Skip to content

Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP

Question paperLife SciencesGrade 11202314 pages

Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2023 LEWENSWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoord van ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Tydens anaërobiese respirasie by diere word die pirodruiwesuur na ... omgeskakel. A etielalkohol B melksuur C soutsuur D asynsuur 1.1.2 Watter EEN van die volgende weë/paaie verteenwoordig ʼn metaboliese afvalstof wat deur die longe uitgeskei word? A Ureum B Ammoniak C Koolstofdioksied D Uriensuur 1.1.3 Watter EEN van die volgende weë/paaie verteenwoordig die korrekte beweging van lug in die longe? A Alveolus →brongioli →tragea →brongus B Brongioli →tragea →brongus →alveolus C Tragea →brongus →brongioli →alveolus D Tragea →brongioli →brongus →alveolus 1.1.4 Die bloedvat wat geabsorbeerde voedingstowwe vanaf die dunderm na die lewer vervoer, is die ... A leweraar. B lewerpoortaar. C vena cava inferior. D nieraar. 1.1.5 Die gas wat tydens fotosintese vrygestel word, is ... A koolstofdioksied. B suurstof. C waterstof. D osoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023) 1.1.6 Die hooforganel wat betrokke is by selrespirasie is die ... A mitochondrion. B nukleus. C Golgi-apparaat. D endoplasmiese retikulum. 1.1.7 Watter EEN van die volgende kenmerke sal ʼn toename in die tempo van fotosintese veroorsaak? ʼn Blaar met … A ʼn dik kutikula. B baie mesofilselle met baie chloroplaste. C min huidmondjies op die onderste oppervlak van die blaar. D ʼn groot aantal epidermale hare. 1.1.8 Tydens glikolise word die glukosemolekule afgebreek om ... te vorm. A pirodruiwesuur, ATP en energieryke waterstofione B pirodruiwesuur, ADP en ʼn suurstofatoom C pirodruiwesuur, ADP en ʼn waterstofioon D pirodruiwesuur, ATP en koolstofdioksied 1.1.9 Die gas wat tydens die Krebssiklus vrygestel word, is … A suurstof. B koolstofdioksied. C koolstofmonoksied. D waterstof. 1.1.10 EEN van die verskille tussen fotosintese en selrespirasie: Fotosintese Selrespirasie A Vind slegs gedurende die Vind slegs in die nag plaas dag plaas B Vervaardig glukose Breek glukose af C Energie word vrygestel Energie word absorbeer D Ensieme word benodig Geen ensieme word benodig nie (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 5 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die weefsel wat die binnewande van ʼn alveolus uitvoer 1.2.2 Die dubbele membraan wat die buitekant van die longe bedek en die binnekant van die borsholte uitvoer 1.2.3 Die deel van die brein wat die tempo van hartklop en die asemhalingstempo beheer 1.2.4 Die hormoon wat die omskakeling van glikogeen in glukose stimuleer 1.2.5 Die verwydering van onverteerde voedselreste uit die liggaam 1.2.6 Die eindproduk van proteïenvertering 1.2.7 Die vingeragtige strukture wat verteerde voedingstowwe absorbeer 1.2.8 ʼn Gebou met deursigtige mure en dak, gewoonlik van glas, vir die verbouing en tentoonstelling van plante onder gekontroleerde toestande 1.2.9 Die beskermende, buitenste membraan van die nier (9 x 1) (9) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Die setel van die chemiese reaksies A: Stroma tydens die donkerfase B: Sitoplasma 1.3.2 Funksie van hemoglobien A: Vervoer van suurstof B: Vervoer van CO2 1.3.3 Plek van buisie-/ tubulêre A: Versamelbuis uitskeiding B: Uretra (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023) 1.4 Die onderstaande diagram stel die menslike niere voor. D A B C 1.4.1 Identifiseer dele: (a) A (1) (b) D (1) 1.4.2 Noem die: (a) Bloedvat wat bloed met metaboliese afvalprodukte direk na die nier vervoer (1) (b) Buis wat urine na deel C vervoer (1) (c) Deel wat urine tydelik stoor (1) 1.4.3 Gee DRIE funksies van deel B. (3) 1.4.4 Watter EEN van die aangetoonde bloedvate het die hoogste bloeddruk? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 7 1.5 Die onderstaande diagram stel ʼn organel voor wat ʼn belangrike rol in ʼn plantsel speel. A B 1.5.1 Noem die: (a) Organel wat in die diagram getoon word (1) (b) Biochemiese proses waarin die organel in die diagram getoon ʼn belangrike rol speel (1) 1.5.2 Gee die LETTER en NAAM van die struktuur waarin die ligafhanklike reaksie plaasvind. (2) 1.5.3 Gee ʼn rede(s) vir jou antwoord in VRAAG 1.5.2. (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023) AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn deel van die spysverteringskanaal. A B C D E F 2.1.1 Identifiseer: (a) Deel A (1) (b) Deel C (1) 2.1.2 Gee DRIE algemene funksies van klier F. (3) 2.1.3 Die suur wat in gedeelte B geproduseer word, vernietig nie sy wande nie. Verduidelik waarom dit moontlik is. (2) 2.1.4 Verduidelik waarom ʼn blokkasie in deel D die spysverteringsproses in die dunderm sal ontwrig. (5) 2.1.5 Noem, met redes, waarom deel E as ʼn endokriene, sowel as ʼn eksokriene klier beskou word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 9 2.2 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn sekere gedeelte van ʼn nefron. Deel A Deel B F E D C 2.2.1 Identifiseer deel: (a) A (1) (b) B (1) 2.2.2 Noem die proses wat plaasvind by: (a) A (1) (b) B (1) 2.2.3 Verduidelik hoekom bloedvate D en F struktureel in grootte verskil. (4) 2.2.4 Watter komponente van bloed in gedeelte E, is afwesig in die vloeistof C? (2) 2.2.5 Verduidelik hoe die struktuur wat deel B gemerk is, struktureel vir sy funksie geskik is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023) 2.3 Die onderstaande diagram verteenwoordig die boonste dele van die spysverteringstelsel en gaswisselingstelsel. A E D B C-vormige kraakbeen 2.3.1 Noem die: (a) Deel wat die neusholte van die mondholte skei (1) (b) Proses wat die beweging van voedsel deur deel B vergemaklik (1) (c) TWEE spiere wat betrokke is by die proses in VRAAG 2.3.1(b) genoem (2) 2.3.2 Verduidelik hoekom kos normaalweg in deel B in plaas van deel D afbeweeg. (2) 2.3.3 Hoe bied die C-vormige kraakbeenringe in deel D ʼn funksionele voordeel aan deel B? (2) 2.3.4 Verduidelik die moontlike gevolg van ʼn bakteriële infeksie by deel E. (2) 2.3.5 Verduidelik waarom ʼn obstruksie/blokkasie in deel D, vir meer as 20 minute, tot die dood kan lei. (4) 2.4 Verbruik van voedselitems soos piekels, skyfies en soutbeskuitjies kan die soutkonsentrasie in die bloed verander. Beskryf hoe die korrekte soutkonsentrasie in die bloed deur die homeostatiese proses in hierdie omstandighede genormaliseer word. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn alveolus. B A C D Vogtige laag 3.1.1 Identifiseer die gas wat ʼn hoë konsentrasie in bloedvat B het. (1) 3.1.2 Noem TWEE maniere waarop hierdie gas in B deur die bloed vervoer word. (2) 3.1.3 Watter groot bloedvat ontvang bloed van A? (1) 3.1.4 Gee ʼn waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.3. (1) 3.1.5 Verduidelik TWEE maniere waarop die bloedsel gemerk D struktureel vir sy funksie geskik is. (4) 3.1.6 Verduidelik hoekom dit nie raadsaam is om in ʼn ongeventileerde kamer te slaap waar ʼn verwarmer aangeskakel is nie. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023) 3.2 ʼn Student het ʼn eksperiment opgestel, soos in die onderstaande diagram getoon, om die effek van koolstofdioksiedkonsentrasie op die tempo van fotosintese van ʼn fonteinkruid te bepaal. Tafellamp Lugborrels Water en bakpoeier Fonteinkruid Meterskaal Die prosedure was soos volg: • Die student het vyf soortgelyke stukke fonteinkruid en vyf verskillende konsentrasies bakpoeier (natriumwaterstofkarbonaat) oplossing, wat koolstofdioksied produseer, gebruik • ʼn Kontrole-eksperiment met ʼn soortgelyke stuk fonteinkruid is opgestel. • Die student het die aantal borrels wat deur die fonteinkruid geproduseer is oor ʼn tydperk van vyf minute getel • Die student het die ondersoek drie keer by elke konsentrasie bakpoeieroplossing herhaal en die gemiddelde tempo van fotosintese bereken Koolstofdioksied- Aantal borrels per minuut konsentrasie % 1ste 2de 3de Gemiddeld 0 3 2 4 3 0,1 6 4 5 5 0,2 12 7 11 10 0,3 14 15 16 15 0,4 18 22 21 20 0,5 19 23 21 21 3.2.1 Identifiseer die: (a) Afhanklike veranderlike (1) (b) Onafhanklike veranderlike (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V1 13 3.2.2 Hoe is die tempo van fotosintese gemeet? (1) 3.2.3 Identifiseer DRIE veranderlikes wat konstant gehou moes word. (3) 3.2.4 Hoe het die student die betroubaarheid van hierdie ondersoek verhoog? (1) 3.2.5 Gee ʼn rede vir die opstel van ʼn kontrole vir hierdie eksperiment. (2) 3.2.6 Teken ʼn staafgrafiek om die gemiddelde getal borrels voor te stel wat by verskillende konsentrasies koolstofdioksied deur die fonteinkruid vrygestel word. (6) 3.2.7 Watter gevolgtrekking kan uit die resultate gemaak word? (2) 3.3 Die onderstaande uittreksel beskryf die mikrobiese aktiwiteite wat tydens die produksie van piesangbier plaasvind. Piesangbier, urwagwa, is een van die oudste en belangrikste alkoholiese drankies wat tradisioneel in Rwanda gemaak word. Die piesangbier word uit die fermentasie van piesangsap en geroosterde rooi sorghum vervaardig. Toe ʼn mikrobiese ontleding gedoen is, is gevind dat melksuurbakterieë en gis gedurende die 70-uur fermentasieperiode saam groei. Die proses het melksuurfermentasie behels, gevolg deur alkoholiese fermentasie. ʼn Simbiotiese verwantskap kan die teenwoordigheid van beide gis- en melksuurbakterieë in die piesangbier verklaar, met melksuurbakterieë wat ʼn suurmedium skep wat gunstig vir die vermeerdering van gis is. Die gis produseer vitamiene en verhoog ander voedingsfaktore soos aminosure in die omgewing, vir die groei van melksuurbakterieë. Die onderstaande grafieke toon die biochemiese veranderinge wat tydens die fermentasieproses plaasgevind het. Veranderinge in die suikerkonsentrasie tydens fermentasie van piesangbier 20 20 Suikerkonsentrasie (Brix) 17 15 13 11 9 10 8 7 7 5 0 0 10 20 30 40 50 60 70 Tyd (ure) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023) Veranderinge in die alkoholinhoud tydens die fermentasie van piesangbier 8 Alkoholkonsentrasie (%v/v) 7 6 7 6,9 5 6 4 5 4,3 3 2,9 2 1 1 0 0 0 10 20 30 40 50 60 70 Tyd (ure) 3.3.1 Dui vanaf die grafiek die: (a) Aanvanklike suikervlak van piesangsap aan (1) (b) Finale alkoholinhoud van die piesangbier aan (1) 3.3.2 Noem EEN neweproduk, behalwe alkohol, wat tydens die fermentasieproses gevorm word. (1) 3.3.3 Beskryf die simbiotiese verwantskap tussen melksuurbakterieë en gis tydens die fermentasieproses. (4) 3.3.4 Bereken die persentasie afname in suikerkonsentrasie vanaf die 10de uur tot die 70ste uur. Wys AL jou bewerkings. (3) 3.3.5 Uit die grafiek, hoe sou jy die voltooiing van fermentasie bepaal? (1) 3.3.6 Verduidelik hoekom die suikervlak met die fermentasietyd afgeneem het. (3) 3.4 ʼn Persoon het tydens middagete twee groot blokkies sjokolade en twee glase koeldrank met ʼn hoë suikerinhoud geëet. Beskryf die homeostatiese proses wat die korrekte vlak van glukose in die bloed herstel het. (7) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Life Sciences

View all