Skip to content

Music Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Question paperMusicGrade 12202327 pages

Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 NOVEMBER 2023 PUNTE: 120 TYD: 3 uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye en 1 vel manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E). 4. Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hulle antwoorde te gee. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/November 2023 NSS NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 15 (VERPLIGTEND) 2 15 3 15 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 10 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 10 EN C: IAM 6 20 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 50 OF D: JAZZ 11 20 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 50 OF E: WKM 16 20 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 50 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL. Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) 1.1 Voeg die korrekte tydmaatteken by elke asterisk (*) soos hieronder aangedui. (2) 1.2 Voltooi 'n majeur drieklank in noue ligging bokant die gegewe grondnoot. (1) 1.3 Skryf 'n verminderde drieklank in eerste omkering wat diatonies in die D harmoniese mineurtoonleer verskyn. Gebruik toevallige tekens in plaas van 'n toonsoortteken. (1) 1.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.4.1 Benoem die omkering van die interval by (M) volgens tipe en afstand. (1) 1.4.2 Skryf die interval by (N) as 'n saamgestelde verminderde 5de. Gebruik heelnote. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/November 2023 NSS 1.4.3 Noem EEN artikulasieteken wat in hierdie uittreksel gebruik word. (1) 1.4.4 Gee die Italiaanse term vir die teken bokant die laaste noot. (1) 1.5 Skryf die toonlere hieronder volgens die gegewe instruksies. 1.5.1 'n Afgaande blues-toonleer wat op die gegewe noot begin (2) 1.5.2 Voltooi 'n majeurtoonleer wat op die dominant begin en eindig deur die ontbrekende note onder die asteriske (*) in te vul. Moet NIE 'n toonsoortteken gebruik NIE. (3) 1.6 Voltooi die volgende afgaande chromatiese toonleer: (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/November 2023 NSS VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by. Instrument: __________________________ Tempo: __________________________ Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Polse per maat, nootstele, groepering, spasiëring en toevallige 2 tekens Kwaliteit Toepaslikheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek, 10 musikaliteit TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/November 2023 NSS 2.2 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie OF in balknotasie om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs EEN notasiestelsel. Stemtipe: __________________________ Tempo: __________________________ Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Solfanotasie: ritmiese en toonhoogte-aanduidings 2 Balknotasie: polse per maat, nootstele, groepering, spasiëring en toevallige tekens Kwaliteit Toepaslikheid van omvang, tempo, voordragaanwysings en 10 musikaliteit TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/November 2023 NSS 3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (g) op die partituur met gebruik van Romeinse syfers, bv. viio6/viiob. (7) 3.1.2 Benoem die kadens wat by (Z) gevorm word en besyfer die akkoorde op die partituur. (3) 3.1.3 Lewer kommentaar op die baslyn in maat 1 tot 33. (1) 3.1.4 Noem die tipe nie-harmoniese note by (i) tot (iv). (i) (ii) (iii) (iv) (4) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/November 2023 NSS 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/November 2023 NSS 3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in die spasies wat daarvoor verskaf is, bokant die notebalke, bv. G/B. (7) 3.2.2 Benoem die kadens wat by (Z) gevorm word en skryf die akkoordsimbole by (m) en (n). (3) 3.2.3 Lewer kommentaar op die gebruik van die Eb in maat 8. (1) 3.2.4 Noem die tipe nie-harmoniese note by (i) tot (iv). (i) (ii) (iii) (iv) (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Harmoniseer in kwartnote (gebruik 'n halfnoot in maat 4) en demonstreer die volgende:  Deurgaande tweede-omkering-( ) progressie (3)  Kadensiële tweede-omkering-( ) progressie (2)  Onderbroke kadens (2)  Dominantsewende-akkoord (1) Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Akkoordkeuse 15 Notasie en stemvoering 8 Kwaliteit 7 (30 ÷ 2) TOTAAL = 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/November 2023 NSS 4.2 Voltooi die sestienmaatstuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 gesuggereer word. Sluit die volgende in:  Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole (4)  ii – V – I-progressie in D (3)  Ten minste EEN ʹsusʹ-akkoord (akkoord met terughouding) (1)  'n 13de-akkoord (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/November 2023 NSS Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Akkoordkeuse 15 Notasie en stemvoering 8 Kwaliteit 7 (30 ÷ 2) TOTAAL [15] = 15 TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/November 2023 NSS AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer, bv. 5.1.6 E. 5.1.1 Partye wat baat vind by naaldtydregte, is … A komponiste. B vervaardigers. C sessiemusikante. D Al die bogenoemde (1) 5.1.2 Watter EEN van die volgende is NIE 'n funksie van SAMRO NIE? A SAMRO vorder lisensiefooie in. B SAMRO betaal tantième aan komponiste. C SAMRO reël begrafnisse vir sy lede. D SAMRO organiseer musiekkompetisies. (1) 5.1.3 Tantième … A is betalings wat aan die komponis van 'n liedjie gemaak word wanneer dit in die openbaar uitgevoer word. B word deur lisensiëringsagentskappe ingesamel. C word aan 'n wettige begunstigde van 'n komponis betaal tot en met vyftig jaar na die komponis se dood. D Al die bogenoemde (1) 5.1.4 SAMPRA bestuur … A uitvoeringsregte. B meganiese regte. C menseregte. D naaldtydregte. (1) 5.1.5 'n Lisensiefooi om agtergrondmusiek te speel, word NIE deur … betaal NIE. A skole en hospitale B gevangenisse/tronke C restaurante en inkopiesentrums D private wonings (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/November 2023 NSS 5.2 Noem VIER stappe in die waardeketting voordat 'n instrumentale musiekstuk versprei word. (2) 5.3 Verduidelik die verskil tussen lede van CAPASSO en dié van 'n opnamemaatskappy, bv. EMI. (1) 5.4 Noem TWEE eksklusiewe regte wat kopieregeienaars ten opsigte van hulle eie werke het. (2) TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/November 2023 NSS Beantwoord AFDELING C (IAM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 6 6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer, bv. 6.1.6 E. 6.1.1 Watter EEN van die volgende instrumente kan terselfdertyd twee of meer verskillende note produseer? A Djembe B Dinaka C Lesiba D Mbira (1) 6.1.2 Met watter EEN van die volgende items word maskanda geassosieer? A Amahubo B Orrelklank C A cappella D Ukucothoza (1) 6.1.3 Watter stelling definieer poliritme die beste? A Die gelyktydige kombinasie van kontrasterende ritmes B 'n Tromspeler wat ritmies tussen die toonhoogtes van 'n trom beweeg C 'n Kombinasie van nootwaardes in 'n ritmiese komposisie D 'n Kombinasie van verskeie toonhoogtes in 'n musiek- komposisie (1) 6.1.4 Homofonie is 'n element wat met … geassosieer word. A tonaliteit B tekstuur C toonkleur D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 6.1.5 Watter toonleer word tipies in inheemse Afrika-musiek gebruik? A Pentatoniese toonleer B Heeltoontoonleer C Chromatiese toonleer D Al die bogenoemde (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/November 2023 NSS 6.2 Definieer die volgende terme: 6.2.1 Amantombazane in maskanda (1) 6.2.2 Malombo-musiek (1) 6.2.3 Krepitasie (1) 6.3 Kies TWEE terme uit die lys hieronder wat Spokes Mashiyane se Banana Ba Rustenburg die beste beskryf:  Izihlabo  Kwêla  Izibongo  Swing  Botone  Umgqashiyo (2) 6.4 Beskryf die eienskappe van EEN van die danse hieronder. Skryf die naam van die dans neer. Verwys na die volgende: kulturele oorsprong, dansbeskrywing, konteks en die naam van 'n instrument.  Tshikona  Borankana  Muchongolo  Mohobelo  Isitshikitsha  Indlamu  Dinaka  Sibhaca (4) 6.5 Verduidelik die geestelike rol van musiek by Afrika-seremonies. (3) 6.6 Kies 'n kenmerk van kwêla in KOLOM B wat by die element in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (6.6.1 tot 6.6.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.6.4 H. KOLOM A KOLOM B 6.6.1 Melodie A I-IV-I-V 6.6.2 Harmoniese progressie B Baslyn speel die melodie 6.6.3 Ritme C I-IV-V-IV D Kort herhalende motiewe E Bestendige (ʹstraightʹ) polsslag F Skoffelritme G Meloritmes (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/November 2023 NSS VRAAG 7 Verduidelik hoe TWEE van die volgende elemente van musiek in Afrika-musiek gebruik word:  Harmonie  Melodie  Ritme [5] VRAAG 8 8.1 Beskryf TWEE voorvertoningrituele in isicathamiya. (2) 8.2 Kies DRIE van die volgende komponente en verduidelik die amaZulu kulturele gebruike wat met ELK in isicathamiya geassosieer word:  Toonhoogte  Ritme  Komposisie  Uitvoertegnieke (3) [5] VRAAG 9 Die volgende uittreksel is 'n tipiese maskanda-lied: 9.1 Identifiseer die kunstenaar van die uittreksel hierbo. (1) 9.2 Bespreek die rol van die agtergrondsangers soos dit in maskanda-musiek gebruik word. (4) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/November 2023 NSS VRAAG 10 Mbaqanga is 'n musiekstyl wat ontwikkel het as gevolg van veranderinge in die politieke, sosiale en kulturele klimaat. Brei uit op hierdie stelling en bespreek hoe hierdie veranderinge die ontwikkeling van mbaqanga beïnvloed het. Verwys na die politieke, sosiale en kulturele agtergrond sowel as die relevante musiekinvloede. Noem EEN kunstenaar/orkes en EEN liedjie. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Politieke, sosiale en kulturele agtergrond 5 Musiekinvloede 5 Kunstenaar/Orkes en liedjie 2 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/November 2023 NSS AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.1.6 E. 11.1.1 Watter toonleer word tipies in jazz-musiek gebruik? A Pentatoniese toonleer B Blues-toonleer C Majeurtoonleer D Al die bogenoemde (1) 11.1.2 Watter instrument is NIE tradisioneel deel van 'n big band NIE? A Hobo B Tromboon C Tromstel D Saksofoon (1) 11.1.3 Watter stelling definieer poliritme die beste? A Die gelyktydige kombinasie van kontrasterende ritmes B 'n Tromspeler wat ritmies tussen die toonhoogtes van 'n trom beweeg C 'n Kombinasie van nootwaardes in 'n ritmiese komposisie D 'n Kombinasie van verskeie toonhoogtes in 'n musiek- komposisie (1) 11.1.4 Homofonie is 'n element wat met … geassosieer word. A tonaliteit B tekstuur C toonkleur D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 11.1.5 Watter EEN van die volgende items word NIE met kwêla geassosieer NIE? A Bestendige (ʹstraightʹ) ritmes B Primêre akkoorde C Improvisasie D Sikliese harmonie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/November 2023 NSS 11.2 Beskryf die volgende terme: 11.2.1 Sikliese akkoorde 11.2.2 Ragtime-ritme 11.2.3 Swing-ritme (3) 11.3 Kies TWEE items wat Miriam Makeba se Lakutshonʹ Ilanga die beste beskryf:  Bossa Nova  Ballade  A cappella  Stadige skoffel-agtige ritme  Bebop  Straatmusiek (ʹBuskingʹ) (2) 11.4 Beantwoord die volgende vrae oor The Jazz Epistles: 11.4.1 Noem TWEE lede van hierdie groep en noem die instrument wat ELK bespeel het. (2) 11.4.2 Noem die styl van musiek waarvoor The Jazz Epistles bekend geword het. (1) 11.4.3 Noem die album waarvoor hulle beroemd is en verwys na die belangrikheid daarvan in Suid-Afrikaanse jazz-geskiedenis. (2) 11.5 Lewer kommentaar op die persoonlike klank van Feya Faku se musiek. (2) 11.6 Kies 'n kenmerk van kwêla in KOLOM B wat by die element in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.6.4 H. KOLOM A KOLOM B 11.6.1 Melodie A I-IV-I-V 11.6.2 Harmoniese progressie B Baslyn speel die melodie 11.6.3 Ritme C I-IV-V-IV D Kort herhalende motiewe E Bestendige (ʹstraightʹ) polsslag F Skoffelritme G Meloritmes (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/November 2023 NSS VRAAG 12 Die volgende uittreksel is deur Abdullah Ibrahim gekomponeer: 12.1 Identifiseer die komposisie. (1) 12.2 Verduidelik hoe hierdie uittreksel gebruik word in die stuk wat in VRAAG 12.1 geïdentifiseer is. (4) [5] VRAAG 13 Bespreek die oorsprong en instrumentasie van marabi. [5] VRAAG 14 Verduidelik hoe harmonie en ritme in mbaqanga gebruik word. [5] VRAAG 15 The Brotherhood of Breath was 'n big band wat teen die einde van die 1960ʹs deur Chris McGregor gestig is terwyl hy in ballingskap was. Brei uit op hierdie stelling deur te bespreek hoe hierdie groep beide gekonformeer en afgewyk het van die styl van 'n tradisionele big band. Verwys na styl, instrumentasie en die rol van improvisasie in jou antwoord. Verduidelik hoe hierdie eienskappe in die komposisie Mra gemanifesteer het. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Styl 4 Instrumentasie 2 Die rol van improvisasie 2 Mra 4 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/November 2023 NSS AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 16 16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer, bv. 16.1.6 E. 16.1.1 'n Ander term vir die woord kontrapuntaal is … A monofonies. B homofonies. C heterofonies. D polifonies. (1) 16.1.2 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van saamgestelde vorm? A Scherzo en trio B Sonatevorm C ABA-vorm D Twaalfmaat-blues (1) 16.1.3 Kies die term wat stemming beskryf: A Tranquillo B Presto C Allegretto con moto D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 16.1.4 Watter instrument is NIE deel van 'n strykkwartet NIE? A Tweede viool B Kontrabas C Altviool D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 16.1.5 Transposisie behels 'n verandering van … A toonsoort. B dinamiek. C nootwaardes. D ritme. (1) 16.2 Definieer die volgende terme: 16.2.1 Melodiese sekwens (1) 16.2.2 Trio-ensemble (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/November 2023 NSS 16.3 Kies TWEE terme uit die lys hieronder wat Papageno se aria Der Vogelfänger bin ich ja uit Die Towerfluit deur Mozart die beste beskryf.  Attacca  Giocoso  Risoluto  Scherzando  Rubato  Grave (2) 16.4 Beantwoord die volgende vrae oor opera: 16.4.1 Wie was die stigters van opera? (1) 16.4.2 Noem EEN van die eerste opera-komponiste. (1) 16.4.3 Noem die land waar hierdie genre ontstaan het. (1) 16.5 Dui die toonsoorte aan van die verskillende seksies van die Hebrides Ouverture deur Mendelssohn: 16.5.1 Uiteensetting van die eerste tema (1) 16.5.2 Uiteensetting van die tweede tema (1) 16.5.3 Heruiteensetting van die tweede tema (1) 16.6 Verduidelik die belangrikste verskil tussen abstrakte musiek en programmusiek. (2) 16.7 Beantwoord die volgende vrae oor die menuet en triovorm: 16.7.1 Noem die algehele vormtipe. (1) 16.7.2 Wat is die toonsoortverwantskap tussen die menuet en die trio? (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/November 2023 NSS VRAAG 17 Die volgende uittreksel word deur Tamino in Die Towerfluit deur Mozart gesing: 17.1 Gee die titel van die aria. (1) 17.2 Verduidelik hoe die spesifieke stemming deur die musikale kenmerke van hierdie aria geskep word. (4) [5] VRAAG 18 Bespreek die oorsprong en orkestrasie van die Hebrides Ouverture deur Mendelssohn. [5] VRAAG 19 Vergelyk Mozart se ouverture tot Die Towerfluit met Mendelssohn se Hebrides Ouverture. Verwys na konteks en vorm. [5] VRAAG 20 Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 68 volg nie die model van 'n tipiese Klassieke simfonie nie. Brei uit op hierdie stelling en bespreek Beethoven se bydrae tot die ontwikkeling van die simfonie. Verwys na vorm en struktuur, orkestrasie en programmatiese kenmerke. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Vorm en struktuur 4 Orkestrasie 4 Programmatiese eienskappe 4 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 50 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/November 2023 NSS Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all