Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2014
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 337.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2014
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions5 marks
- Question 1.3Common Features of Religion5 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions10 marks
- Question 1.6The Variety of Religions10 marks
Show all 21 questions
- Question 2.1Topical Issues in Society12 marks
- Question 2.2Topical Issues in Society8 marks
- Question 2.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 2.4Topical Issues in Society20 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society4 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society12 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society8 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society14 marks
- Question 3.5Common Features of Religion12 marks
- Question 4.1Common Features of Religion12 marks
- Question 4.2The Variety of Religions8 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions30 marks
- Question 5.1The Variety of Religions16 marks
- Question 5.2The Variety of Religions2 marks
- Question 5.3The Variety of Religions32 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 D of B (1)
1.1.2 A (1)
1.1.3 D (1)
1.1.4 A (1)
1.1.5 B (1)
1.1.6 B of D (1)
1.1.7. B (1)
1.1.8 A (1)
1.1.9. D (1)
1.1.10 B (1)
1.2 1.2.1 C of F (1)
1.2.2 G (1)
1.2.3 D (1)
1.2.4 B (1)
1.2.5 E (1)
Let Wel: Krediteer die kandidaat indien die antwoord voluit geskryf
is i.p.v. slegs die korresponderende letter.
1.3 1.3.1 Kanon (1)
1.3.2 Begeertes/wense/lyding (1)
1.3.3 Sekularisme/Sekulệr/Sekulêre humanisme (1)
1.3.4 Hermeneutiek/Hermeneutiese beginsels/Skriftuurlike interpretasie (1)
1.3.5 Lao-tzu /Lao/Tzu (1)
Let Wel: Verkeerde spelling mag nie gepenaliseer word nie.
1.4 1.4.1 Dit is 'n Christelike beweging om eenheid onder Christelike
denominasies te kweek. Die Wêreldraad van Kerke is 'n direkte
uitvloeisel van die Ekumeniese beweging. Dit is ‘n poging om die
eenheid van die Christelike Kerk te hervestig (2)
1.4.2 Fundamentalisme is 'n selektiewe interpretasie van godsdienstige
leringe. Dit is ook konserwatief,/letterlik en meng geselekteerde
elemente van die moderne samelewing om sodoende die belange
van 'n sekere godsdienstige groep in 'n godsdiens te bevorder.
Fundamentaliste is gekant teen verandering (2)
1.4.3 Dit is 'n Christelike hervormingsbeweging. wat deur 'n Duitse
monnik met die naam Martin Luther begin is. Die protes was teen
die misbruik van mag deur die Katolieke Kerk.Onfeilbaarheid van
die Pous Dit is ‘n vertakking van die Christendom (2)
1.4.4 Dit is die twee teenoorgestelde magte in Tao-filosofie waaruit al
die prosesse van die heelal bestaan. bv. goed en kwaad (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
1.4.5 Die Dalai Lama is die spirituele leier van Tibettaanse Boeddhisme.
Daar word geglo dat die Lama as 'n Boeddha gereïnkarneer
word. Hy is lank in ballingskap (2)
Let Wel: Bewoording met dieselfde betekenis as die memorandum
moet gekrediteer word.
1.5 1.5.1 Jesus/ Dawid (2)
1.5.2 Kaste/Stand/Modimo (2)
1.5.3 Taoïsme (2)
1.5.4 Afrika Tradisionele Godsdiens (2)
1.5.5 Tripitaka (2)
1.6 1.6.1 ONWAAR. Dit is 'n versameling Hadith/leringe van die Profeet
Mohammed. (2)
1.6.2 ONWAAR. Die opperwese word Zimu/Modimo/Qamata, ens.
genoem. Ilimo is gemeenskaps
diens (2)
1.6.3 WAAR (2)
1.6.4 ONWAAR. In Afrika Tradisionele Godsdiens word die voorvaders
vereer. (2)
1.6.5 ONWAAR Baha'u'llah het sy oudste seun, Abdul Baha, as sy
opvolger en leier van die Baha'i-geloof aangewys. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING B
LET WEL: In hierdie afdeling tel elke kolpunt ('bullet') TWEE punte.
VRAAG 2
2.1 • In 2012 is 'n kort film met die naam Innocence of Muslims op YouTube
vrygestel.
• Dit was 'n aanval op die karakter van die Profeet Mohammed.
• Dit het in baie Moslemlande tot gewelddadige betogings gelei.
• Aanvanklik is berig dat die film deur Jode in die VSA gemaak en
befonds is.
• Later is uitgevind dat dit deur 'n Koptiese Christen wat in die VSA
woon, gemaak is.
• Dit is deur 'n Christelike maatskappy met die naam 'Media for Christ'
befonds.
• Hierdie film het tot verhoogde spanning tussen Christene en Moslems
gelei.
• Media moet sensitief, onpartydig en objektief wees (12)
LET WEL: Enige ander voorbeelde van aanvalle op godsdiens in die
sosiale media moet aanvaar word.
‘n Maksimum van 6 punte moet toegeken word indien ‘n
kandidaat slegs ‘n paar voorbeelde as antwoord verskaf het.
2.2 • Sosialemedia-maatskappye het 'n beleid wat godsdienstige
beledigings verbied.
• Dit moet ernstige sanksies teen rekeninghouers wees wat die media
misbruik (bv. vries die rekening, rapporteer aan die owerhede, ens.)
• Godsdienstige organisasies moet vennootskappe met sosialemedia-
maatskappye vorm en boodskappe wat beledigend kan wees, monitor.
• Anonieme boodskappe wat enige godsdiens beledig, moet uitgevee
word. (8)
LET WEL: Enige ander geldige strategieë moet aanvaar word.
2.3 • Uitgewers/Redakteurs besluit watter gebeure nuuswaardig is.
• Hulle bepaal ook hoe belangrik die gebeure is.
• Die media probeer om nie hul borge/adverteerders te beledig nie,
omdat dit hul wins kan laat daal.
• Die media gebruik sensasie omdat dit verkope aanmoedig. Dus geniet
kontroversiële sake meer aandag as suksesvolle gebeure.
• Groot mediamaatskappye besit verskeie media-afsetpunte. Al hierdie
afsetpunte sal dieselfde opinie weergee.
• Vir die niksvermoedende leser lyk dit asof verskillende redakteurs
almal oor 'n saak saamstem, terwyl dit in werklikheid slegs die opinie
van een mediahuis is. (10)
Let Wel: Enige ander geldige strategieë moet aanvaar word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.4. • Een voorbeeld hiervan is die staatsbeheerde SAUK.
• Die SAUK se radio- en televisieprogramme bevorder die beginsel van
godsdienstige verdraagsaamheid, soos in die Suid-Afrikaanse
Grondwet vervat is.
• Voorbeelde van sulke programme is 'Issues of Faith' en die daaglikse
oggendgebede.
• Ander media het ander mandate oor verskillende godsdienste.
• Bv. The Hindu, wat 'n pro-Hindoe-koerant is, het in 2006 nie
kommentaar gelewer oor die 'Profeet Mohammed-spotprente' nie.
• Dit is egter uitgesproke oor sake rakende Hindoe-waardes.
• 'n Duitse koerant, Die Welt, het gesê dat Moslems sulke spotprente
moet aanvaar, soos wat ander godsdienste dit oor hulle stigters
aanvaar.
• In die Soedanese konflik het die Westerse media die oorlog as konflik
tussen die Moslem-noorde en die Christen-suide beskryf.
• Eintlik wat die oorlog nie godsdienstig nie, maar eerder ekonomies,
met Moslems aan beide kante.
• Dit blyk duidelik uit die feit dat daar steeds gewapende konflik in Suid-
Soedan is, selfs na hul onafhanklikheid van Soedan.
• Die mediadekking oor die Katolieke Kerk handel die afgelope jare
meestal oor kindermishandeling deur geestelike leiers. Die positiewe
bydraes van die kerk word geïgnoreer.
• Plaaslike media soos Isolezwe en Ilanga kies kante in hul dekking oor
die interne verskille in die Nasaret Baptistekerk (Shembe).
• Hulle is ten gunste van die Ebuhleni-faksie, en ignoreer nuwer faksies.
• Daarteenoor gee Radio Ukhozi, wat meestal stedelike luisteraars het,
gereeld dekking aan die nuwe Christelike faksie. Dit gee min of geen
dekking aan die Ebuhleni-faksie nie. (20)
LET WEL: Enige ander relevante voorbeelde van vooroordeel in die media
rakende godsdienstige sake moet aanvaar word.
[50]
VRAAG 3
3.1 • Godsdiensvryheid verwys na 'n situasie waar verskillende godsdienste
vry is om hul godsdiens uit te leef.
• Elkeen het die reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en
opinie. Die godsdienstige regte van ander moet egter te all tye
gerespekteer word.
• Godsdiensbeoefening kan by enige staatsinstelling plaasvind, mits dit
op gelyke basis gebeur.
• Bywoning moet vry en vrywillig wees.
• Persone wat aan 'n godsdienstige gemeenskap behoort, het die reg
om dit te geniet om hul godsdiens uit te leef en om godsdienstige
verhoudinge met ander organe in die privaat samelewing te handhaaf. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
3.2 Oosterse idee
• Die Oosterse idee van godsdienstige verdraagsaamheid beteken dat 'n
persoon meer as een godsdiens op 'n keer kan beoefen.
• In Japan is 'n groot deel van die bevolking beide Boeddhiste en
Shinto's.
• Dit is omdat alle Oosterse gelowe 'n gemeenskaplike oortuiging deel
waarvolgens die natuur vol spirituele wesens is.
• Die meeste Oosterse godsdienste het ook nie sterk
evangelistiese/sending of propaganda-neigings nie.
• Geforseerde dialoog is nie 'n gemeenskaplike doelwit in Oosterse
godsdienste nie.
• In die Ooste beteken verdraagsaamheid nie dat mense gedwing word
om slegs een godsdiens te volg nie.
Westerse idee
• Die Westerse idee van godsdienstige verdraagsaamheid fokus op die
individuele vryheid om hul geloof te kies, idees uit te druk, en om
geloofsgroepe te vorm.
• Hulle mag egter nie op die vryheid en regte van ander inbraak maak
nie.
• Dit beteken dat mense toegelaat word om 'n godsdiens van hul keuse
te volg.
• Westerse godsdienste het 'n unieke identiteit en is nie verdraagsaam
teenoor sinkretisme nie.
(12)
LET WEL: Kandidate moet punte kry vir geldige punte.
‘n Maksimum van 6 punte moet toegeken word indien die
antwoord nie die verskille tussen die Oosterse en Westerse
idees aanspreek nie
3.3 • Alle kandidate is vry om enige godsdiens van hul keuse te kies en
daaraan deel te neem.
• Bywoning van godsdienstige praktyke en byeenkomste is vrywillig en
oop vir enigeen.
• Heilige dae van alle godsdienste sal gelyk behandel word.
• Godsdienstige drag sal op spesiale heilige dae toegelaat word.
LET WEL: Enige geldige punt wat ooreenstem met die Grondwet van
Suid-Afrika en wat godsdiensvryheid en -verdraagsaamheid
bevorder, moet aanvaar word. (8)
3.4 • Tydens die Apartheidsera is slegs die Christelike godsdiens as
staatsgodsdiens aanvaar./Die Christendom was die dominante
godsdiens.
• Christelike Nasionale Onderwys was die staat se onderwysbeleid.
• Staatsfondse is slegs gebruik om die salarisse van Christen-leraars te
betaal.
• In 'n demokratiese Suid-Afrika geniet alle godsdienste gelyke status.
• Religiestudies is 'n NSS-vak wat verskillende godsdienste bestudeer.
• Dit het Bybelkunde en ander vakke wat slegs op een godsdiens fokus,
vervang.
• Die vryheid van godsdienste is in ons Grondwet vervat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• By alle staats- en amptelike openinge is gebede universeel of
multigodsdienstig van aard. (14)
LET WEL: Kandidate moet punte kry vir soortgelyke, geldige punte.
3.5 3.5.1 Judaïsme
• Gelukkig is diegene wat geregtigheid handhaaf en te alle tye
regverdig optree. (Tehillim/Psalm 106:3)
• Wanneer 'n vreemdeling in jou land woon, moet jy hom nie
sleg behandel nie (Levitikus 19:33)
• Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie
geskep nie? (Maleagi 2:19)
Boeddhisme
• Hulle bevorder 'n gedeelde menslikheid.
• Daar is 'n gedeelde begeerte om geluk te ervaar en lyding te
vermy.
• Mense moet nie moord pleeg of moord veroorsaak nie. (6)
LET WEL: Relevante leringe uit hierdie of ander godsdienste
moet aanvaar word.
3.5.2 Judaïsme
• God gee om vir die onderdruktes en wil hê sy volk moet
geregtigheid na die wêreld bring. Dit beteken dat die Jode
enige vorm van rassisme moet stop.
• Die vreemdeling wat tussen julle woon moet soos een wat
tussen julle gebore is, behandel word. Hulle moet almal
broers en susters wees.
• Die Tanag leer dat Jode spesiale opdrag van God ontvang
het om God se wet na die res van die mensdom te bring en
om rasseharmonie te bevorder.
Boeddhisme
• Boeddhisme beskou geboorte as 'n mens as raar en baie
waardevol, omdat mens as so baie ander dinge gebore kan
word, maar menswees die enigste staat is waar verligting
moontlik is.
• Boeddhisme beweer dat diegene wat die Boeddhistiese pad
volg, gelukkig is (die vier eerbare waarhede).
• Omdat Boeddhisme die bose as die gevolg van onkunde
beskou, beweer dit dat die bose met kennis verslaan kan
word. Om hierdie kennis te verwerf, skryf Boeddhisme
meditasie voor.
• Karma beteken aksie – 'n daad of 'n plan van aksie waarop
besluit word en wat vrylik deur 'n individu uitgevoer word. In
die tweede plek beteken karma die gevolge van aksies. (6)
Let Wel: Relevante leringe uit hierdie of ander godsdienste moet
gekrediteer word.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Mite
• Bevat dikwels historiese en metaforiese materiaal.
• Mites is nie feitelike verhale nie, maar word gebruik om
spirituele waarhede oor te dra.
• Hulle onthul die diepste waarhede oor die skepping, lewe en
die dood.
• 'n Gewilde Xhosa-mite is 'Die koning van die Waters'.
• Dit handel oor die kragtige magte van die natuur (bv. siklone).
• Dit beklemtoon ook hoe belangrik 'n mense te familie is,
omdat hulle die eerste is om in geval van 'n ramp
ondersteuning te bied.
• Abrahamitiese verduidelikings van Adam en Eva kan as 'n
mite beskou word wat Kreasionisme verduidelik.
• Dit is vir mense wat die skrifte nie letterlik interpreteer nie.
(6)
LET WEL: Soortgelyke punte en voorbeelde moet aanvaar word.
4.1.2 Geloof/Oortuiging
• Dit beteken wat die volgelinge beweer die waarheid is.
• Geloof/Oortuiging vorm die fondasie wat mense tot 'n
gemeenskaplike doel saamsnoer en help om 'n gedeelde
identiteit te skep.
• Geloof/Oortuiging beteken 'n ferm opinie, bv. volgens Islam is
daar geen ander god behalwe Allah nie en Mohammed is sy
profeet.
• Geloof/Oortuiging verwys oor na die aanvaarding van 'n ding,
feit, stelling, lering, ensovoorts.
• Geloof kan ook as 'n sinoniem vir godsdiens gebruik word,
byvoorbeeld die Joodse geloof. (6)
LET WEL: Soortgelyke punte en voorbeelde moet aanvaar word.
4.2 VOORBEELD: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
• Dit bevorder die waarde van Ubuntu.
• Dit is 'n stamgebaseerde godsdiens.
• Die gemeenskaplike leefwyse is belangrik.
• Daar is verering van voorvaders.
• Lewe na die dood behels nie vergoeding of straf nie.
OF
VOORBEELD: ISLAM
• Daar word geglo dat daar slegs een God met die naam Allah is.
• Hulle glo dat God verskeie profete gestuur het, maar dat die Profeet
Mohammed die finale boodskapper was.
• Hulle glo dat die Koran in die Arabiese taal geopenbaar is en dat dit in
Arabies gelees moet word.
• Hulle leefwyse is baie dieselfde as hulle godsdiens.
• Hulle primêre bronne is die Koran en die Hadith. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
4.3 VOORBEELD 1: KONFLIK IN DARFOER/SOEDAN
4.3.1 • Die verdeeldheid in die Darfoerse gemeenskap bestaan reeds
meer as 100 jaar.
• Die twee hoofoorsake van die verdeeldheid is etnies en
kultureel.
• Dit lyk nie asof godsdiens self 'n radikale bron van verdeeldheid
is nie.
• Die meeste mense in die gebied is Sunni-Moslems, alhoewel
daar ook 'n aantal Afrika-tradisionaliste is.
• Daar is ook Christene.
• Deur die eeue het nomadiese groepe en boere 'n manier
gevind om saam te leef.
• Darfoer was die middelpunt van die slawehandel in Noordoos-
Afrika en vyandigheid duur voort (10)
4.3.2 • In 2005 het Suid-Afrika 'n vredesooreenkoms tussen die Noord-
en Suid-Soedan beding.
• Konflik het egter voortgeduur.
• 'n Referendum, wat deur die VN ondersteun is, het in 2011 op
'n verdeling van die Suide besluit.
• Die vreedsame verhouding tussen Kartoem en Juba het nie
lank geduur nie.
• Die konflik duur voort, en die hoofkwessie is tans die Heglig-
olievelde.
• Etniese en stamkonflik duur voort in Suid-Soedan.
• As gevolg hiervan ondervind Suid-Darfoer 'n groot humanitêre
krisis. (10)
4.3.3 • Die meeste mense wat by die konflik betrokke is, is Sunni-
Moslems.
• Godsdienstige hulporganisasies soos die 'Islamic Relief
Agency' en die 'Catholic Agency for Overseas Development'
fokus op praktiese hulp.
• Hulle verskaf boumateriaal en mediese bystand.
• Hulle bou en herstel klinieke en skole.
• Hulle verskaf kos.
• Hulle lei ook die plaaslike gemeenskappe op in
lewensvaardighede.
• Hierdie organisasies is nie in staat om 'n rol te speel om die
konflik te stop nie.
• Daar is 'n mate van koördinasie wat tussen hierdie organisasies
plaasvind. (10)
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VOORBEELD 2: UGANDA
4.3.1 • Uganda het as gevolg van 'n swak sentrale regering onder
verskeie streekskonflikte gely.
• Die ekonomie het verswak as gevolg van gevegte op die
grense met Kenia en Soedan.
• Die terroristegroep wat die 'Lord's Resistance Army' genoem
word, is in 1985 gevorm om die regering aan te val.
• Die stigter was Joseph Kony, 'n fundamentalistiese Christen.
• Hierdie groep wou probeer om 'n regering te vestig wat op
die Bybelse Tien Gebooie gegrond is.
• Die groep was bedrywig in Uganda, die DRK en Suid-
Soedan.
• Die terreurgroep het burgerlikes aangeval en die kinders
ontvoer. (10)
4.3.2 • Op verskeie maniere het Uganda 'n Afrika-suksesstorie
geword.
• Dit het die stryd teen MIV en Vigs begin wen.
• Dit het 'n groeiende ekonomie.
• Die LRA bly egter 'n bedreiging vir Uganda se politieke
stabiliteit.
• Die Internasionale Strafregtelike Hof het 'n lasbrief vir Kony
en sy leierskap se inhegtenisname uitgereik.
• Die LRA onderhandel tans om aan die Uganda-regering oor
te gee.
• Die groep ontvoer ook kinders om in hul gewapende magte te
dien.
• Daar is gerugte dat die LRA die krisis in die Sentraal
Afrikaanse Republiek uitbuit. (10)
4.3.3 • Dit is duidelik dat die LRA op Christelike filosofieë gebaseer
is.
• Hulle het egter 'n fundamentalistiese interpretasie van die
Skrif.
• Hulle verbreek self die gebod wat sê: 'Jy mag nie moord
pleeg nie', omdat hulle van massamoord verdink word.
• Organisasies soos die Raad vir Godsdienstige Leiers in
Afrika ('African Council of Religious Leaders') (ACRL) het die
LRA veroordeel.
• Die hoofrol word uitgedruk in die skepping van
hulporganisasies, eerder as politiek.
• Hulle help mense om hulle lewens te herbou deur basiese
hulpbronne soos kos, water en skuiling te verskaf.
• Dit word in samewerking met die Verenigde Nasies gedoen. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 5
5.1 JA
• Sendelinge het saam met koloniale magte en owerhede gewerk om
grond te bekom.
• Hulle het die plaaslike mense as goedkoop arbeid gebruik.
• Hulle het nie die godsdienste van inheemse mense gerespekteer nie,
maar Christendom afgedwing deur wrede metodes te gebruik.
• Hulle het die inheemse kultuur, soos poligamie en gemeenskaplike
eienaarskap van grond, geïgnoreer.
• Hulle het die kultuur en taal van die verdrukkers bekendgestel.
• Afrikane is Westerse name gegee en gedwing om Westerse klere aan te
trek.
• Mense is van hul geboortereg ontneem.
• Mense wat nie na Christendom bekeer het nie, is primitiewe sondaars
genoem.
OF
NEE
• Sendelinge het formele onderrig ingestel.
• Hulle het geletterdheid aan inheemse mense gebring.
• Hulle het skole gestig en ondersteun.
• Hulle het die inheemse tale op skrif gestel.
• Hulle het gesondheidsorg aan Afrikane voorsien.
• Hulle het infrastruktuur soos paaie en kommunikasiestelsels in hul
kolonies ontwikkel.
• Sommige het liedere en bewegings wat elemente van Afrika-kultuur
bevat, in hul kerkdienste verwelkom.
• Hulle het produktiewe boerderymetodes ingestel. (16)
LET WEL: Ander geldige punte moet aanvaar word.
LET WEL: Geen punte sal vir slegs 'Ja' of 'Nee' gegee word nie.
5.2 • Bevorder die evangelie in 'n intergodsdienstige omgewing.
• Bevorder konstruktiewe dialoog met 'Muslims for Peace'. (2)
5.3 5.3.1 Die Wêreldraad van Kerke
• Die WRK moedig samewerking tussen die verskillende
godsdienstradisies aan.
• Dit doen aktief stappe om vooroordeel, verdraaiing en
onsensitiwiteit reg te stel.
• Dit moedig dialoog met mense van verskillende gelowe aan.
Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WCRP)
• Konflikoplossing en versoening.
• Ontwapening en sekuriteit.
• Ontwikkeling en ekologie.
• Menseregte en pligte.
Die Wêreldparlement van Godsdiens
• Intergodsdienstige onderrig om respek vir mense van
verskillende godsdienste aan te moedig.
• Hulle fokus op die regstelling van vooroordeel en
onverdraagsaamheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 12 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Geweldlose kommunikasie en konflikoplossing.
• Omgewing- en ontwikkelingsonderrig om bewustheid te kweek
van waarom dit belangrik is om die Aarde en sy hulpbronne vir
almal te bewaar. (12)
5.3.2 Die Wêreldraad van Kerke
• In 1979 het hulle twee boeke, Guidelines on Dialogue with
People of Living Faiths and Ideologies en My Neighbour's Faith
and Mine gepubliseer.
• Die WRK het teologiese ontdekkings gemaak deur dialoog tussen
verskillende denominasies.
• Mense van verskillende gelowe kan nou saam aanbidding doen
en bid.
• Daar is samewerking tussen godsdienste in baie lande vandag.
• Baie van die WRK se projekte is aaneenlopende projekte in die
wêreld en is suksesvol.
• Dit blyk duidelik uit die groot groep volgelinge wat die WRK het.
Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WCRP)
• Die Suid-Afrikaanse tak, wat deur persone soos Frank Chikane
en Desmond Tutu gelei is, het 'n belangrike rol in die 1980's en
1990's gespeel, maar het verswak, hoofsaaklik as gevolg van 'n
gebrek aan befondsing.
• Die tak in KwaZulu-Natal funksioneer steeds, omdat hulle die
godsdienstige gemeenskappe aanmoedig om in die verkiesing
van 2006 te stem.
• Hulle het ook, saam met die Eenheid vir Gesondheidsonderrig en
VIGS-navorsing by die Universiteit van KwaZulu-Natal 'n
MIV/Vigs- intergodsdienstige forum gestig.
• Die bydrae van hierdie organisasie word regoor die wêreld erken.
• In Europa het die algemene sekretaris 'n verklaring uitgereik oor
die huidige konflik in Israel en Libanon wat die huidige konflik
veroordeel.
• Daar was ook 'n sterk intergodsdienstige reaksie op die
publisering van spotprente wat vir Moslems beledigend was.
• Die werk vir hierdie organisasie is regoor die wêreld suksesvol.
Die Wêreldparlement van Godsdiens
• Hulle het daarin geslaag om 8 000 handtekeninge van mense uit
verskillende godsdienste te kry wat hulleself verbind het om vir
vrede te werk.
• Hulle het saam met verskillende regerings van die wêreld gewerk
om interne en internasionale skuld te verminder.
• Hulle het mense gehelp om toegang tot veilige, skoon water te
kry.
• Hulle reageer op vlugtelinge se nood.
• Hulle moedig intergodsdienstige dialoog aan in lande wat deur
godsdienstige en politieke konflik geraak word. (20)
Let Wel: Enige ander soortgelyke voorbeelde moet gekrediteer
word. [50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2014 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper