Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENINGKUNDE V2
2022
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 354.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 BTW en Krediteureversoening 30 20
2 Kosterekeningkunde 45 35
3 Voorraadwaardasie 35 30
4 Begrotings 40 35
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 3 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 1: BTW EN KREDITEUREVERSOENING (30 punte; 20 minute)
1.1 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
Chuckle Handelaars is vir BTW geregistreer, alhoewel die jaarlikse omset
minder as R1 000 000 is. Die standaard BTW-koers is 15%. Die onderneming
word deur Chuckles Berry besit.
GEVRA:
1.1.1 Gee EEN rede waarom Chuckles besluit het om vir BTW te registreer. (2)
1.1.2 Bereken die bedrag BTW wat vir die tweemaandetydperk geëindig
30 April 2022 aan SAID betaalbaar is. (9)
1.1.3 Chuckles gebruik die geld wat vir BTW ingevorder word, om
besigheidsuitgawes te betaal. Hy het nie voldoende kontant om die
BTW-betalings op die betaaldatum te betaal nie. Wat sal jy aan
Chuckles sê? Noem TWEE verskillende/aparte punte. (2)
INLIGTING:
BTW-verwante transaksies vir die tydperk geëindig 30 April 2022:
Saldo op 1 April 2022 deur SAID verskuldig R2 600
Aankope van handelsvoorraad (BTW uitgesluit) 59 000
Kontant- en kredietverkope (BTW ingesluit) 87 400
BTW op onttrekkings van handelsvoorraad deur Chuckles 1 200
BTW op terugsendings deur debiteure 2 820
BTW op korting van verskaffers ontvang 3 360
1.2 KREDITEUREVERSOENING
Mani Supermark word deur Mani Bloom besit. Die onderneming koop goedere
op krediet by Lawes Groothandelaars.
GEVRA:
1.2.1 Gebruik die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK verskaf is om
veranderinge te toon aan die Krediteuregrootboekrekening van
Lawes Groothandelaars in die boeke van Mani Supermark en die
rekeningstaat ontvang van Lawes Groothandelaars om die verskille wat
geïdentifiseer is, in berekening te bring.
(13)
Dui 'n '+' of '–' langs elke bedrag aan.
1.2.2 Mani voel dat die krediteureklerk nie doeltreffend is in die uitvoering van
haar pligte nie.
Verskaf bewyse om sy mening te staaf. Gee EEN punt. (2)
Verduidelik hoe hy hierdie probleem kan oplos. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 4 DBE/2022
SS/NSS
INLIGTING:
A. KREDITEUREGROOTBOEK VAN MANI SUPERMARK
LAWES GROOTHANDELAARS (KG6)
DEBIET KREDIET SALDO
DATUM BESONDERHEDE
R R R
2022 1 Saldo 41 200
April 3 Faktuur 3381 7 800 49 000
8 Debietnota 149 640 49 640
15 Faktuur BB55 11 400 61 040
18 Faktuur 3886 12 800 73 840
24 EFO 425 14 620 59 220
Korting ontvang 1 250 57 970
29 Faktuur 4 243 9 900 67 870
B. Rekeningstaat van Lawes Groothandelaars ontvang:
LAWES GROOTHANDELAARS
REKENINGSTAAT
Aan: MANI Supermarket Kredietlimiet: R45 000
Rekeningstaatdatum: 26 April 2022
DEBIET KREDIET SALDO
DATUM BESONDERHEDE
R R R
2022 28 Saldo a/d 56 200
Mrt. 30 Kwitansie 376 15 000 41 200
Kredietnota A11 750 40 450
Straf vir laat betaling 580 41 030
Straf vir laat betaling 580 41 610
2022 3 Faktuur 3381 8 700 50 310
April 9 Kredietnota A32 640 49 670
18 Faktuur 3886 14 720 64 390
24 Kwitansie 667 14 620 49 770
25 Kredietnota A88 3 180 46 590
ste
Bepalings: 30 dae. 10%-korting word toegestaan vir betalings ontvang voor die 20
van elke maand.
Straf is op agterstallige saldo's van toepassing.
+ 90 dae 60 dae 30 dae Lopend
R4 380 R7 050 R14 400 R20 760
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 5 DBE/2022
SS/NSS
C. 'n Vergelyking van die rekeningstaat ontvang van Lawes Groothandelaars
met die Krediteuregrootboekrekening het die volgende verskille getoon:
(i) 'n Afslag van R750 vir goedere van minderwaardige gehalte
gedurende Maart 2022 ontvang, is aan Mani Supermark toegestaan.
Hierdie transaksie is nie deur die boekhouer van Mani Supermark
geboekstaaf nie.
(ii) Lawes Groothandelaars het per abuis die straf vir laat betaling twee
keer op 30 Maart 2022 geboekstaaf. Hulle sal dit op die volgende
rekeningstaat regstel.
(iii) Die bedrag van Faktuur 3381 op 3 April 2022 is korrek in die
Krediteuregrootboekrekening geboekstaaf.
(iv) 'n Foutiewe inskrywing vir die terugsendings op 8 April 2022 is
ontdek.
(v) Faktuur BB55 in die Krediteuregrootboekrekening is vir goedere
aangekoop by 'n ander verskaffer, Wes Verskaffers.
(vi) Faktuur 3886 op die rekeningstaat sluit BTW teen 15% in. Al die
goedere op hierdie faktuur was nulkoersprodukte. Lawes
Groothandelaars sal dit op die volgende rekeningstaat regstel
(vii) Die boekhouer van Mani Supermark het 'n 10%-korting met die
betaling van EFO 425 geboekstaaf. Lawes Groothandelaars het
aangedui dat hierdie korting nie goedgekeur is nie.
(viii) Kredietnota A88 op die rekeningstaat ontvang, het nie op
Mani Supermark betrekking nie. Dit sal op die volgende
rekeningstaat reggestel word.
(ix) Die rekeningstaat word op die 26ste van elke maand ontvang.
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 6 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (45 punte; 35 minute)
2.1 STYLISH PAKKE
Die onderneming, deur Fiona Radebe besit, vervaardig een soort modieuse
manspak. Die finansiële jaar het op 31 Maart 2022 geëindig.
GEVRA:
2.1.1 Bereken die volgende vir die Produksiekostestaat:
Direkte materiaalkoste (6)
Direkte arbeidskoste (6)
Fabrieksbokoste (7)
2.1.2 Stel die Verkorte Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) op
vir die jaar geëindig 31 Maart 2022. (11)
INLIGTING:
A. Grondstofvoorraad:
Gedurende die finansiële jaar het die onderneming 12 250 meter
materiaal vir die maak van pakke aangekoop: R5 512 500. Dit is veilig in
die stoorkamer bewaar.
Materiaal is soos volg aan die fabriek uitgereik om die produksieteiken
van 3 000 pakke te bereik: 3,2 meter materiaal en 'n toelating van 5%
daarvan vir vermorsing benodig om een pak te maak.
B. Klaarproduktevoorraad:
31 Maart 2022 31 Maart 2021
Klaarprodukte R195 000 R260 000
C. Direkte en indirekte arbeidskoste:
Basiese
Werknemer- Getal Totale jaarlikse
maandelikse salaris
beskrywing werknemers bonus
per werknemer
Fabrieksmasjiniste 40 R9 800 ?
Fabriekstoesighouers 3 R17 500 R84 000
Die fabrieksmasjiniste is by die vervaardiging van die pakke betrokke.
Die verdienste van die toesighouers is as fabrieksbokoste geboekstaaf.
Jaarlikse bonusse is aan alle werkers betaal. Die bonusbegroting word
tussen die masjiniste en die toesighouers in die verhouding 5 : 2
onderskeidelik verdeel.
Alle werknemers betaal 1% van hulle bruto verdienste aan die WVF.
Die werkgewer dra op 'n R-vir-R-basis tot hierdie fonds by.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 7 DBE/2022
SS/NSS
D. Die boekhouer het voorlopig die volgende bedrae vir die huidige
finansiële jaar bereken:
Fabrieksbokoste R941 500
Verkoops- en verspreidingskoste 866 400
Administrasiekoste 532 200
E. Die boekhouer het nagelaat om die volgende aansuiwerings te
boekstaaf toe hy die bedrae getoon in Inligting D hierbo, bereken het:
'n Faktuur vir verbruiksgoedere van R59 500 is nie geboekstaaf nie. Die
fabriek het 60% hiervan gebruik en die kantoor het die res gebruik.
Huur betaal vir die verkoops- en verspreidingsafdeling beloop R186 000.
Huur word soos volg volgens vloerspasie verdeel:
Fabriek Verkoop en verspreiding Administrasie
400 m2 300 m2 100 m2
Fabrieksversekering van R31 500 per maand is betaal en korrek
geboekstaaf. Die premieverhoging van 8% p.j. was van 1 Januarie 2022
van toepassing. Die premies vir Januarie tot Maart 2022 is nog nie
betaal of geboekstaaf nie.
F. Produksie en verkope:
3 000 pakke is gedurende die finansiële jaar teen 'n eenheidskoste van
R3 750 vervaardig
Totale verkope vir die finansiële jaar beloop R18 104 000.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 8 DBE/2022
SS/NSS
2.2 Eenheidskoste en gelykbreek-analise:
Fiona besit ook drie ander fabrieke wat onderskeidelik hemde, skoene en dasse
maak. Hulle finansiële jaar het op 31 Maart 2022 geëindig.
LET WEL:
Produksie word gebaseer op bestellings ontvang.
Die huidige inflasiekoers is tans 6%.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir hemde in 2022. (4)
2.2.2 Fiona het in nuwe toerusting vir die maak van die skoene belê. Sy weet
dat sy 10% op die vaste koste vir skoene bespaar het, maar sy kan nie
verstaan waarom die vaste koste per eenheid toegeneem het nie.
Verduidelik. Verskaf syfers. (2)
2.2.3 Identifiseer die veranderlike koste wat die grootste probleem in ELKE
fabriek veroorsaak het. Verskaf syfers. Gee 'n geldige oplossing vir
ELKE probleem geïdentifiseer. (9)
INLIGTING:
Die volgende inligting het betrekking op die finansiële jare geëindig 31 Maart:
HEMDE- SKOEN- DAS-
BESONDERHEDE FABRIEK FABRIEK FABRIEK
2022 2021 2022 2021 2022 2021
Vaste koste per eenheid R94,20 R97,90 R117,90 R97,80 R40,90 R45,80
Fabrieksbokoste R45,80 R48,50 R73,10 R62,30 R21,80 R24,00
Administrasie R48,40 R49,40 R44,80 R35,50 R19,10 R21,80
Veranderlike koste per
R246,60 R216,50 R282,40 R256,20 R148,20 R138,50
eenheid
Direkte materiaal R67,90 R66,00 R132,40 R123,50 R48,00 R36,30
Direkte arbeid R136,70 R110,00 R105,20 R97,20 R81,10 R80,40
Verkoop en verspreiding R42,00 R40,50 R44,80 R35,50 R19,10 R21,80
Verkoopprys per eenheid R360,00 R340,00 R460,00 R420,00 R200,00 R200,00
Eenhede gemaak en
22 000 20 000 15 000 21 200 27 500 24 000
verkoop
Gelykbreekpunt 2.2.1 15 855 9 958 12 658 21 713 17 874
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 9 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 30 minute)
3.1 Voltooi elk van die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1 Die voorraadwaardasiemetode wat aanvaar dat die oudste voorraad
eerste verkoop word, is die …-metode.
3.1.2 Die voorraadstelsel wat gebruik word om die koste van goedere wat by
die verkooppunt verkoop word, te boekstaaf, is die …-stelsel.
3.1.3 Die voorraadwaardasiemetode wat die totale koste van goedere
beskikbaar vir verkope, deur die getal eenhede deel, is die …-metode.
(3 x 1) (3)
3.2 RATO KOOKWARE
Die onderneming, deur Lerato Klou besit, verkoop een soort kookpot en twee
gewilde modelle mikrogolfoonde. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2022
geëindig.
Die periodieke voorraadstelsel word gebruik.
Die potte word gewaardeer deur die geweegdegemiddelde-metode te
gebruik.
Die mikrogolfoonde word gewaardeer deur die spesifieke identifikasiemetode
te gebruik.
GEVRA:
KOOKPOTTE
Verwys na Inligting A, B en C.
3.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad van potte op
28 Februarie 2022. (4)
3.2.2 Lerato is onseker oor hoe lank dit gaan neem om die eindvoorraad-
potte te verkoop.
Verskaf 'n berekening om haar bekommernis uit die weg te ruim. (3)
Verduidelik of die tydperk wat bereken is, aanvaarbaar is, of nie. (2)
3.2.3 Bereken die getal vermiste potte. (4)
MIKROGOLFOONDE
Verwys na Inligting D.
3.2.4 Bereken die waarde van die eindvoorraad van mikrogolfoonde. (7)
3.2.5 Lerato beplan om die verkope van die Delta-model te staak.
Gee TWEE redes om hierdie besluit te steun en EEN rede teen hierdie
besluit. Haal syfers aan. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 10 DBE/2022
SS/NSS
3.2.6 Die interne ouditeur het ontdek dat die getal Swift-mikrogolfoonde wat
op 6 Januarie 2022 ontvang is, nie met die getal mikrogolfoonde wat op
die betrokke voorraadkaart aangeteken is, ooreenstem nie.
MICRO GROOTHANDELAARS
AFLEWERINGSNOTA
Datum: 6 Januarie 2022
Getal eenhede Besonderhede
75 Swift-mikrogolfoonde
RATO KOOKWARE: STOORKAMER-VOORRAADKAART
VOORRAADITEM: SWIFT-MIKROGOLFOONDE
Datum Van verskaffer Na die winkel Eenhede
ontvang versend voorhande
1 Maart 2021 380
31 Julie 2021 700 530 550
15 Desember 2021 420 130
6 Januarie 2022 50 15 165
Identifiseer die probleem met betrekking tot die Swift-
mikrogolfoonde op 6 Januarie 2022. Haal syfers aan. (2)
Noem TWEE interne kontrolemaatreëls wat die interne ouditeur
moet implementeer om te verseker dat sulke insidente nie in die
toekoms plaasvind nie. (4)
INLIGTING:
A. Voorraadrekords van kookpotte:
GETAL EENHEIDS- TOTAAL
KOOKPOTTE PRYS R
Beginvoorraad (1 Maart 2021) 800 R224 000
Eindvoorraad (28 Februarie 2022) 980 ?
B. Aankope en terugsendings:
GETAL EENHEIDS- TOTAAL
KOOKPOTTE PRYS R
Aankope:
Mei 2021 1 500 R320 480 000
September 2021 2 300 R370 851 000
Januarie 2022 1 200 R410 492 000
Terugsendings: September 2021 (300) (111 000)
NETTO AANKOPE 4 700 1 712 000
C. Verkope en koste van verkope:
4 270 eenhede is teen R560 elk verkoop.
Koste van verkope is bereken op R1 591 040.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 11 DBE/2022
SS/NSS
D. Rekord van mikrogolfoonde:
EENHEIDS- TOTALE
GETAL
MODEL PRYS BEDRAG
EENHEDE
R R
Beginvoorraad SWIFT 380 2 800 1 064 000
DELTA 430 3 200 1 376 000
Aankope SWIFT 750 2 800 2 100 000
DELTA 600 3 200 1 920 000
Totale aankope 1 350 4 020 000
Terugsendings DELTA 120 384 000
SWIFT 965 4 200 4 053 000
Verkope
DELTA 580 5 600 3 248 000
SWIFT 1 351 000
Bruto wins
DELTA 1 392 000
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 12 DBE/2022
SS/NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 13 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4: BEGROTINGS (40 punte; 35 minute)
4.1 GLYDIS HANDELAARS
Inligting word vir die begrote tydperk geëindig 31 Julie 2022 verskaf.
GEVRA:
4.1.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Julie 2022. (7)
4.1.2 Bereken die bedrae wat deur (i) tot (iv) in die uittreksel van die
Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste aangedui word. (9)
4.1.3 Bereken:
Betalings aan krediteure in Julie 2022 (4)
Leningsbedrag wat op 1 Julie 2022 betaal sal word (4)
INLIGTING:
A. Verkope en aankope:
MEI JUNIE JULIE
Totale verkope R962 500 R997 500 R1 015 000
Kredietverkope is verantwoordelik vir 60% van totale verkope.
Debiteure betaal volgens die volgende neiging:
o 40% in die maand van verkope, onderhewig aan 'n 5%-korting
o 45% in die maand wat op die maand van verkope volg
o 12% twee maande na die maand van verkope
o 3% in die derde maand na verkope as oninbaar afgeskryf
Die winsopslag is 75% op kosprys.
Voorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Basisvoorraad
word gehandhaaf.
80% van voorraad word kontant gekoop.
Krediteure word in die tweede maand na die maand van aankope
betaal.
B. Uittreksel uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste:
JUNIE JULIE
Bruto wins 427 500 435 000
Kommissie-inkomste 79 800 (i)
Oninbare skulde 16 800 (ii)
Salarisse en lone (iii) 196 980
Korting toegestaan (iv) 12 180
Rente op lening 4 550 4 025
C. Addisionele inligting:
Kommissie-inkomste is 'n vaste persentasie van totale verkope.
Alle werknemers sal vanaf 1 Julie 2022 'n 5%-verhoging ontvang.
'n Gedeelte van die lening sal op 1 Julie 2022 terugbetaal word. Rente
teen 14% p.j. word op die uitstaande saldo op die laaste dag van elke
maand betaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 14 DBE/2022
SS/NSS
4.2 FRAZILA (EDMS.) BPK.
Die onderneming verkoop gasstowe. Die inligting het betrekking op die tydperk
April en Mei 2022.
Peter Pillay, die HUB, het bewus geword van 'n mededinger, Lite Stores, wat 'n
onderneming in April 2022 geopen het. Hulle verkoop 'n goedkoper model stoof
slegs vir kontant. Peter kon nie in April op hierdie bedreiging reageer nie.
Hy het in Mei 2022 sy strategieë verander. Dit het 'n verandering in die
afleweringsdiens ingesluit. Aflewerings word in April aan Speedy Couriers
toegeken. Peter het in Mei besluit om dit aan Prime Deliveries toe te ken.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf in jou verduidelikings syfers of berekeninge vir al die
vrae hieronder.
4.2.1 Afleweringsuitgawes:
Peter het kennis geneem dat die volle begroting vir April 2022 nie
gebruik is nie.
Verduidelik of Peter met die werklike afleweringskoste in April 2022
tevrede moet wees, of nie. (3)
Verduidelik of Peter 'n goeie besluit geneem het om die
afleweringsdiensverskaffer na Prime Aflewerings te verander, of
nie. (3)
4.2.2 Ander strategieë:
Behalwe vir die verandering van die afleweringsdiens, identifiseer
TWEE ander strategieë wat Peter in Mei 2022 in reaksie op die
mededinger geïmplementeer het. (4)
Verduidelik hoe hierdie ander strategieë die verkope en die wins
geraak het. (4)
4.2.3 Kontantsaldo's:
Peter is verward oor hoekom die kontantsaldo's nie so goed is nie, ten
spyte van die feit dat verkope in Mei 2022 toegeneem het. Verduidelik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 15 DBE/2022
SS/NSS
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Geprojekteerde Inkomstestaat:
APRIL 2022 MEI 2022
BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK
Getal stowe verkoop 750 600 750 900
Verkoopprys per
R3 780 R3 780 R3 780 ?
stoof
Kosprys per stoof R2 100 R2 100 R2 100 R2 100
R R R R
Kontantverkope 1 417 500 1 247 400 1 417 500 958 500
Kredietverkope 1 417 500 1 020 600 1 417 500 2 236 500
Totale verkope 2 835 000 2 268 000 2 835 000 3 195 000
Koste van verkope (1 575 000) (1 260 000) (1 575 000) (1 890 000)
Bruto wins 1 260 000 1 008 000 1 260 000 1 305 000
R R R R
Advertensie 120 000 120 000 120 000 192 000
Afleweringskoste 425 250 408 240 425 250 319 500
B. Uittreksel uit die Kontantbegroting:
APRIL 2022 MAY 2022
BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK
R R R R
Kontantsurplus/
208 000 243 000 220 000 (972 000)
-tekort
Beginsaldo 77 000 77 000 285 000 320 000
Eindsaldo 285 000 320 000 505 000 (652 000)
C. Addisionele inligting:
Die onderneming begroot om 750 stowe per maand te verkoop.
Aankope van voorraad word binne 30 dae betaal.
40
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 DBE/2022
SS/NSS
GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Addendum (English)

Addendum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (English)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum