Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENINGKUNDE V1
MEI/JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye,
'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)




View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 542.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Rekeningkunde/V1 2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 3 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. 2025
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Maatskappy Finansiële State 50 40
Vaste Bates, Kontantvloeistaat en Finansiële
2 45 35
Aanwysers
3 Vertolking van Finansiële Inligting 40 30
4 Korporatiewe Bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 4 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (50 punte; 40 minute)
EBONY BPK.
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025. Die
maatskappy verkoop 'n verskeidenheid motortoebehore en herstel/diens ook klante se
motors.
GEVRA:
1.1 Stel die Staat van Omvattende Inkomste vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2025 op. (34)
1.2 Stel die EKWITEIT EN LASTE-gedeelte op van die Staat van Finansiële
Posisie, soos op 28 Februarie 2025. Toon bewerkings tussen hakies. (16)
LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
INLIGTING:
A. Saldo's en/of totale, onder meer, wat in die boeke verskyn het op:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
(R) (R)
Gewone aandelekapitaal 2 480 000 2 480 000
Behoue inkomste ?
Lening: Oracle Bank ?
Handelsvoorraad
Vaste deposito: Rainbow Bank 620 000 620 000
Voorsiening vir oninbare skulde ? 19 230
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige 363 100
belastingbetalings)
Krediteurekontrole 420 358
Vooruitbetaalde uitgawes 8 520
Bankoortrekking ?
Verkope 12 171 200
Koste van verkope ?
Salarisse en lone 763 000
Waardevermindering 285 860
Diensgeld-inkomste 174 580
Ouditfooie 75 168
Huurinkomste 72 960
Direkteursgelde 1 595 385
Handelsvoorraadtekort 22 150
Rente-inkomste ?
Rente-uitgawes ?
Diverse uitgawes 710 000
Gewone aandeledividende (tussentydse dividende) 372 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 5 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
B. Die volgende aansuiwerings moet nog in berekening gebring word:
• 'n Voorraadopname op 28 Februarie 2025 het 'n handelsvoorraadtekort van
R22 150 getoon. Hierdie tekort is bereken sonder om die volgende in ag te
neem:
Goedere van R31 200, wat op 28 Februarie 2025 deur M Vrede, 'n debiteur,
teruggestuur is, is nie geboekstaaf nie. Die teruggestuurde goedere is in die
voorraad teruggeplaas. Ebony Bpk. handhaaf deurgaans 'n winsopslag van
60% op alle voorraad.
• Ouditfooie nog verskuldig, R18 792.
• Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R17 200 verminder word.
• Die maatskappy het 'n gedeelte van hulle perseel op 1 Julie 2024 uitverhuur.
Huur is tot en met 30 Junie 2025 ontvang.
• Ebony Bpk. het twee direkteure wat elk aan die begin van die finansiële jaar
dieselfde fooie verdien het. 'n Derde direkteur is op 1 September 2024
aangestel, wat 'n maandelikse fooi van R5 445 minder as die huidige
direkteure verdien. Al die direkteure is hulle fooie vir Maart 2025 betaal.
C. Midrand Tyres, 'n verskaffer, is R22 750 betaal. Hierdie bedrag is foutiewelik na
die Debiteurekontrolerekening gedebiteer. Dit moet reggestel word.
D. Lening: Oracle Bank
• Uittreksel uit die jaarlikse leningstaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025:
Maandelikse terugbetalings, rente ingesluit: R27 500
• Die kapitaalterugbetaling op die lening vir die afgelope finansiële jaar was
R126 600. Dit sal onveranderd bly totdat die lening ten volle afbetaal is.
E. Inkomstebelasting
• Inkomstebelasting word teen 30% van die netto wins bereken.
• Die korrekte inkomstebelasting vir die jaar was R397 800.
F. Aandelekapitaal en dividende
• Die maatskappy het 1 550 000 uitgereikte aandele op 1 Maart 2024 gehad.
• Tussentydse dividende is op 31 Julie 2024 betaal.
• 'n Finale dividend van 19 sent per aandeel is op 28 Februarie 2025 verklaar.
Dit moet nog in berekening gebring word.
LET WEL: Geen aandele is gedurende die jaar uitgereik of teruggekoop nie.
G. Inligting bereken aan die einde van die finansiële jaar nadat alle aansuiwerings
in berekening gebring is:
Totale bates R5 214 000
Solvabiliteitsverhouding 2,4 : 1
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 6 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT, FINANSIËLE AANWYSERS
(45 punte; 35 minute)
Die inligting het betrekking op Premier Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2025.
GEVRA:
2.1 Verwys na Inligting D.
Bereken die ontbrekende syfers wat deur (i) tot (iii) op die Vastebatenota
aangedui word. (12)
2.2 Bereken die volgende syfers vir die Kontantvloeistaat:
• Belasting betaal (4)
• Dividende betaal (4)
2.3 Voltooi die 'Kontantgevolge uit finansieringsaktiwiteite' in die Kontantvloeistaat. (8)
2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2025:
• % bedryfsuitgawes op verkope (3)
• % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (4)
• Dividende per aandeel (4)
2.5 Volgens die Vastebatenota (sien Inligting D) het die maatskappy aanbouings
aan die gebou, ter waarde van R7 909 600, gedurende die finansiële jaar
voltooi.
• Noem TWEE hooffinansieringsbronne, met syfers (meer as R2 000 000 elk)
vir die aanbouings. (4)
• Dui vir elke bron aan hoe dit in die toekoms die kontantvloei negatief sal
beïnvloed. Noem EEN ander punt by elke bron. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 7 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INLIGTING:
A. Uittreksel: Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
28 Februarie 2025:
Verkope 26 480 000
Bedryfsuitgawes 4 667 600
Rente-uitgawes 222 400
Netto wins voor belasting 6 200 000
Inkomstebelasting 1 736 000
Netto wins na belasting 4 464 000
B. Uittreksel: Staat van Finansiële Posisie op:
Bates 28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
Niebedryfsbates 19 157 500 12 293 000
Vaste bates 17 877 500 10 493 000
Vaste deposito 1 280 000 1 800 000
Bedryfsbates 12 842 000 9 020 000
Voorraad
Debiteurekontrole 1 580 000 1 740 000
SAID: Inkomstebelasting 220 000 0
Kontant en kontantekwivalente
Totale bates 31 999 500 21 313 000
Ekwiteit en laste
Gewone aandeelhouersbelang 22 556 000 14 913 000
Gewone aandelekapitaal 13 950 000
Behoue inkomste 963 000
Niebedryfslaste 6 513 500 2 780 000
Bedryfslaste 2 930 000 3 620 000
Handel- en ander betaalbare bedrae 1 530 000 2 632 000
SAID: Inkomstebelasting 0 148 000
Aandeelhouers vir dividende 1 400 000 840 000
Totale ekwiteit en laste 31 999 500 21 313 000
C. Aandele en dividende:
• Die maatskappy het 3 000 000 uitgereikte aandele op 1 Maart 2024 gehad.
• 1 050 000 nuwe aandele is op 30 Junie 2024 vir R6 300 000 uitgereik.
• 'n Tussentydse dividend van 32 sent per aandeel is op 31 Augustus 2024
betaal.
• Op 31 Oktober 2024 is 50 000 aandele vir R3,50 meer as die gemiddelde
aandeleprys teruggekoop.
• Finale dividende is op 28 Februarie 2025 verklaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 8 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
D. Vastebatenota by die Staat van Finansiële Posisie:
GEBOUE VOERTUIE TOERUSTING
VASTE BATES
(R) (R) (R)
Drawaarde (1 Mrt. 2024) (i) 1 473 000 1 450 000
Kosprys 3 223 000 2 630 000
Opgehoopte
0 (1 750 000) (1 180 000)
waardevermindering
Bewegings
Toevoegings 7 909 600 0 320 000
Bates verkoop 0 (ii) 0
Waardevermindering 0 (iii)
Drawaarde (28 Feb. 2025) 15 479 600
Kosprys
Opgehoopte
0
waardevermindering
Addisionele inligting ten opsigte van vaste bates:
• Aanbouings aan die geboue is gedurende die finansiële jaar voltooi.
• 'n Ou voertuig is op 30 September 2024 teen drawaarde verkoop. Die
kosprys van hierdie voertuig was R510 000 en die opgehoopte waarde-
vermindering daarvan het op 1 Maart 2024, R330 000 beloop.
• Waardevermindering op voertuie is 20% p.j. op drawaarde.
• Addisionele toerusting is op 1 Desember 2024 aangekoop.
• Waardevermindering op toerusting is 15% p.j. op kosprys.
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 9 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (40 punte; 30 minute)
VENUS BPK.
Die inligting het betrekking op Venus Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2025.
AGTEGRONDINLIGTING:
Denzel Crous is as die hoof- finansiële beampte (HFB) volgens 'n 2 jaar-kontrak
aangestel, wat op 31 Augustus 2025 hersien sal word. Hy is ook 'n aandeelhouer in
Venus Bpk.
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
• Finansiële aanwysers en tendense, met syfers, aanhaal
• 'n Rede of verduideliking vir die aangehaalde finansiële aanwysers
gee
INLIGTING:
3.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
3.1.1 Doeltreffende beheer van uitgawes in die besigheid is 'n weerspieëling
van (risiko/winsgewendheid).
3.1.2 Wanneer 'n maatskappy gelikwideer word, sal die aandeelhouers se
aanspreeklikheid (beperk/onbeperk) wees, omdat hulle nie vir
maatskappyskulde verantwoordelik gehou sal word nie.
3.1.3 (Solvabiliteit/Likiditeit) is die besigheid se vermoë om al hulle skuld met
gebruik van bestaande bates af te betaal. (3 x 1) (3)
3.2 Likiditeit:
Die maatskappy se likiditeitsposisie het verbeter. Haal TWEE finansiële
aanwysers met syfers aan wat hierdie stelling ondersteun. (4)
3.3 Dividenduitbetalingsbeleid:
• Bereken die dividenduitbetalingskoers vir die jaar geëindig
28 Februarie 2025. (2)
• Verduidelik waarom die direkteure besluit het om die beleid te verander.
Gee EEN rede. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 10 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
3.4 % aandeelhouding en terugkoopbesluitneming:
• Bereken die aantal nuwe aandele wat Denzel op 31 Julie 2024 gekoop het. (4)
• Bereken Denzel se % aandeelhouding op 28 Februarie 2025. (3)
• Die onafhanklike ouditeur het vasgestel dat Denzel die besluit geneem het
om die aandele uit die bestorwe boedel van 'n familielid op 1 Desember 2024
terug te koop, sonder om die direksie in te lig.
Waarom behoort die onafhanklike ouditeur hieroor bekommerd te wees?
Gee EEN rede. (2)
3.5 Hefboomfinansiering en risiko:
• Venus Bpk. se direkteure wil die besigheid uitbrei deur nog takke in ander
provinsies oop te maak. Verduidelik waarom jy sal aanbeveel dat hulle nie
nog geld moet leen nie. Haal TWEE finansiële aanwysers, met syfers, aan. (6)
• 'n Ander moontlikheid om die voorgestelde uitbreidings te finansier, is om nog
aandele uit te reik. Verduidelik hoe dit die maatskappy sal bevoordeel.
Verskaf TWEE punte. (4)
3.6 Aandelewaarde:
Verduidelik waarom die aandeelhouers nie aan die einde van die finansiële jaar
met die maatskappy se aandelepryse tevrede moet wees nie. Haal TWEE
relevante finansiële aanwysers en ander verwante data aan. (4)
3.7 Hernuwing van die HFB se kontrak:
• Verduidelik EEN rede waarom enige maatskappy 'n goed gekwalifiseerde
persoon as hulle hoof- finansiële beampte (HFB) moet aanstel. (2)
• Behalwe die faktore en finansiële aanwysers wat in VRAAG 3.2 tot 3.6 gedek
is, haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers waarom jy voel dat
Denzel se kontrak nie hernu moet word nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 11 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INLIGTING:
A. Finansiële aanwysers bereken:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
% bedryfsuitgawes op verkope 18,3% 22,7%
Bedryfsverhouding 1,6 : 1 0,3 : 1
Vuurproefverhouding 0,8 : 1 0,1 : 1
Debiteure-invorderingsperiode 36 dae 43 dae
Krediteure-betalingsperiode 63 dae 63 dae
Solvabiliteitsverhouding 2,2 : 1 2,6 : 1
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,8 : 1 0,5 : 1
Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 8,2% 9,5%
Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang 4,5% 6,2%
Verdienste per aandeel 51 sent 58 sent
Dividende per aandeel 55 sent 35 sent
Dividenduitbetalingskoers ? 60,3%
Netto batewaarde per aandeel 1 025 sent 1 060 sent
B. Addisionele inligting:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
Markprys per aandeel 1 000 sent 1 030 sent
Rentekoers op lenings 12% p.j. 12% p.j.
Rentekoers op beleggings 7% p.j. 7% p.j.
C. Aandele van Venus Bpk.:
Aantal aandele
Uitgereik:
op 29 Februarie 2024 900 000
op 28 Februarie 2025 950 000
Nuwe aandele uitgereik op 31 Julie 2024 teen R10,50 elk 125 000
Teruggekoop op 1 Desember 2024 teen R12,00 elk 75 000
D. Aandeelhouding van Denzel Crous in Venus Bpk.:
% aandeelhouding op 29 Februarie 2024 45%
Aantal aandele besit op 28 Februarie 2025 494 000
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 12 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute)
4.1 Verwys na Inligting A.
4.1.1 Identifiseer die soort ouditverslag wat Yungs Bpk. ontvang het. (1)
4.1.2 Noem TWEE betroubare soorte ouditbewyse wat VC Ouditeure as die
basis vir hulle mening gebruik het. (2)
4.1.3 Verduidelik hoe hierdie ouditverslag moontlik in die toekoms 'n positiewe
uitwerking op die maatskappy kan hê. Verskaf TWEE punte. (4)
4.2 Verwys na Inligting B.
4.2.1 Watter stappe sou Vintage Bpk. teen die twee direkteure, wat in die hof
verskyn het, gedoen het? Verskaf TWEE punte. (4)
4.2.2 Verduidelik TWEE gevolge wat Josh, die eksterne ouditeur, vir sy
onwettige optrede kan verwag. (4)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit 'n ouditverslag wat VC Ouditeure aan Yungs Bpk., een van
hulle kliënte, uitgereik het:
Mening
Na ons mening verskaf die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, die
finansiële posisie en kontantvloeie van Yungs Bpk. soos op 28 Februarie 2025.
Dit is opgestel in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslag-
doeningstandaarde (IFRS) en het aan die vereistes van die Maatskappywet,
2008 (Wet 71 van 2008) van Suid-Afrika, voldoen.
Meningsbasis
Die ouditbewyse verkry, is voldoende, betroubaar en toepaslik om 'n basis vir ons
mening te vorm.
B. Uittreksel uit 'n koerantberig oor Vintage Bpk., 'n ander kliënt van
VC Ouditeure:
Josh Peters, 'n eksterne onafhanklike ouditeur van VC Ouditeure, is betrek by
'n korrupsie-hofsaak teen twee direkteure van Vintage Bpk. Hierdie direkteure het
na bewering omkoopgeld aan Josh betaal om te verseker dat gunstige verslae
oor Vintage Bpk. se prestasies deur VC Ouditeure uitgereik word, alhoewel die
maatskappy byna bankrot is.
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V1 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365
Koste van verkope 1 Koste van verkope
Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde krediteure x 365
Gemiddelde debiteure x 365 Koste van verkope 1
Kredietverkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
WEL: 365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits
voorraad konstant bly).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)

Addendum