Downloaded from hlayiso.com
PUNTE
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2012
GRAAD 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
TOETS
PUNTE: 20
TYD: 1 uur
PROVINSIE _______________________________________________________________________
STREEK __________________________________________________________________________
DISTRIK __________________________________________________________________________
NAAM VAN SKOOL ______________________________________________________________
NASIONALE OBIS-NOMMER (9 syfers)
KLAS (bv. 4A) ____________________________________________________________________
VAN _____________________________________________________________________________
NAAM ____________________________________________________________________________
GESLAG (✓) SEUN DOGTER
GEBOORTEDATUM C C Y Y M M D D
*4AFAL*
Hierdie toets bestaan uit 7 bladsye, die voorblad uitgesluit.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all
Afrikaans FAL Grade 4 ANA 2012 Question Paper
Grade 4 Afrikaans FAL question paper from the ANA 2012, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 4 · ANA · 2012 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 4
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 335.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
ANA 2012
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Instruksies aan leerders
1. Lees al die instruksies noukeurig deur.
2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3. Die toets duur 60 minute.
4. Die onderwyser sal jou deur die praktiese voorbeelde lei voordat jy met die toets
begin.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Praktiese voorbeelde
1. Omkring die letter voor die regte antwoord.
Kool is ʼn ...
A vrug.
B groente.
C wortel.
D bessie.
Jy het die vraag korrek beantwoord indien jy B omkring het.
2. Skryf die korrekte antwoord in die spasie wat voorsien word.
Jan is ʼn seun en Marie is ʼn __________.
Antwoord: meisie of dogter
Jy het die vraag korrek beantwoord indien jy “meisie” of “dogter” in die spasie
geskryf het.
Die toets begin op die volgende bladsy.
Graad 4 Afrikaans EAT 1
Downloaded from hlayiso.com
Lees die gedig en beantwoord Vraag 1.
Treintjie, treintjie op die spoor,
Reis dorp toe ek sit voor.
Stop vir elke mens wat wag.
Dorp toe, winkels toe, dag na dag.
1. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Wat is die beste titel vir die gedig?
A Besoek aflê
B Eet
C Reis
(1)
D Dans
2. Beantwoord die volgende vrae:
2.1 Die volgende sin is in die teenwoordige tyd geskryf.
Die trein is op die stasie.
Skryf die sin in die verlede tyd oor, en begin met die woord
Gister.
Gister_________________________________________________ (1)
Graad 4 Afrikaans EAT 2
Downloaded from hlayiso.com
2.2 Die volgende sin is in die teenwoordige tyd geskryf.
Die trein stop vir mense op sy roete.
Skryf die sin in die toekomende tyd oor, en begin met die woord
Môre.
Môre ___________________________________________ (1)
3. Skryf die meervoud van die onderstreepte woord neer.
Die rooi en blou trein het gestop.
_____________________________________________________________ (1)
Lees die teks hieronder en beantwoord Vraag 4 tot 6.3.
Blessu was ʼn baie klein olifantjie toe hy vir die eerste keer genies het. Die ander
olifante het stadig deur die lang gras beweeg. Hy kon nie sy ma en tannies se bene
sien nie. Die gras was hoog en dit het die lywe van sy groter broers en
susters halfpad bedek. Jy kon Blessu glad nie sien nie.
Daar onder waar hy in die lang, blommende gras geloop het, was die lug vol
stuifmeel. Blessu het skielik ʼn snaakse kielie-sensasie bo-op sy klein slurpie tussen
sy oë gevoel. Hy het sy ogies en mondjie toegemaak, en sy baie klein slurpie reguit
vorentoe uitgesteek, en genies: “AAARCHOOO!” Dit was nie die grootste nies in die
wêreld nie, maar dit was baie groot vir ʼn baie klein olifantjie. “Mag jy geseën word!”
het sy ma en tannies en sy groter broers en susters geskree.
[Uittreksel uit ʼn boek deur Dick King Smith]
Graad 4 Afrikaans EAT 3
Downloaded from hlayiso.com
4. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Wat is die beste titel vir hierdie storie?
A Die Trop Olifante
B Die Baba-olifantjie wat Genies het
C Olifante in die Gras
D Olifantbroers en -susters (1)
5. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Jy kon nie vir Blessu sien nie, want ...
A hy het agter sy ma weggekruip.
B sy broers en susters was in sy pad.
C die gras was baie lank.
D die lug was vol stuifmeel. (1)
6. Beantwoord die volgende vrae:
6.1 Omkring die letter wat Blessu die beste beskryf.
A Siek
B Lawaaierig
C Snaaks
D Jonk (1)
6.2 Maak ʼn regmerkie in die blok met die regte antwoord.
Het Blessu alleen in die grasvelde geloop?
JA NEE (1)
6.3 Gee ʼn goeie rede vir jou antwoord.
_____________________________________________________
_____________________________________________________ (1)
Graad 4 Afrikaans EAT 4
Downloaded from hlayiso.com
7. Verbind die volgende twee sinne deur en te gebruik.
Blessu het genies. Dit het ʼn groot geraas gemaak.
___________________________________________________________
___________________________________________________________ (1)
8. Beantwoord die volgende vrae:
Kies die korrekte woord wat die teenoorgestelde betekenis het as die
onderstreepte woord.
Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.
8.1 Die olifant het die takke vrolik afgetrek, terwyl die voël … gekyk het.
A hartseer
B kwaad
C treurig
D kwaai (1)
8.2 Die olifant het ʼn baie kort slurp gehad.
A lank
B groot
C vet
D lang (1)
Graad 4 Afrikaans EAT 5
Downloaded from hlayiso.com
Gebruik die onderstaande rooster van die naskoolse aktiwiteite by Annie se
skool om Vraag 9 –10 te beantwoord.
DAG TYD AKTIWITEIT ONDERWYSER
14:00–15:00 Sokker Mnr. Modise
Maandag
15:00–16:00 Atletiek Mnr. Melamu
14:00–15:00 Netbal Mev. K Moodley
Dinsdag 15:00–16:00 Koor Mev. Mavundla
Mnr. Lembethe
14:00–15:00 Dans Mev. Mkhize
Woensdag
15:00–17:00 Drama Mev. Govender
14:00–15:00 Skaak Mnr. Modise
Donderdag
15:00–16:00 Kuns Mev. Phiri
9. Annie wil graag kuns en dans doen. Op watter TWEE dae moet sy die
klasse bywoon?
Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.
A Woensdag en Donderdag
B Maandag en Woensdag
C Dinsdag en Donderdag
D Maandag en Vrydag (1)
10. Vir watter aktiwiteit gebruik jy ʼn verfkwas?
A Kuns
B Dans
C Sokker
D Koor (1)
Graad 4 Afrikaans EAT 6
Downloaded from hlayiso.com
Lees die paragraaf hieronder en beantwoord Vraag 11.
ʼn Insek soos ʼn skoenlapper of ʼn mot het ses pote. Sy liggaam is in drie dele
verdeel. Skoenlappers vou hulle gekleurde vlerke bo-op hulle liggame wanneer
hulle gaan rus. Motte met donker vlerke, vou hulle vlerke plat. Skoenlappers vlieg
gedurende die dag, maar motte vlieg in die nag. Alle skoenlappers suig nektar
(ʼn soet vloeistof) van die blomme, maar nie alle motte doen dit nie.
11. Vul die korrekte woorde in.
Skoenlappers en motte is (11.1) _________________________. (1)
Skoenlappers het helderkleurige vlerke, maar motte het donker vlerke en
hulle vlieg in die (11.2) _______________________. (1)
12. Skool is ʼn belangrike deel van die lewe. Skryf VIER interessante sinne
oor jou skool. Jy mag skryf oor jou onderwyser, die dinge waarvan jy
hou en nie hou nie of dalk wat jy gedurende pouse doen.
Onthou om versigtig te wees vir spelfoute, taalfoute en leestekens.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (4)
TOTAAL: 20
Graad 4 Afrikaans EAT 7
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 4 ANA 2012 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 4 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 4 ANA 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 4 ANA 2013 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 4 ANA 2011 Question Paper

Memorandum





