Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 vel manuskrippapier.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Music Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 953.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1Notation, Rhythm & Metre15 marks
- Question 2Harmony, Chords & Composition30 marks
- Question 3Harmony, Chords & Composition30 marks
- Question 4Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 5Music Technology & Presentation Skills10 marks
- Question 6Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]15 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
D en E.
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord
slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).
4. Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe
teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
inligting in hul antwoorde te gee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 3 DBE/November 2021
NSS
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE 1 15
(VERPLIGTEND)
2 15
3 15
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: ALGEMENE
MUSIEKKENNIS 5 10
(VERPLIGTEND)
SUBTOTAAL 10
EN
C: IAM 6 15
7 5
8 8
9 7
10 15
SUBTOTAAL 50
OF
D: JAZZ 11 15
12 5
13 8
14 7
15 15
SUBTOTAAL 50
OF
E: WKM 16 15
17 5
18 8
19 7
20 15
SUBTOTAAL 50
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 4 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2 OF 2.3
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 5 DBE/November 2021
NSS
1.1 Hoe vinnig moet hierdie uittreksel gespeel word? Maak 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkie.
Matig vinnig en Baie lewendig en So vinnig as menslik
met passie met energie moontlik en met
geesdrif (1)
1.2 Watter tipe toonleer word deur die note in die boonste party van maat 1 tot 3
gevorm?
(1)
1.3 Benoem die interval by (a) volgens tipe en afstand.
(1)
1.4 Noteer die omkering van die interval by (b).
(1)
1.5 Benoem die drieklank by (c) volgens tipe en posisie.
(1)
1.6 Skryf die drieklank by (c) in die altsleutel in eerste omkering in noue ligging.
Gebruik halfnote.
(1)
1.7 Lewer kommentaar op die toonsoort(e) van hierdie stuk.
(1)
1.8 Vergelyk die teksture in maat 6 tot 8 met dié in maat 9 tot 10 en lewer
kommentaar.
(1)
1.9 Identifiseer die ritmiese kenmerk wat by (V) gebruik word.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 6 DBE/November 2021
NSS
1.10 Herskryf (W) in die ooreenstemmende saamgestelde tyd. Voeg die nuwe
tydmaatteken by. Maak seker dat die musiek dieselfde klink.
(2)
1.11 Voeg die korrekte tydmaatteken op die partituur by in die ruimte wat by (X)
verskaf word. (1)
1.12 Skryf 'n variasie van die motief by (Y). Moet NIE 'n sekwens skryf NIE.
(2)
1.13 Herskryf (Z) met 'n alternatiewe ritmiese groepering.
Moet NIE die klank van die musiek verander NIE.
(1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 7 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2 ÓF VRAAG 2.3.
2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.
Instrument: __________________________
Tempo: __________________________
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid:
2
Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, spasiëring, groepering
Kwaliteit:
Toepaslikheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek en 10
musikaliteit
TOTAAL 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 8 DBE/November 2021
NSS
2.2 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.
Instrument: __________________________
Tempo: __________________________
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid:
2
Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, spasiëring, groepering
Kwaliteit:
Toepaslikheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek en 10
musikaliteit
TOTAAL 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 9 DBE/November 2021
NSS
2.3 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie om 'n twaalfmaat-melodie in
drieledige vorm vir 'n stem te skep. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte
tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet
NIE lirieke byvoeg NIE.
Stemtipe: __________________________
Tempo: __________________________
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
BESKRYWING MAKS. PUNT
Vorm en kadenspunte 3
Korrektheid:
2
Solfanotasie, dubbelpunte, kommapunte en aandagstrepe
Kwaliteit:
10
Toepaslikheid van omvang, tempo, dinamiek en musikaliteit
TOTAAL 15
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 10 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) op die partituur deur Romeinse
syfers te gebruik, bv. E: viio6/viiob. (8)
3.1.2 Noem die finale kadens en besyfer die laaste akkoord by (j) op die
partituur.
(2)
3.1.3 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).
(i)
(ii)
(iii)
(iv) (4)
3.1.4 Verduidelik die G# in maat 3.
(1)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 11 DBE/November 2021
NSS
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (h) en skryf akkoordsimbole in
die spasies verskaf bokant die akkoorde, bv. Bb/D. (8)
3.2.2 Benoem die kadens wat by (Z) gevorm word en skryf die
akkoordsimbool by (j) op die partituur in.
(2)
3.2.3 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).
(i)
(ii)
(iii)
(iv) (4)
3.2.4 Lewer kommentaar op die tenoorparty in maat 8 by (X).
(1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 12 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.
4.1 4.1.1 Voltooi die harmoniese progressie hieronder vierstemmig deur 'n
deurgangs tweede omkeringspatroon by te voeg.
(3)
4.1.2 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die
alt-, tenoor- en baspartye by te voeg.
Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
BESKRYWING MAKS. PUNT
Korrektheid:
11
Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
Akkoordprogressie:
9
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
Kwaliteit:
Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit, 4
bv. gebruik van kadensiële 6/4-progressie en/of 'n sekwens
(24 ÷ 2)
TOTAAL
= 12 (12)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 13 DBE/November 2021
NSS
4.2 4.2.1 Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde in die
bassleutel in te vul. Gebruik halfnote.
(5)
4.2.2 Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal by
te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in
maat 1 tot 4 gesuggereer word.
Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
BESKRYWING MAKS. PUNT
Akkoordprogressie:
7
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
Korrektheid:
9
Notasie, spasiëring, stemvoering
Kwaliteit:
Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit, 4
bv. gebruik van toevallige tekens
(20 ÷ 2)
TOTAAL
= 10 (10)
[15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 14 DBE/November 2021
NSS
AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
AFDELING B, C, D en E moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (5.1.1 tot 5.1.4) neer, bv. 5.1.5 E.
5.1.1 By watter maatskappy registreer kunstenaars vir naaldtydregte?
A SAMRO
B CAPASSO
C SAMPRA
D SONY (1)
5.1.2 Die funksie van 'n uitgewersmaatskappy is om …
A musiekpartiture te redigeer.
B partiture vir kopieregdoeleindes in te dien.
C opdrag te gee vir die verwerking van 'n musiekpartituur.
D Al die bogenoemde (1)
5.1.3 Watter stelling is ONWAAR?
Die komponis vind finansieel baat by 'n werk wat deur kopiereg
beskerm word …
A wanneer die werk geregistreer is en lewendig uitgevoer word.
B wanneer plagiaat op die werk gepleeg word.
C wanneer die werk geregistreer is en oor die radio gespeel
word.
D vir 50 jaar na haar/sy dood. (1)
5.1.4 Watter stelling is WAAR?
Die musiekbedryf …
A laat produksie van vervalste opnames toe.
B gebruik naaldtydregte om komponiste te penaliseer.
C skep geleenthede vir kunstenaars om 'n bestaan uit hul
musiek te maak.
D Al die bogenoemde (1)
5.2 Waarna verwys intellektuele eiendom in die musiekbedryf? (1)
5.3 Beskryf die rol wat musiekregteorganisasies tans in die musiekbedryf speel. (2)
5.4 Definieer die term meganiese regte. (1)
5.5 Watter prosedures sal jy volg indien jy 'n uittreksel uit 'n kontemporêre lied,
wat deur kopiereg beskerm word, in jou eie komposisie wil gebruik? (2)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 15 DBE/November 2021
NSS
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 6
6.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (6.1.1 tot 6.1.5) neer, bv. 6.1.6 E.
6.1.1 A cappella beteken ...
A sang deur 'n groep wat slegs uit mans bestaan, met
begeleiding.
B musiek vir stem en klavier.
C kooruitvoering met beweging.
D sang sonder begeleiding. (1)
6.1.2 Die lirieke van Wena Wedwa deur Thee Legacy handel oor ...
A liefde en egskeiding.
B aanlyn liefde.
C liefde teenoor haat.
D liefde en lojaliteit. (1)
6.1.3 Krepitasie verwys na …
A sagte handeklap.
B vokalisering met 'n hoë toonhoogte.
C ploffende stem-effekte.
D energieke liggaamsbeweging. (1)
6.1.4 Roep en antwoord verwys na …
A vokale musiek met liggaamsbeweging.
B afwisselende sang tussen 'n solis en 'n groep.
C solo- vokale uitvoering.
D Al die bogenoemde (1)
6.1.5 Isihlabo is 'n inleiding vir ...
A maskanda.
B isicathamiya.
C malombo.
D Al die bogenoemde (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 16 DBE/November 2021
NSS
6.2 Kies 'n album/treffer uit KOLOM B wat by die kunstenaar in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.2.1 tot 6.2.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.2.5 E.
KOLOM A KOLOM B
6.2.1 Philip Tabane A Melodi Yalla
6.2.2 Mfaz' Omnyama B uNomathemba
6.2.3 Joseph Shabalala C Phamba Madiba
6.2.4 Mahlathini and the Mahotella D Kuke Kwagijim' Iveni
Queens
(4 x 1) (4)
6.3 Bespreek die optredepraktykeienskappe van EEN van die volgende
sang-/dansstyle:
6.3.1 Tshikona
6.3.2 Borankana
6.3.3 Muchongolo
6.3.4 Mohobelo
6.3.5 Isitshikiza
6.3.6 Indlamu (3)
6.4 Maak 'n lys van DRIE stylkenmerke van mbaqanga. (3)
[15]
VRAAG 7
Isicathamiya het ontstaan uit die koorkompetisies wat heelnag gedurende naweke in
Johannesburg en Durban gehou is.
Brei op hierdie stelling uit deur na die kleredragkode (1 punt) en verhooguitvoering
(4 punte) van isicathamiya-groepe te verwys. [5]
VRAAG 8
Skryf 'n paragraaf waarin jy die rol van musiek in Afrika-kultuur bespreek. [8]
VRAAG 9
Verduidelik hoe izibongo/direto in 'n Afrika-musiekuitvoering gebruik word. [7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 17 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 10
Maskanda het 'n landelike oorsprong en het in 'n gewilde stedelike styl ontwikkel.
Skryf 'n opstel waarin jy na die ontwikkeling van maskanda as 'n manlike voordragstyl,
sowel as die invloed van umakhweyane/ugubhu(kalbasboog)-musiek verwys. Noem
verteenwoordigende kunstenaars en liedjies/albums in jou antwoord
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
PUNTE-
KRITERIA
TOEKENNING
Maskanda as 'n manlike voordragstyl 4
Die invloed van umakhweyane/ugubhu(kalbasboog)-musiek 5
Kunstenaars en liedjies/albums 3
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 18 DBE/November 2021
NSS
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (11.1.1 tot 11.1.5) neer, bv. 11.1.6 E.
11.1.1 Watter EEN van die volgende ritmiese patrone is die 'skiffle-agtige'
maatslag wat in kwêla gebruik word?
A ens.
B ens.
C ens.
D ens. (1)
11.1.2 Die lirieke van Jikela Emaweni deur die Manhattan Brothers
handel oor …
A mans wat in die myne werk.
B 'n gospel-boodskap.
C verlange huis toe.
D protesterende vroue. (1)
11.1.3 Watter EEN van die volgende verteenwoordig die E mineur
sewende akkoord?
A Eo7
B EM7
C Em7
D E+7 (1)
11.1.4 Watter EEN van die volgende is NIE 'n transponerende instrument
NIE?
A Basklarinet
B Trompet in Bb
C Altsaksofoon
D Fluit (1)
11.1.5 'Comping' in jazz-musiek word die beste as … beskryf.
A die beklemtoning van swak maatslae in 'n maat
B ritmiese akkoordbegeleiding op die klavier
C die sing van onsinnige lettergrepe in plaas van woorde
D improvisasie deur 'n solo-instrumentalis (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 19 DBE/November 2021
NSS
11.2 Vul die korrekte inligting by (a) en (b) in.
KWELA MBAQANGA
Tonaliteit (a) Majeur/pentatonies
Leier-instrument Penniefluit (b) (2)
11.3 Kies 'n werk uit KOLOM B wat by die kunstenaar in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (11.3.1 tot 11.3.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.3.5 E.
KOLOM A KOLOM B
11.3.1 The Jazz Epistles A The Colours They Bring
11.3.2 Feya Faku B Lakutshon' iLanga
11.3.3 Zim Nqawana C Vary-oo-vum
11.3.4 Miriam Makeba D eBhofolo
(4 x 1) (4)
11.4 Maak 'n lys van VIER stylkenmerke van mbaqanga. (4)
[15]
VRAAG 12
Skryf kort aantekeninge oor die styleienskappe van The Brotherhood of Breath. [5]
VRAAG 13
Verduidelik hoe Abdullah Ibrahim se klavierstyl beide plaaslike (4 punte) en
internasionale invloede (3 punte) weerspieël. In jou bespreking, verwys na 'n
spesifieke voorbeeld uit sy werke (1 punt). [8]
VRAAG 14
Skryf 'n paragraaf waarin jy die musikale eienskappe van kwêla bespreek. [7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 20 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 15
Skryf 'n opstel oor marabi-musiek en dui aan waarom dit as 'n oorspronklike
Suid-Afrikaanse jazz-styl van die 1930's beskou word.
Verwys na die oorsprong van instrumente, instrumentasie en styleienskappe. Noem 'n
verteenwoordigende kunstenaar/orkes en 'n bypassende musiekvoorbeeld.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNIG
Oorsprong van instrumente 2
Instrumentasie 3
Styleienskappe 5
Kunstenaar/groep en musiekvoorbeeld 2
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 50
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 21 DBE/November 2021
NSS
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 16
16.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (16.1.1 tot 16.1.5) neer, bv. 16.1.6 E.
16.1.1 'n Pedaalpunt …
A is 'n hefboom wat deur die voet getrap word om note aan te
hou wanneer die klavier gespeel word.
B word slegs in moderne musiekstyle gevind.
C is 'n noot in die laagste party/stem wat aangehou word teen
veranderende harmonieë.
D word slegs in die laagste party/stem van 'n orrelwerk gevind. (1)
16.1.2 Watter EEN van die volgende musiekterme beteken 'dringende
versnelling'?
A Movimento
B Rubato
C Smorzando
D Stringendo (1)
16.1.3 Watter EEN van die volgende beskryf die libretto van 'n opera die
beste?
A Dialoog, lirieke en verhoogsaanwysings
B Gesproke woorde en wat gesing word
C Wat gesing word en verhoogaanwysings
D Dialoog, lirieke, verhoogaanwysings en volgorde van tonele (1)
16.1.4 Die nuwe instrument wat by Mozart se orkes in Die Towerfluit
gevoeg is, is die …
A piccolo.
B buisklokke.
C tromboon.
D tuba. (1)
16.1.5 Watter EEN van die volgende is NIE 'n transponerende instrument
NIE?
A Basklarinet
B Trompet in Bb
C Altsaksofoon
D Fluit (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 22 DBE/November 2021
NSS
16.2 Skryf kort aantekeninge oor die konsert-ouverture. (3)
16.3 Noem TWEE wyses waarop die toondig van die konsert-ouverture as genre
verskil. (2)
16.4 Verduidelik die funksie van die aria in 'n opera. (2)
16.5 Wat is die algemeenste gebruikstaal in opera? (1)
16.6 Behalwe vir Mozart se operas, noem EEN ander opera en die komponis
daarvan. (2)
[15]
VRAAG 17
Mendelssohn het Klassieke elemente by sy Hebrides Ouverture ingesluit.
Brei op hierdie stelling uit deur na die struktuur, orkestipe, harmonie, melodie en tekstuur
van hierdie werk te verwys. [5]
VRAAG 18
Bespreek die eienskappe van die Singspiel. Verwys na algemene eienskappe
(3 punte), storielynvereistes (3 punte) en musikale eienskappe (2 punte). [8]
VRAAG 19
19.1 Noem EEN genre waarin jy sonatevorm sal vind. (1)
19.2 Verduidelik die verskil tussen die uiteensetting en die heruiteensetting in
standaard-sonatevorm. Jy mag 'n tabelformaat gebruik. (6)
[7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 23 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 20
Beethoven se innoverings in sy Simfonie Nr. 6 Op. 68 het die bestaande Klassieke
simfoniese model verander.
Skryf 'n opstel waarin jy Beethoven se gebruik van struktuur en vorm,
instrumentasie/orkestrasie en dinamiek bespreek. Haal spesifieke voorbeelde uit die
vierde en vyfde bewegings aan.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNIG
Struktuur en vorm 6
Instrumentasie/orkestrasie 3
Dinamiek 3
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 50
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 DBE/November 2021
NSS
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Music

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (English)

Question paper