Skip to content

Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

MemorandumMusicGrade 12202131 pages

Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 31 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 NOVEMBER 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 120 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 31 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 OF 2.3 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 1.1 Hoe vinnig moet hierdie uittreksel gespeel word? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Antwoord: Matig vinnig en Baie lewendig en So vinnig as menslik met passie met energie moontlik en met geesdrif 1 punt (1) 1.2 Watter tipe toonleer word deur die note in die boonste party van maat 1 tot 3 gevorm? Antwoord: Pentatonies 1 punt (1) 1.3 Benoem die interval by (a) volgens tipe en afstand. Antwoord: Mineur 7de 1 punt Geen ½ punte (1) 1.4 Noteer die omkering van die interval by (b). Antwoord: 1 punt Geen ½ punte (Enige nootwaarde is aanvaarbaar) (1) 1.5 Benoem die drieklank by (c) volgens tipe en posisie. Antwoord: Majeur, Grondposisie ½ + ½ = 1 punt (1) 1.6 Skryf die drieklank by (c) in die altsleutel in eerste omkering in noue ligging. Gebruik halfnote. Antwoord: Vier moontlike antwoorde Sleutel = ½ punt Note = ½ punt (1) 1.7 Lewer kommentaar op die toonsoort(e) van hierdie stuk. Antwoord:  Die stuk begin in E mineur en eindig in G majeur  Die stuk beweeg tussen die volgende toonsoorte: E mineur, D majeur, G majeur, C majeur en Eb majeur  Die toonsoortteken dui op E mineur of G majeur  Kan as uitgebreide tonaliteit beskou word aangesien verskeie toonsoorte voorkom EEN korrekte antwoord = 1 punt (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 1.8 Vergelyk die teksture in maat 6 tot 8 met dié in maat 9 tot 10 en lewer kommentaar. Antwoord: Maat 6 tot 8 Maat 9 tot 10 Yl tekstuur met twee lyne Blokakkoorde, digte tekstuur Deursigtige tekstuur Akkoordtekstuur Diskant melodie met 'n enkel baslyn Melodie in die diskant met begeleiding akkoordbegeleiding Polifonies (rudimentêr) Homofonies Enige EEN vergelyking = 1 punt (1) 1.9 Identifiseer die ritmiese kenmerk wat by (V) gebruik word. Antwoord Sinkopasie/aksente op die swak maatslae 1 punt (1) 1.10 Herskryf (W) in die ooreenstemmende saamgestelde tyd. Voeg die nuwe tydmaatteken by. Maak seker dat die musiek dieselfde klink. Antwoord: ½ ½ ½ ½ Korrekte tydmaatteken = ½ punt Notasie ½ punt per pols = 1½ punte (2) 1.11 Voeg die korrekte tydmaatteken op die partituur by in die ruimte wat by (X) verskaf word. Antwoord: 1 punt Geen ½ punte (Geen penalisasie vir 'n antwoord slegs in die diskantsleutel nie) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 1.12 Skryf 'n variasie van die motief by (Y). Moet NIE 'n sekwens skryf nie. (Y) Konsepantwoord(e): Aanvaar enige korrekte variasie = 2 punte Minus ½ punt per notasiefout (2) 1.13 Herskryf (Z) met 'n alternatiewe ritmiese groepering. Moet NIE die klank van die musiek verander NIE. Antwoord: 1 punt (1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2 ÓF VRAAG 2.3 2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by. Konsepantwoord: Instrument: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool, ens. Tempo: Moderato/Allegretto, ens. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 2.2 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by. Konsepantwoord: Instrument: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool, ens. Tempo: Moderato/Allegretto, ens. Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2 toevallige tekens, spasiëring, groepering Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend 9–10 voortgesit; suksesvolle gebruik van tonaliteit; melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme Kwaliteit Goed - Kwaliteit van melodie en Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik toepaslikheid vir die gekose 7–8 aan; aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele instrument tonaliteit; melodiese kontoer bevredigend; keuse van - Toepaslikheid van tempo, toonhoogtes en ritme akkuraat 10 artikulasie en dinamiese Gemiddeld aanduidings verhoog die Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik; kwaliteit van die antwoord 4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking; - Musikaliteit keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie; 0–3 aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme onsamehangend TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 2.3 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir 'n stem te vorm. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Konsepantwoord: Stemtipe: Sopraan/Alt/Tenoor/Bariton/Bas Tempo: Moderato/Allegretto, ens. Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Korrektheid Solfanotasie, dubbelpunte, Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2 kommapunte en aandagstrepe Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit; 9–10 suksesvolle gebruik van tonaliteit; melodiese kontoer Kwaliteit meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme - Kwaliteit van melodie en Goed toepaslikheid van die Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan; omvang 7–8 aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele tonaliteit; - Toepaslikheid van melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes tempo en dinamiese en ritme akkuraat 10 aanduidings verhoog die Gemiddeld kwaliteit van die Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik; antwoord 4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking; keuse van - Musikaliteit toonhoogtes en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie; 0–3 aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme onsamehangend TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. A: I A: IV6 A: IVb 3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) op die partituur deur Romeinse syfers te gebruik, bv. E: viio6/viiob. Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 8 punte Minus ½ punt indien omkering verkeerd is (8) 3.1.2 Noem die finale kadens en besyfer die laaste akkoord by (j) op die partituur. Antwoord: Onderbroke kadens = 1 punt Sien partituur = 1 punt (2) 3.1.3 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv). Antwoord: (i) Terughouding = 1 punt (ii) Deurgangsnoot = 1 punt (iii) Vooruitneming = 1 punt (iv) (Boonste) Wisselnoot = 1 punt (4) 3.1.4 Verduidelik die G# in maat 3. Antwoord:  Chromatiese noot in D majeur  Leitoon van A majeur  Leitoon van die dominant/verwante toonsoort  Chromatiese deurgangsnoot  Deel van sekondêre dominant (Vb/V) Enige EEN = 1 punt (1) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. 3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (h) en skryf akkoordsimbole in die spasies verskaf bokant die akkoorde, bv. Bb/D. Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 8 punte Minus ½ punt indien omkering verkeerd is (8) 3.2.2 Benoem die kadens wat by (Z) gevorm word en skryf die akkoordsimbool by (j) op die partituur in. Antwoord: Plagale kadens = 1 punt Sien partituur = 1 punt (2) 3.2.3 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv). Antwoord: (i) (Onderste) Wisselnoot = 1 punt (ii) Vooruitneming = 1 punt (iii) Deurgangsnoot = 1 punt (iv) Terughouding = 1 punt (4) 3.2.4 Lewer kommentaar op die tenoorparty in maat 8 by (X). Antwoord:  Chromatiese passasie  Bevat sinkopasie  Agstenote skep 'n voorwaartse dryfkrag Enige EEN = 1 punt (1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2. 4.1 4.1.1 Voltooi die harmoniese progressie hieronder vierstemmig deur 'n deurgangs tweede omkeringspatroon by te voeg. 1 punt per akkoord = 3 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt per akkoord (3) 4.1.2 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Konsepantwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Korrektheid: Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 Notasie, verdubbeling, spasiëring, 11 punt per akkoord nie stemvoering Akkoordprogressie: 1 punt tussen elke paar akkoorde Akkoordkeuse, korrekte gebruik van 9 (behalwe tussen maat 4 en 5) kadens Kwaliteit: Uitstekend = 3½–4 punte Musikaliteit, non-akkoordnote, Goed = 2½–3 punte 4 stylbewustheid, kreatiwiteit, bv. gebruik Gemiddeld = 1½–2 punte van kadensiële 6/4 en/of 'n sekwens Swak = 0–1 punte Nota aan die nasiener: 24 Punt uit 24 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 2) TOTAAL 12 (12) [15] Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die simbole as sodanig toegeken nie. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 4.2 4.2.1 Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde in die bassleutel in te vul. Gebruik halfnote. 