Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12202314 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (29) AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (23) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (23) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (21) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (39) 2. Lees AL die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal feite/redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Gee die korrekte rekenaarterm vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Die kombinasie van meer as een veld om ʼn rekord in ʼn databasis uniek te identifiseer (1) 1.1.2 Die onnodige herhaling van data in ʼn databasis (1) 1.1.3 Programme wat deel is van stelselsagteware en instandhoudings- en administratiewe take verrig (1) 1.1.4 Die gaping wat bestaan tussen mense wat toegang tot tegnologie het en diegene wat geen toegang het nie (1) 1.1.5 Elektriese paaie geëts op ʼn moederbord wat gebruik word om data/seine tussen verskillende dele oor te dra (1) 1.1.6 ʼn Term wat gebruik word om die databondellimiet te beskryf (1) 1.1.7 Werk in ʼn gedesentraliseerde ligging, byvoorbeeld by die huis, deur modern kommunikasiestelsels te gebruik (1) 1.1.8 Tendens waardeur afsonderlike tegnologieë en funksies van verskeie toestelle gekombineer word in ʼn enkele veeldoelige toestel (1) 1.1.9 Simulasie van menslike besluitnemingsproses deur ʼn rekenaarstelsel wat geprogrammeer is om op grond van die inset verkry vanaf sensors te reageer (1) 1.1.10 ʼn Toestel wat dit vir netwerke moontlik maak om oor die internet te kommunikeer deur data na die regte bestemming te stuur (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae, gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D. 1.2.1 Die groepering van attribute en ‘behaviour’ van ʼn klas in een entiteit: A Enkapsulering B Objek C Profielvorm (‘Template’) D Metode (1) 1.2.2 Die datavelde in ʼn klas: A Entiteit B Attribute C Tupel D Veranderlike (1) 1.2.3 Instruksies in binêre formaat wat die SVE direk kan uitvoer: A Bronkode B ASCII-kode C Masjienkode D Toepassingskode (1) 1.2.4 … kombineer JavaScript met ʼn webblaaier instruksie om die webblaaier toe te laat om data af te laai sonder om die hele bladsy te verfris. A ‘HTML’ B ‘CSS’ C ‘HTTP’ D ‘AJAX’ (1) 1.2.5 Die akroniem ‘RTF’ beteken: A ‘Rich Tool Format’ B ‘Real Text Format’ C ‘Rich Text Format’ D ‘Rich Text File’ (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 Beskou die bogenoemde prent van ʼn hardeware-komponent en beantwoord die vrae wat volg. 2.1.1 Benoem die bogenoemde hardeware-komponent. (1) 2.1.2 Verduidelik die funksie van dié hardeware-komponent. (1) 2.1.3 Noem ʼn gleuf wat gebruik kan word om die hardeware-komponent met die moederbord te koppel. (1) 2.1.4 Noem TWEE hoofkomponente wat op die hardeware-komponent gevind kan word. (2) 2.1.5 Noem TWEE hardeware dele wat in hierdie hardeware-komponent gevind kan word om die temperatuur van die toestel te reguleer/beheer. (2) 2.1.6 Noem die DRIE poorte wat op die hardeware-komponent gevind kan word. (3) 2.2 Onderskei tussen skyffragmentasie en skyfdefragmentasie. (2) 2.3 ʼn Tegnologie wat die konfigurasieproses van ʼn toestel outomatiseer voordat dit gebruik kan word, word … genoem. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.4 VTAs (SSD’s) word nou meer as ‘HDD’s’ verkies. Wat is die DRIE hoofverskille tussen VTAs en ‘HHD’s’? (3) 2.5 Mense veroorsaak foute wanneer hulle met data werk. Gee DRIE foute wat deur mense veroorsaak word wat tot dataverlies kan lei. (3) 2.6 Datarugsteun is ʼn proses waar data gedupliseer word en op ʼn alternatiewe ligging gestoor word, om die herwinning van die datastel moontlik te maak nadat data verlore geraak het. 2.6.1 Noem DRIE tegnieke wat jy kan gebruik om ʼn rugsteun te skep. (3) 2.6.2 Noem DRIE tipes rugsteunmetodes wat gebruik word om data te rugsteun. (3) 2.7 Gee TWEE redes vir die ontwerp van rekenaartoestelle volgens modulêre ontwerp. (2) 2.8 Rekenaars benodig voldoende/baie ongebruikte spasie op