Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220199 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ’n addendum van 14 bladsye.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord TWEE vrae soos volg: 4.1 Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet ’n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING (SBB) DIE POLITIEKE TONEEL VAN SUID-AFRIKA IN DIE 1970’s VERANDER? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Wat, volgens die bron, het die Swartbewussynsbeweging in die 1970’s aangehits? (1 x 2) (2) 1.1.2 Definieer die begrip Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Biko SASO gevorm het. (2 x 2) (4) 1.1.4 Noem TWEE organisasies uit die bron wat as gevolg van die invloed van die Swartbewussynsbeweging gevorm was. (2 x 1) (2) 1.1.5 Waarom, dink jy, het die regering die Swartbewussynsbeweging (SBB) as ’n bedreiging beskou? (1 x 2) (2) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Volgens die bron, waar het die leerders vergader om hul optog te koördineer? (1 x 1) (1) 1.2.2 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die volgende verklaring: ‘Toe hulle daardie aand terugkeer sou hul lewens vir ewig verander gewees het.’ (2 x 2) (4) 1.2.3 Noem TWEE studenteleiers uit die bron wie die optogte by hul onderskeie skole gelei het. (2 x 1) (2) 1.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, om te verduidelik wat die studente van Soweto geïmpliseer het met die woorde: ‘Dit het in Angola gebeur. Waarom nie hier nie?’ (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Volgens die bron, waarheen was met die skietslagoffers gehaas? (1 x 2) (2) 1.3.2 Noem DRIE reaksies van die kinders toe die polisie ’n traangaskannetjie na hulle gegooi het. (3 x 1) (3) 1.3.3 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron vir ’n historikus wat die reaksie van die apartheidspolisie teenoor die Soweto-studente bestudeer. (2 x 2) (4) 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 Watter boodskap word deur hierdie foto rakende die apartheids- polisie oorgedra? (1 x 2) (2) 1.4.2 Lewer kommentaar op die moontlike reaksie op hierdie foto deur die volgende: (a) Die internasionale gemeenskap (1 x 2) (2) (b) Swart Suid-Afrikaners (1 x 2) (2) 1.5 Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun met betrekking tot die reaksie van die polisie tydens die Soweto-opstand. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Swartbewussynsbeweging die politieke landskap van Suid-Afrika in die 1970’s verander het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HET DIE AMNESTIE-PROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN- VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUID-AFRIKA VAN SY VERDEELDE VERLEDE GENEES? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Waarom, volgens die bron, was die WVK gevorm? (2 x 1) (2) 2.1.2 Definieer die begrip rekonsiliasie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die WVK dit nodig geag het om ‘’n behoefte vir begrip maar nie vir wraak’ in Suid-Afrika te vestig. (2 x 2) (4) 2.1.4 Aan wie, volgens die bron, sal amnestie aangebied word? (1 x 2) (2) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Noem enige TWEE apartheid-veiligheidspolisiemanne uit die bron wie vir die moord op die Cradock Vier verantwoordelik gehou was. (2 x 1) (2) 2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die apartheidsregering die Cradock Vier vermoor het. (2 x 2) (4) 2.2.3 Hoe, volgens die bron, was die Cradock Vier vermoor? (2 x 1) (2) 2.2.4 Lewer kommentaar waarom jy die inligting in hierdie bron as bruikbaar sal beskou as jy die amnestie-verhore van die apartheid- veiligheidspolisiemanne by die WVK navors. (2 x 2) (4) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Noem TWEE van die Cradock Vier weduwees uit die bron wat getuienis by die WVK-verhore afgelê het. (2 x 1) (2) 2.3.2 Waarom dink jy het mev. Calata voor die WVK-verhore verskyn? (2 x 2) (4) 2.3.3 Verduidelik van watter menseregte het die apartheid-veiligheids- polisiemanne mev. Calata en haar kinders ontneem. (2 x 2) (4) 2.3.4 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat mej. Mhauli se man wreed vermoor was. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Watter boodskap word in hierdie foto rakende die werk van die WVK oorgedra? (1 x 2) (2) 2.4.2 Wie was die voorsitter by die WVK-verhore? (Gebruik ’n visuele leidraad uit die foto om die vraag te beantwoord.) (1 x 2) (2) 2.5 Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D ondersteun met betrekking tot die verskyning van die Cradock Vier se weduwees by die WVK-verhore. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik of die amnestie-proses van die WVK Suid-Afrika van sy verdeelde verlede genees het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP DERDE WÊRELD- LANDE GEHAD? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Hoe, volgens die bron, het globalisasie gepoog om die wêreld ekonomies te verenig? (2 x 1) (2) 3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die faktore tot die proses van globalisering bygedra het. (2 x 2) (4) 3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom lenings eerder aan ontwikkelde lande as Derdewêreld-lande toegestaan was. (2 x 2) (4) 3.1.5 Noem TWEE finansiële instellings uit die bron wat lenings aan ontwikkelde lande gegee het. (2 x 1) (2) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Noem TWEE belangrike rolle vanuit die bron wat globalisering op Derdewêreld-lande speel. (2 x 1) (2) 3.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom buitelandse lenings nie voordelig vir Derdewêreld-lande was nie. (2 x 2) (4) 3.2.3 Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van die inligting in die bron vir ʼn historikus wat die impak van globalisering op Derdewêreld- lande bestudeer. (2 x 2) (4) 3.2.4 Hoe, volgens die bron, is Derdewêreld-lande verbind met die res van die wêreld? (2 x 1) (2) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Hoe, volgens die bron, het globalisasie ontwikkelende lande geaffekteer? (2 x 1) (2) 3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe tegnologie ’n negatiewe invloed op Derdewêreld-lande gehad het. (2 x 2) (4) 3.3.3 Hoe, volgens die bron, was werk vir tydelike werkers geskep? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1 Watter boodskap word in RAAM 1 rakende China en Indië voor globalisering oorgedra? (1 x 2) (2) 3.4.2 Verduidelik die boodskap wat in RAAM 2 oorgedra word. (1 x 2) (2) 3.5 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B verskil van die inligting in Bron 3C rakende die invloed van globalisering op Derdewêreld-lande. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak van globalisering op Derdewêreld-lande verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel moet ten minste DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s ‘Dit was slegs die boikotte, afgedwing op Suid-Afrika in die laat 1980’s, wat tot die einde van apartheid bygedra het.’ Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument deur relevante bewyse te gebruik. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Verduidelik tot watter mate leierskap, onderhandelings en kompromie tussen die verskillende politieke partye in Suid-Afrika die weg vir ʼn demokratiese Suid-Afrika in 1994 gebaan het. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Bespreek krities hoe die ineenstorting van kommunisme in die Sowjetunie gelei het tot onderhandelinge tussen die African National Congress (ANC) en die Nasionale Party (NP) regering. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all