Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 529.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae.
2. Lees AL die vrae deeglik.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nie-programmeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Neem die waarde van gravitasiekrag as 10 m/s2.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. 'n Formuleblad vir jou gebruik is aan die agterkant van hierdie vraestel
aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou te help om jou tyd te bestuur.
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
(minute)
1 Meervoudigekeuse-vrae 20 15
2 Veiligheid 10 10
3 Gereedskap en Toerusting 12 10
4 Materiale 13 10
5 Terminologie 30 20
6 Hegtingsmetodes 25 25
7 Kragte 30 30
8 Instandhouding 15 15
9 Stelsels en Beheer 25 25
10 Turbines 20 20
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 D.
1.1 Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls is op die instandhouding/
werking van 'n hidrouliese pers van toepassing?
A Moenie 'n moersleutel op roterende werk gebruik nie.
B Skerms kan verwyder word wanneer sagte materiaal gepers word.
C Drukmeters moet gereeld getoets en verstel of vervang word indien
enige foutiewe werking plaasvind.
D Gebruik die masjientafel as 'n aambeeld. (1)
1.2 Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures is op die multimeter van
toepassing?
A Gebruik water om stof om die vonkproparea te verwyder.
B Gebruik slegs gelaaide selle van die korrekte grootte.
C Moenie die voorgeskrewe druk in die silinder oorskry nie.
D Die meter moet deeglik vasgemaak word totdat geen sisgeluide gehoor
kan word nie. (1)
1.3 Petrus gebruik die Brinell-hardheidstoetser om die hardheid van 'n toetsstuk
te bepaal. FIGUUR 1.1 toon die toetsstuk gedurende die toets. Identifiseer
onderdeel X.
F
X
D
FIGUUR 1.1
A Laer
B Diameter van induiking
C Toetsstuk
D Verharde staalbal (1)
1.4 Wat is die funksie van 'n dieptemikrometer?
A Toets die eienskappe van kompressievere
B Bepaal of die enjin se silinders gasse lek
C Meet die steekdiameter van 'n skroefdraad
D Meet die diepte van 'n gat in 'n werkstuk akkuraat (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.5 Watter struktuur van staal word as sag en smeebaar gekenmerk?
A Ferriet
B Perliet
C Sementiet
D Ousteniet (1)
1.6 Watter EEN van die volgende meganiese eienskappe van staal
verteenwoordig weerstand teen slytasie?
A Tempering
B Taaiheid
C Hardheid
D Uitgloeiing (1)
1.7 Bepaal die wydte van 'n parallelle spy indien die diameter van die as
20 mm is:
A 8 mm
B 10 mm
C 9 mm
D 5 mm (1)
1.8 Watter freesmetode word in FIGUUR 1.2 getoon?
FIGUUR 1.2
A Koppelfreeswerk
B Groepfreeswerk
C Opfreeswerk
D Klimfreeswerk (1)
1.9 Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van die MIG/MAGS-
sweisproses?
A Dit gebruik 'n laer stroom.
B Dit kan in enige rigting sweis.
C Maksimum nasweis-skoonmaak word benodig.
D Dit gebruik 'n minimum suurstof. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.10 Watter EEN van die volgende is die oorsaak van 'n poreuse sweisplek?
A Vinnige afkoeling
B Stroom te hoog
C Slak van die vorige sweislopie is nie verwyder nie
D Vuil of nat sweiselektrode (1)
1.11 Watter term beskryf 'n eksterne krag wat op 'n stof uitgeoefen word, die
beste?
A Vervorming
B Spanning
C Young se elastisiteitsmodulus
D Las (1)
1.12 Die grafiek in FIGUUR 1.3, wat die spanning en die vormverandering
vergelyk, word verkry wanneer 'n sagtestaaltoetsstuk aan 'n trektoets
onderwerp word. Wat word deur punt E op die grafiek verteenwoordig?
D
B C
A E
SPANNING
VORMVERANDERING
FIGUUR 1.3
A Eweredigheidsgrens
B Elastisiteitsgrens
C Breekspanning
D Maksimum spanning (1)
1.13 Wat word onder die term Young se elastisiteitsmodulus verstaan?
A Die kragwaarde benodig om 'n area-eenheid in 'n trektoets-toetsstuk
voort te bring
B Die verhouding tussen spanning en vormverandering in 'n metaal, mits
die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie
C 'n Afmeting van die verlenging of krimping van materiaal as gevolg van
die las ervaar
D 'n Verhouding van die vervorming as gevolg van die toepassing van
'n eksterne krag (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.14 Wat is die funksie van die koppelaar in 'n motorvoertuig se aandrywing?
A Om die drywing van die ratkas na die wiele te koppel en te ontkoppel
B Om die drywing van die enjin na die ratkas te koppel en te ontkoppel
C Om die drywing van die ewenaar na die ratkas te koppel en te ontkoppel
D Om die drywing van die enjin na die ewenaar te koppel en te ontkoppel (1)
1.15 Die definisie van die viskositeit van olie hou verband met die mate van die olie
se …
A weerstand teen vloei.
B snelle beweging om te vloei.
C snelle vloeibeweging.
D vinnige beweging om te vloei. (1)
1.16 Watter EEN van die volgende stellings definieer pneumatika?
A Die oordra en beheer van 'n krag met behulp van saamgeperste
vloeistof
B Die oordra en beheer van 'n krag met behulp van nokke
C Die oordra en beheer van 'n krag met behulp van saamgeperste lug
D Die oordra en beheer van 'n krag met behulp van kettings (1)
1.17 Wat sal die snelheidsverhouding van 'n ratstelsel wees indien die gedrewe rat
25 tande het en die dryfrat 100?
A 1:4
B 4:1
C 1 : 25
D 25 : 1 (1)
1.18 Bepaal die bandspoed van 'n bandaandrywingstelsel met 'n dryfkatrol
(100 mm diameter) wat teen 10 omwentelinge per sekonde roteer:
A 3,14 m.s-2
B 3,14 m.s1
C 3,14 m.s-1
D 3,14 m.s2 (1)
1.19 Watter tipe spuitstuk word in 'n impuls-stoomturbine gebruik?
A Uitlaatspuitstuk
B Roterende spuitstuk
C Beweegbare spuitstuk
D Vaste spuitstuk (1)
1.20 Watter tipe kompressor word in 'n turbo-aanjaer gebruik?
A Rattipe
B Sentrifugale tipe
C Wiektipe
D Dubbelskroeftipe (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 2: VEILIGHEID
2.1 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
senterdraaibank aangeskakel is. (2)
2.2 Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
trektoetser gebruik word. (2)
2.3 Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
veerkompressor gebruik word om 'n spiraalveer uit 'n motorvoertuig se
onderstel te verwyder. (2)
2.4 Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
silinderlekkasietoets op 'n binnebrandenjin uitgevoer word. Motiveer jou
antwoord. (4)
[10]
VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
3.1 Jack het 'n kompressietoets op 'n viersilinder-petrolenjin uitgevoer. Hy het
vasgestel dat die enjin lae kompressie het.
3.1.1 Noem TWEE tipes kompressietoetse wat Jack op sy motor se enjin
kan uitvoer. (2)
3.1.2 Gee TWEE redes vir lae kompressie in die enjin. (2)
3.2 Noem die toerusting wat gebruik word om die oliepomp vir funksionaliteit na
te gaan. (1)
3.3 Verduidelik puntsgewys die prosedure wanneer die verkoelingstelsel-
druktoetser gebruik word om die druk in die verkoelingstelsel te toets. (7)
[12]
VRAAG 4: MATERIALE
4.1 Temperatuur beïnvloed die struktuur van staal met betrekking tot yster en
koolstof. Noem TWEE kenmerke van elk van die volgende:
4.1.1 Perliet (2)
4.1.2 Sementiet (2)
4.2 Verduidelik die volgende terme wat in die yster-koolstof-ewewigsdiagram
gebruik word:
4.2.1 Laer kritieke punt (AC 1 ) (2)
4.2.2 Hoër kritieke punt (AC 3 ) (2)
4.3 Watter ELEMENT bepaal die hardheid van staal met verwysing na die yster-
koolstof-ewewigsdiagram? (1)
4.4 Watter STRUKTUUR in staal bepaal die hardheid? (1)
4.5 Watter STRUKTUUR in staal bepaal die rekbaarheid? (1)
4.6 Beskryf die oustenietstruktuur. (2)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 5: TERMINOLOGIE
5.1 Toe 'n gebreekte rat gemeet is, is gevind dat dit 'n buitediameter van 112 mm
het. 'n Vervangingsrat moet vervaardig word om met 'n tandstang met 'n
reguitlynsteek van 12,567 mm in te kam. (Wenk: sirkelsteek = reguitlynsteek)
Bereken:
5.1.1 Die module (rond tot 'n heelgetal af) (3)
5.1.2 Die steeksirkeldiameter (3)
5.1.3 Die snydiepte (2)
5.1.4 Die addendum (1)
5.1.5 Die dedendum (2)
5.1.6 Die vryruimte (2)
5.1.7 Die getal tande (3)
5.2 Bereken die indeksering benodig vir die getal tande van die rat in
VRAAG 5.1.7. (4)
5.3 Verduidelik stapsgewys die prosedure om 'n eksterne metrieke V-skroefdraad
met 'n 2 mm-steek op 'n senterdraaibank te sny deur die saamgesteldeslee-
metode te gebruik. (10)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 6: HEGTINGSMETODES
6.1 FIGUUR 6.1 toon sweistoerustingkomponente. Beantwoord die vrae wat volg.
C D
B
A E
F
G
FIGUUR 6.1
6.1.1 Identifiseer die tipe toerusting wat in FIGUUR 6.1 getoon word. (1)
6.1.2 Benoem komponente A–G. (7)
6.1.3 Wat is die doel van die gas gedurende die sweisproses? (2)
6.2 Noem TWEE oorsake van elk van die volgende sweisdefekte:
6.2.1 Slakinsluiting (2)
6.2.2 Insnyding (2)
6.3 Noem TWEE maatreëls om die volgende sweisdefekte te voorkom:
6.3.1 Gebrekkige smelting (2)
6.3.2 Sweiskraters (2)
6.4 Verduidelik hoe jy 'n kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas sal uitvoer. (7)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 7: KRAGTE
7.1 'n Stelsel van kragte word in FIGUUR 7.1 getoon. Bepaal, deur middel van
berekeninge, die grootte en rigting van die resultant vir die stelsel van kragte
in FIGUUR 7.1.
2,1 kN
1,5 kN
4,7 kN
130°
3,1 kN
FIGUUR 7.1
7.1.1 Bereken die resultant van die horisontale komponente. (4)
7.1.2 Bereken die resultant van die vertikale komponente. (4)
7.1.3 Bereken die grootte van die ewewigskrag. (4)
7.1.4 Bereken die ewewigshoek met verwysing na die horisontale vlak. (3)
7.2 'n M16-bout word gebruik in die koppeling in FIGUUR 7.2. getoon. 'n Las van
600 kg hang aan die koppeling. Bereken die spanning in die boutmateriaal.
600 kg
FIGUUR 7.2 (6)
7.3 Definieer Pascal as die eenheid vir spanning in 'n materiaal. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
7.4 FIGUUR 7.3 toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale steunpunte,
A en B ondersteun word. Twee vertikale puntlaste, 1 400 N en 1 600 N, word
op die balk uitgeoefen, asook 'n eenvormig verspreide krag van 350 N/m oor
die totale lengte van die balk. Bepaal, deur middel van berekeninge, die
grootte van die reaksies in stut A en B.
1 400 N 1 600 N
350 N/m
0,7 m 3,5 m 2,5 m
A B
FIGUUR 7.3 (6)
[30]
VRAAG 8: INSTANDHOUDING
8.1 Noem TWEE gevolge van die versuim van roetine-instandhouding op
bandaandrywingstelsels. (2)
8.2 Gee TWEE redes waarom die viskositeit van 'n snyvloeistof laag moet wees. (2)
8.3 Definieer die term flitspunt van 'n smeermiddel. (2)
8.4 Waarvoor staan die afkorting API? (2)
8.5 Noem TWEE funksies van 'n outomatiese transmissievloeistof. (2)
8.6 Verduidelik die prosedure om 'n band op 'n V-bandaandrywingstelsel van 'n
staanboor te vervang. (5)
[15]
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER
9.1 'n Dryfrat op die as van 'n elektriese motor het 30 tande en kam in met 'n
rat op 'n tussenas wat 80 tande het. Daar is 'n dryfrat met 40 tande op die
tussenas wat inkam met die finale gedrewe rat wat 63 tande het en teen
2 r.s-1 roteer. Teken 'n diagrammatiese voorstelling van die ratstelsel om jou
met die berekeninge hieronder te help.
Bepaal, deur middel van berekeninge:
9.1.1 Die rotasiefrekwensie van die elektriese motor (5)
9.1.2 Die spoedverhouding van die ratreeks (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
9.2 'n Katrol met 'n diameter van 800 mm is op 'n as van 'n wasmasjien
gemonteer. Die wasmasjien word aangedryf deur 'n katrol met 'n diameter
van 600 mm wat teen 'n spoed van 7,2 r.s-1 roteer. Die trekkrag in die stywe
kant van die band is 300 N. Die verhouding tussen die trekkrag in die stywe
kant en die trekkrag in die slap kant is 2,5 : 1. (Banddikte kan geïgnoreer
word.)
Bepaal, deur middel van berekeninge:
9.2.1 Die rotasiefrekwensie van die katrol op die wasmasjien (3)
9.2.2 Die drywing wat oorgedra kan word (3)
9.3 Hoe kan die volume van 'n sekere massa gas verander word? (2)
9.4 Definieer Boyle se wet met verwysing na gasse. (3)
9.5 'n Hidrouliese stelsel word gebruik om afvalmetaal vir herwinning saam te
pers. Die spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.1
voorgestel.
FIGUUR 9.1
Bepaal, deur middel van berekeninge:
9.5.1 Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is (3)
9.5.2 Die diameter van suier B (4)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 10: TURBINES
10.1 Wat is die doel van die lemme op die waterturbine? (2)
10.2 Noem TWEE tipes waterturbines wat vir tru-vloei gebruik kan word en ook
as 'n pomp kan werk om 'n hoogliggende opgaardam gedurende buite-
spitstyd elektriese ure vol te maak. (2)
10.3 Noem TWEE tipes aanjaers ('superchargers') wat op motorvoertuigenjins
gebruik word om werkverrigting te verbeter. (2)
10.4 Verduidelik die werking van die turbo-aanjaer. (5)
10.5 Noem TWEE voordele van 'n aanjaer ('supercharger') in vergelyking met 'n
turbo-aanjaer. (2)
10.6 Verduidelik die term turbovertraging/sloering ('turbo lag'). (3)
10.7 Noem TWEE maniere waarop 'n aanjaer aangedryf kan word. (2)
10.8 Noem TWEE nadele van gasturbines. (2)
[20]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 1 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
FORMULEBLAD
1. BANDAANDRYWING
πDN
1.1 Bandspoed = waar N in r/min is
60
π ( D + t )× N
1.2 Bandspoed = (t = banddikte)
60
1.3 Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid (A = dikte × breedte/wydte)
diameter van gedrewe katrol
1.4 Spoedverhouding =
diameter van dryfkatrol
1.5 N 1 D1 = N 2 D 2
π( D + d ) ( D − d ) 2
1.6 Oopbandlengte = + + 2c
2 4c
π( D + d ) ( D + d )2
1.7 Gekruisdebandlengte = + + 2c
2 4c
T1
1.8 Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
T2
(T1 − T2 ) π D N
1.9 Drywing (P) = waar N in r/min is
60
T1 = krag in die stywe kant
T2 = krag in die slap kant
T1 − T2 = effektiewe krag (Te )
1.10 Drywing (P) = (T1 − T2 ) × V waar V = bandspoed in m/s
2πNT
1.11 Drywing ( P ) = waar N in r/min is
60
T1
1.12 Wydte/Breedte =
toelaatbare trekkrag
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2. SPANNING EN VORMVERANDERING
krag F
2.1 Spanning = of (σ = )
oppervlakte A
verandering in lengte ( ΔL )
2.2 Vormverandering ( ε ) =
oorspronklike lengte ( L )
spanning σ
2.3 Young se mod ulus ( E ) = of ( )
vormverandering ε
πd 2
2.4 Oppervlakte van 'n ronde staaf A=
4
2.5 Oppervlakte van 'n pyp A=
(
π D2 − d2 )
4
3. HIDROULIKA
krag ( F )
3.1 Druk ( P ) =
oppervlakte ( A )
3.2 Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte
3.3 Arbeid verrig = krag × afstand
4. SPYE
diameter van as
4.1 Wydte/Breedte van spy =
4
diameter van as
4.2 Dikte van spy =
6
4.3 Lengte van spy = 1,5 × diameter van as
4.4 Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100
5. HEFBOME
las (W)
5.1 Meganiese voordeel (MA) =
mag (F)
insetbeweging
5.2 Snelheidsverhouding =
uitsetbeweging
5.3 Insetbeweging (IB) = mag × afstand beweeg deur mag
5.4 Uitsetbeweging (UB) = las × afstand beweeg deur las
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
6. RATAANDRYWING
2πNT
6.1 Drywing ( P ) =
60
produk van die getal tande op gedrewe ratte
6.2 Ratverhouding =
produk van die getal tande op dryfratte
N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte
6.3 =
N uitset produk van die getal tande op dryfratte
6.4 Wringkrag = krag × radius
6.5 Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag
steeksirkeldiameter (SSD)
6.6 Module (m) =
getal tande (T)
6.7 N 1T1 = N 2 T2
steeksirkel (SS) × getal tande (T)
6.8 Steeksirkeldiameter (SSD) =
π
6.9 Buitediameter (BD) = steeksirkeldiameter (SSD) + 2 module
6.10 Addendum = module (m)
6.11 Dedendum = 1,157 m of Dedendum = 1,25 m
6.12 Snydiepte = 2,157 m of Snydiepte = 2,25 m
6.13 Vry ruimte = 0,157 m of Vry ruimte = 0,25 m
6.14 Sirkelsteek (SS) = m × π
7. SKROEFDRADE
7.1 Steekdiameter = buitediameter − ½ steek
7.2 Steekomtrek = π × steekdiameter
7.3 Styging = steek × getal beginpunte
7.4 Skroefdraadhoogte = 0,866 × steek
7.5 Skroefdraaddiepte = 0,613 × steek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
8. INDEKSERING
8.1 Cincinnati-verdeelkoptabel vir freesmasjien
Gatsirkels
Sy 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43
Sy 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66
40
8.2 Indeksering = (waar n = getal indelings)
n
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2016 Memo

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum