You're offline
Skip to content
Question paper

MT Nov 2019 (Fitting Machining) Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Mechanical TechnologyGrade 12201918 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING NOVEMBER 2019 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op die ANTWOORDEBOEK. 2. Lees AL die vrae noukeurig. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af. 7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en tekeninstrumente gebruik. 8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s-2 geneem word. 9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui. 10. Skryf netjies en leesbaar. 11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg. 12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help. TYD VRAAG INHOUD PUNTE in minute GENERIES 1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6 2 Veiligheid 10 10 3 Materiaal 14 14 SPESIFIEK 4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10 5 Terminologie (Draaibank en Freesmasjien) 18 20 6 Terminologie (Indeksering) 28 25 7 Gereedskap en Toerusting 13 10 8 Kragte 33 33 9 Instandhouding 18 12 10 Hegtingmetodes 18 12 11 Stelsels en Beheer (Aandryfstelsels) 28 28 TOTAAL 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 3 DBE/November 2019 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E. 1.1 Die werkplek word volgens sekere nasionale beleid en prosedure ten opsigte van MIV/Vigs georganiseer. Wat is die doel van hierdie praktykskode? A Die wet op veiligheid bepaal dat alle werknemers moet seker maak dat die werkplek veilig is en dat werkgewers nie die risiko loop om by die werk siek of beseer te word nie. B Die wet algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en vakbonde op MIV/Vigs in die werkplek moet reageer. C Werkgewers mag nie werknemers op grond van hulle MIV/Vigs-status demoveer of bevorder nie. D Werkgewers mag 'n persoon wat met MIV/Vigs geïnfekteer is, afdank. (1) 1.2 Gedurende watter EEN van die volgende werkprosesse moet jy 'n helm dra om ultravioletbestraling te voorkom? A Draaibankwerk B Hoekslypwerk C MIG/MAGS-sweiswerk D Boorwerk (1) 1.3 Watter EEN van die volgende beskryf 'n werkwinkeluitleg? A Prosesuitleg B Booruitleg C Inspeksie-uitleg D Ontvangsuitleg (1) 1.4 Watter hittebehandelingsproses word gebruik om die oppervlakhardheid van 'n staal-as te verhoog? A Uitgloeiing B Tempering C Dopverharding D Normalisering (1) 1.5 Die doel vir die verharding van staal is om … A die weerstand teen induiking te verhoog. B die taaiheid te verhoog. C dit sag te maak. D die sweisresultate te verbeter. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 4 DBE/November 2019 NSS 1.6 Watter EEN van die volgende toetse kan as 'n nie-vernietigende toets geklassifiseer word? A Buig B Masjineerbaarheid C X-straal D Kernbreek (1) [6] VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES) 2.1 Noem EEN belangrike veiligheidsmaatreël wat nagekom moet word voordat enige masjien in die meganiese werkwinkel aangeskakel word. (1) 2.2 Gee EEN rede waarom jy 'n klein werkstuk moet vasklem voordat enige boorwerk uitgevoer word. (1) 2.3 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom voordat 'n hidrouliese pers gebruik word. (2) 2.4 Gee TWEE redes waarom chirurgiese handskoene gedra moet word wanneer 'n medewerker met oop wonde behandel word. (2) 2.5 Noem TWEE veiligheidvoorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word vir die veilige hantering van draagbare elektriese toerusting. (2) 2.6 Noem EEN verantwoordelikheid van 'n werkgewer ten opsigte van veiligheid by die werkplek. (1) 2.7 Noem EEN verantwoordelikheid van 'n werknemer ten opsigte van veiligheid by die werkplek. (1) [10] VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES) 3.1 Verduidelik hoe jy skade aan 'n vyl sal voorkom wanneer 'n vyltoets op 'n harde metaal uitgevoer word. (2) 3.2 Wat is die doel van die hittebehandeling van staal? (2) 3.3 Gee TWEE redes vir die tempering van verharde staal. (4) 3.4 Beskryf hoe die volgende hittebehandelingsprosesse op staal uitgevoer word: 3.4.1 Uitgloeiing (3) 3.4.2 Verharding (3) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 5 DBE/November 2019 NSS VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK) Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E. 4.1 Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van die loskopoorstellingmetode vir tapsdraaiwerk op die senterdraaibank? A Lang tapse kan gesny word B Interne tapse kan gesny word C Tapse met groot ingeslote hoeke kan gesny word D Groot snitte kan gesny word (1) 4.2 Identifiseer die freesproses in FIGUUR 4.2 hieronder. FIGUUR 4.2 A Klimfreeswerk B Groepfreeswerk C Koppelfreeswerk D Opfreeswerk (1) 4.3 Watter indekseringsproses wat die universele verdeelkop gebruik, sal die maklikste metode wees om 'n rat met 30 tande te sny? A Snelindeksering B Eenvoudige indeksering C Hoekige indeksering D Differensiaalindeksering (1) 4.4 Wat word met die term inkrementele programmering op 'n drie-as- digitale uitleesstelsel op 'n rekenaar numeries-beheerde ('CNC')-masjien bedoel? Die verwysingspunt word van ... geneem. A die vorige punt B die nulpunt C 'n gemeenskaplike punt D enige punt (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 6 DBE/November 2019 NSS 4.5 Watter hardheidstoetser gebruik 'n staalbal om die hardheid van staal te bepaal? A Rockwell B Brinell C Vickers D Pascal (1) 4.6 Watter EEN van die volgende stellings beskryf die funksie van die momenttoetser? A Illustreer die konsep van die kragtedriehoek B Bepaal die reaksies aan enige kant van 'n belaste balk C Illustreer die konsep van die kragteparallelogram D Bepaal die reaksie aan een kant van 'n eenvoudig belaste balk (1) 4.7 Wat is die meeteenheid vir Young se elastisiteitsmodulus? A Newton B Pascal C Geen eenheid nie D Newton per meter (1) 4.8 Draaimoment word deur ... gedefinieer. A krag x afstand B krag x druk C druk x area D druk x afstand (1) 4.9 Watter EEN van die volgende tipes materiaal word as 'n termoverhardende samestelling geklassifiseer? A Nylon B Teflon C Glasvesel/Veselglas D Vesconite (1) 4.10 Wat kan gedoen word om die wrywingskrag tussen twee verskillende tipes materiaal te verklein? A Vergroot die gewig van die voorwerp B Voeg smering tussen die vlakke by C Verander die deursnee-area van die materiaal wat gebruik word D Verminder die spoed tussen die twee voorwerpe (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 7 DBE/November 2019 NSS 4.11 Wat is die ingeslote hoek van 'n metrieke V-skroefdraad? A 45° B 29° C 55° D 60° (1) 4.12 Watter stelling definieer die helikshoek van 'n skroefdraad? Die hoek wat die ... van die skroefdraad maak. A kruindiameter met 'n loodregte (90°) lyn met die as B draad met 'n loodregte (90°) lyn met die as C senterlyn met 'n loodregte (90°) lyn met die as D draad met 'n loodregte (90°) lyn met die flank (1) 4.13 Watter EEN van die volgende stellings is 'n voordeel van 'n bandaandrywing- stelsel bo 'n rataandrywingstelsel? A Aandrywing kan oor 'n lang afstand plaasvind. B Goedkoper smering word gebruik. C Meer drywing kan oorgedra word. D Oordrag van drywing sonder glip is moontlik. (1) 4.14 Watter wet beskryf die werking van hidroulika? A Boyle se wet B Pascal se wet C Ohm se wet D Bernoulli se beginsels (1) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 8 DBE/November 2019 NSS VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK) 5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon die opstelling van 'n taps met 'n ingeslote hoek van 8° wat tussen senters gemasjineer moet word. Ø200 8° d 50 300 50 FIGUUR 5.1 5.1.1 Bereken die klein diameter (d) van die taps. (5) 5.1.2 Bereken die loskopoorstelling wat benodig word om die taps in FIGUUR 5.1 te sny. (3) 5.2 Bereken die volgende afmetings van 'n parallelspy wat vir 'n 42 mm diameter as geskik sal wees: 5.2.1 Wydte (2) 5.2.2 Dikte (2) 5.3 Noem TWEE voordele van klimfreeswerk. (2) 5.4 Gebruik 'n netjies benoemde skets om koppelfreeswerk te toon. (4) [18] VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK) 6.1 'n Reguittandrat het 'n steeksirkeldiameter van 126 mm met 42 tande. Bereken die volgende: 6.1.1 Module (2) 6.1.2 Werkdiepte (2) 6.1.3 Snydiepte (2) 6.2 Bereken die vereiste hoekindeksering vir 'n hoek van 34°. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 9 DBE/November 2019 NSS 6.3 'n Rat met 121 tande moet met behulp van 'n Cincinnati-verdeelkop (40 : 1-verhouding) op 'n universele freesmasjien gesny word. Bereken die volgende: 6.3.1 Die differensiaalindeksering benodig (kies 120 tande) (5) 6.3.2 Die wisselratte benodig (5) 6.4 FIGUUR 6.4 hieronder toon 'n swaelstertgroef. Bereken afstand Z tussen die rollers in die figuur. Ø10 mm-rollers word vir die meting gebruik. y r z 25 40° x 150 FIGUUR 6.4 (8) [28] VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK) 7.1 Teken TWEE netjies benoemde sketse om die verskil tussen die induiking van die Brinell-hardheidstoetser en die Rockwell-hardheidstoetser te toon. (4) 7.2 Noem TWEE eienskappe van materiaal wat bepaal kan word deur 'n trektoets met die trektoetser uit te voer. (2) 7.3 Wat is die lesing op die dieptemikrometer wat in FIGUUR 7.3 hieronder getoon word? 50–75 25 20 30 35 FIGUUR 7.3 (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 10 DBE/November 2019 NSS 7.4 Identifiseer die instrument in FIGUUR 7.4 hieronder. FIGUUR 7.4 (2) [13] VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK) 8.1 FIGUUR 8.1 hieronder toon 'n stelsel van kragte met vier saamvlakkige kragte wat op dieselfde punt inwerk. Gebruik berekeninge en bepaal die grootte en rigting van die ewewigskrag van hierdie kragtestelsel. WENK: Teken en voltooi die diagram in FIGUUR 8.1 in jou ANTWOORDEBOEK. Toon AL die horisontale- en vertikale komponente voordat jy die berekeninge doen. 20 N 80 N 60° 30° 30 N 60° 60 N FIGUUR 8.1 (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 11 DBE/November 2019 NSS 8.2 Die diagram in FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n balk wat deur twee vertikale stutte, A en B, ondersteun word. Bereken die grootte van die reaksies in stut A en B. Teken en voltooi die diagram in FIGUUR 8.2 in jou ANTWOORDEBOEK. Dui die puntlas aan wat die eenvormig verspreide las vervang. 600 N 100 N/m 350 N 0,8 m 1,2 m 4,4 m A B FIGUUR 8.2 (8) 8.3 'n Sagtestaalbus, 100 mm lank, met 'n binnediameter van 25 mm en 'n buitediameter van 40 mm, word in 'n hidrouliese pers gebruik om laers uit te druk. 'n Krag van 600 N word op die bus uitgeoefen. 8.3.1 Noem die tipe spanning in die busmateriaal. (1) 8.3.2 Bereken die spanning in die busmateriaal. (4) 8.3.3 Bereken hoeveel die bus onder die gegewe las korter sal word. Neem Young se elastisiteitsmodules as 90 GPa. Gee jou antwoord in mm. (6) [33] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 12 DBE/November 2019 NSS VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK) 9.1 Noem DRIE soorte instandhoudingprosedures wat op meganiese stelsels gebruik word. (3) 9.2 Noem TWEE oorsake vir die foutiewe werking van bandaandrywingstelsels. (2) 9.3 Verduidelik kortliks die prosedure om die ketting op 'n kettingaandrywingstelsel te vervang. (5) 9.4 Noem TWEE prosedures om slytasie op 'n rataandrywingstelsel te verminder. (2) 9.5 Noem EEN gebruik van ELK van die volgende tipes materiaal: 9.5.1 Nylon (1) 9.5.2 Veselglas/Glasvesel (1) 9.6 Klassifiseer die volgende materiaal as termoplastiese samestellings of termoverhardende samestellings: 9.6.1 Teflon (1) 9.6.2 Bakeliet (1) 9.7 Noem enige TWEE faktore wat die wrywingskoëffisiënt tussen twee vlakke beïnvloed. (2) [18] VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK) 10.1 Teken 'n netjiese skets van 'n metrieke V-skroefdraad en toon die DRIE diameters van die skroefdraad. (4) 10.2 Verduidelik wat met die styging van 'n skroefdraad bedoel word. (3) 10.3 'n Driegang- vierkantige skroefdraad met 'n 4 mm-steek moet op 'n draaibank gesny word. Die kruindiameter van die draad is 68 mm en die vryloophoek 3°. Bereken die volgende: 10.3.1 Die styging van die draad (2) 10.3.2 Die gemiddelde omtrek van die draad (3) 10.3.3 Die helikshoek van die draad (2) 10.3.4 Die ingryphoek van die beitel (2) 10.3.5 Die sleephoek van die beitel (2) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 13 DBE/November 2019 NSS VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK) 11.1 Noem TWEE voordele van 'n rataandrywingstelsel in vergelyking met 'n bandaandrywingstelsel. (2) 11.2 'n Hidrouliese stelsel word gebruik om onderdele van 'n masjien te verwyder. Die spesifikasies van die stelsel word in FIGUUR 11.2 hieronder getoon. Ø 75mm Ø 200 mm F 15 kN Ram Suier A Plonssuier 120 mm X Suier B FIGUUR 11.2 Bereken die volgende: 11.2.1 Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel in kPa (5) 11.2.2 Afstand X, in millimeter, wat suier B met EEN slag van suier A sal beweeg (6) 11.3 Noem TWEE voordele van pneumatika in vergelyking met hidroulika. (2) 11.4 'n Elektriese motor met 'n 250 mm diameter dryfkatrol roteer teen 24 r/s. Die motor dryf 'n katrol met 'n diameter van 350 mm deur middel van 'n platband aan. Die trekkrag in die stywe kant van die band is 300 N en in die slap kant 120 N. 11.4.1 Teken 'n netjiese benoemde skets van die stelsel en toon die drywer en dryfkatrol. (2) 11.4.2 Bereken die bandspoed in m/s. (3) 11.4.3 Bereken die krag oorgedra in kW. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 14 DBE/November 2019 NSS 11.5 FIGUUR 11.5 hieronder toon 'n saamgestelde rattestel. 'n Dryfrat op die as van die elektriese motor het 30 tande wat met 'n rat met 80 tande op die tussenas inkam. Op die tussenas is nog 'n dryfrat met 40 tande wat met 'n rat met 60 tande inkam. Die rotasiefrekwensie is 120 r/min. Bereken die rotasiefrekwensie van die elektriese motor. FIGUUR 11.5 (4) [28] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 1 DBE/November 2019 NSS FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING) 1. BANDAANDRYWINGS πDN πDN Bandspoed  of v 60 60 Diameter van gedrewe katrol Spoedverhouding  Diameter van dryfkatrol N1D1  N 2 D 2 T1 Verhouding van stywe kant tot slap kant  T2 Drywing P   T1 - T2 πDN 60 waar T1  krag in stywe kant T2  krag in slap kant T1  T2  effektiewe trekkrag (Te ) 2. SPANNING EN VORMVERANDERING Krag F Spanning  of (σ  ) Area A veranderin g in lengte ( ΔL ) Vormverand ering ( ε )  oorspronklike lengte ( L ) spanning σ Young se mod ulus ( E )  of (E  ) vormverandering ε π d2 A as  4 π (D 2  d 2 ) A pyp  4 Breekspanning Veiligheidsfaktor  Veilige werkspanning Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 2 DBE/November 2019 NSS 3. HIDROULIKA krag ( F ) Druk ( P )  area ( A ) Volume  area  slaglengte 4. SPYE EN SPYGLEUWE diameter van as Wydte van spy  4 diameter van as Dikte van spy  6 Lengte van spy = 1,5  diameter van as Standaard taps van tapse spy : 1 in 100 of 1 : 100 5. RATAANDRYWINGS 2π NT Drywing (P)  60 N1T1  N 2T2 Produk van die aantal tande van die gedrewe ratte Ratverhouding  Produk van die aantal tande van die dryfratte N inset  Produk van die aantal tande van die gedrewe ratte N Produk van die aantal tande van die dryfratte uitset Wringkrag  krag  radius Wringkrag oorgedra  ratverhouding  insetwringkrag steeksirkeldiameter (SSD) M odule (m)  aantal tande (T) Steeksirke ldiameter SSD   module m  aantal tande T  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 3 DBE/November 2019 NSS sirkelsteek ( CP )  aantal tande ( T ) Steeksirke ldiameter ( SSD )  π Buitediame ter ( OD )  SSD  2 module Addendum ( a )  module ( m ) Dedendum ( b )  1,157 m of Dedendum ( b )  1,25 m Snydiepte ( h )  2,157 m of Snydiepte ( h )  2,25 m Vryruimte ( c )  0,157 m of Vryruimte ( c )  0,25 m Sirkelstee k ( CP )  m  π Tm  90  Add c  m  1 cos  koordaddendum  2  T  90 90 t c  Tm sin of t c  SSDsin koordtanddikte T T 6. TAPSDRAAIWERK LD - d  Oorstelling van loskop  2l waar L  Afstand tussen senters l  Tapslengte D  Groot diameter d  Klein diameter Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 4 DBE/November 2019 NSS 7. SKROEFDRADE Steekdiame ter  buitediame ter  ½ steek Steekomtrek  π  steekdiameter Styging  steek  aantal beginpunte Hoogte van skroefdraad  0,866  p waar p  steek van die skroefdraad Diepte van die skroefdraad  0,613  p waar p  steek van die skroefdraad lengte Aantal draaie  styging styging Helikshoek tan θ  steekomtrek Ingrypbeitelhoek  90  helikshoek  vryloophoek  Sleepbeite lhoek  90  helikshoek  vryloophoek  8. CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR DIE FREESMASJIEN Gatsirkels Kant 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43 Kant 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66 Wisselratte 24 x 2 28 32 40 44 48 56 64 72 86 100 40 Eenvoudige indekserin g  ( waar n  aantal verdelings ) n Hoekige indekserin g  n waar n  gegewe hoek  9 Dr 40 Dr ( A  n ) 40 Wisselratte:  (A  n )  of   Gd A Gd A 1 waar A  gekose verdelings  waar n  werklike verdelings  Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Mechanical Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all