Downloaded from hlayiso.com
TOERISME
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2018
Hierdie riglyne bestaan uit 40 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 





%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--4b4f3650-29ad-4049-ab3f-866d62ea750c/v1-43764c9fdda5e2a1c9db/card.webp)
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--01bd51a8-01a5-4ae3-97ff-9eeceb07ed58/v1-c70701c7ab9d09c7d2d9/card.webp)



%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
View all





Tourism PAT GR 12 2018 Afr
Grade 12 Tourism practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 40 pages. Read online or get the free PDF download.
Tourism · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Practical assessment task, 40 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2018
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 40
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 40
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/PAT 2018
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. ONDERWYSERRIGLYNE: ADMINISTRASIE, VERANTWOORDELIK- 4
HEDE EN MODERERING
2.1 Administrasie van die PAT 4
2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje 4
2.1.2 Bestuur van die PAT 4
2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser 5
2.3 Die moderering van die PAT 6
3. INSTRUKSIES AAN LEERDERS 7
3.1 Vereistes van die PAT 8
3.2 Tydraamwerk 8
3.3 Afwesigheid/Nie-inlewering van die PAT 9
3.4 Verklaring van Egtheid 9
3.5 Die praktiese assesseringstaak (PAT) 10-19
3.6 Assesseringsinstrument 20 -27
4. BRONNELYS 28
4.1 PAT-puntestaat (TOER01) 29
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02) 30-32
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03) 33
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04) 34
4.5 Kaarte van die Noordkaap (TOER06) 35-36
4.6 Voorbeeld van 'n storie (TOER06) 37
4.7 Vraelys (TOER07) 38
4.8 SSGB ontleding (TOER08) 39
5. GEVOLGTREKKING 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/PAT 2018
NSS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landbou
KUNS: Dans, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtings-
tegnologie
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases van 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT
opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende
die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering
van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse van eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die
leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te
verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die
beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Die doelwitte van die Toerisme PAT is om:
• Volhoubare toerisme in Suid-Afrika te ondersteun
• Regeringsinisiatiewe wat volhoubare toerisme in Suid-Afrika bevorder, te
ondersteun met die vooruitsig om Suid-Afrikaanse burgers se lewenspeil te
verbeter
• Kritiese denke te bevorder
• Probleemoplossingsvaardighede te kweek
• Navorsings- en kommunikasievaardighede te ontwikkel
• Taal regdeur die kurrikulum te bevorder
• 'n Toerismekultuur onder 'millennials' as belanghebbendes te ontwikkel om
sodoende toerisme in Suid-Afrika volhoubaar te maak
• Menseregte en maatskaplike geregtelikheid te bevorder
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/PAT 2018
NSS
2. ONDERWYSERRIGLYNE: ADMINISTRASIE, VERANTWOORDELIKHEDE EN
MODERERING
2.1 Administrasie van die PAT
2.1.1 Die onderwyser se PAT-portefeulje
Daar word van elke onderwyser verwag om 'n PAT-portefeulje saam te stel wat die
volgende bevat:
• Voorblad met die naam van die skool, die onderwyser, die vak en die jaar van
assessering
• PAT-bestuursplan
• Die PAT-dokument vir die jaar van assessering
• Memorandum wat deur die onderwyser ontwikkel is
• Amptelike PAT-puntestaat (TOER01)
• Bewyse van alle modereringsvlakke (verslae)
• Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
• Verklaring van egtheid deur die onderwyser (TOER04)
2.1.2 Bestuur van die PAT
Hierdie praktiese assesseringstaak is die enigste amptelike praktiese eksamen vir
graad 12-Toerisme-leerders in 2018. Die PAT mag onder geen omstandighede
vervang word met enige ander praktiese assesseringstaak nie.
• Dit word aanbeveel dat die onderwyser deur die provinsie/distrik opgelei word in
die implementering en mediasie van die PAT. Dit sal die standaardisering van
die PAT verseker.
• Die praktiese assesseringstaak vir Toerisme het TWEE fases. Die nasien van
Fase 1 moet teen die middel van Junie 2018 voltooi wees en Fase 2 teen die
einde van Augustus 2018.
• Die PAT is 'n verpligte komponent van die finale eksterne eksamen vir
Toerisme. Daar word van elke leerder verwag om sy/haar eie PAT te ontwikkel
en in te lewer onder leiding van die onderwyser.
• Geen gedeelte van die amptelike PAT 2018-Toerisme-dokument mag oorgetik,
geredigeer of verander word nie. Die nasionale Departement van Basiese
Onderwys se logo mag NIE vervang word met enige ander logo NIE.
• Die PAT moet gedurende skoolure onder gekontroleerde omstandighede
gedoen word om afskryf te voorkom en slegs sekere afdelings waar navorsing
vereis word, kan as tuiswerk voltooi word.
• Gereelde lestye moet gedurende Toerisme-periodes toegeken word, bv. 'n
dubbel periode elke tweede week, namiddagklasse ens. sodat leerders die PAT
onder die leiding en toesig van die onderwyser kan voltooi. 'n Onderwyser kan
ook 'n week per kwartaal afbaken om die PAT onder gekontroleerde
omstandighede te voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/PAT 2018
NSS
• Daar word sterk aanbeveel dat die PAT-afdelings op 'n deurlopende basis
nagesien word om individuele vordering te monitor.
• Bewyse van voltooide afdelings van die PAT moet ten alle tye gedurende die
jaar in die klaskamer beskikbaar wees vir beide interne en eksterne verifikasie-
en moniteringsdoeleindes.
• Slegs template wat in die amptelike PAT-dokument verskaf word, mag gebruik
word om die taak te standaardiseer. Onderwysers MAG NIE template vir enige
ander afdelings van die taak ontwikkel NIE.
2.2 Die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik en onderwyser
Dit is die verantwoordelikheid van die onderwyser om te verseker dat alle leerders
beide fases van die PAT voltooi.
• Daar word van onderwysers verwag om 'n PAT-bestuursplan vir albei fases van
die PAT te ontwikkel. Die bestuursplan moet die onderrig, assessering en
kontrole van die PAT aandui. Hierdie plan moet aan die begin van die jaar
saamgestel word.
• Elke leerder moet 'n afskrif van die afdeling 'Instruksies aan Leerders' (bladsy 7
tot 27 van die PAT en die template TOER03, TOER05, TOER06, TOER07 en
TOER08 ontvang).
• Dit is die verantwoordelikheid van die provinsie, distrik, skool en die Toerisme-
onderwyser om die bronne te verskaf. Leerders kan ook bykomende bronne op
hulle eie raadpleeg.
• Onderwysers moet op hulle eie navorsing doen en hulle eie memorandums vir
VRAAG 1, 2, 3, 4, 5.1, 5.2, 7, 8, 9.1 en 10 opstel voordat hulle met die PAT
begin.
• Die onderwyser is in alle opsigte verantwoordelik vir die leiding en steun aan die
leerders gedurende die taak.
• Die onderwyser MOET die assesseringsinstrument saam met hulle
nasienmemoranda gebruik. Die PAT moet geassesseer en gekontroleer word
en die egtheid daarvan moet deur die onderwyser verklaar word voordat dit as
die leerder se bewys van prestasie ingedien word.
• Die onderwyser moet die Verklaring van Egtheid (TOER03) aan leerders verskaf
voor die finale inlewering van die PAT.
• Die onderwyser moet die nodige dokumentasie, soos deur die Departement van
Basiese Onderwys vereis, voltooi en onderteken:
1. PAT-puntestaat (Vorm TOER01)
2. Nasionale modereringsinstrument (TOER02) – vir gebruik gedurende
moderering
3. Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/PAT 2018
NSS
4. Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
2.3 Moderering van die PAT (Intern en Ekstern)
Interne en eksterne moderering sal verseker dat daar aan die gehalte en standaard
van die praktiese assesseringstaak voldoen word, soos dit in Afdeling 4 van die
Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring vir Toerisme vervat is.
• Departementele amptenare sal leerders se PAT-portefeuljes willekeurig kies.
• Moderering sal op verskillende vlakke gedoen word.
• Die modereringsinstrument (TOER02) verskaf, sal gebruik word om nasien
gedurende die volgende modereringsvlakke te standaardiseer:
Vlak 1: Interne moderering
Vlak 2: Groepsmoderering ('cluster' / 'PLC')
Vlak 3: Distriksmoderering
Vlak 4: Provinsiale moderering
Vlak 5: Nasionale moderering
Vlak 6: Umalusi-moderering
• Bewyse van die modereringsgeskiedenis op die verskillende vlakke moet in die
onderwyser se PAT-portefeulje geliasseer word.
• Vakhoofde, departementshoofde, skoolhoofde en vakadviseurs is daarvoor
verantwoordelik om volgehoue moderering van die PAT te verseker.
• Die praktiese assesseringstaak sal ekstern deur die Departement van Basiese
Onderwys gemodereer word.
• Umalusi kan provinsies en skole identifiseer vir bykomende moderering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/PAT 2018
NSS
TOERISME
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2018
INSTRUKSIES AAN LEERDERS
Naam van leerder: …………………………………………………….… Graad 12 …..
Naam van skool: ……………………………………………………….
Naam van onderwyser: ……………………………………………………...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/PAT 2018
NSS
3. INSTRUKSIES AAN LEERDERS
3.1 Vereistes vir die PAT
• Die PAT is 'n verpligte komponent van die Nasionale Senior Sertifikaat-
eksamen. Leerders wat nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie, sal
nie uitslae vir Toerisme ontvang nie.
• Die PAT moet in twee fases (Fase 1 en Fase 2) gedoen word.
• Die PAT moet hoofsaaklik in skooltyd onder die toesig van die onderwyser
gedoen word. Slegs sekere gedeeltes soos navorsing kan as tuiswerk voltooi
word. Die hele PAT mag onder geen omstandighede tuis gedoen word nie.
• Leerders word aangeraai om die assesseringsinstrument wat verskaf is, vir
verdere leiding oor wat in die vraag verwag word, te raadpleeg.
• Een van die PAT-doelwitte is om navorsingsvaardighede te ontwikkel.
Daarom is dit die leerder se verantwoordelikheid om soveel moontlik na te
vors en sodoende die leerproses te versterk.
• Die finale voltooide PAT vir beide Fase 1 en 2 moet in A4-grootte saamgestel
word en in die volgorde van die Instruksies aan Leerders voorgelê/aangebied
word.
• Punte word vir spelling, taalgebruik en algehele indruk van die PAT toegeken.
• Die finale voltooide fases moet op die datums wat deur die onderwyser
bepaal is, ingelewer word.
• Die voltooide afdelings van die PAT moet vir modereringsdoeleindes by die
skool bewaar word.
3.2 Tydraamwerk
Om alle administratiewe prosesse betyds vir die uitslae te voltooi, moet leerders
streng hou by die spertye soos deur die onderwyser vasgestel.
Die tabel hieronder dui die spertye vir die inlewering van die 2018 Toerisme-PAT
aan.
AFDELING VAN DIE PAT VOLTOOIING
FASE 1 Laaste week in Mei 2018
FASE 2 Laaste week in Julie 2018
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/PAT 2018
NSS
3.3 Afwesigheid/Nie-inlewering van die PAT
Beide leerders en ouers moet kennis neem dat die Toerisme-PAT 'n noodsaaklike
deel van die vak is. Indien die PAT vir graad 12 nie voltooi is nie omdat die leerder
sonder 'n geldige rede afwesig is, sal die leerder se uitslag onvolledig wees.
Daarom is dit uiters belangrik dat die PAT-taak voltooi en ingelewer word op die
datums wat deur die onderwyser bepaal is.
3.4 Verklaring van Egtheid
Leerders moet 'n Verklaring van Egtheid-vorm (TOER03) tydens finale inlewering
van die PAT voltooi en onderteken. In hierdie verklaring bevestig die leerder dat
die Toerisme-PAT wat vir assessering ingelewer is, die leerder se eie werk is. Die
vorm (TOUR03) sal deur die onderwyser verskaf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/PAT 2018
NSS
3.5 Die praktiese assesseringstaak (PAT)
FASE 1
LANDELIKE TOERISME
… op pad na volhoubare gemeenskapsontwikkeling en deelname
PROBLEEMSTELLING
Tussen 10 –15 miljoen Suid-Afrikaners leef in gebiede met geweldige armoede en
onderontwikkeling Baie van die hoof-toeristebesienswaardighede is in landelike
gebiede geleë en trek nie voordeel uit die toerismebedryf nie.
- Suid-Afrika se Landelike Ontwikkeling Strategie April 2012
Die Landelike Ontwikkeling Raamwerk
WAT KAN ONS AS GRAAD 12 TOERISMELEERDERS DOEN OM
LANDELIKE TOERISME IN SUID-AFRIKA TE ONDERSTEUN
EN TE LAAT GROEI?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/PAT 2018
NSS
INLEIDING
Landelike toerisme is 'n soort toerisme wat in landelike gebiede plaasvind, wat
werkskepping en inkomste aan plaaslike inwoners verskaf en plaaslike produkte en
kulturele ervarings aan besoekers bied.
LANDELIK
'Yl bewoonde gebiede
waar daar geboer
DIE LANDELIKE ONTWIKKELINGSTRATEGIE (APRIL 2012) word of waar mense
afhanklik is van
Die doelwitte van die Landelike Ontwikkelingstrategie is om: natuurlike bronne,
• Behoorlike werk te skep deur inklusiewe ekonomiese insluitend neder-
groei settings en klein
dorpies wat in hierdie
• Lewendige, gelyke, volhoubare landelike gemeenskappe gebied geleë is.”
te ontwikkel wat bydra tot voedselsekerheid vir almal - Landelik
Ontwikkelings-
• 'n Beter Suid-Afrika te skep en bydra tot 'n beter en Raamwerk 1997
veiliger Afrika in 'n beter wêreld
Die Nasionale Toerismesektorstrategie (NTSS – Mei 2017) het aandag geskenk aan die
volgende met betrekking tot landelike toerisme:
• Toerismegroei en die ekonomie
• Verbeterde besoekerservaring
• Volhoubaarheid en goeie regering wat aandag aan die kwessie van geografiese,
seisoenale en landelike verspreiding skenk .
[Aangepas uit: Landelike Toerisme Strategie 2012]
BRONNE
Landelike Toerisme Strategie – April 2012
Nasionale Toerismesektorstrategie (NTSS) – Mei 2017
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/PAT 2018
NSS
GEVALLESTUDIE
Daar word van jou verwag om 'n gevallestudie (Vrae 1 – 11) te ontwikkel oor die
maatskaplik-ekonomiese status van die landelike gemeenskap in die Mier-omgewing
waar die ǂKhomani Kulturele Landskap, die 9de Wêrelderfenisterrein in die Noord-Kaap
geleë is.
VRAAG1 – KAARTWERK [6]
Kies 'n gepaste kaart van die Noord-Kaap uit dié wat gegee word (TOER 05) OF gebruik
enige toepaslike kaart uit die bronne hieronder en dui die volgende op die kaart aan:
• Skryf die GPS koördinate van die ǂKhomani Kulturele Landskap WET neer. (1)
• Lig die nasionale en sekondêre paaie uit wat gebruik word wanneer daar na die
ǂKhomani Kulturele Landskap WET gereis word. (2)
• Omkring die TWEE hoofdorpe waar toeriste kan stilhou op pad na die ǂKhomani
Kulturele Landskap WET. (2)
• Lig EEN Nasionale Park in die Noord-Kaap naaste aan die ǂKhomani Kulturele
Landskap WET uit. (1)
BRONNE
KAART
ǂKHOMANI KULTURELE LANDSKAP
www.worldheritagesite.org/lys/id/1545
INLIGTING OOR DIE OMGEWING
www.greenkalahari.co.za
www.miertoerism.co.za
VRAAG 2 – STATUS VAN DIE ǂKHOMANI KULTURELE LANDSKAP [18]
Doen navorsing oor die huidige status van die ǂKhomani Kulturele Landskap WET.
Gee die volgende inligting op die templaat hieronder:
2.1 TWEE 2.2 TWEE hoof- 2.3 Infrastruktuur: 2.4 TWEE maniere
hoofbronne van toeristebesiens- • Vervoer waarop die plaaslike
ekonomiese waardighede • Akkommodasie gemeenskap by
aktiwiteite bestaande
• Ondersteunings-
toerismebesighede
dienste
betrokke is.
(2 x 2) (2 x 2) (3 x 2) (2 x 2)
BRONNE
https://khomani.co.za
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/PAT 2018
NSS
VRAAG3 – INLIGTINGSPAMFLET [14]
Daar word van jou verwag om 'n inligtingspamflet vir toeriste oor die ǂKhomani
Kulturele Landskap Wêrelderfenisterrein te ontwikkel.
Sluit die volgende inligting oor die ǂKhomani Kulturele Landskap WET in jou
pamflet in:
• Geskiedenis (2)
• Doel en waarde van die ǂKhomani Kulturele Landskap WET (2)
• Betrokkenheid van die internasionale gemeenskap (2)
• 'n Beskrywing van TWEE hooftoeriste-aktiwiteite (in Vraag 2.2 genoem) by die
ǂKhomani Kulturele Landskap WET. (4)
• Die beste tyd van die jaar om die ǂKhomani Kulturele Landskap WET te
besoek. (2)
• Die Suid-Afrikaanse regeringsorganisasie wat vir die onderhoud en
instandhouding van die ǂKhomani Kulturele Landskap WET verantwoordelik
is. (2)
BRONNE
ǂKHOMANI KULTURELE LANDSKAP
http://www.kalahari-san.pwp.blueyonder.co.uk/
http://www.khoisanpeoples.org/
VRAAG 4 – STORIEVERTELLING – MONDELINGE GESKIEDENIS [16]
Lees die voorbeeld van 'n storie (TOER06) soos deur mense oorvertel is om jou te
help met jou storievertelling-aktiwiteite.
Skryf 'n kort storie (300 – 350 woorde) vir 'n toeristegids om toeriste in te lig oor die
volgende met betrekking tot die ǂKhomani San-mense:
• TWEE maniere waarop mense in die omgewing vroeër selfonderhoudend
geleef het. (2 x 2) (4)
• TWEE redes vir die maatskaplik-ekonomiese stagnering van die omgewing
(2 x 2) (4)
• DRIE gewoontes, praktyke of erfenis van die gemeenskap (3 x 2) (6)
Formaat: Verhalend (2)
BRONNE
Specimens of bushman folklore, Bleek en Lloyd (1911)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/PAT 2018
NSS
VRAAG 5 – AKSIEPLAN [24]
Lees die uittreksel oor die uniekheid van die ǂKhomani Kulturele Landskap WET.
Die ǂKhomani Kulturele Landskap WET is op die grense met Botswana en Namibië in die
Noord-Kaap in die Kalahari-Gemsbok Nasionale Park (KGNP) geleë. Daar is bewyse dat
die ǂKhomani San-mense vanaf die Steentydperk af hier bestaan het.
Met die verloop van tyd het hulle aangepas by die strawwe woestyntoestande, en hulle
het spesifieke kulture en botaniese kennis asook 'n wêreldbeskouing ontwikkel wat met
die geografiese kenmerke van hulle omgewing verband hou. Die ǂKhomani Kulturele
Landskap bewaar die leefstyl wat oor duisende jare in die streek bestaan het en die
terrein gevorm het.
BRONNE
http://www.sasi.org.za
http://www.san.org.za
http://www.kalahari-meerkats.com
http://www.khoisanpeoples.org/
AKSIEPLAN
Jy daar word van jou verwag om 'n aksieplan vir die Noord-Kaap Toerisme-owerheid
saam te stel oor hoe die ǂKhomani Kulturele Landskap WET voldoen aan die King
Kommissie III-verslag (driedubbele slotreël en korporatiewe maatskaplike/sosiale
belegging).
5.1 Ontwikkel 'n AKSIEPLAN wat die driedubbele slotreël by die ǂKhomani Kulturele
Landskap WET aandui. (18)
'n Voorbeeld word hieronder gegee.
DOELWIT AKTIWITEIT ORGANISASIE
VERANTWOORDELIK
Ekonomiese Werkverskaffing Plaas wetgewing Department
verantwoordelik- in plek wat sal van Arbeid
heid verseker dat 'n
groter persentasie
van die plaaslike
mense in diens
geneem word deur
toerismebesighede
in die omgewing.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/PAT 2018
NSS
Aksieplan Templaat
AKSIEPLAN
DOELWIT AKTIWITEIT ORGANISASIE
VERANTWOORDELIK
5.1.1 Ekonomiese (3 x 2)
verantwoordelikheid
5.1.2 Maatskaplike (3 x 2)
verantwoordelikheid
5.1.3 Omgewings-
verantwoordelikheid (3 x 2)
BRON
Graad 12 Toerisme-handboek
5.2 KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE BELEGGING (KMB) (6)
5.2.1 Verduidelik die begrip KMB. (2)
5.2.2 Gee die naam van 'n organisasie/besigheid wat tot KMB in die plaaslike
gemeenskap in en rondom die ǂKhomani Kulturele Landskap WET bydra. (2)
5.2.3 Beskryf die KMB-inisiatief van die organisasie/besigheid in Vraag 5.2.2
wat die plaaslike gemeenskap bevoordeel. (2)
BRON
http://www.peaceparks.org/programme
VRAAG 6 – OPNAME [22]
Doen navorsing oor die potensiaal van die ǂKhomani Kulturele Landskap WET om tot
landelike ontwikkeling en opheffing van die gemeenskap te kan bydra. Voltooi die vraelys
oor die gekose besienswaardigheid deur 'n onderhoud met VYF mense te voer en gebruik
te maak van die templaat (TOER07) wat verskaf word.
Die onderhoud kan van aangesig tot aangesig, elektronies of telefonies gevoer word. Kies 'n
verskeidenheid van mense om onderhoude mee te voer (skoolpersoneel, plaaslike
gemeenskap, familie en vriende).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/PAT 2018
NSS
6.1 OPNAME (12)
Voltooi VYF vraelyste en lewer dit saam met die PAT in.
Die assesseringskriteria vir die vraelys:
6.1.1 Getal mense waarmee onderhoude gevoer is (5)
6.1.2 Omvang van data-insameling (3)
6.1.3 Korrekte inligting (2)
6.1.4 Voltooiing van die vraelyste (2)
6.2 VERSLAG
Stel 'n tweeledige verslag oor die bevindinge en terugskouing van die
opname wat gedoen is, saam.
Deel 1: Bevindinge
Gee die volgende inligting in tabelvorm:
• Hoeveel mense van die bestemming geweet het.
• Hoeveel mense graag die bestemming sal wil besoek.
• Die hoofrede waarom mense die bestemming sal wil besoek.
• Hoeveel mense dink dat die ǂKhomani Kulturele Landskap WET tot
landelike ontwikkeling sal bydra.
• Die hoofrede vir die antwoorde hierbo. (5)
Deel 2: Terugskouing
• Gee die gevolgtrekking waartoe jy gekom het ten opsigte van die
ontwikkeling van landelike toerisme. (3)
• Gee 'n oorsig oor jou persoonlike ervaring van die opnameproses, hoe
mense gereageer het tydens die onderhoude en wat jou ervaringe
tydens die onderhoude was. (2)
TOTAAL FASE 1: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/PAT 2018
NSS
FASE 2
LANDELIKE TOERISME
… op pad na volhoubare gemeenskapsontwikkeling en
deelname
VRAAG 7 – ONTWIKKELING VAN 'N TOERPAKKET [35]
Ontwikkel 'n 5-dag-toerpakket vir 'n groep toeriste wat die ǂKhomani Kulturele Landskap
WET besoek.
Die toerpakket moet in paragraafformaat geskryf word en moet 'n dag-tot-dag-
reisprogram insluit wat die volgende aandui:
• Akkommodasie (1 x 5) (5)
• Vervoer (1 x 5) (5)
• Volledige beskrywing van besienswaardighede/aktiwiteite (2 x 5) (10)
• DRIE georganiseerde of opsionele toere (1 x 3) (3)
• Etes (sluit name van restaurant in) (1 x 5) (5)
Let Wel:
Dag 1 en 5 moet die volgende aandui:
• Vertrek vanaf en vertrek na
• Inteken- en uittekenprosedures (2 x 2) (4)
Punte sal toegeken word vir:
• Naam van die toer (1)
• Logiese roetebeplanning (1)
• Formaat van die 5-dag-toer (1)
BRONNE
www.extreme Kgalagadi.com
VRAAG 8 – STAPPE TOT VOLHOUBARE TOERISME [12]
Bestudeer die SSGB('SWOT')-ontleding wat uit die Landelike Toerismestrategie
(TOER 08) aangepas is.
8.1 Identifiseer EEN voorbeeld uit die SSGB-ontleding wat op die ǂKhomani Kulturele
Landskap WET van toepassing sal wees.
• Sterk punt (1)
• Swak punt (1)
• Geleentheid (1)
• Bedreiging (1)
8.2 Bespreek hoe jy die bedreiging en swakpunt wat in Vraag 8.1 geïdentifiseer is, sal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/PAT 2018
NSS
oorkom.
Fokus op:
(a) TWEE belanghebbendes wat jy moet raadpleeg en gee redes waarom.
(2 x 2) (4)
(b) Jou idees en opsies hoe om die bedreiging en swakpunt te oorkom.
(2 x 2) (4)
BRONNE
Landelike Toerismestrategie 2012 – SWOT-ontleding bladsy 36
VRAAG 9 e-BEMARKING [6]
9.1 Noem TWEE e-bemarkingstrategieë wat gebruik kan word om die
ǂKhomani Kulturele Landskap WET te bemark. (2)
9.2 Verduidelik hoe elke e-bemarkingstrategie in 9.1 gebruik sal word om die
ǂKhomani Kulturele Landskap WET te bemark. (4)
BRONNE
www.e-Marketing strategies.com
VRAAG 10 – TERUGSKOUINGSVERSLAG [24]
Deur van die inligting wat jy tot dusver nagevors het gebruik te maak, stel 'n verslag vir
die Noord-Kaapse Toerisme-owerheid saam waarin jy die bevindinge van jou navorsing
deel.
Die verslag moet praktiese voorbeelde oor die ǂKhomani Kulturele Landskap WET
bevat en moet uit DRIE afdelings, Afdeling A, Afdeling B en Afdeling C, bestaan.
Afdeling A:
Bespreek TWEE maniere waarop die doelwitte van landelike toerisme …
10.1 behoorlike werksgeleenthede deur inklusiewe ekonomiese groei skep.
(2 x 2) (4)
10.2 lewendige, gelyke (onpartydige), volhoubare landelike gemeenskappe
ontwikkel wat tot voedselsekerheid vir almal bydra. (2 x 2) (4)
10.3 'n beter Suid-Afrika skep en tot 'n beter en veiliger Afrika in 'n beter wêreld
bydra. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/PAT 2018
NSS
Afdeling B:
Bespreek TWEE maniere waarop die Nasionale Toerismesektor-
strategie (NTSS) ten opsigte van landelike toerisme, …
10.4 toerismegroei en ekonomiese groei bevorder. (2 x 2) (4)
10.5 ervaringe van besoekers verbeter. (2 x 2) (4)
Afdeling C:
10.6 Verduidelik TWEE maniere hoe volhoubaarheid en goeie bestuur aan die
kwessie van geografiese, seisoenale en landelike verspreiding aandag
skenk. (2 x 2) (4)
BRONNE
Landelike Toerismestrategie 2012
Nasionale Toerismesektorstrategie (NTSS) – Mei 2017
VRAAG 11 – WOORDELYS EN WOORDSOEK [15]
11.1 Skep 'n woordelys van VYF moeilike toerismeterme/-begrippe wat jy
gedurende jou navorsing teëgekom het. Die woordelys moet die
term/begrip met 'n duidelike woordeboekdefinisie bevat. (5 x 2) (10)
11.2 Ontwerp 'n woordsoek/blokraaisel wat die terme/begrippe in
Vraag 10.1 insluit. (5 x 1) (5)
BRONNE
Voorbeeld van 'n Woordsoek:
https://thewordsearch.com/maker/
VRAAG 12 – BIBLIOGRAFIE [2]
Stel 'n bibliografie saam van die bronne wat gebruik is om die PAT te voltooi. (2)
VRAAG 13 – INHOUDSOPGAWE [3]
Ontwikkel 'n inhoudsopgawe vir Vraag 1 tot 11 wat die korrekte volgorde van die
vrae en hulle ooreenstemmende bladsynommers aandui. (3)
VRAAG14 – FINALE AANBIEDING [3]
Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou PAT saamstel:
• Rangskik jou PAT in die volgorde van die vrae
• Maak seker van korrekte spelling en taalgebruik
• Skep 'n goeie algehele indruk (3)
TOTAAL VIR FASE 2: 100
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/PAT 2018
NSS
3.6 Assesseringsinstrument
LANDELIKE TOERISME
… op pad na volhoubare gemeenskapsontwikkeling en deelname
ASSESSERINGSINSTRUMENT
2018
Naam van leerder: …………………………………………………….… Graad 12 …..
Naam van skool: ……………………………………………………….
Naam van onderwyser: ……………………………………………………...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/PAT 2018
NSS
T = Onderwyser/M = Moderator
1. KAARTWERK [6 punte] T M
Kaartwerk
Die volgende inligting is gegee oor 'n kaart van die Noordkaap:
• Die korrekte GPS-koördinate van die ǂKhomani Kulturele
Landskap WET
• Die nasionale en sekondêre paaie wat gebruik word om na
die ǂKhomani Kulturele Landskap WET te reis, is uitgelig.
• Die TWEE hoofdorpies waar toeriste kan stop op pad na die
ǂKhomani Kulturele Landskap WET is omkring.
• EEN Nasionale Park naaste aan die WET is uitgelig (6)
2. STATUS VAN DIE ǂKHOMANI KULTURELE LANDSKAP T M
[18 punte]
WET
2.1 TWEE hoofbronne van ekonomiese aktiwiteite is gegee. +
(2 x 2) (4)
2.2 TWEE hoof-toeristebesienswaardighede is gegee +
(2 x 2) (4)
2.3 Infrastruktuur is gegee, wat insluit:
• Vervoer
• Akkommodasie
• Ondersteuningsdienste (3 x 2) (6)
2.4 Plaaslike gemeenskapsbetrokkenheid in bestaande
toerismebesighede is gegee. + (2 x 2) (4)
3. INLIGTINGSPAMFLET [14 punte] T M
'n Inligtingspamflet is ontwikkel, wat insluit:
Geskiedenis (2)
Doel en waarde van die besienswaardigheid. (2)
Betrokkenheid van die internasionale gemeenskap. (2)
'n Beskrywing van elk van die TWEE toeriste-aktiwiteite by die
besienswaardigheid genoem in Vraag 2.2. + (4)
Beste tyd van die jaar om die besienswaardigheid te besoek. (2)
EEN Suid-Afrikaanse regeringsorganisasie verantwoordelik vir die
onderhoud en instandhouding van die besienswaardigheid. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/PAT 2018
NSS
T = Onderwyser/M = Moderator
4. STORIEVERTELLING – MONDELINGE GESKIEDENIS [16 punte] T M
'n Storie is geskryf en sluit in:
• TWEE maniere hoe hulle selfonderhoudend is. (2 x 2) (4)
• TWEE redes vir die maatskaplik-ekonomiese stagnering van
die gebied. (2 x 2) (4)
• DRIE gewoontes, praktyke of erfenis van die ǂKhomani- mense
(3 x 2) (6)
Die storie is geskryf in 'n verhalende formaat. (2)
5. AKSIEPLAN [24 punte] T M
'n Aksieplan is ontwikkel wat die driedubbele slotreël by die ǂKhomani Kulturele
Landskap WET aandui.
5.1 AKSIEPLAN (18)
5.1.1 Ekonomiese verantwoordelikheid: (Moenie die voorbeeld wat
gegee is, aanvaar nie)
Doelwit is gegee (2)
Aktiwiteite is gegee (2)
Organisasie wat verantwoordelik is, is gegee (2)
5.1.2 Maatskaplike verantwoordelikheid:
Doelwit is gegee (2)
Aktiwiteite is gegee (2)
Organisasie wat verantwoordelik is, is gegee (2)
5.1.2 Omgewingsverantwoordelikheid:
Doelwit is gegee (2)
Aktiwiteite is gegee (2)
Organisasie wat verantwoordelik is, is gegee (2)
5.2 KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE BELEGGING (KMB) (6)
5.2.1 Die begrip KMB is verduidelik (2)
5.2.2 Die naam van 'n organisasie/besigheid wat tot KMB binne die
plaaslike gemeenskap bydra, is gegee. (2)
5.2.3 Die KMB-inisiatief van die organisasie/besigheid wat die
plaaslike gemeenskap bevoordeel, is beskryf. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/PAT 2018
NSS
T = Onderwyser/M = Moderator
6. OPNAME [22 punte] T M
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR ONDERHOUDE EN OPNAME
Kriteria Punte
6.1.1 Getal 5 4 3 2 1 0
mense 5 mense is 4 mense is 3 mense is 2 mense is 1 persoon 0 mense
waarmee ondervra ondervra ondervra ondervra is ondervra ondervra
onderhoude
gevoer is
(5)
6.1.2 3 2 1 0
Omvang vir Daar is 5 Daar is 3-4 Daar is 1- 2 Geen
data antwoorde wat antwoorde wat antwoorde antwoorde
insameling die omvang die omvang wat die
(3) van data- van data- omvang van
insameling insameling data-
aandui aandui insameling
aandui
6.1.3 2 1 0
Volledige Inligting bevat Nie genoeg Geen van die
inligting is genoegsame inligting vir antwoorde is
akkuraat en besonderhede ontledings- relevant nie
duidelik en is duidelik doeleindes nie.
vervat
(2)
6.1.4 Alle 2 1 0
vereiste Al die vereiste Inligting net Geen
inligting is inligting is gedeeltelik inligting is
voltooi voltooi voltooi weergegee
(2) nie (12)
Bevindinge (10)
6.2 VERSLAG T M
Deel 1: Bevindinge (5)
• Die getal mense wat van die bestemming geweet het
• Die getal mense wat graag die bestemming wil besoek
• Die hoofrede waarom mense die bestemming wil besoek
• Die getal mense wat dink die ǂKhomani Kulturele Landskap
WET sal tot landelike ontwikkeling bydra
• Die hoofrede vir die antwoord hierbo
Deel 2: Terugskouing (5)
• Terugskouing oor die gevolgtrekking waartoe jy gekom het
met betrekking tot ontwikkeling van landelike toerisme.
• Terugskouing oor jou persoonlike ervaring van die
opnameproses.
Totaal Fase 1: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 24 DBE/PAT 2018
NSS
LANDELIKE TOERISME
… op pad na volhoubare gemeenskapsontwikkeling en deelname
ASSESSERINGSINSTRUMENT
FASE 2
Naam van Leerder: ………………………………………………..….…….. Graad: ……
T = Onderwyser/M = Moderator
7. ONTWIKKELING VAN 'N TOERPAKKET [35 punte] T M
'n Toerpakket vir 'n groep toeriste wat die ǂKhomani Kulturele Landskap WET
besoek, is ontwikkel en in paragraafformaat geskryf.
Die toerpakket bevat die volgende inligting:
Dag 1: (7)
Vertrek vanaf en inteken (2)
Akkommodasie Akkommodasie is ingesluit (1)
Vervoer Vervoer is ingesluit (1)
Besienswaardighede/aktiwiteite Naam en beskrywing van een
besienswaardigheid/aktiwiteit is
ingesluit (2)
Etes Etes en naam van restaurant is
ingesluit (1)
Dag 2: (6)
Akkommodasie Akkommodasie is ingesluit (1)
Vervoer Vervoer is ingesluit (1)
Besienswaardighede/aktiwiteite Naam en beskrywing van een
besienswaardigheid/aktiwiteit is
ingesluit (2)
Georganiseerde/opsionele Georganiseerde/opsionele toere is
toere ingesluit (1)
Etes Etes en naam van die restaurant
is ingesluit (1)
Dag 3: (6)
Akkommodasie Akkommodasie is ingesluit (1)
Vervoer Vervoer is ingesluit (1)
Besienswaardighede/aktiwiteite Naam en beskrywing van een
besienswaardigheid/aktiwiteit is
ingesluit (2)
Georganiseerde/opsionele Georganiseerde/opsionele toer is
toere ingesluit (1)
Etes Etes en naam van die restaurant
is ingesluit (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 25 DBE/PAT 2018
NSS
Dag 4: (6)
Akkommodasie Akkommodasie is ingesluit (1)
Vervoer Vervoer is ingesluit (1)
Besienswaardighede/ Naam en beskrywing van een
aktiwiteite besienswaardigheid/aktiwiteit is
ingesluit (2)
Georganiseerde/ Georganiseerde/opsionele toer is
opsionele toere ingesluit (1)
Etes Etes en naam van die restaurant is
ingesluit (1)
Dag 5: (7)
Uitteken en vertrek na (2)
Akkommodasie Akkommodasie is ingesluit (1)
Vervoer Vervoer is ingesluit (1)
Besienswaardighede/ Naam en beskrywing van een
aktiwiteite besienswaardigheid/aktiwiteit is
ingesluit (2)
Etes Etes en naam van die restaurant is
ingesluit (1)
Toerpakket (vervolg) (3)
Naam van die Toerpakket: Toepaslike naam is gegee (1)
Logiese roetebeplanning Logiese roetebeplanning wat
gebruik is (1)
Formaat van die vyf-dag- Paragraafformaat is gebruik (1)
reisprogram:
8. STAPPE TOT VOLHOUBARE TOERISME [12 punte] T M
8.1 EEN voorbeeld is geïdentifiseer van 'n:
Sterk punt (1)
Swak punt (1)
Geleentheid (1)
Bedreiging (1)
8.2 (a) Twee belanghebbendes is gegee (2)
'n Rede is verskaf vir die keuse van elk van die belanghebbendes (2)
wat gegee is.
(b) Geskikte idee/opsie wat pas by die gegewe bedreiging (2)
Geskikte idee/opsie wat pas by die gegewe swak punt (2)
9. e-BEMARKING [6 punte] T M
9.1 TWEE e-bemarkingstrategieë wat gebruik kan word om die
ǂKhomani Kulturele Landskap te bemark, is gegee. (2)
9.2 Elke Strategie in Vraag 9.1 is verduidelik + (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 26 DBE/PAT 2018
NSS
10. TERUGSKOUINGSVERSLAG [24 punte] T M
'n Verslag is geskryf aan die Noord-Kaapse Toerisme-owerheid
waarin die bevindinge van die navorsing gedeel is.
Afdeling A
Die bespreking sluit in:
10.1 Hoe die doelwitte behoorlike werksgeleenthede geskep het deur
inklusiewe ekonomiese groei.+ (4)
10.2 Hoe die doelwitte lewendige, gelyke, volhoubare landelike
gemeenskappe ontwikkel het wat tot voedselsekerheid vir almal
bydra. + (4)
10.3 Hoe die doelwitte 'n beter Suid-Afrika skep en bydra tot 'n beter en
veiliger Afrika in 'n beter wêreld. + (4)
Afdeling B
Die bespreking sluit in hoe, ten opsigte van landelike toerisme, die
Nasionale Toerismesektorstrategie …
10.4 toerismegroei en ekonomiese groei bevorder. + (4)
10.5 ervarings van besoekers verbeter. + (4)
Afdeling C
10.6 'n Verduideliking is gegee hoe volhoubaarheid en goeie bestuur
aandag aan die kwessie van geografiese, seisoenale en landelike
verspreiding skenk. + (4)
11. WOORDELYS EN WOORDSOEK [15 punte] T M
11.1 'n Woordelys van VYF moeilike toerisme terme/begrippe wat
tydens die navorsing teëgekom is, is geskep. Die woordelys bevat
die term/begrip met 'n duidelike woordeboekdefinisie.
++++ (10)
11.2 'n Woordsoek is ontwerp wat die terme/begrippe in Vraag 11.1.
insluit ++++ (5)
12. BIBLIOGRAFIE [2 punte] T M
'n Bibliografie van die bronne is op die laaste bladsy ingesluit. (2)
13. INHOUDSOPGAWE [3 punte] T M
Die inhoudsopgawe toon die korrekte volgorde vir Vraag 1 tot 11
en hulle ooreenstemmende bladsynommers. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 27 DBE/PAT 2018
NSS
14. FINALE AANBIEDING [3 punte] T M
Die PAT is in die volgorde van die vrae gerankskik. (1)
Korrekte spelling en taal is gebruik. (1)
Algehele indruk (1)
T M
Totaal Fase 2: 100
TOTALE PUNTE VIR DIE PAT T M
PUNTE VIR FASE 1: 100 PUNTE
PUNTE VIR FASE 2: 100 PUNTE
GROOTTOTAAL: 200 PUNTE
HANDTEKENING VAN HANDTEKENING VAN
ONDERWYSER MODERATOR
DATUM: DATUM:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 28 DBE/PAT 2018
NSS
4. BRONNELYS
4.1 PAT-puntestaat (TOER01)
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
4.3 Leerderverklaring van Egtheid (TOER03)
4.4 Onderwyserverklaring van Egtheid (TOER04)
4.5 Kaarte van die Noord-Kaap (TOER05)
4.6 Voorbeeld van 'n storie (TOER06)
4.7 Vraelys (TOER07)
4.8 SSGB-ntleding (TOER08)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 29 DBE/PAT 2018
NSS
4.1 PAT-puntestaat (TOER01)
SKOOL STAMP
&
HANDTEKENING
VAN
PRINCIPAL
PAT-PUNTESTAAT (TOER01) - 2018
Skool:
Onderwyser:
NAAM VAN LEERDER
Laaste 3 nommers
Gemodereerde punt
Voorbeeld: Tambo, Johannes, CP
TOTAAL
FASE FASE
van eksamennommer
1 2
(Nie per klas nie – lys ALLE leerders
alfabeties)
100 100 200 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
ONDERWYSER: DATUM:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 30 DBE/PAT 2018
NSS
4.2 Nasionale modereringsinstrument (TOER02)
NASIONALE PAT-MODERERINGSINSTRUMENT VIR TOERISME
(TOER02)
PROVINSIE
DISTRIK
NAAM VAN SENTRUM
ONDERWYSER
MODERATOR
MODERERINGSDATUM &
-VLAK
O = Onderwyser en M = Moderator
PAT-MODERERING
100
NAME VAN GESELEKTEERDE KANDIDATE O M
1.
2.
3.
4.
5.
6.
TOTAAL
GEMIDDELD VAN STEEKPROEF = (Totaal ÷ getal kandidate gekies)
GEMIDDELDE VERSKIL (%)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 31 DBE/PAT 2018
NSS
MONITERINGSAFDELING JA NEE KOMMENTAAR
1. ONDERWYSER
Die PAT-riglyne sowel as die
onderwysermemo is beskikbaar.
Amptelike puntestate is voltooi,
geteken, gestempel en ingesluit.
Alle leerders het 'n punt vir fase 1 en
2
Indien geen punte vir fase 1 of fase 2
nie, is geldige bewyse/redes
ingesluit.
Alle punte is korrek opgetel, herlei,
aangeteken en oorgedra.
Verklaringsvorm is geteken.
2. LEERDER-PAT-BEWYSE
Verklaringsvorm is geteken.
Fase 1 en 2 is met die toepaslike
assesseringsinstrument
geassesseer.
Alle punte is korrek opgetel, herlei,
aangeteken en oorgedra.
3. MODERERINGSPROSES
Daar is by die modereringsdatum
gehou.
Alle leerders se lêers is beskikbaar
soos gekies.
Was daar enige onreëlmatige
aktiwiteite gedurende die
modereringsproses?
Moderering is gedoen volgens
nasionale beleid en -riglyne.
4. KWALITEIT EN STANDAARD VAN DIE PAT
Gebaseer op die waarnemings gedurende die modereringsessie en die
moderering van die bewyse verskaf, is die kwaliteit en standaard van die PAT:
Uitstaande Aanvaarbaar Gedeeltelik Onaanvaarbaar
aanvaarbaar
UITSLAG VAN BEVINDINGE:
1. Gebaseer op die steekproef wat gemodereer is, word die punte
aanvaar as geldig, regverdig en betroubaar sonder enige aanpassings.
2. Gebaseer op die voorbeelde wat gemodereer is, moet die PAT weer
voorgelê word.
3. Gebaseer op die voorbeelde wat gemodereer is, is die punte soos volg aangepas:
Opwaarts aangepas Afwaarts aangepas
(Dui % aan) (Dui % aan)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 32 DBE/PAT 2018
NSS
OPMERKINGS
Handtekening: Onderwyser: Provinsiale moderator :
Vakadviseur: Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 33 DBE/PAT 2018
NSS
4.3 Leerder se Verklaring van Egtheid (TOER03)
LEERDER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER03)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
EKSAMENNOMMER:
GRAAD:
Ek verklaar hiermee dat ALLE ITEMS wat in hierdie portefeulje ingesluit is, my eie,
oorspronklike werk is en dat waar ek enige bron gebruik het, ek erkenning gegee het.
HANDTEKENING: LEERDER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring deur die leerder hierbo waar en ek aanvaar dat die
werk wat ingelewer is, sy/haar eie is.
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 34 DBE/PAT 2018
NSS
4.4 Onderwyser se Verklaring van Egtheid (TOER04)
ONDERWYSER SE VERKLARING VAN EGTHEID
(TOER04)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN ONDERWYSER:
Ek verklaar hiermee dat:
• Ek alles in my vermoë gedoen het om te verseker dat leerders voldoen aan die
instruksies soos dit in die PAT-dokument uiteengesit is.
• Ek genoegsame navorsingsmateriaal vir die leerders beskikbaar gestel het.
• Ek leerders deur die PAT-proses ondersteun en gelei het.
• Alle items wat in hierdie portefeulje vervat is deur my nagesien is.
• Die punte wat aan leerders toegeken is en op die puntestaat oorgedra is, geldig en
regverdig is.
•
HANDTEKENING: ONDERWYSER DATUM:
Sover my kennis strek, is die verklaring hierbo deur die onderwyser die waarheid.
HANDTEKENING: SKOOLHOOF DATUM:
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 35 DBE/PAT 2018
NSS
4.5 Kaarte van die Noord-Kaap (TOER05)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 36 DBE/PAT 2018
NSS
http://www.northerncape.org.za/getting_around/kaart_navigation/?town=Mier Omgewing,
Askham#showTown
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 37 DBE/PAT 2018
NSS
Voorbeeld van 'n storie (TOER06)
Rooikat en Oupa Oupot se Avonture van Jare Gelede
Rooikat kyk na sy oupa se leeragtige gesig, beskut teen die warm son onder die
Kameeldoringboom vol kwaste. Oupa Oupot vertel hom van die galoppende kuddes
gemsbokke wat op hulle voorouers se grond voorgekom het.
'Oupa Oupot, kan jy my vat om te gaan jag?' pleit Rooikat.
'Weet jy Rooikat, in die verlede het ons genoeg wilde diere gehad om te jag, ons het om
die vuur gedans om die liedjies van ons vaders te sing. Ons vroue het gekleurde krale
gedra en tot laat in die nag gesing. Dit is vandat heinings opgesit is en ons land vir
boerdery gebruik word, dat ons minder diere sien. Het jy geweet dat ons die eerste
mense in die wêreld was? Selfs die wetenskaplikes erken dit nou.'
'Môre sal ek jou vat om te gaan jag, ons sal voor sonop vertrek.'
OuPot en Rooikat verdwyn die volgende oggend in die wildernis van hul land in terwyl
die lug 'n oranje skynsel teen die hemel begin kry. OuPot kniel op die sand om die
woestynsand versigtig te bestudeer.
'Waarna soek jy, Oupa?' vra Rooikat nuuskierig. 'Dierevoetspore; dit is hoe ons hulle
volg. Hulle laat vir ons leidrade oor waar hulle is.'
Toe die dag later warm word, kruip Oupot op die sand rond totdat hy die krimpvarkie-
aartappelplant kry. Oupot grawe met sy kaal hande in die sand en lag. Hy staan op met
twee aartappels sy hande, nog 'n bron van water wat deur sy mense gebruik word. Hy
vee die sand van die aartappels af en gee een vir sy kleinseun voordat hy aan syne byt.
Hy het sy kleinseun die geheim van hoe sy mense in 'n droë land met min water
oorleef, geleer.
Saam bekyk hulle die barre sandlandskap. By 'n paar doringbosse hou OuPot sy vinger
voor sy lippe om Rooikat se gebabbel stil te maak. Hy het 'n trop gemsbokke gesien. Hy
gebruik die doringbosse as 'n skuiling en haal stadig sy pyl en boog van sy rug af, vryf
'n giftige rooibessiemengsel aan die punt van sy pyl en lê aan. Sy pyl vlieg deur die lug;
daar is 'n geskarrel vir 'n paar oomblikke, en dan stilte.
OuPot kom uit agter die doringbosse uit om sy prooi te kry. Daar was genoeg kos vir
die hele dorpie vir die volgende week. OuPot en Rooikat bind die dooie gemsbok aan 'n
boomtak vas saam sleep die jong seun en die ou man hulle prys huis toe.
(+400 woorde)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 38 DBE/PAT 2018
NSS
4.7 Vraelys (TOER07)
VRAELYS 2018 (TOER07)
NAAM VAN SKOOL:
NAAM VAN LEERDER:
Naam van persoon ondervra
Ouderdom
Nasionaliteit
Beroep
OPNAMEVRAELYS
Naam van persoon met wie onderhoud gevoer is:
Ouderdom
Beroep
Suid-Afrikaanse burger JA NEE
VRAE
1. Het jy vantevore van die ǂKhomani Kulturele Landskap JA x NEE x
WET gehoor?
2. Sou jy graag die ǂKhomani Kulturele Landskap WET wil JA x NEE x
besoek?
3. Gee EEN rede vir jou antwoord in Vraag 2.
4. Dink jy die bestemming sal tot landelike ontwikkeling en opheffing van die
gemeenskap bydra?
5. Gee EEN rede vir jou antwoord in Vraag 4.
Handtekening van Leerder Datum:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 39 DBE/PAT 2018
NSS
4.8 SSGB-ONTLEDING (TOER08)
SSGB. is 'n afkorting wat staan vir Sterk punte, Swak punte, Geleenthede en
Bedreigings. 'n SSGB-ontleding help jou om 'n sterk besigheidstrategie te ontwikkel
wat sal verseker dat jy almal in jou besigheid se sterk punte en swak punte, sowel as
geleenthede en bedreigings in die besigheidswêreld in ag neem.
STERK PUNTE SWAK PUNTE
• Unieke ryk kultuur- en erfenistoerisme • Tekort aan onderwys, toerisme
aanbiedings bewustheidsprogramme en
• Koninkryk vaardighede
• Provinsiale Toerismemeesterplanne • Swak toerisme ondersteunende
• Beskikbaarheid van staatsgrond infrastruktuur, ingesluit IKT
• Besienswaardigheid toeganklik per • Swak toekenning van bronne en
land, spoor en lug tekort aan inklusiewe beplanning en
• Goeie klimaatstoestande en gemeenskapsbetrokkenheid
biodiversiteit • Swak koördinasie van toerisme-
• Eko-toerisme potensiaal inisiatiewe
• Natuurreservate • Swak dienslewering en 'n tekort aan
• Geografiese en strategiese provinsiale implementering
liggings • Tekort aan politieke en gemeenskap
• Ubuntu - Vriendelikheid van landelike betrokkenheid
gemeenskappe • Swak bemarking van landelike
produkte
SSGB-
ONTLEDING
GELEENTHEDE BEDREIGINGS
• Kultuur- en erfenistoerisme • Tekort aan betroubare data en
aanbiedings statistieke
• Ongerepte natuurlike en landelike • Eienaarskap van grond
rustigheid • Kompetisie
• Inheemse kennisstelsels • Agteruitgang van die omgewing–
• Agri-toerisme ; Avontuurtoerisme ; gedeelde balans tussen omgewing en
Eko-toerisme; Besigheidstoerisme ; toerisme
Ontspanningstoerisme; • Politieke onstabiliteit
Vrywilligerstoerisme • Xenofobie
• Persepsies wat deur die media
geskep is en swak publisiteit
• Wêreldresessie
• Korrupsie en werkloosheid
• Politieke inmenging
• Landsgrense kwessie
[Aangepas uit: Landelike Toerisme Strategie 2012]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 40 DBE/PAT 2018
NSS
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees
om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede,
waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die
klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die
PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die
geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Tourism.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)
Related documents
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--4b4f3650-29ad-4049-ab3f-866d62ea750c/v1-43764c9fdda5e2a1c9db/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--01bd51a8-01a5-4ae3-97ff-9eeceb07ed58/v1-c70701c7ab9d09c7d2d9/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Tourism

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper