Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*LFSCA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers _hlayiso.com_--ba98751d-3865-44f0-a283-45a85ee22b81/v1-a064c478344352d73bb6/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)




View all





Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 457.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.
3. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Indien antwoorde NIE volgens instruksies van elke vraag aangebied word
NIE, sal kandidate punte verloor.
6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10), byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Wat is die genotipe van egtelende plante?
A Homosigoties
B Heterosigoties
C Dihibried
D Monohibried
1.1.2 Watter van die volgende is die wetenskaplike naam vir die
moderne mens?
A Homo erectus
B Homo africanus
C Homo sapiens
D Homo habilis
1.1.3 Watter van die volgende dui die proses van DNS/DNA-replisering
in die korrekte volgorde aan?
A DNS/DNA dubbele heliks string skei komplimentêre
basisse paar af twee DNS/DNA dubbele helikse
B Twee DNS/DNA dubbele helikse stringe skei
komplimentêre basisse paar af DNS/DNA dubbele
heliks
C Stringe skei twee dubbele helikse komplimentêre
basisse paar af DNS/DNA dubbele heliks
D DNS/DNA dubbele heliks stringe skei twee
DNS/DNA dubbele helikse komplimentêre basisse paar
af
1.1.4 Die teenwoordigheid van sproete is ʼn dominante kenmerk. ʼn
Moeder van ʼn kind het geen sproete en die vader is
heterosigoties vir sproete.
Wat is die waarskynlikheid dat hierdie kind sproete sal hê?
A 25%
B 75%
C 100%
D 50%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.1.5 Watter wet/te word deur die diagram hieronder uitgebeeld?
(i) Wet van gebruik en onbruik
(ii) Wet van oorerwing van verkrygde kenmerke
(iii) Wet van dominansie
A i, ii en iii
B slegs i en ii
C slegs i
D slegs i en iii
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.6 Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerflikheid van ʼn
geslagsgekoppelde siekte wat deur ʼn geen met twee allele, A en B,
beheer word. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat
volg.
Watter Punnettdiagram is ʼn korrekte voorstelling van die kruising
tussen die P1 ouers?
A A B
A AA AB
B AB BB
B B b
A AB Ab
a aB ab
C B B
A AB AB
A AB AB
D B B
B BB Bb
b Bb Bb
1.1.7 Identiese tweeling kinders het dieselfde genotipe. Waarom is daar
klein verskille tussen die fenotipes van identiese tweeling kinders?
A Die omgewing beïnvloed die uitdrukking van gene.
B Sommige gene is nie dominant nie.
C Beide ouers is homosigoties vir hierdie fenotipes.
D Beide ouers is heterosigoties vir hierdie fenotipes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.1.8 Watter van die volgende is ʼn korrekte identifisering van die
verwantskap tussen allele, chromosome en gene?
A Gene bevat chromosome en allele.
B Chromosome bevat gene maar nie allele.
C Allele word in chromosome aangetref maar nie in gene nie.
D Gene is deel van chromosome en het verskillende allele.
1.1.9 Veranderinge wat belangrik is in menslike evolusie teenoor
tweevoetigheid:
1. Vergroting van die brein
2. Maak van werktuie
3. S-vormige werwelkolom
4. Foramen magnum meer na ʼn vorentoe-posisie
A 1, 2, 3 en 4
B slegs 1, 2 en 3
C slegs 1, 2 en 4
D slegs 1, 3 en 4
1.1.10 Die wetenskaplike wat die Taungskedel (Australopithecus
africanus) in 1924 ontdek het:
A Robert Broom
B Raymond Dart
C Phillip Tobias
D Mary Leakey (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die struktuur wat gevorm word wanneer baie aminosure aan
mekaar verbind
1.2.2 Die struktuur waarop die antikodon vir proteïensintese aangetref
word
1.2.3 Die verbindings tussen stikstofbasisse in ʼn DNS/DNA
1.2.4 ʼn Proses waardeur nuwe spesies in ʼn kort tydjie gevorm word,
waar vinnige veranderinge deur natuurlike seleksie plaasvind
1.2.5 Die organel in ʼn sel waarop proteïensintese plaasvind
1.2.6 Die stikstof basis wat slegs in RNS/RNA aangetref word
1.2.7 Die sintese van bRNS/bRNA vanaf DNS/DNA
1.2.8 Die soort suiker wat in RNS/RNA aangetref word (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 ʼn Verduideliking vir iets wat in die natuur A: Teorie
waargeneem is en ondersteun word B: Hipotese
deur feite, modelle en wette
1.3.2 Die aantal chromosome in ʼn normale A: 23 Chromosome
mens se liggaam B: 46 Chromosome
1.3.3 Hulle werk het ons bewus gemaak van A: Darwin
hoe gene oorgeërf word B: Mendel
1.3.4 Die DNS/DNA in die nukleus van ʼn nie A: Chromatien
verdelende sel B: Chromosoom
1.3.5 Die bewyse wat gebruik word om die A: Mitochondriese
‘Uit-Afrika-hipotese’ te ondersteun deur DNS/DNA
die navolging van die vroulike geslag B: Y-chromosoom
1.3.6 Beïnvloed die oorerflikheid van A: Kodominansie
bloedgroepe B: Veelvuldige allele
(6 x 2) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.4 Bestudeer die filogenetiese boom hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
1.4.1 Definieer ʼn filogenetiese boom. (2)
1.4.2 Watter organisme word gesien as die gemeenskaplike voorouer? (1)
1.4.3 Watter organisme het die grootste kraniale grootte? (1)
1.4.4 Noem TWEE spesies wat tussen 1,5 en 2 miljoen jaar gelede geleef
het. (2)
1.4.5 Bereken die tydverskil tussen die evolusie van Homo erectus en
Homo sapiens. (Toon al jou bewerkings.) (3)
1.4.6 Watter organisme – Homo erectus of Homo habilis − is die naaste
verwant aan die moderne mens? (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die grafiek hieronder toon inligting oor die beweging van chromatiede in ʼn
sel wat net begin het met metafase II.
2.1.1 Noem EEN verskil tussen metafase I en metafase II. (1)
2.1.2 Wat is die tydsduur van metafase II in die sel? (1)
2.1.3 Gebruik lyn X om die tydsduur van anafase II in die sel te
bereken. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
2.2 Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
MISTERIEUSE DNS/DNA
Die genoom is die totale DNS/DNA van alle mense. Die menslike genoom
het 20 000−25 000 gene en die gemiddelde geen het ongeveer 3 000
basisse.
Die gene vorm slegs 2% van die menslike genoom en die res van die
DNS/DNA bestaan uit nie-koderende streke. Sommige van hulle word
gebruik om chromosoomstrukture en die kwantiteit en kwaliteit van
proteïene wat gemaak is, te reguleer. Die funksie van die 50% van die
DNS/DNA, bestaande uit herhaalde rye en wat bekend is as ‘junk
DNS/DNA’, is nog nie bekend nie.
Sommige wetenskaplikes verskil van bostaande siening. Volgens dr.
Carolyn Hancock, maak gene 5% van die menslike genoom uit.
[Bron: Aangepas uit: http://www.ornl.gov]
2.2.1 Definieer die term genoom. (2)
2.2.2 Wat is ʼn geen? (2)
2.2.3 Lys TWEE funksies van nie-koderende DNS/DNA. (2)
2.2.4 (a) Watter persentasie van DNS/DNA, volgens dr. Carolyn
Hancock, word as ‘junk (rommel) DNS/DNA’ beskou? (1)
(b) Waarom word dit ‘junk (rommel) DNS/DNA’ genoem? (1)
2.2.5 John se genoom bestaan uit 24 000 gene. Indien sy eerste
chromosoom 2 965 gene het en sy Y chromosoom het 231 gene,
bereken die totale aantal gene op sy ander chromosome. (Toon
alle bewerkings.) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.3 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn proses wat tydens meiose
plaasvind. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Voorsien byskrifte vir die dele genommer A, B, C en D. (4)
2.3.2 Noem die proses in meiose wat in die diagram geïllustreer word. (1)
2.3.3 Noem EEN belangrikheid van die proses genoem in VRAAG
2.3.2. (2)
2.3.4 Teken ʼn diagram van struktuur gemerk A, om sy voorkoms
onmiddellik na die proses soos in VRAAG 2.3.2 genoem te wys. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
2.4 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn molekuul van oordrag RNS/RNA
waaraan ʼn aminosuur, lisien geheg is.
Molekuul van oRNS/tRNA waaraan lisien geheg is
Lisien
(amino-
suur)
U U S
Verduidelik die funksie van oRNS/tRNA-molekuul in bostaande diagram. (3)
2.5 Vroulike-vrugte vlieë is ongeveer 2,5 mm lank. Manlike vlieë is kleiner en
besit ʼn kenmerkende swart kol op hul liggame. Vroulike vlieë lê tot soveel
as 400 eiers, wat tot volwassenes binne 7 tot 14 dae ontwikkel.
Vrugte-vlieë sal oorleef en voortplant in klein flesse wat ʼn eenvoudige
voedingsmedium met baie suikers bevat.
2.5.1 Gebruik die inligting hierbo om TWEE redes te verduidelik
waarom die vlugte-vlieë ʼn nuttige organisme is om genetiese
kruisings mee te bestudeer. (4)
2.5.2 Manlike vrugte-vlieë het die geslagschromosoom XY en die
vroulike vlieë het die XX. In vrugte-vlieë word die geen vir
oogkleur op die X chromosoom gedra.
Die alleel vir rooi oë (R) is dominant oor die alleel vir wit oë (r). ʼn
Wit-oog mannetjie word met ʼn homosigotiese rooi-oog wyfie
gekruis. Gebruik ʼn genetiese kruising om die nageslag van die F1
aan te dui. (6)
2.5.3 Verduidelik waarom manlike vrugte-vlieë meer geneig as vroulike
vrugte-vlieë is om ʼn fenotipe wat deur ʼn resessiewe alleel gevorm
word aan te toon. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
VRAAG 3
3.1 In marmotte is swart pels teenwoordig as gevolg van ʼn dominante geen B
en wit pels as gevolg van ʼn resessiewe geen b. Kort pels is as gevolg van
ʼn dominante geen S en lang pels as gevolg van ʼn resessiewe geen s.
ʼn Teler doen die volgende kruising: BbSs x bbss.
3.1.1 Gebruik ʼn genetiese kruising en bepaal die fenotipe van die
ouers en moontlike genotipes en fenotipes van die nageslag. (6)
3.1.2 Gee die fenotipe en verhouding van die nageslag. (2)
3.2 ʼn Wetenskaplike navorsing was in ʼn stedelike gemeenskap gedoen.
Mense was gevra om hul kennis ten opsigte van geneties gemodifiseerde
voedsel op ʼn skaal van 1 tot 5 te beoordeel. ʼn Telling van 1 beteken dat
hulle kennis swak is en ʼn telling van 5 beteken dat hulle kennis goed is ten
opsigte van geneties gemodifiseerde voedsel. Die tabel hieronder dui die
data aan wat versamel was.
Vlakke van 1 2 3 4 4
kennis Swak Gemiddelde Uitstekend
kennis kennis e
kennis
% mense wat
ondervra was 40 31 22 5 2
3.2.1 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die data wat
ingesamel was? (3)
3.2.2 Voorspel die gevolgtrekking indien dit in ʼn landelike gebied
gedoen was. (2)
3.2.3 Skryf ʼn verduideliking neer wat die wetenskaplikes kon gegee het
vir geneties gemodifiseerde voedsel. (2)
3.2.4 Gee TWEE argumente elk:
(a) Ten gunste vir die gebruik van geneties gemodifiseerde
voedsel (2)
(b) Teen die gebruik van geneties gemodifiseerde voedsel (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
3.3 Bestudeer die twee skedels hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Watter skedel (A of B) is die van ʼn nie-menslike primaat? (1)
3.3.2 Lys VYF waarneembare eienskappe/redes vir jou antwoord in
VRAAG 3.3.1. (5)
3.4 Lys DRIE voordele vir tweevoetigheid. (3)
3.5 Die tabel hieronder toon die gemiddelde breinvolume van
verskeie homoniede. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae
wat volg.
HOMINIED GEMIDDELDE BREINVOLUME
(CM3)
Australopithecus afarensis 440
Australopithecus africanus 450
Homo habilis 575
Homo erectus 1 100
Homo sapiens 1 450
3.5.1 Teken ʼn staafgrafiek om die gemiddelde breinvolumes van die
verskeie homoniede te toon. (6)
3.5.2 Watter homonied het die grootste breinvolume? (1)
3.5.3 Beskryf die verhouding tussen die hominiedevolusie en
breinvolume. (3)
3.5.4 Noem TWEE voordele van ʼn groter breinvolume. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
AFDELING C
VRAAG 4
4.1 Beskryf hoe mutasies en die gevolge daarvan die variasie verhoog, sowel
as die impak wat dit op natuurlike seleksie het. (17)
Sintese (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--ba98751d-3865-44f0-a283-45a85ee22b81/v1-a064c478344352d73bb6/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum