Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220159 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2015 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gekry word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2015 NSS AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: WAAROM HET DIE VERPLIGTE INSTELLING VAN AFRIKAANS AS 'N ONDERRIGMEDIUM IN SWART SUID-AFRIKAANSE SKOLE TOT DIE SOWETO-OPSTANDE IN 1976 GELEI? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Verduidelik die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.2 Waarom, volgens die bron, is SASO gestig? (1 x 2) (2) 1.1.3 Watter rol het SASO in die laat 1960's en vroeë 1970's in swart Suid-Afrikaanse gemeenskappe gespeel? (1 x 2) (2) 1.1.4 Op watter maniere het die Swartbewussynsfilosofie leerlinge beïnvloed? (2 x 1) (2) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Noem TWEE opdragte wat die Suid-Transvaalse Streeksdepartement van Bantoe-onderwys in 1974 aan skole uitgereik het. (2 x 1) (2) 1.2.2 Verduidelik hoe dr. HJ van Zyl se stelling strydig was met die opdrag wat deur die Suid-Transvaalse Streeksdepartement van Bantoe- onderwys gegee is. (2 x 2) (4) 1.2.3 Lewer kommentaar op hoe die verskillende skoolrade gereageer het op die opdrag wat deur die Suid-Transvaalse Streeksdepartement van Bantoe-onderwys gegee is. (2 x 2) (4) 1.2.4 Waarom, volgens die bron, het leerlinge van sekondêre skole in Soweto geweier om klasse by te woon? (1 x 2) (2) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Watter boodskap word deur die foto oorgedra? (1 x 2) (2) 1.3.2 Gebruik die inligting in die bron om te verduidelik hoe die leerlinge van Soweto op die instelling van die Afrikaanse taal as verpligte onderrigmedium gereageer het. (1 x 2) (2) 1.3.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink hierdie foto oral gepubliseer sou word in die lig van die gebeure wat in Junie 1976 plaasgevind het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2015 NSS 1.4 Gebruik Bron 1D. 1.4.1 Waarom was dit vir swart Suid-Afrikaanse leiers nodig om met Bantoe-onderwysamptenare te vergader? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2 x 2) (4) 1.4.2 Noem TWEE maniere waarop die lede van die Stedelike Bantoeraad die Minister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling oor die Soweto-opstand geantwoord het. (2 x 1) (2) 1.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of MC Botha se verduideliking van die Bantoe-onderwysbeleid geregverdig was in die konteks van wat op 16 Junie 1976 in Soweto gebeur het. (2 x 2) (4) 1.5 Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B van Bron 1D verskil ten opsigte van die implementering van Afrikaans as 'n onderrigmedium in swart Suid-Afrikaanse skole. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik waarom die verpligte instelling van Afrikaans as 'n onderrigmedium in swart Suid-Afrikaanse skole in 1976 tot die Soweto-opstande gelei het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2015 NSS VRAAG 2: HET DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN- VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUID-AFRIKA VAN SY VERDEELDE VERLEDE GENEES? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Hoe, volgens Desmond Tutu, moet Suid-Afrikaners die 'wonde' van die verlede hanteer? (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom was dit vir beide slagoffers en oortreders belangrik om die verlede te hanteer? (1 x 2) (2) 2.1.3 Definieer die volgende historiese terme in jou eie woorde: (a) Menseregte (1 x 2) (2) (b) Amnestie (1 x 2) (2) 2.1.4 Wat, volgens die bron, was die hoofvoorwaarde vir oortreders om amnestie te verkry? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat mnr. Snyman oneerlik was. (1 x 2) (2) 2.2.2 Lewer kommentaar op waarom amnestie nie deur die WVK aan mnr. Snyman toegestaan is nie. (2 x 2) (4) 2.2.3 Verduidelik of jy die inligting in hierdie bron as 'n betroubare historiese bewys sal beskou in die konteks van die amnestieverhore wat deur die WVK gehou is. (2 x 2) (4) 2.2.4 Beskryf die benadering wat mnr. Bizos gebruik het toe hy mnr. Snyman ondervra het. (1 x 2) (2) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Lewer kommentaar op Zapiro se uitbeelding van Harold Snyman in die spotprent. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 2.3.2 Verduidelik waarom Harold Snyman besluit het om sy getuienis oor Steve Biko se dood te verander. (2 x 2) (4) 2.4 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting in Bron 2C (raampie 2) ten opsigte van Snyman se pleidooi om amnestie ondersteun. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2015 NSS 2.5 Gebruik Bron 2D. 2.5.1 Waarom is amnestie aan die vyf Suid-Afrikaanse polisiemanne geweier? (1 x 2) (2) 2.5.2 Die Biko-familie was beide 'bly' en 'teleurgesteld' oor die uitkoms van die amnestieverhoor. (a) Verduidelik waarom hulle bly was oor die uitkoms van die amnestieverhoor. (1 x 2) (2) (b) Verduidelik waarom hulle teleurgesteld was oor die uitkoms van die amnestieverhoor. (1 x 2) (2) 2.5.3 Waarom het die Minister van Justisie besluit om nie die polisiemanne wat vir Biko se dood verantwoordelik was, te vervolg nie? (1 x 2) (2) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik of die amnestieproses van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) Suid-Afrika van sy verdeelde verlede genees het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2015 NSS VRAAG 3: WAAROM HET DIE BRICS-LEDE BESLUIT OM IN 2014 'N ONTWIKKELINGSBANK TE STIG? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Identifiseer die VYF BRICS-lede wat in die spotprent uitgebeeld word. (5 x 1) (5) 3.1.2 Gebruik die visuele leidrade in die bron om die boodskappe te verduidelik wat die spotprenttekenaar met betrekking tot die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank uitbeeld. (2 x 2) (4) 3.2 Raadpleeg Bron 3B. 3.2.1 Noem die land wat vir die eerste vyf jaar toesig sal hê oor die werksaamhede van die BRICS Ontwikkelingsbank. (1 x 1) (1) 3.2.2 Definieer die volgende terme in jou eie woorde: (a) Ontwikkelende lande (1 x 2) (2) (b) Globalisering (1 x 2) (2) 3.2.3 Waarom, dink jy, het President Dilma Rousseff daarop aangedring dat die IMF 'n hervormingsproses onderneem? (1 x 2) (2) 3.3 Gebruik Bron 3C. 3.3.1 Noem die TWEE Westers-gedomineerde finansiële instellings wat Stiglitz beweer het die Ontwikkelingsbank sou kon uitdaag. (2 x 1) (2) 3.3.2 Waarom het Stiglitz besluit om die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank te steun? (2 x 2) (4) 3.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of jy Stiglitz se siening met betrekking tot die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank sou steun. (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B en 3C mekaar ondersteun ten opsigte van die impak wat die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank na verwagting op die Wêreldbank sou hê. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2015 NSS 3.5 Lees Bron 3D. 3.5.1 Charles Kenny het beweer dat die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank na verwagting nie 'n uitdaging vir die IMF en die Wêreldbank sou wees nie. Gee TWEE redes vir sy standpunt. (2 x 2) (4) 3.5.2 Waarom, dink jy, is beide die VSA en Europa onwillig om die IMF te hervorm? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2 x 2) (4) 3.5.3 Verduidelik hoe die ekonomieë van ontwikkelde lande beïnvloed sal word indien die BRICS-lede hulle ekonomiese steun aan die IMF en die Wêreldbank sou onttrek. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die redes vir die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank in 2014 te verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2015 NSS AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's PW Botha het in die 1980's 'n reeks hervormingsmaatreëls ingestel. Ironies genoeg was dit hierdie hervormingsmaatreëls wat 'n vlaag van massaverset teen die apartheidsregime ontketen het. Bespreek hierdie bewering krities met verwysing na die ontstaan van die massaverset teen PW Botha se hervormingsmaatreëls in die 1980's. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Die 25ste herdenking van FW de Klerk se grondslaggewende besluit om Nelson Mandela uit die Victor Verster-gevangenis vry te laat, word in 2015 gevier. In die konteks van die stelling hierbo, verduidelik tot watter mate FW de Klerk se besluit die weg gebaan het vir 'n onderhandelde skikking wat uiteindelik in 1994 tot die totstandkoming van 'n demokratiese Suid-Afrika gelei het. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Dit was die ondergang van kommunisme wat grootliks verantwoordelik was vir die politieke veranderinge wat na 1989 in Suid-Afrika plaasgevind het. Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all