Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202528 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 GESKIEDENIS V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 28 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese begrippe/terme. • Interpretasie van bewyse uit bronne • Verduidelik inligting verkry uit 40% VLAK 2 bronne. (20) • Analiseer bewyse uit bronne. • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne. • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas te 30% VLAK 3 stel (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓). • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ ˖ __________________˖ _________________ _________________ ˖ _________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse ʼn basiese paragraaf te skryf. • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die leerder se interpretasie van die vraag. 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (“bullet”) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is (ook aangedui deur ʼn kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. In ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies is . 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument / ʼn duidelike hoofpunt. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is (argument). E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 5 2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van die opstel gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie |√ • Argument LOA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is en om die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Sommige weglatings in die inhoudsdekking. Poog om ʼn argument te handhaaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 PUNTE VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDENING Baie goed Baie goed Goed beplande Argument beplan Toon soms Poging Weinig of beplande en beplande en en en gestruktureer. bewys van ʼn aangewend om geen poging gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde Bewyse tot ʼn gestruktureerde antwoord te om die opstel opstel. Goeie opstel. ʼn opstel. Poog om sekere mate en beplande struktureer. te struktureer sintese van Relevante ʼn duidelike gebruik om argument. Poog Grootliks nie. inligting. Het ʼn argument is argument te argument te om ʼn argument beskrywend of goed gevolg. Bewyse ontwikkel. ondersteun. vol te hou. poog om gebalanseerde, gebruik om die Gevolgtrekking Slotsom bereik Gevolgtrekking argument te INHOUD oorspronklike argument te gemaak uit op grond van nie duidelik ontwikkel. Geen argument verdedig. Poog bewyse om die bewyse. ondersteun deur poging om ʼn ontwikkel met om ʼn argument te bewyse nie. gevolgtrekking te bewyse. onafhanklike ondersteun. maak nie. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 Inhoud toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud . VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23 Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings.. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. 20–23 18–19 14–17 Inhoud skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad nie. Ontoereikend 14–17 0–13 of irrelevante . inhoud . *Riglyne vir die toekenning vir punte vir Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie= 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer= 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET GROEIENDE INVLOEDSFERE IN EUROPA TOT KOUE OORLOG SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE SOWJETUNIE (USSR) BYGEDRA? 1.1 1.1.1 [Ontrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘Uitgeput’ • ‘Verwoes deur oorlog’ (2 x 1) (2) 1.1.2 [Ontrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Sy vloot en lugmag was ongeëwenaard • Dit was die enigste land met die vermoë om kernwapens te vervaardig • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 1) (2) 1.1.3 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1A – V2] • Die VSA brei sy mag en invloed uit oor ander streke • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Kommunistiese Regerings is op Oos-Europese lande afgedwing • Die burgers in hierdie lande is gedwing om kommunisme te aanvaar • Burgers in Oos-Europese lande het hul reg om te stem, verloor • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Europa het die middelpunt van konflik tussen die VSA en die USSR geword • Baie konflikte tussen die twee lande het in Europa plaasgevind • Die Berlynse Blokkade was een voorbeeld van die stryd tussen die VSA en USSR • Beide kante het teen mekaar in Europa meegeding • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Ontrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Sowjetunie het Oos-Europa na hul beeld begin vorm • Die regerings van baie nasies in lyn met Moskou gebring het (2 x 1) (2) 1.2.2 [Ontrekking van bewyse uit Bron 1B – L1] • Stettin in die Oossee • Na Triëst in die Adriatiese See (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Hulle het kommunisme as ʼn vyandige ideologie beskou