Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
MUSIEK V1
2022
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 1 vel manuskrippapier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Music Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 888.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
NSC June Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1Scales, Keys, Modes & Intervals15 marks
- Question 2Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 3Harmony, Chords & Composition45 marks
- Question 4Harmony, Chords & Composition30 marks
- Question 5Aural Skills (Musicianship)5 marks
- Question 9Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]8 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
D en E.
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord
slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).
4. Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe
teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
inligting in hul antwoorde te gee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 3 DBE/2022
SS/NSS
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE 1 15
(VERPLIGTEND)
2 15
3 15
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: ALGEMENE
MUSIEKKENNIS 5 10
(VERPLIGTEND)
SUBTOTAAL 10
EN
C: IAM 6 15
7 7
8 5
9 8
10 15
SUBTOTAAL 50
OF
D: JAZZ 11 15
12 7
13 5
14 8
15 15
SUBTOTAAL 50
OF
E: WKM 16 15
17 7
18 5
19 8
20 15
SUBTOTAAL 50
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 4 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 ÓF 2.2 ÓF 2.3
EN VRAAG 3.1 ÓF 3.2
EN VRAAG 4.1 ÓF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Benoem die toonsoort waarheen hierdie uittreksel moduleer.
(1)
1.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.1.
(1)
1.3 Skryf die korrekte tydmaatteken op beide notebalke in die blokkie wat op die
partituur verskaf is. (1)
1.4 Benoem die interval by (a) volgens tipe en afstand.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 5 DBE/2022
SS/NSS
1.5 Benoem die omkering van die interval by (b) volgens tipe en afstand.
(1)
1.6 Beskryf die drieklank by (M) volgens tipe en posisie.
(1)
1.7 Herskryf die drieklank by (N) in die altsleutel en behou dieselfde toonhoogte.
(1)
1.8 Herskryf (X) deur 'n ooreenstemmende saamgestelde tydmaatteken te gebruik.
Maak seker dat die musiek dieselfde klink. Voeg die nuwe tydmaatteken by.
(2)
1.9 Transponeer (Y) 'n majeur sekunde (2de) laer. Dui die nuwe toonsoortteken
aan.
(2)
1.10 Gee 'n Italiaanse term vir die haarnaaldteken in maat 5.
(1)
1.11 Watter TWEE note sal in maat 5 (G-sleutel) weggelaat moet word om 'n majeur
pentatoniese toonleer te vorm wat op E-mol begin? Omkring hierdie TWEE
note op die partituur. (1)
1.12 Verander die gegewe toonleer van maat 4 hieronder na 'n opgaande melodiese
mineurtoonleer wat op E-mol begin.
(1)
1.13 Omkring EEN melodiese omkering van die motief (Z) in maat 6 tot 7 in die
boonste stemparty. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 6 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2 ÓF VRAAG 2.3.
2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.
Instrument: __________________________
Tempo: __________________________
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid:
2
Nootstele, polse per maat, skuiftekens, spasiëring, groepering
Kwaliteit:
Geskiktheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek en 10
musikaliteit
TOTAAL 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 7 DBE/2022
SS/NSS
2.2 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.
Instrument: __________________________
Tempo: __________________________
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid:
2
Nootstele, polse per maat, skuiftekens, spasiëring, groepering
Kwaliteit:
Geskiktheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek en 10
musikaliteit
TOTAAL 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 8 DBE/2022
SS/NSS
2.3 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie om 'n twaalfmaat-melodie in
drieledige vorm vir 'n stem te skep. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte
tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet
NIE lirieke byvoeg NIE.
Stemtipe: __________________________
Tempo: __________________________
Do is F
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid:
2
Solfanotasie, dubbelpunte, kommapunte en aandagstrepe
Kwaliteit:
10
Geskiktheid van omvang, tempo, dinamiek en musikaliteit
TOTAAL 15
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 9 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) op die partituur deur Romeinse
syfers te gebruik, bv. viio6/viiob. (8)
3.1.2 Benoem die kadens by maat 7 tot 8.
(1)
3.1.3 Lewer kommentaar op die baslyn in maat 1 tot 32.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 10 DBE/2022
SS/NSS
3.1.4 Identifiseer die foutiewe stemvoering wat deur die hakies in
maat 73 tot 81 aangedui word. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
blokkie.
Stemvoering Antwoord
Skuinsbeweging
Parallelle kwinte (5des)
Beweging in teenoorgestelde rigting
Parallelle oktawe (1)
3.1.5 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).
(i)
(ii)
(iii)
(iv) (4)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 11 DBE/2022
SS/NSS
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (h) en skryf akkoordsimbole in die
spasies verskaf bokant die balke, bv. Bb/D. (8)
3.2.2 Benoem die kadens wat by (Z) gevorm word.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 12 DBE/2022
SS/NSS
3.2.3 Lewer kommentaar op die harmoniese funksie van die B-noot in die
G-sleutel by maat 12.
(1)
3.2.4 Wat is ongewoon aan die subdominant-akkoord in maat 10?
(1)
3.2.5 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).
(i)
(ii)
(iii)
(iv) (4)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 13 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.
4.1 4.1.1 Demonstreer 'n kadensiële tweede-omkering-akkoordprogressie met
'n onderbroke kadens.
(3)
4.1.2 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die
alt-, tenoor- en baspartye by te voeg.
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Korrektheid:
10
Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
Akkoordprogressie:
9
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
Kwaliteit:
5
Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit
(24 ÷ 2)
TOTAAL
= 12 (12)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 14 DBE/2022
SS/NSS
4.2 4.2.1 Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde by die
bassleutel in te vul. Gebruik heelnote.
(3)
4.2.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal by te
voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat
1 en 2 gesuggereer word.
Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING MAKS. PUNT
Korrektheid:
10
Notasie, spasiëring, stemvoering
Akkoordprogressie:
8
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
Kwaliteit:
6
Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit
(24 ÷ 2)
TOTAAL
= 12 (12)
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 15 DBE/2022
SS/NSS
AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
AFDELING B, C, D en E moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer,
bv. 5.1.6 E.
5.1.1 Die funksie van 'n musiekregte-maatskappy is om …
A digitale lisensies uit te reik.
B opdrag vir nuwe komposisies te gee.
C kopiereg van musiek te beheer.
D Al die bogenoemde (1)
5.1.2 Die eienaarskap wat 'n liedjieskrywer oor sy/haar musiek het, word …
genoem.
A tantième
B 'n handelsmerk
C kopiereg
D Geeneen van die bogenoemde nie (1)
5.1.3 Intellektuele eiendom (IE) is …
A die persoonlike of groepeienaarskap van 'n idee of konsep.
B 'n moontlike bron van inkomste vir kunstenaars.
C geregistreer en deur kopiereginsamelingsmaatskappye beskerm.
D Al die bogenoemde (1)
5.1.4 Geroofde opnames …
A word slegs vanaf aanlyn platforms afgelaai.
B is onwettige kopieë van wettige opnames.
C is opnames in die publieke domein.
D Geeneen van die bogenoemde nie (1)
5.1.5 Uitvoerregtetantièmes word …
A aan die liedjieskrywer betaal elke keer wanneer die lied op
enige soort opnametoestel gereproduseer of gekopieer word.
B aan die liedjieskrywer betaal wanneer sy/haar lied vanaf 'n
aanlyn platform afgelaai word.
C betaal elke keer wanneer 'n lied in die openbaar gespeel word.
D deur SAMPRA geadministreer. (1)
5.2 Verduidelik die proses, die rolspelers ingesluit, in die musiekbedryf vanaf die
oorsprong van 'n musikale idee tot die publikasie van die bladmusiek en die
uitvoer van die werk by 'n lewende konsert. (5)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 16 DBE/2022
SS/NSS
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 6
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer,
bv. 6.1.6 E.
6.1.1 Die skiffle-agtige maatslag word algemeen in ... gebruik.
A malombo
B mbaqanga
C kwêla
D maskanda (1)
6.1.2 Thee Legacy…
A is 'n moderne isicathamiya-groep.
B gebruik 'beat boxing' in hulle uitvoerings.
C word deur Ladysmith Black Mambazo beïnvloed.
D Al die bogenoemde (1)
6.1.3 Die kitaar is in maskanda ingevoer omdat …
A die klank die naaste aan die umakhweyane se klank was.
B dit maklik in die stede beskikbaar was.
C 'n maskandi homself kon begelei terwyl hy sing.
D Al die bogenoemde (1)
6.1.4 'n Term wat na afwisselende sang tussen 'n solis en 'n groep
verwys, word … genoem.
A krepitasie
B roep en antwoord
C isihlabo
D izibongo (1)
6.1.5 'n Tipiese kenmerk van Soul Brothers se musiek is …
A 'n prominente orrelklank.
B a cappella-sang.
C die gebruik van amafahlakwane.
D 'n harmoniese progressie ontleen aan twaalfmaat-blues. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 17 DBE/2022
SS/NSS
6.2 Beskryf die gebruik van harmonie in marabi. (1)
6.3 Noem TWEE instrumente wat algemeen in malombo gebruik word. (2)
6.4 Dui aan of die volgende stellings met betrekking tot isicathamiya WAAR of
ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers
(6.4.1 tot 6.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
6.4.1 Isicathamiya is in die Verenigde State van Amerika deur
Paul Williams gewild gemaak.
6.4.2 Isicathamiya-groepe sing in vierstemmige harmonie met 'n solis.
6.4.3 Isicathamiya het uit imbube ontwikkel. (3)
6.5 Noem TWEE invloede (internasionaal of plaaslik) op Philip Tabane se
musiek. (2)
6.6 Verduidelik die term poliritme in inheemse Afrika-musiek. (2)
[15]
VRAAG 7
Skryf 'n paragraaf waarin jy die ooreenkomste (4 punte) en verskille (3 punte) tussen
die volgende liedjies bespreek:
Melodi Yalla (Mahlathini and the Mahotella Queens)
Wamuhle (Soul Brothers) [7]
VRAAG 8
Beskryf die rol van musiek in tradisionele Afrika-inisiasie-rituele. [5]
VRAAG 9
9.1 Noem die lied en kunstenaar vir die uittreksel hieronder. (2)
Do is C
9.2 Bespreek die vokale (3 punte) en instrumentale (3 punte) stylkenmerke van
maskanda in die lied waarna in VRAAG 9.1 verwys word. (6)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 18 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 10
Skryf 'n opstel oor die kenmerkende elemente van kwêla (harmonie, melodie en ritme)
en hoe dit deur die jare populêre opgang gemaak het. Verwys in jou bespreking na
EEN kunstenaar en EEN trefferliedjie/album.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Elemente 6
Populêre opgang 4
Kunstenaar en trefferliedjie/album 2
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 19 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer,
bv. 11.1.6 E.
11.1.1 Tremolo's en toontrosse is algemene klavierkenmerke in …
A kwêla.
B malombo.
C Cape jazz.
D ragtime. (1)
11.1.2 The Blue Notes …
A was 'n avant-garde jazz-orkes.
B het in die 1960's bekendheid verwerf.
C was 'n veelrassige jazz-orkes wat plaaslik opgetree het.
D Al die bogenoemde (1)
11.1.3 Feya Faku het musikaal met … saamgewerk.
A Chris McGregor
B Abdullah Ibrahim
C Dave Brubeck
D Al die bogenoemde (1)
11.1.4 'n 32-maat-liedvorm word as … voorgestel.
A ABA-koda
B AABA
C ABBA
D AB (1)
11.1.5 'n Tipiese stylkenmerk van Zim Ngqawana se musiek is …
A 'n mengsel van bop, funk, vokale dreunsang, Indiese, Xhosa-
en Westerse klassieke musiekelemente.
B die gebruik van 'n mbaqanga-kitaarstyl.
C 'n gekommersialiseerde Afro-pop-klank.
D 'n mengsel van blues, township-jazz, ghoema, kerkorkeste,
langarm, Afrika- en Westerse musiekelemente. (1)
11.2 Gee 'n kort beskrywing van die gebruik van harmonie in marabi. (1)
11.3 Noem TWEE instrumente, behalwe die tromstel en kitaar, wat algemeen in
marabi gebruik word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 20 DBE/2022
SS/NSS
11.4 Dui aan of die volgende stellings met betrekking tot Kaapse jazz WAAR of
ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers
(11.4.1 tot 11.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
11.4.1 Melodieë kombineer invloede van die Khoi-Khoi- en San-melodieë
met Polinesiese sillabiese style.
11.4.2 Dit word gekenmerk deur draagbare instrumente vir straatfeeste, bv.
koperblaasinstrumente, banjo's, kitare en perkussie.
11.4.3 Baie liedjies het 'n sterk onderliggende ghoema-maatslag. (3 x 1) (3)
11.5 Noem TWEE internasionale invloede op Miriam Makeba se musiek. (2)
11.6 Beskryf kortliks Chris McGregor se bydrae tot die ontwikkeling van big band-
jazz. (2)
[15]
VRAAG 12
Beskryf die algemene stylkenmerke van mbaqanga wat in die liedjie Ujomela deur
Makgona Tsohle Band gevind word. [7]
VRAAG 13
Skryf 'n paragraaf oor Kaapse jazz soos dit in die liedjie Mannenberg deur
Abdullah Ibrahim (Dollar Brand) voorkom. Verwys na die musiekelemente: ritme,
harmonie en tekstuur. [5]
VRAAG 14
14.1 Noem enige TWEE kunstenaars wat met die Jazz Epistles geassosieer word. (2)
14.2 Bespreek hoe die Jazz Epistles Suid-Afrikaanse jazz bevorder het en
internasionale erkenning verseker het. (6)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 21 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 15
Skryf 'n opstel oor die kenmerkende elemente van kwêla (harmonie, melodie en ritme)
en hoe dit oor die jare populêre opgang gemaak het. Verwys in jou bespreking na EEN
kunstenaar en EEN trefferliedjie/album.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Elemente 6
Populêre opgang 4
Kunstenaar en trefferliedjie/album 2
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 22 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 16
16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer,
bv. 16.1.6 E.
16.1.1 Die korrekte betekenis van 'senza' is …
A met.
B sonder.
C dieselfde.
D toneel. (1)
16.1.2 'n Piccolo is 'n ...
A transponerende koperblaasinstrument.
B enkelriet-houtblaasinstrument.
C transponerende houtblaasinstrument.
D nie-transponerende sopraansleutelinstrument. (1)
16.1.3 'n Episode in musiek kan na … verwys.
A 'n verbindingspassasie
B 'n seksie in rondovorm
C die kontrasterende seksie vir 'n refrein
D Al die bogenoemde (1)
16.1.4 Die toonsoort van die tweede tema/onderwerp in 'n uiteensetting in
Sonate in G Majeur sal in … wees.
A G majeur
B D majeur
C C majeur
D Geeneen van die bogenoemde nie (1)
16.1.5 'n Melisma …
A kom slegs in vokale musiek voor.
B is 'n groep note wat op een sillabe van teks gesing word.
C is deel van 'n melodiese lyn.
D Al die bogenoemde (1)
16.2 Definieer die term simfonie. (2)
16.3 Gee die toonsoort en vorm van die vyfde beweging van Beethoven se
Pastorale Simfonie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 23 DBE/2022
SS/NSS
16.4 Dui aan of die volgende stellings met betrekking tot Beethoven se Pastorale
Simfonie WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die
vraagnommers (16.4.1 tot 16.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
16.4.1 Beethoven het twee trombone by die vierde en vyfde bewegings
gevoeg.
16.4.2 Die tweede, derde en vierde bewegings word gespeel sonder 'n
breuk tussenin.
16.4.3 Die vyfde beweging eindig pianissimo gevolg deur drie fortissimo-
akkoorde. (3)
16.5 Wat het Mendelssohn geïnspireer om die Hebrides Ouverture te komponeer? (1)
16.6 Noem die tipe orkes wat Mendelssohn in die Hebrides Ouverture gebruik. (1)
16.7 Lewer kommentaar op Mendelssohn se gebruik van harmonie in die Hebrides
Ouverture. (1)
[15]
VRAAG 17
Verduidelik wat Menuet en Trio-vorm is. Verwys na vormtipe (2 punte), karakter
(3 punte) en gebruik van toonsoorte (2 punte). [7]
VRAAG 18
Lewer kommentaar op die programmatiese eienskappe van die vierde beweging van
Beethoven se Pastorale Simfonie Nr. 6 Op. 68. [5]
VRAAG 19
Bespreek die ontwikkeling van die orkes in die Klassieke periode.
Verwys na die volgende:
Agtergrond (2 punte)
Instrumentasie (4 punte)
Uitvoeringstegnieke/Komposisietegnieke/Mannheim-orkes (2 punte) [8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 24 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 20
In Die Towerfluit is Pa Pa Pa 'n onskuldige en amusante musiek-item in die opera.
Skryf 'n opstel waarin jy die konteks van hierdie lied bespreek en hoe die karakters deur
die musiek uitgebeeld word. Verwys in jou antwoord na musiekkenmerke.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Karakters 4
Konteks 2
Musiekkenmerke 6
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 50
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 DBE/2022
SS/NSS
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Music

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (English)

Question paper