • Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en sy impak op Suid-Afrika • Veelparty Onderhandelingsforum • Regsgesinde(AWB) aanval op die Wêreldhandelsentrum en sy gevolge • Sunset Clause ingestel deur Joe Slovo het die dooiepunt in onderhandelings verbreek • Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig • ANC wen verkiesing en Mandela word die eerste swart Suid-Afrikaanse President • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 21 DBE/November 2015 NSS – Memorandum VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet sê of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling nie en hulle argument met relevante bewyse ondersteun. Hulle moet assesseer tot watter mate die ondergang van die Sowjetunie politieke veranderings in Suid-Afrika beïnvloed het na 1989. Hulle moet argumenteer of die val die enigste faktor was wat die weg gebaan het vir onderhandelings tussen die Nasionale Party en die African National Congress of nie. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en aandui of dit die val van kommunisme was wat verantwoordelik was vir politieke veranderinge of, of ander faktore ook bygedra het om te verander Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 22 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • . UITBREIDING As kandidate saamstem met die bewering, moet hulle die volgende punte in hulle antwoord insluit. • In die 1980's het die Suid-Afrikaanse regering 'n veranderde wêreldorde in die gesig gestaar en Suid-Afrika het geïsoleerd geraak • Meeste Suid-Afrikaanse buurlande het onafhanklikheid verkry • Gorbatsjof se beleid van Perestroika en Glasnost en sy impak op Suid-Afrika • Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer en die kommunistiese regimes in Oos-Europa het ineengestort • Die Berlynse Muur het geval wat verreikende gevolge vir Suid-Afrika gehad het • Veranderings in die wêreld het bygedra tot die einde van apartheid • Die ineenstorting van die USSR het die ANC van sy hoof ekonomiese - en militêre ondersteuning ontneem • Sosialisme was nie langer 'n ernstige opsie vir die ANC nie • Die Nasionale Party se aanspraak dat hy Suid-Afrikaners van 'n kommunistiese aanslag beskerm, het onrealisties geraak • Westerse wêreldmoondhede het die stap dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en demokraties oplos, ondersteun • Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party regering nie wit oorheersing onbepaald kon behou nie • Invloedryke Nasionale Party lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord was op die vereistes van wit kapitalistiese ontwikkeling nie • Daar was geen twyfel dat die aanhoudende onderdrukking van swart Suid-Afrikaners nie politieke stabiliteit sou verseker nie • Die regering het begin glo dat hervorming die ontwikkeling van 'n sterk swart middelklas, wat as 'n 'verskansing teen revolusie' sou dien, moes insluit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 23 DBE/November 2015 NSS – Memorandum • Mandela is gekies as eerste swart President van Suid-Afrika en De Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie 'n sameswering was wat uit Moskou gerig was nie • Dit het vir De Klerk moontlik geword om deel te neem aan besprekings met bevrydingsorganisasies • Op 2 Februarie 1990 het De Klerk 'n 'nuwe en regverdige grondwetlike bedeling' aangekondig wat die einde van Apartheid ingelui het • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot. Indien kandidate nie saamstem nie, moet hulle hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all