die hardeskyf om goed te werk. Noem TWEE aksies wat jy kan doen om spasie op die hardeskyf beskikbaar te maak. (2) TOTAAL AFDELING B: 29 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 3.1 Kommunikasiestelsels/netwerke is orals. Analiseer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae (3.1.1 tot 3.1.6) wat volg. 3.1.1 Gee die ander woord wat gebruik word om rekenaartoestelle wat aan ʼn netwerk gekoppel is, te identifiseer. (1) 3.1.2 Die bogenoemde diagram is ‘n kombinasie van ʼn ‘LAN’-topologie en ʼn ‘WAN’-topologie. (a) Beskryf kortliks die konsep netwerktopologie. (1) (b) Wat is ʼn ander naam vir ʼn toegangspunt? (1) (c) Noem TWEE voordele/redes om ʼn netwerk te hê. (2) 3.1.3 Die netwerkdiagram het rekenaartoestelle wat kliënte gemerk is. Beskryf die TWEE kategorieë van kliënte. (4) 3.1.4 Die netwerkdiagram het ʼn komponent wat A gemerk is. (a) Noem die netwerkkomponent, gemerk A in die netwerkdiagram. (1) (b) Noem TWEE funksies van die netwerkkomponent gemerk A. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.1.5 ʼn Rekenaartoestel word gewoonlik tussen die internet en die netwerk geplaas. (a) Gee die naam van die gedeelte in die netwerkdiagram wat B gemerk is. (1) (b) Noem TWEE rolle wat deur hierdie hardeware-komponent uitgevoer word. (2) 3.1.6 Wat verteenwoordig die simbool, gemerk C, in die netwerkdiagram en wat is die rol van hierdie simbool? (2) 3.2 Bespreek TWEE voordele van webtoepassiering (‘appification of the web’). (2) 3.3 ʼn Stel reëls wat beskryf hoe data tussen twee rekenaartoestelle in ʼn netwerk gestuur word, word … genoem. (1) 3.4 Uniforme Hulpbronadres (URL) word in meeste webblaaiers gevind. 3.4.1 Verduidelik wat ʼn URL-verkorter (bv. Bit.ly) is. (1) 3.4.2 Noem TWEE voordele van ʼn URL-verkorter. (2) TOTAAL AFDELING C: 23 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 Databasisse is ideaal wanneer jy ʼn groot hoeveelheid verwante data moet stoor en dit vinnig benodig om data by te voeg, opdateer, navrae en verslae te skep. 4.1 Data-integriteit verwys na die handhawing van die akkuraatheid en konsekwentheid van data wat in ʼn databasis gestoor word. Noem en beskryf TWEE kategorieë van data-integriteit. (4) 4.2 ʼn Transaksieverwerkingstelsel is ʼn sagtewarestelsel wat data van alledaagse besigheidsaktiwiteite vaslê en verwerk. Dui aan of die volgende stellings wat verband hou met transaksieverwerking- stelsels WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.2.1 Transaksies verwys na enige aktiwiteit met betrekking tot die skep, opvulling, redigering, stoor of uitvee van data wat deur DBBS bestuur word. (1) 4.2.2 Wanneer ʼn rekord oop is, hetsy vir redigering of invoeging, word die rekord gemerk as in gebruik. Die word rekordsluiting genoem. (1) 4.2.3 ‘Purge/consolidate’ vind plaas wanneer die DBBS ʼn opdrag kry om ʼn transaksie om te keer en herstel die data terug na sy vorige toestand. (1) 4.2.4 ‘Commit’ of ‘post’ is wanneer die DBBS die instruksie kry om die veranderinge wat aangebring is, weer in berging te stoor. (1) 4.3 Noem TWEE eienskappe van kwaliteit data. (2) 4.4 Rekenaars en rekenaargebruikers word aan verskeie sekuriteitrisiko’s blootgestel. 4.4.1 Verduidelik kortliks wat datasekuriteit is. (1) 4.4.2 Noem DRIE maatreëls om datasekuriteit af te dwing. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 4.5 Die databasis TouristApp word gebruik deur ECTourist webwerwe en het TWEE tabelle, tblGates en tblVisitors. tblVisitors tblGates Overseas GateName Passengers GateID Date Telephone Cost Closes VehicleNo Accommodation Out Entrance 4.5.1 Noem die primêre sleutels in albei tabelle (tblGates en tblVisitors). (2) 4.5.2 Noem DRIE velde, in albei tabelle (tblGates en tblVisitors), wat die datatipe Yes/No sal hê. (3) 4.5.3 Die bogenoemde tabelle (tblGates en tblVisitors) kan verbind word deur ʼn primêre sleutel en vreemde sleutel te gebruik. (a) Watter tabel het ʼn veld wat as ʼn vreemde sleutel gebruik kan word, om die ander tabel te verbind? (1) (b) Noem die vreemde sleutelveld. (1) 4.5.4 Noem die tipe verwantskap wat geskep kan word tussen tblGates en tblVisitors. (1) 4.5.5 Noem die datatipe vir die veld Closes in tblGates tabel. (1) TOTAAL AFDELING D: 23 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 5.1 Noem ʼn tydelike toevoerkomponent wat deur Delphi-programmeringskode geskep word. (1) 5.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, neer. 5.2.1 Logiese lêernaam verwys na die eksterne lêernaam wat data bevat en in ʼn stoortoestel gevind kan word. (1) 5.2.2 Waardes wat in ʼn matriks/twee-dimensionele skikking gestoor word, word elemente genoem. (1) 5.2.3 ʼn Swaaipuntnommer (‘floating point number’) is ʼn heelgetal. (1) 5.2.4 Die gebruik van funksies om een datatipe na ʼn ander datatipe om te skakel (bv. string na integer), word omskakeling van tipes genoem. (1) 5.2.5 Die eerste indekswaarde van ʼn ‘string grid’-komponent is altyd nul (0). (1) 5.3 Onderskei tussen Writeln en Write. (2) 5.4 Bespreek VIER maniere wat gebruik kan word om ʼn skikking te vul. (4) 5.5 Onderskei tussen Konstruktor (‘Constructor’) en Destruktoor (‘Destructor’). (2) 5.6 Die basiese klasstruktuur word altyd gedefinieer/geskep tussen ‘type’ en ‘implementation’. 5.6.1 Verduidelik kortliks wat ʼn ‘method stub’ is. (1) 5.6.2 Noem die sleutels wat gebruik word om ‘method stubs’ te skep/ produseer. (1) 5.6.3 Noem die spesiale sleutel/hoofletter wat gebruik word as ʼn voorvoegsel vir die klasnaam en wat die betekenis van die voorvoegsel is. (2) 5.7 Verduidelik kortliks die doel van ʼn toString-metode in klas. (1) 5.8 ʼn Metodenaam gevolg deur ʼn parameter word … genoem. (1) 5.9 Noem die sleutelwoord/konsep wat toelaat dat programmeerders vele metodes met dieselfde naam kan verklaar maar, met ʼn verskillende aantal parameters en tipes. (1) TOTAAL AFDELING D: 21 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 6.1 Die IvD bied baie gemak en verligting in die modern, hoë-tempo lewenswyse in die tegnologiese/’high-tech’ wêreld. Ondersoek die bogenoemde diagram en beantwoord die volgende vrae. 6.1.1 Verduidelik kortliks die konsep Internet van Dinge/IvD. (1) 6.1.2 Noem TWEE onlangse konvergensies van drie tegnologiese neigings wat IvD moontlik gemaak het. (2) 6.1.3 Noem DRIE maniere hoe IvD die samelewing sal beïnvloed en bevoordeel. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13 6.2 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. 6.2.1 Noem die toestel wat in hierbo vertoon word. (1) 6.2.2 Beskryf die toestel in VRAAG 6.2.1 genoem. (1) 6.2.3 Gee DRIE voordele van die toestel hierbo vertoon. (3) 6.2.4 Noem DRIE voorbeelde van areas waar hierdie toestel gebruik kan word. (3) 6.3 Sagteware word slimmer, makliker om te gebruik en beter om mense te help as ooit van tevore. 6.3.1 Gee DRIE voordele van ‘SaaS’. (3) 6.3.2 Noem DRIE kategorieë/vorme van ‘SaaS’. (3) 6.3.3 Verduidelik kortliks die konsep virtuele realiteit. (1) 6.3.4 Noem TWEE gebiede van industrie waar virtuele realiteit gebruik kan word. (2) 6.4 Oorspronklik was PR, slimfoon- en tablettoepassings vir aangepaste realiteit op speletjies gefokus, maar die gebruike van aangepaste realiteit het wyd en syd uitgebrei. 6.4.1 Verduidelik kortliks die konsep aangepaste realiteit. (1) 6.4.2 Noem TWEE gebruike van aangepaste realiteit tegnologie. (2) 6.4.3 Noem TWEE hardeware vereistes vir aangepaste realiteit. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 6.5 Drabare toestelle neem mobiele tegnologie na ʼn hoër vlak in IKT. 6.5.1 Verduidelik kortliks die konsep drabare toestelle. (1) 6.5.2 Noem TWEE voorbeelde van drabare toestelle. (2) 6.6 Onderskei tussen e-leer (‘e-learning’) en m-leer (‘m-Learning’). (2) 6.7 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 6.7.1 Verduidelik wat groot data is. (1) 6.7.2 Noem TWEE voorbeelde in ʼn IKT-omgewing waar groot data gebruik kan word. (2) 6.8 Verduidelik kortliks wat NVK (‘NFC’) is. (akroniem nie nodig nie). (1) 6.9 Onderskei tussen netwerkvorming (‘network shaping’) en netwerkversperring (‘network throttling’). (2) TOTAAL AFDELING F: 39 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all