Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENINGKUNDE V2
MEI/JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye,
'n formuleblad en 'n 12 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 

%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)


View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 563.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Rekeningkunde/V2 2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. 2025
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 BTW en Krediteure-rekonsiliasie 30 25
2 Kosterekeningkunde 40 30
3 Voorraadwaardasie 40 30
4 Begrotings 40 35
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 3 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 1: BTW EN KREDITEURE-REKONSILIASIE (30 punte, 25 minute)
1.1 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
GEVRA:
Die inligting het betrekking op Comfort Handelaars vir die BTW-periode geëindig
31 Januarie 2025. Die BTW-koers is 15%. Karen Botha is die eienaar van die
besigheid. Die besigheid se gemiddelde verkope is R150 000 per maand.
GEVRA:
1.1.1 Bereken die BTW-bedrae in die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK
verskaf word. Dui die effek aan van ELKE item op die bedrag aan SAID
betaalbaar. Toon 'n vermeerdering met 'n '+' en 'n vermindering met 'n '–'.
'n Voorbeeld is voltooi. (10)
1.1.2 Karen wil haar besigheid as 'n BTW-handelaar deregistreer omdat sy nie by
die BTW-sperdatums vir indiening van opgawes kan hou nie.
Wat sal jou raad aan Karen wees? Noem EEN punt. (2)
INLIGTING:
A. Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Januarie 2025, R51 500.
B. Transaksies vir Januarie 2025:
BTW BTW BTW-
NR. BESONDERHEDE UITGESLUIT INGESLUIT BEDRAG
(R) (R) (R)
Onttrekking van
Voorbeeld 6 000 6 900 900
voorraad
(i) Goedere aangekoop 221 720 ?
Kredietnotas aan
(ii) 12 000 ?
klante uitgereik
(iii) Totale verkope *187 795 ?
Oninbare skulde
(iv) 765
afgeskryf
*Sekere goedere, met 'n totale verkoopprys van R21 275 (BTW ingesluit),
moes as nulkoersitems opgeteken gewees het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 4 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
1.2 KREDITEURE-REKONSILIASIE
Epson Handelaars het 'n rekeningstaat van 'n krediteur, Canon Verskaffers,
ontvang. Die saldo op dié staat het nie met die saldo in Canon Verskaffers se
rekening in die Krediteuregrootboek van Epson Handelaars ooreengestem nie.
GEVRA:
1.2.1 Verwys na Inligting A, B en C.
Gebruik die tabel verskaf om veranderinge aan te dui van die:
• Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Epson Handelaars
• Rekeningstaat ontvang van Canon Verskaffers
Skryf die bedrag en dui by elke bedrag 'n vermeerdering (+) of 'n
vermindering (-) aan. (14)
1.2.2 Verwys na Inligting D.
Daar is gevind dat Senzo, die aankoopbestuurder, 'n fiktiewe faktuur
geteken het wat van Prime Verskaffers ontvang is. Sy seun se
bankbesonderhede het op hierdie faktuur verskyn. Die toepaslike betaling
is deur die finansiële afdeling gedoen.
Behalwe om Senzo af te dank, verskaf:
• EEN ander manier waarop teen hom opgetree kan word
• EEN voorstel om hierdie probleem in die toekoms te voorkom (4)
INLIGTING:
A. Krediteuregrootboek van Epson Handelaars:
CANON VERSKAFFERS (KL9)
DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO
2025 1 Rekening gelewer 69 800
Maart 6 Faktuur 519 26 300 96 100
8 Debietnota 104 1 600 94 500
14 EFO 310 45 500 49 000
Korting 7 000 42 000
15 Faktuur 202 13 800 55 800
24 Faktuur 567 20 000 75 800
25 Faktuur 594 17 100 92 900
31 Faktuur 610 9 000 101 900
B. Rekeningstaat ontvang van Canon Verskaffers:
CANON VERSKAFFERS
Epson Handelaars
Barbertonweg 95 Datum: 25 Maart 2025
DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO
2025 1 Saldo 69 800
Maart 4 Rente 400 70 200
6 Faktuur 519 23 600 93 800
8 Kredietnota 164 1 600 95 400
14 Kwitansie 7710 45 500 49 900
24 Faktuur 567 20 000 69 900
25 Faktuur 594 19 000 88 900
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 5 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
C. Verskille opgemerk:
(i) Die rente, R400, deur Canon Verskaffers op 4 Maart 2025 op Epson
Handelaars se rekening gehef, is korrek.
(ii) Faktuur 519 op 6 Maart 2025 was korrek volgens die rekeningstaat wat
van Canon Verskaffers ontvang is.
(iii) Canon Verskaffers het die terugsendings op 8 Maart 2025 foutiewelik
geboekstaaf.
(iv) Epson Handelaars het vir korting gekwalifiseer as gevolg van die vroeë
betaling van hulle rekening op 14 Maart 2025. Canon Verskaffers het
slegs R5 000 korting toegestaan. Hulle het belowe om dit op hulle
rekeningstaat vir volgende maand te toon.
(v) Faktuur 202, R13 800, is foutiewelik op 15 Maart 2025 in die
Krediteuregrootboek-rekening van Canon Verskaffers geboekstaaf. Die
faktuur is van 'n ander krediteur, Baron Verskaffers, ontvang.
(vi) 'n Handelskorting van 10% is op faktuur 594 afgetrek. Canon
Verskaffers sal hierdie fout volgende maand regmaak.
(vii) Faktuur 610 het nie op Canon Verskaffers se rekeningstaat verskyn nie
omdat die transaksie na die staat se datum plaasgevind het.
D. Krediteuregrootboek van Epson Handelaars
PRIME VERSKAFFERS (KL24)
DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO
2025 23 Faktuur 481 18 000 18 000
Maart 28 EFO 336 18 000 0
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 6 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (40 punte; 30 minute)
2.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee is. Skryf slegs die woord
langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1 Verbruiksgoedere wat in die fabriek gebruik word, word as
(direkte/indirekte) materiaal beskou.
2.1.2 Waardevermindering op fabrieksmasjinerie word as (veranderlike/vaste)
koste geklassifiseer.
2.1.3 Lone betaal aan die kantoorskoonmakers word as 'n (verkoops-en
verspreidings/administrasie)-koste beskou. (3 x 1) (3)
2.2 WOLLIES SE WINTERHANDSKOENE
Die besigheid vervaardig winterhandskoene. Die finansiële jaar eindig op
28 Februarie 2025. Die eienaar van die besigheid is Jerry Classon.
Die besigheid het geen goedere-in-bewerking-voorraad nie en alle vervaardigde
items word verkoop.
GEVRA:
2.2.1 Verwys na Inligting A.
Bereken die direkte materiaalkoste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025. (4)
2.2.2 Verwys na Inligting B.
Bereken die korrekte fabrieksbokoste vir die jaar geëindig
28 Februarie 2025. (9)
2.2.3 Bereken die bruto wins verdien vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025. (5)
2.2.4 Jerry was tevrede met die prestasie gedurende die huidige jaar en beplan
om produksie met 30% in die volgende finansiële jaar te verhoog. Hy is
oortuig daarvan dat die vraag sal toeneem as gevolg van veranderende
weerpatrone.
• Lewer kommentaar op die produksievlak en gelykbreekpunte deur die
huidige finansiële jaar se resultate met sy plan vir die volgende
finansiële jaar te vergelyk. Verskaf TWEE punte, met syfers. (4)
• Bereken die verhoging in die wins wat Jerry verwag om vanaf die jaar
geëindig 28 Februarie 2025 tot die volgende finansiële jaar te verdien. (5)
2.2.5 Gee TWEE moontlike redes vir die voorgestelde verhoging in direkte
arbeidskoste in die volgende finansiële jaar. Haal syfers aan. (4)
2.2.6 Jerry het 'n verhoging van R304 000 vir totale vaste koste geprojekteer.
• Verskaf TWEE moontlike uitgawe-items wat hy in ag kon geneem het
toe hy sy projeksies gemaak het. Gee 'n verskillende rede vir elke
geïdentifiseerde item. (4)
• Verduidelik waarom Jerry nie oor hierdie voorgestelde verhoging in
totale vaste koste bekommerd hoef te wees nie. Verskaf EEN punt met
syfers. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 7 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INLIGTING:
A. Direkte materiaalkoste:
KOSTE TOTALE
METER PER METER BEDRAG
(R) (R)
Beginvoorraad 6 000 55 330 000
Aankope gedurende die jaar 24 000 60 1 440 000
Totaal beskikbaar vir gebruik 30 000 ? 1 770 000
Eindvoorraad 4 000 ? ?
Direkte materiaal vir produksie
uitgereik 26 000 ? ?
• Materiaal word na die fabriek oorgedra deur die geweegdegemiddelde-
metode te gebruik.
• Geen materiaal is vermis of gesteel nie as gevolg van goeie interne
beheermaatreëls.
B. Fabrieksbokoste:
Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R966 360 bereken. Hy het egter die
volgende foute gemaak wat reggestel moet word:
(i) Die totale telefoonuitgawe van R36 000 is gebruik in plaas daarvan om
25% aan die fabriek toe te ken.
(ii) Die eindvoorraad van die fabriek se indirekte materiaal is met R2 800 te
laag opgegee.
(iii) Die boekhouer het die gedeelte van die skoonmaker se loon korrek aan
fabrieksbokoste toegeken. Hy het egter nie die 6% p.j.-verhoging, wat
op 1 Januarie 2025 in werking getree het, op die skoonmaker se loon in
berekening gebring nie. Die skoonmaker verdien R48 000 p.j. en
spandeer die helfte van sy werkstyd in die fabriek.
(iv) Water en elektrisiteit van R25 600 is aan die fabriek toegeken met
gebruik van die verhouding 4 : 3 : 2 vir die fabriek, verkope en kantoor
onderskeidelik. Dit moes in die verhouding 5 : 3 : 2 toegeken gewees
het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 8 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
C. Werklike en geprojekteerde koste:
PLAN VIR VOLGENDE
28 FEBRUARIE 2025
FINANSIËLE JAAR
TOTALE EENHEIDS- TOTALE EENHEIDS-
BEDRAG KOSTE BEDRAG KOSTE
(R) PER PAAR (R) PER PAAR
(R) (R)
Direkte materiaalkoste ? ? 1 560 000 30,00
Direkte arbeidskoste 876 000 21,90 1 300 000 25,00
Verkoops- en
650 000 12,50
verspreidingskoste
Totale veranderlike koste 75,00 67,50
Totale vaste koste 38,00 35,10
D. Ander inligting:
PLAN VIR VOLGENDE
28 FEBRUARIE 2025
FINANSIËLE JAAR
Eenhede vervaardig en
40 000 pare 52 000 pare
verkoop
Gelykbreekpunt 38 000 pare 38 400 pare
Verkoopprys per paar R115,00 R115,00
Verkope R4 600 000 R5 980 000
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 9 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 30 minute)
HELEN'S ELEKTRONIKA
Helen Woods is die eienaar van 'n elektronika-winkel wat 'n verskeidenheid elektroniese
produkte verkoop. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2025 geëindig. Rekords vir
oorfone, televisiestelle, stofsuiers en hoëdruk-spuitmasjiene word verskaf.
OORFONE
Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-voorraadwaardasiemetode is van toepassing.
GEVRA:
3.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2025 deur die
EIEU-metode te gebruik. (5)
3.2 Helen het besluit om in September 2024 van verskaffers te verander nadat sy raad
by haar suster, die winkelbestuurder, gekry het.
• Verskaf TWEE punte wat daarop dui dat haar klante ontevrede is met die
gehalte van die oorfone van die nuwe verskaffers. Haal syfers aan. (4)
• Watter raad sou jy aan Helen gee oor die verandering van verskaffers in die
toekoms? Verskaf EEN punt. (2)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo's van oorfone:
EENHEIDSPRYS
(vraggeld TOTAAL
EENHEDE
ingesluit)
(R) (R)
1 Maart 2024 170 145 24 650
28 Februarie 2025 350 ? ?
B. Oorfoon-aankope gedurende die finansiële jaar:
EENHEIDSPRYS TOTAAL
EENHEDE
(R) (R)
April 2024 250 165 41 250
Junie 2024 300 180 54 000
September 2024 380 135 51 300
Desember 2024 320 140 44 800
Totale aankope 1 250 191 350
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 10 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
C. Vraggeld op aankope:
Oorfone word deur Jiffy Vervoer by die winkel afgelewer teen 'n nie-terugbetaalbare
tarief van R20 per eenheid. Die vraggeld op aankope is nie by Inligting B ingesluit
nie.
D. Terugsendings:
80 oorfone wat in Desember 2024 gekoop is, is aan die verskaffers teruggestuur,
R11 200.
E. Verkope:
VERKOOP-
PRYS TOTAAL
EENHEDE
PER EENHEID
(R) (R)
1 Maart 2024 tot 31 Augustus 2024 680 220 149 600
1 September 2024 tot 28 Februarie 2025 310 220 68 200
990 217 800
TELEVISIESTELLE
Televisiestelle se voorraad word deur middel van die spesifieke identifikasiemetode
waardeer. Die besigheid het twee modelle (Quantum en Crystal) vanaf 1 Maart 2024, die
begin van die finansiële jaar, verkoop. 'n Nuwe TV-model, Limpid, is op 1 Desember 2024
ingebring om die Quantum-TV-model te vervang.
GEVRA:
3.3 Bereken die eindvoorraad van die televisiestelle op 28 Februarie 2025. (9)
3.4 Helen was nie tevrede dat sy 'n gemiddeld van 19 Crystal TV's per maand verkoop
het nie. Sy is egter bly dat die nuwe Limpid TV's, alhoewel dit 'n hoër verkoopprys
per eenheid het, teen 'n vinniger tempo as die Crystal TV's verkoop.
• Bereken die koste van verkope van die Limpid TV's. (3)
• Bereken hoe lank (in dae) dit Helen sal neem om die eindvoorraad van die
Limpid TV's te verkoop. (4)
• Helen is van mening dat sy die regte besluit geneem het om die Quantum TV's
met die Limpid TV's te vervang. Gee EEN moontlike rede (met syfers) om haar
mening te staaf. (2)
3.5 Verwys na inligting D.
Verduidelik hoe dit 'n positiewe uitwerking op haar besigheid sal hê. Verskaf EEN
punt. (2)
INLIGTING:
A. Beginvoorraad:
KOSPRYS TOTAAL
DATUM TV-MODEL EENHEDE PER EENHEID
(R) (R)
Quantum 123 R4 800 590 400
1 Maart 2024
Crystal 72 R6 500 468 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 11 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
B. Aankope:
KOSPRYS PER TOTAAL
DATUM TV-MODEL EENHEDE EENHEID
(R) (R)
1 Julie 2024 Crystal 186 R6 500 1 209 000
1 Des. 2024 Limpid 115 R7 200 828 000
C. Verkope vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025:
VERKOOPPRYS PER TOTAAL
TV-MODEL EENHEDE EENHEID
(R) (R)
Quantum 105 5 950 624 750
Crystal 225 9 750 2 193 750
Limpid 94 10 500 987 000
Totale verkope 424 3 805 500
D. Skenking van TV-stelle aan plaaslike skole:
Helen het die onverkoopte Quantum TV's aan plaaslike hoërskole geskenk.
STOFSUIERS EN HOË-DRUKSPUITMASJIENE
GEVRA:
3.6 Stofsuiers:
• Identifiseer EEN probleem met stofsuiers. Haal syfers aan.
• Wat sal jou raad wees? Noem EEN punt. (3)
3.7 Hoë-drukspuitmasjiene:
• Verduidelik TWEE goeie besluite wat Helen geneem het ten opsigte van die
spuitmasjiene. Haal syfers aan.
• Verduidelik hoe elke besluit die resultate van 28 Februarie 2025 verbeter het.
Verskaf EEN verskillende punt vir ELKE besluit. (6)
INLIGTING:
STOFSUIERS HOË-DRUKSPUITMASJIENE
28 FEB. 2025 29 FEB. 2024 28 FEB. 2025 29 FEB. 2024
Bruto eenhede verkoop 532 565 704 584
Getal eenhede kontant
280 360 398 302
verkoop
Handelskorting op
5% 5% 10% 5%
kontantverkope
Getal eenhede op krediet
230 190 270 240
verkoop
Betalingsbeleid vir
90 dae 90 dae 120 dae 150 dae
kredietverkope
Rentekoers vir kredietverkope 18% 18% 15% 18%
Terugsendings deur klante
22 15 36 42
(foutiewe eenhede)
% winsopslag 50% 60% 40% 60%
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 12 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: BEGROTINGS (40 punte; 35 minute)
Daisy MacDonald is die eienaar van Canary Winkels wat skoolsakke verkoop. Die inligting
is van toepassing op die begrotingsperiode geëindig 31 Julie 2025.
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
• Tendense met syfers aanhaal
GEVRA:
4.1 Verduidelik hoe die opstel van 'n Kontantbegroting as 'n bestuursinstrument
gebruik kan word om die besigheid te help om hulle kontantbronne te bestuur.
Noem EEN punt. (2)
4.2 Identifiseer TWEE items in die betalingsdeel van hierdie Kontantbegroting wat nie
in die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste sal verskyn nie. (2)
4.3 Voltooi die Krediteurebetalingskedule. (9)
4.4 Bereken die ontbrekende syfers (i) tot (iv) in die Kontantbegroting. (14)
4.5 Verwys na Inligting F.
Bereken die vermindering in vloerspasie (in m2) wat gedurende Julie 2025 gehuur
word. (5)
4.6 Verwys na Inligting H.
'n Nuwe mededinger het gedurende April 2025 in die area ingetrek. Daisy was nie
van die mededinger bewus nie, en het in April 2025 nie enige stappe gedoen nie.
4.6.1 Verduidelik die effek van die nuwe mededinger op enige TWEE items in
die begrote en werklike inligting vir April 2025. Haal syfers aan. (4)
4.6.2 Identifiseer TWEE veranderinge wat Daisy in Mei 2025 geïmplementeer
het in reaksie op die nuwe mededinger. Haal syfers aan. (4)
INLIGTING:
A. Verkope, aankope van voorraad en koste van verkope:
• Totale verkope:
April 2025 R180 000
Mei 2025 R202 500
Junie 2025 ?
Julie 2025 R270 000
• 40% van verkope is kontant; die res is op krediet.
• Die winsopslag is 50% op kosprys.
• Voorraad word op 'n maandelikse basis vervang.
• 20% van aankope is kontant; die res is op krediet.
B. Krediteure-betalings:
Na verwagting sal krediteure soos volg betaal word:
• 75% word betaal in die maand van aankope om 5%-korting te ontvang.
• 15% word betaal in die maand na aankope.
• 10% word betaal in die tweede maand na aankope.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 13 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
C. Verkoopassistente se salarisse:
Al die verkoopassistente verdien dieselfde maandelikse salaris. Hulle sal vanaf
1 Julie 2025, 5%-verhoging ontvang. Die besigheid het in Junie twee assistente
gehad en sal 'n addisionele een vanaf 1 Julie 2025, teen dieselfde maandelikse
salaris as die ander twee na die salarisverhoging, aanstel.
D. Lening:
Deel van die lening sal op 1 Julie 2025 terugbetaal word. Rente van 15% p.j. word
aan die einde van elke maand betaal en word nie gekapitaliseer nie.
E. Voertuig- en afleweringsuitgawes:
• Canary Winkels het afleweringsdienste vir die afgelope twee jaar uitkontrakteer
teen 'n persentasie van verkope.
• Die eienaar beplan om 'n afleweringsvoertuig op 31 Julie 2025 te koop. Die
besigheid sal 'n 10%-deposito op hierdie datum betaal en die uitstaande bedrag
sal oor 36 maande teen R6 875 per maand vanaf 31 Augustus 2025 afbetaal
word.
F. Huuruitgawes:
Die besigheid huur 180 m2 van die perseel teen 'n vaste koers per m2. Die
huuragentskap het die besigheid in kennis gestel van 'n beplande verhoging in die
huur per m2 vanaf 1 Augustus 2025. Ten einde huur te bespaar, het die eienaar
besluit om die m2 wat gehuur word vanaf 1 Julie 2025 te verminder.
G. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir Junie en Julie 2025:
JUNIE 2025 JULIE 2025
ONTVANGSTE
(R) (R)
Kontantverkope (i)
Debiteure-invorderings 117 450 134 325
Rente op vaste deposito 250 250
Vaste deposito verval 30 000
BETALINGS
Kontantaankope van voorraad 36 000
Krediteure-betalings 111 300
Salarisse en lone (ii) 35 280
Lening-terugbetalings (iii)
Rente op lening 3 150 2 250
Afleweringsuitgawes 13 500
Huuruitgawes 59 940 47 952
Deposito vir voertuig (iv)
Advertensies 24 300
Diverse uitgawes 4 950 5 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 14 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
H. Begrote en werklike inligting vir April en Mei 2025:
APRIL 2025 MEI 2025
BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK
Eenhede beskikbaar om te
720 540 900 765
verkoop/reeds verkoop
Verkoopprys per eenheid R250 R250 R225 R225
Totale verkope R180 000 R135 000 R202 500 R172 125
Totale aankope R120 000 R90 000 R135 000 R114 750
Bruto wins R60 000 R45 000 R67 500 R57 375
Advertensies R9 000 R4 500 R18 225 R15 400
Kommissie 0 0 R4 050 R3 443
Afleweringsuitgawes R7 200 R6 750 R10 125 R8 600
40
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365
Koste van verkope 1 Koste van verkope
Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde krediteure x 365
Gemiddelde debiteure x 365 Koste van verkope 1
Kredietverkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
WEL: 365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits
voorraad konstant bly).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum