Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1Biodiversity in animals18 marks
- Question 1.2Population ecology8 marks
- Question 1.3Population ecology12 marks
- Question 1.4Population ecology9 marks
- Question 1.5Biodiversity in plants and reproduction9 marks
- Question 2.1Biodiversity and classification of micro-organisms10 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2Biodiversity in plants and reproduction18 marks
- Question 2.3Biodiversity and classification of micro-organisms10 marks
- Question 2.4Biodiversity in animals13 marks
- Question 3.1Human impact on the environment16 marks
- Question 3.2Population ecology10 marks
- Question 3.3Population ecology5 marks
- Question 3.4Human impact on the environment10 marks
- Question 3.5Human impact on the environment9 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien is.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. Doen ALLE tekeninge in potlood en benoem hulle met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer gevra word om
dit te doen.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ʼn passer gebruik,
waar nodig.
11. Rond alle berekeninge tot twee desimale plekke af.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.
1.1.1 Entstowwe werk omdat ...
A hulle teenliggaampies bevat wat siekteveroorsakende organismes
vernietig.
B hulle siekteveroorsakende organismes vernietig deur hulle
selmembrane op te los.
C hulle veroorsaak dat die liggaam teenliggaampies produseer om
die liggaam teen siekteveroorsakende organismes te beskerm.
D dit middels bevat wat siekteveroorsakende organismes vernietig.
1.1.2 Watter van die volgende filums is diploblasties?
A Porifera
B Chordata
C Annelida
D Cnidaria
1.1.3 Watter eienskap beskryf die organisme in die onderstaande diagram die
beste?
A Triploblasties
B Radiaal simmetries
C Toon kefalisering
D Het ʼn notokord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2023)
1.1.4 Voordele van ʼn seloom (liggaamsholte):
(i) Onafhanklike beweging- en spysverteringstelsel
(ii) Benodig ʼn bloedstelsel
(iii) Seloomvloeistof dien as ʼn hidrostatiese skelet
(iv) Groter ruimte vir komplekse organe en orgaanstelsels
Watter van die bogenoemde stellings verteenwoordig voordele van ʼn
ware seloom?
A (i), (ii), (iv)
B (i), (iii), (iv)
C (ii), (iii), (iv)
D (i), (ii), (iii), (iv)
1.1.5 Watter kombinasie wat hieronder gelys word, verteenwoordig
windbestuifde plante?
A Groot helder blomblare en baie nektar
B Helderkleurige blomblare en klein, ligte stuifmeel
C Groot helmknoppe en baie nektar
D Klein blomblare en groot, veeragtige stempels
1.1.6 Die vorm van die bakterieë hieronder kan geklassifiseer word as ...
A kokkus.
B basil.
C vibrio.
D spirillum.
1.1.7 Watter stelling hieronder beskryf emigrasie die beste?
A Toename in bevolkingsgrootte.
B Migrasie van diere.
C Permanente beweging van organismes uit ʼn habitat.
D Beweging van mense van stad tot stad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.8 Twee spesies paramesium word in ʼn dam aangetref. Die onderstaande
grafiek toon die bevolkingsgroei van die twee spesies (A en B) wat op
dieselfde bakterieë voed.
200
Bevolkingsdigtheid
A
150
100
(volgens volume) 50
B
0 2 4 6 8 10 12 14 16 18 20
Tyd in Dae
Die bostaande grafiek toon ʼn voorbeeld van ...
A parasitisme.
B hulpbronverdeling.
C mededingende/kompeterende uitsluiting.
D predator-prooi verhouding.
1.1.9 Bestudeer die onderstaande grafiek.
TOTALE OORLEWENDES
OUDERDOM
Die bostaande grafiek verteenwoordig die oorlewingskromme van …
die beste.
A mense
B paddas
C voëls
D leeus (9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2023)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) op die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 ʼn Organisme wat ʼn ander organisme vir voedsel vang en doodmaak
1.2.2 ʼn Direkte metode waardeur alle individue in ʼn menslike bevolking getel
word
1.2.3 ʼn Proses in biotegnologie wat gebruik word om suiker in alkohol en
koolstofdioksied om te skakel
1.2.4 ʼn Organisme sonder ʼn ware selkern/nukleus
1.2.5 ʼn Diagram wat die evolusionêre verwantskap tussen organismes toon
1.2.6 ʼn Tipe dermkanaal wat by Annelida aangetref word
1.2.7 ʼn Siekteveroorsakende organisme
1.2.8 Die toegang, deur alle mense ten alle tye, tot voldoende, veilige en
voedsame voedsel (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A en B, of GEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf slegs
A, slegs B, beide A en B, of geen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3)
op die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Bosluis op ʼn hond A: Simbiose
B: Parasitisme
1.3.2 Verminder voedselsekerheid A: Droogtes
B: GM voedsel
1.3.3 Kenmerk van ʼn bevolking A: Dieselfde spesie
B: Leef in dieselfde habitat
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.4 Bestudeer die onderstaande bevolkingsgroeikurwe.
OMGEWINGSWEERSTAND
E
Bevolkingsgrootte
D
C
B
A
Tyd
1.4.1 Noem die tipe groeivorm wat in die bostaande grafiek getoon word. (1)
1.4.2 Verskaf die volgende byskrifte
(a) Stadium/fase D (1)
(b) Lyn E (1)
1.4.3 Verduidelik hoekom die groei in stadium A stadig is. (2)
1.4.4 Noem TWEE faktore wat deel van omgewingsweerstand kan vorm. (2)
1.4.5 Noem TWEE inherente faktore wat ʼn toename in bevolkingsgrootte sal
veroorsaak. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2023)
1.5 Bestudeer die onderstaande diagramme.
2
1
Plant A Plant B
1.5 1.5.1 Noem die plantafdeling waaraan plant A behoort. (1)
1.5.2 Gee TWEE kenmerke wat by beide plant A en B aangetref word. (2)
1.5.3 Verduidelik waarom plant A minder afhanklik van water as plant B is. (3)
1.5.4 Verskaf byskrifte vir die volgende:
(a) 1 (1)
(b) 2 (1)
1.5.5 Waarom word die plant in generasie B NIE as ʼn tallusplant beskou
NIE? (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die onderstaande diagramme.
Sampioene
Broodskimmel
A
B
Gis
2.1.1 Aan watter ryk behoort al die bogenoemde organismes? (1)
2.1.2 Verskaf byskrifte vir A en B. (2)
2.1.3 Noem die draadagtige filamente waaruit die liggaam van broodskimmel
bestaan. (1)
2.1.4 Noem TWEE toestande wat nodig is vir broodskimmel om te groei. (2)
2.1.5 Noem TWEE produkte waarvoor gis gebruik word. (2)
2.1.6 Verduidelik EEN manier waarop organismes in hierdie ryk ʼn belangrike
rol in die omgewing speel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2023)
2.2 ʼn Ondersoek is gedoen om vas te stel of die aantal kroonblare die bevrugting van
die saadknop beïnvloed. Wanneer blomme self bestuif word, groei die
stuifmeelbuis net ʼn entjie in die stempel en styl af en bevrugting vind nie plaas
nie. Wanneer kruisbestuiwing deur bestuiwers plaasvind, groei die stuifmeelbuise
heeltemal af en kan bevrugting van die saadknop plaasvind.
Die ondersoek is soos volg uitgevoer:
• 30 blomme is gebruik. 10 blomme met 100% van die kroonblare aanwesig,
10 blomme met 50% van die kroonblare verwyder en 10 blomme met 0%
kroonblare
• die blomme is vir 2 dae in ʼn area met bestuiwers geplaas
• na 2 dae is verdere bestuiwing by die blomme verhoed
• na 7 dae is die hoeveelheid bestuiwing en bevrugting in elke blom aangeteken
Die onderstaande diagramme toon die voorkoms van die blomme wat gebruik is.
A
B
C
100% kroonblare oor 50% kroonblare oor 0% kroonblare oor
Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.
AANTAL
Blom met Blom met 50% Blom sonder
100% kroonblare kroonblare
kroonblare
Stuifmeel op stempel 158 149 25
Stuifmeelbuise in die styl 86 82 8
Saadknoppe bevrug 38 40 4
2.2.1 Vir hierdie ondersoek gee die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
2.2.2 Verskaf byskrifte vir:
(a) Struktuur A (1)
(b) Krans B (1)
(c) Struktuur C (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.2.3 Verduidelik hoekom daar meer stuifmeel op die blomme met kroonblare
was. (2)
2.2.4 Verduidelik hoekom daar meer stuifmeelbuise in die styl van alle blomme
aanwesig is as die aantal saadknoppe wat bevrug is. (2)
2.2.5 Gee TWEE maniere waarop die geldigheid van hierdie eksperiment
verbeter kan word. (2)
2.2.6 Skryf ʼn gevolgtrekking vir hierdie eksperiment. (2)
2.2.7 Noem TWEE maniere waarop angiosperme beter aangepas is om op
land te lewe as die briofiete. (2)
2.2.8 Noem die plantafdeling waaraan angiosperme behoort. (1)
2.2.9 Noem TWEE voordele van geslagtelike voortplanting. (2)
2.3 Lees die onderstaande uittreksel.
Malaria is ʼn dodelike siekte wat deur ʼn Plasmodium sp veroorsaak word en word
oorgedra deur die vroulike Anopheles muskiet. In 2020 het 627 000 mense, op
aarde, aan malaria gesterf.
DDT is ʼn plaagdoder wat gebruik word om muskietbevolkings in malariagebiede
te beheer. In die vroeë 1990's was daar ʼn wêreldwye verbod op die gebruik van
DDT. DDT is nie-bioafbreekbaar nie. Dit raak diere aan die bopunt van die
voedselketting. Dit het die agteruitgang van baie roofvoëls veroorsaak
aangesien dit die doppe van hul eiers baie dun gemaak het.
Die aantal sterftes weens malaria het van 19 in 1991 tot 450 in 2000 gestyg. Die
Suid-Afrikaanse regering het besluit om die verbod op te hef en het weer DDT
begin gebruik. Teen 2020 was daar net 38 sterftes weens malaria.
2.3.1 Noem die ryk waaraan die malariaparasiet behoort. (1)
2.3.2 Gee bewyse, uit die leesstuk, dat die gebruik van DDT ʼn negatiewe
uitwerking op die omgewing het. (1)
2.3.3 Verduidelik die ekonomiese impak op ʼn land as daar ʼn hoë persentasie
mense is wat aan malaria ly. (2)
2.3.4 Verduidelik hoe die Anopheles-muskiet malaria oordra. (2)
2.3.5 Gee TWEE voorsorgmaatreëls, behalwe om muskiete dood te maak,
wat mense kan tref om te voorkom dat hulle malaria kry. (2)
2.3.6 Noem die TWEE verskillende menslike liggaamselle wat die
plasmodiumparasiet aanval. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2023)
2.4 Die onderstaande diagramme toon diere wat aan twee verskillende filums
behoort.
Organisme X
Organisme Y
2.4.1 Noem die filum waaraan Organisme X behoort. (1)
2.4.2 Skryf slegs X of Y vir elk van die stellings hieronder.
(a) Organisme wat ʼn deurlopende derm het (1)
(b) Organisme wat geen organe het nie (1)
(c) Organisme wat sittend is (1)
2.4.3 Watter tipe simmetrie word deur Organisme Y getoon? (1)
2.4.4 Beskryf hoe die liggaamsplan van Organisme Y geskik is vir ʼn
organisme wat aktief van een omgewing na ʼn ander beweeg. (3)
2.4.5 Teken ʼn eenvoudige diagram, met byskrifte, van ʼn dwarssnit deur die
liggaamswand om die weefsellae wat in Organisme Y aangetref word,
te toon. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
VRAAG 3
3.1 Die onderstaande tabel toon die gemiddelde atmosferiese koolstofdioksied-
vlakke oor 60 jaar.
Die tabel wat die bydrae van verskillende bronne van elektrisiteit in 2021 en die
beplande bydrae van verskillende bronne tot elektrisiteit in Suid Afrika in 2030.
Bydrae tot Beplande bydrae tot
Bron elektrisiteitsverbruik in elektrisiteitsverbruik in
2021 (%) 2030 (%)
Steenkool 84,4 46
Gas 0,8 16
Wind 3,4 15
Sonkrag 2 11
Hidro/water 2,8 10
Kernkrag 5,3 2
Ander 1,4 0
3.1.1 Watter bron het in 2021 die meeste elektrisiteit in Suid-Afrika verskaf? (1)
3.1.2 Verduidelik hoe steenkoolgegenereerde elektrisiteit aardverwarming
laat toeneem. (4)
3.1.3 Verduidelik waarom Eskom die hoeveelheid wind- en
sonkragopgewekte elektrisiteit wil verhoog. (2)
3.1.4 Teken ʼn sirkelgrafiek wat die beplande bronne van elektrisiteit vir 2030
toon. (7)
3.1.5 Wat is die verskil tussen die persentasie gasopgewekte elektrisiteit wat
in 2021 en 2030 gebruik is? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2023)
3.2 Perdeblomme is onkruid wat dikwels op skoolsportvelde groei. Die opsigter by
ʼn skool is verantwoordelik om seker te maak dat die sokkerveld goed
onderhou word en geen onkruid het nie.
Hy wou die aantal perdeblomme (onkruidplante) op hul sokkerveld bereken.
• Die grootte van die sokkerveld is 2 500 m2.
• Hy het 1 m x 1 m (1 m2) kwadrate gebruik en 15 monsters op die veld
geneem.
• Die aantal perdeblomme in elke monster is in die onderstaande tabel
aangeteken.
Voorbeeld Aantal
nommer perdeblomplante
1 22
2 3
3 7
4 4
5 15
6 0
7 3
8 0
9 12
10 3 Perdeblom-plant
11 0
12 14
13 4
14 7
15 2
3.2.1 Wat word hierdie metode om bevolkingsgrootte te skat genoem? (1)
3.2.2 Die opsigter het nie geweet waar om die kwadrate op die veld te plaas
nie. Verduidelik hoe hy te werk moet gaan om te bepaal waar om hulle
te plaas. (2)
3.2.3 Bereken die totale aantal perdeblomme op die veld. (5)
3.2.4 Waarom is vyftien monsters in plaas van vyf geneem? (1)
3.2.5 Gee EEN rede waarom die opsigter wil weet hoeveel onkruidplante
daar in totaal op die veld is. (1)
3.3 Tabuleer TWEE verskille tussen ʼn ontwikkelde land en ʼn ontwikkelende land
wat hul bevolkingsgroeikurwes beïnvloed. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
3.4 Lees die onderstaande uittreksel.
Suurmyndreinering het ʼn negatiewe uitwerking op die omgewing. Myne gebruik
dikwels kalk om die suurwater te neutraliseer voordat dit in riviere en strome
gepomp word. Maar kalk moet spesiaal vir hierdie doel ontgin word.
Die suurwater besoedel grond sodat die plante nie genoeg van die nodige
voedingstowwe kry om te groei nie, dit besoedel drinkwater, ontwrig die groei en
voortplanting van waterdiere en korrodeer geboue en strukture soos brûe.
Nuwe navorsing toon dat slak(‘slag’), ʼn baie alkaliese afvalproduk wat uit
mynbou gemaak word, doeltreffend is om die suurwater te neutraliseer.
3.4.1 Beskryf hoe suurmyndreinering vorm. (3)
3.4.2 Gee TWEE negatiewe effekte van suurmyndreinering, op die omgewing,
wat in die uittreksel genoem word. (2)
3.4.3 Verduidelik hoekom dit ekonomies beter is om slak te gebruik om die
suurwater te neutraliseer as kalk. (4)
3.4.4 Gee EEN ander manier waarop mynbou die kwaliteit van water
beïnvloed. (1)
3.5 Uitheemse plante soos die waterhiasint (Eichhornia sp.), het ʼn indringer in Suid-
Afrika geword, wat waterweë versper(blokkeer) en watergehalte verminder.
3.5.1 Onderskei tussen uitheemse plante en inheemse plante. (2)
3.5.2 Waarom word uitheemse plante indringers in ʼn ekosisteem? (1)
3.5.3 Noem TWEE maniere wat die regering kan gebruik om uitheemse plante
te beheer. (2)
3.5.4 Beskryf hoe uitheemse plante waterdiere kan beïnvloed deur
waterkwaliteit te verminder. (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 QP
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2024 Paper & Memo

Question paper and memo