Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*LFSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 474.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende inligting versigtig voordat jy die vrae beantwoord .
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik is.
4. Verskaf jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag.
5. Teken ALLE diagramme in potlood en doen die byskrifte in blou of swart ink.
6. Teken slegs diagramme en vloeidiagramme wanneer so versoek word.
7. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie.
8. MOENIE grafiekpapier gebruik nie.
9. Jy mag ʼn nieprogrameerbare sakrekenaar, passer en gradeboog gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie moontlikhede word as antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) teenoor die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die volgende stamboom toon dat …
A ʼn dogter slegs hemofilie oorerf indien sy beide resessiewe
gene vir die toestand oorerf.
B dogters nooit die toestand sal oorerf nie.
C alle seuns altyd die toestand oorerf.
D dogters nooit draers van die toestand kan wees nie. (2)
1.1.2 Die grootste getal nageslag in die meeste bevolkings word deur
die organismes wat ... geproduseer.
A altyd die sterkste is
B gewoonlik die beste aangepas is
C gewoonlik die grootste is
D die intelligentste is (2)
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
1.1.3 Vinke op die Galapogas-eilande is verskillend, maar naverwant
en vertoon ooreenstemmende fisiese/strukturele eienskappe.
Dit ondersteun die gevolgtrekking dat hierdie voëls …
A die vermoë het om lukraak te kruisteel.
B vanaf ʼn gemeenskaplike voorouer ontstaan het.
C dieselfde nis op dieselfde eiland okkupeer.
D eienskappe deur gebruik of onbruik verwerf het. (2)
1.1.4 Die onderstaande diagram toon die evolusionêre roetes van 9
verskillende spesies.
D E G H I
C F
B
A
Watter TWEE organismes is die naaste verwant?
A D en E
B D en G
C G en I
D I en E (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.5 Die volgende menslike kariotipe bevat …
A 46 gonosome.
B ʼn paar gonosome.
C 46 outosome.
D ʼn paar outosome (2)
1.1.6 Watter EEN van die volgende eienskappe is nie korrek met
betrekking tot primate nie?
A Binokulêre en stereoskopiese visie
B Duime wat in dieselfde rigting as vingers funksioneer
C Hande wat naels in plaas van kloue het
D Verlengde versorging van die nageslag (2)
1.1.7 Kreationistiese teorieë kan nie as wetenskaplike teorieë aanvaar
word nie, omdat hulle …
A op geloof eerder as bewyse gebaseer is.
B mites en stories is wat gebruik word om die oorsprong van
lewe te verduidelik.
C van nageslag tot nageslag deur indoktrinasie oorgedra
word.
D nie waarneembaar, meetbaar en toetsbaar is nie. (2)
1.1.8 Die liggaam van die wollerige oer-olifant (mammoth) is vir
miljoene jare gepreseveer omdat dit …
A in teerputte vasgevang was.
B versteen het.
C in modder en ys bevries was.
D dit in barnsteen vasgelê was. (2)
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
1.1.9 In die 19de-eeu het die peperkleurige motte in Manchester,
Engeland, gedurende die industrialisasie toegeneem omdat die
swart rook van die fabrieke as loog op die boomstamme en
omliggende geboue versamel het.
Watter EEN van die volgende stellings is verkeerd ten opsigte
van mikro-evolusie wat in die motbevolking plaas gevind het?
A Die wit motte was die minste vir oorlewing aangepas
omdat hulle maklik deur voëls raakgesien is as hulle op
die donker agtergrond gesit het.
B Die swart motte was goed aangepas om te oorleef omdat
hulle nie maklik deur die voëls raakgesien is as hulle op
die donker agtergrond gesit het nie.
C Natuurlike seleksie bevoordeel altyd die organisme wat die
swakste aangepas is.
D Die natuur kies altyd die organisme wat die beste
aangepas is om te oorleef. (2)
1.2 Voorsien die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die oorsprong van ʼn nuwe spesie tydens evolusie (1)
1.2.2 Die ontstaan van ʼn nuwe spesie vanweë geografiese isolasie (1)
1.2.3 Die spesie waaraan alle mense behoort (1)
1.2.4 ʼn Gepunte gesig vanweë ʼn uitstaande kakebeen en neus (1)
1.2.5 Die naam van ʼn 3,2 miljoenjaar-oue fossiel wat in 1974 deur
Donald Johansen, Yves Coppan en Tim White in Etiopië ontdek
is (1)
1.2.6 ʼn Groep wat slegs primate met menslike eienskappe insluit (1)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op slegs A, slegs B, beide A
en B of op geen van die items in KOLOM II van toepassing is. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geen langs die vraagnommer
(1.3.1 – 1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Die proses waardeur A Konvergente evolusie
organismes wat nie na-
verwant is nie onafhanklik
B Divergente evolusie
ooreenstemmende
eienskappe verkry
1.3.2 Alle lewende wesens is deur A Lamarck se teorie
ʼn Opperwese geskape B Darwin se teorie
1.3.3 Die diversiteit van lewe wat A Kreatisionistiese teorie
op die aarde bestaan kon
slegs ontstaan het omdat B Intelligente ontwerpteorie
elkeen intelligent ontwerp is
1.3.4 Die DNA van die Y- A Om die manlike lyn van
chromosoom word gebruik ons voorvaders te bepaal
B Om die vroulike lyn van
ons voorvaders te bepaal
1.3.5 Sekelselanemie A ʼn Genetiese siekte waar
rooibloedselle misvorm
word
B Nie ʼn geslagsgekoppelde
afwyking nie
1.3.6 In staat om gereedskap te A Australopithecus
maak en te gebruik afarensis
B Sahelanthropus
tchadensis
1.3.7 Foramen magnum aan die A ʼn Tweevoetige dier
agterkant van die skedel
B ʼn Viervoetige dier
geposisioneer
1.3.8 Gemiddelde breingrootte A Homo habilis
1 200 – 1 800 B Homo erectus
(8x2) (16)
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
1.4 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn spesifieke tipe spesiasie wat
in Malawi-meer voorkom. ʼn Groot verskeidenheid van verskillende
spesies van pragtige helderkleurige Cichlid-visse word jaarliks ontdek.
Bestudeer die diagram en beantwoord die daaropvolgende vrae.
1.4.1 Watter tipe spesiasie word in die bostaande diagram getoon? (1)
1.4.2 Verduidelik die tipe spesiasie wat in VRAAG 1.4.1 genoem word (3)
1.4.3 Alhoewel die nuwe visse wat deur evolusie ontstaan het in
dieselfde meer leef, kan hulle nie met ander naverwante spesies
kruisteel nie. Verskaf ʼn rede of meganisme wat verhoed dat
hulle met ander cichlid-visse kan kruisteel. (1)
1.4.4 Noem VYF voorbeelde van die meganisme wat jy in
VRAAG 1.4.3 genoem het, wat verhoed dat evoluerende
spesies met mekaar kan kruisteel. (5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die onderstaande koerantberig en beantwoord die
daaropvolgende vrae.
X-straal toon bene op slangfossiel
ULTRASKERP 3-D x-strale van ʼn 95 miljoenjaar-ou fossiel wat in Libanon
gekry is het lig gewerp op die evolusie van slange vanaf geleedpotige
akkedisse.
Franse wetenskaplikes het gister gesê dat die 50 cm fossiel van
Eopodophis desouensi ʼn klein agterbeentjie, wat aan die dier se pelvis
geheg is, toon.
Dit was onder die liggaam verberg en het slegs danksy die nuwe tegniek
sigbaar geword.
Hierdie bevinding versterk die teorieë dat slange vanaf akkedisse
evolueer het, maar hulle hul bene al minder benodig het - en hulle
uiteindelik heeltemal verloor het - nadat hulle in habitatte gekom het waar
kruip en gly hulle bevoordeel het.
Die nuwe beeld toon dat E. desouensi op hierdie punt in die Kryttydperk
die tussenweg-fase in die verandering was.
[Bron: Daily Dispatch-koerant, 10 Februarie 2011]
2.1.1 Watter wetenskaplike naam is aan die fossiel wat in Libanon
uitgegrawe is gegee? (1)
2.1.2 Wat was die geskatte ouderdom van die fossiel? (1)
2.1.3 Watter tegniek is aangewend om die ouderdom van die fossiel te
bepaal? (1)
2.1.4 Noem die periode waartydens die oorgang vanaf akkedisse na
slange moontlik kon plaasgevind het. (1)
2.1.5 Watter bewyse word verskaf om die evolusie van akkedisse na
slange te staaf? (1)
2.1.6 Watter tegniek is aangewend om bewyse te bekom? (1)
2.1.7 Verduidelik kortliks Lamarck se teorie van evolusie deur van die
bostaande nuusartikel gebruik te maak. (3)
2.1.8 Waarom is Lamarck se teorie verwerp? (3)
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
2.2 Lees die onderstaande paragraaf en beantwoord die daaropvolgende vrae.
Besigheidsontwikkeling
SA produseer meer GM-gewasse
Michael Appel
28 Februarie 2008
Sedert die aanvaarding van “Bio Tech”-gewasse in 1996, het die
hoeveelheid geneties gemodifiseerde gewasse, byvoorbeeld mielies,
sojabone en katoen, wat in terme van hektare aangeplant is, tot 1,8
miljoen hektaar toegeneem.
Die president van Agri-SA, Mnr Lourie Bosman het Woensdag gesê, “Wit
GM-mielies beslaan ʼn totaal van 1,04 miljoen hektaar, ʼn toename van
48% oor die tydperk van 2006/07, wat ʼn markaandeel van 62% behels”.
“Geelmielies het vanaf 528 000 hektaar tot 567 000 hektaar verhoog, ʼn
toename van 7%”.
GM-gewasse word gemanipuleer om omgewingsfaktore soos droogte te
weerstaan. Sekere sade bevat ʼn dominante geen wat hulle ʼn weerstand
teen onkruiddoders gee wat boere in staat stel om onkruiddoders, wat nie
hulle gewasse sal affekteer nie, te gebruik.
Bosman het gesê: “Agri-SA is positief oor die geneties gemodifiseerde
gewasse en is entoesiasties oor die bydrae wat hulle in die toekoms ten
opsigte van verhoogde produksie kan maak.”.
Die mees populêre GM-eienskap in Suid-Afrika was die Bt-Insekweer-
standbiedende mielies, waarvan 1,1 miljoen hektaar geplant is. Dit word
gevolg deur die RR onkruiddoder weerstandbiedende mielies waarvan
373 000 hektaar geplant is. Die verkope van sade met beide Bt en RR
eienskappe het in 2007 begin en 80 000 hektaar is tot op hede geplant.
Proefaanplanting met droogteweerstandbiedende variëteite, ʼn eienskap
wat in ander gewasse ook ingesluit is, is reeds in Suid-Afrika onderweg
en die tegnologie sal teen 2011 kommersieel beskikbaar wees.
[Aangepas van
http://www.southafrica.info/business/trends/newbusiness/gmmaize-
280208.htm]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.2.1 Voorspel wat die toekomstige neiging ten opsigte van die
gebruik van geneties gemodifiseerde gewasse op Suid-
Afrikaanse plase sal wees - volgens die inligting in die
bostaande artikel. (1)
2.2.2 Noem VIER voordelige eienskappe wat volgens die artikel in
gewasse ingesluit kan word om Suid-Afrikaanse gewasse
kompeterend in die landbousektor te maak. (4)
2.2.3 Noem DRIE geneties gemodifiseerde gewasse wat in die artikel
genoem word wat in Suid-Afrika aangeplant word. (3)
2.2.4 Verskaf ʼn rede waarom hoë prioriteit aan die ontwikkeling van
droogteweerstandbiedende gewasse in Suid-Afrika gegee word. (2)
2.2.5 Noem enige VIER redes vir die teenkanting teen die
ingebruikneming van geneties gemodifiseerde-gewasse. (4)
2.2.6 Indien jy ʼn vrugte- en groenteverspreider was, watter DRIE
eienskappe sal jy graag in landbougewasse ingesluit wil hê? (3)
2.2.7 Watter openbare probleem kan aangespreek word deur alle
GM-voedsel in supermarkte te merk? (1)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 3
3.1 Die onderstaande diagram toon ʼn genetiese kruising tussen twee swart
muise. Bestudeer die diagram en beantwoord die daaropvolgende vrae.
Gebruik die letters B en b vir die alleel vir haarkleur.
3.1.1 Verskaf die onderskeidelike genotipes van die manlike en
vroulike ouers. (2)
3.1.2 Watter persentasie van die F1-generasie is resessief? Toon jou
berekeninge. (2)
3.1.3 Wat is die fenotipiese verhouding van die F1-generasie? (1)
3.1.4 Toon die moontlike genotipes en fenotipes van ʼn kruising tussen
die wit muis in die F1-generasie en die vroulike ouer in die P1-
generasie deur van ʼn genetiese kruisingsdiagram gebruik te
maak. (7)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.2 Die onderstaande diagram toon ʼn moderne tegniek om insulien te
vervaardig. Bestudeer die diagram en beantwoord die daaropvolgende
vrae.
3.2.1 Noem die tegniek wat in die vervaardiging van insulien gebruik
word. (1)
3.2.2 Identifiseer die deel wat A gemerk is. (1)
3.2.3 Verskaf die name van die ensieme B en C. (2)
3.2.4 Watter tipe seldeling vind by D plaas? (1)
3.2.5 Noem enige TWEE voordele van die bostaande tegniek. (2)
3.2.6 Noem ʼn ander eensellige organisme wat in die bostaande proses
gebruik kan word. (1)
3.2.7 Verskaf EEN rede vir die gebruik van die eensellige organisme
wat in VRAAG 3.2.6 genoem is. (1)
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
3.3 Die onderstaande diagram verteenwoordig sekere fases van meiotiese
deling in ʼn sekere plant. Bestudeer die diagram en beantwoord die
daaropvolgende vrae.
3.3.1 Noem ʼn waarneembare kenmerkende eienskap van Metafase 1. (1)
3.3.2 Noem die proses wat in Profase 1 plaasvind en tot variasie in die
nageslag lei. (1)
3.3.3 Watter fout het in Anafase 1 plaasgevind? (1)
3.3.4 Benoem die fout wat jy in VRAAG 3.3.3 beskryf het. (1)
3.3.5 Wat sal die chromosoomgetal in A wees? (1)
3.3.6 Wat word hierdie fenomeen in A genoem? (1)
3.3.7 Noem enige TWEE voordele in plante van die fenomeen wat in
VRAAG 3.3.6 genoem is. (2)
3.3.8 Wat is die waarde van hierdie proses in die evolusie van plante? (1)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 60
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
AFDELING C
VRAAG 4
4.1 Die onderstaande tabel toon die resultate van ʼn eksperiment wat die effek
van selektiewe teling (kunsmatige seleksie) vir die proteïeninhoud van
melk by twee verskillende tipes melkkoeie ondersoek het.
Persentasie proteïene-inhoud in die melk
KOEI A KOEI B
Getal generasie van
kunsmatige seleksie
(selektiewe teling)
(Geselekteer vir hoë
proteïene-inhoud) Geselekteer vir lae
proteïene-inhoud)
Begin 5 5
10 10 7
20 12 8
30 15 8
40 17 6
50 20 4
4.1.1 Verskaf ʼn moontlike hipotese vir die eksperiment. (2)
4.1.2 Teken TWEE lyngrafieke op dieselfde assestelsel om die
resultate van die eksperiment te toon. (10)
4.1.3 Wat is die persentasie-toename in die proteïeninhoud van die
melk van KOEI A vanaf generasie 10 tot 40? (1)
4.1.4 Wat is die persentasieverskil in die proteïeninhoud van die melk
tussen KOEI A en KOEI B na 40 generasies van selektiewe
teling? (1)
4.1.5 Tot watter mate het selektiewe teling die melk proteïeninhoud
van KOEI A beïnvloed? (1)
4.1.6 Watter moderne tegniek kan gebruik word om aantal koeie met ʼn
hoë proteïeninhoud in hulle melk oor ʼn kort tydsperiode te
verhoog? (1)
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (SEPTEMBER 2012)
4.2 Die resultate van ʼn laboratorium ondersoek toon die reaksie van ʼn
bakterie bevolking op die gebruik van sekere antibiotika. Bestudeer die
diagrammatiese voorstelling van die resultate van die eksperiment en
beantwoord die daaropvolgende vrae.
Bakteriese
bevolking
Behandeling met
antibiotika
Oorlewendes teel
Nuwe bevolking
van oorlewendes
Verduidelik hoe die bostaande volgorde in die diagram natuurlike seleksie
toon. (4)
4.3 Skryf ʼn kort opstel waarin jy verduidelik hoe veranderinge in die
DNA/DNS-volgorde tydens replikasie kan voorkom en hoe hierdie
veranderinge die proteïensintese kan beïnvloed. Dui ook aan hoe hierdie
veranderinge tot enige DRIE genetiese afwykings kan lei. (17)
Sintese: (3)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum