Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE
NOVEMBER 2016
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 


%20Afr_hlayiso.com_--ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360/v1-dc585f964de15535a656/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa/v1-e1518d3426e531dfc0eb/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2016 QP (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 904.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae.
2. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat daarvoor op
die ANTWOORDEBOEK verskaf is.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Beantwoord AL die vrae.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond ALLE antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
8. Kandidate mag nieprogrammeerbare, wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
9. Neem die waarde van gravitasiekrag as 10 m/s-2.
10. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
11. 'n Formuleblad vir jou gebruik is by hierdie vraestel aangeheg.
12. Skryf netjies en leesbaar.
13. Gebruik die riglyne hieronder om jou te help om jou tyd te bestuur.
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
(minute)
1 Meervoudigekeuse-vrae 20 15
2 Veiligheid 10 10
3 Gereedskap en Toerusting 12 10
4 Materiaal 13 10
5 Terminologie 30 20
6 Hegtingsmetodes 25 25
7 Kragte 30 30
8 Instandhouding 15 15
9 Stelsels en Beheer 25 25
10 Turbines 20 20
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
die vraagnommer (1.1–1.20) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die
letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.21 A B C D
1.1 Aan watter veiligheidsmaatreël moet daar ten opsigte van die freesmasjien
voldoen word, volgens die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
(Wet 85 van 1993)?
A Moenie 'n moersleutel op roterende werk gebruik nie.
B Verwyder skerms terwyl materiaal gesny word.
C Maak seker die wiel is bygewerk.
D Gebruik die masjientafel as 'n aambeeld. (1)
1.2 Watter veiligheidsmaatreël is van toepassing op die hidrouliese pers volgens
die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid?
A Moenie die veilige druklimiet oorskry nie.
B Werk teen 'n veilige spoed.
C Smeer die werkstuk voor dit op die pers gemonteer word.
D Gebruik die maksimum druk vir dikker materiaal. (1)
1.3 'n Brinell-toetser word gebruik om 'n materiaal se … te toets.
A trekspanning
B elastisiteit
C hardheid
D brosheid (1)
1.4 Watter EEN van die volgende stellings beskryf die funksie van die
trektoetser?
A Bepaal die lengte van die materiaal
B Verander die lengte van die materiaal
C Bepaal die treksterkte van die materiaal
D Bepaal die trekverhouding van die materiaal (1)
1.5 'n Ferrietstruktuur is …
A sterk en bros.
B sag en rekbaar.
C hard en bros.
D sag en bros. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2016
NSS
1.6 Die laer kritieke temperatuur vir koolstaal is …
A 100 °C.
B 950 °C.
C 720 °C.
D 610 °C. (1)
1.7 Watter freesprosedure word in FIGUUR 1.1 getoon?
FIGUUR 1.1
A Opfreeswerk
B Ratsnywerk
C Klimfreeswerk
D Sentrering van 'n freessnyer (1)
1.8 Wat is die ingeslote hoek van 'n metrieke V-skroefdraad?
A 30°
B 29°
C 60°
D 55° (1)
1.9 Watter EEN van die volgende is 'n algemene oorsaak van poreusheid in
'n sweislas?
A Vuil of nat elektrodes wat tydens boogsweising gebruik word
B Slak wat nie van die eerste sweisoppervlak verwyder word voor 'n
tweede sweislopie nie
C Foutiewe heraansit deur nie weer aan die bokant van die vorige
sweislopie te begin nie
D 'n Sweisstroom wat te laag is (1)
1.10 Wat is die definisie van slakinsluiting as 'n sweisdefek?
A Metaalagtige vaste stowwe wat in die sweismetaal vasgevang is
B Gasporieë wat in die gestolde sweiskraal voorkom
C Nie-metaalagtige vaste stowwe wat in die sweismetaal vasgevang is
D Gesmelte oppervlakonsuiwerhede wat in die sweisoppervlak
vasgevang is (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 5 DBE/November 2016
NSS
1.11 Wat word deur reguitlyn OA in die spanning-vormverandering-grafiek in
FIGUUR 1.2 voorgestel?
D
BC
A
E
Spanning
O Vormverandering
FIGUUR 1.2
A Die verskil tussen die spanning en vormverandering
B Die indirekte eweredigheid tussen die spanning en vormverandering
C Die eweredigheid tussen die spanning en vormverandering
D Die ooreenkoms tussen die spanning en vormverandering (1)
1.12 Wat is die klas van die hefboom wat in FIGUUR 1.3 getoon word?
LAS
MAG
DRAAIPUNT
FIGUUR 1.3
A 1ste klas
B 2de klas
C 3de klas
D 4de klas (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 6 DBE/November 2016
NSS
1.13 Die wet van momente word gedefinieer as 'n stelsel van kragte wat in ewewig
is indien die ...
A koëffisiënt van die kloksgewyse momente om 'n punt gelyk is aan die
koëffisiënt van die antikloksgewyse momente om dieselfde punt.
B verskil van die kloksgewyse momente om 'n punt gelyk is aan die verskil
van die antikloksgewyse momente om dieselfde punt.
C som van die kloksgewyse momente om 'n punt gelyk is aan die som van
die antikloksgewyse momente om dieselfde punt.
D produk van die kloksgewyse momente om 'n punt gelyk is aan die
produk van die antikloksgewyse momente om dieselfde punt. (1)
1.14 Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van 'n kettingaandrywingstelsel?
A Lae koste
B Geen smering nodig nie
C Gladde werking
D Glipvrye aandrywing (1)
1.15 Watter stap om die spanning in 'n ketting van 'n kettingaandrywing te verstel,
word by punt A in FIGUUR 1.4 getoon?
A
FIGUUR 1.4
A Kontroleer die afstand tussen die middelpunte (senters).
B Maak die klampboute los en skroef die verstelbout in of uit.
C Kontroleer die hoeveelheid speling in die ketting.
D Draai die klampboute stywer vas. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 7 DBE/November 2016
NSS
1.16 FIGUUR 1.5 toon 'n ratstel met drie ratte wat inkam. Wat word rat B genoem?
RAT A RAT C
(DRYWER) (GEDREWE)
RAT B
FIGUUR 1.5
A Heliese rat
B Tandstang
C Tussenrat
D Kleinrat (1)
1.17 Wat sal katrol A se rotasiefrekwensie wees indien katrol B teen 1 000 r/min
roteer, soos in FIGUUR 1.6 getoon?
Katrol B
(Drywer)
Ø 25 mm
Katrol A
(Gedrewe)
Ø 50 mm
FIGUUR 1.6
A 1 000 r/min
B 2 000 r/min
C 500 r/min
D 100 r/min (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 8 DBE/November 2016
NSS
1.18 Bepaal die spoedverhouding van die kettingaandrywing van die resiesfiets
wat in FIGUUR 1.7 getoon word.
16 tande
40 tande
FIGUUR 1.7
A 40 : 1
B 1 : 40
C 2,5 : 1
D 1 : 2,5 (1)
1.19 Wat is die funksie van die morssluis ('waste gate') in 'n turbo-aanjaer? Dit stel
oormatige ... vry.
A druk
B vog
C hitte
D olie (1)
1.20 'n Stoomturbine word gebruik om …
A die brandstofverbruik in verhouding met die enjinlewering te verhoog.
B die volumetriese rendement van 'n vierslag-dieselenjin te verhoog.
C 'n generator aan te dryf om elektrisiteit op te wek.
D die atmosferiese druk van 'n enjin te verlaag. (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 9 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 2: VEILIGHEID
2.1 Alle persoonlike en omgewingsveiligheidsreëls is gevolg toe 'n operateur
'n vlakslyper gebruik het. Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet
word terwyl die vlakslyper in werking is. (2)
2.2 Gee TWEE voorbeelde van persoonlike veiligheidstoerusting wat tydens
boogsweising gebruik moet word. (2)
2.3 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word voordat krag
op 'n laertrekker toegepas word. (2)
2.4 Wat is die maksimum veilige afstand tussen die slypwiel en die beitelslee op
'n bankslypmasjien? (1)
2.5 Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
Rockwell-hardheidstoetser gebruik word. (3)
[10]
VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
3.1 Gee TWEE redes waarom 'n buigtoets op 'n dakbalk uitgevoer word. (2)
3.2 Gee TWEE redes vir 'n hoë CO-lesing wanneer 'n gasanalisetoets op
'n motorvoertuig se enjin uitgevoer word. (2)
3.3 Noem TWEE voordele van die MIG/MAGS-sweisproses. (2)
3.4 Noem TWEE toetse wat met 'n multimeter gedoen kan word. (2)
3.5 As gevolg van enjinkragverlies in 'n voertuig voer die werktuigkundige 'n
kompressietoets volgens sekere prosedures uit. Waarom word die
prosedures hieronder gevolg?
3.5.1 Verwyder die hoogspanningsdraad. (1)
3.5.2 Ontkoppel die brandstofinspuitingstelsel. (1)
3.5.3 Maak die versnellerklep heeltemal oop. (1)
3.5.4 Teken die lesings aan. (1)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 10 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 4: MATERIAAL
4.1 Noem TWEE eienskappe van die sementietstruktuur van koolstaal. (2)
4.2 Wat is die doel van dopverharding op 'n nokas? (2)
4.3 Wat is die doel van die tempering van verharde staal? (2)
4.4 Toon, met behulp van 'n netjiese tekening, die volgende elemente op
'n yster-koolstof-ewewigsdiagram:
4.4.1 Koolstofinhoud van 0% tot 1,4% (1)
4.4.2 Temperatuur van 0 °C tot 1 000 °C (1)
4.4.3 AC 1 -lyn (1)
4.4.4 AC 3 -lyn (1)
4.4.5 Oustenietstruktuur (1)
4.4.6 Ferrietstruktuur (1)
4.4.7 Perlietstruktuur (1)
[13]
VRAAG 5: TERMINOLOGIE
5.1 FIGUUR 5.1 toon twee reguittandratte wat inkam.
Rat A Rat B
90 tande 30 tande
SSD = 90 mm
Y
FIGUUR 5.1
Gebruik die inligting hierbo en bereken die:
5.1.1 Module van die klein rat (2)
5.1.2 Buitediameter van die groot rat (2)
5.1.3 SSD van die groot rat (2)
5.1.4 Dedendum van die groot rat (2)
5.1.5 Senterafstand tussen die twee ratte (afstand Y) (3)
5.1.6 Verlangde indeksering vir 'n rat met 33 tande (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 11 DBE/November 2016
NSS
5.2 'n Tapse spy moet gemaak word om op 'n as van 92 mm diameter te pas.
Bereken die volgende:
5.2.1 Die wydte/breedte van die spy (2)
5.2.2 Die lengte van die spy (2)
5.2.3 Die dikte van die spy by die groter punt (2)
5.2.4 Die dikte van die spy by die kleiner punt (4)
5.3 Verduidelik die funksies van die volgende komponente op die verdeelkop wat
op 'n freesmasjien gebruik word:
5.3.1 Indeksplaat (2)
5.3.2 Sektorarms (2)
5.4 Noem TWEE metodes wat op 'n senterdraaibank gebruik kan word om
eksterne V-skroefdrade met 'n eenpunt-skroefdraadsnybeitel te sny. (2)
[30]
VRAAG 6: HEGTINGSMETODES
6.1 Noem TWEE oorsake van ELK van die volgende sweisdefekte:
6.1.1 Insnyding (2)
6.1.2 Samesmeltingsgebrek (2)
6.2 Verduidelik hoe die ultrasoniese toets op 'n sweislas uitgevoer word. (6)
6.3 Noem EEN voordeel van die uitvoer van 'n ultrasoniese toets eerder as 'n
X-straaltoets op 'n sweislas. (1)
6.4 'n X-straaltoets word op 'n sweislas uitgevoer. Hoe word die resultate
waargeneem en aangeteken? (2)
6.5 Verduidelik die doel van die kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas. (2)
6.6 Gee TWEE voorbeelde van beskadigde (destruktiewe) toetse wat op
sweislasse uitgevoer word. (2)
6.7 Noem TWEE gasse wat met MIG/MAGS-sweising gebruik word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 12 DBE/November 2016
NSS
6.8 FIGUUR 6.1 toon die MIG/MAGS-sweisproses. Benoem A–F.
D
C
E
B F
A
FIGUUR 6.1 (6)
[25]
VRAAG 7: KRAGTE
7.1 Vier trekkragte van 100 N, 200 N, 300 N en 185 N trek vanaf dieselfde
aangrypingspunt, soos in FIGUUR 7.1 getoon. Bepaal, deur middel van
berekeninge, die grootte en rigting van die resultant van die stelsel van kragte
in FIGUUR 7.1.
200 N 300 N
110°
45°
185 N
100 N
FIGUUR 7.1 (13)
7.2 'n Las van 40 kN veroorsaak 'n trekspanning van 20 MPa in 'n ronde
geelkoperstaaf. Die oorspronklike lengte van die staaf is 300 mm. Young se
modulus vir geelkoper is 90 GPa.
Bereken die:
7.2.1 Diameter van die staaf (5)
7.2.2 Vormverandering (3)
7.2.3 Verandering in lengte (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 13 DBE/November 2016
NSS
7.3 FIGUUR 7.2 toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale stutte, A en B,
ondersteun word. 'n Eenvormig verspreide krag van 80 N/m word oor die hele
lengte van die balk uitgeoefen. Bepaal, deur middel van berekeninge, die
groottes van die reaksies in stut A en B.
550 N 300 N
80 N/m
2m
5m 3m 2m
A B
FIGUUR 7.2 (6)
[30]
VRAAG 8: INSTANDHOUDING
8.1 Noem DRIE gevolge van 'n gebrek aan roetine-instandhouding. (3)
8.2 Noem TWEE subgroepe van voorkomende instandhouding. (2)
8.3 Definieer die volgende eienskappe van olies:
8.3.1 Vloeipunt (2)
8.3.2 Flitspunt (2)
8.4 Waarom word bande op bandaandrywings gereeld verstel of vervang? (2)
8.5 Waarom word snyvloeistof op die snybeitel gebruik gedurende die
masjineringsprosesse op 'n senterdraaibank? (2)
8.6 Hoe word kettingaandrywings in stand gehou? (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 14 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER
9.1 FIGUUR 9.1 toon 'n bandaandrywingstelsel met 'n 230 mm-dryfkatrol.
Die bandspoed in hierdie stelsel is 36 m.s-1. Die trekkrag in die slap kant
is 140 N en die verhouding tussen die krag in die stywe kant en die krag in
die slap kant is 2,5.
NDR = ? r/min
DDR = 230 mm T2
T1
FIGUUR 9.1
Bereken die:
9.1.1 Rotasiefrekwensie van die dryfkatrol in r/min (4)
9.1.2 Drywing wat in hierdie stelsel oorgedra word (4)
9.2 FIGUUR 9.2 toon 'n rataandrywingstelsel. Dryfrat A op die as van die
elektriese motor het 18 tande wat met rat B met 36 tande op 'n tussenas
inkam. Daar is 'n tweede dryfrat, C, op die tussenas met 16 tande wat met
rat D met 46 tande op 'n tweede tussenas inkam. Die tweede tussenas het
'n derde dryfrat, E, met 40 tande wat rat F met 60 tande op die leweringsas
aandryf.
Elektriese
D E
motor A
18 46 40
Tussenas
B
36 C
16 F
Tussenas
60
Leweringsas
FIGUUR 9.2
Bereken die:
9.2.1 Rotasiefrekwensie van die inset-as op die elektriese motor indien die
leweringsas teen 160 r/min moet roteer (3)
9.2.2 Snelheidsverhouding tussen die inset-as en leweringsas (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 15 DBE/November 2016
NSS
9.3 'n Hidrouliese stelsel word gebruik om 'n draaibank op te hys. Die
spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.3 voorgestel.
Ø 40 mm Ø 75 mm
275 N
Las = ? kg
Suier A
Suier B
FIGUUR 9.3
Bereken die:
9.3.1 Vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is (4)
9.3.2 Las in kilogram wat deur suier B gelig kan word indien 'n krag van
275 N op suier A uitgeoefen word (4)
9.4 Wat is die doel van traksiebeheer in 'n voertuig? (2)
9.5 Lugsakke in 'n voertuig word as 'n passiewe veiligheidseienskap beskryf.
Verduidelik die betekenis van die term passiewe veiligheidseienskap. (2)
[25]
VRAAG 10: TURBINES
10.1 Noem TWEE tipes blasers wat as superaanjaers in 'n motorvoertuig se enjin
gebruik word. (2)
10.2 Noem die hooffunksie van superaanjaers. (2)
10.3 Noem TWEE voordele van 'n superaanjaer wanneer dit met 'n turbo-aanjaer (2)
vergelyk word.
10.4 Hoe word 'n turbo-aanjaer aangedryf? (1)
10.5 Definieer die wegholspoed van 'n waterturbine. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 16 DBE/November 2016
NSS
10.6 Noem die werkbeginsels van ELK van die drie waterturbines wat in
FIGUUR 10.1, 10.2 en 10.3 getoon word.
10.6.1
FIGUUR 10.1 (2)
10.6.2
FIGUUR 10.2 (2)
10.6.3
FIGUUR 10.3 (2)
10.7 'n Gasturbine wat as 'n straler-enjin ('jet engine') gebruik word, word in
FIGUUR 10.4. getoon. Benoem fase A tot D en onderdeel E.
A B C D
E
FIGUUR 10.4 (5)
[20]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 1 DBE/November 2016
NSS
FORMULEBLAD
1. BANDAANDRYWING
1.1 N dr × D dr = N gd × D gd
πDN
1.2 Bandspoed = waar N in r/min is
60
π ( D + t )× N
1.3 Bandspoed = (t = banddikte)
60
1.4 Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid (A = dikte × breedte/wydte)
diameter van gedrewe katrol
1.5 Spoedverhouding =
diameter van dryfkatrol
1.6 Bandlengte (plat band ) = [(D + d ) × 1,57] + 2 × senterafstand
π( D + d ) 2 ( D − d ) 2
1.7 Oopbandlengte = + + 2c
2 4c
π( D + d ) 2 ( D + d ) 2
1.8 Gekruistebandlengte = + + 2c
2 4c
T1
1.9 Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
T2
(T1 − T2 ) π D N
1.10 Drywing (P) = waar N in r/min is
60
T1 = krag in die stywe kant
T2 = krag in die slap kant
T1 − T2 = effektiewe krag (Te )
1.11 Drywing (P) = (T 1 – T 2 ) × V waar V = bandspoed in m/s
2πNT
1.12 Drywing (P) = waar N in r/min is
60
T1
1.13 Wydte/Breedte =
toelaatbare trekkrag
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/November 2016
NSS
2. SPANNING EN VORMVERANDERING
krag F
2.1 Spanning = of (σ = )
oppervlakte A
verandering in lengte (∆L)
2.2 Vormverandering (ɛ) =
oorspronklike lengte (L)
spanning σ
2.3 Young se modulus (E) = of ( )
vormverandering ε
πd 2
2.4 Oppervlakte van 'n ronde staaf = A =
4
2.5 Oppervlakte van 'n pyp = A =
(
π D2 − d 2 )
4
2.6 Oppervlakte van 'n vierkantstaaf = A = L2 of A = L × B
3. HIDROULIKA
krag ( F )
3.1 Druk ( P ) =
oppervlakte ( A )
3.2 Volume = (dwarsdeursnee-oppervlakte) × slaglengte
3.3 Arbeid verrig = krag × afstand
4. SPYE EN SPYGLEUWE
diameter van as
4.1 Wydte/Breedte van spy =
4
diameter van as
4.2 Dikte van spy =
6
4.3 Lengte van spy = 1,5 × diameter van as
4.4 Standaardtaps vir tapse spy = 1 in 100 of 1 : 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/November 2016
NSS
5. HEFBOME
las (W)
5.1 Meganiese voordeel (MA) =
mag (F)
insetbeweging
5.2 Snelheidsverhouding =
uitsetbeweging
5.3 Insetbeweging (IB) = mag × afstand beweeg deur mag
5.4 Uitsetbeweging (UB) = las × afstand beweeg deur las
6. RATAANDRYWING
6.1 N dr × D dr = N gd × D gd
2πNT
6.2 Drywing (P) =
60
produk van die getal tande op gedrewe ratte
6.3 Ratverhouding =
produk van die getal tande op dryfratte
N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte
6.4 =
N uitset produk van die getal tande op dryfratte
6.5 Wringkrag = krag × radius
6.6 Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag
steeksirkeldiameter (SSD)
6.7 Module (m) =
getal tande (T )
6.8 N 1T1 = N 2 T2
steeksirkel (SS) × getal tande (T)
6.9 Steeksirkeldiameter (SSD) =
π
6.10 Steeksirkeldiameter (SSD) = m × T
6.11 Buitediameter (BD) = m(T + 2)
6.12 Buitediameter (BD) = steeksirkeldiameter (SSD) + 2 module
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/November 2016
NSS
6.13 Addendum = module (m)
6.14 Dedendum = 1,157 m of Dedendum = 1,25 m
6.15 Snydiepte = 2,157 m of Snydiepte = 2,25 m
6.16 Vry ruimte = 0,157 m of Vry ruimte = 0,25 m
6.17 Sirkelsteek (SS) = m × π
(SSD) A (SSD) B
6.18 Senterafstand tussen rat A en rat B = +
2 2
7. SKROEFDRADE
7.1 Steekdiameter = buitediameter – ½steek
7.2 Steekomtrek = π × steekdiameter
7.3 Styging = steek × getal beginpunte
7.4 Skroefdraadhoogte = 0,866 × steek
7.5 Skroefdraaddiepte = 0,613 × steek
8. INDEKSERING
8.1 Cincinnati-verdeelkoptabel vir freesmasjien
Cincinnati-indeksplaat
Sy 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43
Sy 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66
40
8.2 Indeksering = (waar n = getal indelings)
n
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2016 Memo (Eng)

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP
%20Afr_hlayiso.com_--ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360/v1-dc585f964de15535a656/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa/v1-e1518d3426e531dfc0eb/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo (Eng)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Memorandum