NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2025
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 26 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers _hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025. Memorandum, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 26
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 26
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paper · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding,
ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn
duidelike hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LVA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
}30–33
A VLAK 5
KOMMENTAAR
• Vraag herkenbaar in antwoord.
• Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die
gestruktureerde om antwoord te
gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te
opstel. Goeie
opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
sintese van Grootliks
argument is duidelike argument gebruik om argument. Poog
inligting. Het ʼn beskrywend of
gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol
goed te ontwikkel.
gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument
gebalanseerde, Gevolgtrekking
argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse
verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel
ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur
met bewyse. gevolgtrekking te
Argument gevolgtrekking uit ondersteun.
die bewyse te bewyse nie. maak nie.
deurgaans
volgehou en maak om die
INHOUD argument te
verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE BEËINDIG DIENSPLIG-VELDTOG END
CONSCRIPTION CAMPAIGN (ECC) DIE APARTHEIDSREGERING
IN DIE 1980’s UITGEDAAG?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ‘Black Sash’ (1 x 2) (2)
1.1.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1 A – V1]
• Verpligte inskrywing vir diens in ʼn land se weermag
• Verpligte militêre diensplig vir wit mans in Suid-Afrika in die 1980’s
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1 A – V1]
• ‘Die uitbreiding van die regte van pligsgetroue gewetens-
beswaardes'
• ‘Die skep van ʼn stelsel van alternatiewe militêre diens sonder die
element van straf’ (2 x 1) (2)
1.1.4. [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Hulle het geglo dat apartheid wreed is
• Hulle het geglo dat apartheid menseregte van die meeste Suid-
Afrikaners skend
• Hulle het in vrede geglo
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Hulle wou wit oppergesag beskerm
• Hulle het die Suid-Afrikaanse regering se beleid van apartheid
ondersteun
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘Geen Oorlog in Namibië’ (1 x 1) (1)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘Hulle het rockkonserte gehou’
• ‘Hulle het kermis gehou’
• ‘Hulle het anti-oorlog plakkaatuitstallings gehou’
• ‘Hulle het plakkers, T-hemde en pamflette gemaak om aan ʼn wye
verskeidenheid mense te versprei’. (enige 2 x 1) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B ‒ V2]
• Om te wys dat almal, ongeag hul agtergrond, die ECC ondersteun
het
• Om solidariteit met ECC te toon
• Om te wys dat mense verenig was in die stryd teen diensplig
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Om mense uit te nooi om deel van die fees te wees
• Om mense in kennis te stel van die datum, tyd en plek vir die fees
• Om mense bewus te maak van die sprekers in die fees
• Om hulle te wys dat hulle teen diensplig is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.2 [Evaluering van die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1C ‒ V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• Dit is ʼn plakkaat wat die ECC in 1985 vervaardig het
• Dit wys dat verskillende organisasies die ECC ondersteun het
• Die datum op die bron stem ooreen met die tyd toe die ECC teen
die apartheidsregering geveg het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• ‘Troepe uit’
• ‘Stop die oproep’ (2 x 1) (2)
1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• ‘Mediadekking van onrusvoorvalle’
• ‘Mediadekking van veiligheidsmagoteptredes’
• ‘Publikasie van enige ondermynende verklarings’ (3 x 1) (3)
1.4.2 [Verduideliking van’n historiese konsep uit Bron 1 D – V2]
• Dit is om die polisie en weermag meer mag te gee as wat hulle
normaalweg het om betogings en optogte te onderdruk
• Dit is ʼn situasie waarin ʼn regering bemagtig is om in staat te wees
om beleide deur te voer wat dit tipies nie toegelaat sal word om te
doen nie
• Mense kon gearresteer word sonder om hof toe te gaan omdat
hulle nie militêre opleiding wou doen nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Hulle wou:
• Mense afskrik om by ECC aan te sluit
• Verhoed dat die ECC gewild raak
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.4.4• [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Dit was ʼn skending van sy menseregte
• Hy het permanente Suid-Afrikaanse burgerskap gehad
• As burger het hy die reg gehad om teen die onregverdige
dienspligstelsel te protesteer
• Hy het nooit die bepalings van sy visa oortree nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 9
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1C om te bepaal hoe hulle mekaar
ondersteun – V3]
• Bron 1B dui aan dat die EEC geprotesteer het teen die apartheidsregering
se betrokkenheid by die Namibiese Oorlog en Bron 1C toon dat die EEC ʼn
vredesfees gehou het wat ‘Stop die oproep’ en ‘Troepe Uit’ eis
• Bron 1B dui aan dat die Troepe uit die Township-veldtog deur die ECC
gehou is en in Bron 1C word getoon dat een van die eise van die ECC
‘Troepe Uit’was
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit relevante bronne ‒
V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Die End Conscription Campaign is in 1983 gestig nadat Black Sash besluit
het om ʼn organisasie vir gewetensbeswaardes te stig (Bron 1A)
• Sedert 1967 moes alle wit mans vir een jaar in die weermag dien (eie
kennis)
• Die ECC was teen die oorloë op die Suid-Afrikaanse grense en die
gebruik van die weermag om orde in die townships te handhaaf aangesien
hulle nie mede-Suid-Afrikaners wou doodmaak nie (Bron 1A en eie
kennis)
• Die ECC was gekant teen diensplig en militarisering (Bron 1A)
• Daar was ʼn groeiende aantal jong mans wat teen nasionale diens begin
rebelleer het (Bron 1A)
• Die ECC het geglo dat geen persoon teen hul wil gedwing kan word om
wapens op te neem en die lewe te neem nie (Bron 1A)
• Die ECC het veldtogte soos ‘Geen oorlog in Namibië’ en ‘Troepe uit die
Township’ begin om die apartheidsregering uit te daag (Bron 1B)
• Die ECC het ook ongewone taktieke gebruik om bewustheid te verhoog
soos konserte, plakkate (Bron 1B en Bron 1C)
• Die ECC het verskeie veldtogte teen militêre diensplig geloods (Bron 1B)
• Die ECC het plakkate vervaardig om jong wit mans te ontmoedig om hul
militêre diens te doen (Bron 1C)
• Op 24 Augustus 1993 het die Minister van Verdediging, Kobie Coetzee,
die einde van diensplig aangekondig (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor hoe die ECC die
apartheidsregering gedurende die 1980’s PUNTE
VLAK 1
uitgedaag het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie.
• Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor
hoe die ECC die apartheidsregering PUNTE
VLAK 2
gedurende die 1980’s uitgedaag het. 3–5
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip oor hoe die ECC die
apartheidsregering gedurende die 1980’s
PUNTE
VLAK 3 uitgedaag het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 11
VRAAG 2: HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DAARIN GESLAAG OM SLAGOFFERS VAN POLITIEKE
MISDADE TE HELP OM AFSLUITING TE VIND?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• ‘Minister van Justisie, Dullar Omar’ (1 x 1) (1)
2.1.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V1]
• ʼn Groep mense wat deur die regering toevertrou is om ʼn
sekere taak te verrig
• ʼn Groep mense wat toevertrou is om ʼn saak wat van
nasionale belang is, te ondersoek
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A –V1]
• ‘Om Suid-Afrikaners in staat te stel om hul verlede op ʼn
moreel aanvaarbare basis te verwerk’
• ‘Om die saak van versoening te bevorder’ (2 x 1) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A ‒ V2]
• Alle menseregteskendings wat deur die ANC gepleeg word,
sal ook ondersoek word
• Menseregteskendings deur die ANC sal ook dieselfde
behandel word as dié van die NP
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• ‘Aartsbiskop Desmond Tutu’
• ‘Alex Boraine’ (2 x 1) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• ‘Universiteitsakademikus’
• ‘Politieke aktivis’ (2 x 1) (2)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die WVK-verslag het nooit die moordenaar geïdentifiseer nie
• Niemand het aansoek gedoen om amnestie as die
moordenaar van Rick Turner nie
• Niemand het na vore gekom om die waarheid oor die moord
op Rick Turner te openbaar nie
• Niemand het verantwoordelikheid vir sy dood geneem nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
• ‘Biko’
• ‘Neil Aggett’
• ‘Matthew Goniwe’
• ‘Sparrow Mkhonto’
• ‘Ashley Kriel’ (enige 3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die WVK kon nie inligting oor die dood van Rick Turner kry nie
• Die moordenaar van Rick Turner het nie voor die WVK verskyn
en om amnestie aansoek gedoen nie
• Die veiligheidspolisie het daarin geslaag om hul betrokkenheid
by die moord op Rick Turner weg te steek
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• ʼn Eenheid met ʼn uitstekende rekord van die oplos van misdade
het nog nooit met ʼn sterk leidraad vorendag gekom nie, wat nog
te sê ʼn moordenaar’
• ‘Dit was selde dat die moordenaar van ʼn wit persoon in ʼn wit
woonbuurt in 1987 nie aangekeer is nie’
• ‘Nog meer buitengewoon, toe die slagoffer deur die polisie
dopgehou was’
(enige 1 x 2) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Die betrokkenheid van die BSV en veiligheidspolisie was ʼn
geheim
• Niemand het voor die WVK verskyn om die waarheid oor die
dood van Rick Turner te onthul nie
• Die persone in magsposisies het diegene blokkeer wat die
waarheid oor die betrokkenheid van die BSV en die
veiligsheidspolisie wou onthul
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
•
2.3.3 [Bepaal die betroubaarheid van Bron 2C – V3]
Hierdie bron is BETROUBAAR omdat:
• Hierdie ʼn primêre bron is, ʼn transkripsie van Jann Turner, die
dogter van Rick Turner
• Die datum van die verhoor (24 Oktober 1996) ooreenstem met
die datums waarop WVK verhore plaasgevind het
• Dit die feit beklemtoon dat die veiligheidspolisie nooit die
waarheid bekend gemaak het dat hulle betrokke was by die
moord op politieke aktiviste nie, wat bevestg word in Bron 2B
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
• Om die mislukkings van die WVK ten opsigte van sake soos Rick
Turner te wys
• Om te wys dat die WVK nie die volle waarheid gekry het oor wat
met slagoffers se families gebeur het nie
• Die inligting wat aan die WVK gegee is, het leemtes gehad soos
deur die skeuring getoon
• Ten spyte daarvan dat die WVK die lig was om die gruweldade
van die verlede op te spoor, het dit misluk
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 13
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Daar was leemtes in die bewyse wat WVK ontvang het
• Nie almal het na die WVK gekom om die volle waarheid te
vertel nie, vandaar die skeuring in die naam Waarheids-en-
versoeningskommissie
• Die WVK het gebreke gehad aangesien sommige inligting deur
die veiligheidspolisie geheim gehou is
• Die WVK het uitdagings teëgekom waardeur versoening nie
maklik was nie aangesien sommige waarhede nie blootgelê is
nie
• Sommige slagoffers was nie bereid om hul oortreders te
vergewe nie
• Nie almal het afsluiting by die WVK-verhore gevind nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.4.3 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V2]
• Om vriendskaplike verhoudings tussen die slagoffer en die
oortreder te bring
• Eenheid tussen ʼn oortreder en die slagoffer
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2B en 2C om hul ooreenkomste te
bepaal ‒ L3]
• Bron 2C dui aan dat die moordenaars van Rick Turner nooit gevind is nie
en Bron 2D toon dat die WVK nie altyd daarin geslaag het om die
waarheid oor gruweldade te openbaar nie
• Bron 2C dui aan dat Jann Turner nie afsluiting by die WVK kon vind nie,
en Bron 2D toon dat die WVK nie altyd suksesvol was om slagoffers die
waarheid te gee wat hulle nodig gehad het om afsluiting te vind nie
(aangedui deur die kloof tussen waarheid en versoening)
• Bron 2C dui aan dat slagoffers soos Jann Turner voor die WVK verskyn
het om die waarheid/geregtigheid vir die moord op haar pa te soek,
terwyl Bron 2D wys dat slagoffers van gruweldade ʼn platform by die WVK
gekry het om die waarheid oor hul lyding te onthul
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit relevante bronne ‒
V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
SLAGOFFERS GEHELP OM AFSLUITING TE VIND
• WVK was om beide oortreders en slagoffers te versoen (Bron 2A)
• Baie gesinne het ʼn kans gehad om na vore te kom en hul kant van die
storie te gee (eie kennis)
• Waarheidvertelling en genesing was die twee doelwitte van die WVK
(Bron 2A)
• Nuwe hoop het ontstaan dat Turner se moordenaars geïdentifiseer sal
word (Bron 2B)
• Jann Turner het getuienis gelewer oor die moord op haar pa (Bron 2C)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
• Die WVK het ʼn platform aan Jann Turner gebied om die waarheid oor die
moord op haar pa te soek (Bron 2C)
• Die WVK het probeer om slagoffers van politieke misdade te help om
afsluiting te vind (Bron 2C)
• Sommige gesinne kon die waarheid oor die dood van hul geliefdes kry
(eie kennis)
• Die slagoffers kon die oorskot vind en hul families behoorlike begrafnisse
gee (eie kennis)
• Die WVK is gestig om die waarheid oor gruweldade te vind (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord
HET NIE SLAGOFFERS GEHELP OM AFSLUITING TE VIND NIE
• Niemand is aanspreeklik gehou vir die moord op Rick Turner nie
(Bron 2B)
• Die moordenaar van Rick Turner is nooit geïdentifiseer nie (Bron 2B)
• Die WVK het nie die reg gehad om mense te dagvaar om na die WVK te
kom nie om slagoffers se inligting te verskaf oor waar hul geliefdes is om
te genees (eie kennis)
• Sommige gesinne was nie in staat om die waarheid oor die dood van hul
geliefdes te kry nie (Bron 2C)
• Daar was ʼn muur van stilte van die veiligheidspolisie oor die moord op
Rick Turner (Bron 2C)
• Die WVK kon nie nuwe inligting oor die moord op Rick Turner kry nie
(Bron 2C)
• Jann Turner het nie afsluiting gevind nie aangesien die waarheid nie
bekend gemaak is nie (Bron 2C)
• Die WVK het nie daarin geslaag om versoening vir slagoffers te bring nie,
aangesien sommige van die politieke misdade nie blootgelê is nie
(Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 15
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip of die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK) daarin
PUNTE
VLAK 1 geslaag het om slagoffers van politieke
0–2
misdade te help om afsluiting te vind.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
• Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip of die Waarheids-en-Versoenings-
kommissie (WVK) daarin geslaag het om PUNTE
VLAK 2
slagoffers van politieke misdade te help om 3–5
afsluiting te vind.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip of die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK) daarin
geslaag het om slagoffers van politieke PUNTE
VLAK 3
misdade te help om afsluiting te vind. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip van die
onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
VRAAG 3: HOE HET HANDELSLIBERALISERING TOT WERKSVERLIES IN
SUID-AFRIKA SE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF IN DIE 1990’s
BYGEDRA?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• ‘Marrakesj Algemene Ooreenkoms op Tariewe en Handel’
• ‘Wêreldhandelsorganisasie se ooreenkoms’ (2 x 1) (2)
3.1.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 3A – V2]
• Die opheffing van beperkings op handel in die klere- en
tekstielbedryf
• Minimalisering van die regering se beperkings en regulasies in ʼn
ekonomie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Plaaslike produksie het afgeneem as gevolg van die Marrakesj-
ooreenkoms
• Baie klerevervaardigers was traag om die nuwe mededingende
omgewing in die gesig te staar
• Baie maatskappye ondervind finansiële probleme, wat tot die
sluiting van besighede gelei het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• ‘Ondoeltreffendheid’
• ‘Korrupsie’ (2 x 1) (2)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• ‘Hammarsdale’ (1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• ‘Dit het begin wegvreet aan Hammarsdale se ekonomie’
• ‘Massiewe werkgewers, soos die tekstielreus die Frame-groep,
het uit die dorp weggetrek’
• ‘Duisende werksgeleenthede het verlore gegaan’ (enige 2 x 1) (2)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Het tot swaarkry vir die gemeenskap van Hammarsdale gelei
• Die aankoms van goedkoop goedere het tot ʼn hoë
werkloosheidsyfer gelei
• Baie mense kon nie kos vir hul gesinne bekostig nie
• Mense ly honger in Hammarsdale
• Hammarsdale het ekonomiese resessie beleef
• Hammarsdale het ekonomiese uitdagings ervaar
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 17
3.2.4 [Definisie van historiese konsep uit Bron 3B – V1]
• Die rassesegregasiebeleide in Suid-Afrika vanaf 1948 tot die
vroeë 1990’s
• Rassediskriminasie waar die apartheidsregering verseker het dat
wit Suid-Afrikaners beter werk en geleenthede as swart Suid-
Afrikaners het
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Die verlies aan werksgeleenthede deur mense in Hammarsdale
was die laaste strooi
• Die situasie in Hammarsdale was sleg, en daar was geen manier
van ekonomiese herstel nie
• Die tekstielbedryf was die enigste hoop vir Hammarsdale
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Die plakkaat dra ʼn boodskap oor dat klerefabrieke van sluiting
gered moet word
• Dit is vervaardig om die lot van werkers in klere- en
tekstielfabrieke uit te lig
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• COSATU wou wys dat hulle die werkers ondersteun wie hul werk
verloor het
• COSATU was teen die sluiting van fabrieke
• COSATU het plaaslike vervaardigers in Suid-Afrika ondersteun
• COSATU wou ingryping van die regering hê
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• ‘Prys’
• ‘Gehalte’
• ‘Beskikbaarheid’ (3 x 1) (3)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersunie /SACTWU (1 x 1) (1)
3.4.3 [Bepaal die bruikbaarheid van Bron 3C ‒ L3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• DHN baie werk gered het en meer werk geskep deur afleggings
te beëindig
• Mense deur DHN aansporings gegee is
• Dit die rol wat die Suid-Afrikaanse regering in die herlewing van
die klere- en tekstielsektor gespeel het, toon
• Biljoen rande deur die regering in die klerebedryf belê is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3C en 3D om te bepaal hoe hulle mekaar
ondersteun het – L3]
• Bron 3C wys dat COSATU teen werkverliese, protesteer Bron 3D verwys
na werkverliese
• Bron 3C toon dat daar ʼn uitroep van die vakbond was om die
klerebedrywe te red en Bron 3D noem dat die tekstielbedrywe deur
staatsinmenging gered is
• Beide bronne verwys na die redding van die tekstiel-/klerebedryf
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Suid-Afrika het die GATT en die WHO onderteken, wat tot
handelsliberalisering gelei het (Bron 3A)
• Tariewe van ontwikkelde lande is verlaag sodat hulle hul goedere in
ontwikkelende lande kon verhandel sonder regeringsinmenging
(Bron 3A)
• Suid-Afrika het begin om tariewe op die invoer van klere en
tekstielprodukte te liberaliseer (Bron 3A)
• Die regering het nie by handel ingemeng nie (Bron 3A)
• Klere van lande soos China en Pakistan het Suid-Afrika sonder enige
betaling van doeane binnegekom (Bron 3A)
• Goedkoop klere van China, Indië en Pakistan het die plaaslike mark
begin bestee (Bron 3A)
• Die vraag na Suid-Afrikaanse klere en tekstielprodukte het begin afneem
(Bron 3A)
• Klere- en tekstielfabrieke het hul deure begin sluit (Bron 3B)
• Die ekonomie in Hammarsdale het gedaal weens handelsliberalisering
(Bron 3B)
• Klere- en tekstielfabrieke het begin om hul deure te sluit en werkers af te
lê wat ʼn negatiewe impak op die gemeenskap gehad het/wat tot armoede
en honger gelei het/mense wat op leë mae gaan slaap (Bron 3B)
• Jongmense kon nie werk in Hammarsdale kry nie (Bron 3B)
• COSATU het met oor protes werkverliese begin (Bron 3C)
• COSATU het met protes begin omdat fabrieke in KwaZulu-Natal en
Kaapstad toegemaak het (Bron 3C)
• Die regering moes ʼn groot bedrag geld belê om die klere-, tekstiel-,
skoene- en leersektore te help om te herstel (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 19
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse,
bv. toon geen of min begrip oor hoe
handelsliberalisering tot werkverliese
in Suid-Afrika se klere- en
VLAK 1 PUNTE
tekstielbedryf in die 1990’s bygedra
0–2
het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn
groot mate verband met die onderwerp,
bv. toon begrip oor hoe
handelsliberalisering tot werkverliese
PUNTE
VLAK 2 in Suid-Afrika se klere- en
3–5
tekstielbedryf in die 1990’s bygedra
het.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om
ʼn paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv.
demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe
handelsliberalisering tot werkverliese
in Suid-Afrika se klere- en
PUNTE
VLAK 3 tekstielbedryf in die 1990’s bygedra
6–8
het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip
oor die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
20 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui tot watter mate die Swart Bewussynsbeweging wat deur
Steve Biko geïnisieer is, ʼn deurslaggewende rol gespeel het om swartes aan te
moedig om die apartheidsregering in die 1960’s en 1970’s uit te daag.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem en aandui tot watter mate die
Swartbewussynsbeweging wat deur Steve Biko geïnisieer is, ʼn
deurslaggewende rol gespeel het om swartes aan te moedig om die
apartheidsregering in die 1960’s en 1970’s uit te daag.
UITBREIDING
• Rede vir die stigting van die Swartbewussynsbeweging (Agtergrond)
• SB maak swart mense bewus van die euwels van apartheid
• SB kweek ʼn gevoel van eiewaarde en selfvertroue by swart Suid-Afrikaners
• Dit herstel swart trots
• Dit het die manier waarop swart Suid-Afrikaners hulself gesien het, verander
• Dit het hulle bemagtig om apartheid te konfronteer
• Biko het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om hulself te laat geld en dinge vir
hulself te doen
• Elimineer die gevoel van minderwaardigheid en daag die regering uit
• Stigting van SASO (swart studente daag die regering uit)
• SASO het BC-idees oor die kampusse van etnies geskeide universiteite versprei
• SASO het swart eenheid en solidariteit bevorder
• Studente meer polities bewus gemaak
• Aanmoediging van studente om hulself van apartheid te bevry
• Biko het selfbevryding bevorder
• Hy het geglo dat assosiasie met blankes die bevrydingstryd ondoeltreffend maak
en dat swartes hulself moet bevry
• Selfhelpgroepe vir swart gemeenskappe gestig met ander BC-leiers
• SB-idees is in SASO-nuusbriewe gepubliseer
• In 1972 is die Black People’s Convention gevorm (swartes daag die regering uit)
• Gemik daarop om swart mense van beide sielkundige en fisiese onderdrukking
te bevry
• Selfhelpprojekte is op die been gebring, bv. Zanempilo Clinic, Ginsburg en
Zimele Trust Fonds
• Het gelei tot die stigting van die Black Allied Workers Union in 1972 (swart
werkers uitdaging apartheidsregering)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 21
• SB het leerdes beïnvloed, wat tot die vorming van SASM gelei het
• Bantoe-onderwys het Afrikaans as onderrigmedium in skole in 1975 ingestel
• SASO en SASB het studente beïnvloed in die stigting van die Soweto-Studente
verteenwoordigenderaad (SSVR)
• Beide swart onderwysers en leerders het Afrikaans verwerp aangesien hulle dit
as die taal van die onderdrukker beskou het
• Die departementele omsendbrief oor Afrikaans (50/50) het die Soweto-opstand
ontketen
• Op 16 Junie 1976 het studente vreedsaam teen die implementering van hierdie
omsendbrief betoog
• Die polisie het gereageer deur op die betogers te skiet; die eerste slagoffer was
die 13-jarige Hector Peterson.
• Aanvanklik was die Suid-Afrikaanse regering nie bekommerd oor die SBB en dit
het gelyk in lyn met sy beleid van afsonderlike ontwikkeling
• SBB het sterker geword en ʼn uitdaging aan die staat gestel
• Dit het ʼn massabeweging geword wat apartheid wou ondermyn
• Biko se toesprake het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om apartheid te
verwerp
• SB-idees het die werkers aangehits om met stakings te begin
• SBB het disinvesterings ondersteun
• Verban en huisarres van Biko en ander leiers
• SB-leiers is verbied om in die openbaar te praat
• BPC-aktiviste is sonder verhoor aangehou
• SASO is op universiteitskampusse verbied
• Biko is gearresteer en ondervra
• Biko is in 1977 wreed deur die veiligheidspolisie vermoor
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante slot. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
22 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die stelling, dat die pad na
demokrasie gevul was met uitdagings wat onderhandeling byna tot stilstand gebring
het, maar die sterk leierskap en toewyding wat deur die Nasionale Party-regering en
die African National Congress getoon is tydens die onderhandelingsproses wat in
1990 begin het, het ʼn deurslaggewende rol in die fasilitering van die eerste
demokratiese verkiesings in 1994 gespeel. Kandidate moet hul argument met
relevante bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem deur saam te stem of nie saam te
stem met die stelling dat die pad na demokrasie gevul was met
uitdagings wat onderhandelinge byna gestop het. Die sterk leierskap en
toewyding wat beide die Nasionale Party-regering en die African
National Congress getoon het tydens die onderhandelingsproses wat in
1990 begin het, het egter ʼn deurslaggewende rol in die fasilitering van
die eerste demokratiese verkiesings in 1994 gespeel. Hulle moet ʼn
uiteensetting verskaf van die inhoud wat hulle sou gebruik om hul
argumentasie te ondersteun.
UITBREIDING
• FW De Klerk het PW Botha in 1989 vervang en stel hervorming voor
• Vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 en ander verbanne politieke
leiers in 1990 (leierskap deur De Klerk)
• Ontbanning van die ANC, die PAC en die SAKP en ander verbode partye
(toegewydheid deur ANC en NP)
• Groote Schuur Minuut, 2 Mei 1990
• Politieke partye verbind hulself om geweld te beëindig en te onderhandel
(toegewydheid deur ANC en NP)
• Geweld in die Vaal Driehoek (uitdaging)
• Handgranaataanvalle by die Melrose House Museum 24 Mei 1990 (uitdaging)
• Pretoria Minuut in Augustus 1990 – ANC het gewapende stryd opgeskort en NP
hef die noodtoestand op (toegewydheid deur ANC en NP)
• Nagaanval op ʼn plakkerskamp in Thokoza (uitdaging)
• Die Nasionale Vredes-ooreenkoms (14 September 1990) geteken deur 27
politieke partye – bied veiligheidsnet vir onderhandelinge
• KODESA 1 (20 Desember 1991) – 19 politieke partye behalwe vir KP en PAC
(toegewydheid)
• Die Verklaring van Voorneme – partye het ooreengekom om ʼn nuwe grondwet op
en tussentydse regering te stig
• Slegs-blankes referendum (toegewydheid en leierskap deur De Klerk) ‒
De Klerk het wit mening getoets nadat hy drie tussenverkiesings aan CP verloor
het
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 23
• Resultaat – landwye Ja ‒ onderhandelinge gaan voort
• KODESA 2 (2 Mei 1992) – was onsuksesvol as gevolg van geweld en die
onvermoë van partye om oor magsdeling saam te stem
• Boipatong-slagting en invloed van Derde Mag (17 Junie 1992) (uitdaging)
• Bisho-slagting (September 1992) (uitdaging) – ANC-ondersteuners wie deel wou
wees van die onderhandelingsproses
• ANC doen beroep op grootskaalse massa-aksie teen die Nasionale Party
• Rekord van Verstandhouding (September 1992) – Meyer en Ramaphosa verbind
hulself tot vrede en tot onderhandelinge (leierskap en toegewydheid)
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) – en die impak op onderhandelinge
• De Klerk vra vir Mandela om die nasie op TV toe te spreek (leierskap en
toegewydheid)
• Joe Slovo se Sonsonderklosule (leierskap)
• Partye wat meer as 5% van stemme wen, sal ʼn regering van nasionale eenheid
vorm om die nuwe SA regeer
• Blankes kan hul werk vir 5 jaar behou
• Multiparty onderhandelinge hervat by die Wêreldhandelsentrum maar het nie
aangehou nie (toegewydheid van politieke partye)
• Die AWB het die onderhandelinge op 15 Junie 1993 onderbreek, toe hulle die
Wêreldhandelsentrum met ʼn gepantserde voertuig bestorm met die hoop om
onderhandelinge te stop (uitdaging)
• St James Kerk-slagting (25 Julie 1993) (uitdaging)
• Heidelberg Tavern-skiet (30 Desember 1993) (uitdaging)
• Shell House-slagting (28 Maart 1994) (uitdaging)
• Datum vir die eerste demokratiese verkiesing vasgestel (27 April 1994)
• Voortgesette geweld regdeur verkiesings
• ʼn Motorbom buite ANC-hoofkantore (uitdaging)
• ʼn Motorbom het by Jan Smuts-lughawe ontplof (uitdaging)
• Uitslae van verkiesing: ANC 62,7%, NP 20,4% en IVP 10,5%
• Mandela het die eerste swart Staatspresident van die nuwe demokratiese
Republiek van Suid-Afrika geword met Thabo Mbeki en FW de Klerk as sy
adjunkte
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante slot.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
24 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe Gorbachev se baanbrekende hervormings in
die Sowjetunie in die 1980’s ʼn negatiewe impak op die Sowjetunie gehad het, maar
ook tot politieke veranderinge in Suid-Afrika gelei het wat FW de Klerk beïnvloed
het om hervormings in 1990 te implementeer.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet krities bespreek hoe Gorbachev se baanbrekende
hervormings in die Sowjetunie in die 1980’s ʼn negatiewe impak op die
Sowjetunie gehad het, maar ook tot politieke veranderinge in Suid-Afrika
gelei het wat FW de Klerk beïnvloed het om hervormings in 1990 te
implementeer.
UITBREIDING
• Sowjetunie beleef ekonomiese agteruitgang (agtergrond informasie)
• Sowjetunie spandeer geld op Afghanistan Oorlog en Koue Oorlog
• Sowjet bestee baie geld aan kernwapens
• Gorbachev het die Sekretaris-Generaal van die KPSU geword en het in 1985 die
Sowjet-president geword op die ouderdom van 54 jaar
• Hy het gehoop om die ekonomie te laat herleef en sy markte deur hervormings,
Perestroika en Glasnost, in te stel
• Perestroika beteken herstrukturering van die ekonomie
• Perestroika het kleinskaalse privaat eienaarskap toegelaat en die regering se
beheer oor produksie verwyder
• Glasnost beteken openheid
• Glasnost het mense toegelaat om die regering te kritiseer
• Glasnost het tot kritiek op die beleid van Perestroika en Gorbachev gelei
• Heelwat onversetlike kommuniste was ontevrede met beleide
• Tuis het hy twee soorte teenstanders gehad: onversetlikes wat teen die
hervormings gekant was en die liberale wat hom gekritiseer het dat hy nie
vinning genoeg veranderinge implementeer nie
• Die twee beleide het mekaar nie so ondersteun soos wat gedink is nie, maar het
die hele stelsel van die Sowjetunie beëindig
• Hy het tuis ondersteuning verloor
• Die eenheid van die Sowjetunie was in gevaar, en sosialisme is bedreig
• Baie onderliggende verskille het altyd onder die 15 republieke bestaan
• Burgerlike verset het tussen verskeie groepe uitgebreek
• Ou vorm van nasionalisme het na vore gekom
• Hy het probeer om die disintergrasie te keer deur die stigting van ʼn Federasie
van Staat voor te stel – wat misluk het
• In 1990 het verskeie Sowjetstate, Rusland, onder Gorbachev se bitter
teenstander, Boris Yeltsin, ingesluit, hulle onafhanklikheid verklaar
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 25
• Op 25 Desember 1991 het die USSR asook die Kommunisteparty ontbind
• Elk van die 15 republieke het onafhanklikeid verkry en lede van die
Commonwealth of Independent States (Statebond van onafhanklikheid state)
geword.
• Dit het tot die einde van kommunisme en die einde van die Koue Oorlog
gelei
• Sowjetunie word nie meer as ʼn supermoondheid beskou nie
• Kommunisme is nie meer as ʼn ‘globale bedreiging’ gesien nie
• Ineenstorting van die Berlynse Muur in 1989 het die einde van Koue Oorlog
aangedui
• Beide partye het geen ander keuse gehad as om met onderhandelinge te
begin nie
• Die nederlaag van die SAW tydens die Slag van Cuito Cuanavale in 1988 het
die Nasionale Party aangemoedig om met kommuniste te begin onderhandel
oor die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika
• Suid-Afrika het aan Suidwes-Afrika onttrek – SWAPO het die verkiesing
gewen en het dit na Namibië herdoop
• Die VSA en sy bondgenote kon nie meer voortgaan om die apartheid te
ondersteun nie
• Die Weste plaas nou druk op die NP om met die ANC te onderhandel of
gesig voortgesette sanksies aangesien Suid-Afrika van geen nut was nie
• Die ineenstorting van die Sowjetunie het druk op beide die Nasionale Party
en die ANC om te onderhandel
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party regering nie wit oppergesag
regering onbepaald kon handhaaf nie
• Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat as apartheid voortduur
die ontwikkeling van ‘wit’ ekonomie sou daaronder ly
• Die regering het begin glo dat hervorming nodig is om die
ontwikkeling van ʼn sterk swart middelklas wat as ʼn ‘bolwerk’ sou optree teen
rewolusie’
• Die Suid-Afrikaanse regering kon nie meer die bedreiging van kommunisme
gebruik om die Westerse steun te kry nie
• Suid-Afrika kon nie meer staatmaak op Westerse steun vir sy ‘anti-
kommunistiese’ houding
• Wêreldpolitiek het verander en dit het ʼn impak op Suid-Afrika se
apartheidsbeleid gehad
• Die apartheidsregime kon nie meer kommunisme gebruik om sy beleid van
rasseskeiding te regverdig nie
• Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen ʼn kommunistiese
aanslag beskerm, het onrealisties geword
• De Klerk het gedink die ANC sou swak wees en het sy bereidwilligheid
daarvoor gewys om met die ANC te onderhandel
• Die Sowjetunie kon nie meer die ANC finansieël ondersteun nie aangesien
hulle bankrot was
• Die Sowjetunie sal nie meer die ANC met wapens ondersteun nie aangesien
dit ten gunste van vreedsame onderhandelinge was
• Die ANC kon nie sonder die Sowjet militêre en finansiële ondersteuning met
die gewapende stryd teen die NP voortgaan nie
• Die ANC het nou ook bereidwilligheid getoon om met NP te onderhandel as
alternatief vir die gewapende stryd
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
26 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
• FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie ʼn
sameswering gerig vanaf Moskou was nie
• Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies in
gesprek te tree om ʼn blywende oplossing vir Suid-Afrika te vind
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk die ontbanning van alle anti-apartheid
aangekondig en dit het die weg gebaan vir veelpartygesprekke
• Hierdie samesprekings het uiteindelik gelei tot demokratiese verkiesings wat
in 1994 gehou is
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ’n relevante slot. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum