Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 570.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.
3. Begin die antwoorde vir elke VRAAG boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. As jou antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag aangebied
word NIE, sal kandidate punte verloor.
6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.10 D.
1.1.1 ʼn Organisme waarin of waarop ʼn ander organisme lewe en dien as
voedsel.
A Gasheer
B Prooi
C Roofdier
D Produseerder
1.1.2 In die onderstaande diagram word die neurotransmitters voorgestel
deur letter …
A Z
B X
C W
D Y
1.1.3 Die voordeel van ʼn refleksboog op reaksie van ʼn pynlike stimulus,
is dat dit die reaksietyd verminder deur die … te omseil.
A motoriese senuwees
B brein
C sensoriese senuwees
D rugmurg
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE (SEPTEMBER 2012)
1.1.4 In die skets is daar perdeby papies vasgeheg aan die ruspe wat
sal uitbroei en dan die ruspe eet. Hierdie verhouding is ʼn
voorbeeld van …
A mutualisme
B kommensalisme
C parasitisme
D geslagtelike seleksie
1.1.5 Hierdie saam leef verhouding van ʼn verskeidenheid van Warbler
(Fluiter/Sanger) spesie word genoem ....
A bron verdeling
B mededingende uitsluiting
C predasie
D mutualisme
1.1.6 Die tempo waarteen nuwe individue tot 'n bevolking deur middel
van voortplanting bygevoeg word.
A nataliteit
B mortaliteit
C immigrasie
D emigrasie
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.7 Die fase tydens 'n logistiese groeivorm waar die bevolking stadig
groei soos dit aanpas by die plek waar dit leef.
A Logaritmiese fase
B Ewewigsfase
C Sloerfase
D Sterfte fase
1.1.8 Om die bevolkingsdigtheid van Monarch skoenlappers, wat 'n
spesifieke park beset, te bepaal, is 100 skoenlappers gevang,
gemerk met 'n klein kolletjie op 'n vlerk, en dan vrygelaat. Die
volgende dag is 'n ander 100 skoenlappers gevang insluitend 20
van die gemerkte skoenlappers. ʼn Mens sou die bevolking korrek
skat as…
A 100
B 200
C 20
D 500
1.1.9 Dravermoë …
A verskil tussen die verskillende spesies, maar verskil nie binne
'n gegewe spesie nie.
B word altyd binne ʼn bevolking geraak
C bly konstant in alle omgewings.
D word altyd deur hulpbron tekorte gemeet (9 x 2) (18)
1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.9)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die klierweefsel wat die binnekant van die baarmoeder uitvoer.
1.2.2 ʼn Dier wat plante eet.
1.2.3 ʼn Dier wat ander diere jag, vang en doodmaak.
1.2.4 Die proses wat plaasvind wanneer ʼn vroulike en ʼn manlike gameet
saam smelt om ʼn sigoot te vorm.
1.2.5 Die verhouding tussen twee organismes waar een of albei
bevoordeel word.
1.2.6 Die aantal individue van dieselfde spesies wat ʼn spesifieke gebied
bewoon en wat in staat is om te kan kruisteel.
1.2.7 Die metode wat gebruik word om die menslike bevolkingsgrootte te
bepaal.
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE (SEPTEMBER 2012)
1.2.8 Die bakterieë en swamme wat dooie organiese materiaal afbreek
en die verkrygende anorganiese materiaal gebruik as voedsel.
1.2.9 Kompetisie tussen verskillende spesies vir dieselfde hulpbron. (9)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN langs die
vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 Verantwoordelik vir A. Gibberelliene
selverlenging in jong stingels B. Ouksiene
1.3.2 Die deel van die senuweestelsel A. Simpatiese
wat onwillekeurige aktiwiteite senuweestelsel
van die liggaam beheer B. Parasimpatiese
senuweestelsel
1.3.3 Uitwaartse beweging van A. Emigrasie
individue uit ʼn bepaalde gebied B. Migrasie
1.3.4 Area van die retina wat slegs A. Geelvlek
stafies bevat B. Blindekol
1.3.5 Voorbeeld van sosiale A. Verdeling van arbeid in
organisasie wat die kanse op bye
oorlewing verhoog B. 'n Trop sebras
1.3.6 Briofiete verskil van die A. Homospore
angiosperme, want hulle het B. Heterospore
1.3.7 Die rol van ʼn spesie binne die A. Habitat
struktuur en funksie van ʼn B. Nis
ekosisteem
1.3.8 ʼn Bosluis op die menslike vel A. Endoparasiet
B. Ektoparasiet
(8 x 2) (16)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.4 Suksessie is 'n reeks van veranderinge in die omgewing wat voorkom in
alle ekosisteme. In die diagram hieronder, het 'n ekosisteem deur vier
fases gegaan. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
1.4.1 Skryf die letters van die damme in orde vanaf die jongste
(pioniers gemeenskap), tot die oudste (klimaks gemeenskap). (4)
1.4.2 Sommige amfibieë en kreef kan periodes van droogte weerstaan
deur hulself in die modder te begrawe. In watter dam(me) sou
hulle dit oorleef? (1)
1.4.3 Swartbaars en Bluegill (vis tipes) maak hulle neste op sanderige
bodems. In watter dam sou jy hulle aantref? (1)
1.4.4 Toon die bostaande diagramme, primêre- of sekondêre
suksessie aan? (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE (SEPTEMBER 2012)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram toon ʼn gedeelte van die menslike vroulike voortplantingstelsel.
Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
Diagram wat ʼn fetus in die baarmoeder voorstel
2.1.1 Skryf slegs die NOMMER wat die volgende dele voorstel neer.
(a) die amnion (1)
(b) die chorion (1)
2.1.2 Watter stof word in die spasie tussen die embrio en die deel
genommer 3, gevind? (1)
2.1.3 Gee TWEE funksies van die stof wat na verwys word in
VRAAG 2.1.2. (2)
2.1.4 Identifiseer die deel genommer 1. (1)
2.1.5 Gee TWEE funksies van die deel genommer 1. (2)
2.1.6 Identifiseer die deel genommer 4. (1)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
2.2 Die diagram hieronder dui die posisie van die menslike endokriene kliere
aan. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1 Identifiseer die dele gemerk A, B en C. (3)
2.2.2 Skryf slegs die LETTER neer van die deel wat:
(a) jodium benodig vir normale funksionering (1)
(b) die vrystelling en funksies beheer van ander endokriene
kliere. (1)
2.2.3 Beskryf die negatiewe terugkoppelings meganisme in die interaksie
tussen dele A en B. (4)
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE (SEPTEMBER 2012)
2.3 Die volgende diagram toon die membraanagtige labirint van die inwendige
oor. Bestudeer die diagram en beantwoord die volgende vrae.
2.3.1 Verskaf byskrifte vir dele A tot F. (6)
2.3.2 Noem die stimulus wat tot 'n impuls omgesit word deur haarselle in
elk van die volgende:
(a) deel gemerk B (1)
(b) deel gemerk C (1)
(c) deel gemerk E (1)
2.3.3 Hoe word deel F beskerm? (1)
2.3.4 Noem die streek van die brein wat impulse interpreteer wat
voortspruit uit die:
(a) deel gemerk C. (1)
(b) deel gemerk E. (1)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
VRAAG 3
3.1 Vir elke reproduktiewe strategie wat hieronder gelys word, beskryf hoe dit
die suksesvolle voortplanting van die dier verhoog.
3.1.1 Poue pronk met hul stertvere uitgewaaier (uitgesprei). (2)
3.1.2 Akkedisse lê amniotiese eiers. (2)
3.1.3 ʼn Kabeljou lê 4 miljoen eiers per jaar. (2)
3.1.4 Seekastaiings in ʼn kolonie stel chemikalieë genoem feromoon in die
omliggende water vry, wat veroorsaak dat die ander seekastaiings
sperm en eiers vry stel. (2)
3.1.5 Walvisse voed en beskerm hul kleintjies vir 'n paar maande nadat
hulle gebore is. (2)
3.2 Die verhouding tussen twee spesies van miete, spesie A en spesie B was
in 'n laboratorium-eksperiment ondersoek. Een van die spesie is ʼn
herbivoor en die ander is 'n karnivoor wat op die ander spesies van miete
voed. Die plantetende miete is geplaas in ʼn houer met baie voedsel. ʼn
Paar dae later, was ʼn paar vleisetende miete by die houer gevoeg. Die
getal van miete van elke spesie is elke week vir agt weke geskat. Die
resultate van die eksperiment word in die volgende tabel gegee.
Tyd Bevolking van Spesies A Bevolking van Spesies B
(weke)
1 210 100
2 920 340
3 1 400 1 250
4 750 1 900
5 300 950
6 170 750
7 250 360
8 580 130
3.2.1 Teken ʼn lyngrafiek van hierdie resultate. Plot beide grafieke op
dieselfde assestelsel. (9)
3.2.2 Gee EEN rede waarom Spesie A heel waarskynlik die prooi kon
gewees het en Spesie B die roofdier. (1)
3.2.3 Voorspel wat sal gebeur met die getalle van beide bevolkings oor
die volgende twee maande. (2)
3.2.4 Voorspel wat sou gebeur het met die getalle van Spesie A as
Spesie B skielik moes verdwyn het. (2)
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE (SEPTEMBER 2012)
3.3 Die grafiek hieronder toon die ekologiese voetspoor (hulpbron vraag per
persoon) en die bio-kapasiteit (hulpbron aanbod per persoon) in Suid-Afrika
sedert 1961. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Globale hektaar per persoon
3.3.1 Waarom dink jy het die bio-kapasiteit vir Suid-Afrika gefluktueer
oor die jare? (1)
3.3.2 Beskryf die tendens van die ekologiese voetspoor vir Suid-Afrika
sedert 1961. (3)
3.3.3 Wat dink jy kan die gevolg wees wanneer naburige lande ʼn hoër
ekologiese voetspore het as hul bio-kapasitiete? (1)
3.3.4 Vir hoe lank tot en met 1973 was die bio-kapasiteit hoër as die
ekologiese voetspoor? (1)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 60
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
AFDELING C
VRAAG 4
4.1 Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg.
'Uitgestorwe' water juffer (Damselfly) maak ʼn terugkeer.
ʼn Spesie van die water juffer, wat aanvaar was dat dit uitgesterf het, het ʼn
dramatiese terugkeer gemaak na die verwydering van uitheemse bome
onder die Werk vir Water-program. Die Ceres stroom water juffer,
Metacnemis angusta, was nie sedert 1920 opgemerk nie.
Die verwydering van indringerplante in vleilande het gelei tot ʼn byna
onmiddellik herstel van endemiese spesies, insluitend die Ceres stroom
water juffer. Sodra die indringers verwyder is, kan voldoende sonlig die
sisteme binnedring, en bosse langs die stroomoewer word herstel.
[Bron: African Wildlife Vol. 59 No.1 2005 - oorspronklik www.iol.co.za]
4.1.1 Definieer die woorde uitgestorwe en endemiese. (2)
4.1.2 Hoe het mense van die gemeenskap in Ceres in gegryp? (1)
4.1.3 Waarom is dit belangrik om endemiese spesies te bewaar? (1)
4.2 Die frekwensie van die klank word gemeet in eenhede genaamd Hertz
(Hz). James dink dat almal dieselfde gehoor het. Sandra stem nie saam
met James. Sy dink dat mense verskillende mate van gehoor het omdat
James dinge kan hoor wat sy nie kan hoor nie. Hulle besluit om na ʼn
spesiale laboratorium te gaan om hul gehoor te toets. Die mense by die
laboratorium meet die omvang van die geluide wat die twee leerders kan
hoor. Die resultate word in die volgende tabel gegee.
Laagste frekwensie van Hoogste frekwensie van
geluide gehoor geluide gehoor
James 19 Hz 20 300 Hz
Sandra 18 Hz 20 100 Hz
4.2.1 Skryf ʼn hipotese vir hierdie eksperiment. (2)
4.2.2 Waarom dink Sandra dat mense verskillende mate van gehoor
het? (2)
4.2.3 Wat is die laagste frekwensie wat James kan hoor? (1)
4.2.4 Wie kon die grootste verskeidenheid van klanke hoor? Verduidelik
jou antwoord. (3)
4.2.5 Wat is die onafhanklike- en afhanklike veranderlikes in die tabel? (2)
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE (SEPTEMBER 2012)
4.2.6 Vlermuise produseer klanke tussen 30 000 en 80 000 Hz. Kan
James vlermuise hoor? Verduidelik jou antwoord. (3)
4.2.7 Noem die DRIE strukture in die middeloor wat verantwoordelik is
vir die versterking van die klank. (3)
4.3 Verduidelik die homeostatiese beheer van die liggaamstemperatuur van
die mens onder omgewingstoestande wat die vergroting van die bloedvate
in die oppervlak van die vel veroorsaak.
Inhoud (17)
Sintese (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum