Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*LFSCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 485.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN REPRODUCTION20 marks
- Question 1.2HUMAN REPRODUCTION20 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)10 marks
- Question 1.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS6 marks
- Question 1.5REPRODUCTION IN VERTEBRATES6 marks
- Question 2.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
Show all 16 questions
- Question 2.2HUMAN REPRODUCTION5 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 2.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS10 marks
- Question 2.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)5 marks
- Question 3.1HUMAN REPRODUCTION9 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)7 marks
- Question 3.3MEIOSIS7 marks
- Question 3.4HUMAN REPRODUCTION7 marks
- Question 3.5HUMAN REPRODUCTION6 marks
- Question 3.6HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS4 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
12. Rond alle berekenings af tot twee desimale na die komma.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die struktuur wat twee susterchromatiede aanmekaar heg, word ʼn ...
genoem.
A sentrosoom
B chiasma
C sentromeer
D sentriool
VRAE 1.1.2 EN 1.1.3 is gebaseer op die inligting in die onderstaande tabel . Dit
toon die hoeveelheid afvalprodukte wat elke jaar in stortingsterreine gestort word
en die tyd wat benodig word vir elke soort produk om af te breek (ontbind).
Soort produk Hoeveelheid afval Tyd om afval af te breek
(in ton) (in jare)
Plastieksakke 200 300
Leerskoene 30 20
Batterye 20 100
Nylon vesel 100 50
Aluminiumblikkies 50 75
1.1.2 Wat is die persentasie bydrae van aluminiumblikkies tot die totale
hoeveelheid afval, vanuit die produkte wat gelys word?
A 12,5%
B 75%
C 50%
D 18,8%
1.1.3 Die onderstaande stellings verwys na die inligting wat in die tabel hierbo
gegee word.
(i) Plastieksakke neem 250 jaar langer as nylon vesel om te ontbind
(ii) Aluminiumblikkies ontbind vinniger as nylon vesel
(iii) Leerskoene ontbind die vinnigste
(iv) Batterye is verantwoordelik vir die grootste hoeveelheid afval wat
geproduseer word.
Watter van hierdie stellings is korrek?
A slegs (i), (iii) en (iv)
B slegs (i) en (iv)
C slegs (i), (ii) en (iv)
D slegs (i) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.1.4 Negatiewe terugvoer-beheer behels die volgende vier fases:
(i) Effektore bring ʼn korrektiewe respons teweeg.
(ii) ʼn Reseptor neem ʼn verandering in die interne omgewing waar.
(iii) Faktor word na normale vlakke teruggebring.
(iv) Senuwee- of hormonale boodskappe word na effektore gestuur.
Die volgorde waarin hierdie stadiums voorkom is:
A (ii), (iv), (iii), (i)
B (iv), (ii), (iii), (i)
C (ii), (iv), (i), (iii)
D (iv), (ii), (i), (iii)
1.1.5 ʼn Vrou kan swanger raak al is haar regter fallopiusbuis geblokkeer. Dit
is omdat …
A die corpus luteum progesteroon afskei.
B ovulasie kan vanaf die linker ovarium plaasvind.
C bevrugting in die baarmoeder plaasvind.
D menstruele bloed die blokkasie uitspoel.
1.1.6 Die grafiek hieronder toon die verskillende vlakke van twee hormone
wat by die menstruele siklus betrokke is.
Hormoon Z
Hormoon X
Hormoon vlak
0 2 4 6 8 10 12 14 16 18 20 22 24 26 28
As bevrugting sou plaasvind, wat sou gebeur met die vlak van hormoon
Z na dag 18?
A Sal verminder soos in die grafiek aangedui
B Sal eers verminder en dan verhoog
C Sal nie afneem nie
D Sal dieselfde patroon volg as hormoon X, soos in die grafiek
aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.7 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn groeipunt van ʼn koleoptiel
(jong plantstingel) wat aan eensydige lig blootgestel word.
Groeipunt van ʼn koleoptiel
Eensydige lig
Watter EEN van die volgende diagramme A, B C of D stel die
groeirigting van die koleoptiel, na ʼn week, korrek voor?
A B C D
1.1.8 Die gebruik van testosteroonaanvullings om prestasie te verbeter, is
onwettig in mededingende sport. Die rede hiervoor is dat
testosteroon ...
A oormatige sweet verminder.
B die absorpsie van suurstof verhoog.
C spierbou bevorder.
D hemoglobienproduksie stimuleer.
1.1.9 Watter EEN van die volgende is ʼn volhoubare metode wat gebruik word
om voedselsekuriteit te verbeter en wat nie die omgewing sal beskadig
nie?
A Oormatige gebruik van kunsmisstowwe om opbrengs te verbeter
B Deurlopende gebruik van plaagdoders om plae te verminder
C Praktyk van monokultuur as boerderymetode
D Praktyk van gewasrotasie as boerdery-metode
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.1.10 ʼn Studie is uitgevoer om die doeltreffendheid van verskeie
voorbehoedmetodes te bepaal. Die resultate van die studie word
hieronder gegee.
Voorbehoedmetode Kontraseptiewe mislukking
binne die eerste jaar van
gebruik (%)
Spermdoders (room wat chemikalieë
28
bevat wat spermselle doodmaak)
Kondoom (manlik en vroulik) 21
Diafragma (struktuur wat in die
vroulike voortplantingstelsel geplaas 12
word om swangerskap te voorkom)
Sterilisasie (manlik en vroulik) 0,5
ʼn Korrekte gevolgtrekking wat uit die resultate gemaak kan word, is
dat ...
A die gebruik van spermdoders die mees effektiewe metode van
voorbehoeding is.
B die gebruik van kondome die gewildste metode van
voorbehoeding is.
C sterilisasie die mees effektiewe metode van voorbehoeding is.
D die gebruik van ʼn diafragma die oneffektiefste metode van
voorbehoeding is.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1 Die fase van meiose waar individuele chromosome hulself op die ewenaar
van die spoel rangskik
1.2.2 Die vesikel, wat ensieme bevat, in die kop van ʼn spermsel
1.2.3 Die hormoon wat die absorpsie van glukose deur die selle verhoog
1.2.4 Die instandhouding van 'n konstante interne omgewing in die menslike
liggaam
1.2.5 Die hormoon, wat deur die pituïtêre klier geproduseer word, wat die
ontwikkeling van die Graafse follikel stimuleer
1.2.6 Die proses wat plaasvind aan die einde van meiose, wat aanleiding tot die
skeiding van dogterselle gee
1.2.7 Die plek waar bevrugting plaasvind in die vroulike voortplantingstelsel
1.2.8 Die proses wat hitte in die Aarde se atmosfeer vasvang deur gasse soos
koolstofdioksied
1.2.9 Die hol bal selle wat uit ʼn sigoot ontwikkel
1.2.10 Die vloeistof waarin die menslike fetus groei en ontwikkel
(10 x 1) (10)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS
B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs
B, beide A en B of geen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Groeibeweging van plante in reaksie op A Geotropisme
swaartekrag B Hidrotropisme
1.3.2 Die vrystelling van ʼn eiersel vanuit die A Ovulasie
ovarium B Ovariale siklus
1.3.3 Produseer estrogeen A Pituïtêre klier
B Graafse follikel
1.3.4 Die uitwerping van die uteruswand wat A Menstruasie
met bloeding gepaard gaan B Menstruele siklus
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.4 Die onderstaande diagramme verteenwoordig dele van die menslike vel.
A
Bloedvloei Bloedvloei
Diagram 1 Diagram 2 Diagram 3
1.4.1 Identifiseer die deel gemerk A. (1)
1.4.2 Gee die NOMMERS van die diagramme (1, 2 of 3) wat die liggaam se
reaksie op hoë omgewingstemperature voorstel. (2)
1.4.3 Sal die vel meer hitte deur straling in Diagram 1 of Diagram 3 vrystel? (1)
1.4.4 Gee die NOMMER van die diagram (1, 2 of 3) wat vasokonstriksie
voorstel. (1)
1.4.5 Watter deel van die brein beheer termoregulering by die mens? (1)
1.5 Die onderstaande lys toon diere met verskillende voortplantingstrategieë.
slange; visse; hoenders; sjimpansees; die mens; walvisse; krokodille
Noem die organismes, uit die lys, met die volgende voortplantingstrategieë:
1.5.1 Uitwendige bevrugting (1)
1.5.2 Inwendige bevrugting met altrisiële ontwikkeling (2)
1.5.3 Inwendige bevrugting met prekosiale ontwikkeling (1)
1.5.4 Vivipare diere (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord dan die vrae wat volg.
2.1.1 Skryf SLEGS die LETTER van die deel neer wat:
(a) Die vibrasies van die timpaniese membraan (trommelvlies)
versterk (1)
(b) Die reseptore vir gehoor bevat (1)
2.1.2 Otosklerose is 'n genetiese vorm van gehoorverlies wat veroorsaak word
wanneer die stiebeuel nie meer kan beweeg nie. Verduidelik hoe hierdie
toestand gehoorverlies kan veroorsaak. (3)
2.1.3 Twee toestelle wat gebruik word om doofheid te behandel, is
gehoorapparate en kogleêre inplantings. Die manier waarop hulle
funksioneer, word in die tabel hieronder gegee:
Toestel Metode van funksionering
Gehoorapparaat Ontvang, stuur en versterk klankvibrasies
Ontvang klankvibrasies en omskep dit in ʼn
Kogleêre inplanting elektriese impuls wat direk na die
gehoorsenuwee oorgedra word
Deur na die diagram hierbo te verwys, gee die letters van die dele waar
die defek mag voorkom:
(a) Wanneer ʼn gehoorapparaat gebruik word (2)
(b) Wanneer ʼn kogleêre inplanting gebruik word (1)
2.1.4 Die vestibulêre tak van die gehoorsenuwee stuur impulse vanaf die
halfsirkelvormige kanale na die serebellum. Verduidelik wat die gevolg
sal wees indien hierdie senuwee deur ʼn virus besmet is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.2 Die volgende diagram verteenwoordig die manlike voortplantingsorgane.
2.2.1 Gee die LETTER van die deel met die volgende funksie:
(a) Spermproduksie (1)
(b) Skei ʼn vloeistof af wat ʼn medium verskaf vir die sperm om in te
swem (1)
2.2.2 Deel B word chirurgies tydens ʼn vasektomie gesny.
Verduidelik hoe hierdie prosedure as ʼn metode van voorbehoeding kan
dien. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.3 Die volgende diagram verteenwoordig die struktuur van die menslike oog.
2.3.1 Identifiseer dele:
(a) D (1)
(b) E (1)
(c) F (1)
2.3.2 Gee die LETTERS van twee benoemde dele wat by die breking van lig
betrokke is. (2)
2.3.3 Die spier wat A gemerk is, kan in spasma ingaan (ʼn toestand van
konstante sametrekking). Verduidelik die gevolge van hierdie toestand
vir afstand-visie. (3)
2.3.4 Verduidelik waarom die skyn van ʼn kragtige laserstraal direk in ʼn
persoon se oog, tot die verlies van visie kan lei. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.4 Die onderstaande tabel toon die variasie in lengte by negejarige kinders aan.
Die inligting, van 425 kinders, is tydens ʼn ondersoek by ʼn skool versamel .
Lengte
(cm) 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146
Aantal
kinders 10 15 20 30 40 60 75 65 45 35 15 10 5
2.4.1 Watter hormoon stimuleer groei by jong kinders? (1)
2.4.2 Hoe het die ondersoeker die betroubaarheid van hierdie ondersoek
verseker? (1)
2.4.3 Gee die persentasie kinders met lengtes wat wissel van 138 cm tot
140 cm tydens die ondersoek. Toon ALLE berekeninge. (2)
2.4.4 Teken 'n lyngrafiek van die data in die tabel wat die lengte van die
kinders, van 140 cm tot 146 cm, voorstel. (6)
2.5 Lees die volgende gedeelte oor aardverwarming.
Koolstofdioksied is een van die ‘kweekhuisgasse’ wat tot aardverwarming bydra.
Mense en hul aktiwiteite speel ʼn noemenswaardige rol in die toename van CO2-
konsentrasie in die atmosfeer. Ons koolstofvoetspoor is ʼn kragtige instrument
om die impak van ons leefwyse op aardverwarming te verstaan. Die beste
manier om CO2-vrystellings te bereken, is gebaseer op die verbruik van
brandstowwe soos petrol, diesel en olie. Die langtermyn resultate van ʼn
verhoogde kweekhuiseffek is ʼn styging in globale temperature. Daar word
beraam dat die atmosferiese temperatuur teen die jaar 2100 met tussen 1,4 °C
en 5,8 °C sal styg.
2.5.1 Wat word met die term koolstofvoetspoor bedoel? (2)
2.5.2 Volgens die uittreksel, wat is die beste manier om ons koolstof-
voetspoor te bereken? (1)
2.5.3 Noem TWEE maniere waarop die regering tot die vermindering van die
koolstofvoetspoor van die land kan bydra. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
VRAAG 3
3.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn ontwikkelende menslike fetus in
die uterus.
3.1.1 Noem TWEE bloedvate wat in die gedeelte gemerk B aangetref word. (2)
3.1.2 Tabuleer EEN verskil in die samestelling van bloed wat na en van
deel B van die fetus vloei. (3)
3.1.3 Noem die proses wat die uitruiling van stowwe tussen die fetus en die
moeder, by A moontlik maak. (1)
3.1.4 Een komplikasie tydens swangerskap is dat ʼn deel van A van die
baarmoeder mag wegskeur.
Verduidelik die gevolge van sodanige skade vir die fetus. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.2 ʼn Plantkundige het die effek van absissiensuur op die ontkieming van sade
ondersoek.
Die prosedure was soos volg:
- Hy het ʼn gelyke hoeveelhede blaarslaaisade in twee potte/bakke (A en B)
geplaas. Albei bakke het dieselfde grond bevat en is tydens die ondersoek
aan dieselfde omgewingstoestande onderwerp.
- Die persentasie sade wat in bak A ontkiem het is elke 10 dae vir 40 dae
bereken.
- Terselfdertyd is ʼn monster sade uit bak B geneem en die hormoon-
konsentrasie in die saad is bepaal.
Die resultate van die ondersoek word in die onderstaande tabel verskaf:
Konsentrasie
% sade ontkiem in
Tyd (dae) absissiensuur in sade
Bak A
in Bak B (in ng / g)
0 0 350
10 10 70
20 65 50
30 80 20
40 95 10
3.2.1 Formuleer ʼn hipotese vir hierdie ondersoek. (2)
3.2.2 Identifiseer elk van die volgende in hierdie ondersoek:
(a) Afhanklike veranderlike (1)
(b) Onafhanklike veranderlike (1)
3.2.3 Noem TWEE maniere waarop die plantkundige die geldigheid van die
ondersoek verseker het. (2)
3.2.4 Wat sal die konsentrasie absissiensuur na 50 dae in die sade in bak A
wees? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
3.3 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn sel gedurende ʼn sekere fase
van meiose.
3.3.1 Identifiseer die fase van meiose wat deur bostaande diagram
voorgestel word. (1)
3.3.2 Gee EEN sigbare rede vir jou antwoord in VRAAG 3.3.1. (1)
3.3.3 Beskryf die proses wat die oorerwing van ʼn kombinasie van beide
ouerlike eienskappe in chromatiede A en B veroorsaak het. (3)
3.3.4 Noem TWEE redes waarom hierdie chromosome homoloë
chromosome is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.4 In ʼn ondersoek deur ʼn groep graad 12-leerders is watermonsters van drie
riviere (A, B en C) geneem en in aparte glasbottels gestoor. Die monsters is
vir twee dae by 37 °C geïnkubeer en vir ʼn soort bakterie genaamd Escherichia
coli (E. coli) getoets. E. coli-bakterieë woon gewoonlik in die dikderm van die
mens.
ʼn Chemiese indikator is gebruik om die teenwoordigheid van E. coli in die water
te bepaal. As die chemiese indikator van rooi na ‘n ‘melkerige’ geel verander,
is E. coli teenwoordig.
Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon:
Kleur van chemiese
Rivier A Rivier B Rivier C
indikator
Voor inkubasie Rooi Rooi Rooi
Na inkubasie Rooi ‘melkerig’ geel Rooi
3.4.1 Volgens die inligting in die tabel, watter rivier bevat E. coli? (1)
3.4.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.4.1. (1)
3.4.3 Noem EEN manier waarop E. coli in die rivier kon beland. (1)
3.4.4 Verduidelik hoekom die watermonsters by 37 °C geïnkubeer word. (2)
3.4.5 Verduidelik hoe hoë vlakke van bakterieë in water die suurstofvlakke
in die water sal beïnvloed. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 17
3.5 Lees die uittreksel en grafiek hieronder.
Plaagbeheer behels die gebruik van plaagdoders om plae dood te maak wat met
mense vir kos meeding. Plaagdoders dring die weefsel van gesonde plante
binne, vernietig die plante en verminder sodoende gewasproduksie.
Plaagdoders is duur, hulle verhoog die koste van voedsel en verminder dus die
toegang tot voedsel deur arm verbruikers. Een manier om plaagbevolkings te
beheer, as ʼn boerderypraktyk, is om biologiese beheer te gebruik.
Die volgende grafiek toon hoe ʼn plaagbevolking verander het nadat ʼn biologiese
beheer-agens geïmplementeer is om van die plaag ontslae te raak in plaas
daarvan om duur plaagdoders te gebruik.
Verandering in bevolkingsgrootte oor ʼn tydperk van 45
maande
Bevolking (duisende)
5
Vlak waarbo plaag skadelik is
4
3
Biologiese beheer
2 Plaag agens
1
0
0 5 10 15 20 25 30 35 40 45
Tyd (maande)
3.5.1 Wat word met die term biologiese beheer bedoel? (2)
3.5.2 Beskryf die verhouding tussen die plaag en die beheerspesie
(beheeragens) tussen 15 en 20 maande. (2)
3.5.3 Verduidelik EEN rede waarom die beheerstelsel hierbo as ʼn goeie
boerderypraktyk beskou kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.6 ʼn Mondelingse glukose-toleransietoets word gebruik om te bepaal of ʼn persoon
normaal of alreeds ʼn diabeet is.
Hierdie toets is op twee mense uitgevoer. Nadat hulle 12 uur lank gevas het, is
elke persoon dieselfde glukose-oplossing gegee om te drink en daarna is hul
bloedglukosevlakke elke 30 minute vir twee uur gemeet.
Die resultate van die ondersoek word in die grafiek hieronder getoon.
250
Pasiënt 1
Pasiënt 2
200
Serum glukose(mg/dL)
150
100
50
0 30 60 90 120
Tyd na mondelingse glukose-toediening
(minute)
3.6.1 Gee TWEE redes vanaf die grafiek waarom pasiënt 2 diabeties is. (2)
3.6.2 Verduidelik waarom pasiënt 1 oor ʼn langer tydperk sonder kos as
pasiënt 2 kan oorleef. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) LEWENSWETENSKAPPE V1 19
AFDELING C
VRAAG 4
ʼn Krap knyp Thando se toon terwyl hy in ʼn rotspoel swem. Alhoewel hy nie die krap
kan sien nie, trek hy dadelik sy voet weg.
Beskryf die volgorde van gebeure wat hom in staat stel om onmiddellik te reageer,
asook die belangrikheid van hierdie vinnige reaksie. Beskryf ook die senuwee-roete
wat hom in staat stel om die krap te sien.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum