Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220149 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2014 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2014 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Ortodokse Jode gehoorsaam godsdienstige wette wat ... genoem word. A Sjaria B Mitzvot C Genesis D Halakhah (1) 1.1.2 Die Tao kan beskryf word as ... A die Pad van die heelal. B die Aarde. C die Hiernamaals. D die Siklus van die lewe. (1) 1.1.3 Die hoogste kaste/stand in tradisionele Hindoeïsme is ... A die Upanishads of skrifgeleerdes. B die Sudras of arbeiders. C die Ksatriyas of heersers en krygers. D die Brahamanas of geestelike leermeesters. (1) 1.1.4 Die stigter van Boeddhisme was ... A Siddhartha Gautama. B Baha'u'llah. C Vajrayana. D die Dalai Lama. (1) 1.1.5 Die Baha'i-geloof het in ... ontstaan. A Irak B Iran C China D Saoedi-Arabië (1) 1.1.6 Toe Profeet Mohammed gesterf het, is hy deur ... opgevolg. A Isak B Abu Bakr C Jesus D Ali (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2014 NSS 1.1.7 'n Voorbeeld van Neo- (moderne) Hindoeïsme is ... A Rig Veda. B die 'Divine Life Society'. C die Bhagavad Gita. D bhakti-joga. (1) 1.1.8 Die Hadith is ... A 'n versameling leringe van die Profeet Mohammed. B verpligte leringe in die Koran. C boeke met mites. D rekords van Islamitiese geskiedenis. (1) 1.1.9 Die oudste vorm van Boeddhisme is ... A Zen-Boeddhisme. B Tibettaanse Boeddhisme. C Mahanyana-Boeddhisme. D Theravada-Boeddhisme. (1) 1.1.10 'n Dogma, in 'n godsdienskonteks, is ... A 'n leuen of versinsel. B leringe met absolute gesag. C 'n heilige teks. D 'n bespreking van geestelike waarhede deur 'n storie. (1) 1.2 Kies 'n item uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Aanvaar alle godsdienstige A normatiewe bron oortuigings as waar B Taoïsme 1.2.2 Baha'i C inklusiwisme 1.2.3 Sikhisme en die Sion Christelike Kerk D sinkretisme 1.2.4 Alles bestaan uit twee E ritueel magte F pluralisme 1.2.5 Heilige godsdienstige geleentheid G Haifa (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2014 NSS 1.3 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 'n Aanvaarde versameling heilige boeke of tekste word ... genoem. (1) 1.3.2 Volgens Boeddhisme word Nirvana bereik deur vryheid van ... (1) 1.3.3 'n Wêreldbeskouing wat suiwer op menslike redenasie gebaseer is, word ... genoem. (1) 1.3.4 Die beginsels van die interpretasie van godsdienstige tekste word ... genoem. (1) 1.3.5 Die stigter van Taoïsme was ... (1) 1.4 Verduidelik ELK van die volgende in TWEE sinne in die konteks van godsdiens: 1.4.1 Ekumenisme (2) 1.4.2 Fundamentalisme (2) 1.4.3 Protestantisme (2) 1.4.4 Yin en yang (2) 1.4.5 Die Dalai Lama (2) 1.5 Kies die woord wat NIE in elke groep woorde hieronder pas NIE. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Voorbeeld: piesang; appel; aartappel; druif Antwoord: 1.5.6 aartappel 1.5.1 Moses; Jesus; Abraham; Dawid (2) 1.5.2 Gemeenskap; voorvaders; kaste/stand; Modimo (2) 1.5.3 Taoïsme; kapitalisme; ateïsme; Marxisme (2) 1.5.4 Taoïsme; Boeddhisme; Afrika Tradisionele Godsdiens; Judaïsme (2) 1.5.5 Karma; Ahimsa; Tripitaka; Dharma (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2014 NSS 1.6 Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is. 1.6.1 Bukhari is 'n versameling Marxistiese leringe. (2) 1.6.2 Die Opperwese in Afrika Tradisionele Godsdiens word Ilimo genoem. (2) 1.6.3 Boeddhisme het geen begrip van 'n Opperwese nie. (2) 1.6.4 Voorvaders word in Taoïsme vereer. (2) 1.6.5 Baha'u'llah het Ali ibn abi Talib as sy opvolger aangewys. (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2014 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Alle vorme van media (elektroniese en gedrukte media, asook sosiale media soos Twitter, YouTube, ensovoorts) verskaf inligting aan mense oor gebeure dwarsoor die wêreld terwyl dit gebeur. Al probeer hulle hoe hard om objektief te wees, kommunikeer hulle 'n sekere standpunt wanneer hulle nuus oordra. Verder kan veral sosiale media maklik deur gewetenlose mense gebruik word om intergodsdienstige konflik te skep. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Grade 12] 2.1 Bespreek EEN voorbeeld van hoe die gebruik van sosiale media tot intergodsdienstige konflik kan lei. (12) 2.2 Noem VIER strategieë om sodanige misbruik van sosiale media te voorkom. (8) 2.3 Noem VYF strategieë wat die media gebruik om ons opinies te beïnvloed. (10) 2.4 Gee voorbeelde uit die media om jou antwoord op VRAAG 2.3 te ondersteun. (20) [50] VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. In 1948 het die Verenigde Nasies die Universele Verklaring van Menseregte eenparig aanvaar. Hier is 'n artikel uit die Verklaring: Artikel 18: Elkeen het die reg tot vryheid van opinie en uitdrukking: hierdie reg sluit in die vryheid om hul godsdiens of geloof te verander, en die vryheid, hetsy alleen of in 'n gemeenskap met ander en in die openbaar of privaat, om hul godsdiens of geloof in lering, praktyk, aanbidding en beoefening uit te leef. [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12] 3.1 Wat word met godsdiensvryheid bedoel? (4) 3.2 Bespreek die verskille tussen Westerse en Oosterse idees oor godsdienstige verdraagsaamheid. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2014 NSS 3.3 Stel jou voor jy is die voorsitter van die Verteenwoordigende Raad van Leerders by jou skool. Skryf 'n gedragskode vir leerders. Dit moet uit ten minste VIER sleutelpunte bestaan en moet godsdienstige verdraagsaamheid by die skool bevorder. (8) 3.4 Vergelyk demokratiese Suid-Afrika se siening oor godsdiensvryheid met die benadering wat gedurende die apartheidsera gevolg is. (14) 3.5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Sonder godsdiens sou die samelewing erger gewees het. Regdeur die geskiedenis het godsdiens ons leiding gegee oor hoe om mekaar met waardigheid te behandel. Die probleem is dat mense die oorspronklike leringe verdraai. [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12] 3.5.1 Noem DRIE leringe, uit enige EEN godsdiens, wat menseregte bevorder. (6) 3.5.2 Noem DRIE leringe, uit enige EEN godsdiens, wat individue aanmoedig om in harmonie saam te leef. (6) [50] VRAAG 4 4.1 Mites en geloof/oortuigings is belangrike aspekte van godsdienstige leringe. Bespreek die volgende begrippe soos hulle van toepassing is op godsdienstige leringe en gee EEN voorbeeld van elk. 4.1.1 Mite (6) 4.1.2 Geloof/Oortuiging (6) 4.2 Kies EEN godsdiens en skryf VIER unieke eienskappe van daardie godsdiens neer. (8) 4.3 Kies EEN onlangse konflikgebied in die wêreld en bespreek die situasie soos volg: 4.3.1 Noem die land/lande wat deur die konflik geraak is en gee 'n kort beskrywing van die geskiedenis van die konflik. (10) 4.3.2 Ontleed die huidige stand van die konflik krities. (10) 4.3.3 Bespreek die rol wat godsdiens in die konflik speel. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2014 NSS VRAAG 5 5.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Toe die wit man na ons land toe gekom het, het hy die Bybel gehad en ons die grond. Die wit man het vir ons gesê: 'Laat ons bid.' Na die gebed het die wit man die grond gehad en ons die Bybel. [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12] Stem jy saam met die stelling hierbo? Gee redes vir jou antwoord, asook voorbeelde. (16) 5.2 Noem enige EEN doelwit van die 'Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika' (PROCMURA). (2) 5.3 Ontleed die werk van enige TWEE multigodsdienstige organisasies krities soos volg: 5.3.1 Noem die organisasies en hul doelwitte. (12) 5.3.2 Bespreek en evalueer die projekte van ELK van hierdie TWEE organisasies. (20) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all