Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2014
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2014 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 265.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC November Exam 2014
Questions in this paper
- Question 1.1Common Features of Religion30 marks
- Question 1.2Common Features of Religion
- Question 2.1The Variety of Religions30 marks
- Question 2.2Topical Issues in Society20 marks
- Question 3.1Common Features of Religion40 marks
- Question 3.2Common Features of Religion10 marks
Show all 12 questions
- Question 4.1Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions10 marks
- Question 5.1Common Features of Religion10 marks
- Question 5.2Common Features of Religion20 marks
- Question 5.3Common Features of Religion20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 1
1.1 1.1.1 VOORBEELD:1 Christendom
• God is een, maar bestaan uit drie persoonlikhede/persone.
• Hulle is God die Vader, God die Seun en God die Heilige
Gees.
• Hy het die heelal/aarde geskep om deur die mens gebruik te
word.
• Hy het alles, sigbaar en onsigbaar, geskep.
• Die mens het toegang tot God deur Jesus Christus.
• Hy is heeltyd betrokke by die wêreld; Sy kreatiewe energie is
heeltyd in die wêreld aan die werk.
VOORBEELD 2: Hindoeïsme
• Anders as die gewilde wanindruk dat Hindoes baie gode het, is
'n geloof in een God die sentrale lering van die Hindoe-
wêreldbeskouing.
• Die hoogste konsep van God in Hindoeïsme is Brahman die
Opperwese, wat oral is en die bron van ons bestaan is.
• God kan ook in gegradeerde stadiums ervaar word volgens die
spirituele ontwikkeling van die volgeling.
• Die eerste vlak van ervaring van God onder Brahman is
Ishwara, die vormlose God wat oral is en eienskappe soos
liefde, vrede en meegevoel het. Hy is vormloos.
• God word ook uitgebeeld as die Ewige Vrou, Moedergodin wat
al die gebede van haar volgelinge verhoor.
• God daal na die aarde neer om menslike sake (avatara) reg te
stel wat chaoties geraak het as gevolg van die mens se gebrek
aan morele waardes en liefde.
• Heilige inkarnasies kom om 'n heilige doel deur hul groot
spirituele invloed, lering en persoonlike gedrag te vervul en
sodoende slegte gewoontes om te keer en goeie gewoontes,
liefde, meegevoel en veral die verering van God aan te
moedig.
• In Hindoeïsme is Rama en Krishna gewilde heilige inkarnasies. (10)
L.W. Enige ander relevante feit word aanvaar
1.1.2 VOORBEELD 1: Christendom
• Beloning en straf is regverdig.
• Beloning motiveer gelowiges om hul lewe op te lê vir groter
beloning.
• Beloning het mense beïnvloed om vir hul geloof te sterf.
• Straf moedig gelowiges aan om volgens hul godsdienstige
leringe te leef.
• Straf is een van die motiverende faktore waarom godsdienstige
leringe gevolg moet word.
• Ons almal word in hierdie wêreld beloon deur goed te doen en
het nie ekstra beloning nodig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VOORBEELD 2: Hindoeïsme
• Daar is geen konsep van sonde of die bose in Hindoeïsme
nie.
• Hindoeïsme leer dat mense net sonde pleeg omdat hulle nie
die ware aard van Brahman se siel ken nie.
• Mense beheer hul lot omdat alles in die heelal aan die wet
van karma verbind is.
• Hoe 'n persoon kies om sy/haar lewe te lei, sal hom/haar in
die volgende lewe beïnvloed.
• Die meeste Hindoes sal probeer om 'n lewe sonder sonde te
leef sodat hulle met 'n beter lewe, en uiteindelik moksha,
beloon sal word. (10)
• LET WEL: Enige redelike faktor is aanvaarbaar.
1.1.3 VOORBEELD:1 Christendom
• Volgens die Christendom hou die lewe nie by die dood op
nie, maar duur dit na die graf voort.
• Die wat doodgaan, begin met 'n nuwe fase wat die
paradys/hemel
• genoem word en wat duur van die oomblik wat hulle
doodgaan tot die dag van die Wederkoms.
• Sondaars gaan na Hades/hel, waar hulle gestraf word.
• Daar word geglo dat die gewone wêreld op die Laaste Dag
nie meer sal bestaan nie en dat alles dan onder God se
beheer sal wees.
• Op hierdie dag sal die finale oordeel plaasvind en almal sal
óf beloon óf gestraf word.
• Slegs diegene wat volgens die wil van God geleef het, sal
toegelaat word 'n ewige lewe te geniet.
• Die dood is dus nie die einde van die lewe nie, maar 'n fase
in die reis van die mensdom.
• Die opstanding impliseer dat die lewe 'n doel het, dat goed
en sleg beloon sal word en dat daar 'n hoër lewe ná hierdie
wêreld is.
VOORBEELD 2 Hindoeïsme
• Volgens die Vedas het elkeen 'n siel of 'self' wat in die
liggaam woon.
• Daar is 'n siklus van geboorte en hergeboorte.
• Dit word reïnkarnasie genoem, waarvolgens 'n siel evolueer.
• Die doel van elke Hindoe is om die 'self' uit hierdie siklus te
bevry, sodat dit een kan word met Brahma.
• Hierdie stadium word moksha genoem. (10)
1.2 VOORBEELD:1 Afrika Tradisionele Godsdiens
Eerste Riglyn
• 'n Persoon is 'n persoon deur ander mense.
• Umuntu ngumuntu ngabantu (Nguni-tale)
• In die lewe het mens ander mense nodig om te kan oorleef.
• Ilima is 'n voorbeeld van ubuntu.
• 'n Gemeenskaplike lewe word aangemoedig.
• Respek vir die mensdom word beklemtoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
Tweede Riglyn
• Verering van die voorvaders
• Soek leiding by die voorvaders deur die 'siener'
• Kommunikeer met die skepper deur die voorvaders
• Hou seremonies te ere van die voorvaders
• Brand wierook om met die voorvaders te kommunikeer
• Offer diere aan die voorvaders
VOORBEELD:2 Christendom
Eerste Riglyn
• Geseënd is dié wat arm van gees is, want aan hulle behoort die
koninkryk van die hemel (Matteus 5:3).
• Die konsep 'arm' in hierdie lering verwys nie na materiële behoeftes
nie.
• Die mense wat besef dat hulle arm in die gees is, erken dat hulle God
se Woord nodig het.
• Volgens die aanhaling hierbo sal diegene wat arm in die gees is, in die
hemel beloon word.
• Items soos geld, duur motors, huise en ander materiële besittings word
nie in die hemel erken nie.
• Dus word mense gevra om eers die Woord van God te soek.
Tweede Riglyn
• Eer jou vader en jou moeder (Efesiërs 6:2).
• Kinders moet hul ouers respekteer.
• 'n Vader en moeder verwys na enige verantwoordelike volwassene.
• Die ouers is God se verteenwoordigers op aarde.
• Dit impliseer dat, deur jou ouers te eer, jy God self eer.
• Die tyd wat jy op aarde spandeer, sal verleng word. (20)
LET WEL: Enige ander relevante, praktiese riglyne uit ander godsdienste
moet aanvaar word.n Maksimum van 10 punte mag toegeken
word, indien die kandidaat slegs praktiese voorbeelde lys.Die
twee ruglyne moet nie apart behandel word nie.Hoe dit ook
sy,byde leeringe moet van dieselfde godsdiens wees.
[50]
VRAAG 2
2.1 2.1.1 VOORBEELD 1: Christendom
Katolieke Kerk
• Politieke beheer is tradisioneel en word in Rome gesien.
• Die hoof van die Katolieke Kerk is die Pous.
• Die eerste Pous was St. Petrus.
• Die Katolieke Kerk het baie ordes met monnike, priesters en
nonne.
• Alle Katolieke word deur die Vatikaan bestuur.
• Die gemeente is 'n gebied of distrik met 'n kerk en priester.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 5 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
Oosterse Ortodokse Kerk
• Politieke beheer lê tradisioneel in Konstantinopel (Istanbul).
• Hulle word in die Midde-Ooste, dele van Afrika, Griekeland
en Rusland gevind.
• Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe.
• Daar is nie net een leier nie.
• Gesag in die kerk is in die hande van 'n groep biskoppe.
• 'n Bisdom is 'n groep gemeentes wat onder die leierskap
van die biskop val.
Protestantisme
• Hierdie beweging is in 1517 deur 'n Duitse monnik, Martin
Luther, begin.
• Die plaaslike kerke word deur verkose leraars en biskoppe
of verkose ouderlinge bestuur.
• Daar is geen eenvormigheid in die bestuur van die
Protestantse kerke.
• Die oorhoofse bestuur word behartig deur 'n hoër gesag
soos 'n sinode of Algemene Vergadering, en 'n voorsittende
biskop is die voorsitter.
• In die Protestante kerke is elke kerk onafhanklik.
• Die kerke is nie verantwoordelik teenoor enige hoër gesag
as die gemeente nie.
VOORBEELD:2 Islam
• Sunni Islam
• Daar is nie geestelike leraars in Sunni-Islam nie.
• Enige Moslem kan op gemeenskapsrade dien.
• Die bestuur is gemeenskapsgebaseerd.
• Die geleerdes van Islam en gemeenskapslede diens op die
beheerrade van moskees, madrassas en skole.
• In bestuur word die Sunnah van die Profeet nagevolg.
• Shi’a Islam
• Die Shi'a-Moslems vereer die nakomelinge van die Profeet
Mohammed.
• Hulle glo dat die nakomelinge 'n goddelike reg het om die
Moslems te lei.
• Hulle gebruik die titel Imam vir sekere oudleiers wat hulle
glo deur God gekies is.
• Bestuur is in die hande van mullahs.
• Die mullahs het ook beduidende politieke invloed. (20)
2.1.2 VOORBEELD 1: Christendom
• Die Katolieke Kerk
• Beskou haarself as die oorspronklike Kerk van Christus.
• Die Katolieke Kerk glo in die ordes van priesters, monnike
en nonne wat hulle lewens heeltemal aan God wy. Hulle lê
beloftes van selibaatheid af en mag nie trou nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 6 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Die hoof van die Kerk is die Pous, wat in Rome woon. Hy is
die opvolger van St. Petrus, wat die leier van Jesus se
twaalf apostels was.
• Hierdie Kerk leer dat God uit drie aparte, maar gelyke dele
bestaan, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees. Dit word
die Drie-eenheid genoem.
• Hierdie Kerk beoefen 'n aantal rituele wat die Sakramente
genoem word, soos bieg, doop, aanneming, die laaste rites
voor die dood van 'n persoon, salwing tot priesterskap en
die sakrament van die huwelik. (Hulle beoefen sewe
sakramente).
• Die kern van Christendom is gebaseer op die Heilige
Nagmaal.
• Oosterse Ortodokse Kerk
• Hierdie Kerk word nie deur die Pous beheer nie.
• Die Drie-eenheid en die Heilige Gees word op 'n ander
manier as deur die Katolieke Kerk verstaan.
• Aan die einde van die 6de eeu CE het die Westerse
Romeinse kerk die filioog (van die Seun) -klousule
aangeneem.
• Hierdie klousule leer dat die Heilige Gees van God kom.
• Die Oosterse Kerk het nie saamgestem dat die Seun
ingesluit word nie, omdat hulle glo dat dit die Vader en Seun
belangriker as die Heilige Gees maak.
• Die Oosterse Kerk het ook die idee dat die Westerse Kerk
en die Pous meer mag het om Christelike leringe en
tradisies by te voeg of te verander, bevraagteken.
• Die Oosterse Ortodokse Kerke het nie net een leier nie.
• Gesag in die Kerk lê by die biskoppe.
• Die geestelike leiers in die Kerk hoef nie selibaat te bly nie
en mag trou.
• Die Oosterse Ortodokse Kerk beskou toewyding as 'n
belangriker uitdrukking van geloof as die regte doktrine,
soos die geval is in die Rooms Katolieke Kerk.
Protestantisme
• Protestantisme het by die Duitse Katolieke monnik, Martin
Luther, begin.
• Aan die begin wou Martin Luther die Katolieke kerk van
binne hervorm, maar in 1520 is hy uit die Katolieke kerk
geskors oor sy oortuigings.
• Dit het tot die stigting van verskillende kerke, soos die
Lutherse, Anglikaanse, Gereformeerde en Baptistekerk
gelei.
• Anders as die Katolieke Kerk, glo die Protestante Kerke nie
dat redding iets is wat deur rituele en praktyke verdien kan
word nie.
• Protestante glo dat redding 'n geskenk is wat vrylik deur
God deur die werke van Jesus Christus op aarde gegee is.
• Protestantisme bestaan uit verskillende Kerke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 7 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Hulle glo dat die leringe van die Bybel meer gesag het as
die Pous of die Katolieke Kerk.
• Priesters en predikante hoef nie selibaat te bly nie en hulle
mag trou.
• Elke Kerk word deur 'n pastoor of predikant gelei wat
amptelik deur die denominasie aangestel is.
• Anders as die Katolieke Kerk, laat die Protestante Kerke
vroue toe om priesters of predikante te wees.
VOORBEELD 2: Islam
Sunni-Islam
• Sunni's glo dat die gelowiges eerder as die afstammelinge
van die Profeet, hul leiers moet kies.
• Sunni verwys na die navolging van die sunnah (voorbeeld)
van die Profeet Mohammed.
• Daar word geglo dat al die vriende van die Profeet gelyke
respek in Islamitiese reg moet kry.
Shi'a-Islam
• Hulle glo dat die kalifaat (opvolger) 'n nakomeling van die
Profeet Mohammed moet wees.
• Hulle glo dat die kaliefs goddelik aangestelde imams is.
(10)
• Hulle glo ook dat kaliefs bonatuurlike kennis en gesag het
om gelowiges te lei.
• Hulle deel gemeenskaplike skuld omdat hulle Hussein nie
gehelp het toe hy vermoor is nie.
LET WEL: Enige ander relevante antwoord van die kandidaat
moet aanvaar word.
2.2 2.2.1 • Die gesinstruktuur word in die meeste dele van die land
deur armoede gekonfronteer, wat tot selfs meer
maatskaplike uitdagings lei.
• Tienerswangerskappe is een van die uitdagings van die
gesinstruktuur wat uiteindelik tot die verwaarlosing van
kinders lei omdat die ouers nog te jonk is om na hul eie
kinders om te sien.
• Die meeste Suid-Afrikaners wat vaardighede of hoë
geleerdheid besit is geneig om hul loopbane bo 'n
gesinslewe te stel.
• Dwelm- en alkoholmisbruik is baie algemeen in die
samelewing. In baie gesinne gebeur dit dat beide die ma en
die pa drink en dwelms gebruik, wat tot 'n verwaarlosing van
ouerlike pligte lei.
• Egskeiding het algemeen geword in ons samelewing en lei
tot enkelouerskap, wat weer daartoe lei dat die kinders ly.
• HIV en Vigs en ander dodelike siektes het die gesinstruktuur
afgetakel, wat tot gesinne met kinderhoofde lei. (10)
LET WEL: Enige ander relevante antwoord van die kandidaat moet
aanvaar word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 8 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.2.2 VOORBEELD 1: Afrika Tradisionele Godsdiens
• Die familie moet gereeld familiebyeenkomste en vergaderings
reël om familietradisies en waardes te onderhou.
• 'n Tradisionele praktyk wat armes bystaan (ilima) kan gebruik
word om Ubuntu te bevorder.
• Gesegdes en metafore kan as 'n alledaagse vorm van
onderrig in die gemeenskap gebruik word.
• Dit gee etiese en morele riglyne vir korrekte gedrag, asook
waarskuwings oor immorele gedrag.
• Rituele kan uitgevoer word om die beskerming en seën van
voorvaders te vra.
• Die ouers en die breër gemeenskap moet die kinders
aanmoedig om tradisionele jeugklasse by te woon.
VOORBEELD 2: Christendom
• Die gesin is deur God as die basiese eenheid van die
gemeenskap geskep as die enigste plek waarin kinders
grootgemaak moet word.
• Christenouers moet na hul kinders omsien en hulle as goeie
Christene grootmaak; kinders moet hul ouers respekteer en
na hulle omsien as hulle oud is.
• Kinders moet in die Here aan hul ouers onderdanig wees –
dit is hulle plig. Die eerste Gebod wat 'n belofte bevat. Eer jou
vader en jou moeder en jy sal lank bly lewe in die land wat
die Here jou God vir jou gegee het.
• Ouers moet hul kinders die waardes wat deur hul godsdiens
uitgeleef word, leer.
• Die ouers moet toesien dat hul kinders godsdienstige klasse
bywoon en hulle ook aanmoedig om dit by te woon.
• Ouers moet nooit hulle kinders tot teësin dryf nie, maar moet
hulle in hul opvoeding korrigeer en lei soos die Here dit doen. (10)
[50]
VRAAG 3
3.1 3.1.1 • Mondelinge tradisie dien in alle godsdienste as 'n effektiewe
manier om die oorspronklike boodskap mondeling van een
generasie na die volgende oor te dra.
• Sommige godsdienste lê meer klem op mondelinge tradisie
as op hulle heilige tekste.
• Mondelinge tradisie speel steeds 'n belangrike rol in sommige
godsdienste, byvoorbeeld Afrika Tradisionele Godsdiens.
• Mondelinge tradisie word steeds saam met geskrewe tekste
gebruik.
• Mondelinge tradisie bied meer duidelikheid as geskrewe teks,
danksy die narratiewe styl.
• Die ketting van vertellers is ook belangrik, omdat dit na die
bron lei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 9 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Mondelinge tradisie weerspieël plaaslike dialekte en kultuur.
Dit kan dus maklik binne elke kultuur verstaan word.
• Die nadeel van mondelinge tradisie is dat dit tot verskillende en
teenstrydige weergawes kan lei.
• In baie godsdienste sluit rituele mondelinge tradisies in.
• Bv. die doop in Christendom en inlywingseremonies/verering
van voorvaders in Afrika Tradisionele Godsdiens. (14)
3.1.2 • Skrif het ongeveer 4 000 jaar gelede op die godsdienstige
toneel verskyn.
• Soos wat die tegnologie van skrif meer gevorderd geraak het,
het dit die verspreiding van godsdienstige leringe versnel.
• Die geskrewe teks verander die tradisie sodat dit meer vas is.
• Die geskrewe tekste word 'n vaste maat waarvolgens regte en
verkeerde leringe gemeet kan word.
• Heilige tekste is meer sentraal in boekgodsdienste, bv.
Abrahamitiese godsdienste.
• Heilige tekste is gewoonlik deel van groter versamelings.
• Die aanvaarde versameling heilige boeke word 'kanon'
genoem en het meer gesag as godsdienstige leiers.
• Heilige tekste kan ook verskeie kommentare hê.
• Hierdie verduidelikings is onderhewig aan spesifieke reëls van
interpretasie (hermeneutiese beginsels). (14)
• L.W. n Maksimum van 4 punte maag toegeken word vir die
noem van 4 voorbeelde. ’n maksimum van 4 punte word
toegeken vir die evalueering van die vraag .As geen
evalueering toegepas word nie, sal slegs ‘n maksimum van 10
punte toegeken word.
3.1.3 • Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in baie
godsdienste.
• Dit is die ware oorsprong van alle godsdienste.
• Inspirasie verwys na die mag of krag van 'n buitengewone
wese wat 'n gekose wese 'oorneem'.
• Die stigtersfigure van baie godsdienste is deur 'n hoër mag of
wysheid geïnspireer.
• Sulke persone beweer dat hulle 'n openbaring van 'n
buitengewone wese ontvang het.
• Voorbeelde is Moses, Jesus Christus, Abraham, die Profeet
Mohammed, Boeddha en Baha'u'llah.
• In ATG ontvang mediums inspirasie terwyl hulle in 'n
beswyming is.
• Hierdie inspirasie is voortdurend, terwyl dié van die
Abrahamitiese gelowe nie verder as hul stigters strek nie.
• Inspirasie is 'n kragtige motivering vir die volgers van 'n
godsdiens. (12)
3.2 • Grammatika en historiese konteks. Dit beteken dat mens die reëls van
grammatika en die historiese feite gebruik om heilige tekste te
interpreteer.
• Die duidelikste betekenis word gebruik, mens moet die letterlike
betekenis van die teks gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 10 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Plan, doel en konteks. 'n Geskrewe stuk moet as 'n geheel beskou
word. Wat is die skryfplan of struktuur? Wat was die outeur se doel met
die skryf van die teks? Wat is die konteks van die gedeelte waarna
gekyk word?
• Die betekenis van woorde: Die betekenis van woorde verander oor tyd
en op verskillende plekke. Vind die oorspronklike betekenis soos dit in
die normatiewe bron gebruik is.
• Figuurlike betekenis: Figuurlike en nie-letterlike betekenis moet in ag
geneem word.
• Ander heilige tekste: Heilige tekste kan self gebruik word om ander
heilige tekste te interpreteer. (Enige 5 x 2) (10)
[50]
VRAAG 4
4.1 • Die wetenskaplike teorie van die skepping van die heelal word die
'Oerknalteorie' genoem.
• Dit verduidelik hoe die heelal tot stand gekom het.
• Evolusieleer verduidelik die ontwikkeling van lewe van die
eenvoudigste vorm tot die mees volledige vorm vandag.
• hierdie ontwikkeling sluit die evolusie van mense deur primitiewe
stadiums tot die moderne mens in.
• Daar word geglo dat evolusie vandag steeds voortduur.
• Evolusieleer van die heelal word kosmologie genoem.
• Dit is nie bekend wat voor die Oerknal bestaan het nie.
• Daar wat 'n groot ontploffing in die ruimte en binne sekondes het die
heelal verskyn en tot 'n enorme grootte uitgebrei.
• Dit het ongeveer vyftien biljoen jaar gelede gebeur.
• Klein temperatuurverskille in die oorspronklike ontploffing het tot
verskillende digthede in die heelal gelei.
• Dit het uiteindelik klusters van materie en energie gevorm.
• Groot spasies het hierdie klusters geskei.
• Dit het groot versamelings sterre gevorm wat ons sterrestelsels noem.
• Sommige sterrestelsels het gekondenseer tot 'n kombinasie van sterre
en planete wat sonnestelsels genoem word.
• Ons aarde is in een van die sonnestelsels.
• Dit is waar die evolusie van lewe plaasvind.
• Die teorie sluit die bestaan van 'n goddelike wese uit.
• Dit gee slegs 'n wetenskaplike verduideliking van die struktuur en
komposisie van die heelal. (20)
• L.W. ‘n Maksimum van 6 punte mag toegeken word vir Darwin se
teorie.
4.2 VOORBEELD 1: Taoïsme
• Volgens die Taoïste bestaan alles in die skepping uit twee tipes kragte.
Die Yang is aktief, lig, kragtig en manlik en die Yin is passief, donker,
onderdanig en vroulik.
• Al die wêreld se prosesse bestaan uit 'n kombinasie van die twee
kragte (Yang en Yin)
• Nag en dag, somer en winter, geluk en hartseer, geboorte en dood, die
heelal beweeg eindeloos tussen teenoorgesteldes soos hierdie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 11 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Vir die Taoïste is dit wat jy sien as jy terugstaan en na die kreatiewe
proses kyk, 'n eindelose wisseling tussen die pole – die groei en
kwyning van dinge.
• Die Yang en Yin is teenwoordig. Sodra een teenwoordig is, is die
teenoorgestelde ook teenwoordig.
• Een en nie een nie is twee. Die Een kom uit die Twee, wat pad
beteken.
• Tweede staan nie vir 'skepper' in die Westerse of selfs Hindoë-sin van
die woord nie. Dit staan eenvoudig vir die patroon van die heelal.
• Dat is niks in die begin en aan die einde nie, anders as die Hindoe- of
die Abrahamitiese godsdienstige weergawes.
• Die Taoïstiese weergawe verduidelik slegs hoe dinge gemaak word en
spekuleer nie oor wanneer dit begin het, of daar 'n tyd voor dit was, of
wanneer dit sal eindig nie.
• Alles kom uit niks.
VOORBEELD 2: Afrika Tradisionele Godsdiens
• In ATG is daar 'n geloof in 'n Opperwese. Hy speel nie 'n belangrike rol
in godsdienstige oortuigings en praktyke nie.
• Afrika Tradisionele Godsdiens sien die heilige as ver verwyder bo
menslike begrip.
• Die skepping van die mens het baie mites in Afrika Tradisionele
Godsdiens.
• Dit word as simbolies beskou.
• Alhoewel wetenskaplikes wonderlike ontdekkings oor die natuur en die
heelal maak, lyk die wêreld te kompleks om die bestaan van 'n
intelligente ontwerper te ontken.
• ATG-kenners wat die teorie van intelligente ontwerp ondersteun,
verwerp nie evolusieleer nie, maar sê dat dit nie die enigste
verduideliking van die skepping kan wees nie.
• Alles wat bestaan word as 'n lewende geheel beskou wat in 'n
verskeidenheid fases of gedaantes bestaan.
• Die mensdom is een van hierdie gedaantes.
• Mense het verskyn as gevolg van 'n gedurige uitruil van kragte.
• Tradisionele Zoeloes glo wat mense uit die water/die see verskyn het.
• Die 'rietdans' vier die hernuwing van lewe en die ontstaan van die
mens, soos wat riete uit die water gebruik word om hutte te bou.
VOORBEELD 3: Judaïsme
• Kreasionisme word in die Boek van Genesis verduidelik.
• Daar word geglo dat die skrifte van Judaïsme deur God geïnspireer is.
• Daar is een alomteenwoordige, alwetende, perfekte skepper.
• Hy het mense as die kroon van die skepping geskep.
• Die skepping het ses dae geduur: dit het begin by die skeiding van lig
en donker.
• Die heelal is uit niks uit geskep.
• God het Adam en Eva geskep, wat die eerste mense was.
• Hulle is uit klei gemaak.
• Sommige moderne Jode aanvaar evolusieleer.
• Hulle beweer dat evolusie deel van God se plan is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 12 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• L.W. Enige ander relevante verduiedeliking met gekrediteer word.’n
Maksimum van 10 punte word toegeken vir elke godsdiens. (20)
4.3 • Hindoeïsme maak nie beswaar teen evolusie nie, omdat die heelal op
evolusie gebaseer is.
• Hulle het 'n meer gevorder teorie van evolusie as die wetenskaplike
weergawe, omdat die wetenskaplike teorie net op die fisiese gebaseer
is.
• Hindoeïsme bied 'n meer omvattende standpunt, omdat dit die
spirituele aspek insluit.
• Wetenskaplikes beskou evolusie as 'n persoon as iets wat per toeval
gebeur het.
• Hindoes glo dat jy beheer oor beide jou spirituele en fisiese evolusie
het. (10)
• 'n Goeie lewe lei tot die geleidelike evolusie na gevorderde vorms.
• Uiteindelik sal jy uit die fisiese verlos word en een word met god.
L.W . Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.
[50]
VRAAG 5
5.1 •'Sekulêr' beteken 'nie-godsdienstig'
•Humanisme is 'n groep filosofieë wat glo dat mense eties en moreel
onafhanklik van 'n bonatuurlike wese kan ontwikkel.
• Sekulêre humanisme is 'n vertakking van humanisme wat
godsdienstige geloof verwerp.
• Dit verwerp ook die bestaan van 'n bonatuurlike wese.
• Dit word dikwels met wetenskaplikes en akademici verbind.
• Sekulêre humanisme lei gewoonlik tot ateïsme.
• Sekulêre humanisme het ontstaan as 'n liberale siening van
menseregte.
• Dit is nie teen godsdiens gekant nie, maar beklemtoon dat mense se
emosionele en spirituele behoeftes sonder godsdiens vervul kan word.
• Voorbeelde van sekulêre humanisme is ateïsme, kommunisme,
agnostisisme en materialisme. (10)
LET WEL: Enige ander relevante feite moet aanvaar word. 'n MAKSIMUM
van TWEE punte kan toegeken word vir die opnoem van
voorbeelde van sekulêre humanisme.
5.2 • In die 16de eeu het Martin Luther sekere veranderinge begin wat tot
die versplintering van die Christendom gelei het.
• Dit het tot dekades se godsdienstige oorloë in Europa gelei.
• Verskeie Christelike groepe het vir dominansie geveg.
• Die Kerk wat beide polities en sosiaal baie invloedryk in daardie tyd.
• Die meeste lande was nie demokraties nie, omdat hulle deur keisers,
konings, koninginne of adellikes regeer is.
• Hierdie heersers het die Kerk gebruik om hul mag te vestig.
• In ruil hiervoor het godsdienstige leiers ook heersers beïnvloed om hul
interpretasie van oortuigings te bevorder.
• Al die partye het gedink dat 'n samelewing vreedsaam sou wees as
almal dieselfde oortuigings deel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 13 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Protestante hervormers het nie godsdienstige diversiteit geduld nie.
• Katolieke en Protestante het gebots in terme van hul Christenskap.
• Mense het begin soek na 'n staat waar daar godsdienstige
verdraagsaamheid sou wees. Die intellektuele het tot die
gevolgtrekking gekom dat godsdiens verdelend is, eerder as om
eenheid aan te moedig.
• 'n Regering wat op slegs redenasie en op 'n begrip van die menslike
aard gebaseer is, was dus die antwoord.
• Die Prins van Oranje was een van die eerste persoon om ide skeiding
tussen kerk en staat aan te beveel.
• Regering en moraliteit is so van godsdiens geskei, en sekulêre
humanisme het ontstaan. (20)
5.3 VOORBEELD 1: Agnostisisme
• Hierdie term is die eerste keer deur die filosoof TH Huxley gebruik in
1869.
• Darwin se evolusieleer het die idee van 'n verhewe skepper uitgedaag.
• Agnostici glo dat dit nie moontlik is om te bewys dat 'n
God/bonatuurlike wese bestaan of nie.
• Agnostisisme is geneem uit die Griekse 'a' wat sonder beteken, en
'gnosis' wat kennis beteken.
• Dit verwys na 'n onsekerheid oor Goddelike kennis.
• Agnostici is skepties oor godsdienstige leringe.
• Hulle verwerp godsdienstige doktrine – veral godsdienste wat beweer
dat hulle spirituele kennis het. (Enige 4)
•
VOORBEELD 2: Ateïsme
• Ateïste verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike magte
bestaan.
• Daar is verskillende grade van ateïsme.
• Sagte (of neutrale) ateïste verwerp nie aktief die bestaan van 'n
bonatuurlike wese nie.
• Sterk (of positiewe) ateïste glo dat daar bewyse is om hul ateïstiese
sienings te ondersteun.
• In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk
ateïsme.
• Dit is omdat hulle beweer dat beide wêreldbeskouings afhanklik is van
bewyse om hul bewerings te ondersteun.
• Ateïste wend hulle dikwels tot wetenskap om die aard van die heelal te
verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak. (Enige 4)
VOORBEELD 3: Materialisme
• Dit is 'n wêreldbeskouing wat glo dat fisiese materie die enigste
realiteit is.
• Dit ontken die bestaan van 'n spirituele of bonatuurlike bestaan.
• Materialisme is 'n suiwer sekulêre wêreldbeskouing en kan nie met
godsdiens versoen word nie.
• Materialisme het in Asië en Europa ontstaan (800–200 BCE).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 14 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• In die 19de eeu het Karl Marx, 'n Duitse filosoof, uitgebrei op die
konsep van materialisme om menslike geskiedenis en ekonomiese
aktiwiteit te beskryf. (Enige 4)
L.W. Enige ander feite moet gekrediteer word (20)
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2014 Memo (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2014 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2014 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper