Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE
NOVEMBER 2021
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 2-bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers %20Eng_hlayiso.com_--6f85aea2-f500-4eae-8618-ea68e8f9f49d/v1-3155419476f812fb07e3/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--55aa4683-5aa0-4b7f-8207-11eb851141fb/v1-e1979553ba0d48131eb8/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--545abfde-8923-4811-aed9-fe51d7f86ad6/v1-c65226d96ad893d29681/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529/v1-1933106d90a6eb5b5f1a/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--b845a3a8-310e-4e8c-b965-8a774cb6e06c/v1-478738c4034281f0c7de/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--8330d2db-753d-4250-9737-3bee5fd94d1b/v1-17367c08e71a54fc2c27/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 744.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae noukeurig.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.
TYD IN
VRAAG INHOUD PUNTE
MINUTE
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiale 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
5 Gereedskap en Toerusting 23 20
6 Enjins 28 25
7 Kragte 32 25
8 Instandhouding 23 20
9 Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas) 18 20
10 Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en Elektronika) 32 30
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 3 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E
1.1 Wat is die kode vir goeie praktyk vir MIV/Vigs en indiensneming?
A Persone met MIV/Vigs moet aparte eetsale gebruik.
B Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers en werknemers
op MIV/Vigs in die werksplek behoort te reageer.
C Die Wet bevat riglyne oor hoeveel werk 'n werknemer veronderstel is
om te doen.
D Dit bevat die daaglikse werksure van werknemers. (1)
1.2 Watter EEN van die volgende tipes persoonlike beveiligingstoerusting
('PPE') word benodig wanneer daar in 'n werkswinkel met Covid-19-
regulasies gewerk word?
A Masker
B Sonbril
C Sweishelm
D Deursigtige veiligheidsbril (1)
1.3 Die ... is verantwoordelik vir die verskaffing van veiligheidstoerusting in die
werkswinkel.
A werknemers
B skoonmaakpersoneel
C voorman
D werkgewer (1)
1.4 Watter EEN van die volgende beskryf die reaksie van sagte staal wanneer
dit op 'n masjien gesny word?
A Sny maklik; swart krummelagtige snysels
B Moeilik om te sny; snysels breek in skerp stukkies
C Sny maklik; krullerige snysels
D Moeilik om te sny (1)
1.5 Die doel van staalverharding is om …
A slytasie te voorkom.
B vormverandering te verminder.
C sagtheid te verhoog.
D die materiaal te blus. (1)
1.6 Watter proses volg op verharding?
A Normalisering
B Uitgloeiing
C Tempering
D Dopverharding (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 4 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Verduidelik TWEE noodhulpmaatreëls om in gedagte te hou wanneer 'n
oop wond behandel word. (2)
2.2 Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word
nadat die vlakslyper aangeskakel word. (2)
2.3 Gee EEN rede waarom die drukmeter van 'n hidrouliese pers gereeld
gekalibreer moet word. (1)
2.4 Watter TWEE gevare word deur die vingerbeskermers voorkom wat op
kraggedrewe guillotines gemonteer is? (2)
2.5 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word voordat
gassweis of vlamsnywerk gedoen word. (2)
2.6 Watter tipe werkswinkeluitleg word in FIGUUR 2.6 hieronder getoon?
Inspeksie
Produk 1 Masjien A Masjien B Masjien C en
versending
Inspeksie
Produk 2 Masjien D Masjien E Masjien F en
versending
FIGUUR 2.6 (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 5 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)
3.1 Beskryf die vylproses as maklik of moeilik wanneer 'n vyltoets vir hardheid
op die volgende materiaal uitgevoer word:
3.1.1 Gietstaal (1)
3.1.2 Sagte staal (1)
3.1.3 Snelsnystaal (HSS) (1)
3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon die uitgloeiingsproses gedurende
hittebehandeling. Benoem komponente A–C.
A
B
C
FIGUUR 3.2 (3)
3.3 Beskryf hoe 'n buigtoets uitgevoer word om die eienskappe van 'n
toetsmetaal te bepaal. (3)
3.4 Noem die doel van dopverharding van staal. (2)
3.5 Noem DRIE tipes blusmediums wat gebruik kan word om staal te verhard. (3)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 6 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.
4.1 Watter tipe balansering word teen hoë spoed uitgevoer?
A Normale balansering
B Statiese balansering
C Dinamiese balansering
D Vibrerende balansering (1)
4.2 Wat is die funksie van die draaiskyf terwyl wielsporing nagegaan word?
A Om die wiel staties te balanseer
B Laat die wiele toe om met minimale weerstand in en uit te draai
C Om die hoeveelheid wrywing tussen die wiel en die wiellaer te bepaal
D Om die wiel dinamies te balanseer (1)
4.3 Die nokasomwenteling vir die ontbranding van die brandstof- en
lugmengsel in 'n vierslag-viersilinder-enjin vind elke … grade plaas.
A 180
B 120
C 90
D 60 (1)
4.4 Watter geforseerde induksiestelsel het die meeste vertraging/sloering?
A Niereëlbare-tipe turboaanjaer
B Reëlbare geometrieturboaanjaer
C Superaanjaer
D Dubbelaanjaging (1)
4.5 Die kompressieverhouding (KV) van 'n enjin is die verhouding tussen
die …
A totale volume van die enjin en die volume van een silinder.
B totale volume van 'n silinder en die vry volume.
C kompressiedruk en die atmosferiese druk.
D slagvolume en die vry volume. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 7 DBE/November 2021
NSS
4.6 Aangeduide drywing kan gedefinieer word as die …
A drywing by die wiele wat deur 'n dinamometer gemeet word.
B drywing by die vliegwiel wat deur 'n Prönyrem gemeet word.
C maatstaf om die drywing wat by die vliegwiel ontwikkel word, te
bepaal.
D maatstaf om die drywing wat deur die brandende brandstof in die
silinder van die enjin ontwikkel word, te bepaal. (1)
4.7 'n Dinamometer meet die …
A teoretiese drywing wat deur die enjin ontwikkel word.
B remdrywing van die enjin.
C elektriese drywing wat deur die enjin ontwikkel word.
D teoretiese wringkrag wat deur die enjin ontwikkel word. (1)
4.8 Watter van die volgende is die oorsaak van hoë koolwaterstof (HC)-vlakke
in die uitlaatgasse van 'n binnebrandenjin?
A Te arm mengsel
B Oormatige aangejaagde druk
C Lekkasie by die versneller-eenheid
D Vuil of geblokte lugfilter (1)
4.9 Wat sal 'n hoë oliedruklesing in 'n binnebrandenjin veroorsaak?
A Defektiewe oliedrukontlasklep
B Onvoldoende olie in die stelsel
C Olielekkasies
D Viskositeit van olie is te dun (1)
4.10 Watter komponent in 'n outomatiese ratkas reguleer die oliedruk om die
verlangde ratverhouding te selekteer?
A Rembande
B Koppelomsitter
C Beheerklepbuis
D Oliepomp (1)
4.11 Hoe word die sluitkoppelaar in 'n koppelomsetter geaktiveer?
A Deur oliedruk
B Deur die koppelaarpedaal te gebruik
C Deur die aktiveringskakelaar te druk
D Outomaties, deur die stator (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 8 DBE/November 2021
NSS
4.12 Wat is die oorsaak van die bandslytasie wat in FIGUUR 4.12 hieronder
getoon word?
Vaanrand
FIGUUR 4.12
A Oormatige wielvlug
B Verkeerde nasporing
C Ongebalanseerde wiel
D Oormatige toesporing of uitsporing (1)
4.13 Wielsporing word op 'n motorvoertuig gedoen om … te bereik.
A wieltolling tydens motorwedrenne
B oorstuur
C swak wieltraksie
D eweredige bandslytasie (1)
4.14 Die funksie van 'n sensor in 'n enjinbeheerstelsel is om die …
A enjinstelsel te aktiveer.
B enjin se bedryfstoestande waar te neem.
C lugbrandstofmengsel te bepaal.
D brandstofdruk te reguleer. (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 9 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
5.1 Die stappe om 'n kompressietoets op 'n binnebrandenjin uit te voer word in
'n lys hieronder gegee. Voltooi STAP 5 tot 8.
LET WEL: Nommer jou antwoorde 5.1.1 tot 5.1.4 soos getoon.
STAP 1 Verseker dat die enjin op werkstemperatuur is.
STAP 2 Ontkoppel die brandstoftoevoer en ontstekingstelsel.
STAP 3 Maak die area om die vonkproppe skoon en verwyder al die
vonkproppe.
STAP 4 Koppel 'n kompressietoetser aan die vonkpropgat.
STAP 5 5.1.1 (1)
STAP 6 5.1.2 (1)
STAP 7 5.1.3 (1)
STAP 8 5.1.4 (1)
5.2 Beantwoord die vrae oor die silinderlekkasietoetser wat in FIGUUR 5.2
hieronder getoon word.
Saamgeperstelug-
A koppelstuk
B
C
D
FIGUUR 5.2
5.2.1 Benoem onderdele A–D in FIGUUR 5.2 hierbo. (4)
5.2.2 Wat is die meeteenheid op komponent A? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 10 DBE/November 2021
NSS
5.3 Noem TWEE komponente wat die uitlaatgas-analiseerder teen roet en vog
beskerm wanneer die uitlaatgas-analisetoets uitgevoer word. (2)
5.4 Beskryf die opstelprosedure van 'n aan-boord-diagnostiese (ABD)-
skandeerder om foute na te gaan. (3)
5.5 FIGUUR 5.5 hieronder toon ’n masjien wat in 'n motorwerkswinkel gebruik
word. Beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 5.5
5.5.1 Identifiseer die masjien wat in FIGUUR 5.5 hierbo getoon word. (1)
5.5.2 Wat is die funksie van die masjien wat in FIGUUR 5.5 hierbo
getoon word? (1)
5.5.3 Watter veiligheidskenmerk ontbreek op die masjien in
FIGUUR 5.5 hierbo? (1)
5.6 Watter DRIE wielsporingshoeke kan deur die gebruik van die
borrelvloeimeter gemeet word? (3)
5.7 Noem DRIE voorsorgmaatreëls wat geneem moet word voor die optiese
wielsporingstoestel op die wiel gemonteer word. (3)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 11 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)
6.1 Met verwysing na die krukas, gee DRIE redes vir die gebruik van die
korrekte ontstekingsorde op 'n binnebrandenjin. (3)
6.2 Noem TWEE maniere waarop dinamiese wanbalans op die krukas
reggestel kan word. (2)
6.3 Noem VIER oorsake van enjintrilling. (4)
6.4 Gee die graad van krukasrotasie tussen kragimpulse vir elk van die
volgende vierslagenjins:
6.4.1 4-silinder (1)
6.4.2 5-silinder (1)
6.4.3 6-silinder (1)
6.4.4 8-silinder (1)
6.5 FIGUUR 6.5 hieronder toon 'n Roots-superaanjaer. Beantwoord die vrae
wat volg.
B
A
C
FIGUUR 6.5
6.5.1 Benoem komponente A–C in FIGUUR 6.5 hierbo. (3)
6.5.2 Beskryf die werking van die Roots-superaanjaer. (5)
6.6 Wat is die funksie van die volgende komponente op 'n binnebrandenjin wat
met 'n wisselbare geometrieturboaanjaer toegerus is?
6.6.1 Tussenverkoeler (2)
6.6.2 Wieke (2)
6.7 Noem DRIE voordele van 'n superaanjaer wanneer dit met 'n turboaanjaer
vergelyk word. (3)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 12 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)
7.1 Definieer die volgende terme in verband met 'n binnebrandenjin:
7.1.1 Remdrywing (2)
7.1.2 Wringkrag (2)
7.2 Die aangeduide drywingsdiagram verteenwoordig die kragslag en
kompressieslag. Hoe beïnvloed die kompressieslag en die kragslag die
druk? (2)
7.3 FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n silinder met 'n suier op BDP en dieselfde
silinder met die suier op ODP. Die volgende inligting is van toepassing:
Volume (V1) van die ruimte wanneer die suier by BDP = 39 cm3 is
Ruimte tussen BDP en ODP (V2) = 330 ml
Afstand tussen BDP en ODP is 65 mm
Beantwoord die vrae wat volg.
V1 V1 BDP
V2
ODP
FIGUUR 7.3
7.3.1 Watter term word gebruik om die volume V1 te beskryf? (1)
7.3.2 Watter term word gebruik om die volume V2 te beskryf? (1)
7.3.3 Bereken die totale silindervolume in cm3. (3)
7.3.4 Bereken die boordiameter in mm. (5)
7.3.5 Bereken die kompressieverhouding van hierdie silinder. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 13 DBE/November 2021
NSS
7.4 Noem TWEE metodes om die kompressieverhouding in 'n binnebrandenjin
te verlaag. (2)
7.5 Die volgende data verwys na 'n tweesilinder-tweeslag-petrolenjin:
Enjinspoed tydens toets: 6 500 r/min
Silinderverplasing (volume): 580,7 cm3
Gemiddelde effektiewe druk: 450 kPa
Remdrywing: 48 kW @ 6 500 r/min
Bepaal die volgende deur middel van berekeninge:
7.5.1 Wringkrag (4)
7.5.2 Aangeduide drywing in kW (6)
7.5.3 Meganiese doeltreffendheid (2)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 14 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
8.1 Beantwoord die volgende vrae in verband met 'n uitlaatgasanalise.
8.1.1 Noem TWEE oorsake van 'n lae CO2-uitlaatgaslesing. (2)
8.1.2 Noem TWEE regstellende maatreëls vir die oorsake wat in
VRAAG 8.1.1 genoem is. (2)
8.2 Noem TWEE uitlaatgaslesings, soos deur 'n gasanaliseerder opgespoor,
wat deur 'n arm lug/brandstofmengsel veroorsaak word. (2)
8.3 Noem EEN oorsaak en EEN regstellende maatreël vir die volgende
silinderlekkasie-toetsresultate:
8.3.1 Sisgeluid by die uitlaatpyp (2)
8.3.2 Borrels in die verkoelerwater (2)
8.4 Verduidelik waarom 'n binnebrandenjin teen normale werkstemperatuur
moet wees wanneer diagnostiese toetse gedoen word. (2)
8.5 Die tabel hieronder toon moontlike oorsake en regstellende maatreëls vir
lae brandstofdruk in 'n motorvoertuig. Voltooi die tabel hieronder deur slegs
die vraagnommers (8.5.1 tot 8.5.4) en die antwoord in die
ANTWOORDEBOEK te skryf.
MOONTLIKE OORSAKE REGSTELLENDE MAATREËLS
Foutiewe brandstofpomp Toets en vervang brandstofpomp
Verstopte of vernoude brandstoffilter 8.5.1
Vervang of ontkoppel en blaas
8.5.2
brandstoflyne skoon
Verstopte pompinlaatsif 8.5.3
Kontroleer en herstel die spanning
8.5.4
na die pomp (4)
8.6 Noem DRIE vervaardigerspesifikasies wat benodig word voordat 'n
oliedruktoets uitgevoer kan word. (3)
8.7 Verduidelik VIER stappe om 'n verkoelerdopdruktoets uit te voer. (4)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 15 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)
9.1 FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n koppelomsetter wat in outomatiese
transmissies gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg.
V1 V1 C
B
V2
D
A
E
FIGUUR 9.1
9.1.1 Benoem onderdele A–E in FIGUUR 9.1 hierbo. (5)
9.1.2 Noem DRIE funksies van 'n koppelomsetter (3)
9.1.3 Wanneer word maksimum wringkragvermenigvuldiging in 'n
koppelomsetter bereik? (2)
9.2 Verduidelik hoe voorwaartse snelrat in 'n episikliese ratstelsel verkry word. (3)
9.3 Waarna verwys die volgende rathefboomposisies op 'n outomatiese
transmissie?
9.3.1 P
(1)
9.3.2 R
(1)
9.3.3 D
(1)
9.4 In watter TWEE rathefboomposisies, P, R, N, D, 1 of 2, is dit moontlik om
die enjin wat met outomatiese transmissie toegerus is, aan te skakel? (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 16 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER (ASSE, STUURGEOMETRIE EN ELEKTRONIKA
(SPESIFIEK)
10.1 Gee DRIE redes waarom wielsporing op 'n voertuig uitgevoer moet word. (3)
10.2 FIGUUR 10.2 toon wielvlugslytasie op 'n buiteband. Beantwoord die vrae
wat volg.
Een kant van loopvlak
oormatig verslyt
Wielvlugslytasie
e
FIGUUR 10.2
10.2.1 Noem VIER oorsake van oormatige wielvlugslytasie. (4)
10.2.2 Definieer positiewe wielvlughoek. (2)
10.2.3 Hoe word wielvlug op 'n onderstel verstel? (2)
10.3 Teken 'n netjiese, benoemde skets om toesporing op 'n voertuig se
voorwiele te toon. (3)
10.4 Noem TWEE negatiewe effekte wat deur dinamiese wanbalanse op 'n wiel
veroorsaak word. (2)
10.5 Noem TWEE tipes elektroniese inspuiters. (2)
10.6 Beskryf die doel van 'n diesel-partikulêre filter (DPF). (2)
10.7 Verduidelik hoe die uitkyk-sensor in 'n aanpasbare spoedbeheerstelsel
werk. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 17 DBE/November 2021
NSS
10.8 FIGUUR 10.8 hieronder toon 'n komponent van 'n alternator. Beantwoord
die vrae wat volg.
FIGUUR 10.8
10.8.1 Identifiseer die komponent in FIGUUR 10.8 hierbo. (1)
10.8.2 Wat is die funksie van die komponent wat in FIGUUR 10.8
hierbo getoon word? (2)
10.8.3 Teken TWEE benoemde sketse om die twee tipes windings vir
die komponent in FIGUUR 10.8 te toon. (4)
10.9 Noem DRIE voordele van 'n elektriese brandstofpomp wat op 'n
binnebrandenjin gemonteer is. (3)
[32]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 1 DBE/November 2021
NSS
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2021
NSS
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Eng_hlayiso.com_--6f85aea2-f500-4eae-8618-ea68e8f9f49d/v1-3155419476f812fb07e3/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--55aa4683-5aa0-4b7f-8207-11eb851141fb/v1-e1979553ba0d48131eb8/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--545abfde-8923-4811-aed9-fe51d7f86ad6/v1-c65226d96ad893d29681/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529/v1-1933106d90a6eb5b5f1a/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--b845a3a8-310e-4e8c-b965-8a774cb6e06c/v1-478738c4034281f0c7de/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--8330d2db-753d-4250-9737-3bee5fd94d1b/v1-17367c08e71a54fc2c27/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum