Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220259 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGS WAT KONGO NA ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGPROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Die bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE GROEIENDE INVLOEDSFERE IN EUROPA TOT SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE SOWJETUNIE (USSR) BYGEDRA? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Hoe, volgens die bron, het die groot Europese moondhede hulle ná die oorlog bevind? (2 x 1) (2) 1.1.2 Waarom, volgens die bron, is die Verenigde State na die oorlog steeds as die wêreld se voorste militêre mag beskou? (2 x 1) (2) 1.1.3 Definieer die historiese konsep ‘imperialistiese uitbreiding’ in die konteks van die rol wat die Verenigde State in Europa na die oorlog gespeel het. (1 x 2) (2) 1.1.4 Hoekom dink jy het die Verenigde State, Stalin daarvan beskuldig dat hy die Jalta-ooreenkoms oor die reg van selfbeskikking oortree het? (1 x 2) (2) 1.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die verdeling van Europa in twee blokke, die hart (kern) van die stryd tussen die Supermoondhede geword het. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Gee TWEE redes uit die bron wat daarop dui dat die Sowjetunie kommunisme in Oos-Europa versprei het. (2 x 1) (2) 1.2.2 Volgens die bron, waar het Churchill geglo dat die Ystergordyn neergedaal het? (2 x 1) (2) 1.2.3 Lewer kommentaar oor hoekom Churchill en Truman albei geglo het dat kommunisme ʼn bedreiging vir vrede en stabiliteit in die na- oorlogse wêreld inhou? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Hoe, volgens die bron, het Stalin Churchill beskryf? (1 x 2) (2) 1.3.2 Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat Stalin vir ʼn moontlike militêre konfrontasie met die Weste voorberei het. (1 x 2) (2) 1.3.3 Definieer die konsep ‘Ystergordyn’ in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.3.4 Verduidelik hoekom so baie Sowjette vir na-oorlogse samewerking met die Weste gekies het? (1 x 2) (2) 1.3.5 Lewer kommentaar oor hoekom dit Stalin baie maande geneem het om sy mense te oortuig van die waargenome gevaar uit die Weste en om ʼn ware “Ystergordyn” om sy ryk te bou. (1 x 2) (2) 1.3.6 Verduidelik die bruikbaarheid van hier die bron vir geskiedkundiges wat navorsing doen oor hoe Churchill se toespraak tot groeiende spanning in Europa bygedra het. (2 x 2) (4) 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 Watter boodskappe dra die spotprenttekenaar aangaande die Sowjet uitbreiding in Oos-Europa oor? (2 x 2) (4) 1.4.2 Verduidelik in jou eie woorde hoekom Stalin oor soveel lande in Oos-Europa beheer wou hê? (1 x 2) (2) 1.5 Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die inligting in Bron 1C met betrekking tot die toenemende vyandigheid tussen die VSA en USSR ondersteun. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe die groeiende invloedsfere in Europa tot die Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie bygedra het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: WAT WAS DIE REDES VIR DIE BETROKKENHEID VAN SUID-AFRIKA IN DIE ANGOLESE BURGEROORLOG? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Definieer die konsep ‘burgeroorlog’ in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.2 Wanneer, volgens die bron, het ʼn burgeroorlog in Angola uitgebreek? (1 x 1) (1) 2.1.3 Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat die MPLA ʼn sosialistiese party was. (2 x 1) (2) 2.1.4 Lewer kommentaar op die stelling: “In Junie 1975 het die interne konflik ʼn kritieke vlak ten gunste van die MPLA bereik.” (1 x 2) (2) 2.1.5 Hoekom dink jy het die Suid-Afrikaanse Regering ingestem om geheime militêre steun aan UNITA en die FNLA te gee? (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Waarom, volgens die bron, was Angola, so belangrik vir Suid-Afrika in die 1960’s en die vroeë 1970’s? (2 x 1) (2) 2.2.2 Waarom, volgens die bron, is baie van die samewerking tussen Portugal en Suid-Afrika in die geheim gevoer? (3 x 1) (3) 2.2.3 Noem TWEE redes uit die bron, waarom die Suid-Afrikaanse Regering die vooruitsig van ʼn vyandige regering in Luanda gevrees het sodra die land onafhanklik geword het. (2 x 1) (2) 2.2.4 Verduidelik waarom die Verenigde State die MPLA as ʼn marionetparty van die Sowjetunie beskou het. (1 x 2) (2) 2.2.5 Verduidelik die konsep ‘ekspansionisme’ in die konteks van die Sowjetunie se betrokkenheid in Angola. (1 x 2) (2) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Wat, volgens die bron, het Vorster geglo sou gebeur het as Suid-Afrika nie by Angola betrokke geraak het nie? (2 x 1) (2) 2.3.2 Hoekom dink jy het die MPLA nie die teenwoordigheid van die Russe en die Kubane bekend gemaak (onthul) nie? (1 x 2) (2) 2.3.3 Lewer kommentaar op: “Suid-Afrika het wel die vrye wêreld ʼn diens in Afrika gelewer deur dit baie duidelik na vore te laat kom.” (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 2.3.4 Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir geskiedkundiges wat die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Angolese Burgeroorlog navors. (2 x 2) (4) 2.4 Raadpleeg Bron 2D. 2.4.1 Watter boodskap dra die foto aangaande die aanvanklike betrokkenheid van Suid-Afrika tydens die Angolese Burgeroorlog oor? (2 x 2) (4) 2.4.2 Hoekom dink jy sal die Suid-Afrikaanse Regering nie wil hê dat ʼn foto soos hierdie in 1975 gepubliseer word nie? (1 x 2) (2) 2.5 Vergelyk Bron 2B en Bron 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting in Bron 2C met betrekking tot Suid-Afrika se teenkanting teen ʼn MPLA-beheerde regering in Angola. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die redes vir die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Angolese Burgeroorlog verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE BURGERREGTE-AKTIVISTE IN DIE GESIG GESTAAR IN HUL POGINGS OM BIRMINGHAM TE DESEGREGREER? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Watter twee groepe, volgens die bron, het aan die Birmingham-veldtog deelgeneem? (2 x 1) (2) 3.1.2 Noem VIER vorme van geweldlose stakings wat gebruik is toe die veldtog van stapel gestuur is. (4 x 1) (4) 3.1.3 Definieer die term “segregasie” in die konteks van die Verenigde State van Amerika. (1 x 2) (2) 3.1.4 Hoekom, dink jy, het die stadsregering ʼn staatshofbevel (beslissing) teen die betogings verkry? (1 x 2) (2) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Volgens die bron, wat het Martin Luther King geglo word vereis in ʼn geweldlose veldtog? (4 x 1) (4) 3.2.2 Definieer die konsep ‘rassevooroordeel’ in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.2.3 Hoekom, dink jy, het Martin Luther King gevoel dat die regstelsel in Birmingham onregverdig was? (1 x 2) (2) 3.2.4 Lewer kommentaar op wat Martin Luther King bedoel het met die stelling: ‘Ons weet deur pynlike ervaring dat vryheid nooit vrywillig deur die onderdrukker gegee word nie.’ (1 x 2) (2) 3.2.5 Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van die bron aan ʼn geskiedkundige wat die rol van Martin Luther King in die Birmingham- veldtog navors. (2 x 2) (4) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Watter boodskap word in die foto oor desegregasie in Birmingham uitgebeeld? (1 x 2) (2) 3.3.2 Verduidelik hoe foto’s soos hierdie die Burgerregte-veldtog sou bevoordeel? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2025) 3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1 Wie, volgens die bron, was ‘kwaad’ vir die betogers? (2 x 1) (2) 3.4.2 Hoekom, dink jy, het die studente die protes as ʼn oorwinning beskou? (1 x 2) (2) 3.4.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die reaksie van die Birmingham Owerhede as ʼn oormatige gebruik van geweld teen die betogers beskou kan word? (2 x 2) (4) 3.4.4 Verduidelik waarom die spreker ‘die mense vermaan (aangeraai) het om geweldloos’ oor die publieke adresstelsel te wees. (1 x 2) (2) 3.5 Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C ondersteun word deur die inligting in Bron 3D met betrekking tot die reaksie van die owerhede op die betogers in Birmingham. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik watter uitdagings die burgerregte-aktiviste in die gesig gestaar het in hul pogings om Birmingham te desegregeer. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling nie. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM “Alhoewel die Viëtkong deur die Verenigde State van Amerika in vuurkrag oortref is, was hulle slimmer en het meer gehad om voor te veg in Viëtnam.” Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoord deur relevante historiese bewyse te gebruik? [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO Tot watter mate was die politieke en ekonomiese beleide, wat deur Mobuto Sese Seko ingestel is, verantwoordelik daarvoor om die Kongo in ʼn eenpartystaat te omskep. Gebruik relevante historiese bewyse om jou antwoord te ondersteun. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGPROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING Die Swartmagbeweging het ʼn verskuiwing van geweldlose protes na ʼn meer militante benadering in die stryd vir Afro-Amerikaanse vegte gemerk. Bespreek kritiese hoe effektief hierdie benadering was om verandering in die Verenigde State gedurende die 1960’s en die 1970’s teweeg te bring. Gebruik relevante historiese bewyse om jou antwoord te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 History

View all