Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V1
NOVEMBER 2016
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Music Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 26
- File size
- 737.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 26
This exam
NSC November Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1Scales, Keys, Modes & Intervals20 marks
- Question 2Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 3Harmony, Chords & Composition20 marks
- Question 4Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 5Notation, Rhythm & Metre20 marks
- Question 6Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
D en E.
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).
4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
inligting in hul antwoorde te gee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 3 DBE/November 2016
NSS
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE 1 20
(VERPLIGTEND)
2 15
3 10
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: ALGEMENE
MUSIEKKENNIS 5 20
(VERPLIGTEND)
SUBTOTAAL 20
EN
C: WKM 6 10
7 5
8 5
9 5
10 15
SUBTOTAAL 40
OF
D: JAZZ 11 10
12 5
13 5
14 5
15 15
SUBTOTAAL 40
OF
E: IAM 16 10
17 5
18 5
19 5
20 15
SUBTOTAAL 40
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 4 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is.
VRAAG 1 (25 minute)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 5 DBE/November 2016
NSS
1.1 Benoem die hooftoonsoort van hierdie stuk.
_______________________________________________ (1)
1.2 Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand.
1.2.1 ______________________________________
1.2.2 ______________________________________ (2)
1.3 Benoem die drieklanke by 1.3.1 en 1.3.2 volgens tipe en posisie/omkering.
1.3.1 ______________________________________
1.3.2 ______________________________________ (2)
1.4 Herskryf die tjelloparty van maat 7 in 'n saamgestelde tydmaat. Voeg die nuwe
tydmaatteken by.
(3)
1.5 Transponeer die tjelloparty van maat 43–62 'n heeltoon (majeur tweede) hoër.
Voeg die nuwe toonsoortteken by.
(3)
1.6 Herskryf die basparty van die klavier in maat 8 TWEE oktawe hoër in die
altsleutel.
(1)
1.7 Voltooi die melodiese fragment hieronder deur TWEE stygende sekwense by
te voeg.
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 6 DBE/November 2016
NSS
1.8 Skryf die toonlere hieronder soos aangedui.
1.8.1 Voltooi die stygende chromatiese toonleer wat op die gegewe noot begin.
(2)
1.8.2 Voltooi die stygende Doriese modus wat op E begin.
(2)
1.8.3 Skryf Bb melodiese mineur stygend en dalend met toonsoortteken. Dui die
halftone aan.
(2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 7 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.
2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
artikulasietekens by.
Instrument: _________________________
Tempo: _________________________
Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT
BESKRYWING
TOEKENNING SE PUNTE
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid
Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, 2
spasiëring, uitleg
Kwaliteit
Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, 10
musikaliteit, tempo
TOTAAL 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 8 DBE/November 2016
NSS
2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
artikulasietekens by.
Instrument: _________________________
Tempo: _________________________
Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT
BESKRYWING
TOEKENNING SE PUNTE
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid
Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, 2
spasiëring, uitleg
Kwaliteit
Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, 10
musikaliteit, tempo
TOTAAL 15
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 9 DBE/November 2016
NSS
BLANKO BLADSY
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 10 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel uit Mozart se Sonate K.283 hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 11 DBE/November 2016
NSS
3.1.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel.
__________________________________________
(1)
3.1.2 Identifiseer akkoord (a) tot (e) en besyfer hulle op die partituur.
Gebruik standaardbesyfering onder die partituur, byvoorbeeld V6,
OF akkoordsimbole, byvoorbeeld B/D# bo die partituur. (5)
3.1.3 Benoem die kadens in maat 3–4.
___________________________________________ (1)
3.1.4 Benoem die tipe nie-akkoordnoot by (i).
____________________________________________ (1)
3.1.5 Omkring AL die deurgangsnote op die partituur wat in maat 8 op
maatslag 1 en 2 voorkom. (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 12 DBE/November 2016
NSS
3.2 Bestudeer die uittreksel uit Solitaire van Neil Sedaka en Philip Cody hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 13 DBE/November 2016
NSS
3.2.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel.
________________________________________________ (1)
3.2.2 Identifiseer akkoord (a) tot (e) en besyfer hulle op die partituur.
Gebruik akkoordsimbole bo die partituur, byvoorbeeld Bb/D. (5)
3.2.3 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) tot (iii).
(i) _________________________________________________
(ii) _________________________________________________
(iii) _________________________________________________ (3)
3.2.4 Benoem die kadens in maat 6–7.
________________________________________________ (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 14 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
en baspartye by te voeg.
Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT
BESKRYWING
TOEKENNING SE PUNTE
Akkoordprogressie
14
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
Korrektheid
16
Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
Kwaliteit
Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, 10
kreatiwiteit
40
(÷ 8 x 3)
TOTAAL 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 15 DBE/November 2016
NSS
4.2 Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal in
die onvoltooide balke in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe
materiaal in maat 1–3 voorgestel word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 16 DBE/November 2016
NSS
Die antwoord sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT
BESKRYWING
TOEKENNING SE PUNTE
Akkoordprogressie
15
Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadense
Korrektheid
Notasie, verdubbeling, spasiëring, 15
stemvoering
Kwaliteit
Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, 10
kreatiwiteit
40
(÷ 8 x 3)
TOTAAL 15
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 17 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Beantwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).
Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (5.1.1–5.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
5.1.11 A B C D
5.1.1 Presto is die ...
A Duitse woord vir vinnig.
B Italiaanse woord vir vinnig.
C Italiaanse woord vir lewendig.
D Duitse woord vir lewendig.
5.1.2 Die term falsetto verwys na 'n ...
A vroulike stem wat vinnige lopies en melismas sing.
B houtblaasinstrument wat hoë note speel.
C manlike stem wat in die vrouestemomvang sing.
D houtblaasinstrument wat vals speel.
5.1.3 'n Chordofoon is enige instrument ...
A wat klank met behulp van 'n gespande snaar voortbring.
B waar die klank met behulp van sy eie materiaal voortgebring
word.
C waarvan die klank deur 'n membraan voortgebring word.
D waarop akkoorde gespeel kan word.
5.1.4 Watter term hieronder beskryf die herhaling van 'n melodie of
musikale idee op 'n ander toonhoogte?
A Vergroting
B Verkleining
C Omkering
D Sekwens
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 18 DBE/November 2016
NSS
5.1.5 Watter EEN van die volgende terme is NIE 'n tekstuurtipe NIE?
A Monofonies
B Polifonies
C Stereofonies
D Homofonies
5.1.6 Na watter EEN van die volgende verwys tweeledige vorm?
A AB
B ABACA
C ABA
D ABCBA
5.1.7 Watter EEN van die stellings hieronder is KORREK ten opsigte van
transponerende instrumente?
A 'n Fluit klink 'n oktaaf hoër as die geskrewe party.
B 'n Kontrabas klink 'n oktaaf laer as die geskrewe party.
C 'n Kitaar klink 'n oktaaf hoër as die geskrewe party.
D 'n Trompet klink 'n majeur derde laer as die geskrewe party.
5.1.8 Watter EEN van die volgende is 'n houtblaasinstrument?
A Eufonium
B Cor anglais (Engelse horing)
C Trompet
D Franse horing
5.1.9 Tempo giusto beteken ...
A 'n vry tempo.
B 'n lewendige tempo.
C versnel die tempo oombliklik.
D streng tempo.
5.1.10
Die klein nootjie moet ... gespeel word.
A met ekstra krag
B soos die speler dit verkies,
C so vinnig as moontlik
D met die helfte van die waarde van die daaropvolgende noot
(10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 19 DBE/November 2016
NSS
5.2 Beskryf die funksies van SAMRO kortliks. (4)
5.3 Kopiereg gee aan die kopiereghouer die uitsluitlike reg op die gebruik van
sy/haar musiek.
Brei uit op hierdie stelling. (4)
5.4 Definieer die volgende terme:
5.4.1 Tantième op naaldtydregte ('needletime rights') (1)
5.4.2 Tantième op meganiese regte (1)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 20 DBE/November 2016
NSS
Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 6
6.1 Beskryf die volgende terme met verwysing na vorm:
6.1.1 Menuet en trio (2)
6.1.2 Rondo (2)
6.1.3 Ontwikkeling (2)
6.1.4 Eerste onderwerp/tema (2)
6.2 'n Simfoniese toondig word op programmatiese inhoud gebaseer.
Verduidelik die betekenis van hierdie stelling. (2)
[10]
VRAAG 7
Bespreek die belangrikheid van die Mannheim-orkes. [5]
VRAAG 8
Skryf 'n paragraaf waarin jy die genre van Mendelssohn se Hebrides Ouverture
definieer. Beskryf kortliks die vorm van die werk en bespreek die belangrikheid van
die titel. [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 21 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 9
Bestudeer die uittreksel hieronder uit die Pastorale Simfonie van Beethoven. Skryf
'n paragraaf oor die beweging waarin die uittreksel voorkom.
[5]
VRAAG 10
Mozart het die aria as genre in sy opera Die Towerfluit vervolmaak.
Brei uit op hierdie stelling. Definieer die aria as 'n genre en bespreek TWEE arias wat
deur verskillende karakters in Die Towerfluit gesing word.
Jy sal punte vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Definisie van 'n aria 2
Aria 1 5
Aria 2 5
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 22 DBE/November 2016
NSS
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Kies die jazz-klassifikasie uit KOLOM B wat by die kunstenaar/groep in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer
(11.1.1–11.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 11.1.7 G.
KOLOM A KOLOM B
11.1.1 The Flying Jazz Queens A moderne jazz
11.1.2 Lemmy Mabaso B mbaqanga
11.1.3 Makgonatsohle Band C kwêla
11.1.4 Voice D Cape jazz
11.1.5 Dollar Brand E marabi
11.1.6 Union of South Africa F jazz in ballingskap ('jazz in
exile')
(6 x 1) (6)
11.2 Noem EEN belangrike bydrae wat ELK van die volgende kunstenaars tot
Suid-Afrikaanse jazz gelewer het:
11.2.1 Zim Nqawana (1)
11.2.2 The Jazz Epistles (1)
11.2.3 Miriam Makeba (1)
11.2.4 Chris MacGregor (1)
[10]
VRAAG 12
Skryf 'n paragraaf waarin jy kwêla beskryf. Verduidelik ook kortliks die rol wat dit in die
ontwikkeling van Suid-Afrikaanse jazz gespeel het. [5]
VRAAG 13
Beskryf die mbaqanga-styl wat in die musiek van groepe soos Makgonatsohle Band,
The Cool Crooners of Soul Brothers voorkom. [5]
VRAAG 14
Bespreek die oorsprong en styleienskappe van marabi-musiek. Verwys na ten minste
EEN kunstenaar of groep. [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 23 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 15
Skryf 'n opstel oor die musiek van EEN van die volgende Cape jazz-kunstenaars:
• Abdullah Ibrahim
• Robbie Jansen
• Winston Mankunku Ngozi
Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Musiekeienskappe 5
Oorsprong en invloede 5
Albums/Liedere 2
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 24 DBE/November 2016
NSS
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 16
16.1 Gee 'n term om ELK van die volgende te beskryf:
16.1.1 'n Musiekstyl wat danspassies wat liggies op die tone uitgevoer
word, insluit (1)
16.1.2 Die vinnige instrumentale inleiding tot 'n maskandi-lied (1)
16.2 Kies die item uit KOLOM B wat by die kunstenaar/groep in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–E) van jou keuse langs die vraagnommer
(16.2.1–16.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 16.2.6 F.
KOLOM A KOLOM B
16.2.1 Abbey Cindi A mbaqanga
16.2.2 Phuzekhemisi B fluit
16.2.3 Soul Brothers C SATB/TTBB
16.2.4 Sello Galane D maskandi
16.2.5 Isicathamiya E moropa wa diatla
(5 x 1) (5)
16.3 Beskryf kortliks die rol van musiek in tradisionele Afrika-godsdiens. (3)
[10]
VRAAG 17
Bespreek plaaslike en internasionale invloede in malombo-musiek. Verwys na ten
minste EEN kunstenaar of groep. [5]
VRAAG 18
Beskryf die mbaqanga-styl wat in die musiek van groepe soos Makgonatsohle Band,
The Cool Crooners of Soul Brothers voorkom. [5]
VRAAG 19
Beskryf isicathamiya-musiek met verwysing na die eienskappe daarvan en hoe hierdie
styl internasionale status verwerf het. [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 25 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 20
Maskandi is tradisioneel 'n Zoeloe-musiekstyl wat prominent in vandag se populêre
musiek voorkom.
Skryf 'n opstel waarin jy op hierdie stelling uitbrei deur die oorsprong en eienskappe
van die styl te bespreek.
Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Oorsprong 4
Styleienskappe 6
Kunstenaar en lied 2
Logiese aanbeiding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 DBE/November 2016
NSS
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Music

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (English)

Question paper