1 punt per akkoord = 5 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt per akkoord (5) 4.2.2 Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 tot 4 . gesuggereer word. Konsepantwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordprogressie: 1 punt tussen elke paar akkoorde Akkoordkeuse, korrekte gebruik van 7 (behalwe tussen maat 8 en 9) kadens Korrektheid: Minus ½ punt per fout maar nie meer 9 Notasie, spasiëring, stemvoering as 1 punt per akkoord nie Kwaliteit: Uitstekend = 3½–4 punte Musikaliteit, non-akkoordnote, Goed = 2½–3 punte 4 stylbewustheid, kreatiwiteit, bv. gebruik Gemiddeld = 1½–2 punte van toevallige tekens Swak = 0–1 punte Nota aan die nasiener: Punt uit 20 moet nie 'n ½ punt bevat (20 ÷ 2) nie TOTAAL 10 (10) [15] Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die simbole as sodanig toegeken nie. TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Nota aan die nasiener: Een punt word vir elke korrekte feit toegeken. Kandidate moet gekrediteer word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyn gegee word nie. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 5.1.1 C 5.1.2 D 5.1.3 B 5.1.4 C 4x1 (4) 5.2 Oorspronklike kreatiewe uitset (musiekkomposisie/liedjies/handelsware ens.) wat deur die komponis/kunstenaar besit word 1 punt (1) 5.3  Hulle beskerm die regte van outeurs, komponiste en musiekuitgewers  Hulle administreer die kopiereg van die lid se musiek  Hulle reik lisensies uit aan musiekverbruikers, bv. skole, konsertsale, inkopiesentrums, ens.  Hulle kollekteer lisensiefooie  Hulle verdeel tantieme betalings onder hul lede  Hulle administreer „n pensioenfonds vir hul lede  Hulle organiseer kompetisies  Hulle gee opdrag vir nuwe werke TWEE korrekte feite (2) 5.4  Tantieme wat aan komponiste/outeurs/uitgewers betaal word wanneer hul musiek wat opgeneem is of „n “cover version/remix” , gekopieer word en as ʼn hardekopie of aanlyn verkoop word, byvoorbeeld CD, Mp3, digitaal aflaai ('streaming') OF  Om „n opgeneemde musiekproduk te skep, meganies of digitaal, moet „n lisensiefooi betaal word – dit is meganiese regte 1 punt (1) 5.5  Kry toestemming van die kopiereghouer om die materiaal te gebruik  Betaal 'n lisensiefooi aan die komponis se insamelingsagentskap 2 punte (2) TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag die kandidate in volsinne antwoord. VRAAG 6 6.1 6.1.1 D 6.1.2 D 6.1.3 C 6.1.4 B 6.1.5 A 5x1 (5) 6.2 6.2.1 C 6.2.2 D 6.2.3 B 6.2.4 A 4x1 (4) 6.3 Antwoord: 6.3.1 Tshikona  Word tydens belangrike geleenthede uitgevoer, bv. inhuldiging van 'n nuwe koning of huldeblyk by die afsterwe van 'n koning  Word deur beide mans en vroue uitgevoer  Mans speel fluit-pype en vroue speel tromme  Elke fluit-pyp het sy eie toonhoogte  Sang word deur tradisionele vhaVenda-instrumente begelei, bv. o Mbila mutondo – 21-staafxilofoon o Mbila dzamadeza – 27-staaflamellofoon o Ngoma – groot dorstrommel DRIE korrekte feite Slegs EEN punt vir begeleidende instrumente (3) OF 6.3.2 Borankana  Word as vermaak tydens stamaktiwiteite en tradisionele seremonies gebruik  Word deur beide jonger en ouer mans uitgevoer  Vroue en meisies vertolk die rol van sangers en liggaamsperkussie-spelers  Gebruik die Setlhako- en Sephuma-ritmes  Handeklap en enkelratels begelei die sang en dans DRIE korrekte feite (3) OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 6.3.3 Muchongolo  Sang en dans is gebruik om die krygers aan te wakker voor oorlogvoering en as vermaak na oorwinning  Deur mans (krygsmannne) uitgevoer  Gekenmerk deur energieke uitbarstings waar voete hoog opgelig en gestamp word  Tromme word op poliritmiese wyse gespeel  Die stemme word deur 'n tradisionele ensemble begelei, bv. o Xigubu (dubbelkop trom) o Ncomone (tipe tamboeryn) o Xitiringo (dwarsfluit met drie gaatjies) o Xitende (groot kalbasgeresoneerde gespande boog) o Mohambi (10-staafxilofoon) DRIE korrekte feite Slegs EEN punt vir begeleidende instrumente (3) OF 6.3.4 Mohobelo  Word as vermaak tydens die stamhoof se rituele seremonies gebruik, bv. inhuldiging van 'n nuwe stamhoof of eerbewyse aan die stamhoof  Dit word deur mans uitgevoer  Die drie belangrikste bewegings wat aangetref word, is o Bohobela (hoog skop) o Molapo (spring en draai) o Phethola letsoho (handbewegings)  Sang word deur tromme met skudkokers en handeklap begelei DRIE korrekte feite Slegs EEN punt vir beweging (3) OF 6.3.5 Isitshikiza  Is histories vir die koning se genot uitgevoer  Krygsmanne het stories her-opgevoer deur te dans tydens feeste om hul moraal te verbeter  Deesdae word isitshikiza by sosiale byeenkomste, troues of aanvang van die oes uitgevoer  Dit is ook gewoonlik uitgevoer vir injelele, 'n reënmaak-seremonie, uitgevoer  Word deur beide mans en vroue gedans  Kragtige gestamp van voete op die grond vind plaas  Vroue lig nie hulle voete hoër as die knieë wanneer hulle dans nie  Twee ritmes word afwisselend gebruik om eentonigheid te vermy DRIE korrekte feite (3) OF 6.3.6 Indlamu  'n Vermaaklikheidsdans  Word deur beide mans en vroue gedans  Stampbewegings word gelyktydig uitgevoer  Die dans eindig wanneer die span vorentoe beweeg en op die grond val  Die leier (igosa) lei nuwe dansbewegings in  'n Groep sangers/handeklappers en 'n tromspeler vorm 'n integrale deel van die dansuitvoering  Vrouestemme begelei die vrouespan en manstemme die manlike span DRIE korrekte feite (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 6.4 Antwoord:  Die orkes bestaan uit 'n hoofsanger en agtergrondsangers, leierkitaar, baskitaar, klawerbord en tromme  Orrel of gesintetiseerde orrelklanke word dikwels vir orrelgebaseerde vokale mbaqanga bygevoeg  Kitaargedrewe klank in „n suiwer instrumentale mbaqanga  Bastrom boots die gestamp van die indlamu (Zoeloe dansuitvoering) na  Die uitvoering begin gewoonlik met 'n kort inleiding op die kitaar  Roep-en-antwoord word dikwels tussen die hoofsanger en agtergrondsangers gebruik (vokale mbaqanga)  Die lied volg 'n I-IV-V-I akkoordsiklus  Krepitasie word dikwels gebruik DRIE korrekte feite (3) [15] VRAAG 7 Antwoord: Kleredrag  Die isicathamiya-groepe word geklee in pakke, wit hemde, wit handskoene en blink swart skoene (herinnering aan die Amerikaanse minstreelsangers), terwyl die leier soms in kontrasterende kleure met die groep geklee is  Afrika-hemde en wit seilskoene mag ook gedra word 1 punt (1) Verhooguitvoering  Die uitvoering kan van die verhoog af begin en voortgesit word terwyl hulle op die verhoog stap  Die groep neurie die toonhoogte van die eerste lied  Die leier stel die groeplede bekend  Hulle waai hulle hande om die gehoor te groet  Die leier begin die lied waarop die groep antwoord (roep-en-antwoord)  Die lied begin gewoonlik met die groep wat sing terwyl hulle stilstaan in 'n makwaya koorformasie onder leiding van die leier  Soos die lied vorder dui die leier die eerste danstreë aan waarop die groep dan volg en word beenbewegings (isteps/ukucothoza) bygevoeg terwyl hul liggaams- bewegings in sinkronisasie met die lied is  Die groep gebruik krepitasies om opwinding in die gehoor te wek  Die gehoor reageer met ululasies as bevestiging en om waardering te wys VIER korrekte feite (4) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8 Antwoord:  Musiek is 'n sosiale aktiwiteit waaraan almal deelneem  Musiek beklemtoon Afrika-waardes soos samewerking en eenheid (Ubuntu)  Word by rituele feesvieringe (geboorte, lewensrituele, troues, afsterwes) gebruik, bv. o In sommige kulture word 'n lied vir 'n kind by geboorte gekomponeer wat lewenslank gebruik word (by inisiasie, huwelik en afsterwe)  Vergesel werksaktiwiteite (grawe-werk, kapwerk, oeswerk), bv. o Ritmes wat deur fisiese arbeid geskep word, word in die musiek geïnkorporeer om die werk te begelei en verligting aan die werkslading te bring  Lofprysing en kommentaar (izibongo), bv. o Mededeling van die oorsprong van 'n persoon o Herdenk en vier die geskiedenis  Afrika-musiek kombineer dans, speel van instrumente en sang as kulturele rituele uitdrukking  Die Afrika-trom is die mees betekenisvolle instrument aangesien dit die hart van die gemeenskap verteenwoordig en hul gemoedere en emosies weerspieël  Die trommaatslag hou die dansers bymekaar en dui die danspatrone aan  Die menslike liggaam word dikwels as 'n perkussie-instrument gebruik deur bv. handeklap  Dansbewegings is 'n uitbreiding van die musiek se ritmes  Dans reflekteer 'n sin van eenheid in die gemeenskap  Musiek word (meestal mondelings) van een generasie tot 'n ander oorgedra en speel 'n belangrike rol om die gemeenskap te verenig AGT korrekte feite [8] VRAAG 9 Antwoord:  Izibongo/direto is 'n tipe (persoonlike) lofgedig wat 'n musikant aan die begin of in die middel van 'n lied voordra  Daar kan instrumentale begeleiding in die agtergrond wees  Die hoofdoel is om die kunstenaar voor te stel deur lofname en voorgeslagte op te noem  Ander doeleindes sluit in, bv. o Herroeping van geskiedkundige gebeurtenisse en gedenkwaardige prestasies o Om sosiale bewustheid oor te dra terwyl die gehoor vermaak word  Dit geskied gewoonlik teen 'n vinnige tempo  Daar is geen enkele, konstante 'melodiese' verloop nie, bv. o Die verandering in toonhoogte maak staat op die infleksie van die taal wat dan die kontoer bepaal o Die lofgedig kan saam met 'n trommaatslag as dreunsang of a cappella voorgedra word  Roep-en-antwoord word soms gebruik wanneer, bv. o Die digter uiter 'n sinsnede (roep) waarna die gehoor, soos aangedui, antwoord  Poëtiese eienskappe soos herhaling, parallellisme en beeldskepping word gebruik SEWE korrekte feite [7] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 10 Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding Maskanda is 'n subgenre van Zoeloe volksmusiek wat dikwels begelei word deur akoestiese kitare wat spesifieke tegnieke en „n perkussiewe voordragstyl gebruik. Ontwikkeling van maskanda as 'n mansvoordragstyl  Tradisionele Afrika-manlikheid het vereis dat mans werk om sodoende na hul families om te sien terwyl die vroue by die huis gebly het om die kinders op te pas  Apartheid het mans geforseer om hul huise te verlaat en werk in die stede te soek  Hulle het in mynkampe as mans alleen in die stede gebly  Hulle het musiek begin maak om hulle aan die huis te herinner deur instrumente (kitaar) te gebruik wat hulle goedkoop in die stede kon bekom  Westerse instrumente het nuwe geleenthede vir musikante geskep  Die geleentheid om musiek op te neem en geld daaruit te maak, het die sisteem versterk waarvolgens die man as voorsiener gesien is VIER korrekte feite Die invloed van umakhweyane/ugubhu (kalbasboog)-musiek  Die vorm en struktuur van maskanda is uit die umakhweyane-uitvoerpraktyk afkomstig  Die insluiting van izibongo kom van umakhweyane  Tonaliteit word rondom kontrasterende drieklanke gestruktureer wat 'n semi- of heeltoon uitmekaar is soos dit in umakhweyane voorkom  Spesifieke stemming van die maskanda kitaar is deur die melodiese botone wat op die umakwheyane geskep word, beïnvloed  Die gebruik van die pentatoniese toonleer op die umakhweyane, vorm die basis van maskanda improvisasie  Die perkussiewe speelstyl herinner aan umakhweyane musiek  Die kitaar in maskanda dien as selfbegeleiding vir die sanger net soos in umakhweyane VYF korrekte feite Kunstenaars  Mfaz'Omnyama  Inkunz' Emdaka  Khuzani EEN/TWEE korrekte antwoord(e) Liedjies/albums  Kuke Kwagijim' Iveni  Umama  Umshado EEN/TWEE korrekte antwoord(e) Tot 'n maksimum van 3 punte vir Kunstenaars/Liedjies/Albums Voorbeeld van 'n slot KwaZulu-Natal is ryk aan maskandi musikante wat nou ook vrouegroepe insluit. Hulle gaan voort om 'n ryk musikale repertorium met die gebruik van hierdie kitaarstyl te ontwikkel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Maskanda as 'n mansvoordragstyl 4 Die invloed van umakhweyane/ugubhu 5 (kalbasboog)-musiek Kunstenaars en liedjies/albums 3 Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige = 3 punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike = 2-2½ punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik 'n Inleiding, afsluiting en vae argument Logiese aanbieding en struktuur = 1½ punte in die middeldeel van die opstel 3 van die opstel teenwoordig Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak = 1 punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met = ½ punt die skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: JAZZ Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag die kandidate in volsinne antwoord. VRAAG 11 11.1 11.1.1 A 11.1.2 A 11.1.3 C 11.1.4 D 11.1.5 B 5 x1 (5) 11.2 (a) Majeur (b) Kitaar/orrel/elektroniese klawerbord 2x1 (2) 11.3 11.3.1 C 11.3.2 A 11.3.3 D 11.3.4 B 4x1 (4) 11.4 Antwoord:  Die orkes bestaan uit 'n hoofsanger en agtergrondsangers, leierkitaar, baskitaar, klawerbord en tromme  Orrel of gesintetiseerde orrelklanke word dikwels vir orrelgebaseerde vokale mbaqanga bygevoeg  Kitaargedrewe klank in „n suiwer instrumentale mbaqanga  Bastrom boots die gestamp van die indlamu (Zoeloe dansuitvoering) na  Die uitvoering begin gewoonlik met 'n kort inleiding op die kitaar  Roep-en-antwoord word dikwels tussen die hoofsanger en agtergrondsangers gebruik (vokale mbaqanga)  Die lied volg 'n I-IV-V-I akkoordsiklus  Krepitasie word dikwels gebruik VIER korrekte feite (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 12 Antwoord:  Hoofsaaklik beïnvloed deur mbaqanga  'n Mengsel van kragtig-gedrewe blues en uitgebreide eksperimentering met 'n unieke Suid-Afrikaanse smaak/karakter  Kombineer kwela met meer progressiewe idees terwyl „n avant-garde klank met „n Afrika-inslag behou word  Beïnvloed deur die musiek van Duke Ellington, Thelonious Monk, Charles Mingus, Béla Bartók, Schoenberg, Dollar Brand en Cecil Barnard  Instrumentasie van die Big Band word behou  Beweeg weg van verwerkings van die tipiese Big Band-styl  Vrye improvisasie sonder om 'n vaste akkoordstruktuur te volg  Buigsaamheid word in uitvoering beklemtoon VYF korrekte feite [5] VRAAG 13 Antwoord: Plaaslike invloede  Invloede van Kaapse Maleier (Cape minstrel) volksliedere vervat in die ghoema- dans gee sy klavierkomposisies 'n rou energie  Die ritmiese eienskappe van die plaaslike ghoema-trom dra by tot die ostinato- begeleidingsfigure in die linkerhand  Kwela 'skiffle'-agtige ritmes  Dansorkes musiekstyle (langarm, two-step)  Impakvolle gesinkopeerde melodiese gevoel van marabi-jazz  Melodiese nabootsing van die penniefluit  Die gebruik van die drie-akkoord harmoniese progressies/siklusse ontleen aan kerkgesange en ander style, bv. mbaqanga (township jive) soos gebruik in Mannenberg  Gebruik tradisionele musiek van die amaXhosa en sluit elemente van ouer San- en Khoi-musiek in, bv. beweging tussen die tonika en supertonika drieklanke afkomstig uit die boog-liedere van die amaXhosa en amaZulu VIER korrekte feite (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Internasional invloede  Harmonie van moderne volksliedere van Hollandse/Europese oorsprong  Dansorkes musiekstyle (swing, boogie, foxtrot, quickstep)  Die gesinkopeerde gevoel van ragtime  Komiese karakter van Amerikaanse minstreel-musiek  Klassieke klavierstyl  Jazz-klavier invloede van Duke Ellington en Thelonious Monk  Stewige blokakkoorde en sentimentele harmonieë vanuit gospel-musiek ('gospel music')  Sufi (Slamse) dreunsang en tromspel o Stadige tempo o Stemmingsvolle gebruik van die volle omvang van die klavier en pedaal o Gebruik van die mineur toonleer met 'n verhoogde 4de en 7de en verlaagde 2de  The Pilgrim vergelyk goed met Indonesiese oriëntalisme soos aangetref in die klaviermusiek van Noord-Afrikaanse komponiste  Sagte dinamiese vlakke en gestreelde akkoorde wat herinner aan sentimentele Europese volksmusiek DRIE korrekte feite (3) Maksimum van 1 punt vir ‘n genoemde lied of werk (1) [8] VRAAG 14 Antwoord:  Geskryf vir 'n solospeler en 'n begeleidende orkes  Penniefluit is aanvanklik die leierinstrument  Saksofoon vervang die penniefluit as leierinstument  Begeleiding word aanvanklik deur kitaar(e)/banjo en tromme gedoen  Sikliese akkoordstruktuur  Akkoordprogressie (I – IV – I64 – V of I – IV – V – I)  Matige tot redelik lewendige tempo  'Skiffle'-agtige metrum met jive/swing-ritmes  'n Sekondêre melodie word rondom die hoofmelodie gevleg wanneer daar meer as een melodiese speler is  Melodiese materiaal word ontwikkel tydens improvisasie SEWE korrekte feite Maksimum van 2 punte vir instrumentasie [7] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 15 Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding Marabi is 'n klavier-gebaseerde, ragtime-geïnspireerde tipe dansmusiek met 'n herhalende harmoniese progressie. Oorsprong van instrumente  Solo manspianiste ('piano-men') kom te voorskyn met die opkoms van Amerikaanse ragtime, Dixieland en jazz in die 1900s  Eienaars van vermaaklikheidspersele koop hulle eie klaviere/orrels sodat hulle vir die dienste van populêre pianiste of orreliste kan kompeteer om meer kliënte te lok  Koperblaas- en fluit-en-trom orkeste van die Britse magte tydens die Anglo-Boere- oorlog (1899-1902) oefen invloed uit TWEE korrekte feite Instrumentasie  Stedelike Bapedi gebruik koperblaasinstrumente om Westerse wysies te speel  Klein ensembles bestaande uit klavier, koperblaas-, houtblaasinstrumente, viool, banjo en tromme verskyn in die 1920s en 1930s  Die Flying Jazz Queens: stemme, ritmekitaar, leierkitaar, saksofoon en tromstel  Die Manhattan Brothers: stemme, klavier, kitaar, klarinet en tromstel  Indunduma (marabi klavier vamp-styl) word geinkorporeer by baie tradisionele liedere deur instrumentaliste (kitaarspelers en violiste) DRIE korrekte feite Styleienskappe  Klawerbordstyl (soms goedkoop pedaalorrels) word verbind met Amerikaanse jazz, ragtime en blues, maar met wortels in die Afrika-tradisie  Die klank van marabi was daarop gemik om mense se aandag te trek en om hulle aan die dans te kry  'n Tipiese viermaat-progressie kan wees: I-IV-I64-V of I-IV-V-I(V) of I-ii6-V-I(V)  Die sikliese progressie word herhaal en gespeel met verskillende vamp-patrone wat veroorsaak dat mense gou die ritme en stemming van die lied aanvoel  Dit veroorsaak dat mense lank aanhou dans sonder dat hulle die lied werklik ken  Die swaaiende ('lilting') melodieë en aansteeklike ritmes is opgeneem in die populêre dansorkeste van die tyd  Melodieë is beïnvloed deur inheemse Afrika-gesange, populêre liedere en Afro- Amerikaanse musiek  Die fokus was op herhaalde melodieë en nie op improvisasie nie  Ritmes is gebaseer op standaard patrone wat die basiese trompatrone van inheemse Nguni-musiek reflekteer  Stylistiese uitruiling tussen landelike, neo-tradisionele Afrika-musiek en marabi het plaasgevind en nuwe ritmes en innoverende, komiese danspassies (voetwerk) veroorsaak o Plattelandse danse: amaXhosa mabokwe o Neo-tradisionele vorme: amaZulu kitaarliedere van rond-bewegende abaqhafi of 'street cowboys' o Ontluikende stedelike style: amaXhosa itswari o AmaXhosa thula ndivile: drie-akkoord harmoniese formaat wat dien as 'n sein aan ander spelers in die orkes dat hulle moet sagter speel ter wille van die bekendstelling van nuwe materiaal VYF korrekte feite Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Kunstenaar/Groep en musiekvoorbeeld  The Manhattan Brothers: Jikela Emaweni  The Flying Jazz Queens: Langa More TWEE gekorreleerde korrekte feite Voorbeeld van 'n slot Marabi is gevestig as 'n oorspronklike Suid-Afrikaanse jazz-styl wat die rigting van toekomstige plaaslike jazz beïnvloed het. Die opstel sal volgens die riglyne hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Oorsprong van instrumente 2 Instrumentasie 3 Styleienskappe 5 Kunstenaar/Groep en musiek- 2 voorbeeld Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige = 3 punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike = 2-2½ punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik 'n Inleiding, afsluiting en vae argument Logiese uiteensetting en = 1½ punte in die middeldeel van die opstel 3 struktuur van die opstel teenwoordig Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak = 1 punt argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met = ½ punt die skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar nie = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 27 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag die kandidate in volsinne antwoord. VRAAG 16 16.1 16.1.1 C 16.1.2 D 16.1.3 D 16.1.4 C 16.1.5 D 5x1 (5) 16.2  'n Orkeswerk bestaande uit een beweging  Genre van die Romantiese periode  Kan op 'n gedig, verhaal of skildery gebaseer wees, of 'n beskrywende/ programmatiese titel of ander buite-musikale inslag hê  Gebruik tradisionele vormtipes (sonatevorm) DRIE korrekte feite (3) 16.3  'n Toondig het altyd 'n spesifieke program wat deur die komponis voorgeskryf word, terwyl 'n konsert-ouverture 'n beskrywende titel en gesuggereerde programmatiese inhoud het  'n Toondig het 'n vry vorm wat die programmatiese inhoud volg (terwyl 'n konsert-ouverture gewoonlik in sonatevorm is)  „n Toondig is gewoonlik langer as „n konsert-ouverture  „n Toondig is gekonseptualiseer vanuit simfoniese musiek terwyl die konsert- ouverture uit die opera-ouverture ontwikkel het 2 punte (2) 16.4  Vertoon virtuositeit in 'n solo vokale uitvoering met orkesbegeleiding  Dit het nadenkende en oorpeinsende funksie  Dit druk dikwels emosie deur die gebruik van musiek uit TWEE korrekte feite (2) 16.5  Italiaans 1 punt (1) 16.6  Die Barbier van Seville van Rossini  Carmen van Bizet  La Traviata van Verdi  Madame Butterfly van Puccini Enige EEN opera met ooreenstemmende komponis = 2 punte Enige EEN opera met verkeerde komponis = 1 punt Geen punt vir slegs ‘n komponis nie. (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 28 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 17 Antwoord: Struktuur  Bly binne die raamwerk van die Klassieke model van sonatevorm  Gebruik duidelik gebalanseerde frases en temas  Motiewiese skryfwyse en ontwikkeling daarvan Orkestipe  Gebruik die standaard Klassieke orkessamestelling Harmonie  Modulasie is na naby-verwante toonsoorte (B mineur/D majeur)  Gebruik gestandaardiseerde, algemeen funksionele harmoniese progressies Melodie  Motiewiese struktuur van die openingsdeel; tipiese gebroke akkoordfiguur  Gebalanseerde frases Tekstuur  Gebruik hoofsaaklik homofoniese tekstuur  Hier en daar polifoniese skryfwyse VYF korrekte feite Maksimum van 1 punt per item [5] VRAAG 18 Antwoord: Algemene eienskappe  'n Singspiel is 'n tipe opera  Teks is Duits  'n Musikale, dramatiese verhoogstuk  'n Populêre vorm van vermaak  Bevat gesproke dialoog DRIE korrekte feite (3) Essensies van die storielyn  Sluit elemente van die magiese, o fantasie-gediertes, o eksotiese en legendariese plekke, o feëverhale in  Intriges oor die algemeen komies van aard  Intriges het 'n romantiese inslag  Oordrewe karakterisering van goed en kwaad DRIE korrekte feite (3) Musikale eienskappe  Uitgebreide en uitdrukkingsvolle arias  Kontrasterende strofiese en volksliedjie-agtige liedere  Ensembles, duette en koorstukke word ingesluit  Elemente van opera seria, opera buffa en bel canto (in sommige arias) word ingesluit TWEE korrekte feite (2) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 29 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 19 19.1 Antwoord: Simfonie/sonate/concerto/konsert-ouverture/strykkwartet/kamermusiek trio 1 punt (1) 19.2 Antwoord: Uiteensetting Heruiteensetting  Kan „n inleiding bevat  Het geen inleiding  Word herhaal  Word nooit herhaal nie  Kom voor die ontwikkeling  Kom na die ontwikkeling  Brug: modulasie na dominant/  Brug: geen modulasie relatiewe mineur  Tweede tema: dominant toonsoort  Tweede tema: tonika toonsoort  Codetta:  Coda: o Kort stelling bring die seksie tot o Langer stelling bring die 'n bevredigende einde beweging/werk tot 'n o Mag 'n kadensiële uitbreiding bevredigende einde insluit o Mag nuwe materiaal insluit SES gekorreleerde feite (3+3) (6) [7] VRAAG 20 Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding Beethoven se vernuwende en oorspronklike idees het die simfoniese model van die Klassieke era ontwikkel en uitgebou. Struktuur en vorm  Programmatiese idee beïnvloed die uitkoms van die algehele oorkoepelende vormstruktuur  Al die bewegings het titels in plaas van net 'n tempo-aanduiding  Bestaan uit vyf bewegings in plaas van die normale drie of vier  Hy voeg die vierde beweging tussen die konvensionele derde en vierde beweging van 'n Klassieke simfonie, in  Die derde beweging gaan direk oor na die vierde en die vierde beweging gaan direk oor na die vyfde, sonder onderbreking  Die ononderbroke vloei van die laaste drie bewegings skep 'n sin van eenheid en die voortvloei veroorsaak een lang beweging (bewegings 3 tot 5)  Die konvensionele vormtipes binne 'n simfoniese werk word verander ter wille van groter vryheid van uitdrukking  Vierde beweging – vrye (episodiese) vorm laat toe dat die klankskildering van die storm vrylik gedoen kan word  Vyfde beweging – die terugkerende rondotema skep die sentiment van die herders se belewenis van dankbaarheid SES korrekte feite Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 30 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Instrumentasie/orkestrasie  Hy voeg meer instrumente by die orkes ter wille van verryking van orkeskleur  Voeg 'n piccolo by wat skerp, hoë note speel om angs en spanning uit te beeld  Voeg twee trombone by om krag en intensiteit aan die klimaks van die storm te verleen  Die tjello-kwintoplet- en kontrabas-kwadrupletfigure veroorsaak aanhoudende rammeling van die storm  Die timpani-tremolo verteenwoordig die karakter van die donderweer  Die gebruik van die sagte, strelende fluit-passasie dien as 'n skakel na die vyfde beweging en suggereer 'n terugkeer na die pastorale stemming na die storm  Die roep en eggo van die klarinet en horing (wat die Alpe-horing namaak) aan die begin van die vyfde beweging, herbevestig die kalm pastorale stemming DRIE korrekte feite Maksimum van 2 punte vir bygevoegde instrumente Dinamiek  Hy gebruik dinamiese aanduidings om programmatiese inhoud uit te beeld o 'n Wye dinamiese omvang in die vierde beweging vanaf pp-reëndruppels tot ff- donderslae o pp-tremolo op die timpani aan die begin van die vierde beweging, dui die begin van die storm aan o sf word gebruik by die klimaks van die storm o Die vyfde beweging eindig pianissimo maar die werk word afgesluit met twee fortissimo-akkoorde DRIE korrekte feite Voorbeeld van 'n slot Beethoven se innoverende denke ten opsigte van die simfoniese model, dien steeds as inspirasie vir komponiste van die simfoniese genre. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 31 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Struktuur en vorm 6 Instrumentasie/orkestrasie 3 Dinamiek 3 Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige = 3 punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike = 2-2½ punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik 'n Inleiding, afsluiting en vae = 1½ punte Logiese uiteensetting en argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig 3 struktuur van die opstel Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak = 1 punt argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met = ½ punt die skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar nie = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 50 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all