Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220144 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2014 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2014 NSS VRAAG 1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Alle godsdienste het 'n stel leringe oor die aard van die mensdom, die wêreld, die goddelike, die skepping en ander dele van ons lewens. [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12] 1.1 In die konteks van enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae met verwysing na die sentrale leringe. 1.1.1 Wat is die rol van die goddelike in die skepping? (10) 1.1.2 Bespreek die begrip beloning en straf. (10) 1.1.3 Bespreek die begrip lewe na die dood as deel van die mens se bestaan. (10) 1.2 In elke godsdiens is daar praktiese riglyne wat 'n gelowige in die lewe behoort te volg. Kies TWEE praktiese riglyne uit enige EEN godsdiens en ontleed elkeen. (20) [50] VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Alhoewel elke godsdiens 'ononderhandelbare' leringe het, sal verskille in interpretasie en praktyk nie uitgesluit bly nie. [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12] 2.1 Kies enige EEN godsdiens en bespreek die interne verskille wat bestaan onder die volgende opskrifte: 2.1.1 Verskille in bestuur (20) 2.1.2 Verskille in geloof/oortuigings (leringe) (10) 2.2 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die tradisionele gesin is die bousteen van die samelewing. Die verbrokkeling van gesinne lei tot verskeie maatskaplike uitdagings. 2.2.1 Identifiseer VYF uitdagings wat gesinstrukture in die gesig staar. (10) 2.2.2 Met verwysing na die leringe van enige EEN godsdiens, stel praktiese stappe voor wat gevolg moet word om 'n gesinseenheid te versterk. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2014 NSS VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Deur sy leringe kommunikeer elke godsdiens aan sy volgelinge waarom die wêreld is soos dit is, asook hul plek en plig daarin. Leringe in heilige tekste moet slegs volgens riglyne wat duidelik uiteengesit is, geïnterpreteer word. Sulke leringe sluit onder andere doktrines, gelykenisse en mites in. [Bron: Focus on Religion Studies] 3.1 In die konteks van godsdiens, bespreek en evalueer die rol van die volgende: 3.1.1 Mondelinge tradisie (14) 3.1.2 Heilige tekste (14) 3.1.3 Inspirasie (12) 3.2 Noem VYF hermeneutiese beginsels. (10) [50] VRAAG 4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Godsdienste het nog altyd verduidelikings oor die skepping en die status van die mensdom gebied. Oor die afgelope vier eeue het wetenskap egter begin om ander antwoorde op hierdie vrae te gee. [Bron: Religion Studies] 4.1 Gee 'n kort verduideliking van die Oerknalteorie. (20) 4.2 Bespreek hoe die skepping van die heelal deur enige TWEE godsdienste verduidelik word. (20) 4.3 Verduidelik die sieninge van Hindoeïsme oor die evolusieleer. (10) [50] VRAAG 5 5.1 Verduidelik die begrip sekulêre humanisme in die konteks van Religiestudies. (10) 5.2 Bespreek die redes vir die toename in Westerse sekulêre humanisme. (20) 5.3 Noem enige TWEE sekulêre wêreldbeskouings en skryf VIER feite oor elk neer. (20) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all