wat wereldwye invloed soek • Kommunistiese oornames in Oos-Europese lande kon tot oorlog lei • Hulle was bekommerd dat die Sowjetunie kan probeer om lande te destabiliseer, ten einde kommunistiese oorname te verkry • Hulle het kommunisme as ʼn aggresiewe uitdaging vir internasionale vrede beskou • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • ‘as ʼn Oorlogvoerder wat op Anglo-Saksiese rasse wêreldoorheersing gemik het’ (1 x 2) (2) [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] 1.3.2 “Die Sowjet diktator het met voorbereidings vir ʼn moontlike konfrontasie met die Weste begin” (1 x 2) (2) 1.3.3 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 1C – V1] • Die ideologiese en fisiese skeiding tussen die Sowjetunie (Kommunisme) en Wes-Europa (Demokrasie) tydens die Koue Oorlog • Die verdeling van Europa tydens die Koue Oorlog, gekenmerk deur die Sowjetunie se pogings om sy satellietstate van die Weste te isoleer – ʼn kombinasie van politieke, militêre en ideologiese hindernisse • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Hulle was deur die oorlog verwoes • Hulle het afhanklik geraak op Amerikaanse blikkieskos • Hulle was bang vir die gevolge van nog ʼn oorlog • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Die mense van die Sowjetunie het nie die Weste as ʼn bedreiging beskou nie • Gewone Sowjet-burgers het die Weste as bondgenote beskou • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3.6 [Bepaling van die betroubaarheid van bewyse uit Bron 1C – V3] Die bron is BETROUBAAR omdat: • Dit uittreksels van Stalin se reaksie op Churchill se Ystergordyn toespraak bevat • Dit deur Vladislav Zubok, ʼn koue-oorlog-kenner van die Sowjetunie geskryf, wat dit ʼn goed ingeligte en geloofwaardige weergawe van Stalin se reaksie op Churchill se toespraak maak • Die bron verduidelik hoe die Sowjetunie/Stalin op Churchill se toespraak gereageer het om die Sowjet-volk teen die Weste te draai • Die bron kan met bron 1B bevestig word • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2 ) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 9 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Stalin het ʼn aggressiewe beleid van uitbreiding in Oos-Europa na die oorlog aanvaar. • Kommunisme het vinnig in Europa uitgebrei • Optrede moes deur die Weste geneem word om Stalin in toom (in lyn) te hou • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Om te verseker dat hy meer Kommunisties vriendelike ondersteuning het • Om ʼn buffersone tussen Wes-Europa en Rusland te skep • Die toename in Rusland/kommunistiese invloed en beheer • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1B en 1C om vas te stel hoe hulle mekaar ondersteun – V3] • Beide bronne noem die moontlikheid van oorlog tussen die VSA en USSR • • Bron 1B noem dat Churchill in sy Ystergordyn-toespraak gewaarsku dat die Sowjetunie ʼn bedreiging vir vrede en stabiliteit in hou • Bron 1C wys vir Stalin wat reageer deur vir Churchill uit te beeld as ʼn oorlogvoerder en vir konfrontasie voor te berei • Bron 1B noem dat die Long Telegram gewaarsku het oor die Sowjetunie se ewigdurende vyandigheid teenoor die Weste. • Bron 1C noem dat Stalin voorbereidings vir ʼn moontlike konfrontasie met die Weste begin het • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) • • 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3] • Na die Tweede Wêreldoorlog het die verdeling van Europa in twee gewapende kampe toenemende spanning tussen die Weste en die Sowjetunie geskep (eie kennis) • Elke land was bang vir die nuutgevonde mag van die ander (Bron 1A) • Die Sowjette het bedreig gevoel deur die Weste en het die Weste van imperialistiese uitbreiding beskuldig (Bron 1A) • Die Weste was angstig oor die Kommunistiese uitbreiding (Bron 1A) • Die Sowjet blokkade van Berlyn het spanning tussen die twee supermoondhede verhoog (Bron 1A) • Die Sowjetunie het Oos-Europa na hul beeld begin vorm (Bron 1B) • Die ‘Long Telegram’ het gewaarsku oor die Sowjetunie se vyandigheid teenoor die Weste (Bron 1B) • Die skepping van die “Ystergordyn” het spanning tussen die Weste en die Sowjetunie verhoog. • Churchill en Truman het geglo dat die Sowjetunie en Kommunisme ʼn bedreiging vir die vrede en stabiliteit van die na-oorlogse wêreld inhou (Bron 1B) • Stalin het Churchill as ʼn oorlogvoerder wat op Anglo-Saksiese … rasse wêreldoorheersing gemik het (Bron 1C) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) • Stalin het die Ystergordyn-toespraak gebruik om die Sowjetmense teen die Weste te mobiliseer (Bron 1C). • Stalin se pogings om Kommunistiese invloed in Europa te vergroot het verhoogde spanning tussen die Weste en die Sowjetunie geskep. (Bron 1D) • Die Ystergordyn het Europa in Kapitalistiese en Kommunistiese state verdeel – wat die spanning geskep het (Bron 1D) (8) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 11 Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv. toon min of geen begrip van hoe die groeiende invloedsfere in Europa tot Koue VLAK 1 Oorlog spanning tussen die Verenigde State 0–2 en die Sowjetunie bygedra het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp bv. toon ʼn bietjie begrip van hoe die groeiende invloedsfere in Europa tot Koue Oorlog spanning tussen die VLAK 2 3–5 Verenigde State en die Sowjetunie bygedra het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. toon ʼn deeglike begrip van hoe die groeiende invloedsfere in Europa tot Koue Oorlog spanning tussen die Verenigde State en die Sowjetunie bygedra VLAK 3 6–8 het. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 2: WAT WAS DIE REDES VIR SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID IN DIE ANGOLESE BURGEROORLOG? 2.1 2.1.1 [Verduideliking van historiese konsep uit Bron 2A – V1] • Oorlog tussen burgers van dieselfde land • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.2 [Ontrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • 11 November 1975 (1 x 1) (1) 2.1.3 [Ontrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Marxistiese basis • Ondersteun deur Rusland, Kuba en ander Kommunistiese lande (2 x 1) (2) 2.1.4 [Interpretasie van bewys uit Bron 2A – V2] • Die MPLA het begin om beheer oor Angola te kry • UNITA en die FNLA word verslaan • ʼn MPLA-oorwinning was baie moontlik • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Die Suid-Afrikaanse regering wou geen aandag van buitelande op haarself vestig nie • Ondersteuning van UNITA en die FNLA is teen Suid-Afrika se beleid van Apartheid • Die Suid-Afrikaanse regering wou nie hê dat Angola kommunisties moes word nie • Die Suid-Afrikaanse regering wou sy belange in Namibië in die geheim beskerm • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Ontrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • “as ʼn sleuteldeel van die buffer van wit-regerende state wat Suid-Afrika geskei het van die swart-regerende Afrika in die noorde” • Suid-Afrika van ʼn beskermde skild voorsien het (1 x 2) (2) 2.2.2 [Ontrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • Om eksterne ondersoeke te vermy • Portugal wou nie gesien word dat hulle openlik met rassisitiese Suid-Afrika saamwerk nie • Die Suid-Afrikaanse regering wou nie hê dat sy kiesers die omvang van sy verpligtinge in die Portugese kolonies weet nie. (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 13 2.2.3 [Ontrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • Wat hulp en ondersteuning aan SWAPO sou gee • Basisse sou verskaf waar die MK-kaders opgelei kon word voordat hulle terugkeer om in Suid-Afrika te veg (2 x 1) (2) 2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Hulle het geglo dat die MPLA deur die Sowjetunie beheer word • Hulle het geglo dat die Sowjetunie die MPLA gebruik om hul beheer in Angola uit te brei • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2.5 [Verduidelik van historiese konsep uit Bron 2B – V2] • Die Sowjetunie se Beleid om sy invloed en beheer in Suider-Afrika te vergroot • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.3 2.3.1 [Ontrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • Die MPLA, met Russiese en Kubaanse hulp, die hele Angola sou oorneem • Sou die hele bevolking onderwerp (verower). (Enige 2 x 1) (2) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Hulle wou die optrede van Rusland en Kuba geheim hou • Die aankondiging van Russiese en Kubaanse steun in Angola sal daartoe lei dat die Weste UNITA en die FNLA ondersteun • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Suid-Afrika se betrokkenheid het bewustheid geskep van die betrokkenheid van Rusland en Kuba in Angola • Indien Suid-Afrika nie by Angola betrokke geraak het nie, sal dit tot die verspreiding van Kommunisme – bedreiging vir die “Vrye Wêreld” lei • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V3] Die Bron is BEPERK omdat: • Dit slegs die standpunt van die Suid-Afrikaanse Regering gee • Die bron bevooroordeeld is teenoor die rol wat die Nasionale Party-regering in Angola gespeel het, aangesien dit van die eerste minister B.J. Vorster was • Dit nie aandui dat die regering na sy eie belange in die gebied omgesien het nie • Die inligiting in die bron die Nasionale Party soos die redder van die Angolese mense laat lyk • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] 2.4.1 • Suid-Afrika se aanvanklike betrokkenheid by Angola was beperk • Die Suid-Afrikaanse regering het slegs ʼn klein aantal troepe na Angola gestuur • Suid-Afrika wou sy betrokkenheid by Angola geheim hou • Die Suid-Afrikaanse regering het homself by die Angolese Burgeroorlog betrek • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Hulle wou nie hul teenwoordigheid in Angola bekend hê nie • Hulle was bang hoe lande soos Rusland en Kuba sou reageer • Hulle was bekommerd oor hoe wit Suid-Afrikaners sou reageer op hul ondersteuning van ʼn Afrika-bevrydingsbeweging • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2C en 2D om vas te stel hoe hulle mekaar ondersteun – V3]. • Bron 2B beskou die MPLA as ʼn vyandige regering • Bron 2C noem dat die MPLA die hele Angolese bevolking sou saamgestem het • In Bron 2B het die Suid-Afrikaanse regering gevrees dat die MPLA ʼn marionetparty van die Sowjetunie is • Bron 2C verklaar dat die MPLA deur die Russe en Kubane ondersteun is • Bron 2B verklaar dat die Suid-Afrikaanse regering die koms van die Kubane as ʼn groot bedreiging vir hul mag in die streek beskou het • Bron 2C verklaar dat die Russe en Kubane in die geheim geopereer het toe hulle in Angola aangekom het • Beide bronne beklemtoon die ondersteuning wat die Kommunistiese regimes teenoor die MPLA gegee het • Beide bronne impliseer dat indien die MPLA aan bewind sou kom, hulle deur kommunistiese regerings ondersteun word • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 15 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3] • Na onafhanklikheid is Angola in ʼn burgeroorlog gedompel (eie kennis) • Drie bevrydingsbewegings uit Angola was by die oorlog betrokke (eie kennis) • Die betrokkenheid van die buiteland by die Angolese Burgeroorlog het Koue Oorlog-spanning verhoog (eie kennis) • UNITA en die FNLA het Suid-Afrika genader vir ondersteuning (Bron 2A) • Die betrokkenhied van die CIA het daartoe gelei dat die Suid-Afrikaanse regering geheime militêre steun aan die UNITA en die FNLA gebied het (Bron 2A) • Die doel van Suid-Afrika was om die MPLA uit Angola te verdryf (Bron 2B) • Die Suid-Afrikaanse Regering wou Angola bevry van Kommunisme (Bron 2B) • Angola is beskou as ʼn sleuteldeel van die buffer tussen wit-regerende state wat Suid-Afrika van swart-beheerde Afrika na die Noorde geskei het (Bron 2B) • Suid-Afrika het ʼn vyandige regering gevrees as die MPLA aan bewind kom (Bron 2C) • Hulle was bekommerd dat Angola ondersteuning aan SWAPO sou verskaf en basisse sou verskaf vir die MK-kaders om opgelei te word voordat hulle terugkeer om in Suid-Afrika te veg (Bron 2C) • Die Suid-Afrikaanse Regering was bang vir die teenwoordigheid van ʼn Kommunistiese regering in Angola (Bron 2C) • Die aankoms van die Kubane in Angola het ʼn bedreiging vir Suid-Afrika se mag in die streek ingehou (Bron 2C) • Suid-Afrika was bekommerd dat die Kubane dalk elders in die streek sou ingryp (Bron 2C) • Suid-Afrika het UNITA ondersteun in ʼn poging om te verhoed dat die Kommunisties-gesteunde MPLA beheer in Angola oorneem • Die MPLA sou met die hulp van Rusland en Kuba die hele Angola oorgeneem het (Bron 2D) • As die OAE die MPLA as die regerende party van Angola erken het, sou Suid-Afrika deur die OAE veroordeel gewees het (Bron 2D) • Enige ander relevante Antwoord (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv. toon min of geen begrip van hoekom Suid- Afrika by die Angolese Burgeroorlog VLAK 1 0–2 betrokke geraak het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp bv. toon ʼn bietjie begrip hoekom Suid-Afrika by die Angolese VLAK 2 3–5 Burgeroorlog betrokke geraak het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip van hoekom Suid-Afrika by die Angolese Burgeroorlog betrokke VLAK 3 geraak het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 17 VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE BURGERREGTE-AKTIVISTE IN DIE GESIG GESTAAR IN HUL POGINGS OM BIRMINGHAM TE DESEGREGEER? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Southern Christian Leadership Conference (SCLC) • Alabama Christian Movement for Human Rights (ACMHR) (2 x 1) (2) 3.1.2 [Ontrekking van bewyse uit Bron 3A – L1] • Massavergaderings • Middagete toonbanksitstakings • ʼn Optog na stadsaal • ʼn Boikot van handelaars in die middestad (4 x 1) (4) 3.1.3 [Verduideliking van ʼn historiese term uit Bron 3A – V2] • Die skeiding van swart en wit Amerikaners • ʼn Vorm van rassediskriminasie in die Verenigde State • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Die betoging het plaaslike besighede geraak • Die betoging het meer steun gekry • Die regering was teen desegregasie • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • insameling van die feite om te bepaal of ongeregtighede lewendig is • onderhandeling • selfsuiwering • direkte optrede (4 x 1) (4) 3.2.2 [Definisie van ʼn historiese term uit Bron 3B – V1] • ʼn Negatiewe houding of geloof oor mense van ʼn verskillende/ander ras • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Afro-Amerikaners het baie min wettige regte in Birmingham gehad • Die regstelsel het Afro-Amerikaners onregverdig behandel • Baie min bom-aanvalle op Afro-Amerikaners se huise en kerke is ooit opgelos • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Die Birmingham regering was nie gewillig om gelyke regte aan Afro- Amerikaners te gee nie • Niks sou in Birmingham verander, tensy die regering onder druk geplaas word om veranderinge aan te bring nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.2.5 [Bepaal die betroubaarheid van Bron 3B – V3] Die Bron is BETROUBAAR omdat: • Dit ʼn primêre bron is, want dit is ʼn uittreksel uit ʼn brief geskryf deur Martin Luther King Jnr in sy sel na sy arrestasie in Birmingham • Die datum van die bron ooreenstem met die datum van die Birmingham optog • Die bron die leser inlig oor die toestande en die redes vir die optog in Birmingham • Die bron kan bevestig word met Bron 3A rakende die inhegtenisneming van King • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Birmingham het nogsteeds segregerende wette toegepas en sterk teen burgerregterbetogers gereageer • Die kultuur van polisiebrutaliteit teen Afro-Amerikaners het nogsteeds geheers • Die Birmingham owerhede het desegregasie sterk teengestaan • Harde metodes is gebruik om verdere Burgerregte-betogings te voorkom • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Mense sou meer simpatiek teenoor Burgerregte-kampvegters gewees het • Foto’s soos hierdie het die ongeregtighede wat in Amerika plaasvind, blootgelê. • Sou lei tot meer steun vir die Burgeregtebeweging • Enige ander relevante Antwoord (Enige 2 x 1) (2) 3.4 3.4.1 [Ontrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • Bull Connor • Die handelaars (2 x 1) (2) 3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Geen arrestasies is gemaak nie • Die polisie het nie geweld teen die betogers gebruik nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 19 3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Die polisie het ongewapende betogers met knuppels aangerand • Honde is gebruik om die betogers aan te val • Die aantal polisie wat gereageer het, kan as buitensporig beskou word • Die brandslange kan ernstige beserings aan die ongewapende betogers veroorsaak • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • As die betogings met geweld reageer, kon die optrede van die owerhede geregverdig gewees het • Die beweging het nie-geweldadige protes, optogte en demonstrasies gebruik om sy doelwitte te bereik • Hy was bang dat die owerhede op ʼn nóg harder manier sou reageer • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.5 [Vergelyking van bewyse van Bron 3C en Bron 3D om ooreenkomste vas te stel – V3] • Bron 3D meld dat die studente deur kragtige strome water gekonfronteer is • Bron 3C wys studente wat deur ʼn stroom water getref word • Bron 3D sê dat ʼn stroom water Ds. Fred Shuttleworth teen die kerkmuur geslaan het • Bron 3C wys betogers wat deur ʼn waterstroom teen die muur geslaan word • Bron 3D maak melding van die gebruik van waterslange in die betoging • Bron 3C wys waterslange wat teen die betogers gebruik word • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
20 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bewyse – V3] • Birmingham was een van die mees gesegregeerde stede in Amerika (eie kennis) • Swart burgers het wetlike en ekonomiese ongelykhede, en geweldadige vergelding in die gesig gestaar toe hulle probeer het om die aandag op hul probleme te vestig (eie kennis) • Die stadsregering het ʼn staatshof-bevel (beslissing) teen die betogings verkry (Bron 3A) • Leiers van die veldtog is gearresteer en alleen in selle (in isolasie) geplaas. (Bron 3A) • Martin Luther King was gearresteer (Bron 3B) • Brandweermanne is opdrag gegee om waterslange te gebruik om die betogers uiteen te jaag (Bron 3C) • Die polisie het baie van die betogers gearresteer (Bron 3D) • Borde is opgeskeur en betogers is aangesê om huis toe te gaan (Bron 3D). • Die polisie het die betogers met knuppels aangeval (Bron 3D) • Die polisie het honde gebruik om die betogers aan te val (Bron 3D) • Brandweermanne het waterslange gebruik om die betogers te spuit (Bron 3D) • Die waterstrome was so kragtig dat soos die strome bome getref het, die bas afgeskeur is. Bakstene is van die mure losgeruk. (Bron 3D) • ʼn Stroom water het Ds Fred Shuttleworth teen die kerkmuur geslaan en inwendige beserings veroorsaak. (Bron 3D) • Die plaaslike owerhede het harde metodes gebruik in reaksie op die vreedsame protes (eie kennis) • Die doel was om enige verdere burgerlike ongehoorsaamheid in Birmingham te voorkom • Enige ander relevante Antwoord (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 21 Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv. toon min of geen begrip van watter uitdagings die burgerregte-aktiviste in die VLAK 1 gesig gestaar het in hul pogings om 0–2 Birmingham te desegreer. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp bv. toon ʼn mate van begrip van watter uitdagings die burgerregte-aktiviste in die gesig gestaar VLAK 2 3–5 het in hul pogings om Birmingham te desegreer. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv demonstreer ʼn deeglike begrip van watter uitdagings die burgerregte-aktiviste in die gesig gestaar het in hul pogings om Birmingham te VLAK 3 6–8 desegreer. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
22 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik of hulle saamstem of nie saamstem dat “Alhoewel die Viëtkong deur die Verenigde State van Amerika in vuurkrag oortref is, was hulle slimmer en het meer gehad om voor te veg in Viëtnam”. Hulle moet hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem deur aan te dui of hulle saamstem of nie saamstem dat “Alhoewel die Viëtkong deur die Verenigde State van Amerika in vuurkrag oortref is, was hulle slimmer en het meer gehad om voor te veg in Viëtnam”. Hulle moet ook ʼn uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal ondersteun. UITBREIDING: Fokus op die strategieë wat deur beide die VSA en die Viëtkong gebruik is • Toestande onmiddellik voor die oorlog • Die verdeling van Viëtnam en die vorming van die Viëtkong • Redes vir VSA-betrokkenheid: inperking en die Domino-teorie • VSA se eerste ingryping in Suid-Viëtnam was om militêre adviseurs te stuur tussen 1957 en 1965 – eerste fase teen die Viëtkong (Vietnamese kommunis) • Ho Chi Minh-roete is deur die Viëtminh (kommunistiese guerilla’s uit Noord- Viëtnam) gebruik om die Viëtkong te ondersteun – gehelp om die Viëtkong met voedsel en wapens te voorsien • Onder Kennedy het die VSA hul hulpbronne gebruik om die ‘Veilige Dorpies’- beleid (‘Safe Village’ policy)/Hamlet strategy/Villagisation in te stel – probeer om die Viëtkong te isoleer – wou die guerilla’s van die dorpenaars skei (1963) • Veilige dorpie-beleid het misluk omdat die Viëtkong binne die dorpies bedrywig was • Lyndon Johnson en die Golf van Tonkin voorval en Resolusie (1964) • Die VSA het op moderne tegnologie staatgemaak vir ʼn konvensionele oorlog (hulle was nie voorbereid vir die onkonvensionele oorlogsvoeringstaktieke nie) • VSA het op 8 Maart 1965 3 500 mariniers en grondtroepe na Viëtnam gestuur/ konvensionele militêre strategie is deur guerrilla taktieke verwar (Slimmer taktiek) • Operation Ranch Hand (1962 – 1971) – gebruik van chemiese ontblaarmiddels (Agent Orange om die bos te vernietig) en Agent Blue (om landbouprodukte en voedsel te vernietig om die Viëtkong te verswak) • Die digte plantegroei is tot die voordeel van Viëtkong gebruik • Gebruik van chemiese wapens het die VSA ongewild gemaak en baie lande het die VSA veroordeel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 23 • President Johnson het Operasie Rollende Donderweer (Operation Rolling Thunder) in Maart 1965 ingestel met die hoop om die Viëtkong binne ʼn kwessie van weke uit te skakel • Guerilla-oorlogvoering deur die Viëtkong en die Viëtminh (moeilik om guerrillas van dorpenaars te skei – boere/kleinboere) • Viëtkong het reageer met die Tet-offensief (1968) – suksesvolle verrassingsaanvalle op 100 stede beheer deur die VSA • Aantal Amerikaanse soldate wat gesneuwel het, het toegeneem – het tot anti- oorlog demonstrasies gelei • VSA het jong en onervare soldae na Viëtnam gestuur – moderne wapens kon nie help as gevolg van onervarenheid van jong VSA soldate. • VSA het moderne wapens gebruik vir soek-en-vernietingsmissies (beter wapens) (My Lai-slagting) om dorpe te vernietig wat deur die Viëtkong ondersteun word Dit het tot groot getalle burgerlike sterftes gelei – wat meer ondersteuning vir die Viëtkong vereis het • VSA gruweldade en die My Lai Slagting (Maart 1968) het publieke opinie teen die oorlog gedraai • Noord-Vietnam het militêre ondersteuning van die USSR en Sjina ontvang en die Viëtminh en Viëtkong het ook toegang tot sommige moderne wapens gehad • Guerilla oorlogvoering is effektief deur die Viëtkong gebruik, ondersteun deur die Viëtminh uit die noorde en het taktieke soos valstrikke, ondergrondse tonnels, tref en trap en sabotasie gebruik. ➢ Amerikaanse soldate het baie vinnig hul moraal verloor om te veg ➢ Nie geveg vir ʼn saak nie / anders as die Viëtnamese (meer om voor te veg) • Die Viëtkong het sy ondersteuningsbasis vergroot as gevolg van die taktiek wat teen die VSA-soldate gebruik is. • Die Viëtnamese was verenig in die verdediging van hul land (meer om voor te veg) • Viëtnamisering: President Nixon het met die beleid van strategiese onttrekking uit Viëtnam vorendag gekom • The Vietkong increased its support base because of the tactics used against the USA soldiers • Ook genoem WHAM (Winning the Hearts and Minds of the Vietnamese) dui op die mislukking van die VSA om Viëtnam te keer om ʼn kommunistiese staat te word en die daaropvolgende onttrekking • VSA het alle troepe teen 1973 onttrek (President Nixon het op 27 Januarie 1973 die Parys-Vredesooreenkoms onderteken – beëindiging van die VSA se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog • Noord-Viëtnam het in 1975 beheer oor Saigon geneem • Die begeerte om hul land te verdedig het geboorte gegee aan ʼn vasberadenheid wat oor die moderne wapens gebruik is deur die VSA, te seevier • Vietnam was verenig onder kommunistiese beheer • Enige ander relevante antwoord • Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ʼn relevante slot saamvat [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
24 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die politieke en ekonomiese beleide wat deur Mobutu Sese Seko ingestel is, verantwoordelik was om die Kongo in ʼn eenpartystaat te verander. Hulle moet hul argument met bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate die politieke en ekonomiese beleide wat deur Mobutu Sese Seko in die nuwe onafhanklike Kongo het in die vroeë 1960’s die Kongo in ʼn eenpartystaat omskep. Hulle moet hul argumente met relevante historiese inligting ondersteun. UITBREIDING: Politieke Beleide • Koloniale erfenisse: (as agtergrond inligting) • Paternalisme – Kongolese is as kinders behandel – met geen verantwoordelikheid in administrasise of verteenwoordiging van die regering nie • België het nie voorberei vir die behoorlike oorgang van ʼn nuwe leierskapsoorname nie. Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklik geword met Joseph Kasavubu as President en Patrice Lumumba as Eerste Minister • Kasavubu het verkies dat die Kongo ʼn federale staat is terwyl Lumumba vir ʼn sterk gesentraliseerde nasionale regering was/Lumumba was ook in konflik met Moise Tshombe • Die nuut onafhanklike Kongo het met baie politieke onstabiliteit begin, bv. Tshombe het gefokus op afskeiding van Katanga vir sy eie onafhanklikheid – ʼn teken vir die behoefte aan sterk politieke beleide • Mobutu het die beheer van Kasavubu deur ʼn staatsgreep in 1965 oorgeneem • Hy het outoritarisme toegepas om politieke stabiliteit te bereik (smeek van ʼn eenpartystaat) • In 1967 het Mobutu daarin geslaag om die Katanga rebellie te stop en sy land ʼn nuwe grondwet gegee as ʼn eenpartystaat onder sy party, die Popular Movement for the Revolution (MPR) • Kongo het binne die eerste vyf jaar ʼn eenpartystaat geword nadat hy onafhanklikheid verkry het met alle opposies onderdruk (outoritêr) • Mobuto het ʼn persoonlikheidskultus ontwikkel (Mobutuϊsme) (swak leierskap) – selfgesentreerde leerderskap – (verseker dat Kongo ʼn eenpartystaad is) • Mobutu het die Kongo ʼn outokratiese staat onder homself gemaak met ʼn militêre diktator (swak leierskap) • Hy is deur die VSA ondersteun omdat hy as ʼn anti-kommunistiese bondgenoot gesien is • Hy het ʼn sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstelllings, bevorderings en toekennings van staatsinkomste beheer – het gelei tot nepotisme Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 25 • Hy het ʼn beleid van Zaireanisering ingestel, ʼn beleid wat geskoolde buitelanders of diegene wat strategiese bestuursposisies beklee het, vervang met ongeskoolde inwoners – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke leiersrolle gelei het • Enige ander relevante antwoord Ekonomiese beleide • Koloniale beleide: (as agtergrond inligting) • Uitbuiting – Belgiese welvaart gebaseer op ontginning van katoen, rubber plantasies; en myne (koper, tin en diamant) deur koloniale maatskappye; wins uit minerale (myne) gebaseer op uitbuiting van Kongolese werkers • By onafhanklikheid is Kongo as die welvarendste beskou, maar met die ekonomiese rykdom wat deur buitelandse eienaars besit word • Mobutu erf ʼn kapitalitiese ekonomie (van België) • ʼn Ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders • Ekonomie ryk aan natuurlike hulpbronne: koper, kobalt, diamante en ander materiale wat op buitelandse beleggings gebaseer was. • Hy het nasionalisering ingestel: Mobutu het die land se kopermynbedryf genasionaliseer en winste uit koperbedryf gebruik om sy 10-jaar industrialiseringsplan te finansier (verseker dat sy regering alle finansies beheer het) • Nasionaliseer maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding • Buitelandse maatskappye wat onder beheer van sy bondgenote en familielede geplaas is (verseker groter finansiёle beheer) • Zaïreanisering bekendgestel (vervang buitelanders met Zaïrese burgers) (goeie leierskap – bemagting van plaaslike inwoners en keer paternalisme om) • Zaïreanisering het gelei tot korrupsie, nepotisme, diefstal en wanbestuur – (moontlik as gevolg van geen teenkanting) • Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitisme (groot gaping geskep tussen die elite en gewone burgers/ryk en arm) (swak leierskap) • Swak ekonomiese beleide het gelei tot die afname in die toestand van infrastuktuur soos paaie, ens. (geen teenkanting teen hierdie beleide nie) • Mobutu het ʼn kleptokrasie geskep – waarin ʼn groep aangestelde staatsamptenare hul posise vir finansiële gewin misbruik het • Mobutu is gedwing om Retrosessie (terugkeer van buitelandse eienaars) in te stel (ondoeltreffenheid van Zaïreanisering) – (sy vorige beleide het nie mense inspireer nie) • Baie min buitelandse eienaars het teruggekeer • Kongo se ekonomie het in duie gestort (swak ekonomiese beleid) – ondoeltreffenheid van sy eenpartystaat • Kongo het van buitelandse hulp en beleggings afhanklik geraak, bv. van die Wêreldbank • Mobutu het tot sy dood in 2007 as lewenslange President gebly • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
26 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING PROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op bewyse deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek hoe effektief die Swartmagbeweging se verskuiwing van ʼn geweldlose protes na ʼn meer militante benadering was om verandering in die Verenigde State van Amerika gedurende die 1960’s en 1970’s teweeg te bring. Die kritiese bespreking moet ʼn gebalanseerde siening bied deur aan te dui of die benadering effektief of oneffektief was om verandering in die Verenigde State van Amerika teweeg te bring. Hulle moet hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet kritiese bespreek hoe effektief die Swartmagbeweging se verskuiwing van ʼn geweldlose protes na ʼn meer militante benadering was om verandering in die Verenigde State van Amerika gedurende die 1960’s en 1970’s teweeg te bring. Die kritiese bespreking moet ʼn gebalanseerde siening bied deur aan te dui of die benadering effektief of oneffektief was om verandering in die Verenigde State van Amerika teweeg te bring. UITBREIDING • Toestande in die VSA: (Agtergrond inligting) • Afro-Amerikaners was steeds ekonomies en polities kreupel in die VSA as gevolg van diskriminerende (Jim Crow) wette. • Gebrek aan ʼn gevoel van trots as gevolg van sosio-ekonomiese omstandighede (Het in ghetto’s en krotbuurte gewoon/swak behuising/fasilitiete met gebrekkige hulpbronne). • Afro-Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van verandering en die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960’s • Afro-Amerikaners was aan polisiebrutaliteit onderwerp – het tot groei van nasionalitiese gevoelens gelei Swartmag-filosofie • Swartmag-filosofie het voortgestaan om vertroue by Afro-Amerikaners te vestig deur ʼn gevoel van selfgelding te bevorder; selfvertroue; swart trots; beheer van politiek in hul eie gemeenskappe (voortgestaan deur Stokley Carmichael); Afro- Amerikaners om hulself teen polisiebrutaliteit te beskerm • Afro-Amerikaners om vryheid van Blanke – gesag te soek. • Bevordering van Afro-haarstyl en Afrika-klere het die slagspreuk “Black is beautiful” geskep Black Panther Party • In 1966 het Bobby Searle en Huey Newton die Black Panther Party (BPP) vir selfverdediging teen polisiebrutaliteit gestig Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 27 • BPP se Tienpuntplan sal vertroue by Afro-Amerikaners se sosiale, politieke en ekonomiese doelwitte inboesem wat geformuleer is vir die opheffing van die Afro- Amerikaanse gemeenskap • Die Black Panther Party het voedingskemas, kindersorg en geletterdheidprojekte in swart gemeenskappe bedryf – die voedingskema het honger onder die jeug uitgeroei en leer in skole verbeter • BPP – geletterheidsprojekte het ongeletterdheid onder die Afro-Amerikaners uitgeroei • BPP-kindersorgprojekte het na die mediese behoeftes van Afro-Amerikaners in swart gemeenskappe omgesien • BPP-lede het die strate gepatrolleer om polisie-aktiwiteite te monitor (polisie die polisie) en hulself teen polisiebrutaliteit te verdedig • BPP het geëis dat die geskiedenis van Afro-Amerikaners in swart skole onderrig moet word • COINTELPRO, die FBI se intelligensie-program het die Black Panther-party geteiken. • Lede was inhegtenis geneem en doodgemaak • Militante beeld het somtyds gemeenskapontwikkelingsprogramme oorskadu • Interne verdeeldheid en regeringsonderdrukking het teen die laat 1970’s tot agteruitgang gelei Malcom X • Malcom X het gewapende selfverdeding teen wit onderdrukking bevorder • Hy het aangevoer dat bloedvergieting nodig is vir revolusie (swart nasionalisme) en het selfrespek en selfdissipline gepleit • Bevorder die konsep van Swart Trots • Afro-Amerkaners aangemoedig om op te staan en wit Amerikaanse owerhede uit te daag in die nastrewing van vryheid, geregtigheid en gelykheid met enige moontlike middel • Ondersteun die gebruik van geweld as ʼn manier van selfverdediging teen diegene wat Afro-Amerikaners aangeval het Stokely Carmichael • Stokely Carmichael het geglo dat die nie-geweldadige strategie misluk het as gevolg van voortdurende geweld teen Afro-Amerikaners • Bepleit die uitsluiting van wit “liberale” as ʼn filosofie vir Afro-Amerikaners • Hy het die idee om die VSA in aparte swart en wit gemeenskappe te verdeel bevorder • Hy was gekant teen die VSA se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog Prestasies/Impak • die mees voor-die-handliggende vorme van rassediskriminasie het geëindig • Rassegeweld en spanning het afgeneem • Afro-Amerikaners is tot openbare ampte verkies • Behuising en fasiliteite van Afro-Amerikaners is verbeter • Swart geletterdheid en afhanklikheid van staatstoelae was beperk • Regstellende aksiebeleide vir federale indiensneming is ingestel Tekortkominge • Beperk in die bereiking van langtermyn ekonomiese verandering, konfronterende houding het tot staatsonderdrukking en verminderde breё openbare steun gelei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
28 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) • Het nie volle ekonomiese gelykheid bereik nie – armoede en werkloosheid het voortgeduur • Skole in oorwegend swart gebly bly onderbefonds • Diskriminasie duur steeds voort in polisiёring, indiensneming en gesondheidsorg • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 History

View all