Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
TOERISME
NOVEMBER 2017
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 

%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)



View all



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)

Tourism Grade 12 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 3.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
NSC November Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 tot TWEE desimale plekke af.
5. Toon ALLE bewerkings.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
in te deel.
TYD
AFDELING ONDERWERP PUNTE
(minute)
A Kortvrae 40 20
B Kaartwerk en Toerbeplanning; 50 50
Buitelandsevalutaverhandeling
C Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en 50 50
Erfenistoerisme; Bemarking
D Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike 30 30
Toerisme
E Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Gondels en kanale word met hierdie stad verbind:
A New York
B Johannesburg
C Moskou
D Venesië
1.1.2 Die siekte wat veroorsaak word deur besmette (besoedelde) water
te drink:
A Malaria
B Geelkoors
C Cholera
D Voëlgriep
1.1.3 'n Simptoom van vlugvoosheid:
A Jeukende vel
B Verhoogde eetlus
C Verlies aan eetlus
D Velverkleuring
1.1.4 Die jen is die geldeenheid wat in hierdie land gebruik word:
A Japan
B Thailand
C China
D Rusland
1.1.5 San Francisco (UTK -8) lê … van Beijing (UTK +8).
A noord
B suid
C oos
D wes
1.1.6 Buckingham-paleis is die woning van die … koninklike gesin.
A Skotse
B Walliese
C Ierse
D Britse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/November 2017
NSS
1.1.7 'n Antieke struktuur in Jordanië wat uit soliede klip gekerf is:
A Everest
B Petra
C Niagara
D Mekka
1.1.8 Universele toegang verwys na die vermoë …
A van mense met spesiale behoeftes om toegang tot
toeristebesienswaardighede te hê.
B van mense met spesiale behoeftes om toegang tot onbeperkte
webtuistes op die Internet te hê.
C om biometriese skandering te gebruik om toegang tot die
Internet te verkry.
D om toegang tot toerismebronne vir navorsing te verkry.
1.1.9 Die natuurlike Wêrelderfenisterrein wat in KwaZulu-Natal geleë is:
A Vredefortkoepel
B Mapungubwe Kulturele Landskap
C iSimangaliso-vleilandpark
D Wieg van die Mensdom
1.1.10 Die toerismehandelskou hieronder is waar …
A Suid-Afrika se plaaslike besienswaardighede bemark word.
B slegs mediese toerisme bemark word.
C internasionale toeriste die land bemark.
D besighede deur die graderingsraad bemark word.
1.1.11 Een van die kriteria wat deur die TGRSA gebruik word om die
professionele beeld van 'n akkommodasie-instelling te bepaal:
A Demokrasie
B Fisiese voorkoms
C Aantal personeellede
D Vermenigvuldigereffek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/November 2017
NSS
1.1.12 'n Hotelgroep wil 'n wolkekrabberhotel (hoë, meerverdiepinghotel) in
die Nasionale Krugerwildtuin bou.
Volgens die driedubbele-slotreëlbenadering sal dit … wees.
A maatskaplik onverantwoordelik
B ekonomies onverantwoordelik
C privaat verantwoordelik
D omgewingsonverantwoordelik
1.1.13 Die mees etiese (korrekte) manier vir die kaptein van 'n toerskip om
die situasie hieronder te hanteer, is om ...
ETIEK IN DIE WERKPLEK
Ek kan nou die skip
verlaat – almal is
gered.
A as kaptein van die skip, die skip eerste te verlaat.
B eerstens die veiligheid van sy bemanning te verseker.
C seker te maak dat alle passasiers en bemanning die skip voor
hom verlaat.
D die skip onmiddellik te verlaat nadat hy 'n waarskuwing
uitgereik het.
1.1.14 'n Kulturele dorpie was genoodsaak om die buitelugdans-
programme vir internasionale toergroepe te kanselleer, as gevolg
van aanhoudende swaar reën en oorstromings.
Die kansellasie van die buitelugdansprogramme het …
A geen ekonomiese invloed op die gemeenskap gehad nie.
B tot gevolg gehad dat die gemeenskap inkomste verloor het.
C 'n positiewe invloed op die gemeenskap gehad.
D die plaaslike verkryging van dienste moontlik gemaak.
1.1.15 Die beste raad wat 'n hotel aan sy gaste kan gee om water te
bespaar, wat deel van die hotel se verantwoordelike en volhoubare
praktyk is, is om …
A te stort in plaas van te bad.
B hulself in die hotel se swembad te was.
C te bad in plaas van te stort.
D stil te bly oor die waterkwessie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/November 2017
NSS
1.1.16 'n Wêreldgebeurtenis wat elke vier jaar plaasvind:
A
B
C
D
1.1.17 Een van die prestasie-aanduiders (-aspekte) waaroor SAToerisme
verslag lewer:
A Kommunikasie
B Fooitjies
C Bybetalings
D Seisoenaliteit
1.1.18 Die statistiek wat lae internasionale besoekersgetalle aan sekere
besienswaardighede toon, gee die provinsiale toerisme-owerhede
die geleentheid om …
A werknemers by die besienswaardighede af te dank.
B die besienswaardighede op te gradeer en te bemark.
C besienswaardighede in ander provinsies te bemark.
D die provinsie se uitgaande reise te vermeerder.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/November 2017
NSS
1.1.19 Wanneer toerismestatistieke ontleed word, verwys die term
natuurlewe na aktiwiteite waar toeriste …
A aan sportbyeenkomste deelneem.
B kunstefeeste en musiekfeeste bywoon.
C reservate besoek waar diere vry rondloop.
D by casino's dobbel en spa's besoek.
1.1.20 'n Rede waarom toerismemaatskappye SMS'e as 'n terugvoering-
metode gebruik:
A Dit is 'n persoonlike manier om individuele toeriste te bereik.
B Die boodskap word dadelik ontvang, selfs al is die selfoon se
battery pap.
C 'n Operateur kan met die toeris praat en vrae vra.
D Lugtyd kan vir lojaliteitspunte omgeruil word. (20 x 1) (20)
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur
'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs
die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Bankaankoopkoers.
skryfbehoeftes; plaaslike omgewing; kritiek; markaandeel;
plaaslike aankope; buitelandse besteding; terrorisme; werksure; opname
1.2.1 'n Restaurant kry goedere en dienste by gemeenskappe daar naby
1.2.2 'n Regulasie wat in die dienskontrak gespesifiseer word
1.2.3 'n Stel vrae om kliëntetevredenheid te bepaal
1.2.4 Die persentasie buitelandse aankomste in 'n land
1.2.5 'n Geweldsdaad gemik teen 'n groep mense, met die doel om vrees
en paniek te saai (5 x 1) (5)
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 gebeurtenis.
1.3.1 Die (Koepel van die Rots/Alcazar van Segovia) is in Israel geleë.
1.3.2 'n Werknemer wat nie sy diensvoorwaardes nagekom het nie, kan
(beëindiging van diens/betaling vir diens) deur 'n werkgewer
verwag.
1.3.3 Lande wat DBT toepas, draai hulle horlosies een uur
(vorentoe/agtertoe).
1.3.4 (Opsionele toere/Visums) is 'n element wat in ag geneem moet
word wanneer 'n plaaslike reisprogram saamgestel word.
1.3.5 (UTK/IDL) is die lengtelyn waarvandaan alle lande hulle tyd lees.
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/November 2017
NSS
1.4 Kies 'n manier van betaling wanneer internasionaal gereis word uit KOLOM B
wat by die voorbeeld in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.4.6 G.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 A voorafgelaaide
buitelandsevaluta-debietkaart
B SWIFT
C reisigerstjek
1.4.2
D buitelandse valuta
E kredietkaart wat internasionaal
gebruik word
1.4.3 F plaaslike debietkaart
1.4.4
1.4.5
Vinnige, maklike en
gerieflike oorplasing
van fondse vanaf enige
plek in die wêreld
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/November 2017
NSS
1.5 Pas die prente van onverantwoordelike toeristegedrag by die korrekte reëls vir
verantwoordelike toeristegedrag.
Skryf slegs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) en die letter (A–E) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 F.
ONVERANTWOORDELIKE TOERISTEGEDRAG
1.5.1 1.5.2
1.5.3 1.5.4
1.5.5
REËLS VIR VERANTWOORDELIKE TOERISTEGEDRAG
A Moenie die omgewing besoedel wanneer jy die buitelewe geniet nie.
B Moenie diere in hulle natuurlike habitat steur nie.
C Moenie gevaarlike diere in 'n wildreservaat steur nie.
D Bly op aangewese paadjies in ekologies sensitiewe areas.
E Respekteer reëls en volg regulasies in museums.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
VERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Mnr. Jackson, 'n Suid-Afrikaanse prokureur, gaan Duitsland besoek om die
Berlynse Internasionale Filmfees by te woon. Hy sal 'n motor in Duitsland
huur.
2.1.1 Noem die verpligte reisdokument wat mnr. Jackson sal nodig hê:
(a) Om sy land van herkoms (permanente woonadres) aan te dui (2)
(b) Wat aan hom toestemming gee om Duitsland binne te gaan (2)
2.1.2 Mnr. Jackson het 'n Suid-Afrikaanse rybewys.
Gee hom raad oor die:
(a) Dokument wat hy nodig sal hê om in Duitsland te bestuur (2)
(b) Rede waarom hy die dokument in VRAAG 2.1.2(a) moet hê (2)
2.1.3 Dit is belangrik om 'n kliëntprofiel op te stel voordat 'n reisprogram
vir 'n toeris ontwikkel word.
Gee EEN rede waarom dit belangrik is om 'n profiel vir mnr. Jackson
op te stel voordat sy reisprogram ontwikkel word. (2)
2.1.4 Mnr. Jackson wil biltong Duitsland toe neem as 'n Trots
Suid-Afrikaans-geskenk vir sy Duitse vriend. Daar is aan hom gesê
dat dit verbode is om vleisprodukte in Duitsland in te neem.
Gee TWEE redes waarom Duitsland nie toelaat dat vleisprodukte in
die land ingeneem word nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/November 2017
NSS
2.2 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting en beantwoord
dan die vrae wat volg.
Abu Dhabi (+4)
Berlyn (+1)
New York (-5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/November 2017
NSS
Mnr. Jackson het vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe (Johannesburg)
na Tegel Internasionale Lughawe (Berlyn in Duitsland) gevlieg om die
Berlynse Internasionale Filmfees by te woon. Hy het in Abu Dhabi oorgestaan.
• Mnr. Jackson se vlug het om 12:00 vanaf OR Tambo Internasionale
Lughawe vertrek.
• Hy het op Abu Dhabi Internasionale Lughawe (+4) oorgestaan om
'n aansluitingsvlug na Tegel Internasionale Lughawe (+1) te kry.
• Die vliegtyd vanaf Johannesburg na Abu Dhabi Internasionale Lughawe
was 8 uur.
• Mnr. Jackson het om 22:00 in Abu Dhabi aangekom.
• Die oorstaantyd (transito-tyd) in Abu Dhabi was 5 uur.
• Sy vliegtyd vanaf Abu Dhabi na Berlyn was 7 uur.
2.2.1 (a) Bereken hoe laat dit in Abu Dhabi was toe mnr. Jackson vanaf
OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek het.
Toon ALLE berekeninge. (3)
(b) Bereken hoe laat hy vanaf Abu Dhabi Internasionale Lughawe
vertrek het.
Toon ALLE berekeninge. (3)
(c) Bereken hoe laat mnr. Jackson op Tegel Internasionale
Lughawe in Berlyn aangekom het. (4)
2.2.2 Bereken die duur van mnr. Jackson se hele reis. (2)
2.3 Verwys na die kennisgewing hieronder wat by die ontvangstoonbank van die
hotel waar mnr. Jackson tuisgegaan het, geplaas is. Beantwoord die vrae wat
volg.
2.3.1 Gee mnr. Jackson raad oor TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat
hy in gedagte moet hou wanneer hy in die hotel is. (4)
2.3.2 Noem TWEE gevolge vir die hotel indien gaste tydens hulle verblyf
nie behoorlik oor veiligheids- en sekerheidskwessies ingelig word nie. (4)
[34]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die inligting en die forex-tabel hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
Mev. Biggs, wat in Suid-Afrika woon, het na die VSA gereis. Haar seun het
R600,00 tot haar sakgeld bygedrag, wat sy op OR Tambo Internasionale
Lughawe vir USD omgeruil het voordat sy Suid-Afrika verlaat het.
Met haar terugkeer na Suid-Afrika het mev. Biggs VS$219,99 van al haar
sakgeld oorgehad.
RAND/VS-DOLLAR-WISSELKOERSTABEL
LAND VALUTAKODE BAK BVK
VSA USD 13.25 13.57
3.1.1 (a) Bereken die bedrag in USD wat mev. Biggs ontvang het toe sy
die R600,00 omgeruil het.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon AL die stappe van jou berekening. (4)
(b) Bereken die bedrag in rand wat mev. Biggs ontvang het toe sy
die VS$219,99 in Suid-Afrika omgeruil het.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon AL die stappe van jou berekening. (4)
3.2 Verwys na die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERNAAMSTE GELDEENHEDE TUIMEL
Europa, wat die Verenigde Koninkryk insluit, het 'n daling in die waarde van
hulle geldeenhede gehad. Sommige ekonome het Brexit* daarvoor
geblameer, terwyl ander die skuld op die toestroming van vlugtelinge na
Europa geplaas het. Die daling in die waarde van die vernaamste
geldeenhede kan 'n negatiewe en positiewe invloed op Suid-Afrikaners hê
wat na hierdie lande reis.
*Brittanje se onttrekking uit die Europese Unie
3.2.1 Noem die TWEE buitelandse geldeenhede waarna in die uittreksel
hierbo verwys word. (2)
3.2.2 Bespreek, in 'n paragraaf, DRIE maniere waarop 'n daling in die
wisselkoers van die geldeenhede wat in VRAAG 3.2.1 genoem is, 'n
positiewe invloed sal hê op Suid-Afrikaners wat Europa besoek. (6)
[16]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/November 2017
NSS
AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
TOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die kaart hieronder wat 'n wêreldtoer na beroemde ikone toon en
beantwoord die vrae wat volg.
Twee toeriste gaan op 'n wêreldtoer en sal van die beroemdste ikone besoek.
Pas die ikone (A–H) by die lande (4.1.1–4.1.8). Skryf slegs die vraagnommer
(4.1.1–4.1.8), die letter van die ikoon (A–H) en die land waar dit geleë is, in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.9 J Suid-Afrika.
WÊRELDTOERROETE
4.1.8
4.1.7
4.1.6
4.1.1
4.1.3
4.1.4
4.1.2
4.1.5
A B C D
E F G H
[Aangepas uit www.famouslandmarks.com] (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/November 2017
NSS
4.2 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE EIFFELTORING GAAN MET GLAS VEILIG BLY
Die Eiffeltoring is een van die suksesvolste toeristebesienswaardighede in
Frankryk.
Parys het die veiligheid om sy gewildste besienswaardighede verskerp ná
onlangse terroriste-aanvalle in die stad.
Die Eiffeltoring het tans metaalversperrings rondom sy basis as
'n sekerheidsmaatreël om verdere terroriste-aanvalle te voorkom.
Die metaalversperrings lyk nie baie mooi op foto's wat deur toeriste geneem
is nie.
Die Franse owerhede beplan om die metaalversperrings aan die voorkant van
die Eiffeltoring te verwyder en dit met permanente koeëlvaste glasmure te
vervang. Die oorblywende metaalversperrings sal met 'n mooier omheining
vervang word.
[Aangepas uit Sunday Times, 19 Februarie 2017]
4.2.1 Gee EEN rede waarom die Franse owerhede die bestaande
metaalversperrings by die Eiffeltoring met koeëlvaste glasmure
wil vervang. (2)
4.2.2 Voorspel wat kan gebeur as die bestuur die bestaande
veiligheidsmaatreëls by die Toring verslap. (2)
4.2.3 Identifiseer EEN ander kriterium wat die voortgesette sukses van die
ikoon sal verseker, behalwe om veiligheid by die Eiffeltoring te
verseker. (2)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE CHELSEA-BLOMMESKOU IN LONDEN HET IN 2011
SUID-AFRIKA SE WÊRELDERFENISTERREINE BEKEND GESTEL
By die Chelsea-blommeskou kry lande die geleentheid om blomme-
rangskikkings te gebruik om hulle besienswaardighede te vertoon. Dit maak
die Chelsea-blommeskou 'n ideale geleentheid om Suid-Afrika en sy ryk
natuurlike biodiversiteit en kultuurerfenis te bevorder. Die skou lok meer as
150 000 besoekers in vier dae en die Suid-Afrikaanse uitstalling is altyd
'n groot gunsteling.
Dr. Tanya Abrahamse, HUB van SANBI, het gesê: 'Baie besoekers reis na
Suid-Afrika nadat hulle ons uitstalling by die Chelsea-blommeskou gesien het
en ons verwelkom die geleentheid om ons pragtige land deur sy
Wêrelderfenisterreine te vertoon.'
[Aangepas uit www.sanbi.org]
5.1 Noem die TWEE Wêrelderfenisterreine wat in 2011 by die Chelsea-
blommeskou in Londen vertoon is. (4)
5.2 Noem die TWEE provinsies wat die meeste voordeel uit die blootstelling by
die Chelsea-blommeskou sou getrek het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/November 2017
NSS
5.3 Gee EEN rede waarom UNESCO Wêrelderfenisstatus aan die twee terreine
in VRAAG 5.1 gegee het. (2)
5.4 Suid-Afrika se uitstallings by die Chelsea-blommeskou het werk en
entrepreneurskapgeleenthede geskep vir plaaslike verskaffers van
plantmateriaal en ander items wat nodig is om die perfekte uitstalling te skep.
Stel TWEE ander maniere voor waarop die uitstalling van die twee
Wêrelderfenisterreine by die Chelsea-blommeskou in Londen waarde by
Suid-Afrika se toerismebedryf voeg. (4)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Suid-Afrika se stalletjie by die
Wêreldreismark ('World Travel
Market'/'WTM') in Londen
DOEL
Om die getal buitelandse aankomste Om internasionale bewustheid van
in Suid-Afrika te verhoog Suid-Afrika as 'n reisbestemming te verhoog
[Aangepas uit www.wtm.com]
6.1.1 Noem die organisasie wat daarvoor verantwoordelik is om
Suid-Afrika internasionaal te bemark. (2)
6.1.2 Verwys na die prent hierbo en verduidelik die betekenis van
Suid-Afrika se handelsmerkslagspreuk: 'Inspiring new ways'
('Inspireer nuwe maniere'). (2)
6.1.3 Gee EEN rede waarom Suid-Afrika se handelsmerklogo en
handelsmerkslagspreuk so prominent (duidelik) as deel van die
uitstalling vertoon word. (2)
6.1.4 Die organisasie in VRAAG 6.1.1 bemark Suid-Afrika internasionaal
op verskillende maniere, byvoorbeeld uitstallings by internasionale
toerismehandelskoue en reisprogramme oor die radio en op televisie.
Gee TWEE ander voorbeelde van hoe die organisasie genoem in
VRAAG 6.1.1 internasionale bewustheid en buitelandse aankomste
in Suid-Afrika kan verhoog. (4)
6.2 Verduidelik, in 'n paragraaf, hoe toerismeheffings in Suid-Afrika ingesamel
word.
Jou paragraaf moet die volgende insluit:
• Die stappe by die insameling van die heffings
• Die rol van TOMSA in die insamelingsproses
• 'n Verduideliking van waarvoor hierdie heffings gebruik word (3 x 2) (6)
[16]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/November 2017
NSS
AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME
VRAAG 7
7.1 Verwys na die uittreksel uit die webtuiste van Suid-Afrikaanse Nasionale
Parke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKAANSE NASIONALE PARKE (SANParke)
B
A C D
Sosio-ekonomiese
ontwikkeling
[Aangepas uit www.sanparks.org]
Kies 'n item uit die uittreksel wat by 'n beskrywing hieronder pas. Skryf slegs
die vraagnommer (7.1.1–7.1.4) en die letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 7.1.5 E.
7.1.1 Die logo van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (1)
7.1.2 EEN doelwit van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (1)
7.1.3 Inligting oor Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (1)
7.1.4 Beskikbaarheid van akkommodasie by Suid-Afrikaanse Nasionale
Parke (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/November 2017
NSS
7.2 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Sawubona. My naam is
Nkosi Xaba. Ek is op die
punt om in hierdie helikopter
te klim om 'n roetinepatrollie
van die wild in die Nasionale
Krugerwildtuin te doen.
[Aangepas uit www.sanparks.org]
7.2.1 Noem TWEE aspekte van Nkosi Xaba se kleredrag wat die
professionele beeld van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke
(SANParke) toon. (2)
7.2.2 Verwys na Nkosi se woorde in die spraakborrel.
Bespreek EEN manier waarop roetinepatrollies toon dat SANParke
'n omgewingsbeleid ingestel het. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 8
8.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERENIGDE NASIES VERKLAAR 2017 AS DIE
INTERNASIONALE JAAR VAN VOLHOUBARE TOERISME VIR ONTWIKKELING
2017 is om die volgende redes as die Internasionale Jaar van Volhoubare Toerisme vir
Ontwikkeling verklaar:
• Dit is 'n geleentheid om te kyk hoe die toerismebedryf deur klimaatsverandering
beïnvloed word.
• Om te bepaal hoe die kweekhuisgasvrystellings deur die toerismebedryf beperk
kan word.
• Om maniere te vind waarop die toerismebedryf by stygende wêreldtemperature
kan aanpas.
• As een van die wêreld se grootste werkverskaffingsektore verskaf die
toerismebedryf belangrike inkomstegeleenthede, verminder armoede en moedig
ontwikkeling aan.
Die toerismebedryf maak op die klimaat staat. Uiterste weerstoestande, soos storms,
hittegolwe, droogtes, varswaterverlies en stygende seevlakke, is 'n bedreiging vir
kusoorde. Verlaagde sneeuval het 'n negatiewe invloed op ski-oorde.
Die Verenigde Nasies Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO) beraam dat die
toerismebedryf vir ongeveer 5% van die wêreld se CO 2 -vrystellings verantwoordelik
is. Toeriste en toerismebesighede word aangemoedig om hulle koolstofvoetspoor
te verklein.
DIE TOERISMEBEDRYF SE BYDRAE TOT CO 2 -VRYSTELLINGS
AKKOMMODASIESEKTOR VERVOERSEKTOR
20% van die vrystellings kom van 75% van die vrystellings kom van lug-,
verhitting, lugversorging en die motor- en spoorvervoer. 'n Gedeelte van
instandhouding van kroeë, restaurante en die vrystellings kan voorkom word deur
swembaddens. die mees volhoubare vervoermiddel te
kies.
[Aangepas uit www2.unwto.org]
8.1.1 Gee TWEE voorbeelde van klimaatsverandering waarna in die
artikel hierbo verwys word. (2)
8.1.2 Stel EEN manier voor waarop klimaatsverandering 'n invloed op die
Switserse Alpe as 'n toeristebestemming kan hê. (2)
8.1.3 Verwys na die artikel hierbo en verduidelik hoe die toerismebedryf
beide voordelig en skadelik vir die omgewing kan wees. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/November 2017
NSS
8.2 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Bestemmings kan 'n rol speel om die Internasionale Jaar van Volhoubare
Ontwikkeling te ondersteun.
8.2.1 Verduidelik, in 'n paragraaf, hoe toerismebestemmings die
driedubbele-slotreëlbenadering kan gebruik met betrekking tot:
• Vervoer
• Opvoeding/Onderwys
• Werkskepping (6)
8.2.2 Noem TWEE maniere waarop hotelgaste 'n rol kan speel in die
verantwoordelike gebruik van hulpbronne terwyl hulle by 'n hotel
tuisgaan. (4)
8.3 'n Suksesvolle B&O (Bed en Ontbyt) is een kilometer vanaf 'n skool geleë wat
Toerisme as vak aanbied.
Stel TWEE maniere voor waarop die eienaar van die B&O die Toerisme-
leerders kan ondersteun deur die beginsel van KMB te beoefen. (4)
[22]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/November 2017
NSS
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE BEKENDE WIMBLEDON
Wimbledon is 'n jaarlikse tennistoernooi wat die
gasheerstad al vir die afgelope 140 jaar
bevoordeel.
Spelers uit verskeie lande neem deel en hulle
wedstryde lok toeskouers van oor die hele
wêreld.
[Aangepas uit www.atpworldtour.com]
9.1.1 Verduidelik EEN rede waarom die Wimbledon-toernooi as
'n wêreldgebeurtenis beskou word. (2)
9.1.2 Noem TWEE positiewe invloede wat die Wimbledon-tennistoernooi
op die ekonomie van die gasheerstad het. (4)
9.2 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ONVOORSIENE GEBEURE IN ITALIË
Baie lewens is verloor en baie skilderye, antieke en historiese geboue en
ander belangrike terreine wat vorige aardbewings oorleef het, is in die
aardbewings van 2016 en 2017 vernietig.
Die aardbewings is so ver as Rome gevoel, waar vervoerowerhede die
spoorstelsel toegemaak het en belangrike toeristebesienswaardighede tydelik
gesluit het om die skade te bepaal en veiligheid te verseker.
[Aangepas uit www.cnbc.com]
9.2.1 Identifiseer die soort onvoorsiene gebeurtenis in die artikel hierbo. (2)
9.2.2 Noem TWEE maniere waarop skade aan die vervoerinfrastruktuur
'n invloed op toeriste kan hê. (4)
9.2.3 Kragonderbrekings kom algemeen na groot aardbewings voor.
Beveel 'n geskikte betalingsmetode aan wat buitelandse toeriste
tydens kragonderbrekings kan gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 24 DBE/November 2017
NSS
9.3 Bestudeer die statistiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SAToerisme versamel en ontleed inligting oor buitelandse toeristeaankomste
in Suid-Afrika.
BUITELANDSE INKOMENDE TOERISTEAANKOMSTE
IN SUID-AFRIKA (2016)
PROVINSIE AANKOMSTE BESTEDING LENGTE VAN
(MILJOENE) VERBLYF
Gauteng 894 287 R8 125 8,4
Wes-Kaap 394 357 R3 481 11,7
Oos-Kaap 63 353 R488 9,9
KwaZulu-Natal 146 954 R1 169 8,5
Mpumalanga 202 588 R1 061 5,7
Limpopo 162 796 R1 644 4,3
Noordwes 113 888 R434 5,4
Noord-Kaap 16 022 R145 7,7
Vrystaat 253 838 R283 8,0
[Aangepas uit: www.southafrica.net]
9.3.1 Gee die bedrag inkomste wat deur die inkomende internasionale
toeriste wat die Vrystaat besoek het, geskep is. (2)
9.3.2 Identifiseer TWEE provinsies aan die Ooskus met laer getalle
toeristeaankomste as die Vrystaat. (4)
9.3.3 Gee EEN rede waarom die provinsies wat in VRAAG 9.3.2
geïdentifiseer is, 'n hoër bestedingsyfer as die Vrystaat het. (2)
9.4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
AMPTELIKE BEGROTINGSTOEWYSING
'n Bykomende R494 miljoen is in die 2017-begrotingstoespraak toegewys om
toerisme te bevorder.
[Aangepas uit www.grantthornton.co.za]
Gee EEN rede waarom 'n groot gedeelte van die begroting vir bemarking in
opkomende markte, soos China, gebruik moet word. (2)
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 25 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 10
Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OPLEIDING VIR WERKNEMERS
Was jy
tevrede
met ons
produkte
en diens?
[Bron: www.prfree.com]
10.1 Identifiseer die kliënteterugvoeringsmetode wat in die prent hierbo
getoon word. (2)
10.2 Verduidelik TWEE maniere hoe die terugvoeringsmetode in VRAAG 10.1
bydra om die diensleweringsvlakke van toerismebesighede te verbeter. (4)
[6]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC November 2017 Memo (English)

Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper (Eng)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (English)

Memorandum