Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
2015
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers _hlayiso.com_--d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef/v1-17cc10b711f82c4442de/card.webp)





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC June Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy.
4. Trek ʼn streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/2015
SSE
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
TEKS A: ARTIKEL
Lees die onderstaande artikel deur en beantwoord die vrae wat volg.
deur Lausanne Hugo
Toe ek ʼn klein dogtertjie was, het my ma my elke aand in die bed gesit en ek het
elke aand gevra: “Mamma, is Mamma lief vir my?” Ek onthou sy het altyd gelag
en gesê: “Ja, natuurlik is ek.” Sy het my dan gesoen en ek het met ʼn rustige hart
gaan slaap omdat my ma vir my lief was!
[Uit www.google.com]
1 Dit is vir alle kinders nodig om te weet dat hulle ouers vir hulle lief is. Alhoewel
jong kinders soms 'n ding blatant kan sê, is dit meestal vir hulle moeilik om vir
hul ouers te sê dat hulle liefde soek. Vra byvoorbeeld vir kinders: “Hoe weet jy
dat jou ouers lief is vir jou?” Hulle antwoorde sal verskil. Sommige kinders sê:
“My ouers koop vir my speelgoed”, terwyl ander antwoord: “My ma speel saam
met my.” Die rede hiervoor is dat dit vir jong kinders moeilik is om in woorde te
sê wat die konsep “liefde” beteken. Dit is dus belangrik dat ouers weet hoe om
liefde vir hulle kinders te wys, soos my ma met my gemaak het toe ek ʼn kind
was.
2 Toe ek self ʼn moeder geword het, het ek die boek The Five Love Languages
of Children deur Gary Chapman en Ross Cambell ontdek en gelees. As
laerskoolonderwyseres raai ek die ouers van my leerders aan om die boek te
lees. Hierin beskryf die skrywers die vyf “liefdestale” vir kinders. Chapman en
Cambell wil met hierdie nuttige boek vir ouers leer hoe om op verskillende
maniere vir hulle kinders liefde te wys. Hulle navorsing het bewys dat kinders,
klein en groot, ʼn behoefte aan liefde het en dat ouers nie altyd weet hoe om
liefde te wys nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/2015
SSE
3 Die eerste “liefdestaal”, volgens Chapman en Cambell, is fisiese kontak. Kleiner
kindertjies ervaar liefde deur drukkies, soentjies, fisiese speletjies of ʼn
motiverende kloppie op die rug. Ongelukkig is daar deesdae ʼn stigma aan
fisiese kontak as gevolg van die mishandeling van kinders deur volwassenes.
Fisiese kontak moenie kinders ongemaklik laat voel nie, maar behoort vir hulle ʼn
gevoel van sekuriteit en warmte te gee.
4 Positiewe woorde is die tweede “liefdestaal”. Party kinders het baie positiewe
woorde nodig. Hulle wil hulle ouers dikwels hoor sê: “Mamma is lief vir jou”, of
“Pappa is trots op jou.” Gewoonlik is hierdie kinders baie sensitief. Ouers kan die
dag begin met positiewe woorde aan kleiner en groter kinders, kort
boodskappies in die kind se kosblik of boodskappies oral in die huis.
5 Chapman en Cambell noem kwaliteittyd die derde “liefdestaal”. Dit is belangrik
dat ouers vir hulle kinders tyd maak. Ouers is deesdae baie besig, maar selfs
tien minute kwaliteittyd per dag kan ʼn verskil aan die verhouding tussen ouers
en kinders maak. Stout kinders is kinders wat nie genoeg aandag by hulle ouers
kry nie. Om hulle ouers se aandag te kry, tree sulke kinders negatief op en doen
stoute dinge.
6 “Liefdestaal” nommer vier is wanneer ouers en kinders dinge saam doen. Ouers
kan saam met hulle kinders speel of die kinders insluit by werkies soos
skottelgoed was en kosmaak – solank hulle net saamwerk. Terwyl hulle dinge
saam doen, moet ouers oogkontak met hulle kinders maak. Kinders weet dan
dat hulle die ouers se volle aandag het. Dit is vir kinders soms beter om saam
met hulle ouers te speel of dinge saam met hulle ouers te doen as om ʼn nuwe
speelding te kry.
7 Die laaste “liefdestaal” is die gee van geskenke. Om geskenke te gee, het egter
niks met die prys van die geskenk te doen nie. Die gedagte agter elke geskenk
is belangrik. Geskenke moet by die kinders se belangstelling en ouderdom pas.
Ouers moenie die fout maak om te dink dat die gee van geskenke genoeg is om
liefde te betoon nie. ʼn Tienerseun het gesê: “My pa het vir my alles gekoop wat
ek wou hê om my stil te maak en my uit sy pad te hou.” Nie net jong kindertjies
nie, maar ook tieners, wil weet dat hulle ouers vir hulle lief is.
8 Omdat die konsep liefde baie wyd is, is daar kinders wat vir jou sal sê hulle weet
hulle ouers is lief vir hulle, want hulle pa werk hard sodat hulle ʼn beter lewe kan
hê of hulle mamma bak koekies as hulle sleg voel. As ouers hul kinders met
skooltake help of hulle sportoefeninge bywoon, wys hulle ook hulle liefde. Liefde
beteken ook nie dat ouers alles vir hulle kinders moet doen nie. Kinders behoort
te leer dat as hulle hul bed opmaak en hulle kamer skoonhou, hulle liefde wys.
Terselfdertyd leer hulle ook verantwoordelikheid.
9 Dié moet-lees-boek is waardevol vir alle gesinne.
[Verwerk uit www.vitanova.co.za]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/2015
SSE
1.1 Op watter TWEE maniere het Lausanne Hugo se ma vir haar gewys dat sy
haar liefhet? (Kursiefgedrukte paragraaf) (2)
1.2 Watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE in die kursiefgedrukte
paragraaf wys dat Lausanne Hugo haar ma geglo het? (1)
1.3 “Alhoewel jong kinders soms 'n ding blatant kan sê, ...” (Paragraaf 1)
Verduidelik die betekenis van die onderstreepte woord deur die sin te voltooi.
As ʼn mens iets blatant sê, beteken dit jy sê dit ... (1)
1.4 Hierdie artikel handel oor die inhoud van die boek The Five Love Languages
of Children.
1.4.1 Wat is Chapman en Cambell se doel met hierdie boek? (1)
1.4.2 Waarom dink Lausanne Hugo dat dit ʼn “nuttige boek” is? (Paragraaf 2) (1)
1.4.3 Skryf slegs EEN WOORD uit paragraaf 2 neer wat daarop dui dat die
inligting op feite gebaseer is. (1)
1.5 Kleiner kindertjies voel dat fisiese kontak ʼn manier is om liefde te wys.
(Paragraaf 3)
1.5.1 Noem EEN positiewe effek van fisiese kontak. (Paragraaf 3) (1)
1.5.2 Noem EEN negatiewe effek van fisiese kontak. (Paragraaf 3) (1)
1.6 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
vraagnommer (1.6) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.6 E.
Daar is deesdae ʼn stigma aan fisiese kontak (paragraaf 3), want daar is
baie ...
A enkelouers.
B werkloosheid.
C gebroke gesinne.
D kindermishandeling. (1)
1.7 Wat kan ouers vir hul kinders sê om hulle positief te motiveer? (Paragraaf 4) (1)
1.8 Hoe, dink jy, sal ʼn sensitiewe kind voel as sy/haar ouers heeldag op hom/haar
skree? (1)
1.9 Hoekom, dink jy, is dit goed vir ʼn kind om ʼn positiewe boodskap in sy/haar
kosblik te vind? (1)
1.10 Verduidelik in jou eie woorde wat die woord “kwaliteittyd” beteken. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/2015
SSE
1.11 Hoe stereotipeer Chapman en Cambell stout kinders in paragraaf 5? (1)
1.12 Verwys na paragraaf 7.
1.12.1 Gee EEN rede hoekom die pa vir sy tienerseun geskenke gekoop
het. (1)
1.12.2 Hoe sal jy die pa se verhouding met sy seun beskryf? (1)
1.13 Hoe duurder die geskenk, hoe groter die liefde.
Haal die SIN uit paragraaf 7 aan wat die stelling verkeerd bewys. (1)
1.14 Watter fout kan ouers maak as hulle geskenke vir hul kinders koop?
(Paragraaf 7) (1)
1.15 Ouers EN kinders moet mekaar help. (Paragraaf 8)
1.15.1 Noem EEN manier waarop kinders hulle ouers kan help. (1)
1.15.2 Noem EEN manier waarop die ouers hul kinders kan help. (1)
1.16 Stem jy saam met Chapman en Cambell se idee dat kinders werkies by die
huis moet doen? Motiveer jou antwoord. (1)
1.17 “Dié moet-lees-boek is waardevol vir alle gesinne.” (Paragraaf 9)
1.17.1 Na watter boek verwys Lausanne Hugo? (1)
1.17.2 Hoe manipuleer Lausanne Hugo die lesers met hierdie sin? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/2015
SSE
TEKS B: SUID-AFRIKA SE SJOKOLADEMARK
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Verwerk uit www.netwerk24.com]
1.18 Waarom is die smeltende sjokolade in die opskrif “Suid-Afrika se
sjokolademark” effektief? (1)
1.19 In watter jaar is die minste sjokolade in Suid-Afrika verkoop? (1)
1.20 Wat stel die volgende lyne in die grafiek voor:
1.20.1 Lyn A (1)
1.20.2 Lyn B (1)
1.21 Hoeveel rand stel elke sjokoladeblokkie voor? (1)
1.22 Hoe weet jy dat die grafiek vir 2016 en 2017 nie op feite gebaseer is nie? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/2015
SSE
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die sewe regte wat ʼn werknemer het, in volsinne op.
2. Skryf die regte PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die regte van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C: 'N WERKNEMER HET REGTE
Werknemers het sekere regte en daarom is dit nodig dat jy seker maak wat jou regte
as werknemer is voordat jy ʼn kontrak by ʼn werksplek teken. Jy as werknemer het die
volgende regte:
Jy het die reg om met ander werkers oor julle werksomstandighede te praat. Dit is
goed om openlik te praat oor dié dinge wat jou frustreer.
Die Nasionale Arbeidswet beskerm jou teen onregverdige werksomstandighede.
Daarom het jy ook die reg om oor sulke werksomstandighede te kla.
Die meeste werksplekke het ʼn handboek wat die werkers se verantwoordelikhede
uitspel. Dit kan goed wees as jy vir jou ʼn afskrif daarvan kry en dit deurlees, want jy het
die reg om te weet wat jou verantwoordelikhede is.
ʼn Werknemer het verder die reg op verlof, soos byvoorbeeld siekteverlof. Maak seker
jy weet hoeveel dae per jaar jy afwesig mag wees. Onthou, jou werkgewer kan weier
om jou vir daardie ekstra verlofdae te betaal. Dit is sy/haar reg.
Lees altyd eers alle amptelike dokumente, soos byvoorbeeld kontrakte, deeglik deur.
Jy mag vir kopieë van alle dokumente wat jy teken, vra. Jy moet mos weet wat
aangaan.
As jy aangestel is vir ʼn 40-uur-per-week-pos, is dit al tyd wat jou werkgewer van jou
mag vra vir werk. Dit is jou reg om ekstra betaling vir oortydwerk te eis.
Werknemers is ook geregtig op ʼn etenstydbreuk gedurende die werkdag. Rus is
belangrik om meer produktief te wees.
Ken jou regte. Dit sal help om jou gelukkig en produktief te maak.
[Verwerk uit www.forbes.com]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/2015
SSE
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
TEKS D
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord
moet word.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
DIE KAMPIOEN VAN GESONDHEID EN (3.4) SKOONHEID
• Die wêreld se bekendste (3.5) handewasseep!
• LIFEBUOY bevorder gesonde (3.6) (gewoonte).
• (3.7) Dit is die NOMMER EEN handewasseep.
• LIFEBUOY beskerm jou en jou gesin teen kieme.
• Vir die mooiste vel is ʼn (3.9) druppeltjie Lifebuoy genoeg!
[Verwerk uit www.lifebouy.co.za]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/2015
SSE
3.1 Watter produk word geadverteer? (1)
3.2 Gee die INTENSIEWE VORM/VERSTERKTE VORM van die vetgedrukte
woord.
“Handewasseep verwyder 99,9% kieme vinnig binne 10 sekondes.” (1)
3.3 Wat is die funksie van die stophorlosie in die advertensie? (1)
3.4 Die woord “SKOONHEID” is ʼn voorbeeld van woordspeling.
Na watter TWEE betekenisse van “skoonheid” verwys die advertensie? (2)
3.5 Wat is die funksie van die uitroepteken na “handewasseep”? (1)
3.6 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
LIFEBUOY bevorder gesonde (gewoonte). (1)
3.7 Dit is die NOMMER EEN handewasseep.
Wat impliseer die adverteerder met die gebruik van “NOMMER EEN”? (1)
3.8 Watter woord maak die advertensie vir die leser persoonlik? (1)
3.9 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die
vraagnommer (3.9) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 3.9 E.
Die VERKLEINWOORD druppeltjie impliseer dat ...
A Lifebuoy baie duur is.
B Lifebuoy baie kragtig is.
C Lifebuoy gevaarlik is.
D Lifebuoy jou mooi laat lyk. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/2015
SSE
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
BY DIE HUIS deur John McPherson
Umm, mnr. Inbreker ...
(4.2) Neem asseblief die
lamp ook. Jig! Dit was my
skoonma s'n. (4.5) Neem
ook die borde in die
kombuis, want dit met my
kleurskema bots. En ...
[Vertaal en verwerk uit www.closetohome.com]
4.1 Waarom begin die vrou haar woorde met die TUSSENWERPSEL “Umm”? (1)
4.2 “Neem asseblief die lamp ook.”
Skryf ʼn SINONIEM vir die vetgedrukte woord in die konteks. (1)
4.3 Watter woord gebruik die vrou wat aandui dat sy die inbreker met respek
aanspreek? (1)
4.4 Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf net die vraagnommer
(4.4) en die antwoord (A–D) neer, bv. 4.4 E.
Met die uitroep “Jig!” wys die vrou dat sy ...
A aan skok ly.
B die lamp haat.
C ongemaklik sit.
D bang is vir die inbreker. (1)
4.5 Verbeter die WOORDORDE. Skryf die hele sin oor.
Vat ook die borde in die kombuis, want dit met my kleurskema bots. (1)
4.6 Wat is die funksie van die BELETSELTEKEN/STIPPELS (…) aan die einde
van die vrou se woorde? (1)
4.7 Hoekom, dink jy, sê die inbreker niks nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/2015
SSE
4.8 Hoe weet jy dat die man nie sy woorde hardop sê nie? (1)
4.9 Wat kan jy uit die man se woorde omtrent die man en vrou se verhouding
aflei? (1)
4.10 Waarom is die strokie humoristies? (1)
[10]
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
TEKS F
5.1 • Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
• Opsetlike taalfoute kom voor.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
DRUK DOOD!
Om op te hou rook is ʼn (5.1.1) (persoon) besluit.
Jeanine Smit het sewe jaar lank soos ʼn (5.1.2) ... gerook voor sy opgehou
het. (5.1.3) Sy was moeg daarvoor, want sigarette het haar siek gemaak.
(5.1.4) Jeanine staan een oggend op. (5.1.5) Sy het gesukkel om asem te
haal. Onmiddellik het sy besluit om sigarette te (5.1.6) … Die eerste drie
dae was vir haar die (5.1.7) (erg). Sy het ʼn sigaret werk toe geneem en dit
(5.1.8) (skelmpies/heeldag/in haar handsak) gehou. Sy sê: “Dag twee was
vir my moeiliker as dag een.”
“Teen die (5.1.10) (vyf) dag het ek ʼn bietjie gewig opgetel. Ek was baie
keer so honger, maar ek het iets daaraan gedoen.” Jeanine is nog steeds
(5.1.11) vet. Sy rook nou al nege jaar nie meer nie. Sy sê sy sukkel om haar
hande besig te hou. Sy is meer gefokus. (5.1.12) Sy voel goed oor haarself.
(5.1.13) ʼn Simpel papierstokkie het haar lewe beheer. Nie meer nie!
[Verwerk uit Huisgenoot, 15 Mei 2014]
5.1.1 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.
Om op te hou rook is ʼn (persoon) besluit. (1)
5.1.2 Kies die antwoord wat die volgende stelling KORREK voltooi. Skryf
net die vraagnommer (5.1.2) en die antwoord (A–D) neer,
byvoorbeeld 5.1.2 E.
Jeanine Smit het sewe jaar lank soos ʼn ... gerook voor sy opgehou
het.
A skoorsteen
B trein
C matroos
D koolstoof (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/2015
SSE
5.1.3 Skryf die sin hieronder oor en vervang die vetgedrukte
VOEGWOORD met AANGESIEN.
Sy was moeg daarvoor, want sigarette het haar siek gemaak.
Begin jou antwoord só: Sy was moeg daarvoor aangesien ... (1)
5.1.4 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.
Jeanine staan een oggend op. (1)
5.1.5 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.
Sy het gesukkel om asem te haal. (1)
5.1.6 Voltooi die sin met die ontbrekende WERKWOORD.
Onmiddellik het sy besluit om sigarette te ... (1)
5.1.7 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Die eerste drie dae was vir haar die (erg). (1)
5.1.8 Skryf die volgende sin met die KORREKTE WOORDORDE neer.
Skryf die hele sin neer.
Sy het ʼn sigaret werk toe geneem en dit (skelmpies/heeldag/in haar
handsak) gehou. (1)
5.1.9 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.
Sy sê: “Dag twee was vir my moeiliker as dag een.”
Begin jou antwoord só: Sy sê dat ... (2)
5.1.10 Gee die KORREKTE VORM van die telwoord tussen hakies.
“Teen die (vyf) dag het ek ʼn bietjie gewig opgetel.” (1)
5.1.11 Gee die ANTONIEM van die onderstreepte woord.
Jeanine is nog steeds vet. (1)
5.1.12 Skryf die sin oor in die INFINITIEF.
Sy voel goed oor haarself.
Skryf die hele sin oor en begin só: Sy behoort ... (1)
5.1.13 Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE VORM.
ʼn Simpel papierstokkie het haar lewe beheer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/2015
SSE
TEKS G
5.2 Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer.
“Nog net tien kilometer!”
[Uit www.google.com]
Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1–5.2.6) te voltooi.
helm; rem; pedale; handvatsels; fiets; pet;
stuurwiel; bromponie; borg; waterbottel; afrigter; watersak
5.2.1 Die man ry per ... (1)
5.2.2 Die ... se logo is sigbaar op die man se klere. (1)
5.2.3 Die man neem altyd ʼn ... saam om sy dors te les. (1)
5.2.4 Sy hande hou die … vas. (1)
5.2.5 Die man trap die ... hard om vinniger te beweeg. (1)
5.2.6 Die man dra ʼn ... om sy kop te beskerm. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef/v1-17cc10b711f82c4442de/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2015 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper