Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
%20MG%20Afr--4d73394c-65e2-45a0-8c73-ff031ad7876d/v1-f8505fa62d4e84b305b7/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7d638feb-7218-4b3c-9f4c-ce95803d6e4f/v1-e8a08d94a30d7d50ccd0/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--50e6656e-8501-472e-91a3-2266ca02468e/v1-e46de5ee84c6eb3e8e36/card.webp)

%20QP%20SEPT%202018_Eng%20D_hlayiso.com_--83d208e4-1aa5-489e-a101-c36d34d667bf/v1-102b0bf9563a875110b8/card.webp)
%20GR12%20QP%20SEPT2018_Afr%20D_hlayiso.com_--96fd3005-cc60-42f8-b858-b415738175ed/v1-fb5db9082c2e74933545/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)


Mechanical Technology Feb March 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Pages
- 17
- File size
- 524.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae.
2. Lees AL die vrae aandagtig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond ALLE antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare, wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Neem die waarde van gravitasiekrag as 10 m/s-2.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. 'n Formuleblad vir jou gebruik is by hierdie vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
12. Gebruik die riglyne hieronder om jou te help om jou tyd te bestuur.
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
(minute)
1 Meervoudigekeuse-vrae 20 15
2 Veiligheid 10 10
3 Gereedskap en Toerusting 12 10
4 Materiaal 13 10
5 Terminologie 30 20
6 Hegtingsmetodes 25 25
7 Kragte 30 30
8 Instandhouding 15 15
9 Stelsels en Beheer 25 25
10 Turbines 20 20
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 D.
1.1 FIGUUR 1.1 toon een van die stappe om laers te verwyder en te vervang.
Watter veiligheidprosedure word in FIGUUR 1.1 getoon?
FIGUUR 1.1
A Verwydering van die stamper ('dolly') deur dit met 'n hamer te tik.
B Verwyder die omkrullings/baard van die as om skade aan die stamper
('dolly') te voorkom.
C Plaas die stamper ('dolly') teen die laerbinnering en tik dit met 'n
hamer.
D Maak die sluitmoer effens los deur dit liggies met 'n hamer te tik. (1)
1.2 Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures is van toepassing op
die instandhouding van 'n hidrouliese pers?
A Moenie 'n moersleutel op 'n roterende onderdeel gebruik nie.
B Skerms kan verwyder word wanneer sagte materiaal gepers word.
C Drukmeters moet gereeld getoets word en verstel of vervang word
indien enige foutiewe werking voorkom.
D Gebruik die masjientafel as 'n aambeeld. (1)
1.3 Die funksie van 'n klepveertoetser is om die klepveer vir ... en haaksheid
voor passing te toets.
A verdraaiing
B spanning
C afskuiwing
D defleksie (1)
1.4 Wat is die funksie van 'n dieptemikrometer?
A Meet die buitediameter van 'n werkstuk akkuraat
B Meet die binnediameter van 'n gat in 'n werkstuk akkuraat
C Meet die steekdiameter van 'n skroefdraad akkuraat
D Meet die diepte van 'n gat in 'n werkstuk akkuraat (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.5 Watter struktuur van staal word as geweldig hard en bros gekenmerk?
A Ferriet
B Perliet
C Sementiet
D Austeniet/Ousteniet (1)
1.6 Watter EEN van die volgende meganiese eienskappe van staal
verteenwoordig weerstand teen skokbelasting?
A Brosheid
B Taaiheid
C Hardheid
D Elastisiteit (1)
1.7 Wat is die grootte van die ingeslote hoek van 'n metrieke
V-skroefdraad?
A 60°
B 45°
C 55°
D 29° (1)
1.8 Wat is 'n nadeel van klimfreeswerk?
A Die snyer raak vinnig stomp wanneer dit op materiaal met
oppervlakskalie daarop gebruik word.
B Dit kan deur dun pype en buise sny.
C 'n Beter afwerking word verkry
D Die verkoelmiddel word na die tande afgevoer waar dit nodig is. (1)
1.9 Watter EEN van die volgende toetse gebruik klankgolwe om die toetsstuk
binne te dring?
A Ultrasoniese toets
B X-straaltoets
C Kleurstofdeurdringingstoets
D Kerfbreektoets (1)
1.10 Watter EEN van die volgende is die oorsaak van insnyding gedurende die
sweisproses?
A Vinnige afkoeling
B Stroom te hoog
C Slak van die vorige sweislopie is nie verwyder nie
D Vuil of nat sweiselektrode (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.11 Watter EEN van die volgende stellings definieer vormverandering in
materiaal? Vormverandering is die verhouding tussen die ...
A verandering in lengte en die oorspronklike lengte.
B verandering in diameter en die oorspronklike lengte.
C totale lengte en die oorspronklike lengte.
D verandering in spanning en die oorspronklike spanning. (1)
1.12 Verwys na FIGUUR 1.12 hieronder. Watter tipe spanning, deur krag F
veroorsaak, sal in die bout van die koppeling voorkom?
F
F
FIGUUR 1.12
A Trekspanning
B Drukspanning
C Skuifspanning
D Kompressiespanning (1)
1.13 Wat is die eenheid vir momente?
A N/m
B N.m
C N.m2
D N.m-2 (1)
1.14 Wat word onder die term viskositeit ten opsigte van vloeistowwe verstaan?
Dit is die weerstand teen ...
A vloei.
B kook.
C verkoeling.
D skuiming. (1)
1.15 Waar sal jy EP 90-olie gebruik?
A Enjins
B Kragstuur
C Remme
D Ratkaste (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.16 FIGUUR 1.16 hieronder verteenwoordig 'n hidrouliese stelsel. Wat is die
vergelyking tussen die vloeistofdruk by suier A en die vloeistofdruk by
suier B?
A B
FIGUUR 1.16
A Die druk by suier A is dieselfde as die druk by suier B.
B Die druk by suier A is hoër as die druk by suier B.
C Die druk by suier A is laer as die druk by suier B.
D Die druk by suier A is dubbel die druk by suier B. (1)
1.17 Watter EEN van die volgende stellings definieer Boyle se wet?
A 'n Ideale gaswet waar, teen konstante druk, die volume van 'n ideale
gas omgekeerd eweredig aan sy absolute temperatuur is.
B 'n Ideale gaswet waar, teen konstante volume, die temperatuur van 'n
ideale gas omgekeerd eweredig aan sy absolute druk is.
C 'n Ideale gaswet waar, teen konstante temperatuur, die volume van 'n
ideale gas omgekeerd eweredig aan sy absolute druk is.
D 'n Ideale gaswet waar, teen konstante temperatuur, die volume van 'n
ideale gas direk eweredig aan sy absolute druk is. (1)
1.18 Wat sal die snelheidsverhouding van 'n bandaandrywingstelsel wees indien
die gedrewe katrol teen 1 000 r/min en die dryfkatrol teen 100 r/min roteer?
A 1 : 10
B 10 : 1
C 1 : 100
D 100 : 1 (1)
1.19 'n Stoomturbine word gebruik om …
A die brandstofverbruik in verhouding tot die enjinlewering te verhoog.
B 'n generator aan te dryf om elektrisiteit op te wek.
C die volumetriese doeltreffendheid van 'n enjin te verhoog.
D die atmosferiese druk van 'n enjin te verhoog. (1)
1.20 Die voordeel van 'n turbo-aanjaer in vergelyking met 'n superaanjaer is dat
dit ... gebruik om dit aan te dryf.
A uitlaatgasse
B die krag van die enjin
C 'n band
D 'n brandstof/lugmengsel (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 2: VEILIGHEID
2.1 Wanneer 'n silinderkop van die enjin van 'n voertuig aanmekaargesit word,
moet die klepvere eers voor montering getoets word. Noem TWEE
veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met die veertoetser
werk. (2)
2.2 Waarom is dit belangrik om 'n boogsweishelm tydens boogsweising te dra? (1)
2.3 Waarom is dit belangrik om die koperelektrodes van 'n puntsweiser tydens
werking koel te hou? (1)
2.4 Noem EEN spesifieke veiligheidsmaatreël wanneer ELK van die volgende
toetstoerustingitems gebruik word:
2.4.1 Brinell-hardheidstoetser (1)
2.4.2 Trektoetser (1)
2.4.3 Wringtoetser (1)
2.5 Teen watter hoek met die laer moet die laertrekker gebruik word? (1)
2.6 Die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing wanneer 'n
silinderlekkasietoetser gebruik word. Gee EEN rede waarom jy die volgende
veiligheidsmaatreëls moet nakom:
2.6.1 Moenie die voorgeskrewe druk in die silinder oorskry nie. (1)
2.6.2 Die toetser moet behoorlik in die vonkpropgat of inspuitergat
gepas word. (1)
[10]
VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
3.1 Gereedskap en toerusting is baie belangrik om verskillende take in die
werkplek te voltooi. Verduidelik die funksie van ELK van die volgende
toetstoerustings:
3.1.1 Silinderkompressietoetser (2)
3.1.2 Brandstofdruktoetser (2)
3.1.3 Wringtoetser (2)
3.2 Die gas-analisator word gebruik om die CO- en CO2-lesings van die
uitlaatgasse van 'n binnebrandenjin te bepaal. Gee TWEE redes vir 'n hoë
CO2-lesing. (2)
3.3 Die meeste sweismaatskappye gebruik MIG/MAGS-sweistoerusting vir hul
sweiswerk.
3.3.1 Gee TWEE redes vir die gebruik van afskermingsgas tydens
MIG/MAGS-sweising. (2)
3.3.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van MIG/MAGS-sweising
eerder as boogsweising. (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4: MATERIAAL
4.1 Temperatuur beïnvloed die struktuur van staal met betrekking tot die yster-
koolstofinhoud. Noem TWEE kenmerke van ELK van die volgende:
4.1.1 Austeniet/Ousteniet (2)
4.1.2 Ferriet (2)
4.2 Verduidelik wat by die volgende kritieke punte in die yster-koolstof-
ewewigsdiagram gebeur:
4.2.1 Laer kritieke punt (AC1) (2)
4.2.2 Hoër kritieke punt (AC3) (2)
4.3 Gee TWEE redes vir die verbetering van die eienskappe van die materiaal
wat vir 'n krukas gebruik word. (2)
4.4 Gee TWEE redes vir die tempering van 'n nokas. (2)
4.5 Watter hittebehandelingproses word op suierringe gebruik? (1)
[13]
VRAAG 5: TERMINOLOGIE
5.1 'n Parallellspy moet gemasjineer word om op 'n as van 120 mm diameter te
pas. Bereken die volgende:
5.1.1 Die wydte/breedte van die spy (2)
5.1.2 Die dikte van die spy (2)
5.1.3 Die lengte van die spy (2)
5.2 'n Reguittandrat met 124 tande moet op 'n universele freesmasjien gesny
word. Bereken die eenvoudige indeksering nodig om hierdie rat met behulp
van 'n Cincinnati-verdeelkop te sny. (3)
5.3 Die steek van 'n metrieke V-skroefdraad is 3 mm. Bereken die hoogte van
die draad. (2)
5.4 'n Reguittandrat het 48 tande en 'n module van 3. Bereken die volgende:
5.4.1 Addendum (1)
5.4.2 Dedendum (2)
5.4.3 Vry ruimte (2)
5.4.4 Steeksirkeldiameter (2)
5.4.5 Buitediameter (2)
5.4.6 Snydiepte (2)
5.4.7 Sirkelsteek (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
5.5 'n Metrieke V-skroefdraad moet op 'n senterdraaibank gesny word deur die
saamgestelde beitelslee teen die helfte van die ingeslote hoek van die draad
te stel. Die werkstuk is volgens die vereiste diameter gesny en volgens die
nodige vereistes voorberei. Noem die vereiste verstellings aan die draaibank
en snybeitel om die skroefdraad te kan sny. (6)
[30]
VRAAG 6: HEGTINGSMETODES
6.1 Noem TWEE oorsake van ELK van die volgende sweisdefekte:
6.1.1 Slakinsluiting (2)
6.1.2 Onvolledige indringing (2)
6.2 Noem TWEE oorsake van atmosferiese besoedeling tydens
MIG/MAGS-sweising. (2)
6.3 Verduidelik die prosedure om 'n kerfbreektoets op 'n sweislas uit te voer. (5)
6.4 Gee EEN rede vir die uitvoer van die volgende destruktiewe toetse:
6.4.1 Vrybuigtoets (2)
6.4.2 Masjineerbaarheidstoets (2)
6.5 Gee EEN rede vir die uitvoer van 'n X-straaltoets op 'n sweislas. (2)
6.6 Definieer die term sweiskrater. (2)
6.7 Bestudeer FIGUUR 6.7 hieronder.
FIGUUR 6.7
6.7.1 Identifiseer die sweisproses in FIGUUR 6.7. (1)
6.7.2 Benoem onderdeel A–E in FIGUUR 6.7. (5)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 7: KRAGTE
7.1 Vier kragte werk op dieselfde punt in. Bepaal, deur middel van berekeninge,
die grootte en rigting van die resultante krag vir die stelsel van kragte in
FIGUUR 7.1 hieronder.
FIGUUR 7.1 (13)
7.2 'n Drukkrag van 20 kN word op 'n sagtestaalbus toegepas. Die
buitediameter is 56 mm en die binnediameter is 38 mm. Die oorspronklike
lengte van die bus was 50 mm.
Bereken:
7.2.1 Die weerstandsoppervlakte van die bus (2)
7.2.2 Die spanning in die materiaal (3)
7.2.3 Die vormverandering indien die finale lengte van die bus
49,975 mm is (3)
7.2.4 Young se elastisiteitsmodulus vir die materiaal. (3)
7.3 FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n eenvormige balk, wat 6 m lank is, wat deur
twee vertikale stutte, A en B, ondersteun word. 'n Eenvormig verspreide
krag van 100 N/m word op die linkerhelfte van die balk tussen twee
puntbelastings van 600 N en 850 N uitgeoefen. Bepaal, deur middel van
berekeninge, die groottes van die reaksies in stut A en B.
600 N 850 N
100 N/m
3m 3m
A B
FIGUUR 7.3 (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 8: INSTANDHOUDING
8.1 Wat is die rede vir die gebruik van SAE20W50-viskositeitsolie of ander
multigraadolie in 'n binnebrandenjin? (2)
8.2 Noem TWEE prosedures om V-bandaandrywingstelsels in stand te hou. (2)
8.3 Definieer die term flitspunt van 'n smeermiddel. (3)
8.4 Noem TWEE aspekte om in gedagte te hou wanneer snyvloeistof vir gebruik
op 'n draaibank hanteer word. (2)
8.5 Noem TWEE funksies van die koppelaarplaat. (2)
8.6 Gee TWEE redes vir die vlakslyp ('skim') van die vliegwiel voordat 'n nuwe
koppelaar geïnstalleer word. (2)
8.7 Gee TWEE eienskappe van ghries. (2)
[15]
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER
9.1 FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel. Dryfrat A op die as van
'n elektriese motor het 20 tande wat inkam met rat B met 36 tande op
'n tussenas. Op die tussenas is nog 'n dryfrat, C, met 18 tande wat met rat D
met 46 tande inkam. Die tweede tussenas het dryfrat E met 42 tande, wat
rat F met 80 tande op die uitsetas aandryf.
Elektriese
D E
motor A
20 46 42
Tussenas
B
36 C
18 F
Tussenas
80 Uitsetas
FIGUUR 9.1
Bereken die:
9.1.1 Rotasiefrekwensie van die insetas op die elektriese motor indien
die uitsetas teen 160 r/min roteer (3)
9.1.2 Snelheidsverhouding tussen die inset- en uitsetas (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
9.2 FIGUUR 9.2 hieronder toon 'n bandaandrywingstelsel. Die katrol, met 'n
diameter van 0,24 m, dryf 'n gedrewe katrol met 'n diameter van 0,36 m aan.
Die gedrewe katrol roteer teen 733,33 r/min. T1 = 360 N en T2 = 90 N.
NGD= 733,33 r/min NDR= ? r/min
DGD = 0,36 m T2 DDR = 0,24 m
T1
FIGUUR 9.2
Bereken die:
9.2.1 Rotasiefrekwensie van die dryfkatrol in r/min (revolusies per
minuut) (3)
9.2.2 Drywing oorgedra (2)
9.2.3 Bandspoed van die stelsel in m.s-1 (meter per sekonde) (2)
9.3 'n Hidrouliese stelsel word gebruik om 'n masjien op te hys. Die
spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.3 hieronder
voorgestel.
Ø 40 mm
Ø ? mm
275 N
Las= 5,56 kN
Suier A
Suier B
FIGUUR 9.3
Bereken die:
9.3.1 Vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is (5)
9.3.2 Diameter van suier B om 'n las van 5,56 kN te lig (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
9.4 Wat is die doel van die sluitweerremstelsel ('ABS') in 'n motorvoertuig? (2)
9.5 Waarvoor staan die afkorting EBE ('ECU') ten opsigte van motorvoertuie? (1)
9.6 Noem EEN voordeel van 'n traksiebeheerstelsel in 'n motorvoertuig. (1)
[25]
VRAAG 10: TURBINES
10.1 Noem TWEE tipes reaksieturbines. (2)
10.2 Verduidelik die term aanjaagdruk ('boost') ten opsigte van superaanjaers. (2)
10.3 Noem TWEE tipes blasers wat as superaanjaers op 'n motorvoertuig se enjin
gebruik word. (2)
10.4 'n Gasturbine wat as 'n stralerenjin ('jet engine') gebruik word, word in
FIGUUR 10.4 hieronder getoon. Benoem A–F.
A B C D
F
E
FIGUUR 10.4 (6)
10.5 Noem TWEE toepassings van 'n gasturbine. (2)
10.6 Noem TWEE voordele van 'n gasturbine. (2)
10.7 Wat is die doel van die morssluis ('waste gate') in 'n turbo-aanjaer? (2)
10.8 Waarom word 'n enjin met 'n turbo-aanjaer met 'n oliekoeler toegerus? (2)
[20]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 1 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
FORMULEBLAD
1. BANDAANDRYWING
1.1 N dr D dr N gd D gd
DN
1.2 Bandspoed waar N in r/min is
60
π ( D t ) N
1.3 Bandspoed (t banddikte)
60
1.4 Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid (A = dikte × breedte/wydte)
diameter van gedrewe katrol
1.5 Spoedverhouding
diameter van dryfkatrol
1.6 Bandlengte plat band D d 1,57 2 senterafstand
π( D d ) 2 ( D d ) 2
1.7 Oopbandlengte 2c
2 4c
π( D d ) 2 ( D d ) 2
1.8 Gekruistebandlengte 2c
2 4c
T1
1.9 Verhouding tussen stywekant en slap kant
T2
(T1 T2 ) π D N
1.10 Drywing (P) waar N in r/min is
60
T1 krag in die stywe kant
T2 krag in die slap kant
T1 T2 effektiewe krag (Te )
1.11 Drywing (P) = (T1 – T2) × V waar V = bandspoed in m/s
2πNT
1.12 Drywing (P) waar N in r/min is
60
T1
1.13 Wydte/Breedte =
toelaatbare trekkrag
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
2. SPANNING EN VORMVERANDERING
krag F
2.1 Spanning of (σ )
oppervlakte A
veranderin g in lengte (L)
2.2 Vormverandering (ɛ) =
oorspronklike lengte (L)
spanning
2.3 Young se modulus (E) = of ( )
vormverandering
πd 2
2.4 Oppervlakte van 'n ronde staaf A
4
πD 2 d 2
2.5 Oppervlakte van 'n pyp = A
4
2.6 Oppervlakte van 'n vierkantstaaf = A L2 of A L B
3. HIDROULIKA
krag ( F )
3.1 Druk ( P )
oppervlakte ( A )
3.2 Volume = (dwarsdeursnee-oppervlakte) × slaglengte
3.3 Arbeid verrig = krag × afstand
4. SPYE EN SPYGLEUWE
diameter van as
4.1 Wydte/Breedte van spy =
4
diameter van as
4.2 Dikte van spy =
6
4.3 Lengte van spy = 1,5 × diameter van as
4.4 Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
5. HEFBOME
las (W)
5.1 Meganiese voordeel (MA)
mag (F)
insetbeweging
5.2 Snelheidsverhouding =
uitsetbeweging
5.3 Insetbeweging (IB) = mag × afstand deur mag beweeg
5.4 Uitsetbeweging (UB) = las × afstand deur las beweeg
6. RATAANDRYWING
6.1 N dr D dr N gd D gd
2NT
6.2 Drywing (P)
60
produk van die getal tande op gedrewe ratte
6.3 Ratverhouding =
produk van die getal tande op dryfratte
N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte
6.4
N uitset produk van die getal tande op dryfratte
6.5 Wringkrag = krag × radius
6.6 Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag
steeksirkeldiameter (SSD)
6.7 Module (m)
getal tande (T)
6.8 N1T1 N 2 T2
steeksirkel (SS) getal tande (T)
6.9 Steeksirke ldiameter (SSD)
6.10 Steeksirkeldiameter (SSD) = m × T
6.11 Buitediameter (BD) = m(T + 2)
6.12 Buitediameter (BD) = steeksirkeldiameter (SSD) + 2 module
6.13 Addendum = module (m)
6.14 Dedendum = 1,157 m of Dedendum = 1,25 m
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
6.15 Snydiepte = 2,157 m of Snydiepte = 2,25 m
6.16 Vry ruimte = 0,157 m of Vry ruimte = 0,25 m
6.17 Sirkelsteek (SS) = m ×
(SSD) A (SSD) B
6.18 Senterafstand tussen rat A en rat B
2 2
7. SKROEFDRADE
7.1 Steekdiameter = buitediameter – ½steek
7.2 Steekomtrek = × steekdiameter
7.3 Styging = steek × getal beginpunte
7.4 Skroefdraadhoogte = 0,866 × steek
7.5 Skroefdraaddiepte = 0,613 × steek
8. INDEKSERING
8.1 Cincinnati-verdeelkoptabel vir freesmasjien
Cincinnati Indeksplate
Sy 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43
Sy 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66
40
8.2 Indeksering (waar n = getal indelings)
n
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
MECH TECH GR12 QP SEPT2024 (Welding & Metalwork)_English_hlayiso.com_.pdf
%20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Automotive) Eng.pdf
%20MG%20Afr--4d73394c-65e2-45a0-8c73-ff031ad7876d/v1-f8505fa62d4e84b305b7/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Welding & Metal Work) MG Afr.pdf
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng.pdf
%20Afr_hlayiso.com_--7d638feb-7218-4b3c-9f4c-ce95803d6e4f/v1-e8a08d94a30d7d50ccd0/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) Afr_hlayiso.com_.pdf
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--50e6656e-8501-472e-91a3-2266ca02468e/v1-e46de5ee84c6eb3e8e36/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Mechanical Technology Feb March 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Mechanical Technology Feb March 2018 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Mechanical Technology Feb March 2018 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
%20QP%20SEPT%202018_Eng%20D_hlayiso.com_--83d208e4-1aa5-489e-a101-c36d34d667bf/v1-102b0bf9563a875110b8/card.webp)
Question paper
MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018_Eng D_hlayiso.com_.pdf
%20GR12%20QP%20SEPT2018_Afr%20D_hlayiso.com_--96fd3005-cc60-42f8-b858-b415738175ed/v1-fb5db9082c2e74933545/card.webp)
Question paper
MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018_Afr D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018_Eng D_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Mechanical Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023-24.pdf
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork)_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
MECH TECH MEMO GR12 SEPT_Fitting_English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023_Welding_English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2023_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum