You're offline
Skip to content
Question paper

Music P1 Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: MusicGrade 12202233 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 NOVEMBER 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 120 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 33 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL. Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 OF 2.3 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 1.1 Na watter toonsoort moduleer die uittreksel in maat 5 tot 81? Antwoord: B mineur 1 punt (1) 1.2 Benoem die interval by (a) volgens tipe en afstand. Antwoord: Verminderde 7de 1 punt Geen ½ punt (1) 1.3 Noteer die omkering van die interval by (b). Antwoord: 1 punt OF Geen ½ punte Enige nootwaarde is aanvaarbaar. Mag melodies noteer word. (1) 1.4 Herskryf die drieklank by (M) in die altsleutel en behou dieselfde toonhoogte. Antwoord: OF Sleutel = ½ punt Note = ½ punt (1) 1.5 Beskryf die drieklank by (N) volgens tipe en posisie. Antwoord: Majeur, Eerste omkering ½ + ½ = 1 punt (1) 1.6 Herskryf (X) deur dubbel die nootwaardes te gebruik. Dui die nuwe tydmaatteken aan. Antwoord: Tydmaatteken = 1 punt Note = 1 punt ook aanvaarbaar Geen punt vir of (2) 1.7 Transponeer (Y) 'n volmaakte vyfde hoër. Dui die nuwe toonsoortteken aan. Antwoord: Toonsoortteken = 1 punt Note = 1 punt (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 1.8 Skryf 'n gepaste afgaande sekwens in maat 6 deur die motief by (Z) te gebruik. Skryf jou antwoord op die partituur. Antwoord: 1 punt Gedeeltelike korrekte antwoord: Geen ander afgaande sekwens sal harmonies korrek wees nie. Indien gedeeltelike korrekte antwoord gegee is, ken slegs ½ punt toe. (1) 1.9 Bestudeer die toonhoogtes van die diskantsleutelparty in maat 1 en 2. Hou slegs hierdie toonhoogtes in gedagte en identifiseer die tipe toonleer. Antwoord: Pentatonies 1 punt (1) 1.10 Kies die Italiaanse term wat die teenoorgestelde as rit. (ritardando) beteken. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Antwoord: Accelerando Morendo Allargando 1 punt (1) 1.11 Skryf die opgaande blues-toonleer vanaf die gegewe noot. Antwoord: OF ½ punt per noot = 3 punte (3) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by. Konsepantwoord: Instrument: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool, ens. Tempo: Moderato/Allegretto, ens. OF 2.2 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie OF in balknotasie om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs EEN notasiestelsel. Konsepantwoord: Stem: Sopraan/Alt/Tenoor/Bariton Tempo: Moderato/Allegretto, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Korrektheid Solfa-notasie: ritmiese en toonhoogte-aanduidings Balknotasie: polse per Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2 maat, nootstele, groepering, spasiëring en toevallige tekens Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm verbeeldingryk; aanvangsmotief 9–10 innoverend voortgesit; suksesvolle gebruik van tonaliteit; melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse van Kwaliteit toonhoogtes en ritme - Kwaliteit van melodie en Goed toepaslikheid vir die Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik gekose instrument 7–8 aan; aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele - Toepaslike tempo, tonaliteit; melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes en ritme akkuraat 10 artikulasie en dinamiese aanduidings verhoog die Gemiddeld kwaliteit van die Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik; antwoord 4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit - Musikaliteit onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking; keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Maak geen musikale sin; frases maak nie sin 0–3 nie; aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme onsamehangend TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. 3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) op die partituur met Romeinse syfers, bv. viio6/viiob. Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 8 punte Minus ½ punt indien omkering of 7de weggelaat of foutief is (8) 3.1.2 Benoem die toonsoort en die kadens wat by (Z) gevorm word. Antwoord: Volmaakte kadens Eb Majeur 1 punt elk = 2 punte (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.1.3 Lewer kommentaar op die akkoord in die laaste maat. Antwoord:  Dit impliseer die tonika akkoord van Eb majeur omdat die 3de (G) en die 5de (Bb) weggelaat is  Die enigste noot teenwoordig is Eb (grond) in die bas- en diskantparty  Dit is nie 'n akkoord nie, maar slegs die tonika noot van die nuwe toonsoort Eb majeur  Dit kan akkoord V in Ab majeur wees wanneer die voorafgaande akkoord as 'n tussendominant beskou word  Die tekstuur dun uit na twee parte in maat 12 (soos in maat 5, 6 en 9) en daarom is slegs die grondnoot van die tonika teenwoordig Enige EEN = 1 punt (1) 3.1.4 Benoem die tipe non-akkoordnote by (i) tot (iv). Antwoord: (i) (Onderste) Wisselnoot (ii) Terughouding (iii) Deurgangsnoot (iv) Vooruitneming 1 punt elk = 4 punte (4) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. Antwoord: 3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (h) en (j). Skryf akkoordsimbole in die spasies verskaf bokant die notebalk, bv. C/E. Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 9 punte Minus ½ punt indien omkering foutief is (9) 3.2.2 Benoem die kadens wat by (Z) gevorm word. Antwoord: Volmaakte kadens 1 punt (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.2.3 Lewer kommentaar op die gebruik van die Fb in die diskantparty in maat 8. Antwoord:  Afgaande chromatiese versiering  Chromatiese deurgangsnoot  Dit is die verlaagde 9de wat by Eb7 bygevoeg is Enige EEN = 1 punt (1) 3.2.4 Benoem die tipe non-akkoordnote by (i) tot (iv). Antwoord: (i) (Beklemtoonde) Deurgangsnoot (ii) Terughouding (iii) Vooruitneming (iv) (Boonste) Wisselnoot 1 mark elk = 4 punte (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 (30 minutes) Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2. 4.1.1 Demonstreer die gebruik van die leitoon-akkoord, gevolg deur 'n onvolmaakte kadens in die passasie hieronder. Antwoord: 1 punt per akkoord = 3 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt per akkoord (3) 4.1.2 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Konsepantwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 Notasie, verdubbeling, spasiëring, 11 punt per akkoord nie stemvoering Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde 9 Akkoordkeuse, korrektheid van kadens (behalwe tussen maat 4 en 5) Uitstekend = 3½–4 punte Kwaliteit Goed = 2½–3 punte Musikaliteit, nie-akkoordnote, 4 Gemiddeld = 1½–2 punte stylbewustheid en kreatiwiteit Swak = 0–1 punt Nota aan die nasiener: 24 Punt uit 24 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 2) TOTAAL 12 (12) [15] Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die simbole as sodanig toegeken nie. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 4.2.1 Voltooi die volgende harmoniese progressie deur akkoorde in die basparty in te vul. Gebruik halfnote. Antwoord: 1 punt per akkoord = 3 punte Minus ½ per fout tot 'n maksimum van 1 punt per akkoord (3) 4.2.2 Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2 gesuggereer word. Konsepantwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 Notasie, spasiëring, stemvoering 11 punt per akkoord nie ('voicing') Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde (behalwe Akkoordkeuse, korrektheid van 9 tussen maat 4 en 5 en 8) kadens Uitstekend = 3½–4 punte Kwaliteit Goed = 2½–3 punte Musikaliteit, nie-akkoordnote, 4 Gemiddeld = 1½–2 punte stylbewustheid en kreatiwiteit Swak = 0–1 punt Nota aan die nasiener: 24 Punt uit 24 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 2) TOTAAL 12 (12) [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 Nota aan die nasiener: Een punt word toegeken vir elke korrekte feit. Kandidate moet krediet ontvang vir enige korrekte feit wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer, bv. 5.1.6 E. Antwoord: 5.1.1 B 5.1.2 C 5.1.3 D 5.1.4 D 5.1.5 A (5) 5.2 Waarna verwys 'musiekroof' in gepubliseerde en opgeneemde musiek? Antwoord:  Die aflaai van gekopieerde musiek sonder om daarvoor te betaal  Die meedeel van digitale musiek (partiture of opnames)  Kopiëring van bladmusiek wat nie in die publiek besit word nie  Onwettige kopiëring van bladmusiek vir privaat/openbare uitvoering  Verkoop/verspreiding van onwettige gekopieerde musiekpartiture en opnames Enige TWEE (2) 5.3 Verduidelik die term uitvoertantième. Antwoord: 'n Fooi wat deur die uitvoeringskunstenaar aan SAMRO betaal word, wie daareenvolgens die komponis betaal vir die lewendige uitvoering van musiekwerke in die publiek 1 punt vir 'betaal 'n fooi' 1 punt vir 'lewendige publieke uitvoering' (2) 5.4 Vir hoe lank is kopiereg geldig in Suid-Afrika? Antwoord: Geldig vir 50 jaar na die komponis, liedjieskrywer en outeur se afsterwe 1 punt (1) TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Beantwoord AFDELING C (IAM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) Nota aan die nasiener: Alhoewel hierdie nasienriglyne puntsgewys is, mag die leerders die vrae in volsinne beantwoord. VRAAG 6 6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer, bv. 6.1.6 E. Antwoord: 6.1.1 D 6.1.2 B 6.1.3 D 6.1.4 D 6.1.5 C (5) 6.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.3) neer. Antwoord: 6.2.1 Waar 6.2.2 Waar 6.2.3 Waar 3x1 (3) 6.3 Beskryf izibongo soos dit in maskanda gebruik word. Antwoord:  Lofgedig wat in die middel van 'n maskanda-lied uitgevoer word  Gesproke teks in 'n vinnige tempo  Die deel van ervaringe, byvoorbeeld: armoede, ongelykheid, swerwering, onteiening, stamname  Poëtiese toestelle soos herhaling, parallellisme, beeldspraak word gebruik 2 punte (2) 6.4 Verduidelik die gebruik van die volgende uitvoertegnieke: Antwoord: 6.4.1 Kitaar-tokkeling in maskanda 6.4.2 Keelsang wat botone produseer, meestal deur vroue in isiXhosa musiek 6.4.3 Nabootsing van natuurklankie (voëlgeluide, wind, gebulder van 'n bul ens.) 3x1 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 6.5 Beskryf die volgende prominente kenmerke soos dit in kwêlamusiek voorkom. Antwoord: 6.5.1 Melodie  Kort herhalende melodiese motiewe gebaseer op akkoordnote  Noue omvang, gewoonlik binne 'n oktaaf (slegs ½ punt)  Gebruik van versierings (slegs ½ punt) 6.5.2 Harmonie  Harmoniese siklus I – IV – I64 – V 6.5.3 Ritme  Swing-ritme/sangerige skoffel  Sinkopasie  3x1 (3) 6.6 Na watter musiekstyl verwys 'isimanje manje'? Antwoord: Mbaqanga 1 mark (1) 6.7 Voltooi die tabel hieronder deur die liedjies Banana Ba Rustenburg en Wamuhle met mekaar te vergelyk. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (6.7.1 tot 6.7.3) neer. Antwoord: 6.7.1 Mbaqanga 6.7.2 Saksofoon 6.7.3 Majeur 3x1 (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7 Verduidelik kortliks waaroor die lied Melodi Yalla gaan en waarom dit 'n goeie voorbeeld van mbaqanga is. Antwoord: Liedinhoud  Die lied handel oor Mahlathini en die Mahotella Queens waarin hulle hulself as die beste uitvoerende kunstenaars van mbaqanga in die stad verklaar  Die lirieke suggereer 'n spoggeleentheid soortgelyk aan ukuqhatha (tradisionele kompeterende rituele/spelende wedstryd onder die veewagterseuns) Stylkenmerke Dit is 'n goeie voorbeeld van mbaqanga omdat dit die tipiese musiekkenmerke bevat soos:  Ritmiese lewendigheid en danselemente  Sterk baslyn  Begin met 'n kitaarinleiding  Roep en antwoord tussen Mahlathini en die Mahotella Queens en/of tussen Mahlathini en die agtergrondorkes  Sikliese akkoordprogressie word gebruik Enige TWEE antwoorde vir liedinhoud Enige DRIE antwoorde vir stylkenmerke [5] VRAAG 8 Skryf aantekeninge wat die lied See You Later beskryf. Noem die kunstenaar/groep. Antwoord:  Aangesien daar geen lirieke is nie, is dit 'n suiwer instrumentale weergawe van die stuk  Die saksofoon stel die melodie bekend met begeleiding op die kitaar en tromstel  Die penniefluitjie boots die saksofoonmelodie na in die eerste en tweede frases  Die saksofoon improviseer op materiaal van die oorspronklike melodie  Dit is 'n tipiese voorbeeld van kwêla-musiek in 'n matige tempo Kunstenaar  Lemmy Mabaso VIER korrekte feite EEN punt vir kunstenaar [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 9 9.1 Identifiseer die lied en betrokke kunstenaar/orkes in die uittreksel hieronder. Antwoord: Naam van die lied  Wena Wedwa Kunstenaar/groep  Thee Legacy Liedjie = 1 punt Kunstenaar = 1 punt (2) 9.2 Verduidelik waar die musiekuittreksel in hierdie lied voorkom. Beskryf hoe die musiek op hierdie punt in die lied verander. Antwoord: Waar dit voorkom  Aan die einde van die lied Beskrywing van veranderinge  Verander van majeur na chromaties  Die hele groep sing in unisoon  Slegs a capella met geen vokale perkussie nie (beat boxing) Waar die uittreksel voorkom = 1 punt Beskrywing van veranderinge = 2 punte (3) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 10 Philip Tabane gebruik Afrika-spiritualiteit wat aan malombo-musiek 'n kenmerkende kwaliteit gee. Skryf 'n opstel waarin jy verduidelik hoe Afrika-spiritualiteit Philip Tabane se musiek beïnvloed het. Verwys na TWEE van sy liedjies/albums in jou antwoord. Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding Philip Tabane word groot met malopo-musiek aangesien sy moeder 'n tradisionele geneser was. Deur na malopo-musiek te luister, hul danse te sien en waar te neem hoe hulle met die voorvaderlike geeste kommunikeer, het 'n groot invloed op sy musiek gehad. Afrika spiritualiteit Philip Tabane  Afrika spirituele liedere is van  Gebruik die 12-maat blues sikliese progressie natuur herhalend  Kommunikeer met die voorvaders  In Ngwana Oya Lela en Phamba Madiba word lofgedig, koedoehoring en fluit (wat die baPedi Kibapyp voorstel) gebruik om die voorvaders op te roep  Roep die voorvaders op  Musiek roep voorvaderlike geeste op deur gebruik te maak van onomatopeïese vokale klanke wat op die kitaar nageboots word  Gebruik improvisasie  Vrye interaksie tussen die stem en die trom of die stem en die fluit  Die trom of die fluitmelodieë word gewoonlik geïmproviseer  Gedurende rituele vorm tromspel  Die tromritmes wat in bv. Phamba Madiba tesame met ratels die begeleiding gebruik word, is dieselfde as wat deur die vir danse van beide die geneser en geneser vir danse gebruik word en sodoende die pasiënt soos die voorvaderlike die geeste oproep en 'n trans binnegaan geeste die pasiënt se liggaam  Philip Tabane is veral bekend om in 'n trans te verlaat of binnegaan gaan gedurende sy uitvoerings  Die beenratels wat deur die genesers gedra word, word altyd deur Philip Tabane en sy uitvoerders gedra  Tromspel dra tradisionele waarde,  In al sy liedjies maak hy uitsonderlik gebruik geloof en doeane van Afrika-tromme  Tromme dien as medium vir  Malombo tromme wat van die baobab-boom kommunikasie (boom van die baPedi voorvaders) gemaak is, word as 'n medium van kommunikasie met die voorvaders gebruik Liedjies/Albums  Phamba Madiba (White river)  Dithabeng  Kika Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n slot Die insluiting van Afrika-spiritualiteit maak malombo 'n unieke styl wat deur min nagestreef word. Die opstel sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Afrika-spiritualiteit 5 Philip Tabane se musiek 5 Liedjies/Albums 2 Uitstekend 'n Inleiding en slot met 'n = 3 punte substansiële argument as inhoud van die opstel, is te bespeur. Goed 'n Inleiding en slot met 'n gangbare = 2-2½ punte argument as inhoud van die opstel is te bespeur. Gemiddeld 'n Inleiding en slot met 'n Logiese aanbieding en = 1½ punte onbenullige slot as inhoud van die 3 struktuur van die opstel opstel, is te bespeur. Ondergemiddeld 'n Inleiding en slot met 'n swak = 1 punt argument as inhoud van die opstel, is te bespeur. Swak 'n Enkel paragraaf: 'n opstelpoging = ½ punt wat nie werklik slaag nie. Onaanvaarbaar [15] = 0 punte Net die feite puntsgewys aangebied. TOTAAL 15 TOTAAL AFDELING C: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: JAZZ Nota aan die nasiener: Alhoewel hierdie nasienriglyne puntsgewys is, mag die leerders die vrae in volsinne beantwoord. VRAAG 11 11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer, bv. 11.1.6 E. Antwoord: 11.1 11.1.1 A 11.1.2 B 11.1.3 D 11.1.4 D 11.1.5 D 5x1 (5) 11.2 Dui aan of die volgende stellings oor vroue-mbaqanga-groepe WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (11.2.1 tot 11.2.3) neer. Antwoord: 11.2.1 Waar 11.2.2 Onwaar 11.2.3 Waar 3x1 (3) 11.3 Noem DRIE stylkenmerke van Feya Faku se musiek. Antwoord:  Progressiewe en kontemporêre harmoniese taal  Ritmiese elemente van tradisionele inheemse Afrika-musiek  Koperblaasspeler (trompet en flugelhorn) met 'n warm en hartroerende klank  Kombineer jazz met sy Xhosa musiekerfenis  As solis speel hy gereeld saam met klein jazz ensembles Enige DRIE (3) 11.4 Met watter Suid-Afrikaanse jazz-styl assosieer jy die volgende? Antwoord: 11.4.1 Marabi 11.4.2 Nuwe jazz/jazz in ballingskap 2x1 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 11.5 Definieer enige TWEE van die volgende terme: Antwoord: 11.5.1 Gebruik 'n alternatiewe akkoord as die een wat op die skeletpartituur (lead sheet) aangedui is (vervang akkoorde of herharmonisering) 11.5.2 Ritmies gesofistikeerde akkoordbegeleiding wat op die klavier of kitaar gespeel word deur gebruik te maak van spesifieke stemvoerings 11.5.3 Musiek wat op die ingewing van die oomblik tydens 'n uitvoering geskep word met betrekking tot voorafbestaande stimulus (akkoordprogressie, melodie, ens.) 2x1 (2) 11.6 Noem EEN Suid-Afrikaanse orkes wat met jazz in ballingskap geassosieer word. Antwoord:  Brotherhood of Breath  Blue Notes  Union of (South) Africa 1 mark (1) 11.7 Voltooi die tabel hieronder deur die Makgonatsohle Band met die Manhattan Brothers te vergelyk. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (11.7.1 tot 11.7.4) neer. Antwoord: 11.7.1 Sikliese harmoniese progressie: I – IV – V – I OF I – IV – I64 – V – I 11.7.2 Mbaqanga 11.7.3 Marabi 11.7.4 Doo Wop/Swing/Ragtime 4x1 (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 12 Beskryf TWEE melodiese en DRIE ritmiese kenmerke wat Banana ba Rustenburg deur Spokes Mashiyane tipies van die kwêla-styl maak. Antwoord: Melodie  Melodie is gebaseer op die gebroke akkoordpatrone van die akkoorde in die sikliese progressie  Melodie wat deur 'n solo blaasspeler gelei word: saksofoon (vroeëre musiek het die penniefluitjie gebruik)  Melodie is herhalend maar ontwikkel later deur improvisasie Ritme  Jive/Swing-ritmes  Herhalende gebruik van ritme dwarsdeur die lied  Skiffle-agtige maatslag  Ritme word meedoënloos voorwaarts gedryf Enige TWEE antwoorde vir melodie Enige DRIE antwoorde vir ritme [5] VRAAG 13 Bespreek plaaslike en internasionale invloede op Zim Ngqaqana se musiekstyl. Antwoord: Plaaslik  Gevestig in Afrika inheemse klanke  Vermeng tradisionele antieke Xhosa (en ander Afrika) ritmes en liedjies  Beïnvloed deur Abdullah Ibrahim Internasionaal  Bevat verwysings na bv.: o Bop en funk o Samba- en tango-ritmes o Indiese en Westerse klassieke musiek o Vokale kantillerings o Noorweegse volkstradisies  Progressiewe aanslag tot frasering en kadense om met internasionale praktyke te vereenselwig Enige kombinasie van plaaslike en internasionale invloede [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 14 14.1 Identifiseer die uittreksel hieronder en die betrokke Suid-Afrikaanse sanger wat daarmee geassosieer word. Antwoord:  Lakutshon 'ilanga  Miriam Makeba 2 punte (2) 14.2 Beskryf hierdie lied met verwysing na die lirieke, stylkenmerke en spesifieke vokale kwaliteit wat aangewend word. Antwoord: Lirieke When the sun sets and the cows come back from grazing I will think of you When the moon rises on the other side of the sea and the birds return I will look around to find you in homes, on the streets, in hospitals and jails - until I find you  Gedurende apartheid het die vryheidsvegters verdwyn en die verlies van die geliefde word in die liedjie weergegee  Die lirieke vertel 'n storie van iemand wat opsoek is na hul geliefde wat verdwyn het en beloof om hul te soek selfs wanneer die son ondergaan Musiek-stylkenmerke  Balladestyl wat gepas is om 'n storie te vertel  Stadige tempo versterk die gevoel van verlange  Begelei deur: o 'n klein jazz-ensemble (bas en kitaar), o comping op die kitaar  Inleiding op die kitaar  Jazz-invloede op uitvoeringspraktyk, bv. tydsduur, artikulasie en beklemtoning Vokale kwaliteit  Warm en afgeronde/gladde toon  Hees/Smeulende karakter  Vokale invloede wat herinner aan Ella Fitzgerald en Sarah Vaughan 3 punte Maksimum van 1 punt vir elke aspek (3) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 15 Cape jazz is 'n unieke jazz-styl wat internasionaal erken word. Skryf 'n opstel oor die Suid-Afrikaanse kenmerke wat Cape jazz herkenbaar maak en motiveer waarom Abdullah Ibrahim se musiek 'n uitstekende voorbeeld van hierdie styl is. Verwys na EEN van sy liedere/albums in jou antwoord. Voorbeeld van 'n inleiding Cape jazz is 'n mengsel van ghoema, Kaapse klopse, kerkorkeste, langarm, Afrika- en Westerse musiek om 'n tipiese Cape jazz klank te skep wat aanvaar word as deel van die internasionale jazz toneel. Antwoord: Suid-Afrikaanse kenmerke Abdullah Ibrahim se musiek  Slawe-volksliedere  Weerspieël die bedrukte  Kaap-Maleier liedere gemoedstemming  Khoisan liedere  Komiese elemente  Kerkliedere  Afgaande melodiese beweging  Stadig, ernstige, gelykmatige metrum van gesange, bv. The Wedding  Volksliedagtige harmonieë  Homofoniese tekstuur  Kaapse dansorkeste  Saksofoon langarm dansmusiek  Afrika en  Ritmiese eienskappe van isiXhosa amaXhosa musiek spraakritme  Herhalende frases/roep en antwoord eienskappe  Ostinato-eienskappe  Mbira-agtige toon  Mars/Kerkorkeste  Gebruik van koperbaasinstrumente en saksofoon  Marabi musiek  Klawerbord word beklemtoon  Ragtime en swing invloede  Township jive  Marabi groove en harmoniese progressie, bv. Mannenberg  Kwêla  Improvisatoriese karakter  Roep en antwoord  Straatkarnaval parade  Kaapse klopse/Ghoema maatslag  Banjo- en kitaarklank  Harmoniese instrumente vir die begeleiding  Saksofoonklank  Tipiese nasale kwaliteit en vibrato op die frase-eindes  Goema polsslag  'n Mengsel van ghoema en swing  Stadige ghoema tromslag, bv. Mannenberg Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 27 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Lied/album:  Mannenberg  The Wedding Voorbeeld van 'n slot Abdullah Ibrahim se musiek, met 'n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse eienskappe, het reeds Cape jazz as 'n internasionale jazz-vorm gevestig. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA MARK ALLOCATION Suid-Afrikaanse kenmerke 5 Abdullah Ibrahim se musiek 6 Lied/Album 1 Uitstekend 'n Inleiding en slot met 'n = 3 punte substansiële argument as inhoud van die opstel, is te bespeur. Goed 'n Inleiding en slot met 'n gangbare = 2-2½ punte argument as inhoud van die opstel is te bespeur. Gemiddeld 'n Inleiding en slot met 'n Logiese aanbieding en = 1½ punte onbenullige argument as inhoud van 3 struktuur van die opstel die opstel, is te bespeur. Ondergemiddeld 'n Inleiding en slot met 'n swak = 1 punt argument as inhoud van die opstel, is te bespeur. Swak 'n Enkel paragraaf: 'n opstelpoging = ½ punt wat nie werklik slaag nie. Onaanvaarbaar = 0 punte Net die feite puntsgewys aangebied. TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 28 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) Nota aan die nasiener: Alhoewel hierdie nasienriglyne puntsgewys is, mag die leerders die vrae in volsinne beantwoord. VRAAG 16 16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer, bv. 16.1.6 E. Antwoord: 16.1.1 D 16.1.2 B 16.1.3 D 16.1.4 D 16.1.5 C 5x1 (5) 16.2 Dui aan of die volgende stellings oor die ontwikkeling van opera WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (16.2.1 tot 16.2.3) neer. Antwoord 16.2.1 Onwaar 16.2.2 Waar 16.2.3 Onwaar 3x1 (3) 16.3 Verduidelik die term simfoniese gedig. Antwoord: 'n Orkestrale, (½) Romantiese, (½) enkeldelige (½) werk met 'n buite-musikale program (½) (en 'n beskrywende titel) 4x½ (2) 16.4 Voltooi die tabel hieronder oor die Romantiese kenmerke van Mendelssohn se Hebrides Ouverture. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (16.4.1 tot 16.4.3) neer. Antwoord: 16.4.1 Vergrote dinamiese omvang (pp tot ff) 16.4.2 Beskrywende titel en subtitel: Hebrides Ouverture, Fingal se Grot (Die Eensame Eiland) 16.4.3 Lang liriese melodieë met 'n individuele melodiese styl 3x1 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 29 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 16.5 Die Mannheim-skool het 'n betekenisvolle rol in die ontwikkeling van verskeie komposisionele tegnieke gespeel. Noem enige DRIE van hierdie tegnieke. Antwoord:  Die Mannheim Vuurpyl ('n flinke, stygende arpeggio-figuur met 'n meegaande crescendo wat dien as melodie)  Die Mannheim Roller ('n uitgebreide crescendo met meegaande tremolo- effekte)  Die Mannheim Sug (dalende pare van twee legato-gebinde note)  Die Mannheim Voëls (nabootsing van voëlkwetter deur die gebruik van trillers in die musiek)  Die skielike cresc/decresc vir die hele orkes  Die Mannheim Klimaks ('n energieke seksie musiek waar al die instrumente verdwyn behalwe die strykers, gewoonlik voorafgegaan deur 'n Mannheim Crescendo)  Die Mannheim Algehele Fermata waar alle spel gestaak word vir 'n paar oomblikke, wat totale stilte tot gevolg het waarna die spel hervat word op dieselfde intensiteitsvlak as voor die onderbreking.  Skielike aksente: sf of sfp DRIE korrekte antwoorde Nie meer as EEN punt vir dinamiek (3) 16.6 Beskryf in jou eie woorde wat Beethoven se Pastorale Simfonie uitbeeld. Antwoord:  Daar is klankskildering van 'n grootskaalse landelike omgewing waaring verskillende tonele voor die gees geroep deur die gebruik van orkestrale musiek  Nostalgiese wandeling geïnspireer deur die herinneringe aan die skoonheid en krag van die natuur en mense se reaksie daarop EEN korrekte antwoord (1) 16.7 Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting oor die vierde beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 in te vul. PROGRAMMATIESE INHOUD MUSIKALE VOORSTELLING Ligte reën 16.7.1 16.7.2 Tremolo op die kontrabas en timpani Weerligstrale 16.7.3 Antwoord: 16.7.1 Staccato pp agstenote in die strykers 16.7.2 Naderende donderweer 16.7.3 Stygende arpeggios in die viole 3 x1 (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 30 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 17 Skryf 'n paragraaf waarin jy die struktuur en betrokke toonsoorte van rondovorm beskryf. Antwoord: Struktuur  ABACA (eenvoudige 5-delige rondo) of ABACABA (7-delige rondo-vorm)  'n Stuk begin met 'n refrein (A-seksie), afwisselende episodes (B- en C-seksie) word tussen die wederkerende A-seksies gehoor. Die werk kan met 'n koda eindig  Elke nuwe seksie (B en C) kontrasteer met die materiaal van die A-seksie Gebruik van toonsoorte  Die refrein (A-seksie) is altyd in die tonika-toonsoort  Episodes is in nabygeleë toonsoorte (dominant, subdominant, relatiewe majeur of mineur) of in die parallelle majeur of mineur toonsoort Enige DRIE antwoorde vir struktuur Enige TWEE antwoorde vir die gebruik van toonsoorte [5] VRAAG 18 Skryf 'n paragraaf oor die vyfde beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6. Verwys na die volgende aspekte: titel, vorm, tempo-aanduiding, gebruik van openingsmotief en instrumentasie. Antwoord: Titel  Herderslied (Gelukkige en dankbare gevoelens na die storm)  Frohe und dankbare Gefühle nach dem Sturm Vorm  Sonate rondo-vorm Tempo  Allegretto Gebruik van die openingsmotief  Die Alpehoring word op die horing en klarinet nageboots  Hoofmelodie word in die eerste vier mate gehoor, met 'n stadige tremolo- begeleiding  Openingsmotief roep 'n pastorale stemming voor die gees (6/8; F majeur) Instrumentasie  Standaard Klassieke Orkes 5 punte Maksimum van 1 punt vir elke aspek [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 31 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 19 19.1 Identifiseer die komponis en werk waaruit die volgende uittreksel kom: Antwoord: Felix Mendelssohn, Hebrides Overture 2 punte (2) 19.2 Noem waar hierdie uittreksel in die werk voorkom. Beskryf hoe die motief in die opeenvolgende vier mate gebruik word. Antwoord:  Dit is die openingmotief van die konsertouverture  Die motief word herhaal en as sekwense aangebied (in die mate wat volg)  Die artikulasie asook die register en instrumentasie verander op sekere plekke  Die motief verskyn in B mineur, word dan vlugtig in D majeur, en dan in F# mineur aangebied  Dit is die bousteenmotief van die eerste onderwerp (sonatevorm) wat die hele werk as 'n eenheid saambind Enige DRIE = 3 punte (3) [5] VRAAG 20 In die opera, Die Towerfluit, kontrasteer Mozart opgewekte karakters met ernstiger karakters. Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe die karakters Papageno en Sarastro gekontrasteer word. Toon die kontras met verwysing na die musikale eienskappe van die volgende arias:  Der Vogelfänger bin ich ja (Ja, ek is die Voëlvanger)  O Isis und Osiris Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding In Die Towerfluit is die twee karakters, Papageno and Sarastro, totale teenpole ten opsigte hulle karakters en die tipe musiek wat hulle in die arias sing. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 32 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne KARAKTER MUSIKALE-EIENSKAPPE  Nederige werk van 'n  Papageno speel 'n fluit voëlvanger  Baritonstem  Yl orkesbegeleiding  Eenvoudige karakter word  Eenvoudige toonsoort van G voorgehou as landvolk/gewone majeur, anders as die mense hooftoonsoort van E-mol majeur  Matige tempo, nie tegnies uitdagend  Sing 'n onopgesmukte Papageno volksliedagtige melodie Der  Ongekunstelde, lighartige,  Gebruik melodiese versiering Vogelfänger bin ich ja komiese en vermaaklike  Spronge in die melodie verklank persoonlikheid 'n positiewe karakter  Eenvoudige, diatoniese harmonie wat meestal primêre akkoorde gebruik  Roep 'n oop, ongekunstelde,  Duidelike frases bestaande uit 'n vriendelike atmosfeer voor die 4-maat struktuur gees  Homofoniese tekstuur bevestig simplistiese atmosfeer  Strofiese vorm met duidelike kadense tipies van volksmusiek  Opregte professie as  Basstem – swaarvoetig en diep tempelpriester  Koorinleiding (met operakoor)  Stabiele karakter wat in 'n  F majeur dui plegtigheid en kalm verantwoordelike leiersposisie atmosfeer aan is  Stadige tempo – herbevestig kalmte  Duidelike frases bring balans wat die kalm wysheid bevestig Sarastro  Lae stemomvang O Isis und  Adellik en waardig  Homofoniese tekstuur Osiris  Hoëpriester van wysheid, (vierstemmige gesang): gewyde verteenwoordig stabiliteit en inslag en harmoniese stabiliteit morele inbors  Strofiese vorm wat chromatiese harmonie insluit om diepte aan die karakter te gee  Roep 'n gedrae, plegtige  Yl orkesbegeleiding gereserveerde en meer  Legato, trapsgewyse melodie berekende stemming voor die (onversier) gees Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 33 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld van 'n slot Papageno en Sarastro se arias toon wye kontras van karakter en stemming in Die Towerfluit, aan. Die opstel sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Papageno: DRIE karaktereienskappe wat ooreenstem met 6 Der Vogelfänger bin ich ja DRIE musikale eienskappe Sarastro: O Isis und Osiris (3 x 2 vir twee karakters) 6 Uitstekend 'n Inleiding en slot met 'n substansiële = 3 punte argument as inhoud van die opstel, is te bespeur. Goed 'n Inleiding en slot met 'n gangbare = 2-2½ punte argument as inhoud van die opstel is te bespeur. Gemiddeld 'n Inleiding en slot met 'n onbenullige Logiese uiteensetting en = 1½ punte argument as inhoud van die opstel, is 3 struktuur van die opstel te bespeur. Ondergemiddeld 'n Inleiding en slot met 'n swak = 1 punt argument as inhoud van die opstel, is te bespeur. Swak 'n Enkel paragraaf: 'n opstelpoging = ½ punt wat nie werklik slaag nie. Onaanvaarbaar = 0 punte Net die feite puntsgewys aangebied. TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 50 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Music

Explore more published documents in this catalogue.

View all