You're offline
Skip to content
Question paper

PHYS SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Subject: Physical SciencesGrade 12202323 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 FISIESE WETENSKAPPE V2 (CHEMIE) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou NAAM en VAN in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK. 2. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af. 10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig. 11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 3 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 Watter EEN van die volgende het die STERKSTE intermolekulêrekragte? A CH3COCH3 B CH3CH2CHO C CH3CH2CH2OH D CH3CH2COOH (2) 1.2 Beskou die reaksie hieronder: C2H4 + Br2 → C2H4Br2 Watter TIPE reaksie word deur die bostaande vergelyking voorgestel? A Hidratering B Halogenering C Hidrogenering D Hidrohalogenering (2) 1.3 Die naam van die funksionele groep van die aldehiede is … A formiel. B karboniel. C hidroksiel. D karboksiel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.4 Verbinding Q ondergaan ʼn krakingsreaksie om organiese verbinding P en eteen, C2H4 te produseer soos hieronder getoon. Verbinding Q → Verbinding P + C2H4 Verbinding P verder ondergaan ʼn verbrandingsreaksie volgens die gebalanseerde vergelyking. P + 8 O2 → 5 CO2 + 6 H2O Die IUPAC-naam van verbinding Q is … A butaan. B pentaan. C hexaan. D heptaan. (2) 1.5 Die Maxwell-Boltzmann-verspreidingskurwe X verteenwoordig die aantal molekules teenoor kinetiese energie vir ʼn sekere reaksie. Kurwe Y was verkry wanneer een van die reaksie toestande verander was. Aantal deeltjies Y X Kinetiese energie Watter EEN van die volgende faktore was verander om kurwe Y te verkry? A Druk B Temperatuur C Konsentrasie D Byvoeging van ʼn katalisator (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 5 1.6 Die volgende ontbindingsreaksie word toegelaat om ewewig te bereik: COCℓ2 (g) ⇌ CO (g) + Cℓ2 (g) Watter EEN van die volgende grafieke van [CO][Cℓ2] teenoor [COCℓ2] is KORREK by ewewig? A B [CO][Cℓ2] [CO][Cℓ2] [COCℓ2] [COCℓ2] C D [CO][Cℓ2] [CO][Cℓ2] [COCℓ2] [COCℓ2] (2) 1.7 Watter EEN van die volgende soute hieronder kan deur die reaksie van ʼn sterk basis en ʼn swak suur geproduseer word? A Na2SO4 B NH4Cℓ C NaCℓ D KHCO3 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.8 Die reaksie wat verteenwoordig word deur die vergelyking bereik ewewig: CH3COOH (aq) + H2O (ℓ) ⇌ CH3COO– (aq) + H3O+ (aq) ʼn Paar druppels gekonsentreerde CH3COONa (aq)-oplossing word by die ewewigmengsel bygevoeg. Watter EEN van die volgende met betrekking tot die pH en ewewigsposisie is KORREK soos die reaksie ʼn nuwe ewewig nader? pH Ewewigsposisie verskuif: A Verhoog Links B Verlaag Regs C Verhoog Regs D Verlaag Links (2) 1.9 Die vereenvoudigde diagram hieronder verteenwoordig ʼn elektrolitiese sel wat in die suiwering van koper (Cu) gebruik word. Kragbron P Q Elektrode P is die KATODE van die sel. Watter EEN van die volgende kombinasies met betrekking tot elektrode P is korrek? Reaksie wat plaasvind Terminaal waarop by elektrode P elektrode P gekoppel is A Oksidasie Positief B Oksidasie Negatief C Reduksie Positief D Reduksie Negatief (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 7 1.10 Beskou die volgende spontane hipotetiese reaksies: Q2+ + R → R2+ + Q P2+ + Q → P + Q2+ Watter EEN van die volgende lys die oksideermiddels in volgorde van toenemende sterktes? A Q2+, R2+, P2+ B R2+, Q2+, P2+ C P2+, Q2+, R2+ D P2+, R2+, Q2+ (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 2.1 Beskou die organiese verbindings A tot F hieronder. A B 2-metielpent-2-een (CH3)3COH C D CH2CH3 CH3 2,3-dimetielpentanoësuur H C C C C H H H E F H H O CH3CH2Br H C C C H H H 2.1 Skryf die LETTER neer van die verbinding wat: 2.1.1 ʼn Alkyn is (1) 2.1.2 ʼn Haloalkaan is (1) 2.1.3 Die algemene formule CnH2n+2O het (1) 2.2 Is verbinding A VERSADIG of ONVERSADIG? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 2.3 Skryf neer die: 2.3.1 Struktuurformule van verbinding C (2) 2.3.2 IUPAC-naam van verbinding D (2) 2.4 Is verbinding B ʼn PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE alkohol? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 2.5 Skryf die IUPAC-naam van die KETTING-isomeer van verbinding B neer. (2) 2.6 Verbinding E het ʼn funksionele isomeer. 2.6.1 Wat is funksionele isomere? (2) 2.6.2 Skryf die GEKONDENSEERDE STRUKTUUR-formule van die funksionele isomeer van verbinding E neer. (2) [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 9 VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Verbindings A tot C word gebruik om ʼn faktor te ondersoek wat die kookpunte van organiese verbinding beïnvloed. Die tabel hieronder toon die resultate wat verkry was. Verbinding Kookpunt (°C) A Propan-1-ol 97 B Butan-1-ol 117,7 C Pentan-1-ol 138 3.1 Definieer kookpunt. (2) 3.2 Vir die ondersoek, skryf neer die: 3.2.1 Onafhanklike veranderlike (1) 3.2.2 Beheerde veranderlike (1) 3.3 Noem die intermolekulêrekrag wat vir die waargenome tendens in die kookpunte verantwoordelik is. (1) 3.4 Die kookpunte van drie vertakte alkohole word hieronder gegee. 108 °C 129 °C 149 °C Watter EEN van die drie temperature sal mees waarskynlik die kookpunt van 2-metielbutan-1-ol wees? (1) 3.5 Verduidelik die antwoord tot VRAAG 3.4 volledig. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.6 Die grafieke hieronder verteenwoordig die verhouding tussen dampdruk en temperatuur vir propan-1-ol en propanal. Dampdruk (kPa) P Q Temperatuur (K) 3.6.1 Definieer dampdruk. (2) 3.6.2 Watter kurwe, P of Q, verteenwoordig die grafiek vir propan-1-ol? (1) 3.6.3 Verduidelik jou antwoord tot VRAAG 3.6.2 deur na die TIPE intermolekulêrekragte teenwoordig, te verwys. (4) [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 11 VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 4.1 Die vloeidiagram hieronder toon hoe verbinding P na organiese verbindings Q en R omgeskakel kan word. Verbinding P: CH3CHBrCH2CH2CH3 Verbinding R Verbinding Q + NaBr + H2O (Alkohol) (Hoofproduk) Vir Reaksie I skryf neer die: 4.1.1 Naam van die tipe substitusie-reaksie (1) 4.1.2 IUPAC-naam van verbinding R (2) Vir Reaksie II skryf neer: 4.1.3 EEN reaksietoestand anders as hitte (1) 4.1.4 Die struktuurformule van verbinding Q (2) Verbinding R kan na verbinding Q omgeskakel word. Vir die omskakeling van verbinding R na verbinding Q skryf neer die: 4.1.5 Formule of naam van die anorganiese reaktanse wat benodig word (1) 4.1.6 Tipe reaksie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 4.2 ʼn Mengsel van etanoësuur (CH3COOH) en propan-1-ol (CH3CH2CH2OH) word verhit in die teenwoordigheid van gekonsentreerde swawelsuur (H2SO4) in ʼn waterbad soos hieronder getoon. Etanoësuur + Propan-1-ol water + Swawelsuur 4.2.1 Skryf die naam van die reaksie wat plaasvind neer. (1) 4.2.2 Gee ʼn rede waarom die reaksiemengsel in ʼn waterbad verhit word. (1) 4.2.3 Skryf die struktuurformule en IUPAC-naam van die produk wat gevorm het, neer. (4) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 13 VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) ʼn Groep leerders ondersoek die verhouding tussen die reaksietempo en konsentrasie. Hulle gebruik die reaksie tussen kalsiumkarbonaat-poeier, CaCO3 (s) en OORMAAT soutsuur, HCℓ (aq), by 25 °C. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is: CaCO3 (s) + 2 HCℓ (aq) → CaCℓ2 (aq) + H2O (ℓ) + CO2 (g) ΔH < 0 Die apparaat wat gebruik word, word hieronder getoon. gasspuit gas HCℓ CaCO3 Die tabel hieronder toon die reaksie toestande vir Eksperimente 1 en 2. EKSPERIMENT KONSENTRASIE VOLUME TYD GENEEM DEUR VAN HCℓ VAN HCℓ DIE REAKSIE OM TE (mol·dm-3) (cm3) VOLTOOI (minute) 1 0,9 50 5,28 2 1,2 50 Y 5.1 Definieer die term reaksietempo. (2) 5.2 Noem die apparaat wat benodig word vir die ondersoek wat nie in die skets hierbo getoon word nie. (1) 5.3 Gee ʼn rede waarom die temperatuur van die reaksiemengsel nie konstant tydens die reaksies bly nie. (1) 5.4 Sal tyd Y vir eksperiment 2 LANGER of KORTER as 5,28 minute wees? (1) 5.5 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 5.4 deur na die botsingsteorie te verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 5.6 In eksperiment 1 word daar presies 250 cm3 CO2 in 5,28 minute geproduseer. 5.6.1 Bereken die gemiddelde tempo van produksie van CO 2 in cm3·min-1. (3) Kortliks na die reaksie in eksperiment 1 voltooid is, word die fles styf verseël en daar word gevind dat 100 cm3 van CO2 uit die fles ontsnap het. 5.6.2 Bereken die massa van CO2 wat in die fles oorbly nadat die fles verseël is. Neem die molêre volume van CO2 by 25 °C as 25 000 cm3·mol-1. (4) 5.7 In eksperiment 3 voeg die leerders nou 50 cm3 OORMAAT etanoësuur- oplossing (C2H4O2) met ʼn konsentrasie van 0,9 mol·dm-3 by CaCO3-poeier by 25 °C en vergelyk die resultate met dié van eksperiment 1. Die grafiek hieronder toon die volume van CO2 teenoor tyd vir die twee eksperimente. Volume van CO2 Q P (cm3) Tyd (minute) 5.7.1 Watter grafiek, P of Q verteenwoordig die resultate vir eksperiment 3? (1) 5.7.2 Verduidelik jou antwoord tot VRAAG 5.7.1. (2) 5.7.3 Hoe vergelyk die hoeveelheid CaCO3 wat in eksperiment 1 gebruik was met die CaCO3 in eksperiment 3? Kies uit GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 15 VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 6.1 Swaweltrioksied (SO3) gas word in ʼn leë houer ingespuit wat dan verseël word. Die volgende reaksie vind in die houer plaas: 2 SO3 (g) ⇌ 2 SO2 (g) + O2 (g) Die grafiek hieronder toon die verandering in reaksietempo teenoor tyd vir die eerste 20 minute. Reaksietempo (mol·dm-3·min- 1) 0 10 15 20 Tyd (minute) 6.1.1 Skryf die betekenis van die dubbelpyltjie “⇌” in die vergelyking neer. (1) 6.1.2 Wat word tussen t = 10 minute en t = 15 minute deur die horisontale gedeelte van die grafiek voorgestel? (1) By tyd t = 15 minute word die temperatuur van die reaksiemengsel in die houer verander. 6.1.3 Was die houer AFGEKOEL of VERHIT by t = 15 minute? (1) 6.1.4 Is die voorwaartse reaksie EKSOTERMIES of ENDOTERMIES? (1) 6.1.5 Gebruik Le Chatelier se beginsel om jou antwoord op VRAAG 6.1.4 te verduidelik. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) Na 20 minute is die druk in die reaksiehouer verhoog deur die volume by konstante temperatuur te verlaag. 6.1.6 Teken die grafiek hieronder oor en dui die effek aan wat die toename in druk in die reaksietempo sal hê totdat ʼn nuwe ewewig verkry word. GRAFIEK VAN REAKSIETEMPO TEENOOR TYD Reaksietempo (mol·dm-3·min- 1) 20 Tyd (minute) (2) 6.2 Koolstof (C) en koolstofdioksied (CO2) word in ʼn leë, 2 dm3, houer gemeng wat dan verseël word. Die volgende gebalanseerde vergelyking verteenwoordig die reaksie in die houer by 700 °C wat ewewig bereik. C (s) + CO2 (g) ⇌ 2 CO (g) Daar word gevind by ewewig dat die konsentrasie van CO2 0,05 mol·dm-3 is en dat daar 0,4 mol van C (s) teenwoordig is. Die ewewigskonstante vir die reaksie is 0,05 by 700 °C. Bereken die persentasie koolstof wat gereageer het. (8) [16] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 17 VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 7.1 Beskou die ionisasie-reaksie van oksaalsuur, H2C2O4 (aq), wat deur die volgende gebalanseerde reaksie verteenwoordig word: H2C2O4 (aq) + H2O (ℓ) ⇌ HC2O4 – (aq) + H3O+ (aq) Die konsentrasie van ELK van die stowwe wat in 0,1 mol·dm -3 oplossing van H2C2O4 by ewewig gevind word, word in die tabel hieronder gegee. Stowwe H2C2O4 HC2O4 – H3O+ Konsentrasie 0,046 0,054 0,054 (mol·dm-3) 7.1.1 Definieer ʼn suur volgens die Lowry-Brønsted-teorie. (2) 7.1.2 Skryf die formule van die basis in die bostaande reaksie anders as H2O neer. (1) 7.1.3 Is oksaalsuur (H2C2O4) ʼn STERK of SWAK suur? (1) 7.1.4 Verduidelik die antwoord op VRAAG 7.1.3 deur na die data in die tabel te verwys. (2) 7.2 ʼn Gekonsentreerde natriumhidroksied oplossing, NaOH (aq), word met water na ʼn tiende van sy oorspronklike konsentrasie verdun. Presies 35 cm3 van die verdunde natriumhidroksied oplossing word met 25 cm 3 soutsuur oplossing, HCℓ (aq) met ʼn konsentrasie van 0,1 mol·dm-3 in ʼn fles gemeng. ʼn Neutralisasie reaksie vind in die fles volgens die gebalanseerde reaksie plaas: HCℓ (aq) + NaOH (aq) → NaCℓ (aq) + H2O (ℓ) 7.2.1 Bereken die aanvanklike aantal mol van HCℓ in die fles. (3) Die pH van die finale oplossing is 12. Bereken die KONSENTRASIE van die: 7.2.2 Hidroksied-ione (OH-) in die finale oplossing (4) 7.2.3 Gekonsentreerde natriumhidroksied (NaOH) (6) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) ʼn Galvaniese sel word onder standaardtoestande opgestel. Een halfsel bestaan uit ʼn silwerplaat , Ag, in ʼn waterige oplossing van AgNO3, terwyl die ander halfsel uit ʼn inert platinumplaat bestaan wat in ʼn waterige oplossing geplaas word wat Fe2+ en Fe3+ ione bevat, soos in die diagram hieronder getoon. V Ag Pt AgNO3 (aq) Fe2+ en Fe3+ 8.1 Skryf neer die energie omskakeling wat plaasvind, wanneer die sel in werking is. (2) 8.2 Vir die galvansie-sel, skryf neer die: 8.2.1 Oksidasie halfreaksie (2) 8.2.2 Selnotasie (3) 8.2.3 TWEE standaardtoestande vir die Fe2+, Fe3+ halfsel. (2) 8.3 Bereken die aanvanklike emk van die sel. (4) 8.4 Wat sal met die emk wat in VRAAG 8.3 bereken was gebeur, as ʼn oplossing van NaCℓ as die soutbrug onder standaardtoestande gebruik word? Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE neer. (1) 8.5 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 8.4. (2) [16] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 19 VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die elektrolitiese sel wat hieronder getoon word, word vir die elektrolise van ʼn CuCℓ2 -oplossing gebruik. A B CuCℓ2 (aq) A en B is koolstof-elektrodes. 9.1 Definieer elektrolise. (2) 9.2 Is die proses van elektrolise, EKSOTERMIES of ENDOTERMIES? (1) 9.3 Skryf die halfreaksie wat by elektrode B plaasvind neer. 0,369 g van Cu word op die katode in 27 minute geplaas. (2) 9.4 Bereken die elektriese stroom wat tydens die proses gebruik was. (7) [12] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE Standard pressure p 1,013 × 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molêre gasvolume teen STD Standard temperature Tθ 273 K Standaardtemperatuur Charge on electron e -1,6 × 10-19 C Lading op elektron Avogadro’s constant NA 6,02 × 1023 mol-1 Avogadro se konstante TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m n m n = M or/of c = V or/of c = MV pH= -log[H3O+] N ca Va na Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14 at /by 298K n= N or/of = A cb Vb nb V n= V m Eθcell = Eθcathode – Eθanode / Eθsel = Eθkatode – Eθanode Eθcell = Eθreduction – Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksi e – Eθoksidasie Eθcell = Eθoxidising agent – Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermidde l – Eθreduseermiddel Q Q q =IΔt n= e or/of n = q e Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 21 TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) Atoomgetal (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) KEY/ SLEUTEL Atomic number 1 2 H He 2,1 1 29 4 Elektronegatiwiteit Simbool 3 4 Electronegativity 1,9 Cu Symbol 5 6 7 8 9 10 Li Be 63,5 B C N O F Ne 1,0 1,5 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 Na Mg Benaderde relatiewe atoommassa Aℓ Si P S Cℓ Ar 0,9 1,2 Approximate relative atomic mass 1,5 1,8 2,1 2,5 3,0 23 24 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr 0,8 1,0 1,3 1,5 1,6 1,6 1,5 1,8 1,8 1,8 1,9 1,6 1,6 1,8 2,0 2,4 2,8 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe 0,8 1,0 1,2 1,4 1,8 1,9 2,2 2,2 2,2 1,9 1,7 1,7 1,8 1,9 2,1 2,5 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 Cs Ba La Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tℓ Pb Bi Po At Rn 0,7 133 0,9137 139 1,6 179 181 184 186 190 192 195 197 201 1,8204 1,8 207 1,9 209 2,0 2,5 87 88 89 Fr Ra Ac 0,7 0,9226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voobehou Blaai om asseblief
22 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies Eθ (V) F2(g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87 Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81 H2O2 + 2H +2e + − ⇌ 2H2O +1,77 − MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ Mn 2+ + 4H2O + 1,51 Cℓ2(g) + 2e− ⇌ 2Cℓ− + 1,36 2− Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33 O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23 MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 Pt 2+ + 2e − ⇌ Pt + 1,20 Br2(ℓ) + 2e− ⇌ 2Br− + 1,07 − ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë NO 3 + 4H+ + 3e− Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Hg2+ + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 + Ag + e − ⇌ Ag + 0,80 − NO 3 + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77 O2(g) + 2H + 2e + − ⇌ H2O2 + 0,68 I2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 Cu+ + e− ⇌ Cu + 0,52 SO2 + 4H + 4e + − ⇌ S + 2H2O + 0,45 2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2− SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16 Sn 4+ + 2e − ⇌ Sn2+ + 0,15 S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14 + 2H + 2e − ⇌ H2(g) 0,00 Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06 Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13 Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14 Ni 2+ + 2e − ⇌ Ni − 0,27 Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28 Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40 Cr 3+ +e − ⇌ Cr2+ − 0,41 Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44 Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74 Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76 2H2O + 2e − ⇌ H2(g) + 2OH − − 0,83 Cr2+ + 2e− ⇌ Cr − 0,91 Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18 Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 Mg 2+ + 2e − ⇌ Mg − 2,36 Na+ + e− ⇌ Na − 2,71 Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87 Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89 Ba 2+ + 2e − ⇌ Ba − 2,90 Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92 K+ + e− ⇌ K − 2,93 + Li + e − ⇌ Li − 3,05 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) FISIESE WETENSKAPPE V2 23 TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies Eθ (V) Li+ + e− ⇌ Li − 3,05 K+ + e− ⇌ K − 2,93 Cs+ + e− ⇌ Cs − 2,92 Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90 Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89 Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87 + Na + e − ⇌ Na − 2,71 Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36 Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18 Cr2+ + 2e− ⇌ Cr − 0,91 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë 2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76 3+ Cr + 3e − ⇌ Cr − 0,74 Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44 Cr3+ + e− ⇌ Cr2+ − 0,41 Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40 Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28 Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27 2+ Sn + 2e − ⇌ Sn − 0,14 Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13 Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06 2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00 S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14 4+ Sn + 2e − ⇌ Sn 2+ + 0,15 Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16 2− SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 SO2 + 4H + 4e + − ⇌ S + 2H2O + 0,45 + Cu + e − ⇌ Cu + 0,52 I2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 O2(g) + 2H+ + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77 − NO 3 + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Ag+ + e− ⇌ Ag + 0,80 2+ Hg + 2e − ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 − NO 3 + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Br2(ℓ) + 2e − ⇌ 2Br − + 1,07 Pt2+ + 2 e− ⇌ Pt + 1,20 MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23 2− Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33 Cℓ2(g) + 2e− ⇌ 2Cℓ− + 1,36 − MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ 2+ Mn + 4H2O + 1,51 H2O2 + 2H +2 e + − ⇌ 2H2O +1,77 Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81 F2(g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Physical Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all