Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK
NOVEMBER 2018
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 1 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
%20MG%20Afr--4d73394c-65e2-45a0-8c73-ff031ad7876d/v1-f8505fa62d4e84b305b7/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--7d638feb-7218-4b3c-9f4c-ce95803d6e4f/v1-e8a08d94a30d7d50ccd0/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--50e6656e-8501-472e-91a3-2266ca02468e/v1-e46de5ee84c6eb3e8e36/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--578c96a1-0a1e-4ea4-9237-a60a84bd962e/v1-1b4a308198b7a1197962/card.webp)
%20FINAL%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--8fd509f9-c09f-4420-ab1a-3185bd4f5b41/v1-d5f687b60d8f2ac2be5b/card.webp)
%20QP%20SEPT%202018_Eng%20D_hlayiso.com_--83d208e4-1aa5-489e-a101-c36d34d667bf/v1-102b0bf9563a875110b8/card.webp)
%20GR12%20QP%20SEPT2018_Afr%20D_hlayiso.com_--96fd3005-cc60-42f8-b858-b415738175ed/v1-fb5db9082c2e74933545/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)


Mechanical Technology Nov 2018 (Welding Metalwork) Afr_hlayiso.com_.pdf
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 14
- File size
- 549.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae noukeurig.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad is by die vraestel aangeheg.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
in minute
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiaal 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
5 Terminologie (Maatvorms) 23 20
6 Gereedskap en Toerusting 18 15
7 Kragte 45 40
8 Hegtingsmetodes (Inspeksie van Sweis) 23 20
9 Hegtingsmetodes (Spanning en Vervorming) 18 20
10 Instandhouding 8 10
11 Terminologie (Ontwikkeling) 21 15
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 3 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.
1.1 Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
(Wet 85 van 1993) ten opsigte van MIV/Vigs-bewustheid?
A Die Wet oor veiligheid bepaal dat alle werkgewers moet seker maak dat
die werkplek veilig is en dat werknemers nie blootgestel word aan die
risiko om by die werk met MIV besmet te word nie.
B Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
vakbonde op MIV in die werkplek moet reageer.
C Werkgewers mag nie werknemers demoveer of bevorder op grond van
sy/haar MIV-status nie.
D Werkgewers kan nie 'n persoon wat MIV het, eenvoudig afdank nie. (1)
1.2 Watter EEN van die volgende persoonlike beveiligingstoerusting('PPE')-items
is van toepassing wanneer boogsweising op 'n werkstuk uitgevoer word?
A Harde hoed
B Sweisbril
C Sweishelm
D Gesigskerm (1)
1.3 Wie is vir die verskaffing van veiligheidstoerusting by die werkplek
verantwoordelik?
A Werkgewer
B Werknemer
C Kliënt
D Voorman (1)
1.4 Watter EEN van die volgende eienskappe van soliede staal sal verander
indien die staal aan 'n hittebehandelingsproses onderwerp word?
A Lengte
B Hardheid
C Grootte
D Vorm (1)
1.5 Die doel van die normalisering van staal is om ...
A dit te verhard.
B dit te temper.
C die kern te verhard.
D interne spannings te verlig. (1)
1.6 Indien 'n klanktoets op hoëkoolstofstaal uitgevoer word, watter EEN van die
volgende klanke sal 'n mens help om die metaal te identifiseer?
A Harde helder klank
B Dowwe klank
C Sagte klinkende klank
D Lae klinkende klank (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 4 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 'n Hoekslyper word gebruik om 'n sweislas glad af te werk. Noem TWEE
veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word voordat die hoekslyper gebruik
word. (2)
2.2 Gee TWEE redes waarom dit belangrik is om 'n sweisbril gedurende
oksiasetileengassweising te dra. (2)
2.3 Noem TWEE persoonlike beveiligingstoerusting('PPE')-items wat 'n mens sal
gebruik wanneer met 'n hidrouliese pers gewerk word. (2)
2.4 Noem TWEE tipes werkswinkeluitlegte. (2)
2.5 Noem TWEE verantwoordelikhede van die werkgewer wanneer noodhulp in
die werkplek toegepas word. (2)
[10]
VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)
3.1 Noem EEN eienskap van staal wat deur die uitvoer van 'n buigtoets getoets
word. (2)
3.2 Gee TWEE redes vir die uitvoer van ELK van die volgende hittebehandelings-
prosesse op staal:
3.2.1 Uitgloeiing (2)
3.2.2 Dopverharding (2)
3.3 Verduidelik waarom die tempering van staal na die verhardingproses gedoen
word. (2)
3.4 Noem die DRIE faktore wat gedurende alle hittebehandelingsprosesse in ag
geneem moet word. (3)
3.5 Verduidelik die verhardingsproses van staal. (3)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 5 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.
4.1 FIGUUR 4.1 hieronder toon 'n snit van 'n plaatlêer/plaatdwarsbalk. Identifiseer
deel Y.
FIGUUR 4.1
A Boflens
B Webplaat
C Middelplaat
D Middelflens (1)
4.2 FIGUUR 4.2 hieronder toon 'n dakkap. Identifiseer komponent X.
X
FIGUUR 4.2
A Knoopplaat
B Dakspar
C Dakkap
D Tralielêer (1)
4.3 Watter EEN van die volgende is 'n gereedskapstuk wat gebruik word om 'n
volledige skroefdraad in 'n blinde gat te sny?
A Tapsstuk of voorsnytap
B Prop of boomsnytap
C Tussensnytap of tweede tap
D Beginsnytap (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 6 DBE/November 2018
NSS
4.4 Die tipe vervorming wat permanente verlenging veroorsaak, staan as …
bekend.
A verlengvervorming
B elastiese vervorming
C krimpvervorming
D plastiese vervorming (1)
4.5 Een voordeel van plasmasnywerk, in vergelyking met oksiasetileensnywerk,
is dat …
A snel- en presisiesnywerk moontlik is.
B nie-geleimateriaal ook gesny kan word.
C dit net suurstof gebruik.
D geen vaardigheid nodig is om daarmee te werk nie. (1)
4.6 Wat is die grootte van krag X in FIGUUR 4.6 hieronder getoon?
FIGUUR 4.6
A 6N
B 4N
C 8N
D 12 N (1)
4.7 Wat stel FIGUUR 4.7 hieronder met betrekking tot punte X–X voor?
KRAG
FIGUUR 4.7
A Skuifmoment
B Buigmoment
C Buigkrag
D Skuifkrag (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 7 DBE/November 2018
NSS
4.8 'n Stut word gedefinieer as 'n deel van 'n raamwerk wat ontwerp is om ...
A onderdele bymekaar te hou.
B balke te ondersteun.
C afskuiwing te weerstaan.
D samedrukking te weerstaan. (1)
4.9 Watter EEN van die volgende stukke toerusting word met oksiasetileen-sweis
geassosieer?
A Elektrodehouer
B Aardklampe
C Sweisspuitstuk
D Sweishelm (1)
4.10 Watter toetsproses word in FIGUUR 4.10 hieronder voorgestel?
Radioaktiewe bron
Sweislas
Toetsstuk
Fotografiese film
FIGUUR 4.10
A Ultrasonies
B Masjineerbaarheid
C X-straal
D Kleurstofdeurdringing (1)
4.11 Watter EEN van die volgende is 'n vernietigende toets op 'n sweislas?
A Kerfbreektoets
B X-straaltoets
C Ligtoets
D Klanktoets (1)
4.12 Die maksimum gaping tussen die gereedskapsrus en die slypwiel op 'n
bankslypmasjien is …
A 6 mm.
B 4 mm.
C 5 mm.
D 3 mm. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 8 DBE/November 2018
NSS
4.13 Watter EEN van die volgende is 'n faktor wat in ag geneem moet word
wanneer die snyspoed van 'n boorpunt gekies word?
A Die gebruik van snyvloeistof
B Tipe materiaal
C Snyhoek
D Spilgrootte (1)
4.14 Bereken die waarde van X soos in FIGUUR 4.14 hieronder aangedui.
FIGUUR 4.14
A 7 cm
B 5 cm
C 6 cm
D 25 cm (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 9 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)
5.1 Gee TWEE redes waarom die maatvormgalery in die meeste gevalle van die
werkwinkel geskei is. (2)
5.2 Beskryf die doel van kaplatte soos op dakkappe gebruik. (2)
5.3 'n Staalring met 'n buitediameter van 880 mm moet uit 'n 50 x 50 mm-vierkant-
staalstaaf vervaardig word.
5.3.1 Bereken die afmetings van die materiaal benodig. (7)
5.3.2 Maak 'n netjiese skets van die staalring en dui die gemiddelde
diameter, buitediameter en die dikte van die materiaal aan. (4)
5.4 Identifiseer die volgende weerstandsweissimbole:
5.4.1
(1)
5.4.2
(1)
5.5 FIGUUR 5.5 hieronder toon 'n sweissimbool. Benoem onderdele A–F op die
sweissimbool.
FIGUUR 5.5 (6)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
6.1 Beskryf kortliks die werkbeginsel van die volgende masjiene wat in die
sweiswerkswinkel gebruik word:
6.1.1 Guillotine (4)
6.1.2 Buigrollers/Buigwalse (4)
6.2 Wat is die primêre funksie van die reguleerders wat op die gassilinders van
die oksiasetileentoerusting gemonteer is? (3)
6.3 Waarvoor word die persmasjien in die meganiese werkswinkel gebruik? (3)
6.4 FIGUUR 6.4 hieronder toon die MIG/MAGS-sweisproses. Benoem A–D.
FIGUUR 6.4 (4)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 11 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)
7.1 Bepaal grafies (Bow se notasie) die grootte en aard van AL die dele van die
raamwerk in FIGUUR 7.1 hieronder.
SKAAL: Vektordiagram 1 mm = 5 N
FIGUUR 7.1 (20)
7.2 FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n eenvoudig ondersteunde balk wat aan DRIE
puntlaste onderwerp word.
FIGUUR 7.2
7.2.1 Bereken die reaksies by stutte RL en RR. (8)
7.2.2 Bereken die buigmomente by punte A, B, C, D en E. (5)
7.2.3 Teken 'n buigmomentdiagram van die balk.
SKAAL: 2 mm = 1 kN.m (momente) en 1 : 100 (afstande) (5)
7.3 Bereken die las wat op 'n ronde vlekvryestaalstaaf toegepas moet word om
'n trekspanning van 80 MPa in die materiaal te veroorsaak. Die diameter van
die staaf is 20 mm. (7)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 12 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEIS) (SPESIFIEK)
8.1 Noem TWEE faktore wat in ag geneem moet word gedurende
oksiasetileensweiswerk om sweiswerk van 'n hoë gehalte te verseker. (2)
8.2 Waarvoor staan die afkorting HIS ('HAZ') ten opsigte van sweislasse? (1)
8.3 Noem TWEE oorsake van ELK van die volgende boogsweisdefekte:
8.3.1 Spatsels (2)
8.3.2 Insnyding (2)
8.3.3 Onvolledige indringing (2)
8.4 Noem TWEE metodes om ELK van die volgende tipes krake gedurende
boogsweiswerk te verminder:
8.4.1 Dwarskrake (2)
8.4.2 Hartlynkrake (2)
8.5 Verduidelik die verskil tussen 'n nie-vernietigende toets en 'n vernietigende
toets wat op sweislasse uitgevoer word. (2)
8.6 Watter tipe sweisdefek ontstaan wanneer 'n ultrasoniese toets op 'n sweislas
uitgevoer word? (2)
8.7 Noem TWEE interne defekte wat waargeneem kan word wanneer
'n kerfbreektoets op 'n sweislas uitgevoer word. (2)
8.8 Verduidelik hoekom 'n masjineerbaarheidstoets op 'n sweislas uitgevoer
word. (2)
8.9 Noem TWEE visuele vereistes vir 'n aanvaarbare sweis. (2)
[23]
VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)
9.1 Wat is naspanning? (2)
9.2 Noem TWEE faktore wat die korrelgrootte van koudbewerkte metale
beïnvloed. (2)
9.3 Noem TWEE blusmiddels wat gedurende die hittebehandeling van staal
gebruik word. (2)
9.4 Definieer kromtrekking van die metaal wat gedurende die sweisproses
plaasvind. (4)
9.5 Beskryf TWEE faktore wat kromtrekking en naspanning by sweis beïnvloed. (4)
9.6 Verduidelik die resultaat wanneer metaal vinnig afgekoel word. Verwys na die
binne- en buiteoppervlaktes van die metaal. (4)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 13 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
10.1 Gee TWEE redes vir die instandhouding van masjiene in die
sweiswerkswinkel. (2)
10.2 Gee die rede waarom 'n mens gedurende instandhouding uitsluiting op
masjiene toepas. (2)
10.3 Gee TWEE redes waarom dit belangrik is om diensrekords van die masjiene
te hou. (2)
10.4 Noem TWEE metodes om wrywing te verminder wanneer gate geboor word. (2)
[8]
VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK)
11.1 Beskryf die funksie van oorgangstukke wat in ventilasiekanale gebruik word. (3)
11.2 Gebruik vryhandsketse om die verskil tussen 'n op-middelpunt-geutbak en
'n uitmiddelpuntige geutbak aan te dui. (2)
11.3 FIGUUR 11.3 hieronder toon 'n afgeknotte keël.
FIGUUR 11.3
Bereken die volgende:
11.3.1 Basisomtrek (3)
11.3.2 Hoofradius (AC) (10)
11.3.3 Klein radius (AD) (3)
[21]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk DBE/November 2018
NSS
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
(SWEIS- EN METAALWERK)
1. SPANNING EN VORMVERANDERING
Krag F
1.1 Spanning = of (σ = )
Area A
verandering in lengte ( ΔL )
1.2 Vervor min g ( ε ) =
oorspronklike lengte ( L )
spanning σ
1.3 Young se mod ulus ( E ) = of ( )
vervorming ε
πd 2
1.4 A as =
4
π(D 2 - d 2 )
1.5 A pyp =
4
2. STELLING VAN PYTHAGORAS EN TRIGONOMETRIESE VERHOUDINGS
y
sin θ =
r
x
cos θ =
r
y
tan θ =
x
r = x + y2
2 2
3. MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS
3.1 Gemiddelde Ø = buite Ø – plaatdikte waar Ø = diameter
Gemiddelde Ø = binne Ø + plaatdikte
3.2 Gemiddelde omtrek = π x gemiddelde Ø
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
MECH TECH GR12 QP SEPT2024 (Welding & Metalwork)_English_hlayiso.com_.pdf
%20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Automotive) Eng.pdf
%20MG%20Afr--4d73394c-65e2-45a0-8c73-ff031ad7876d/v1-f8505fa62d4e84b305b7/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Welding & Metal Work) MG Afr.pdf
Question paper
Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng.pdf
%20Afr_hlayiso.com_--7d638feb-7218-4b3c-9f4c-ce95803d6e4f/v1-e8a08d94a30d7d50ccd0/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) Afr_hlayiso.com_.pdf
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--50e6656e-8501-472e-91a3-2266ca02468e/v1-e46de5ee84c6eb3e8e36/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Mechanical Technology Nov 2018 (Welding Metalwork) Eng_hlayiso.com_.pdf
%20Afr_hlayiso.com_--578c96a1-0a1e-4ea4-9237-a60a84bd962e/v1-1b4a308198b7a1197962/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Nov 2018 (Fitting Machining) Afr_hlayiso.com_.pdf
%20FINAL%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--8fd509f9-c09f-4420-ab1a-3185bd4f5b41/v1-d5f687b60d8f2ac2be5b/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Nov 2018 (Fitting Machining) FINAL Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Mechanical Technology Nov 2018 (Welding Metalwork) FINAL Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
%20QP%20SEPT%202018_Eng%20D_hlayiso.com_--83d208e4-1aa5-489e-a101-c36d34d667bf/v1-102b0bf9563a875110b8/card.webp)
Question paper
MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018_Eng D_hlayiso.com_.pdf
%20GR12%20QP%20SEPT2018_Afr%20D_hlayiso.com_--96fd3005-cc60-42f8-b858-b415738175ed/v1-fb5db9082c2e74933545/card.webp)
Question paper
MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018_Afr D_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Mechanical Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023-24.pdf
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork)_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
MECH TECH MEMO GR12 SEPT_Fitting_English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023_Welding_English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2023_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum