Skip to content

Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumMusicGrade 12201633 pages

Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 33 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 NOVEMBER 2016 MEMORANDUM PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie memorandum bestaan uit 33 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/November 2016 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hul antwoorde te gee. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/November 2016 NSS – Memorandum NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ens. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.1 Benoem die hooftoonsoort van hierdie stuk. Antwoord: G majeur/G G majeur/G = 1 punt g majeur = 1 punt g = geen punt (1) 1.2 Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand. Antwoord: 1.2.1 Mineur 7de 1.2.2 Majeur 3de Minor 7de = 1 punt Major 3de = 1 punt Geen ½ punte Slegs afstand, Geen ½ punt (2) 1.3 Benoem die drieklanke by 1.3.1 en 1.3.2 volgens tipe en posisie/omkering. Antwoord: 1.3.1 Majeur – tweede omkering 1.3.2 Mineur – grondposisie Majeur = ½ punt Tweede omkering = ½ punt Mineur = ½ punt Grondposisie = ½ punt (2) 1.4 Herskryf die tjelloparty van maat 7 in 'n saamgestelde tydmaat. Voeg die nuwe tydmaatteken by. Antwoord: 1 ½ ½ OF ½ ½ ½ ½ Tydmaatteken = 1 punt Notasie = ½ punt per pols = 2 punte (3) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.5 Transponeer die tjelloparty van maat 43–62 'n heeltoon (majeur tweede) hoër. Voeg die nuwe toonsoortteken by. Antwoord: Korrekte toonsoortteken = 1 mark Notasie = 2 marks Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte (3) 1.6 Herskryf die basparty van die klavier in maat 8 TWEE oktawe hoër in die altsleutel. Antwoord: Korrekte notasie = 1 punt Geen ½ punte (GEEN punte word vir verkeerde rigting van nootsteeltjies afgetrek nie) (1) 1.7 Voltooi die melodiese fragment hieronder deur TWEE stygende sekwense by te voeg. Antwoord: √ √ Sekwense = 1 punt per sekwens soos aangedui (Indien F-herstel gebruik word, is dit ook aanvaarbaar) Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt per sekwens (2) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.8 Skryf die toonlere hieronder soos aangedui. 1.8.1 Voltooi die stygende chromatiese toonleer wat op die gegewe noot begin. Antwoord: OF Minus ½ punt vir elke toonhoogtefout Kandidate mag enige vorm van die chromatiese toonleer gebruik solank die klank reg is (2) 1.8.2 Voltooi die stygende Doriese modus wat op E begin. Antwoord: OF Minus ½ punt vir elke toonhoogtefout Modus kan met/sonder toonsoortteken geskryf word (2) 1.8.3 Skryf Bb melodiese mineur stygend en dalend met toonsoortteken. Dui die halftone aan. Antwoord: Toonsoortteken = 1 punt Notasie = 1 punt Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt Minus ½ punt indien geen halftone (2) [20] Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1/ Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige 2.2 vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Konsepantwoorde: 2.1 Instrument: Tjello/Tromboon/Tuba/Fagot/Baskitaar/Kontrabas Allegretto OF 2.2 Instrument: Kitaar/Saksofoon/Klarinet/Trompet/Viool Allegretto Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Die melodie sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTE TOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Korrektheid Nootstele, polse per Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2 maat, toevallige tekens, spasiëring, uitleg Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm verbeeldingryk; aanvangsmotief 9–10 innoverend voortgesit; suksesvolle gebruik van tonaliteit; melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme Kwaliteit Goed - Kwaliteit van melodie en Korrek en musikaal; frases dui die vorm toepaslikheid vir die duidelik aan; aanvangsmotief sinvol 7–8 gekose instrument voortgesit; stabiele tonaliteit; melodiese - Toepaslikheid van kontoer bevredigend; keuse van 10 tempo, artikulasie en toonhoogtes en ritme akkuraat dinamiese aanduidings Gemiddeld verhoog die kwaliteit van Musikaal nie oortuigend; nie alle frases die antwoord duidelik; aanvangsmotief nie goed gebruik; 4–6 - Musikaliteit tonaliteit onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking; keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Geen musikale singewing; frases maak nie 0–3 sin nie; aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme onsamehangend TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15] Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel uit Mozart se Sonate K.283 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Antwoord: Voltooide kadens Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 3.1.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel. Antwoord: G majeur/G G major/G = 1 mark g major/g = 1 mark g = no mark (1) 3.1.2 Identifiseer akkoord (a)–(e) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik standaardbesyfering onder die partituur, byvoorbeeld V6, OF akkoordsimbole, byvoorbeeld B/D# bo die partituur. Antwoord: Verwys na die partituur: 1 punt per akkoord = 5 punte (Minus ½ punt vir elke fout) (Aanduiding van toonsoort is nie verpligtend nie) Nasieners moet akkoordsimbole (bo-aan) OF besyfering (onderaan) nasien, en nie 'n mengsel van die twee nie (5) 3.1.3 Benoem die kadens in maat 3–4. Antwoord: Voltooide/Volmaakte (kadens) Voltooide/Volmaakte (kadens) = 1 punt (Geen punt as net akkoordprogressie gegee word nie) (1) 3.1.4 Benoem die tipe nie-akkoordnoot by (i). Antwoord: Terughouding Terughouding = 1 punt (1) 3.1.5 Omkring AL die deurgangsnote op die partituur wat in maat 8 op maatslag 1 en 2 voorkom. Antwoord: ½ punt vir elke omkringde noot = 2 punte (2) [10] OF Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 3.2 Bestudeer die uittreksel uit Solitaire van Neil Sedaka en Philip Cody hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Antwoord: Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 3.2.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel. Antwoord: Eb majeur/Eb Eb majeur/ Eb = 1 punt eb majeur = 1 punt eb = Geen punt (1) 3.2.2 Identifiseer akkoord (a)–(e) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik akkoordsimbole bo die partituur, byvoorbeeld Bb/D. Antwoord: Verwys na die partituur 1 punt per akkoord = 5 punte (a) Eb:I (b) Eb :V 7 of V or Bb: V 7 (c) Eb: V 9 of V or Bb: V 9 (d) Eb: I6 4 or Ic (e) Eb: V 7 Geen ½ punte word toegeken nie (5) 3.2.3 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i)–(iii). Antwoord: (i) Deurgangsnoot (ii) Deurgangsnoot (iii) Terughouding 3 korrekte antwoorde, 1 punt elk = 3 punte Geen ½ punte (3) 3.2.4 Benoem die kadens in maat 6–7. Antwoord: Voltooide/Volmaakte (kadens) Voltooide/Volmaakte (kadens) = 1 punt (1) [10] Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Konsepantwoord: Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde 14 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens (behalwe tussen maat 4 en 5) Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as Notasie, verdubbeling, spasiëring, 16 1 punt per akkoord nie stemvoering • Uitstekend = 9–10 punte Kwaliteit • Goed = 7–8 punte Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, • Gemiddeld = 5–6 punte 10 kreatiwiteit • Swak = 3–4 punte • Onaanvaarbaar = 0–2 punte Note aan die nasiener: 40 Punt uit 40 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 8 x 3) TOTAAL 15 Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisering wat nie in hierdie memorandum verskyn nie. Besyfering dien as 'n riglyn vir die nasiener maar geen punte word vir die simbole as sodanig, toegeken nie. OF Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal in die onvoltooide mate in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1–3 voorgestel word. Konsepantwoord: Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde Akkoordkeuse; korrekte gebruik van 15 kadens Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as Notasie, verdubbeling, spasiëring, 15 1 punt per akkoord nie stemvoering • Uitstekend = 9–10 punte Kwaliteit • Goed = 7–8 punte Musikaliteit, nie-akkoordnote, • Gemiddeld = 5–6 punte 10 stylbewustheid, kreatiwiteit • Swak = 3–4 punte • Onaanvaarbaar = 0–2 punte Note aan die nasiener: 40 Punt uit 40 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 8 x 3) TOTAAL 15 Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisering wat nie in hierdie memorandum verskyn nie. Besyfering dien as 'n riglyn vir die nasiener maar geen punte word vir die simbole as sodanig, toegeken nie. [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek). Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word. Nota aan die nasiener: Een punt sal toegeken word vir elke korrekte feit. Kandidate moet krediet onvang vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie memorandum verskyn nie. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 5.1.1 B 5.1.2 C 5.1.3 A 5.1.4 D 5.1.5 C 5.1.6 A 5.1.7 B 5.1.8 B 5.1.9 D 5.1.10 C 1 punt vir elke korrekte antwoord = 10 punte (10) 5.2 • Kopiereg – Beskerm • Lisensies – Verskaf hierdie vir voordrag - Verskaf hierdie vir herproduksie - Verskaf hierdie vir opnames • Regte - Versamel - Versprei • Beurse (Kompetisies) • Aftreefonds vir lede Enige 4 korrekte feite = 4 punte (4) 5.3 • Kopiereg gee die eienaar van 'n kreatiewe werk die reg om toestemming te gee of te weier dat iemand anders die werk mag gebruik o Reg om te verhoed dat die werk gekopieer word o Reg om toestemming te gee dat die werk gepubliseer mag word o Reg om 'n verwerking van die werk te maak o Reg om die werk uit te voer • Kopiereg gee die eienaar van 'n kreatiewe werk die reg om geld te verdien daaruit • Kopiereg word geskend as enige aksie geneem word in verband met 'n kreatiewe werk sonder die toestemming van die kopiereg eienaar Enige 4 korrekte feite = 4 punte (4) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 5.4 5.4.1 Tantieme van Needle-time regte: Wanneer opgeneemde materiaal in die publiek gespeel word, word alle partye (komponiste, uitvoerders, opnamemaatskappy) daarvoor vergoed (1) Korrekte antwoord = 1 punt 5.4.2 Tantieme van Meganiese regte: Wanneer 'n oorspronklike werk opgeneem of gepubliseer is, word alle partye (komponiste en uitgewers) daarvoor vergoed (1) Korrekte antwoord = 1 punt TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Beantwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). Nota aan die nasiener: Een punt sal toegeken word vir elke korrekte feit. Kandidate moet krediet onvang vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie memorandum verskyn nie. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 6.1.1 Menuet en Trio • Saamgestelde ABA vorm • Menuet word herhaal na die trio (da capo) • 'n Menuet word gevolg deur 'n trio waarna die menuet herhaal word (Menuet/Trio/Menuet) • Beide menuet en trio is onafhanklike werke elk met sy eie interne vormstruktuur • Derde beweging van 'n Simfonie of Sonate 1 punt vir elk van 2 korrekte feite = 2 punte (2) 6.1.2 Rondo • 'n Vormtipe met 'n terugkerende aanvangseksie wat die rondo-tema of refrein genoem word • Vyfdelige rondo: ABACA • Sewedelige rondo: ABACBDA • Die A-seksie is altyd in die tonikatoonsoort • Ander seksies in verwante toonsoorte, bevat kontrasterende materiaal • B, C ens. word episodes genome • Dikwels die laaste beweging van ‘n Simfonie of Sonate 1 punt vir elk van 2 korrekte feite = 2 punte (2) 6.1.3 Ontwikkeling • Die tweede groot deel van sonatevorm • Kom voor na die uiteensetting • Tonaliteit word ondersoek / verwante toonsoorte word gebruik • Reeds bestaande materiaal (afkomstig uit die uiteensetting) en nuwe materiaal word gebruik en ontwikkel • Eindig dikwels met 'n dominant pedaalpunt om vir die terugkeer van die tonika voor te berei 1 punt vir elk van 2 korrekte feite = 2 punte (2) 6.1.4 Eerste onderwerp/tema • Die eerste onderwerp/tema van die eerste hoofdeel (uiteensetting) • Aangetref in sonatevorm • Geanker in die tonikatoonsoort • Verskaf die eerste tematiese materiaal • Meestal robuus ('robust'/sterk) in vergelyking met die meer liriese tweede tema 1 punt vir elk van 2 korrekte feite = 2 punte (2) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 6.2 • 'n Simfoniese toondig is 'n genre van eendelige orkestrale musiek • Meestal deur Romantiese komponiste komponeer wat geïnspireer is deur buite-musikale idees bv. die natuur, eksotiese invloede • Bevat gewoonlik 'n titel wat 'n beeld daarstel/voor die gees roep of 'n storie vertel Enige 2 korrekte feite = 2 punte (2) [10] VRAAG 7 • Standaardiseer die oorhoofse struktuur van die simfonie (4 bewegings) • Standaardiseer sonatevorm • Standaardiseer die uitleg (posisionering) van die standaard Klassieke orkes • Die samestelling van die standaard Klassieke orkes is vasgestel en elke seksie speel 'n unieke rol • 'n Groot strykerseksie; dubbele houtblaasinstrumente (klarinet uitgesluit); beperkte gebruik van koperblaasinstrumente en perkussie • Uitvoertegnieke is ontwikkel o Tremolo o Skielike sfz o Aanvangs arpeggio's o Crescendo's en decrescendo's o Speeltegnieke: Die vuurpyl en sugmotiewe (Maksimum 2 punte) Maksimum 1 punt per punt = 5 punte (Maksimum van 2 punte per voordragtegniek [5] VRAAG 8 Definisie van genre • Konsert ouverture • Losstaande, enkeldelige orkestrale werk Enige korrekte feit = maksimum van 1 punt Vorm: • Standaard sonatevorm (Uiteensetting, Ontwikkeling, Herhaling) • Kontrasterende eerste en tweede temas in die uiteensetting Enige 2 korrekte feite = maksimum van 2 punte (Maatnommers word nie vereis nie) Titel: • Tweede titel, Fingal se Grot • Die werk is komponeer na Mendelssohn se besoek aan die Hebrides Eilande • Daar is 'n suggestie van programmatiese invloed in die werk Enige 2 korrekte feite = maksimum van 2 punte [5] Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 9 • Eerste beweging van die simfonie • Ontwaking van vrolike gevoelens by die aankoms in die vrye natuur of Awakening of cheerful feelings upon arrival in the country of Erwachen heiterer Empfindungen bei der Ankunft auf dem Lande • Die toonsoort (F majeur) en tydmaatteken (2/4) dui 'n pastorale opset aan (eenvoudige lewe op die platteland) • 'n Kalm en opgewekte beweging • Sonatevorm • Allegro ma non troppo • Vier verskillende ritmiese motiewe 1 punt vir elke korrekte feit = 5 punte [5] VRAAG 10 Definisie van 'n aria 'n Formele lied wat deur 'n enkele sanger gesing word Eienskappe: • egalige metrum • 'n oorpeinsende karakter • duidelike melodiese kontoer • vokale versiering, gebruik van melismas • teks het emosionele konteks • word afgewissel met resitatief en koorstukke in die opera • in twee dele (tweeledige vorm), of in drie dele (da capo-aria) • begeleiding is aaneenlopend en word deur die orkes gedoen Enige 2 korrekte feite = 2 punte Aria: • 'n Voëlvanger is ek, ja (Der Vogelfänger bin ich ja/The birdcatcher I am indeed) • Papageno, Bariton • Eenvoudig volksliedagtige melodie met 'n komiese element in 'n majeur toonsoort • Strofiese vorm • Die voëlvanger is 'n eenvoudige komiese karakter wat met die ernstige elemente in die opera kontrasteer • Skamele, homofoniese begeleiding • Papageno speel 'n fluitjie om die voëls na hom te lok Aria: • Die afbeelding is betowerend mooi (Dies Bildnis ist bezaubernd schön/This likeness is enchantingly lovely) • Tamino, Tenoor • Liriese karakter word verkry deur 'n stadige tempo en 'n cantabile vokale styl • Oordrewe bewondering van skoonheid en liefde met die eerste oogopslag • Tamino, 'n prins, ontvang 'n gravure van Prinses Pamina en dit is aan die beeld wat hy die aria opdra • 'n Warm orkeskleur word gebruik as begeleiding Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Aria: • O Isis en Osiris (O Isis und Osiris/O, Isis and Osiris) • Sarastro, Basstem (met koor wat inkom) • Swaar, diep basstem gebruik om die karakter van Sarastro, Hoëpriester van wysheid uit te beeld • Akkoordmatige inleiding om die ernstige karakter te versterk • Wanneer Papageno en Tamino begin met die vuurdoop om deel te word van die heilige broederskap, bid Sarastro dat hulle beskerm sal word • Die aria is goed geplaas by 'n ernstige moment in die opera • Sarastro verteenwoordig die hoë morele waardes en goedheid in die opera Aria: • In hierdie heilige sale (In diesen heil'gen Hallen/Within these hallowed halls) • Sarastro, Basstem • Die gewigtige toon, majeur toonsoort en stadige tempo help om die omstandighede uit te beeld • Kalm versekering, respek vir orde, religieuse ondertoon • Nadat Pamina by Sarastro om genade vir haar onderduimse moeder pleit, sing Sarastro oor die ideale van die Broederskap en het hiermee 'n bedarende effek • Begeleiding deur die strykerseksie in die lae register help om die atmosfeer te skep Aria: • Die helse wraak kook in my hart (Der Hölle Rache kocht in meinem Herzen/Hell's revenge cooks in my heart) • Koningin van die Nag, Coloratura/dramatiese sopraan • Het 'n donker atmosfeer, dramatiese dryfkrag en teatrale beklemtoning • Uitgebreide omvang, mineurtoonsoort en vinnige tempo dui Koningin se woede aan • Die Koningin is 'n komplekse en dramatiese karakter wat goed kontrasteer met die ligter momente in die opera • Volle orkes hanteer die begeleiding om dramatiese krag te versterk Aria: • Ach, ich fuhls, es ist verschwunden (O, Ek voel dit, dit het verdwyn) • Gesing deur Pamina (Sopraan) • Aangetrokke deur die spel van Tamino se fluit. Pamina ontmoet Tamino en voel seergemaak omdat hy nie met haar praat nie • Stadige, gevoelvolle aria • Maak heelwat gebruik van melisma • Ligte begeleidng – verhoog die gevoel van eensaamheid Aria: • 'n Meisie of vroutjie (Ein Mädchen oder Weibchen/A girl or a little wife) • Papageno, Bariton • Aria het 'n ligte karakter ondersteun deur 'n majeur toonsoort en 'n matige tempo • Die instrumentasie sluit 'n glockenspiel aan die begin van die Aria in • Die voëlvanger is 'n eenvoudige komiese karakter wat met die ernstige elemente in die opera kontrasteer • Eenvoudig volksliedagtige melodie met 'n komiese element Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Nota aan die nasiener: Net TWEE Arias sal nagesien word. As 'n kandidaat twee arias van dieselfde karakter bespreek, sal net die eerste een nagesien word Feite wat aangebied word moet verband hou met Mozart se meesterlike hantering van die aria as 'n genre 1 punt vir die titel 1 punt vir die naam van die karakter en stemtipe 3 punte vir die beskrywing en betekenis Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Definisie van 'n Aria 1 punt vir elke korrekte feit x 2 2 Aria 1: Titel 1 punt 5 Karakter en stemtipe 1 punt Beskrywing en betekenis 3 punte Aria 2: Titel 1 punt 5 Karakter en stemtipe 1 punt Beskrywing en betekenis 3 punte Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige argument in = 3 punte die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike argument in = 2 punte die middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik 'n Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte Logiese aanbieding en middeldeel van die opstel teenwoordig 3 struktuur van die opstel Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak argument in die = 1 punt middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die skryf = ½ punt van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 11.1.1 E 11.1.2 C 11.1.3 B 11.1.4 A 11.1.5 D 11.1.6 F 1 punt elk = 6 punte (6) 11.2 11.2.1 Zim Nqawana • Ontwikkel 'n tipiese plaaslike saksofoonstyl deur vokale infleksies na te boots • Sy musiek is geanker in 'n inheemse klanksoort maar hy inkorporeer progressiewe frasering en kadense om universele aanklank te vind • Vermeng 'n avant garde-benadering en tradisionele Afrika musiek tot 'n nuwe geïnspireerde interpretasie Enige korrekte antwoord = 1 punt (1) 11.2.2 Jazz Epistles • Speel harde bop en beïnvloed die ontluikende jazz kultuur • Ontwikkel 'n moderne, avant garde Suid-Afrikaanse jazz klank • Neem die eerste jazz album deur 'n swart orkes, Jazz Epistle, Verse 1 op Enige korrekte antwoord = 1 punt (1) 11.2.3 Miriam Makeba • Sing moderne weergawes van lokale liedere in isiXhosa • Deur haar musiek inspireer sy aktivisme teen apartheid • Deur haar trefferliedjie Pata Pata het sy internasionaal roem en erkenning vir Suid-Afrikaanse musiek ingewin Enige korrekte antwoord = 1 punt (1) 11.2.4 Chris MacGregor • Hy maak 'n groot bydrae tot vrye improvisasie op plaaslike en internasionale vlak • Hy het wegbeweeg van die verwerkte formaat van die Big Band musiek en skep stemminge en teksture wat vir spelers ruimte laat om hulle self uit te druk • Sy Big Band styl beïnvloed 'n nuwe tipe Britse Big Band styl Enige korrekte antwoord = 1 punt (1) [10] Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 12 Karaktereienskappe van Kwela • Musiek baseer op die penniefluit • Sikliese harmoniese progressies kom dikwels voor 6 o I – IV – I 4 –V o I – I– IV– V • Solo melodieë word dikwels versier en ontwikkel aan die hand van jazz improvisasie • Kitaar en banjo vorm die buitelyn van die akkoordprogressie en verskaf ritmiese stuwing • Saksofoon, wat later bygevoeg is, word dikwels as leierinstrument in plaas van die penniefluit gebruik Enige 3 korrekte feite = 3 punte Die rol van Kwela in die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse jazz • Oorsprong in straatmusiek • Dit ontwikkel uit Marabi, beide harmonies en ritmies • Dit bring Suid-Afrikaanse musiek in internasionale kollig in die 1950's • Dit beïnvloed latere Suid-Afrikaanse jazz bv. Mbaqanga • Dit vermeng tradisionele Afrika volksmusiek met kontemporêre harmonieë en jazzstyle • Heelparty prominente soliste bv. Spokes Mashiyane, Lemmy Mabaso en Elias Lerole word opgelewer • Baie bekende Suid-Afrikaanse jazz en populêre kunstenaars toon Kwela invloede (en repertorium) in hulle speelstyl bv. Kippie Moeketsi, Mango Groove [5] Enige 2 korrekte feite = 2 punte VRAAG 13 • Dansmusiek wat tradisionele Afrika en Westerse musiek kombineer • Dit is 'n mengsel van Amerikaanse jazz, mbube, kwela en marabi musiek • Dit word gerugsteun deur die elektriese baskitaar en tromme • Soms word 'n elektroniese orrel gebruik • Oorspronklik slegs manlike sangers, maar later gemende stemme • Gewoonlik manlike sangers • Die liedere begin gewoonlik met 'n kort kitaarinleiding • Meeste akkoordprogressies bestaan uit 4 akkoorde: I – IV – I 6 4 – V • Vraag en antwoord word in vokale passasies en tussen stem en instrumente gebruik • Die baslyn speel 'n belangrike rol en herhaal dikwels ritmiese en melodiese motiewe en ondersteun die vokale party • Het 'n fermer, stuwende ritmiese dryfkrag as kwela musiek Enige 5 korrekte feite = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 14 Oorsprong • Tradisionele musiek van die Zulu, Xhosa, en Sotho mense • Vroeë Amerikaanse jazz • Ragtime en Blues • Tiekie-draai (Kaapse volksdanse) Enige 2 korrekte feite = 2 punte Styleienskappe • Sikliese akkoordopvolging I – IV – I 6 4 – V • Basiese, eenvoudige primêre akkoorde • Klein instrumentale ensembles wat die klavier en skudkoker insluit • Eenvoudige pedaalorrel, kitaar, banjo en trom (tuisgemaak) of perkussie (skudkokers) • Matige tot vinnige ragtime-gebaseerde ritmes Enige 2 korrekte feite = 2 punte Kunstenaar/groep • Jazz Mechanics, Merry Blackbirds, Manhattan Brothers, Mahotella Queens Enige 1 korrekte kunstenaar/groep = 1 punt [5] VRAAG 15 Abdullah Ibrahim Eienskappe van sy musiek: • Instrumentasie: Klavier, kontrabas, tromme, saksofoon, trompet, tromboon, ens. • Ritme en maatslag: Vermenging van Afrika, ghoema en swing elemente • Harmonie: Standaard Klassieke akkoordprogressie vermeng met jazz kenmerke (bv. blues) • Melodie: Volksagtige en koraalmatige melodieë • Tekstuur: Hoofsaaklik homofonies met elemente van vraag en antwoord • Stemming: Wye verskeidenheid • Improvisasie: Uitgebrei en vir alle instrumente in verskillende style • 'n Baie unieke klavierspeelstyl wat insluit: tremolo akkoorde, pedaalpunt en toontrosse Enige 5 korrekte feite = 5 punte Oorsprong en infloede: • Multi-kultureel: Invloede uit Kaapstad o Kaapse Klopse Karnaval o Volksliedjies van voormalige slawe o Kaapse Maleier en Khoi-San liedere o Tradisionele Xhosa ritmes o Kerkmusiek, marsorkeste en koperblaas groepe o Ghoema maatslag o Banjo en kitaar, saksofoon van die Kaapse Klopse Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 27 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Breër Suid-Afrikaanse style o Marabi musiek o Kwela musiek o Mbaqanga • Elemente van Amerikaanse jazz o Thelonious Monk (Klavierstyl) o Duke Ellington (Swing) o James Johnson (Stride piano) Enige 5 korrekte feite = 5 punte Albums/liedere: • Township One More Time • Mannenberg • Soweto • Echoes from Africa • Ekaya Enige 2 korrekte albums/liedere = 2 punte OF Robbie Jansen Eienskappe van sy musiek: • Instrumentasie: Leiersaksofoon, klavier, baskitaar, tromme, trompet, tromboon, ens. • Ritme en maatslag: Vermenging van Afrika, ghoema en swing elemente • Harmonie: o Klassieke koraalmatige harmoniese eienskappe vermeng met jazz kenmerke (bv. blues) o Gebruik primêre akkoorde en vertoef lange op die akkoorde anders as in Afro- Jazz waarin daar flinker na die volgende akkoord beweeg word o amaXhosa harmonieë • Melodie: Volksagtige melodieë o Khoi-San melodieë word vervleg met Maleier en Indonesiese melismatiese sangstyle o Rietagtige toonkwaliteit van die Khoi-San fluit herkenbaar o Saksofoon melodie het 'n nasale toonkleur en vibrato word aangewend aan die einde van 'n frase • Tekstuur: Hoofsaaklik homofonies met elemente van vraag en antwoord en oorvleueling • Stemming: Wye omvang • Improvisasie: Uitgebrei en vir alle instrumente in verskillende style Enige 5 korrekte feite = 5 punte Oorsprong en invloede: • Multikultureel: Invloede uit Kaapstad o Kaapse Klopse Karnaval o Volksliedjies van voormalige slawe o Kaapse Maleier en Khoi-San liedere o Tradisionele Xhosa ritmes o Kerkmusiek, marsorkeste en koperblaas groepe o Ghoema maatslag o Banjo en kitaar, saksofoon van die Kaapse Klopse Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 28 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Breër Suid-Afrikaanse style o Marabi musiek o Kwela musiek o Mbaqanga • Elemente van Amerikaanse jazz o Amerikaanse saksofoonspelers o Dizzy Gillespie o Big Band o Salvation Army marsorkeste o Funk en Salsa Enige 5 korrekte feite = 5 punte Albums/liedere: • Hoija Tjie Bonga • Tsakwe • Sommer Goema • The Cape Doctor • Nomad Jez Enige 2 korrekte albums/liedere = 2 punte OF Winston Mankunku Ngozi Eienskappe van sy musiek: • Instrumentasie: Leiersaksofoon, klavier, baskitaar, tromme, trompet, tromboon, ens. • Ritme en maatslag: Vermenging van Afrika, ghoema en swing elemente • Harmonie: o Klassieke koraalmatige harmoniese eienskappe vermeng met jazz kenmerke (bv. blues) o amaXhosa harmonieë • Melodie: Volksagtige melodieë o Khoi-San melodieë word vervleg met Maleier en Indonesiese melismatiese sangstyle • Tekstuur: Hoofsaaklik homofonies met elemente van vraag en antwoord en oorvleueling • Stemming: Wye omvang • Improvisasie: Uitgebrei en vir alle instrumente in verskillende style Enige 5 korrekte feite = 5 punte Oorsprong en invloede: • Multikultureel: Invloede uit Kaapstad o Kaapse Klopse Karnaval o Volksliedjies van voormalige slawe o Kaapse Maleier en Khoi-San liedere o Tradisionele Xhosa ritmes o Kerkmusiek, marsorkeste en koperblaas groepe o Pentatoniese gesang gesing deur die sendelinge o Ghoema maatslag Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 29 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Breër Suid-Afrikaanse style o Marabi musiek o Kwela musiek o Mbaqanga • Elemente van Amerikaanse jazz o John Coltrane (saksofoonstyl) o Horace Silver o Big Band Enige 5 korrekte feite = 5 punte Albums/liedere: • Abantwana be Africa • Crossroads • Ya Khal 'iNkomo • Molo Africa • Dudula Enige 2 korrekte albums/liedere = 2 punte Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Musiekeienskappe 1 punt vir elke korrekte feit X 5 5 Oorsprong en invloede 1 punt vir elke korrekte feit X 5 5 Albums/liedere 1 punt vir elke korrekte feit X 2 2 Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige argument in = 3 punte die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike argument in = 2 punte die middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik 'n Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte Logiese aanbieding en middeldeel van die opstel teenwoordig 3 struktuur van die opstel Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak argument in die = 1 punt middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die skryf = ½ punt van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 30 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA MUSIEK (IAM) VRAAG 16 16.1 16.1.1 Isicathamiya Isicathamiya or any other correct style = 1 mark 16.1.2 Izihlabo/Intela 1 punt elk = 2 punte (2) 16.2 16.2.1 B 16.2.2 D 16.2.3 A 16.2.4 E 16.2.5 C (5) 1 punt elk = 5 punte 16.3 • Gesondmakingsrituele deur die godheid geïnspireer word altyd deur sang en tromspel begelei • Die trom word vroeg in die oggend gebruik om tot die voorvaders te bid • Gewyde leier se instrumente word met spesifieke ritme/motief gespeel • Die geestelike tromspeler gebruik 'n spesifieke ritme/metrum • Die leerling-sangoma dans op maat van die heilige ritmes om 'n staat van ekstase te bereik sodat daar met die voorvadergeeste gekommunikeer kan word • Die geestelike teenwoordigheid word opgeroep deur die tromslae, handegeklap en sang (3) Enige 3 korrekte feite = 3 punte [10] VRAAG 17 17.1 Plaaslike invloede • Sangoma musiek wat Phillip Tabane van sy moeder geleer het, dra by tot die geestelike inslag van sy Malombo musiek • Die gebruik van heilige Malombo tromme en fluite (blaaspype) • Gebruik van plaaslike materiaal (van die Kremetartboom) in die vervaardiging van die Malombo tromme • 'n Melodieë wat jou bybly en ritmes van die Bapedi en Vhavenda mense • Afrika poliritmes Internasionale invloede • Amerikaanse jazz-styl improvisasie • Gebruik 12-maat blues struktuur • Westerse instrumentasie (tromstel, baskitaar, elektriese kitaar, dwarsfluit) • Daar is tekens van die invloede van Wes Montgomery, die ikoniese Amerikaanse jazz-kitaarspeler, in die gebruik van 'n elektriese kitaar met 'n hol binnekant en die unieke kitaarspelstyl Enige 5 (2+3 of 3+2) korrekte feite = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 31 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 18 • Dansmusiek wat tradisionele en Westerse musiek kombineer • Vermeng Amerikaanse jazz, mbube, kwela en marabi musiek • Word gerugsteun deur elektriese baskitaar en tromme • 'n Orrel (elektriese) orrel word soms ingespan • Oorspronklik net manlike sangers, maar later gemengde stemme • Sangers is meestal mans • Die liedere begin meestal met kort kitaarinleiding • 'n Akkoordprogressie bestaande uit 4 akkoorde, I – IV – I 6 4 – V, word gebruik • Vraag en antwoord word gebruik in vokale passasies en tussen stemme en instrumente • Die baslyn speel 'n belangrike rol wat dikwels die ritmiese en melodiese material sowel as die van die agtergrondsangers, herhaal • 'n Fermer, stuwender, ritmieser dryfkrag as kwela-musiek Enige 5 korrekte feite = 5 punte [5] VRAAG 19 Eienskappe Harmonie • TTBB (SATB)/koor • Geslote, digte harmonieë • Eenvoudige en sikliese akkoordprogressies • Lae basstem word gebruik • Primêre akkoorde word gebruik Vokale styl • Vraag en antwoord • Tenoorleier se rol is leier en komponis en ook om die groep saam te hou, sing dikwels in falsetto-omvang • Krepitasie en ululasie verskaf opwinding aan die musiek en versterk die ritme en moedig die toeskouers aan om deel te neem Teksture • Homofonies • Vraag en antwoord tussen leier en groep Melodie • Improvisatories • Bevat soms vereringspoësie • Klein vokale omvang • A capella-sang Dansbeweging • Sagte, katagtige beweging (ukucothoza) – ‘tap-toeing’ (danstegniek) • Tenoorleier lei die dans in – vraag en antwoord vorm deelo van die beweging • Gechoregrafeer en goed voorberei Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 32 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Sosiale konteks • Dra by tot higiëne en waardigheid van die mynwerkers • Musiek kom voor in georganiseerde danskompetisies Enige 3 korrekte feite = 3 punte Internasionale Status • Isicathamiya word populêr met die opname van Graceland deur Paul Simon • Ladysmith Black Mambaso voer die lied, Diamonds on the Soles of her Shoes uit saam met Paul Simon • Hulle word in 1985 genooi om in New York (Amerika) 'n uitvoering te gee. • Wen hul eerste Grammy Award vir die Best Tradisionele Folk in 1988 • Hou vol om Grammys en ander musiek toekennings in te palm tot vandag toe • Doen opnames en tree op saam met internasionale kunstenaars Enige 2 korrekte feite = 2 punte [5] VRAAG 20 Oorsprong • Verafgeleë, landelike Zoeloe-musiektradisie • Oorspronklik slegs deur manne gesing, maar later deur die breër gemeenskap • Gebruik van umakhweyane (tradisionele strykinstrument) • Mans loop ver afstande en speel kitaar om hulself besig te hou • Maskandi is moontlik afgelei van die Afrikaanse woord 'musikant' • In beboude gebiede begin Maskandi-musikante ander instrumente byvoeg bv. tromme, elektriese kitaar en klawerbordinstrumente • Dit ontwikkel uit Izibongo (tradisionele Zoeloe poësie) Enige 4 feite = 4 punte Styleienskappe • Begeleiding word verskaf deur kitaarsnare te pluk en/of te 'strum' (ukupika/ukunanza en ukuvamba) • Ukupika – 'n vinger-pluk speelstyl o Tydens ukupika, speel die duim die Amadoda (laer snare) o Die ander vingers van die regterhand (hoofsaaklik die wysvinger) speel die melodie op die Amantombazane (hoër snare) • Ukuvamba – perkussiewe 'strumming' van akkoorde • Akoestiese staalsnaarkitaar word gebruik • Die stemming van die kitaar nie dieselfde as in tradisionele Westerse musiek – kompleks en gevarieerd • Begin altyd met isihlabo – vinnig, gesproke vereringspoësie in IsiZoeloe en instrumentale spel uniek aan die komponis/voordraer • Daar is verskeie Maskandi style, bv. Isibhaca • Tradisionele, gemeenskapsgebaseerde musiek wat gekommersialiseer is Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 33 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Ukubonga (vereringspoësie), is 'n belangrike kenmerk wat in die middel van die werk voorkom • Teks streng in IsiZoeloe • Vraag en antwoord kom voor tussen die leier en die agtergrondsangers en/of orkes/band • Sluit dans in – gechoreografeer volgens tradisionele IsiZoeloe-dansbeginsels Enige 6 feite = 6 punte Enige kunstenaar en lied • iHashi Elimhlope: Nkiyankiya • Phuzekhemisi: Phuzekhemisi-Imbizo Enige kunstenaar en ooreenstemmende lied = 2 punte Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Oorsprong 1 punt vir elke korrekte feit X 4 4 Styleienskappe 1 punt vir elke korrekte feit X 6 6 Kunstenaar en lied 1 punt vir elke korrekte feit X 2 2 Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige argument in = 3 punte die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike argument in = 2 punte die middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik 'n Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte Logiese aanbieding en middeldeel van die opstel teenwoordig 3 struktuur van die opstel Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak argument in die = 1 punt middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die skryf = ½ punt van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all