Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING
2021
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 5 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
%20MG%20Eng--b8312fc4-1011-4937-9064-e8f6e98e0522/v1-4e35b18b278ef13f27db/card.webp)
%20MG%20Afr--4d73394c-65e2-45a0-8c73-ff031ad7876d/v1-f8505fa62d4e84b305b7/card.webp)
%20Eng--10859467-be3e-41fb-aee0-b797c385437d/v1-986e8982bfb6b966a34d/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7d638feb-7218-4b3c-9f4c-ce95803d6e4f/v1-e8a08d94a30d7d50ccd0/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529/v1-1933106d90a6eb5b5f1a/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--89111cf1-63b4-4635-8eb8-da0044145421/v1-d1e3178c4ebe9807751a/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--b845a3a8-310e-4e8c-b965-8a774cb6e06c/v1-478738c4034281f0c7de/card.webp)
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--ba0c657d-e90b-4152-8fe8-f4b1ec92788e/v1-693091030e55e9349dce/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--147a83c0-d619-4c88-b487-a6b0c7b69e79/v1-5046aa0e5a5be43b868a/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--4efdda85-05cd-4629-aa6c-e9544bc0fdd8/v1-16e7d024778196d3cb2d/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)

%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)


Mechanical Technology May June 2021 (Fitting Machining) Afr hlayiso.com
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Pages
- 22
- File size
- 569.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 2 DBE/2021
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae noukeurig.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.
TYD IN
VRAAG INHOUD PUNTE
MINUTE
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiaal 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 14
5 Terminologie (Draaibank en Freesmasjien) 18 15
6 Terminologie (Indeksering) 28 24
7 Gereedskap en Toerusting 13 12
8 Kragte 33 31
9 Instandhouding 18 15
10 Hegtingsmetodes 18 15
11 Stelsels en Beheer (Aandrywingstelsels) 28 24
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 3 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 A.
1.1 Watter Wet bevorder niediskriminasie in die werkplek?
A Wet op Diensbillikheid en Arbeidsverhoudinge
B Wet op Gelyke Indiensneming
C Wet op Diensbillikheid en Diensvoorwaardes
D Wet op Diensbillikheid, Beroepsgesondheid en Veiligheid (1)
1.2 Watter stelling hieronder is KORREK ten opsigte van die aanbevelings vir die
toepassing van noodhulp? MOENIE ...
A enigiets verwyder wat aan die wond vassit NIE.
B die pols van die pasiënt nagaan NIE.
C die pasiënt se wond met koue water afkoel NIE.
D aandag aan bloedverlies en asemhalingsprobleme gee NIE. (1)
1.3 Werkwinkels met meer as vyf werkers moet met 'n noodhulpkissie toegerus
wees. Watter Wet bepaal die inhoud van die noodhulpkissie?
A Wet op Diensbillikheid en Arbeidsverhoudinge, 1998 (Wet 56 van 1998)
B Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
C Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van
1993)
D Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) (1)
1.4 Watter toets kan gedoen word om die rekbaarheid van 'n metaal te bepaal?
A Klanktoets
B Hardheidstoets
C Buigtoets
D Masjineringstoets (1)
1.5 Wat is die doel van dopverharding tydens die hittebehandelingsproses?
Om 'n ... voort te bring
A taai dop oor 'n harde kern
B harde dop oor 'n dun kern
C harde dop oor 'n harde kern
D harde dop oor 'n taai kern (1)
1.6 Watter proses veroorsaak hewige skaalvorming van 'n werkstuk gedurende
die hittebehandeling van ysterhoudende metale?
A Normalisering
B Uitgloeiing
C Tempering
D Verharding (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 4 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Noodhulp is 'n basiese behandeling om 'n beseerde persoon te help en vind
gewoonlik in drie stadiums plaas. Noem die DRIE stadiums. (3)
2.2 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer 'n staanboor gebruik word nadat
dit reeds aangeskakel is. (2)
2.3 Waarom moet die elektrodehouer van 'n boogsweismasjien geïsoleer word? (1)
2.4 Noem TWEE nadele van die proses-werkswinkeluitleg. (2)
2.5 Noem TWEE voordele van die produk-werkswinkeluitleg. (2)
[10]
VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)
3.1 Alle hittebehandelingsprosesse behels die verhitting en afkoeling van metale
volgens 'n tyd-temperatuur-siklus. Beskryf hierdie siklus. (3)
3.2 Noem enige DRIE tipes blusmediums wat tydens die hitte-
behandelingsprosesse gebruik word. (3)
3.3 Gee EEN rede waarom staal uitgegloei word. (1)
3.4 Koolstofstaal word in drie groepe geklassifiseer. Noem die DRIE groepe. (3)
3.5 In FIGUUR 3.5 hieronder word die yster-koolstof-ewewigsdiagram getoon.
Benoem die diagram soos aangedui, van A tot D. Skryf slegs die antwoord
langs die letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK neer.
C
B
D
A
FIGUUR 3.5 (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 5 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.
4.1 Identifiseer die draaibankkomponent wat in FIGUUR 4.1 getoon word.
FIGUUR 4.1
A Mikrometer
B Skroefsnywyserplaat
C Sentermaat
D Skroefsteekmaat (1)
4.2 Identifiseer die KORREKTE stelling oor die gebruik van 'n senterdraaibank:
A Moenie die masjien alleen laat terwyl dit beweeg nie.
B Verwyder snysels terwyl die masjien beweeg.
C Neem afmetings terwyl die masjien beweeg.
D Verstel skerms terwyl die masjien beweeg. (1)
4.3 Wat word met die term absolute programmering bedoel wanneer 'n
RNB('CNC')-freesmasjien gebruik word?
A Neem die afstand van een punt tot die volgende op die werkstuk
B Gebruik afmetings met alle verwysingspunte wat vanaf 'n
gemeenskaplike punt geneem word
C Die volgorde van programmering vir die selektering van snybeitels
D Die ligging van elke werking in koördinaatformaat (1)
4.4 Gereedskapverandering vind outomaties tussen prosesse op 'n RNB('CNC')-
freesmasjien plaas, wanneer die ...
A masjien aangeskakel word.
B werkstuk volledig opgestel is.
C gereedskapverandering geprogrammeer is.
D gereedskap deur die operateur vervang moet word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 6 DBE/2021
SS/NSS
4.5 Uit watter tipe materiaal is die Brinell-hardheidstoetser se induiker/bal
gemaak?
A Geelkoper
B Grafiet
C Koper
D Karbied (1)
4.6 Identifiseer die tipe toetser in FIGUUR 4.6.
FIGUUR 4.6
A Trektoetser
B Balktoetser
C Ekwilibriumtoetser
D Hardheidstoetser (1)
4.7 Wat word met die term trekspanning bedoel?
A 'n Eksterne trekkrag werk op 'n materie in.
B 'n Eksterne krag is aanwesig wanneer 'n interne treklas toegepas word.
C 'n Interne krag is aanwesig wanneer 'n eksterne treklas toegepas word.
D 'n Interne trekkrag is aanwesig wanneer 'n eksterne druklas toegepas
word. (1)
4.8 Identifiseer die tipe spanning wat in die klinknael in FIGUUR 4.8 veroorsaak
word.
Krag
Krag
FIGUUR 4.8
A Skuifspanning
B Drukspanning
C Trekspanning
D Vormspanning (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 7 DBE/2021
SS/NSS
4.9 Vesconite is die geskikste vir …
A die draaibankkloukop.
B laers en busse.
C leiskroewe.
D die deklaag van 'n braaipan. (1)
4.10 Waarvoor word polivinielchloried (PVC) gebruik?
A Kompressorsuiers
B Snygereedskap
C Waterpype
D Slypwiele (1)
4.11 Watter stelling beskryf die metrieke vierkantskroefdraad die beste?
Die metrieke vierkantskroefdraad is 'n skroefdraad waarvan ... ongeveer gelyk
is.
A die lengte van die skroefdraad, die dikte van die skroefdraad en die
ruimte tussen die drade
B die breedte van die skroefdraad, die diepte van die skroefdraad en die
ruimte tussen die drade
C slegs die breedte van die skroefdraad en die diepte van die skroefdraad
D slegs die diepte van die skroefdraad en die ruimte tussen die drade (1)
4.12 Meervoudige skroefdrade word gebruik wanneer ...
A groot sterkte benodig word.
B vinnige beweging benodig word.
C groot sterkte en vinnige beweging benodig word.
D stadige beweging benodig word. (1)
4.13 'n Joule word gedefinieer as die arbeid verrig wanneer 'n krag van …
A 1 N oor 'n afstand van 1 m in die rigting van die krag uitgeoefen word.
B 1 N oor 'n afstand van 1 m in die teenoorgestelde rigting van die krag
uitgeoefen word.
C 10 N in die rigting van die krag uitgeoefen word.
D 10 N oor 'n afstand van 1 m in die rigting van die krag uitgeoefen word. (1)
4.14 In FIGUUR 4.14 word 'n simbool van 'n hidrouliese komponent getoon.
Identifiseer die simbool.
FIGUUR 4.14
A Vastevloei-beheerklep
B Rigtingbeheerklep
C Filter
D Verstelbarevloei-beheerklep (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 8 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)
5.1 Noem DRIE nadele van die sny van 'n taps op 'n senterdraaibank deur die
saamgesteldebeitelslee-metode te gebruik. (3)
5.2 FIGUUR 5.2 toon 'n taps met 'n ingeslote hoek van 10° wat tussen twee
senters gemasjineer moet word. Beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 5.2
5.2.1 Bereken die klein diameter van die taps. (4)
5.2.2 Bereken die oorstelling van die loskop. (3)
5.3 Bereken die volgende afmetings van 'n parallelspy wat vir 'n 55 mm diameter
as geskik is.
5.3.1 Wydte (2)
5.3.2 Dikte (2)
5.3.3 Lengte (2)
5.4 Noem TWEE voordele van opfreeswerk. (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 9 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK)
6.1 Thabo is 'n masjienoperateur en het opdrag gekry om 'n reguittandrat met 'n
steeksirkeldiameter van 136 mm en 'n module van 4 te sny.
Bereken die volgende:
6.1.1 Aantal tande (2)
6.1.2 Dedendum (2)
6.1.3 Buitediameter (2)
6.1.4 Sirkelsteek (2)
6.2 FIGUUR 6.2 toon 'n tekening van 'n swaelstert. Beantwoord die vrae wat volg.
190
E D
h = 38
B 60º 60º
15 A R
C
15 x w x R
M
FIGUUR 6.2
Bereken die volgende:
6.2.1 Minimum wydte van die swaelstert (w) (6)
6.2.2 Afstand oor die presisierollers (M) (6)
6.3 Amanda is 'n masjienoperateur en moet 'n reguittandrat met 163 tande frees.
Die verdeelkop wat sy gebruik, het 'n verhouding van 40 : 1.
WENK: A = 160 indelings vir die eenvoudige indeksering
6.3.1 Bereken die indeksering wat nodig is. (3)
6.3.2 Bereken die wisselratte wat nodig is. (5)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 10 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
7.1 Bepaal die diepte-mikrometerlesing wat in FIGUUR 7.1 getoon word.
FIGUUR 7.1 (2)
7.2 Verduidelik stap vir stap hoe jy 'n Brinell-hardheidstoets sal uitvoer om die
hardheid van staal te bepaal. (6)
7.3 Noem DRIE aspekte wat bepaal word wanneer 'n trektoets op 'n materiaal
uitgevoer word. (3)
7.4 FIGUUR 7.4 toon 'n presisiemeetinstrument. Beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 7.4
7.4.1 Identifiseer die instrument in FIGUUR 7.4. (1)
7.4.2 Noem die funksie van die instrument. (1)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 11 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)
8.1 FIGUUR 8.1 toon 'n stelsel van kragte met vier kragte wat op dieselfde punt
inwerk.
280 N
165º
45º
120 N
250 N
150 N
FIGUUR 8.1
Bereken die volgende:
8.1.1 Som van die horisontale komponente (HK) (4)
8.1.2 Som van die vertikale komponente (VK) (4)
8.1.3 Grootte van die ewewigskrag (3)
8.1.4 Rigting van die ewewigskrag (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 12 DBE/2021
SS/NSS
8.2 FIGUUR 8.2 toon 'n balk wat deur twee vertikale stutte, A en B, ondersteun
word. Twee vertikale puntlaste van 345 N en 165 N, en 'n eenvormig
verspreide las van 95 N/m, word op die balk uitgeoefen.
FIGUUR 8.2
Bereken die grootte van die reaksies by stutte A en B. (8)
8.3 'n Trekkrag van 50 kN word op 'n geelkoperbus toegepas. Die buitediameter
van die geelkoperbus is 58 mm en die binnediameter is 42 mm. Die
oorspronklike lengte van die geelkoperbus was 68 mm.
Bereken die volgende:
8.3.1 Weerstandsoppervlakte van die bus (2)
8.3.2 Spanning in die materiaal in MPa (3)
8.3.3 Vormverandering/Vervorming (finale lengte van die bus is 68,975 mm) (3)
8.3.4 Young se elastisiteitsmodulus vir die materiaal (3)
[33]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 13 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
9.1 Noem TWEE gevolge van 'n gebrek aan voorkomende instandhouding van
meganiese aandrywingstelsels. (2)
9.2 Gee TWEE redes vir die wanfunksionering van kettingaandrywings. (2)
9.3 Noem TWEE prosedures wat gevolg kan word om die slytasie op 'n
rataandrywingstelsel te verminder. (2)
9.4 Noem TWEE eienskappe van ELK van die volgende materiaal:
9.4.1 Polivinielchloried (PVC) (2)
9.4.2 Koolstofvesel (2)
9.4.3 Bakeliet (2)
9.5 Klassifiseer die volgende materiaal as termoplastiese samestellings of
termoverhardende samestellings:
9.5.1 Vesconite (1)
9.5.2 Glasvesel (1)
9.5.3 Koolstofvesel (1)
9.6 Noem EEN gebruik van ELK van die volgende materiaal:
9.6.1 Teflon (1)
9.6.2 Koolstofvesel (1)
9.6.3 Nylon (1)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 14 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)
10.1 'n Tweegang- vierkantige skroefdraadstaaf moet vervaardig word. Die styging
van die skroefdraad is 40 mm en die kruindiameter is 85 mm. Die vryloophoek
moet 3° wees.
Bereken die volgende:
10.1.1 Gemiddelde diameter (4)
10.1.2 Helikshoek van die skroefdraad (4)
10.1.3 Ingryphoek (Voorsnyhoek) van die beitel (2)
10.1.4 Sleephoek (Nasnyhoek) van die beitel (2)
10.2 FIGUUR 10.2 toon 'n metrieke V-skroefdraad.
B C D
A
FIGUUR 10.2
Benoem A–D. (4)
10.3 Noem TWEE gebruike van 'n vierkantige skroefdraad. (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 15 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK)
11.1 FIGUUR 11.1 toon 'n hidrouliese stelsel met suier A met 'n diameter van
25 mm. 'n Krag van 1,32 kN word op suier A uitgeoefen. Die stelsel het ook
suier B, wat 'n krag van 6,45 kN uitoefen. Beantwoord die vrae wat volg.
? = mm
Ø25 mm 6,45 kN
1,32 kN
Suier B
Suier A
FIGUUR 11.1
Bereken die volgende:
11.1.1 Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel in MPa (4)
11.1.2 Die diameter in millimeter van suier B (6)
11.2 Noem TWEE voordele van 'n kettingaandrywing in vergelyking met 'n
bandaandrywing. (2)
11.3 Noem TWEE funksies van 'n reservoir in 'n hidrouliese stelsel. (2)
11.4 Noem EEN toepassing van 'n hidrouliese stelsel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 16 DBE/2021
SS/NSS
11.5 FIGUUR 11.5 toon 'n bandaandrywingstelsel met 'n gedrewe katrol van
255 mm wat teen 85 r/min roteer. Die diameter van die dryfkatrol is 95 mm.
Beantwoord die vrae wat volg.
DGedrewe = 255 mm
NGedrewe = 85 r/min
T2
T1
DDrywer = 95 mm
NDrywer = ? r/min
FIGUUR 11.5
Bereken die volgende:
11.5.1 Die rotasiefrekwensie van die dryfkatrol (3)
11.5.2 Die spoedverhouding (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 17 DBE/2021
SS/NSS
11.6 FIGUUR 11.6 toon 'n rataandrywingstelsel. Rat A op die as van die motor het
30 tande wat met rat B met 40 tande op die tussenas inkam. Op die tussenas
is nog 'n rat, C, met 20 tande wat met rat D met 60 tande op 'n tweede
tussenas inkam. Die tweede tussenas het rat E met 50 tande wat met rat F
met 70 tande inkam. Rat F is aan die uitset-as gekoppel. Beantwoord die vrae
wat volg.
TUSSENAS
MOTOR
2 500 r/min
TUSSENAS
UITSET
? = r/min
FIGURE 11.6
Bereken die volgende:
11.6.1 Die rotasiefrekwensie van die uitset-as indien die motor teen
2 500 r/min roteer (4)
11.6.2 Die ratverhouding tussen die inset-as en die uitset-as van die
stelsel (3)
[28]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 1 DBE/2021
SS/NSS
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
PASWERK EN MASJINERING
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 2 DBE/2021
SS/NSS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 3 DBE/2021
SS/NSS
4. RATAANDRYWING
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 4 DBE/2021
SS/NSS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 5 DBE/2021
SS/NSS
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Automotive) Eng
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng
%20MG%20Eng--b8312fc4-1011-4937-9064-e8f6e98e0522/v1-4e35b18b278ef13f27db/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Welding & Metal Work) MG Eng
%20MG%20Afr--4d73394c-65e2-45a0-8c73-ff031ad7876d/v1-f8505fa62d4e84b305b7/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Welding & Metal Work) MG Afr
%20Eng--10859467-be3e-41fb-aee0-b797c385437d/v1-986e8982bfb6b966a34d/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May June 2024 (Automotive) Eng
%20Afr_hlayiso.com_--7d638feb-7218-4b3c-9f4c-ce95803d6e4f/v1-e8a08d94a30d7d50ccd0/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May June 2023 (Welding & Metalwork) Afr hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20Afr_hlayiso.com_--7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529/v1-1933106d90a6eb5b5f1a/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May June 2021 (Automotive) Afr hlayiso.com
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--89111cf1-63b4-4635-8eb8-da0044145421/v1-d1e3178c4ebe9807751a/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) MG Afr hlayiso.com
%20Eng_hlayiso.com_--b845a3a8-310e-4e8c-b965-8a774cb6e06c/v1-478738c4034281f0c7de/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) Eng hlayiso.com
%20MG%20Eng_hlayiso.com_--ba0c657d-e90b-4152-8fe8-f4b1ec92788e/v1-693091030e55e9349dce/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May June 2021 (Automotive) MG Eng hlayiso.com
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--147a83c0-d619-4c88-b487-a6b0c7b69e79/v1-5046aa0e5a5be43b868a/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May June 2021 (Automotive) MG Afr hlayiso.com
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--4efdda85-05cd-4629-aa6c-e9544bc0fdd8/v1-16e7d024778196d3cb2d/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2021 (Automotive) MG Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Mechanical Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English hlayiso.com
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology May June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr

Memorandum
MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans hlayiso.com

Memorandum